Skip to content
SBA exemplar

Geography Afrikaans DRAFT 2

Grade 12 Geography SBA exemplar (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: GeographyGrade 1230 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. Inleiding 3 2. Doelstellings/Doelwitte van die projek 3 3. Assesseringstake soos uiteengesit deur die NKV en die KABV 3 4. Assesseringstake 4 4.1 Kwartaal 1 – Datahanteringstaak 4 4.1.1 Voorbeeld: Datahanteringstaak 1 4 4.1.2 Voorbeeld: Datahanteringstaak 2 8 4.2 Kwartaal 3 – Navorsingstaak 11 4.2.1 Leerderriglyne vir die doen van navorsing 12 4.2.2 Riglyne vir navorsing 12 4.2.4 Voorgestelde voorblad vir ‘n navorsingstaak 17 4.2.5 Voorbeeld: Navorsingstaak 1 18 4.2.6 Voorbeeld: Navorsingstaak 2 18 4.2.7 Voorgestelde nasienrubriek vir ‘n navorsingstaak 22 5. Slot 25 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 1. INLEIDING Die doel van hierdie dokument is om leerders van ‘n stel normgetoetsde, skoolgebaseerde assesseringstake (SGA’s) te voorsien. Dit bevat nuttige inligting en riglyne in die vorm van voorbeelde van die volgende aspekte van die kurrikulum: • Hoe om ‘n navorsingstaak te doen • Werk met bronne en brongebaseerde vrae • Datahantering • Nasienrubrieke as riglyne vir die voltooi van take 2. Doelstellings/Doelwitte van die projek Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie SGA-dokument leerders van voorbeelde van SGA-take van hoë gehalte en ‘n hoë standaard sal voorsien. • ‘n Algemene standaard word gestel soos voorgeskryf deur die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV)-dokument. • Gehalte onderrig en leer van VOO – graad 12 Geografie word in alle skole regdeur Suid-Afrika bevorder. 3. Assesseringstake soos uiteengesit deur die NKV en die KABV Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 • 2 take • 2 take • 3 take • 1 gestandaar-diseerde toets • Junie-eksamen (Vraestel • 1 gestandaar-diseerde • Finale eksterne eksamen 1 en 2) toets (Vraestel 1 en 2) • Datahantering • Kaartwerktaak • Navorsings-/Opsteltipetaak • Proefeksamen (Vraestel 1 en 2) SGA-punt wat 25% van die finale punt uitmaak (100 punte) 75% van finale punt (300 punte) Kwartaal Taak Totaal SGA-gewigstoekenning Totaal Datahantering 60 20 1 Gestandaardiseerde toets 100 10 Kaartwerktaak 60 20 2 Junie-vraestel 1 200 300 10 Junie-vraestel 2 100 100 (25%) Navorsings-/Opsteltipetaak 60 20 Gestandaardiseerde toets 100 10 3 Proefvraestel 1 225 300 10 Proefvraestel 2 75 Eksterne Vraestel 1 225 300 4 300 Eksterne Vraestel 2 75 (75%) 3 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4. Assesseringstake 4.1 Kwartaal 1 – Datahanteringstaak Twee voorbeelde van tipiese datahanteringstake word hieronder gegee. 4.1.1 Voorbeeld: Datahanteringstaak 1 • Kurrikuluminhoud: Fisiese Geografie (tropiese siklone, subtropiese antisiklone en dreineerbekkens) • Voldoen aan KABV. • Kan in die NKV en KABV finale eksterne eksamens getoets word. • Een (1) datahanteringstaak moet gedoen word. GRAAD 12 SGA (KABV 2014) DATAHANTERINGSTAAK FISIESE GEOGRAFIE TYD: 1 uur (60 minute) PUNTE: 60 VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1A wat ‘n sinoptiese weerkaart van Tropiese Sikloon Irina toon. 1.1.1 Bepaal die getal tropiese siklone, Irina ingesluit, wat gedurende hierdie tropiesesikloon-seisoen plaasgevind het. (1 x 2) (2) 1.1.2 Gee ‘n rede om jou antwoord op VRAAG 1.1.1 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.1.3 Beskryf die oppervlaktelug-sirkulasie wat binne-in Tropiese Sikloon Irina plaasvind. (1 x 2) (2) 1.2 Verwys na FIGUUR 1B, wat ‘n satellietbeeld van Tropiese Sikloon Irina toon, en FIGUUR 1C, wat die geprojekteerde pad van Tropiese Sikloon Irina toon. 1.2.1 Gebruik die satellietbeeld en stel vas in watter ontwikkelingstadium Tropiese Sikloon Irina is. (1 x 2) (2) 1.2.2 Gee bewyse uit die satellietbeeld om jou antwoord op VRAAG 1.2.1 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.2.3 Bespreek TWEE sosio-ekonomiese impakte van Tropiese Sikloon Irina op gebiede langs die ooskus van suidelike Afrika. (2 x 2) (4) 1.2.4 Teken ‘n benoemde deursnit van Tropiese Sikloon Irina soos dit op die satellietbeeld gewys word, van X tot Y. Dui die posisie van die oog en die cumulonimbuswolke (donderwolke) duidelik op jou deursnit aan . (2 x 2) (4) 1.2.5 Noem die rede vir die gebruik van die woorde ˈgeprojekteerde pad’ wanneer die pad van Tropiese Sikloon Irina beskryf word. (1 x 2) (2) GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 1.3 Verwys na FIGUUR 1A. 1.3.1 Identifiseer die hoogdrukselle wat P en Q gemerk is. (2 x 2) (4) 1.3.2 Gebruik bewyse op die kaart om te verduidelik of die windspoed groter sal wees in area P of area Q. (3 x 2) (6) [30] VRAAG 2 2.1 Verwys na FIGUUR 2A wat deursnitte van die Tugelarivier al langs sy loop in die dreineerbekken, wat in FIGUUR 2B getoon word, toon. 2.1.1 Definieer die term dreineerbekken. (1 x 2) (2) 2.1.2 Watter van FIGUUR 2A en FIGUUR 2B toon onderskeidelik ‘n lengteprofiel en ‘n dwarsprofiel? (2 x 2) (4) 2.1.3 Pas elk van die deursnitte A, B en C (FIGUUR 2A) by posisies (i), (ii) en (iii) (FIGUUR 2B). (3 x 2) (6) 2.1.4 Verduidelik kortliks die verskil in die breedte van die rivierkanaal by A en C. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na FIGUUR 2B wat die dreineerbekken van die Tugelarivier toon van sy bo- tot sy middel- tot sy benedeloop. 2.2.1 Bepaal die stroomorde van die Tugelarivier by punt X met sy loop langs. (1 x 2) (2) 2.2.2 Identifiseer en verduidelik EEN van die stroomkanaalpatrone van die Tugelarivier by (ii) met sy loop langs. (3 x 2) (6) 2.2.3 Teken ‘n benoemde vryhanddeursnit deur die rivierkanaal langs lyn T–S wat die posisie van en die verskil in vorm tussen ‘n afglyhang (‘slip-off slope’) en ‘n stootoewerhang (‘undercut slope’) toon. (2 x 2) (4) 2.2.4 Gee EEN rede waarom die Tugelarivier meer geneig sal wees om in die omgewing van (iii) te oorstro om. (1 x 2) (2) [30] GROOTTOTAAL: 60 5 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 1A: TROPIESE SIKLOON IRINA FIGUUR 1C: GEPROJEKTEERDE PAD FIGUUR 1B: SATELLIETBEELD GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 2A: DEURSNITTE VAN DIE TUGELARIVIER LANGS VERSKEIE PUNTE A B C FIGUUR 2B: AANSIG VAN SKEMATIESE PLAN VAN DIE DREINEERBEKKEN VAN DIE TUGELARIVIER (i) (ii) (iii) S (i) (ii) S (iii) T T X 7 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.1.2 Voorbeeld: Datahanteringstaak 2 • Kurrikuluminhoud: Mense en hul behoeftes (bruto binnelandse produk, industriële gebiede, industriële ontwikkelingsones [IOS]) • Voldoen aan en KABV. • Kan in die NKV en KABV finale eksterne eksamen getoets word. • Een (1) datahanteringstaak moet gedoen word. GRAAD 12 SGA (KABV 2014) DATAHANTERINGSTAAK MENSE EN HUL BEHOEFTES TYD: 1 uur (60 minute) PUNTE: 60 VRAAG 1 1.1 Verwys na FIGUUR 1A en 1B en beantwoord die vrae wat volg. 1.1.1 Definieer die volgende terme: (a) Bruto binnelandse produk (1 x 2) (2) (b) Handelsbalans (1 x 2) (2) 1.2 Identifiseer die grootste en die kleinste bydraer tot die Suid-Afrikaanse BBP. (2 x 2) (4) 1.3 Gebruik FIGUUR 1B om die neiging van die Suid-Afrikaanse BBP van 2010 tot 2012 te beskryf. (1 x 2) (2) 1.4 Hoe sal die neiging wat in VRAAG 1.3 genoem is, Suid-Afrika se Handelsbalans beïnvloed? 1 x 2) (2) 1.5 Watter ekonomiese aktiwiteit (primêr, sekondêr of tersiêr) in FIGUUR 1A is verantwoordelik vir die bestaande neiging wat in VRAAG 1.3 genoem is? (1 x 2) (2) 1.6 Bespreek die verwantskap tussen die persentasie wat deur die landbou tot die Suid-Afrikaanse BBP en voedselsekuriteit in die land bygedra word. (2 x 2) (4) 1.7 FIGUUR 1A dui aan dat die landbousektor ‘n baie klein persentasie tot die BBP bydra. Skryf ‘n kort paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy redes verskaf vir die klein bydrae van die landbousektor tot die Suid-Afrikaanse BBP. (6 x 2) (12) [30] GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com VRAAG 2 Verwys na FIGUUR 2 voordat jy die vrae hieronder beantwoord. 2.1 Skryf die korrekte name vir die industriële gebiede wat B en D gemerk is, neer. (2 x 2) (4) 2.2 Identifiseer die grootste van die vier industriële gebiede wat in FIGUUR 2 sigbaar is. (1 x 2) (2) 2.3 Verduidelik enige TWEE faktore wat gelei het tot die groei en ontwikkeling van die industriële gebied waarna in (4) VRAAG 2.2 verwys word. (2 x 2) [10] VRAAG 3 Verwys na FIGUUR 3 voordat jy die vrae hieronder beantwoord. 3.1 Wat is ‘n IOS? (1 x 2) (2) 3.2 Noem die provinsie waarin die Coega IOS geleë is. (1 x 2) (2) 3.3 Beskryf kortliks TWEE doelwitte vir die ontwikkeling van die Coega IOS. (2 x 2) (4) 3.4 As ‘n vervaardiger van swaar grondverskuiwingstoerusting om in Asië te verkoop, verduidelik wat jou sou aanmoedig om ‘n fabriek in die Coega IOS oop te maak. (2 x 2) (4) 3.5 Veronderstel jy is ‘n Suid-Afrikaanse regeringsamptenaar wat verantwoordelik is vir ekonomiese ontwikkeling. Noem VIER aansporings wat jy sou gebruik om buitelandse beleggers na die Coega IOS te lok. (4 x 2) (8) [20] GROOTTOTAAL: 60 9 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 1 A: PERSENTASIE BYDRAE VAN HOOFSEKTORE TOT DIE BBP Elektrisiteit Landbou, bosbou en visserye Finansies, versekering, vaste eiendom en besigheidsdienste Konstruksie Vervoer, berging en kommunikasie Regeringsdienste Groot- en kleinhandel, hotel en restaurant FIGUUR 1B: SUID-AFRIKAANSE BBP 10 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com FIGUUR 2: INDUSTRIE EN MYNBOU IN SUID-AFRIKA FIGUUR 3: COEGA-IOS DIE COEGA INDUSTRIËLE ONTWIKKELINGSONE Die Coega Ontwikkelingskorporasie (COK) is ‘n staatsentiteit wat in 1999 gevorm is. Hulle het die mandaat ontvang om die Coega Industriële Ontwikkelingsone (IOS) wat langs die moderne diepwaterhawefasiliteit, Ngqura-hawe, ge- leë is, te ontwikkel en te bedryf. Die Coega Industriële Ontwikkelingsone (Coega IOS), wat naby die bedrywige Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit geleë is, is Suid-Afrika se voorste beleggingsvoorkeursone vir industrieë met ‘n globale perspektief. Die Coega Ontwikkelingskorporasie streef daarna om die lewering van infrastruktuur in die Oos-Kaap te verbeter deur vaardigheidstekorte, werkloosheid, beperkte beplannings- en projekbestuurskapasiteit, sowel as onderspandering te ondersoek. 11 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.2 Kwartaal 3 – Navorsingstaak Twee voorbeelde van tipiese datahanteringstake word hieronder gegee. 4.2.1 Leerderriglyne vir die doen van navorsing Navorsingsraamwerk vir assessering (Riglyn vir die administrasie van ‘n navorsingstaak) NAVORSINGSAKTIWITEITE STAPPE PUNTE LENGTE TYDPERK Formuleer die hipotese/ Probleem stelling 1 5 Nie meer as 50 woorde nie Een week Agtergrondinligting oor die studiegebied 3 6 75 tot 100 woorde Kartering 2 5 A4-grootte of kleiner Dataversameling 4 6 75 tot 100 woorde Twee weke Ontleding en sintese van data 5 15 300 tot 450 woorde Een week Aanbevelings en moontlike oplossings 6 6 75 tot 100 woorde Gevolgtrekking – aanvaar of verwerp die 7 5 Nie meer as 50 woorde hipotese nie Bibliografie 8 4 Een week Voorblad 3 Aanbieding 5 TOTAAL 60 Indiening 9 Indieningsdatum Wanneer ‘n onderwerp vir navorsing gekies word, isoleer onderwerpe in bepaalde areas in die Geografie KABV-inhoud wat jy in Graad 12 bestudeer het. 4.2.2 Riglyne vir navorsing Navorsingstaak Stap 1: Formuleer ‘n hipotese/probleemstelling As Geograwe probeer ons om die interaksie tussen mense en tussen mense en die omgewing in ruimte en tyd te verstaan en te verduidelik. Dit word bereik deur vrae te vra of om ingeligte geografiese besluite te neem. Dit behels die ontwikkeling van ‘n hipotese of ‘n probleemstelling wat getoets moet word. • Jy moet ‘n bepaalde studiegebied uitsoek waar daar ‘n geografiese probleem bestaan. • Op hierdie stadium word ‘n geografiese vraag, wat ‘n probleem aandui, gevra. • Identifiseer die probleem in ‘n plaaslike gebied. • Formuleer ‘n hipotese of ‘n probleemstelling. (Hipotetiese navorsing word gebruik om te bewys dat sekere veranderlikes afhanklik of inter-afhanklik van mekaar is. Probleemstellingnavorsing word slegs gebruik om uit te lig dat ‘n spesifike probleem in ‘n gemeenskap bestaan. • Jy moet dan die navorsingstappe volg om te verseker dat die geografiese vraag beantwoord word. 12 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com ‘n Moontlike hipotese in Nedersettingsgeografie: Landelik-stedelike migrasie Waar is die area van navorsing, m.a.w. Watter invloed het die geografiese probleem die ruimtelike ligging? op die ruimtelike patroon? Die bevolking van Ingogo in KwaZulu-Natal is besig om te kleiner te word as gevolg van landelik-stedelike migrasie. Wat is die geografiese probleem, m.a.w. ruimtelike proses? ‘n Moontlike hipotese in Geomorfologie: Opvanggebied en rivierbestuur Wat is die geografiese probleem, m.a.w. ruimtelike proses? Waar is die navorsingsgebied, m.a.w. ruimtelike ligging? Menslike aktiwiteite langs die bolope van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal het ‘n invloed op die gehalte van water en die vloeipatroon van die rivier langs die middel en laer lope. Watter invloed het die geografiese probleem op die ruimtelike patroon? Ander moontlike voorbeelde van hipotese-tipe navorsing: • Die waarde van eiendom teen die hellings met ‘n noordelike aansig is hoër as die waarde van eiendom teen die hellings met ‘n suidelike aansig in Meyersdal, Gauteng (kies ‘n plaaslike omgewing). • Die oorsaak van landelik-stedelike migrasie in Ndwedwe, KwaZulu-Natal (kies ‘n plaaslike omgewing), is die gebrek aan dienslewering in die gesondheidsektor. • Klimaatsverandering sal ‘n negatiewe invloed hê op druiweboerdery en die verwante nywerhede in die Wes-Kaap. • Die sluiting van baie laerskole in Lusikisiki (Oos-Kaap) (kies ‘n plaaslike omgewing) is die gevolg van ‘n afname in die bevolking in die ouderdomsgroep 7 tot 15 jaar. • Die swak toestand van paaie (spesifiseer die name van die paaie) wat na Harrismith toe lei of in Harrismith is, Vrystaat (kies ‘n plaaslike gebied), is te wyte aan die gebrek aan behoorlike beplanning deur die plaaslike munisipaliteit. • Die impak van die bou van ‘n dam in die Jukskeirivier in Gauteng (kies ‘n plaaslike omgewing) stroomop van Alexandra, sal oorstroming en ‘n gevolglike verlies aan lewe in Alexandra verminder. • Die e-tolstelsel sal ‘n negatiewe invloed op die ekonomiese posisie hê van mense wat van privaat vervoer in Gauteng gebruik maak. • Die e-tolstelsel sal ‘n positiewe invloed op verkeersvloei na die hoof- stedelike sentra in Gauteng hê. • Informele nedersettings in die Vhembe-distrik van Limpopo het lae vlakke van ontwikkeling as gevolg van die gebrek aan voorsiening in basiese behoeftes (kies EEN infromele nedersetting in ‘n plaaslike omgewing). • Oorbewoning van informele nedersettings is te wyte aan die gebrek aan behoorlike beplanning deur die plaaslike regering (kies ‘n plaaslike area). 13 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com Stap 2: Agtergrondinligting oor ‘n studiegebied • Jy moet verduidelik waar in Suid-Afrika die studiegebied geleë is. (Dit kan op die kaart aangedui word.) • Beskryf die studie-area in terme van sy presiese posisie (grade, minute en sekondes). • Verskaf relevante inligting oor diegebied, byvoorbeeld bevolking van die gebied of klimaat van die gebied. Stap 3: Kartering • Jy moet ‘n kaart van die betrokke gebied voorsien. • In hierdie stadium moet jy ‘n buffersone skep rondom die area waar die geografiese probleem bestaan. • Die kaart moet ‘n duidelike sleutel hê en moet volgens skaal geteken word. Die skaal moet op die kaart aangedui word. • Indien die kaart wat gebruik word, ‘n wyer area dek, moet buffersones om die studie-gebied geskep word. • Die kaart wat gebruik word, moet die mees onlangse kaart van die studie-area wees. Stap 4: Metodes van dataversameling (a) PRIMÊRE DATABRONNE • Die gebruik van vraelyste • Onderhoude • Waarnemings • Uitstappies (b) SEKONDÊRE DATABRONNE • Koerantartikels • Staatsdepartement-statistieke • Boeke • Internet Stap 5: Ontleding en sintese van data • Gebruik nou versamelde data om ‘n bespreking oor die bestaande geografiese probleem te formuleer. • Op hierdie stadium moet jy van die inligting grafies voorstel waar nodig, byvoorbeeld. grafieke en sketse. • Ontleed grafiese inligting gedurende hierdie stadium. Stap 6: Aanbevelings en moontlike oplossings • Jy moet nou aanbevelings maak om die geografiese probleem onder bespreking op te los. • Jy moet jou oorspronklike en realistiese menings voorlê, sover as wat jy moontlik kan. Stap 7: Gevolgtrekking – aanvaar of verwerp die hipotese • Jy moet nou ‘n besluit neem om die hipotese óf te AANVAAR óf te VERWERP. • Gee redes vir die AANVAARDING of die VERWERPING van die hipotese. 14 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com Stap 8: Bibliografie • Jy moet ‘n omvattende bibliografie insluit. • Maak ‘n volledige lys van webtuistes. • Sluit bylaes van vraelyste wat gebruik is en onderhoude wat gevoer is, in. Stap 9: Indiening • Jy moet grafieke, tabelle, diagramme en prente waar nodig, insluit. • Maak seker tydens indiening dat ‘n toepaslike voorblad ingesluit is. 4.2.3 Die opstel van ‘n bibliografie vir ‘n navorsingstaak • Vir ‘n boek: Outeur (van, voorletters). Titel van Boek (Uitgewers, Datum van publikasie). Voorbeeld: Dahl, R. The BFG. (Farrar, Straus & Giroux, 1982). • Vir ‘n ensiklopedie: Titel van Ensiklopedie, Datum van uitgawe. Volumenommer, ˈTitel van Artikel’, bladsynommer(s). Voorbeeld: Encyclopaedia Britannica. 1997. Volume 7, ˈGorillasˈ, pp. 50–51. • Vir ‘n tydskrif: Outeur (van eerste), ˈTitel van Artikelˈ. Naam van Tydskrif. Volumenommer, (Datum): bladsynommer(s). Voorbeeld: Jordan, Jennifer, ˈFilming at the Top of the Worldˈ. Museum of Science Magazine. Volume 47, Nr. 1, (Winter 1998): p. 11. • Vir ‘n koerant: Outeur (van eerste), ˈTitel van artikelˈ. Naam van Koerant. Stad, staatpublikasie. (Datum): Uitgawe indien beskikbaar, Deel, bladsynommer(s). Voorbeeld: Powers, Ann, ˈNew Tune for the Material Girlˈ. The New York Times. New York, NY. (3/1/98): Atlantic-streek, Deel 2, p. 34. • Vir ‘n webtuiste: Haal die volle naam van die webtuiste aan en onderstreep. Voorbeeld: http://www.sahistory.org.za/topic/womens-struggle-1900-1994 15 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com • Vir ‘n persoon: Volle naam (van eerste). Beroep, datum van onderhoud. Voorbeeld: Smeckleburg, Sweets. Busbestuurder. 1 April 1996. • Vir ‘n film/dokumentêr: Titel, Regisseur, Verspreider, Jaar. Voorbeeld: Braveheart, Regisseur Mel Gibson, Icon Productions, 1995. 16 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.2.4 Voorgestelde voorblad vir ‘n navorsingstaak NAAM VAN SKOOL NAAM VAN LEERDER ONDERWERP NAVORSINGSONDERWERP KURRIKULUMINHOUD Ontwerp ‘n voorblad wat geskik is vir die navorsingsonderwerp en plaas dit hier VERKLARING VAN EGTHEID Ek verklaar hiermee dat ALLE skryfstukke in hierdie navorsingstaak my eie, oorspronklike werk is en dat, indien ek enige ander bron gebruik het, ek dit dienooreenkomstig erken het. Leerder se handtekening: ____________________________ Datum: _____________ 17 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.2.5 Voorbeeld: Navorsingstaak 1 • Kurrikuluminhoud: Sleutel-mens-omgewingsinteraksies in stedelike gebiede: Mense en plekke – middestadprobleme • Voldoen aan KABV. • Kan in die KABV finale eksterne eksamen getoets word. • Een (1) navorsingstaak moet gedoen word. MISDAAD IN DIE MIDDESTAD Suid-Afrikaanse stede lok elke jaar duisende nuwe inwoners wat op soek is na werk en ‘n beter lewe. Die behuisingstekort, saam met ‘n tekort aan behuisingsubsidies, beteken dat vir baie Suid-Afrikaners daar geen alternatief is as om in informele behuising en in pondoknedersettings te woon nie. Die vinnige toename in informele nedersettings rondom die stede in Suid-Afrika het ‘n toename in misdaadsyfers in die middestad tot gevolg gehad. Die middestad is ‘n deel van die stedelike nedersetting wat in die kommersiële sone gevind word. Middestadprobleme is ‘n kenmerk van ou, gevestigde stede. In die geval van Suid-Afrika is stede soos Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban en Port Elizabeth goeie voorbeelde van stedelike nedersettings wat probleme in die middestad ervaar. Stel jou navorsing saam deur die aktiwiteite wat hieronder aangedui word, uit te voer. Stap 1: Formuleer die hipotese/probleemstelling • Formuleer jou eie hipotese, gebaseer op ‘n probleem wat jy geïdentifiseer het, byvoorbeeld. Die toenemende getal informele nedersettings (kies plaaslike informele nedersetting) in en om stedelike areas in Suid-Afrika het hoër misdaadsyfers as gevolg van werkloosheid in die middestad tot gevolg gehad. (Fokuspunt: Meer mense in die omliggende informele nedersettings lei tot werkloosheid en dit laat mense hulself tot misdaad wend.) Stap 2: Agtergrondinligting oor die studiegebied Gee ‘n kort inleiding en beskrywing (agtergrondinligting) van die stad (studiegebied) wat jy gekies het in terme van: • Geskiedkundige agtergrond • Bevolking • Beskrywing van die ligging van informele nedersettings in verhouding tot die middestad • Ander relevante statistiese inligting Stap 3: Kartering • Verskaf ‘n kaart wat die posisie van die informele nedersetting aandui, in verhouding tot die stad wat jy vir jou navorsingstaak geïdentifiseer het. (Dit is makliker om jou plaaslike omgewing as ‘n studiegebied te kies.) • Die kaart moet duidelik buffersones aandui waar informele nedersettings geleë is. • Die kaart moet areas van die stad insluit wat as misdaadgevaarpunte (‘hotspots’) beskou word. • Die kaart moet ‘n duidelike sleutel hê. • Die skaal van die kaart moet aangedui word. 18 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com Stap 4: Dataversameling Versamel data deur ten minste DRIE metodes te gebruik, byvoorbeeld: • Vraelyste • Onderhoude • Uitstappies • Foto’s en kaarte • Literatuurnavorsing (koerante, tydskrifte, boeke, ensovoorts) • Internetnavorsing Stap 5: Ontleding en sintese van data • Ontleed die data wat jy versamel het en formuleer ‘n verslag oor jou bevindings. Ondersteun jou bevindings met grafieke, foto’s, ensovoorts. • Bespreek kortliks hoe die bestaan van informele nedersettings tot misdaad in die middestad bydra. • Bespreek kortliks die bydrae van hoë werkloosheidsyfers in die informele nedersetting tot misdaad in die middestad. Stap 6: Aanbevelings en oplossings • Verskaf gepaste aanbevelings en oplossings vir die probleem. Stap 7: Gevolgtrekking – aanvaar of verwerp die hipotese • Gebaseer op jou bevindings in Stap 5, kan jy die hipotese óf AANVAAR óf VERWERP. • Gee redes vir jou gevolgtrekking. Stap 8: Bibliografie • Stel ‘n bibliografie vir jou navorsing saam. Indien jy enige Internetnavorsing gedoen het, moet jy die webtuiste(s) wat jy gebruik het, ten volle verskaf. Stap 9: Indiening • Stel al jou inligting saam. • Sluit ‘n inhoudsopgawe in. • Maak seker dat jy ‘n afskrif van die vraelys en/of vrae wat jy tydens onderhoude gevra het, as aanhangsels insluit. • Ontwerp ‘n gepaste voorblad. • Dien jou navorsing in. 19 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.2.6 Voorbeeld: Navorsingstaak 2 • Kurrikuluminhoud: Fisiese Geografie (fluviale prosesse) • Voldoen aan KABV. • Kan in die KABV finale eksterne eksamen getoets word. • Een (1) navorsingstaak moet gedoen word. DIE IMPAK VAN MENSLIKE AKTIWITEITE OP RIVIERE Riviere kry hulle water van oppervlakte-afloopwater en grondwater uit hul dreineerbekkens. Aktiwiteite wat in die dreineerbekken plaasvind, affekteer die gehalte van die water in die rivier. Die mens het op baie maniere ‘n invloed op riviere. Die vloei van skadelike stowwe wat deur mense geproduseer word, veroorsaak baie soorte veranderings in riviere en akwatiese omgewings. Dikwels verander die mens se optredes ook die vloei van die rivier of die vorm van die rivierbed. Wanneer mense hulle in die opvangsgebied van ‘n rivier vestig, verander hulle gewoonlik die grondoppervlakte en selfs die rivier. Hierdie veranderings kan op verskillende maniere ‘n invloed op die dreineerbekken hê. Die hoeveelheid water wat die rivier bereik, kan aansienlik verminder word. Rivier-reaksietye kan verander word, byvoorbeeld stormwater kan die rivier gouer bereik as vantevore. Kies ‘n rivier naby jou skool of waar jy woon as ‘n studie-area en doen jou navorsing deur die stappe wat hieronder beskryf word, te volg. Stap 1: Formuleer die hipotese/probleemstelling • Formuleer jou eie hipotese, gebaseer op ‘n probleem wat jy geïdentifiseer het, byvoorbeeld: Menslike aktiwiteite het ‘n negatiewe invloed op die gehalte van water en die vloeipatroon in die bolope/loop van die Bloedrivier in Limpopo. Stap 2: Agtergrondinligting oor die rivier wat bestudeer word • Beskryf die provinsiale ligging van die rivier. • Klimaat – veral die hoeveelheid reënval wat ontvang word. • Plantegroei • Reliëf en topografie • Onderliggende rots-/gesteentestruktuur • Spesifiseer die riviertipe, byvoorbeeld permanent, periodiek. • Beskryf die stadium van die rivier (jonk, volwasse of oud) by jou studie-area. Stap 3: Kartering • Verskaf ‘n kaart wat die rivier en die aangrensende nedersettings wat bestudeer word, toon. • Skep ‘n duidelike buffersone by die deel van die rivier wat bestudeer word. • Die kaart moet ‘n duidelike sleutel hê. • Dui die skaal van die kaart aan. 20 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com Stap 4: Dataversameling Versamel data deur ten minste DRIE metodes te gebruik, byvoorbeeld: • Vraelyste • Onderhoude • Uitstappies • Foto’s en kaarte • Literatuurnavorsing (koerante, tydskrifte, boeke, ensovoorts) • Internetnavorsing Stap 5: Ontleding en sintese van data • Ontleed die data wat jy versamel het en formuleer ‘n verslag oor jou bevindings. Ondersteun jou bevindings met grafieke, foto’s, ensovoorts. • Gebruik die bogenoemde stelle data wat versamel is en stel vas tot watter mate die rivier deur menslike aktiwiteite geaffekteer is. • Verduidelik in besonderhede watter invloed die geïdentifiseerde menslike aktiwiteite op die gehalte van water en die vloeipatroon van die rivier het. Stap 6: Aanbevelings en oplossings • Na jou mening as ‘n navorser, wat sou ‘n moontlike oplossing(s) vir die negatiewe invloed van menslike aktiwiteite op die rivier wees? • Maak langtermynaanbevelings aan die staatsdepartement(e) wat kan lei tot wetgewing wat die rivier beskerm. Stap 7: Gevolgtrekking – aanvaar of verwerp die hipotese • Gebaseer op jou bevindings in Stap 5, kan jy die hipotese óf AANVAAR óf VERWERP. • Gee redes vir jou gevolgtrekking. Stap 8: Bibliografie • Stel ‘n bibliografie vir jou navorsing saam. Indien jy enige Internetnavorsing gedoen het, moet jy die webtuiste(s) wat jy gebruik het, ten volle verskaf. Stap 9: Indiening • Stel al jou inligting saam. • Sluit ‘n inhoudsopgawe in. • Maak seker dat jy ‘n afskrif van die vraelys en/of vrae wat jy in die onderhoude gebruik het, as aanhangsels insluit. • Ontwerp ‘n gepaste voorblad. • Dien jou navorsing in. 21 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4.2.7 Voorgestelde nasienrubriek vir ‘n navorsingstaak NAAM VAN LEERDER:________________________________________________________GRAAD: __________ KURRIKULUMONDERWERP: ____________________________________________________________________ NAVORSINGSONDERWERP: ____________________________________________________________________ PUNT 1 2–3 4–5 Onderwyser Moderator se punt se punt Leerder het nie Leerder het ‘n hipotese/ Leerder het ‘n die formulering probleem vir ‘n hipotese/probleem van ‘n hipotese/ navorsingsonderwerp geformuleer wat Stap 1 Formulering probleemstelling geformuleer en ‘n spesifieke van hipotese/ verstaan nie is spesifiek oor ‘n geografiese probleemstelling en het slegs gebied, maar nie oor ‘n probleem en die ‘n onderwerp geografiese probleem impak daarvan in ‘n genoem. of die impak van die spesifieke gebied probleem nie. akkuraat beskryf. 1 2–3 3–4 5–6 Onderwyser Moderator PUNT se punt se punt Nie in staat om ‘n Mate van Relevante Leerder het die ‘n beskrywing beskrywing van ‘n beskrywing van ‘n studie-area ten of agtergrond- area, met beperkte studie-area met volle beskryf en Stap 2 inligting van agtergrondinligting, is die meeste van die het die gepaste Agtergond-inligting die area wat gegee. agtergrondinligting agtergrondinligting bestudeer word gegee. gegee. te gee nie. PUNT 1 2 3 4 5 Onderwyser Moderator se punt se punt Akkurate kaart gebruik met gepaste Relevante besonderhede Relevante kaart van navorsingsgebied wat akkurate Irrelevante kaart Relevante kaart van navorsingsgebied Stap 3: op ‘n kaart besonderhede ingesluit met gebied ingesluit met ingesluit met Kareting geïdentifiseer met van buffersones geen inligting nie. beperkte inligting en gepaste sleutel ‘n gepaste sleutel , en afbakening van geen sleutel nie. en beperkte gepaste etikette en navorsingsgebied besonderhede. gebruik van skaal. met gepaste inligting, insluitend ‘n sleutel en ‘n skaal, toon. 22 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com PUNT 1 2–3 4–5 6 Onderwyser Moderator se punt se punt Slegs een Primêre en sekondêre Primêre en sekondêre ‘n Verskeidenheid primêre of een bronne van data databronne wat van primêre Stap 4 sekondêre bron is versamel wat hoofsaaklik ‘n en sekondêre van data is ontoereikend was vir die begrip van die databronne is Dataversameling gebruik. navorsingsmetodologie. navorsingsgebied versamel, wat die moontlik gemaak het. hipotese akkuraat beskryf. PUNT 1–3 4–6 7–9 10–12 13–15 Onderwyser Moderator se punt se punt Die leerder toon Die leerder is in staat Die leerder is in staat Die leerder is Die leerder is min begrip van om sommige van die om in die meeste in staat om die in staat om die die onderwerp probleme uit die bronne gevalle die bronne probleme te probleem te Stap 5 en is nie in staat te identifiseer, maar toon te identifiseer en te identifiseer en identifiseer en om die invloede beperkte begrip van interpreteer, maar toon al die bronne te al die bronne te Ontleding en te identifiseer, interpretasie en invloede. beperkte vermoë om interpreteer, en is interpreteer en sintese van data interpreteer of die invloede te toon. in staat om ‘n mate is in staat om ‘n te toon uit die van insig van die duidelike insig bronne wat invloede te toon. van die invloede gebruik is nie. te toon. PUNT 1 2–3 4–5 6 Onderwyser Moderator se punt se punt Die leerder Die leerder kon net Die leerder is in staat Die leerder verskaf is nie in staat ‘n paar aanbevelings om die meeste van ‘n duidelike insig Stap 6 om relevante en oplossings vir die die aanbevelings en in al die relevante aanbevelings en probleem verskaf. oplossings vir die aanbevelings en Aanbevelings en oplossings vir probleem te verskaf. moontlike oplossings oplossings die probleem te vir die probleem. verskaf nie. PUNT 0 1–3 4–5 Onderwyser Moderator se punt se punt Geen Gevolgtrekking is Gevolgtrekking gevolgtrekking gemaak, maar die is gemaak, met Stap 7 word gemaak leerder aanvaar of ‘n aanvaarding nie. verwerp nie die hipotese/ of verwerping Gevolgtrekking probleemstelling nie. van die hipotese/ probleemstelling. PUNT 0 1–3 4 Onderwyser Moderator se punt se punt Stap 8 Geen bibliografie Bibliografie wat verskaf Bibliografie wat verskaf is verskaf nie. word, is onvolledig. word, is korrek. Bibliografie PUNT 0 1–2 3 Onderwyser Moderator se punt se punt Stap 9 Geen voorblad is Voorblad is verskaf, maar Voorblad bevat al die verskaf nie. is onvolledig. nodige besonderhede. Voorblad 23 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com PUNT 1–4 5 5 Onderwyser Moderator se punt se punt Die Die navorsing is goed Die navorsing is logies navorsingsinligting is uiteengesit. Stappe is uiteengesit. Alle stappe nie goed uiteengesit bevredigend gevolg. is korrek gevolg. Stap 10 nie. Die bibliografie Bibliografie is verskaf, Bibliografie is verskaf is verkeerd of nie maar is nie korrek en korrek uiteengesit. Aanbieding ingesluit nie. Geen uiteengesit nie. Die Voorblad is ontwerp voorblad is ontwerp voorblad is ontwerp. en is gepas vir die nie. navorsings-onderwerp. Onderwyser Moderator se punt se punt TOTAAL: 60 SGA-PUNT: 60 ÷ 3 = 20 NAAM VAN ONDERWYSER: ___________________________DATUM VAN ASSESSERING:________________ NAAM VAN MODERATOR: ___________________________DATUM VAN MODERERING:_________________ 24 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 5. SLOT Hierdie dokument voorsien jou van ‘n raamwerk waarvolgens jy jou eie navorsingstaak kan ontwikkel. Dit voorsien jou ook van ‘n raamwerk van verwagting vir datahanteringstake. Die raamwerk vir datahanteringstake kan ook gebruik word om vir eksterne eksamens waarin datahanteringstipe vrae gevra kan word, voor te berei. ‘n Duidelike riglyn oor hoe om navorsing te doen, is ontwikkel. Hierdie riglyn kan toegepas word op enige onderwerp binne die KABV waarin jy graag navorsing wil doen. Die nasienrubriek wat ingesluit is, sal jou ook van ‘n duidelike riglyn voorsien met betrekking tot die tyd wat aan die verskillende fases van die navorsing spandeer moet word. Die hoë standaard van hierdie take sal aan jou ‘n platform verskaf om vaardighede soos navorsing, interpretasie van bronne, integrasie van bronne en grafieke te ontwikkel; alles vaardighede wat vir die finale eksterne Geografie-eksamen benodig word. Hierdie is ook vaardighede wat op ‘n later stadium in jou lewe van nut kan wees. 25 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com Notes 26 GEOGRAFIE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Geography.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Geography

View all