Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
*GEOGA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 253.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather8 marks
- Question 1.2Geomorphology7 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather13 marks
- Question 1.5Geomorphology12 marks
- Question 1.6Geomorphology20 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather7 marks
- Question 2.2Climate and weather16 marks
- Question 2.3Climate and weather19 marks
- Question 2.4Climate and weather11 marks
- Question 2.5Geomorphology11 marks
- Question 2.6Geomorphology19 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa18 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa11 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa18 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa13 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn.
5. Laat ʼn reël tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word oop.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Moet NIE in die kantlyn van jou ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: FISIESE AARDRYKSKUNDE: KLIMAAT EN WEER EN
GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde uit die onderstaande
meervoudigekeuse-vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK
neer.
1.1.1 Lug … in ʼn hoogdruksisteem.
A styg antikloksgewys
B daal met ʼn roterende aksie
C beweeg na die sentrum
D styg kloksgewys
1.1.2 Die warm Mosambiekseestroom affekteer die ooskus van Suid-Afrika
se weer deur …
A hoë temperature te veroorsaak en reënval te verminder.
B temperature oor die plato te verhoog.
C temperature en reënval te vermeerder.
D temperature te verminder en reënval te vermeerder.
1.1.3 Die westewindgordel met frontale depressies beweeg noordwaarts in
die winter as gevolg van …
A wintertemperature.
B koue seestrome.
C die beweging van die direkte sonstrale vanaf die
Steenbokskeerkring na die Kreefskeerkring.
D die beweging van die direkte sonstrale vanaf die ewenaar na die
trope.
1.1.4 Siklogenese ontstaan as gevolg van …
A ʼn wanbalans in energie tussen die polêre en tropiese streke.
B ʼn georganiseerde sisteem van swaar donderstorms.
C ʼn afname in temperatuur en druk.
D ʼn sisteem van tropiese siklone.
1.1.5 ʼn Koue front-okklusie ontstaan wanneer …
A lug voor die kouefront kouer as die lug agter die kouefront is.
B lug voor die kouefront ʼn bietjie warmer as die lug agter die
kouefront is
C die koue lug op die oppervlakte agtergelaat word.
D die koue lug voor die warmfront is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
1.1.6 Tropiese siklone in die noordelike halfrond roteer …
A ewenaarwaarts.
B kloksgewys.
C antikloksgewys.
D steenbokskeerkringwaarts.
1.1.7 Die … is die bewegende lug wat rondom die oog van ʼn tropiese
sikloon voorkom.
A straalstroom
B vorteks
C geostrofiese wind
D okklusie
1.1.8 … is die plaaslike naam van tropiese siklone in Japan.
A Siklone
B Orkane
C Tornado’s
D Tifone
(8 x 1) (8)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, wat algemene dreineringspatrone in Suid-Afrika
illustreer. Kies ʼn letter vanaf die skets wat by die onderstaande beskrywings
pas:
1.2.1 Daar is geen duidelike patroon wat na die riviere en mere vloei nie
1.2.2 Strome vloei binne in ʼn laagliggende meer of pan
1.2.3 Riviere wat parallel of langs mekaar vloei, met min sytakke
1.2.4 Boomtakpatroon waar sytakke met skerphoeke by die hoofstroom
aansluit
1.2.5 Strome straal vanuit ʼn sentrale hoogland
1.2.6 Die hoofstroom vloei in die sinklien en die sytakke sluit vanaf die
antiklien by die hoofstroom aan
1.2.7 Strome het reghoekige buigings in hul loop (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 5
1.3 Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3(a) en beantwoord die
volgende vrae.
1.3.1 Benoem die seisoen wat deur die sinoptiese weerkaart voorgestel
word. (1 x 1) (1)
1.3.2 Watter bewyse toon dat A ʼn hoogdruksel is? (1 x 1) (1)
1.3.3 Met verwysing na middelbreedte siklone D en B:
(a) Is middelbreedte sikloon D of B ouer? (1 x 1) (1)
(b) Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 1.3.3(a). (1 x 2) (2)
1.3.4 Noem waarom kouefrontsisteme meer gereeld gedurende kouer
maande van die jaar oor Suid-Afrika voorkom. (1 x 2) (2)
1.3.5 FIGUUR 1.3(b) illustreer die weersveranderinge wat plaasvind soos
die kouefront oor Kaapstad beweeg. Beskryf en verklaar die
veranderinge in:
(a) Temperature wat ervaar word
(b) Winde (2 x 2) (4)
1.3.6 Evalueer die belangrikheid van die gebruik van sinoptiese
weerkaarte en satellietbeelde as waarskuwingsisteme. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer die sketse (FIGUUR 1.4) wat die verskille tussen die stedelike
hitte-eiland gedurende die dag en nag toon, en beantwoord die volgende
vrae.
1.4.1 Definieer die term hitte-eiland. (1 x 1) (1)
1.4.2 Lys TWEE moontlike effekte wat hitte-eilande op mense het. (2 x 1) (2)
1.4.3 Verskaf TWEE redes vir die verskille in vertikale dimensies van die
hitte-eiland durende die dag en nag. (2 x 1) (2)
1.4.4 Daar is verskeie maniere om die hitte-eiland effek in stedelike
gebiede te verminder. Soos die hitte-eiland effek verminder, so sal
die besoedelingskoepel ook afneem. In ʼn paragraaf van ongeveer 8
reëls, verskaf strategieë wat geïmplementeer kan word om die
hitte-eilande te verminder. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat fluviale landvorme aantoon en beantwoord die
volgende vrae.
1.5.1 Identifiseer die fluviale landvorm genommer B. (1 x 1) (1)
1.5.2 Hoe word water in die landvorm wat in VRAAG 1.5.1 genoem word,
behou? (2 x 1) (2)
1.5.3 Die letter A stel ʼn vloedvlakte voor. Verduidelik die belangrikheid
van hierdie landvorm vir landboukundige doeleindes. (2 x 2) (4)
1.5.4 Verduidelik die belangrikheid van landvorm D gedurende lang
periodes van hoë reënval. (1 x 2) (2)
1.5.5 Teken ʼn dwarsprofiel van die rivier langs die F–G lyn. In jou
dwarsprofiel, dui die stil- en stootoewers aan. (3 x 1) (3)
1.6 Bestudeer die diagram, FIGUUR 1.6, wat die lengteprofiel van ʼn rivier
voorstel en beantwoord die volgende vrae.
1.6.1 Identifiseer die OORSPRONG van die rivier wat met die letter A
genommer is. (1 x 1) (1)
1.6.2 Beskik die rivier oor ʼn KONKAWE of MULTI-KONKAWE profiel?
(1 x 1) (1)
1.6.3 Wat is die verskil tussen ʼn lengte- en ʼn dwarsprofiel van ʼn rivier?
(2 x 2) (4)
1.6.4 Bespreek EEN kenmerk van ʼn gegradeerde rivier. (1 x 2) (2)
1.6.5 Lewer kommentaar oor die feit dat ʼn gegradeerde rivier steil hellings
in sy bo-loop en meer geleidelike hellings in sy benedeloop het.
(2 x 2) (4)
1.6.6 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls hoe rivier
verjonging die fluviale verskynsels langs die loop van die rivier kan
verander. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 7
VRAAG 2
2.1 FIGUUR 2.1 is ʼn eenvoudige diagram wat lugbeweging by ʼn hoogdruk en ʼn
laagdruk illustreer. Voltooi die volgende sinne deur slegs HOOG of LAAG in
te vul. Skryf die woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.6), bv. 2.1.7 hoog.
2.1.1 Lug daal in die sentrum van ʼn … -druk.
2.1.2 Skoon, wolklose en droë toestande word met ʼn … -druk geassosieer.
2.1.3 Lug sirkuleer in ʼn anti-klokse rigting in ʼn … -druk.
2.1.4 Isobaarwaardes daal tot in die middel by ʼn … -druk.
2.1.5 Lug konvergeer in die middel van ʼn … -druksel.
2.1.6 Winde waai vanaf ʼn (a) … -druksel na ʼn (b) … -druksel.
(7 x 1) (7)
2.2 Kies die konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter van KOLOM B (A–K) langs die vraagnommer
(2.2.1–2.2.8) neer, bv. 2.2.9 L.
KOLOM A KOLOM B
2.2.1 ʼn stroom wat by ʼn groot rivier aansluit A skalie
2.2.2 proses waar een rivier deur middel van B episodies
hoofwaartse erosie die water van ʼn ander
rivier roof
2.2.3 die tipe dreineringspatroon wat voorkom C sytak
wanneer die rivier ouer as die landskap is
2.2.4 ʼn rivier wat elke jaar alleenlik in die D abstraksie
reënseisoen vloei
2.2.5 die proses waarby baie klein deeltjies deur E stroomroof
die rivier vervoer word
2.2.6 wanneer die waterskeiding in die rigting van F geërfde stroom
die minder energieke rivier beweeg
2.2.7 die rivier ontwikkel ʼn patroon op ʼn G periodies
oppervlakte wat oor ʼn tydperk erodeer het
2.2.8 die boonste vlak van ondergrondse H suspensie
versadigde gesteentes
I watertafel
J antesedente rivier
K abrasie
(8 x 1) (8)
2.3 Bestudeer die kaart, FIGUUR 2.3, wat die pad van ORKAAN KATRINA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
aantoon en beantwoord die volgende vrae.
2.3.1 Verskaf die aantal ORKANE wat oor die Atlantiese oseaan teen die
25 Augustus ontstaan het. (1 x 1) (1)
2.3.2 Lys TWEE belangrike toestande wat noodsaaklik vir die
ontwikkeling van ORKAAN KATRINA was. (2 x 2) (4)
2.3.3 Verduidelik die bron van energie wat die voortbestaan van orkane
veroorsaak (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik waarom ORKAAN KATRINA baie vinnig sal ontbind
wanneer dit New Orleans bereik. (2 x 2) (4)
2.3.5 Skryf ʼn verslag (nie meer as 8 reëls) waar die sosiale effekte van
ORKAAN KATRINA op die inwoners van New Orleans sal het,
uiteengesit word. (4 x 2) (8)
2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4 wat ʼn temperatuurinversie gedurende die nag in ʼn
vallei uitbeeld, en beantwoord die volgende vrae.
2.4.1 Definieer die term temperatuur inversie. (1 x 1) (1)
2.4.2 Verskaf ʼn rede vir die ontwikkeling van temperatuurinversies in die
vallei. (1 x 2) (2)
2.4.3 Noem EEN effek wat temperatuurinversies op die weer van ʼn vallei
kan het. (1 x 2) (2)
2.4.4 Beskryf TWEE toestande wat noodsaaklik is vir die ontstaan van
ryp op die valleivloer gedurende die winter. (2 x 1) (2)
2.4.5 Lewer kommentaar oor die tipe akkerbou-produkte wat boere op
die onderskeie hellings A en B sal plant. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na die sketse in FIGUUR 2.5, wat die aard van rivierafloop illustreer,
om die volgende vrae te beantwoord.
2.5.1 Definieer die term rivier-afloop. (1 x 1) (1)
2.5.2 Benoem die tipe stroomvloei by A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2)
2.5.3 Verskaf ʼn rede vir die tipe stroomvloei wat in rivier B voorkom.
(1 x 2) (2)
2.5.4 Waarom sal die vloeispoed van die rivier waarskynlik hoër wees by
A? (1 x 2) (2)
2.5.5 Verduidelik die verhouding tussen die snelheid van stroom B en
die vervoer van sediment. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 9
2.6 FIGUUR 2.6 illustreer die vernaamste verskynsels van ʼn dreineringsbekken.
Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.
2.6.1 Definieer die term dreineringsbekken. (1 x 1) (1)
2.6.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn waterskeiding en ʼn interfluviale
skeiding. (2 x 1) (2)
2.6.3 Watter hooffaktor beïnvloed die bestaande tipe rivier? (1 x 2) (2)
2.6.4 Hoe sal die stedelike omgewing die tempo van afloop affekteer?
(1 x 2) (2)
2.6.5 Verskaf TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 2.6.4. (2 x 2) (4)
2.6.6 “As gevolg van menslike aktiwiteite word die natuurlike balans wat
binne rivierstelsel versteur en word die natuurlike opvangsgebied
sodoende gedegradeer.”
Skryf ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, waarin die negatiewe
impak van menslike aktiwiteite op dreineringsbekkens duidelik
uiteengesit word. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B: LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 3
3.1 Verskaf EEN term vir die beskrywings (3.1.1–3.1.7) hieronder.
3.1.1 ʼn Gebied waarin daar ʼn mengsel van grondgebruikfunksies, soos
lughawens, rioolwerke en gholfbane, voorkom
3.1.2 Welgestelde gemeenskappe wat in ʼn omheinde behuisings-
landgoed woon
3.1.3 Die tipe nedersetting wat ontstaan wanneer een soort vervoer deur
ʼn ander soort vervang word
3.1.4 Die stratepatroon waar paaie mekaar reghoekig sny
3.1.5 ʼn Woongebied in die binnestad waarin daar mense van ʼn spesifieke
kulturele of etniese groep in onaantreklik omstandighede woon
3.1.6 Hierdie is die omgekeerde neiging van landelik-stedelike migrasie,
waar mense terug na die landelike gebiede verhuis
3.1.7 Die ongekontroleerde proses waardeur die stedelike gebied binne in
die omliggende landelike gebied in uitbrei
(7 x 1) (7)
3.2 Vier opsies word as moontlike antwoorde verskaf. Kies die korrekte antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer. bv. 3.2.9 B.
3.2.1 Die verskaffing van vervoer is ʼn … ekonomiese aktiwiteit.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwatenêre
3.2.2 Markgeoriënteerde industrieë …
A word naby grondstowwe aangetref.
B het ʼn vrye keuse vir hulle ligging.
C vervoer goedere in kleiner vervoer-eenhede.
D produseer produkte wat naby die verbruiker vervaardig moet
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 11
3.2.3 Die mees belangrike vervaardigings-industrie in die Suidwes-Kaap
is …
A yster en staal.
B olieraffinaderye.
C kleding en tekstiel.
D montering van motors.
3.2.4 Die Maputo-korridor is ʼn voorbeeld van …
A ʼn ruimtelike ontwikkelingsinisiatief.
B ʼn grensindustrie.
C Swart ekonomiese bemagtiging.
D ʼn industriële ontwikkelingsindustrie.
3.2.5 Suid-Afrika se mees belangrikste akkerbou-produk in terme van
produksie is …
A suikerriet.
B mielies.
C koring.
D druiwe.
3.2.6 Industrieë wat as “ongebonde” oorweeg word …
A is oornag-operasies.
B maak skoene.
C word nie deur vervoerkoste geaffekteer nie.
D vereis veelvoudige bronne van grondstowwe.
3.2.7 Koeberg, Suid-Afrika se kernkragstasie is … geleë.
A in Gauteng
B naby Johannesburg
C in Mpumalanga
D buite Kaapstad
3.2.8 ʼn Probleem met vervaardiging in Gauteng is …
A die groeiende druk op waterbronne.
B ʼn tekort aan infrastruktuur.
C agglomerasie.
D die groot afstand vanaf die elektriese produseerders.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 noukeurig wat grondgebruiksones in ʼn stedelike
nedersetting uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.
3.3.1 Noem die grondgebruiksones genommer A en B. (2 x 1) (2)
3.3.2 Lys TWEE funksies wat in grondgebruiksone A voorkom. (2 x 1) (2)
3.3.3 Verduidelik waarom die meeste geboue in grondgebruiksone A
hoog is. (1 x 2) (2)
3.3.4 Verskaf ʼn rede vir die redelike hoë pryse van grond in sone B.
(1 x 2) (2)
3.3.5 Dinamiese veranderinge in grondgebruik sone A is voortdurend
deur middel van inname en vervanging. Bespreek enige TWEE
programme wat hierdie grondgebruiksone kan transformeer
(verander). (2 x 2) (4)
3.3.6 Evalueer TWEE strategieë wat die stadsraad kan implementeer om
die morele en sosiale degenerering wat in grondgebruiksone B
voorkom, aan te spreek. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, wat die beweging van boere vanaf plase na stede
beklemtoon en beantwoord die volgende vrae.
3.4.1 Wat word die proses wat die beweging van mense vanaf plase na
stede beskryf, genoem? (1 x 1) (1)
.
3.4.2 Lys TWEE redes waarom mense die plase verlaat (stootfaktore)
(2 x 1) (2)
3.4.3 Verduidelik waarom jong mense die meeste deur die stootfaktore
in landelike gebiede geaffekteer word. (2 x 2) (4)
3.4.4 Evalueer in ongeveer 8 reëls die ekonomiese gevolge vir landelike
gebiede as gevolg van landelike ontvolking. (4 x 2) (8)
3.5 TABEL 3.5 verskaf besonderhede van die ekonomiese sektore se bydrae
tot Suid-Afrika se BBP vir 2012. Bestudeer hierdie tabel en beantwoord die
volgende vrae.
3.5.1 Noem die ekonomiese sektor wat die grootste bydrae tot die
ekonomie maak. (1 x 1) (1)
3.5.2 Wat beteken die term bruto binnelandse produk (BBP)? (1 x 1) (1)
3.5.3 Stel TWEE maniere voor hoe die BBP in Suid-Afrika verhoog kan
word. (2 x 1) (2)
3.5.4 Lewer kommentaar oor die feit dat finansies en behuising so goed
in Suid-Afrika gevestig is. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 13
3.5.5 “Landbou dra slegs 2,4% tot die primêre sektor by, maar bly
steeds belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.” Verduidelik
waarom dit die geval is. (2 x 2) (4)
3.5.6 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik waarom handel
en grondeienaarskap landbou-ontwikkeling in Suid-Afrika
bevoordeel het. (4 x 2) (8)
3.6 Lees deur die gevallestudie, ‘Neliswa oorwin werkloosheid en
weduweeheid’ in FIGUUR 3.6, en beantwoord die volgende vrae.
3.6.1 Verduidelik wat jy onder die term informele sektor verstaan.
(1 x 1) (1)
3.6.2 Noem EEN probleem (vermeld in die gevallestudie) waaraan
mense soos Neliswa blootgestel word tydens verkope van hulle
produkte. (1 x 2) (2)
3.6.3 Bespreek enige TWEE redes waarom mense soos Neliswa
gedwing word om in die informele sektor werk te bekom. (2 x 2) (4)
3.6.4 Verduidelik TWEE maniere waaraan daar veranderinge aan die
informele sektor gemaak kan word om die Suid-Afrikaanse
ekonomie te versterk. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 4
4.1 Verskaf ʼn term/woord uit KOLOM B, wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–H) uit KOLOM B, teenoor die vraagnommer
(4.1.1–4.1.8) neer, bv. 4.1.9 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 verandering van die huidige A Waterpunt standplaas
struktuur van grondeienaarskap
4.1.2 boerdery om ʼn wins te maak B Droëpunt standplaas
4.1.3 groei van nedersettings waar C Reikwydte
roetes die rivier kruis
4.1.4 grond word deur die gemeenskap D Grondhervorming
besit
4.1.5 ʼn klein landelike nedersetting E Gemeenskaplike
eienaarskap
4.1.6 nedersettings wat naby ʼn F Brugpunt
waterbron gebou is
4.1.7 nedersettings wat weg vanaf ʼn G Gehuggie
waterbron gebou is
4.1.8 maksimum afstand wat mense H Kommersiële boerdery
reis om goedere te koop
(8 x 1) (8)
4.2 Kies ʼn term uit die onderstaande lys wat die by die daaropvolgende stellings
pas. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
Kwaternêre aktiwiteite; Veredeling; Tersiêre sektor; GEAR; Uitkringende
effek; Agglomerasie; Kern; Periferie; SEB; Industriële inersie
4.2.1 Die onwilligheid van gevestigde industrieë om te beweeg
4.2.2 ʼn Regeringsplan vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping
4.2.3 ʼn Proses waarby laegraadse ertse by ʼn myn verryk word
4.2.4 Daardie deel van die ekonomie wat betrokke is met navorsing,
versameling van inligting, ens.
4.2.5 Nuwe ekonomiese aktiwiteit in ʼn gebied wat verdere ekonomiese
ontwikkeling en meer werksgeleenthede stimuleer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 15
4.2.6 ʼn Gebied van lae ekonomiese ontwikkeling
4.2.7 ʼn Gebied waar ekonomiese aktiwiteite gekonsentreer is (7 x 1) (7)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3, wat ʼn gebied in die Suidelike Halfrond uitbeeld en
beantwoord die volgende vrae.
4.3.1 Onderskei tussen die terme standplaas en ligging van ʼn
nedersetting. (2 x 1) (2)
4.3.2 Beskryf die nedersettingspatroon by A en B onderskeidelik.
(2 x 2) (4)
4.3.3 Verskaf TWEE faktore wat moontlik die patroon by A beïnvloed
het. (2 x 2) (4)
4.3.4 Verduidelik die klimatologiese faktor wat verantwoordelik vir die
ligging van nedersetting C mag wees. (1 x 2) (2)
4.3.5 Regverdig waarom dit nie hedendaags nodig is vir nedersettings
soos D, om naby ʼn waterbron te wees nie. (1 x 2) (2)
4.4 Lees deur die koerantartikel met die titel, ‘PLAKKERS EIS HUISE in
FIGUUR 4.4, wat klem lê op konflik oor grondgebruik in Suid-Afrika en
beantwoord die volgende vrae.
4.4.1 Definieer die term informele nedersetting. (1 x 2) (2)
4.4.2 Verskaf die vernaamste grief van die plakkers teen die
munisipaliteit. (1 x 1) (1)
4.4.3 Beskryf enige TWEE probleme wat plakkers oor die algemeen
ervaar. (2 x 2) (4)
4.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls verskaf TWEE redes (behalwe
behuising) vir konflikte oor grondgebruik en verskaf TWEE
moontlike oplossings vir behuisingskonflikte wat ontstaan. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2014)
4.5 Lees deur die gevallestudie van die Richardsbaai Industriële Ontwikkelings-
sone in FIGUUR 4.5 en beantwoord die volgende vrae.
4.5.1 Wat is ʼn industriële ontwikkelingsone? (1 x 1) (1)
4.5.2 Waarom is Richardsbaai ʼn ideale ligging vir industrieë wat goedere
uitvoer? (2 x 1) (2)
4.5.3 Noem EEN ander industriële ontwikkelingsone wat operasioneel in
(1)
Suid-Afrika is. (1 x 1)
4.5.4 Verduidelik hoe Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe beoog om die
beginsel van desentralisasie van ekonomiese aktiwiteite uit
kerngebiede, te bereik. (3 x 2) (6)
4.5.5 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, om die impak van die
ontwikkeling van ʼn IOS op ʼn gebied te evalueer. Oorweeg die
positiewe impak van die ontwikkeling. (4 x 2) (8)
4.6 FIGUUR 4.6 toon die tipe industrieë wat aangetref word in een van die
ekonomiese streke wat julle hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die
sketse om die volgende vrae te beantwoord.
4.6.1 Benoem die kern industriële streek wat oor die algemeen vir die
produksie van die goedere wat in FIGUUR 4.6 getoon word,
verantwoordelik is. (1 x 1) (1)
4.6.2 Lewer kommentaar oor die ligging van die petro-chemiese- en
suikerindustrieë in hierdie gebied. (2 x 2) (4)
4.6.3 Bespreek TWEE voordele wat hierdie industriële streek bo die
PWV-industriële streek geniet. (2 x 2) (4)
4.6.4 Skryf enige TWEE probleme neer, wat die ekonomiese
ontwikkeling in hierdie streek belemmer. (2 x 2) (4)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum