Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 300.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology15 marks
- Question 1.6Geomorphology15 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.4Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n sinoptiese weerkaart van suidelike Afrika toon.
Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die sinoptiese weerkaart is om (12:00/14:00) saamgestel.
1.1.2 Die seisoen wat die sinoptiese weerkaart voorstel, is (somer/winter).
1.1.3 Gebied A op die sinoptiese weerkaart is 'n (rug/trog).
1.1.4 Die weerstelsel wat met die gebied by A geassosieer word, lei tot
(stabiele/onstabiele) weerstoestande.
1.1.5 Die wind by weerstasie B is 'n (NNO/SSW)-wind.
1.1.6 Die windspoed by weerstasie B is (20/10) knope.
1.1.7 Die lugdruk in die middel van die Suid-Atlantiese antisikloon is
(laer/hoër) as 1 032 hPa/mb. (7 x 1) (7)
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Plek langs 'n rivier waar twee of A dreineerbekken
meer riviere ontmoet
B waterskeiding
1.2.2 'n Stroom wat by die hoofstroom
C samevloeiing
aansluit
1.2.3 'n Hoogliggende gebied wat twee D oorsprong/bron
strome in dieselfde dreineerbekken E interfluviale rif
van mekaar skei
F riviermond
1.2.4 Totale oppervlakte wat deur 'n
rivierstelsel gedreineer word G sytak
1.2.5 Hiërargie van strome in 'n H stroomordes
dreineerbekken
I niestandhoudende rivier
1.2.6 Hoogliggende gebiede wat
rivierstelsels in verskillende
dreineerbekkens onderverdeel
1.2.7 Punt waar 'n rivier in die oseaan
invloei
1.2.8 Hoogliggende gebied waar 'n rivier
sy ontstaan het
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.3 FIGUUR 1.3 is 'n driedimensionele voorstelling van 'n middelbreedte-sikloon
oor die Verenigde State van Amerika.
1.3.1 Benoem front A en B. (2 x 1) (2)
1.3.2 In watter ontwikkelingstadium is hierdie middelbreedte-sikloon?
(1 x 1) (1)
1.3.3 Gee 'n bewys in die diagram ter stawing dat hierdie middelbreedte-
sikloon in die Noordelike Halfrond voorkom. (1 x 2) (2)
1.3.4 Gee 'n rede waarom front B met meer wydverspreide reënval as
front A geassosieer word. (1 x 2) (2)
1.3.5 Beskryf die waarskynlike weerstoestande wat met die wolktipe by
front A geassosieer word. (2 x 2) (4)
1.3.6 Bespreek TWEE verwagte weersveranderings wat kan plaasvind
wanneer die middelbreedte-sikloon die okklusiestadium bereik. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n spotprent oor 'n stedelike hitte-eiland toon.
1.4.1 Voltooi die stelling wat die stedelike hitte-eiland in skets A beskryf:
'n Stedelike hitte-eiland beskryf die verskynsel waar ... (1 x 1) (1)
1.4.2 Verwys na B en gee TWEE redes vir hitte wat in die stad ontwikkel.
(2 x 1) (2)
1.4.3 Wat is die uitwerking van die verhoogde temperature op mense wat in
die stad woon? (2 x 2) (4)
1.4.4 Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare metodes
wat ingestel kan word in 'n poging om die temperatuur in die stad te
beheer. (4 x 2) (8)
1.5 FIGUUR 1.5 toon die hoeveelheid water in 'n rivier tydens die droë seisoen en
reënseisoen.
1.5.1 Noem die tipe rivier in die foto. (1 x 1) (1)
1.5.2 Gee 'n bewys in die foto om jou antwoord op VRAAG 1.5.1 te
ondersteun. (1 x 1) (1)
1.5.3 Definieer die term watertafel. (1 x 1) (1)
1.5.4 Teken TWEE benoemde diagramme om die verskillende posisies van
die watertafel in die droë seisoen en die reënseisoen te toon.
(2 x 2) (4)
1.5.5 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed van
neerslag en gradiënt op die hoeveelheid afgesette materiaal wat op
die rivierbodem waargeneem kan word. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat twee tipes riviervloei, A en B, toon.
1.6.1 Identifiseer die tipes riviervloei A en B. (2 x 1) (2)
1.6.2 In watter loop van die rivier verwag jy om riviervloei B aan te tref?
(1 x 1) (1)
1.6.3 Gee 'n rede vir riviervloei A in die foto. (1 x 2) (2)
1.6.4 Waarom word riviervloei A met meer erosie geassosieer? (1 x 2) (2)
1.6.5 Verduidelik die verskil in die kleur van die water wat met riviervloei A
en B in die foto's geassosieer word. (2 x 2) (4)
1.6.6 Waarom is riviervloei A meer geskik vir avontuurtoerisme? (2 x 2) (4)
[75]
VRAAG 2
2.1 Lees die volgendes stellings. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen
hakies gegee word wat elke sin geografies KORREK sal maak. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 (Warm/Koue) lug styg as gevolg van konveksiestrome en lei tot 'n
laagdruk op die aarde se oppervlak.
2.1.2 Die Coriolis-krag veroorsaak dat lug wat in die Suidelike Halfrond
horisontaal oor die aardoppervlak beweeg, na (links/regs)
gedeflekteer word.
2.1.3 Die (tropiese oostewinde/westewinde) is globale windstelsels wat
die bewegingsrigting van middelbreedte-siklone beïnvloed.
2.1.4 'n (Laag/Hoog)-drukstelsel word 'n antisikloon genoem.
2.1.5 'n Verandering in die windrigting wat in die Noordelike Halfrond met
ʼn middelbreedte-sikloon verband hou, word (krimping/ruiming)
genoem.
2.1.6 Hoogdrukstelsels word met (stabiele/onstabiele) weerstoestande
geassosieer.
2.1.7 'n Vertikaal ontwikkelde wolk langs die koue front van 'n
middelbreedte-sikloon word 'n (nimbostratus/cumulonimbus)-wolk
genoem.
2.1.8 'n Styging in seevlak, wat met ʼn tropiese sikloon verband hou en wat
tot kusoorstromings lei, word 'n (stormstuwing/tsoenami) genoem.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 oor verskillende dreineerpatrone en pas ELK van die
beskrywings hieronder by een van die dreineerpatrone A tot E. Jy kan
dieselfde dreineerpatroon meer as een keer kies.
2.2.1 Die stroompatroon wat met rotse wat dieselfde weerstand teen
erosie bied, geassosieer word
2.2.2 Hoofstrome wat parallel aan mekaar vloei
2.2.3 Hoofstrome wat 90°-verbuigings langs die loop het
2.2.4 Strome met 'n onreëlmatige patroon
2.2.5 Riviere wat weg van 'n sentrale punt vloei
2.2.6 'n Dreineerpatroon wat oor rotse vorm wat verskillende weerstande
teen erosie het as gevolg van plooiing
2.2.7 Sytakke sluit teen skerphoeke by die hoofstroom aan (7 x 1) (7)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat waarneembare bane van tropiese siklone in die
VSA toon.
2.3.1 Hoeveel tropiese siklone het in die 2015-seisoen voorgekom? (1 x 1) (1)
2.3.2 Waarom beweeg tropiese siklone in 'n westelike rigting? (1 x 1) (1)
2.3.3 Gee die term wat gebruik word om na tropiese siklone in hierdie
gedeelte van die wêreld te verwys. (1 x 1) (1)
2.3.4 Bespreek TWEE toestande wat die ontwikkeling van tropiese siklone
bevorder. (2 x 2) (4)
2.3.5 Die baan van 'n tropiese sikloon kan baie onvoorspelbaar wees.
Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, moontlike redes vir
die onvoorspelbare baan wat dit volg en waarom dit probleme vir
rampbestuurspanne skep om die impak van tropiese siklone
effektief te bestuur. (4 x 2) (8)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat antisiklone oor suidelike Afrika toon.
2.4.1 Benoem hoogdruksel B. (1 x 1) (1)
2.4.2 Waarom domineer hoogdruksel B die binneland van Suid-Afrika in
die winter? (1 x 2) (2)
2.4.3 Gee 'n rede vir die gebrek aan reënval wat met hoogdruksel A
geassosieer word. (1 x 2) (2)
2.4.4 Verduidelik die verandering in die posisie van die antisiklone oor
Suid-Afrika tussen somer en winter. (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik waarom die Suid-Indiese Hoogdruksel meer vogtige lug
in die somer as in die winter oor die binneland invoer. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat rivierverjonging voorstel.
2.5.1 Definieer die term rivierverjonging. (1 x 1) (1)
2.5.2 Noem EEN toestand wat rivierverjonging tot gevolg het. (1 x 2) (2)
2.5.3 Wat dui 'n knakpunt op 'n rivierprofiel aan? (1 x 2) (2)
2.5.4 Wat is die invloed van rivierverjonging op die gradering van 'n rivier?
(1 x 2) (2)
2.5.5 Beskryf, met redes, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die
veranderinge wat in die fluviale verskynsels in die benedeloop van
die rivier as gevolg van rivierverjonging sal voorkom. (4 x 2) (8)
2.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 2.6 wat op rivieropvangsgebiede in Suid-Afrika
gebaseer is.
2.6.1 Wat is 'n opvangsgebied? (1 x 1) (1)
2.6.2 Watter bewys in die artikel dui daarop dat droogte 'n
alomteenwoordige risiko is? (1 x 2) (2)
2.6.3 Gee EEN rede vir die vernietiging van opvangsgebiede. (1 x 2) (2)
2.6.4 Stel TWEE stappe voor wat deur die regering en
nieregeringsorganisasies (NRO's/NGO's) gedoen moet word om
opvangsgebiede wat in gevaar is, te bestuur. (2 x 2) (4)
2.6.5 Bespreek die negatiewe impak van swak opvangsbestuurspraktyke
vir Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Dui aan of ELK van die stellings hieronder 'n STEDELIKE of 'n LANDELIKE
nedersetting beskryf. Skryf slegs STEDELIK of LANDELIK langs die
vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Enkelfunksionele nedersetting
3.1.2 Sluit dorpe, stede, 'n metropool en 'n megalopolis in
3.1.3 Geassosieer met sekondêre, tersiêre en kwaternêre aktiwiteite
3.1.4 Sluit plaasopstalle, gehuggies en boeredorpies in
3.1.5 Toon 'n verspreide nedersettingspatroon
3.1.6 Het 'n verskeidenheid funksies, soos winkels, skole en
aanbiddingsplekke
3.1.7 Gekenmerk deur primêre ekonomiese aktiwiteite
3.1.8 Vervul die rol van 'n sentrale plek (8 x 1) (8)
3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 en pas die tipes nywerhede in die diagram by die
stellings hieronder.
3.2.1 Nywerhede wat bederfbare produkte vervaardig
3.2.2 Nywerhede wat enige plek geleë kan wees en nie deur die ligging van
markte of grondstowwe beperk word nie
3.2.3 Nywerhede wat enige plek geleë kan wees en nie deur faktore soos
hulpbronne of vervoer beïnvloed word nie
3.2.4 Nywerhede wat swaar grondstowwe verwerk
3.2.5 Nywerhede wat aan die buitewyke van beboude gebiede geleë is as
gevolg van geraas- en lugbesoedeling
3.2.6 Nywerhede wat tussen die grondstofbron en die mark (klante)
geleë is
3.2.7 Nywerhede wat klein gebiede beslaan en wat in die stadskern geleë
kan wees (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n satellietbeeld van 'n landelike nedersetting
toon wat op die binnelandse plato in Suid-Afrika geleë is.
3.3.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3. (1 x 1) (1)
3.3.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1. (1 x 2) (2)
3.3.3 Waarom word hierdie tipe nedersettingspatroon met grootskaalse
boerdery geassosieer? (1 x 2) (2)
3.3.4 Waarom maak hierdie tipe nedersettingspatroon boere kwesbaar vir
plaasaanvalle? (1 x 2) (2)
3.3.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die moontlike
faktore wat die ligging van hierdie nedersetting kon beïnvloed het.
(4 x 2) (8)
3.4 FIGUUR 3.4 toon data oor grondrestitusie in die verskillende provinsies in
Suid-Afrika.
3.4.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1) (1)
3.4.2 Gee die totale getal grondeise wat tot op hede gemaak is. (1 x 1) (1)
3.4.3 Watter provinsie het tot dusver die grootste hoeveelheid grond vir
grondrestitusie toegeken? (1 x 1) (1)
3.4.4 Lewer kommentaar op die totale grondkoste in verhouding tot die
totale hoeveelheid wat vir die grondrestitusieproses toegestaan is.
(1 x 2) (2)
3.4.5 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.4.4. (2 x 2) (4)
3.4.6 Verduidelik die belangrike rol wat grondrestitusie in die sosiale
regsproses in 'n demokratiese Suid-Afrika speel. (3 x 2) (6)
3.5 FIGUUR 3.5 is 'n artikel oor informele handel in Suid-Afrika.
3.5.1 Noem TWEE algemene kenmerke van informele handel wat in die
foto sigbaar is. (2 x 1) (2)
3.5.2 Gee 'n rede waarom die bydrae van die informele sektor tot die BBP
'n geskatte 29% is. (1 x 2) (2)
3.5.3 Waarom het klein ondernemings nie effektiewe sakemodelle
en uitbreidingstrategieë soos wat in die artikel genoem word nie?
(2 x 2) (4)
3.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die voordele en
nadele van informele handel op die Suid-Afrikaanse ekonomie te
verduidelik. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 oor voedselonsekerheid.
3.6.1 Wat is voedselonsekerheid? (1 x 1) (1)
3.6.2 Waarom, volgens die artikel, kom die meeste mense wat aan
voedselonsekerheid ly, uit Asië en Afrika? (1 x 1) (1)
3.6.3 Verduidelik waarom kleinboere in Asië en Afrika ekonomies
kwesbaar is. (1 x 2) (2)
3.6.4 Bespreek TWEE kenmerke van bestaansboere wat hulle kwesbaar
maak. (2 x 2) (4)
3.6.5 Gee oplossings om die probleem van globale hongersnood te
verminder. (3 x 2) (6)
[75]
VRAAG 4
4.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Toename in die getal mense wat in A stedelike morfologie
stedelike gebiede woon
B ongebreidelde/
4.1.2 Sone aan die buitewyke van die onplanmatige stedelike
stad waar stedelike en landelike uitbreiding
funksies met mekaar vermeng
C landelik-stedelike
4.1.3 Veroudering en agteruitgang van oorgangsone
geboue in die stadskern
D stedelike profiel
4.1.4 Vormlose uitbreiding van stedelike
gebiede na die omliggende E stedelike groei
landelike gebied
F stedelike verval
4.1.5 Interne struktuur van 'n stedelike
gebied G stedelike uitbreiding
4.1.6 Stelsel waarvolgens nedersettings H stedelike hiërargie
volgens grootte en funksies in 'n
rangorde geplaas word
4.1.7 Toename in die grootte van
stedelike gebiede
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 D.
4.2.1 Die hoë-tegnologiesektor van die ekonomie wat met navorsing en
ontwikkeling verband hou:
A Primêre
B Sekondêre
C Tersiêre
D Kwaternêre
4.2.2 'n Ekonomiese aktiwiteit wat met vervoer, die bankwese en ander
dienste geassosieer word:
A Kwaternêre
B Tersiêre
C Sekondêre
D Primêre
4.2.3 'n Term wat goedere beskryf wat hoofsaaklik vervaardig word om
aan ander lande te verkoop:
A Tuismark
B Invoermark
C Uitvoermark
D Streeksmark
4.2.4 Totale waarde van produkte en dienste wat in een jaar in 'n land
vervaardig word:
A Bruto nasionale produk
B Bruto geografiese produk
C Bruto binnelandse produk
D Bruto provinsiale produk
4.2.5 Die kleinste kernnywerheidsgebied wat die meeste tot die jaarlikse
BBP van Suid-Afrika bydra:
A PWV-Gauteng
B Durban-Pinetown
C Port Elizabeth-Uitenhage
D Suidwes-Kaap
4.2.6 Die agglomerasie van nywerhede in 'n paar kerngebiede:
A Nywerheidsdesentralisasie
B Ruimtelike ekonomiese sones
C Nywerheidsontwikkelingsones
D Nywerheidsentralisasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.2.7 Die verwerking van grondstowwe om hulle waarde te verhoog:
A Primêre aktiwiteite
B Sekondêre aktiwiteite
C Tersiêre aktiwiteite
D Kwaternêre aktiwiteite
4.2.8 Die kernnywerheidsgebied waar die diepste hawe in Suid-Afrika
onlangs voltooi is:
A PWV-Gauteng
B Durban-Pinetown
C Suidwes-Kaap
D Port Elizabeth-Uitenhage (8 x 1) (8)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3, 'n uittreksel oor landelik-stedelike migrasie.
4.3.1 Wat is landelik-stedelike migrasie? (1 x 1) (1)
4.3.2 Die uittreksel impliseer 'hoop' uit landelik-stedelike migrasie. Wat
verwag die migrante in die stedelike gebiede? (1 x 2) (2)
4.3.3 Verduidelik waarom landelik-stedelike migrasie nie altyd tot 'n
verbetering in lewenstandaard van landelike migrante lei nie. (2 x 2) (4)
4.3.4 Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe
uitwerking van landelik-stedelike migrasie op stede. (4 x 2) (8)
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op die stedelike profiel gebaseer is.
4.4.1 Wat beeld 'n stedelike profiel uit? (1 x 1) (1)
4.4.2 Gee 'n rede vir die gebouedigtheid in die SSK. (1 x 2) (2)
4.4.3 Waarom word daar dikwels na die oorgangsone as die vervalsone
verwys? (1 x 2) (2)
4.4.4 Bespreek TWEE probleme in die SSK wat tot die massa-uitstroming
(verlaat) van kommersiële funksies gelei het. (2 x 2) (4)
4.4.5 Evalueer die invloed wat hierdie uitstroming van funksies op die
SSK se status gehad het. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.5 Lees die artikel in FIGUUR 4.5 wat op die kwynende mynbousektor in
Suid-Afrika gebaseer is.
4.5.1 Haal uit die artikel aan waarom Suid-Afrika se mynbousektor 'in die
moeilikheid' is. (1 x 1) (1)
4.5.2 Watter persentasie van die bruto binnelandse produk dra mynbou
tot die Suid-Afrikaanse ekonomie by? (1 x 1) (1)
4.5.3 Watter sektore van die ekonomie, volgens die artikel, dink die
regering moet ontwikkel word om Suid-Afrika se ekonomie te laat
groei? (1 x 2) (2)
4.5.4 Verduidelik kortliks waarom die 'onlangse verswakking in die
metaalnywerheid en die afname in China se vraag' 'n negatiewe
uitwerking op die Suid-Afrikaanse mynbousektor gehad het. (2 x 2) (4)
4.5.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls faktore wat tot die
onstabiliteit in Suid-Afrika se mynbousektor bygedra het. (4 x 2) (8)
4.6 Bestudeer die kaart in FIGUUR 4.6 wat die ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
in Suid-Afrika toon.
4.6.1 Wat is 'n ruimtelike-ontwikkelingsinisiatief (ROI)? (1 x 1) (1)
4.6.2 Noem 'n Suider-Afrikaanse land in die diagram wat deel het aan
of met Suid-Afrika aan die Maputo-ontwikkelingskorridor-ROI
saamwerk. (1 x 1) (1)
4.6.3 Gee EEN rede waarom die Wildekus gekies is om as 'n ROI
ontwikkel te word. (1 x 2) (2)
4.6.4 Bespreek TWEE maniere waarop die ontwikkeling van die Maputo-
ontwikkelingskorridor-ROI toerisme sal bevoordeel. (2 x 2) (4)
4.6.5 Verduidelik hoe die Maputo-ontwikkelingskorridor en die Wildekus-
ROI die omliggende plaaslike gemeenskappe bevoordeel het. (3 x 2) (6)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Eng)

Memorandum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2017 Question Paper

Addendum
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum