Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V2
FEBRUARIE/MAART 2017
MEMORANDUM
PUNTE: 75
Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)



%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 514.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Geomorphology
- Question 1.2Geomorphology
- Question 1.3Geomorphology
- Question 1.4Rural and urban settlements
- Question 1.5Rural and urban settlements
- Question 1.6Geomorphology
Show all 20 questions
- Question 1.7Geomorphology
- Question 1.8Geomorphology
- Question 1.9Geomorphology
- Question 1.10Geomorphology
- Question 1.11Geomorphology
- Question 1.12Geomorphology
- Question 1.13Rural and urban settlements
- Question 1.14Geomorphology
- Question 1.15Geomorphology15 marks
- Question 3.1Geomorphology7 marks
- Question 3.2Geomorphology2 marks
- Question 3.3Geomorphology4 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements5 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
BRONMATERIAAL
1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2729BD VOLKSRUST.
2. Ortofotokaart 2729 BD 13 VOLKSRUST
3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
voorblad.
2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.
3. Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2729BD VOLKSRUST) en 'n
ortofotokaart (2729 BD 13 VOLKSRUST) van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied voorsien.
4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
losmaak NIE.
6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
hiervoor toegeken word.
7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
topografiese kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Aerodrome Vliegveld
Diggings Uitgrawings
Furrow Voor
Golf Course Gholfbaan
Rifle Range Skietbaan
River Rivier
Sawmills Saagmeule
Sewerage Works Rioolwerke
Silos Graansuiers
Weir Stuwal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
ALGEMENE INLIGTING OOR VOLKSRUST
Volksrust is 'n dorp in Mpumalanga op die grens van KwaZulu-Natal. Dit is 240 km
suidoos van Johannesburg geleë. Die dorp het belangrike beesvleis-, melk-, mielie-,
sorghum-, wol- en sonneblomsaadnywerhede. Volksrust het 'n gemiddelde jaarlikse
reënval van 648 mm, met die laagste reënval (1 mm) in Julie en die hoogste reënval
(117 mm) in Januarie. Die meeste reën val in die somer. Die gemiddelde
middagtemperatuur vir Volksrust wissel van 15,9 °C in Junie tot 24,3 °C in Januarie.
Junie is die koudste tydperk, wanneer die kwik snags tot 'n gemiddeld van 0,5 °C kan
daal.
[Bron: Eksaminator se kaart]
FIGUUR 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2729BD VOLKSRUST) en
op die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.
1.1 Volksrust is in … geleë.
A die Vrystaat
B KwaZulu-Natal
C Gauteng
D Mpumalanga D
1.2 Die foto-indeks/-kode van die ortofotokaart noordwes van
2729 BD 13 VOLKSRUST is …
A 2729 BD 9.
B 2729 BD 8.
C 2729 BD 7.
D 2729 BD 12.
C
1.3 Die rigting van punthoogte 1634 in blok H6 vanaf punthoogte 1671 in blok H7
op die topografiese kaart is …
A suid-suidwes.
B suidwes.
C wes-suidwes.
D wes.
C
1.4 Volksrust is 'n …
A konurbasie.
B dorp.
C metropool.
D megalopolis.
B
1.5 Volksrust kan as 'n … beskou word.
A gespesialiseerde dorp
B sentraleplek-dorp
C
D
mynbougebied
slaapdorp
B
1.6 Die verskynsel wat by 27°20.2'S 29°54.4'O/27°20'12''S 29°54'24''O aangetref
word, is 'n …
A ander pad.
B dam.
C
D
ry bome.
uitgrawing.
B
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.7 Die hoogte by X in blok F8 op die topografiese kaart is … meter.
A 1 720
B 1 740
C
D
1 700
1 760
C
1.8 Die verskynsel in blok B3 wat spesifiek ontwikkel is om die vloei van water in
die rivier te beheer, is 'n …
A opgaardam.
B reservoir.
C windpomp.
D stuwal.
D
1.9 Die … by W in blok J5 dui daarop dat verjonging plaasgevind het.
A rivierterras
B ingekerfde rivierkronkel
C knakpunt
D windsaal
B
1.10 Die algemene vloeirigting van die Buffelsrivier in blok J5:
A Noord
B Noord-noordoos
C Oos-suidoos
D Suid-suidoos
D
1.11 Die mensgemaakte verskynsel by 7 op die ortofotokaart:
A Park
B Gholfbaan
C Begraafplaas
D Skool
B
1.12 Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart:
A Dam
B Waterwerke
C Reservoir
D Rioolwerke
D
1.13 In watter stedelike grondgebruiksone word die mensgemaakte verskynsel by
2 op die ortofotokaart aangetref?
A Oorgangsone
B Landelik-stedelike oorgangsone
C Lae-inkomste residensiële gebied
D Swaarnywerheidsgebied
B
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
1.14 Die reguitlyn-afstand tussen 4 en 9 op die ortofotokaart is … kilometer.
A 1,32
B 6,6
C 1,4
D 7
A
1.15 Verskynsel 11 op die ortofotokaart kan as bome geïdentifiseer word op grond
van die …
A gladde voorkoms.
B growwe tekstuur.
C grys kleur.
D onreëlmatige vorm.
B
(15 x 1) [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE
2.1 Verwys na die gemiddelde magnetiese deklinasie/afwyking op die
topografiese kaart en beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Bereken die huidige magnetiese deklinasie/afwyking vir Volksrust.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Verskil in jare = 2017 – 2010
= 7 jaar
Gemiddelde jaarlikse verandering = 3'W [MOET W aandui]
Totale verandering = 7 x 3'W
= 21'W
Magnetiese deklinasie vir 2017 = 20o37'W + 21'W
= 20o58'W (5 x 1) (5)
2.1.2 Noem die invloed wat die verandering in magnetiese
deklinasie/afwyking vanaf 2010 tot 2017 op die rigting van die
magnetiese noord en die hoek tussen ware noord en magnetiese
noord sal hê.
Rigting: Magnetiese noord sal weswaarts beweeg
Hoek: Die hoek tussen ware noord en magnetiese noord sal
Vergroot/groter word (2 x 1) (2)
2.2 Verwys na punt 1 en 10 op die ortofotokaart.
2.2.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt 1 en 10 op die
ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
toegeken word.
vertikale interval (VI)
Formule: Gradiënt =
horisontale ekwivalent (HE)
VI = 1725.7m – 1680 = 45.7m
HE = 2.2cm (2.1cm - 2.3cm) x 100m = 220m
(Speling: 210 m tot 230 m)
Gradiënt = 45.7
(Ken punte toe vir korrekte vervanging)
220
= 45.7
45.7 Indien dié omskakelingsberekening nie getoon
word nie, kan die puntetoekenning gegee word
220 waar die korrekte vervanging gegee word.
45.7
= 1
4.8
= 1 : 4.8 / 1 in 4.8
(Speling: 1 : 4.59/4.6 tot 1 : 5) (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
2.2.2 Is die gemiddelde gradiënt tussen punt 1 en 10 steil of geleidelik?
Ondersteun jou antwoord met bewyse vanaf die ortofotokaart.
Steil
Die kontoerlyne op die ortofotokaart is naby aan mekaar (1 + 1) (2)
2.3 Verwys na die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is en
wat die gebied voorstel wat deur die ortofotokaart gedek word.
2.3.1 Bereken die oppervlakte van die afgebakende gebied in km². Toon
ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Formule: Oppervlakte = lengte x breedte
Lengte = 10.3 cm x 0,5 = 5.15 km Speling: 5.1 km tot 5.2 km
(10.2 cm - 10.4 cm)
Breedte = 9.9 cm x 0,5 = 4,95 km Speling: 4.9 km tot 5.0 km
(9.8 cm - 10.0 cm)
= 5.15 km x 4.95 km
= 25.49 km² Speling: 24.99 km² tot
26.00 km²
[Aanvaar ander formules om lengte en breedte te bereken) (5 x 1) (5)
2.3.2 Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is,
stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
Waarom lyk die verskynsels op die ortofotokaart groter as dieselfde
verskynsels op die topografiese kaart?
Die skaal van die ortofotokaart is groter
Die skaal van die topografiese kaart is kleiner
Die skaal van die ortofotokaart is 1 : 10 000 en die skaal van die
topografiese kaart is 1 : 50 000
Die skaal van die ortofotokaart is vyf keer groter as dié van die
topografiese kaart
Die skaal van die topografiese kaart is vuf keer kleiner as dié van
die ortofotokaart
(Enige EEN) (1 x 1) (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.1 Verwys na blok B2.
3.1.1 Wat is die doel van die voorbrand in blok B2?
Om die verspreiding van veldbrande te verminder/verhoed
Om die bewerkte lande/gebied teen veldbrade te beskerm
(Enige EEN) (1 x 1) (1)
3.1.2 Verduidelik waarom hierdie voorbrande veral in Julie nodig is.
Volksrust ontvang die laagste reënval in Julie
Volksrust ontvang 1 mm of reënval in Julie
Volksrust is baie droog in Julie
Groter kanse vir veldbrande
Die gebied kan warm droë bergwinde ervaar wat die kans van
veldbrande vergroot
Die grond is droog en het gebrekkige vogtigheid
Plantegroei is droog en kan maklik brand
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.1.3 Identifiseer 'n mensgemaakte dreineerverskynsel in blok B2 wat
gebruik kan word om brande te blus.
Damme (1 x 1) (1)
3.1.4 Identifiseer die ekonomiese sektor wat die meeste deur veldbrande
in blok B2 beïnvloed sal word. Gee 'n rede vanaf die topografiese
kaart om jou antwoord te ondersteun.
Ekonomiese sektor: Primêre ekonomiese sektor
Die grootste aktiwiteit in blok B2 is
Rede: gewasboerdery/-verbouing/bewerkte
landerye (1 + 2) (3)
3.2 Verwys na blok D8 en H5 op die topografiese kaart. Gee 'n rede waarom daar
'n moeras en vleiland in blok D8, maar nie in blok H5 nie voorkom.
Die gradiënt is geleidelik (geleik grond) in D8 wat tot meer infiltrasie lei en die
kanse is dus groter dat 'n moeras en vleiland kan vorm
Die gradiënt is steil in H5 wat tot meer afloop aanleiding gee en die kanse is
minder vir 'n moeras en vleiland om te ontwikkel
(Klei-) grond het swak dreinering in D8 wat maklik versadig raak
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.3 Verwys na blok D8 en D9 wat 'n moeras en vleiland en bewerkte grond toon.
3.3.1 Verduidelik hoe die moeras en vleiland die ligging van die bewerkte
grond beïnvloed het.
WEG VAN
Die bewerkte lande is ver van die moeras en vleiland geleë
Die bewerkte landerye is rondom die moeras en vleiland geleë
NABY AAN
Langs die moeras en vleiland geleë
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.3.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.
WEG VAN
(Klei-) grond mag ontwikkel wat daartoe lei dat die grond
ondeurlatend word
Swaar reënval kan veroorsaak dat die moeras en vleiland groter
word en die bewerkte landerye langs dit oorstroom
Grond is oorversadig en kannie bewerk word nie
NABY AAN
Water toeganklik vir besproeiing
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.4 Verwys na die Volksrust stedelike gebied op die topografiese en ortofotokaart.
3.4.1 Die Burgess konsentriese model en die Hoyt-sektormodel is twee
voorbeelde van stedelike struktuurmodelle. Watter EEN van dié
twee modelle vergelyk die beste met die Volksrust stedelike
gebied?
Hoyt-sektormodel (1 x 1) (1)
3.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.
Die dorp het in sektore langs die vervoerroetes ontwikkel/hoofpaaie
en spoorlyne
Die lae-inkomstesektor is langs die (swaar-) nywerheidsektor geleë
Die hoë-inkomstesektor is 'n afstand vanaf die lae-inkomstesektor/
(swaar-) nywerheidsektor geleë
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.4.3 Stedelike uitbreiding van die Volksrust stedelike gebied word in 'n
suidelike rigting beperk, al is daar genoeg ruimte daarvoor. Wat is
die hoofrede hiervoor?
Die provinsiale grens in die suide sal die uitbreiding van Volksrust
beperk (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
3.5 Mielies is een van die landbouprodukte waarmee in die Volksrust-gebied
geboer word.
3.5.1 Verwys na die inligting op bladsy 3 en sê hoe die verspreiding van
reënval deur die jaar die mieliebedryf in die Volksrust-gebied
bevorder.
Volksrust het 'n goeie reënvalseisoen in die somer wat ooreenstem
met die planttyd van mielies
Min reënval in die winter gee tyd vir mielies om uit te droog
Hoë gemiddelde reënval van 648 mm
(Enige EEN) (1 x 1) (1)
3.5.2 Noem EEN ekonomiese geregtigheid (voordeel) wat die
mieliebedryf vir die inwoners van Volksrust geskep het.
Dit skep werk
Dit verhoog die BBP per kapita
Dit bring meer beleggings na Volksrust toe
Dit verbeter die infratruktuur/vervoernetwerke
Belastingsgeld wat gehef word, word gebruik om dienste te
verbeter
Verskaf grondstowwe vir sekondêre nywerhede/Moedig
nywerheidsgroei aan
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.5.3 Beskryf 'n omgewingsongeregtigheid (skade aan die natuurlike
omgewing) wat deur mielieboerdery veroorsaak word.
Natuurlike plantegroei word verwyder (ontbossing) om plek te
maak vir mielies
Dit behels enkelgewasverbouing wat tot gronderosie kan lei
Voedselwebb/ikettingse word vernietig
Die natuurlike habitat van fauna/diere word vernietig
Verminder biodiversiteit
Besmetting van grondwater deur insek- en plantdoders
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
3.5.4 Verduidelik 'n maatreël wat die regering kan instel om
mielieboerdery in die boomlandskap-gebied in blok C2 te voorkom.
Boslandskap kan as beskermde gebied verklaar word en dit sal
verhoed dat mielieboerdery plaasvind
Bufferskepping deur ˈn heining rondom die boomlandskap te span
Wetgewing om die boslandskap te beskermr
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
4.1 Verwys na die beeld hieronder.
4.1.1 Watter GIS-metode is deur die satelliet hierbo gebruik om inligting
in te samel?
Afstandswaarneming (1 x 1) (1)
4.1.2 Data wat deur 'n satelliet ingesamel word, is nie altyd
gebruikersvriendelik nie. Watter GIS-proses word gebruik om te
verseker dat data deur alle mense gebruik kan word?
Datastandaardisering
Dataprosessering
Datamanipulasie
(Enige EEN) (1 x 1) (1)
4.1.3 Beelde van die satelliet is gebruik om die topografiese kaart saam
te stel. Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse topografiese kaarte
gestandaardiseer word.
Die simbole wat op die topografiese kaarte gebruik word is
standaard/dieselfde
'n Skaal van 1 : 50 000 word op alle Suid-Afrikaanse topografiese
kaarte gebruik
Alle Suid-Afrikaanse topografiese kaarte gebruik die Gaus
Konforme Projeksie
Die kontoerintervalle is altyd 20 m
Die velindeks is dieselfde
Lynskaal word op alle kaarte aangedui
Magnetiese deklinasie vir die kaart word altyd gegee
Die gebruik van alfanumeriese ruitblokke
(Enige TWEE) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
4.2 Beantwoord VRAAG 4.2.1 in die blokkies hieronder.
DREINEERLAAG GRONDGEBRUIKLAAG
Dam
Uitgrawing
(Enige EEN lynverskynsel) (Enige EEN poligoonverskynsel)
4.2.1 Teken EEN voorbeeld van die volgende lae in blok G8 in die
blokkies hierbo. Gebruik die korrekte konvensionele tekens
(kaarttekens).
(a) Dreineerlaag as 'n lynverskynsel
(b) Grondgebruik as 'n poligoon- of oppervlakteverskynsel. (2 x 1) (2)
4.2.2 Identifiseer EEN attribuut van die dreineerlaag in blok G8.
Naam van die stroom/rivier (is Slangrivier)
Aantal sytakke wat by die stroom/rivier aansluit (5 sytakke sluit
aan)
Is die stroom/rivier standhoudend of nie (Hoofstroom is
standhoudend en sytakke is standhoudend en nie-standhoudend)
Stroom kronkel
Die topografie waaroor die stroom/rivier vloei (is geleidelik)
Die lengte en breedte van die stroom/rivier (lengte van stroom
ongeveer 2 200 m)
Die stroomorde van die stroom/rivier
Vloeirigting (algemene vloeirigting W/SW )
(Enige EEN) (1 x 1) (1)
4.2.3 Noem EEN voordeel van enkel-datalaagkaarte.
Dit kan gebruik word om tematiese kaarte te ontwikkel
Dit maak dit makliker vir spesifieke gebruike, bv. 'n kaart wat net
paaie aantoon maak dit makliker om te interpreteer vir
reisdoeleindes
Om enige vrae wat spesifieke probleme aanspreek op te los
Minder verwarring, want daar is minder detail
(Enige EEN) (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS – Memorandum
4.3 Die dorp se stads- en streeksbeplanner wil die gholfbaan (7 op die
ortofotokaart) uitbrei. Hoe kan hy/sy GIS gebruik om op die geskikste gebied
vir die ontwikkeling te besluit?
Die persoon kan die topografie van verskillende gebiede vergelyk om die
geskikste topografie te kies
Die persoon kan die grondvrugbaarheid van verskillende gebiede vergelyk
Die persoon kan na die dreinering van verskillende gebiede kyk/Water vir
uitbreiding
Kan bepaal watter invloed die ontwikkeling op werksgeleenthede mag hê
Kan die toeganklikheid/verkeersroetes tot die nuut-beplande ontwikkeling
bepaal
Die persoon kan die huidige estetiese aanslag van die gebiede wat moontlik
ontwikkel kan word, bepaal
(Enige TWEE) (2 x 2) (4)
[15]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Eng)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum