Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2014
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)





View all
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)

Geography P1 Nov 2014 Afr_hlayiso.com_.pdf
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 12
- File size
- 373.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
7. OMKRING die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad van die
ANTWOORDEBOEK.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 wat op ʹn dwarsdeursnee van ʹn tropiese sikloon
gebaseer is en beantwoord die vrae wat volg.
1.1.1 Benoem wolktipe A.
1.1.2 Watter naam word aan gebied B in die tropiese sikloon gegee?
1.1.3 Is die lugdruk hoog of laag in gebied B?
1.1.4 In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone in die Suidelike
Halfrond?
1.1.5 Noem die neerslag wat met wolktipe A geassosieer word.
1.1.6 Noem die lugbeweging in gebied B.
1.1.7 Konvergeer of divergeer die lug in gebied C?
1.1.8 Watter naam word aan die stadium van ontwikkeling gegee
wanneer 'n tropiese sikloon oor land beweeg? (8 x 1) (8)
1.2 Verwys na die dreineerbekken in FIGUUR 1.2 en beantwoord die vrae wat
volg.
1.2.1 Benoem die dreineringspatroon wat in die diagram getoon word.
1.2.2 Teen watter hoek sluit die sytakke by die hoofstroom aan?
1.2.3 Dui aan of hierdie dreineringspatroon geassosieer word met
'n oppervlak wat eenvormig of verskillend in weerstand teen erosie
is.
1.2.4 Is die dominante proses by A op die skets erosie of afsetting?
1.2.5 Noem die stroomorde by punt A.
1.2.6 Is gebied B ʹn interfluviale rif of ʹn waterskeiding?
1.2.7 Is die afloop van die rivier groter by A of by C? (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2014
NSS
1.3 Bestudeer die skets in FIGUUR 1.3 wat ʹn temperatuurinversie in ʹn vallei toon
en beantwoord die vrae wat volg.
1.3.1 Definieer die begrip temperatuurinversie wat deur B en C aangedui
word. (1 x 1) (1)
1.3.2 Benoem die wind by A. (1 x 1) (1)
1.3.3 Verduidelik waarom die wind in VRAAG 1.3.2 oor die algemeen
snags in valleie voorkom. (1 x 2) (2)
1.3.4 Verduidelik waarom stralingsmis waarskynlik snags in die vallei sal
voorkom. (2 x 2) (4)
1.3.5 Evalueer die waarskynlike impak van die wind by A op landbou en
nedersettings op die valleibodem in ʹn paragraaf van ongeveer
AGT reëls. (4 x 2) (8)
1.4 FIGUUR 1.4 toon bergwindtoestande.
1.4.1 Benoem hoogdruksel A. (1 x 1) (1)
1.4.2 In watter seisoen kom bergwinde algemeen voor? (1 x 1) (1)
1.4.3 Verwys na die diagram en noem TWEE toestande waaronder
bergwinde ontstaan. (2 x 2) (4)
1.4.4 Gee EEN rede vir die temperatuurverandering van bergwinde
wanneer dit van die binneland (A) na die kus (B) waai. (1 x 2) (2)
1.4.5 Verwys na die weerstasie by C en gee EEN rede vir die wolklose
toestande. (1 x 2) (2)
1.4.6 Waarom word bergwinde in die winter met veldbrande
geassosieer? (2 x 2) (4)
1.5 FIGUUR 1.5 toon 'n lengteprofiel van ʹn rivier.
1.5.1 Verduidelik die begrip lengteprofiel. (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem ʹn tydelike erosiebasisvlak wat in die skets sigbaar is. (1 x 1) (1)
1.5.3 Teken 'n benoemde vryhandskets van ʹn gegradeerde
lengteprofiel. (1 x 3) (3)
1.5.4 Noem EEN kenmerk van die rivierbedding van ʹn gegradeerde
rivier. (1 x 2) (2)
1.5.5 In ʹn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die prosesse
wat die profiel in FIGUUR 1.5 moet ondergaan om van ʹn
ongegradeerde na ʹn gegradeerde profiel te verander. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2014
NSS
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n oewerwal toon.
1.6.1 Identifiseer die fluviale landvorm waarop gewasse verbou word.
(1 x 1) (1)
1.6.2 Waarom sal die landvorm in VRAAG 1.6.1 meer waarskynlik in die
benedeloop oorstroom? (2 x 2) (4)
1.6.3 Identifiseer die natuurlike verskynsel A wat gewasse teen
oorstroming beskerm. (1 x 2) (2)
1.6.4 Beskryf kortliks die vorming van die natuurlike verskynsel in
VRAAG 1.6.3. (2 x 2) (4)
1.6.5 Bespreek die negatiewe invloede op die boer indien die rivier deur
verskynsel A sou breek. (2 x 2) (4)
[75]
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat twee kuslaagdrukselle, A en B, toon. Kies EEN
begrip tussen hakies om elk van die volgende stellings WAAR te maak:
2.1.1 Lugsirkulasie in lugdrukselle A en B is (kloksgewys/
antikloksgewys).
2.1.2 Lug (konvergeer/divergeer) by lugdruksel A en B.
2.1.3 Lugdruksel A sal ʹn (laer/hoër) voginhoud as lugdruksel B hê.
2.1.4 Lugdruksel A word met (mis/motreën) geassosieer.
2.1.5 Die lugdruk by B sal (laer/hoër) as by A wees.
2.1.6 Plek M sal binnekort deur weerstelsel (A/B) beïnvloed word.
2.1.7 Plek (K/Q) sal bergwinde ervaar. (7 x 1) (7)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat riviervloeipatrone aantoon. Dui aan of elk van die
volgende stellings na turbulente of laminêre vloei in 'n rivier verwys. Jy mag
dieselfde antwoord vir meer as een vraag gebruik.
2.2.1 Word geassosieer met ʹn rivierbedding wat gelyk en glad is
2.2.2 Word met ʹn onreëlmatige en malende vloei geassosieer
2.2.3 Erodeer en vervoer sediment doeltreffend
2.2.4 Kom algemeen in die boloop van ʹn rivier voor
2.2.5 Water vloei in dun lagies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2014
NSS
2.2.6 Word met ʹn hoër stroomsnelheid geassosieer
2.2.7 Kom voor waar stroomversnellings in die rivierloop sigbaar is
2.2.8 Het ʹn groter stroomvragdrakapasiteit (8 x 1) (8)
2.3 Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae
wat volg.
2.3.1 Gee die begrip wat die aaneengeskakelde middelbreedtesiklone op
die sinoptiese weerkaart beskryf. (1 x 1) (1)
2.3.2 Verwys na middelbreedtesikloon A.
(a) Teken ʹn benoemde dwarsdeursnee van front E. (4 x 1) (4)
(b) Beskryf EEN weersverandering wat met die oorbeweeg van
front E geassosieer word. (1 x 2) (2)
2.3.3 Verwys na die weerstasie by Windhoek (B). In ʹn paragraaf van
ongeveer AGT reëls, beskryf en gee redes vir enige TWEE
weerstoestande wat by die weerstasie aangeteken is. (4 x 2) (8)
2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4 wat ʹn hitte-eiland oor ʹn Suid-Afrikaanse stad toon.
2.4.1 Wat word die lyne wat temperatuurlesings oor die stad aantoon,
genoem? (1 x 1) (1)
2.4.2 Wat is die temperatuurverskil tussen die SSK en die landelike
gebied? (1 x 2) (2)
2.4.3 Hoe dra hoë geboue daartoe by dat die SSK ʹn hoër temperatuur
het? (1 x 2) (2)
2.4.4 Stel TWEE moontlike redes voor waarom die temperatuurlyne wat
in VRAAG 2.4.1 genoem is, nie rond/sirkelvormig is nie. (2 x 2) (4)
2.4.5 Elke stelling hieronder beskryf ʹn tipiese stedelike mikroklimaat.
Gee ʹn rede waarom elk van hierdie toestande in ʹn stedelike
gebied ervaar word.
(a) Relatiewe humiditeit is laer oor die stad as oor die
omliggende landelike gebied. (1 x 2) (2)
(b) Die stad het meer dae waarop neerslag voorkom as die
omliggende landelike gebied. (1 x 2) (2)
(c) Windspoed is sterker in die SSK as in die omliggende
landelike gebied. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2014
NSS
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 en lees die navorsingsartikel oor die verbetering van
waterproduktiwiteit.
2.5.1 Gee die betekenis van die begrip waterhulpbronbestuur. (1 x 1) (1)
2.5.2 Noem EEN nedersetting in die artikel wat ʹn negatiewe impak op
die Bo-Modderrivier het. (1 x 1) (1)
2.5.3 Noem TWEE maniere waarop mense met die waterproduktiwiteit
van die Bo-Modderrivier inmeng. (2 x 1) (2)
2.5.4 Noem TWEE faktore wat die hoë waterafloop veroorsaak. (2 x 2)
(4)
2.5.5 In ʹn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
inmenging van mense langs ʹn rivier diegene wat verder stroomaf
woon, beïnvloed. (4 x 2) (8)
2.6 FIGUUR 2.6 illustreer die konsep van rivierverjonging.
2.6.1 Definieer die begrip rivierverjonging. (1 x 1) (1)
2.6.2 Identifiseer die verskynsel van rivierverjonging wat in die illustrasie
sigbaar is. (1 x 1) (1)
2.6.3 Noem TWEE toestande waaronder rivierverjonging waarskynlik sal
plaasvind. (2 x 2) (4)
2.6.4 Verduidelik hoe die verskynsel in VRAAG 2.6.2 gevorm word.
(2 x 2) (4)
2.6.5 Verduidelik waarom die landskap in FIGUUR 2.6 nie geskik is vir
die ontwikkeling van infrastruktuur nie. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-
AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat twee tipes nedersettings (A en B) aantoon. Pas
die nedersettingstipes A en B by die stellings hieronder.
3.1.1 Hierdie tipe nedersetting is enkelfunksioneel
3.1.2 Word met tersiêre aktiwiteite geassosieer
3.1.3 Die kleinste van al die nedersettingstipes
3.1.4 Hierdie nedersettings is altyd kernagtig
3.1.5 Hierdie nedersetting het 'n verspreide patroon
3.1.6 'n Oorkonsentrasie van aktiwiteite
3.1.7 'n Metropool is 'n voorbeeld van hierdie tipe nedersetting
3.1.8 'n Voorbeeld van 'n sentrale plek (8 x 1) (8)
3.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.2.1–3.2.7) neer.
3.2.1 In watter EEN van die volgende ekonomiese sektore word
grondstowwe uit die natuur ontgin?
A Primêr
B Sekondêr
C Kwaternêr
D Tersiêr
3.2.2 'n Begrip wat die beweging van nywerhede uit 'n kerngebied
beskryf:
A Nasionalisering
B Agglomerasie
C Desentralisasie
D Sentralisasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2014
NSS
3.2.3 Watter EEN van die volgende kernnywerheidsgebiede is in die
binneland geleë?
A Suidwes-Kaap
B PWV
C Port Elizabeth-Uitenhage
D Durban-Pinetown
3.2.4 Faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevoordeel:
A Geologie, arbeid en beleggings
B Klimaat, afstand en buitelandse afhanklikheid
C Grond, grondeienaarskap en handel
D Klimaat, grond en handel
3.2.5 Tersiêre ekonomiese aktiwiteite staan ook as … nywerhede
bekend.
A onttrekkings-
B diens-
C prosesserings-
D tegnologiese
3.2.6 Navorsing kan as 'n … ekonomiese aktiwiteit geklassifiseer word.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
3.2.7 'n … is 'n voorbeeld van 'n onafhanklike nywerheid.
A Saagmeule
B Motormonteringsaanleg
C Staalnywerheid
D Melkery (7 x 1) (7)
3.3 FIGUUR 3.3 toon 'n verskynsel wat die gevolg is van vinnige verstedeliking in
Suid-Afrikaanse stede.
3.3.1 Identifiseer die verskynsel wat in FIGUUR 3.3 getoon word. (1 x 1) (1)
3.3.2 Noem TWEE boustowwe wat gebruik word om die skuilings/huise
in FIGUUR 3.3 te bou. (2 x 1) (2)
3.3.3 Gee TWEE redes waarom die boustowwe in VRAAG 3.3.2
gebruik is. (2 x 2) (4)
3.3.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls wat die plaaslike
owerhede raad gee oor hoe om lewensomstandighede in hierdie
nedersettings te verbeter. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2014
NSS
3.4 Lees die koerantberig in FIGUUR 3.4 oor die uitdagings wat Suid-Afrikaanse
stadsbeplanners in die gesig staar.
3.4.1 Watter sektor van die bevolking is die meeste deur die gebrek aan
beplanning geraak? (1 x 1) (1)
3.4.2 Gee TWEE redes waarom die sektor van die bevolking in
VRAAG 3.4.1 in terme van vervoer die meeste deur gebrekkige
beplanning geraak word. (2 x 2) (4)
3.4.3 Hoe sal die toename in vervoerkoste huishoudings se begrotings
beïnvloed? (2 x 2) (4)
3.4.4 Stel DRIE maatreëls voor wat stadsbeplanners kan implementeer
(instel) om verkeersopeenhopings tussen mense se woonplekke
en werkplekke te verminder. (3 x 2) (6)
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 wat die bydrae van landbouprodukte tot Suid-Afrika
se ekonomie toon.
3.5.1 Het Suid-Afrika in 2011/2012 meer landbouprodukte ingevoer of
uitgevoer? (1 x 1) (1)
3.5.2 Onder watter ekonomiese sektor val landbouproduksie? (1 x 1) (1)
3.5.3 Met watter persentasie het Suid-Afrika se uitvoere van
landbouprodukte tussen 2010/2011 en 2011/2012 toegeneem?
(1 x 1) (1)
3.5.4 Noem TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse ekonomie van 'n
sterk binnelandse mark in terme van landbouproduksie. (2 x 2) (4)
3.5.5 Stel TWEE maniere voor waarop landbou-aktiwiteite tot die
ontwikkeling van infrastruktuur in Suid-Afrika bydra. (2 x 2) (4)
3.5.6 Evalueer hoe onbetroubare reënval tot voedselonsekerheid bydra.
(2 x 2) (4)
3.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 oor ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe
(ROI'e).
3.6.1 Wat is 'n ruimtelike ontwikkelingsinisiatief (ROI)? (1 x 1) (1)
3.6.2 Bespreek die belangrikheid van ROI'e vir ekonomiese ontwikkeling
in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
3.6.3 Gee EEN rede waarom die infrastruktuur rondom die nuut-
ontwikkelde ROI'e opgegradeer moes word. (1 x 2) (2)
3.6.4 Met verwysing na EEN ROI wat jy bestudeer het, verduidelik in 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe verbeterde infrastruktuur
toerisme ondersteun het en hoe dit tot die opheffing van die
plaaslike gemeenskap gelei het. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer FIGUUR 4.1 wat verskillende nedersettingspatrone toon.
4.1.1 Watter naam word aan nedersetting A gegee wat ver van water af
geleë is omdat water as 'n bedreiging beskou word?
4.1.2 Benoem die nedersettingspatroon by B.
4.1.3 Waarom word nedersetting C 'n kernnedersetting genoem?
4.1.4 Watter bewys dui daarop dat nedersetting D 'n waterpunt-
nedersetting is?
4.1.5 Gee die naam wat aan nedersetting E gegee word.
4.1.6 Identifiseer die faktor wat die vorm van nedersetting F beïnvloed het.
4.1.7 Beskryf die buitelynvorm van nedersetting G. (7 x 1) (7)
4.2 Bestudeer FIGUUR 4.2 wat twee verskillende tipes boerderye in Suid-Afrika
voorstel.
4.2.1 Gee EEN begrip wat die tipe boerdery by A die beste beskryf. (1 x 1) (1)
4.2.2 Gee EEN begrip wat die tipe boerdery by B die beste beskryf. (1 x 1) (1)
4.2.3 Dui aan of ELK van die volgende stellings na boerderytipe A of
boerderytipe B verwys. Jy mag dieselfde antwoord vir meer as een
vraag gebruik.
(a) Gebruik wetenskaplike boerderymetodes
(b) Dra die meeste tot die BBP by
(c) Produseer 'n verskeidenheid gewasse in klein hoeveelhede
(d) Gebruik masjinerie
(e) Beperkte kapitale uitleg
(f) Gemik op die uitvoermark (6 x 1) (6)
4.3 Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.3 oor stedelike probleme en
beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Gee 'n frase uit die uittreksel wat die betekenis van stadsvernuwing
verduidelik. (1 x 1) (1)
4.3.2 Met verwysing na die koerantuittreksel, verduidelik waarom die
middestad van Johannesburg oorbevolk geraak het. (2 x 2) (4)
4.3.3 Stel TWEE redes voor waarom die gehalte en lewering van dienste
aan die Johannesburgse middestad geleidelik verswak. (2 x 2) (4)
4.3.4 Waarna verwys die 'groen longe' in die uittreksel? (1 x 2) (2)
4.3.5 Stel TWEE voordele van 'groen longe' in 'n stad voor. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2014
NSS
4.4 FIGUUR 4.4 is 'n spotprent oor landelik-stedelike migrasie.
4.4.1 Definieer die begrip landelik-stedelike migrasie. (1 x 1) (1)
4.4.2 Gee TWEE stootfaktore wat tot landelik-stedelike migrasie lei.
(2 x 2) (4)
4.4.3 Stel EEN manier voor om te voorkom dat landelike dorpe
'spookdorpe' word. (1 x 2) (2)
4.4.4 Daar is 'n siening dat goeie behuising en werksgeleenthede
trekfaktore na stedelike gebiede is. In 'n paragraaf van ongeveer
AGT reëls, evalueer die mate waarin hierdie stelling
waar is, krities. (4 x 2) (8)
4.5 Suid-Afrika se informele sektor groei teen 'n koers van 7,7%, wat dit die
ekonomiese sektor maak wat die vinnigste groei. Dit het 'n noue verband met
werkloosheid.
4.5.1 Definieer die begrip informele sektor. (1 x 1) (1)
4.5.2 Noem die persentasie waarteen die informele sektor in Suid-Afrika
groei. (1 x 1) (1)
4.5.3 Gee EEN voorbeeld van informele handel. (1 x 1) (1)
4.5.4 Gee 'n moontlike rede waarom daar onlangs so 'n vinnige toename
in die informele sektor in Suid-Afrika is. (1 x 2) (2)
4.5.5 Waarom is mense in die informele sektor huiwerig om vir
handelspermitte aansoek te doen? (1 x 2) (2)
4.5.6 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, berei 'n antwoord deur die
Stadsraad voor waarin jy verduidelik waarom dit nodig is om
handelspermitte te hê. (4 x 2) (8)
4.6 FIGUUR 4.6 beskryf die onstabiliteit by Lonmin se Marikana-myn. Die
onstabiliteit het 'n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se BBP gehad.
4.6.1 Wat het die Marikana-staking veroorsaak? (1 x 1) (1)
4.6.2 Noem TWEE veiligheidsrisiko's waaraan die mynwerkers
blootgestel is. (2 x 1) (2)
4.6.3 Buiten industriële aktiwiteite, bespreek waarom die onstabiliteit by
Lonmin se Marikana-myn negatief op die BBP sal inwerk.
(3 x 2) (6)
4.6.4 Hoe kan die eienaars (Lonmin) van die Marikana-myn
werksomstandighede by die myn verbeter? (3 x 2) (6)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper.pdf

Question paper
Geography-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf
Question paper
Geography P1 May-June 2025 Eng.pdf
Question paper
HARTBEESPOORT DAM1 D FINAL.pdf

Question paper
GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans.pdf

Question paper
GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Geography P1 Nov 2014 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Geography P1 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Geography P1 Nov 2020 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Geography P1 Nov 2020 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Geography P1 Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Geography P1 Nov 2015 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Geography
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Geography-Grade-12-NSC-MEMO-P1-May-June-2025-Free-State.pdf

Memorandum
GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
GEOGRAPHY GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Memorandum