Downloaded from hlayiso.com
TOTALE PUNTE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II
EKSAMENNOMMER
Tyd: 1½ uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Skryf jou eksamennommer in die toepaslike blokkies wat hierbo verskaf is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, 'n topografiesekaartuittreksel, 'n lugfoto en
'n toerustingblad wat op geel papier gedruk is. Maak asseblief seker dat jou
vraestel volledig is.
3. Lees die vrae noukeurig deur.
4. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op die vraestel voorsien word.
5. Bestudeer die 1:50 000 saamgestelde topografiesekaartuittreksel van 2929CB,
2929CD, 2929DA EN 2929DC, UNDERBERG en die meegaande lugfoto 2929CD
Cobham voordat jy die vrae beantwoord.
6. Die topografiesekaartuittreksel het ruitelyne wat van A tot K en 1 tot 10 gemerk is
en wat gebruik kan word om liggings volgens blokke te bepaal.
7. Die topografiesekaartuittreksel, lugfoto en jou voltooide Antwoordboek moet aan
die einde van die eksamen by die toesighouer ingedien word. Die kaarte en foto's
kan deur die skool vir toekomstige gebruik gehou word.
8. Die toerustingblad wat op geel papier gedruk is, mag deur die kandidaat gebruik
word indien die nodige toerusting nie na die eksamen gebring is nie. Dit mag ook
vir rofwerk gebruik word. Op die blad is daar 'n merk wat aandui waar dit gevou
behoort te word. 'n Vergrootglas en 'n sakrekenaar mag gebruik word.
9. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
10. Een bladsy met lyne (bladsy 20) is aan die einde van die vraestel ingesluit. Indien
jy nie genoeg spasie het om 'n vraag te voltooi nie, gebruik hierdie bladsy. Onthou
om duidelik by die vraag aan te dui dat jy die ekstra spasie gebruik het om te
verseker dat jou volledige antwoord nagesien word.
SLEGS VIR NASIENER SE GEBRUIK
Vraag 1 2 3 Totaal
Punte 43 37 20 100
Punte behaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Geography · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 20
- File size
- 988.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 20
Figuur 1 – Liggingskaart van Underberg in KwaZulu-Natal
Underberg is geleё in die
voetheuwels van die
suidelike Drakensberg in
KwaZulu-Natal. Dit is 'n
administratiewe
dienssentrum met melk-
en beesboerdery as die
hoof ekonomiese
aktiwiteite. Toerisme
lewer die tweede grootste
bydrae tot die ekonomie
aangesien Underberg die
poort tot die suidelike
Drakensberge is en
Splashy Fen, een van Suid-
Afrika se grootste
musiekfeeste, hier gehou
word. Underberg dien ook
as 'n handelsentrum vir
die bevolking van Lesotho
wat Sanipas gebruik om
tot Suid-Afrika toegang te
verkry.
[Bron: Eksaminator]
VRAAG 1 ATLASGEBRUIK, KAARTORIËNTERING EN TEGNIEKE
1.1 Verwys na die liggingskaart hierbo (Figuur 1), sowel as die topografiesekaart-
uittreksel 2929CB, 2929CD, 2929DA en 2929DC, UNDERBERG om die volgende
vrae te beantwoord. Merk die korrekte blokkie.
1.1.1 Die rivier wat A op Figuur 1 hierbo gemerk is, is die …
Visrivier
Oranjerivier
Thukelarivier
Mzimkhulurivier (1)
1.1.2 Die groot hawe wat B op Figuur 1 hierbo gemerk is, is …
Nqura
Durban
Saldanha
Kaapstad (1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 20
1.1.3 Die provinsie wat C op Figuur 1 gemerk is, is …
KwaZulu-Natal
Noordwes
Oos-Kaap
Wes-Kaap (1)
1.1.4 Die grenspos by Sanipas (A2/3) is ongeveer 42 km vanaf Underberg geleё.
Dit is die grens tussen Suid-Afrika en …
Lesotho
Zimbabwe
Swaziland
Botswana (1)
1.1.5 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is, is ongeveer … lank.
100 km
175 km
250 km
375 km (1)
1.1.6 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is, vloei in 'n … rigting.
suidoostelike
noordwestelike
suidelike
oos-suidoostelike (1)
1.1.7 Die Splashy Fen-musiekfees is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit.
primêre
sekondêre
tersiêre
kwaternêre (1)
1.1.8 Die sentrale meridiaan op die topografiesekaartuittreksel is 29 °O.
Waar
Vals (1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 20
1.1.9 Die Lesotho Hoogland-wateroordragskema verskaf die meeste van
Gauteng se water deur water vanaf Lesotho deur 'n tonnel in die Vaalrivier-
stelsel te laat inloop.
Waar
Vals (1)
1.1.10 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is, vloei in die Atlantiese Oseaan in.
Waar
Vals (1)
1.2 Die kaartuittreksel wat voorsien word, is saamgestel uit vier kaarte wat Underberg
en die omliggende gebiede dek (2929CB, 2929CD, 2929DA en 2929DC). Dit word
hieronder in die ruitnetwerk gewys.
Estcourt
29 °O 30 °O
29 °S
30 °S
1.2.1 Maak gebruik van 'n kolletjie en benaming om aan te dui waar Underberg –
2929CD is.
(1)
1.2.2 Gee die kaartkode vir Escourt deur gebruik te maak van die ruitnetwerk
hierbo.
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 20
1.3 Die volgende inligting op 'n slimhorlosie wys 'n staproete vanaf die Cobham-kamp
(E2) tot by die Ngwenya-grot (B2) in die Mkhomazi-wildreservaat. Die presiese
roete is uitgelig in oranje in Figuur 2 asook op die uittreksel van die topografiese
kaart.
Figuur 2 – Inligting oor die staproete verkry vanaf 'n slimhorlosie
1.3.1 Bereken die gradiёnt van die staproete.
(a) Verskil in hoogte: ___________________ m
(2)
Die afstand vanaf Cobham na Ngwenya (verwys NET na Figuur 2) is
7,25 km.
(b) Gradiёnt 1: _______
Berekeninge
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 20
1.3.2 (a) Gebruik die asse hieronder en teken 'n skets dwarsdeursnit vanaf
Cobham-kamp na Ngwenya-grot al met die oranje lyn langs (die
staproete).
Ngwenya-
grot
Cobham-
kamp
(3)
(b) Is die Ngwenya-grot sigbaar vanaf Cobham-kamp?
Ja
Nee (1)
1.3.3 Gebruik die topografiesekaartuittreksel en kies die toepaslikste ware peiling
vanaf Cobham-kamp na Ngwenya-grot.
84°
174°
264°
354° (2)
1.3.4 Die magnetiese deklinasie van die topografiesekaartuittreksel vir 2019 is …
24° 15' W
25° 51' W
24° 36' W
24° 51' W
Berekeninge
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 20
1.3.5 Dink aan 'n stapper wat 'n konvensionele kompas gebruik. Bereken die
magnetiese peiling van die staproete vanaf Cobham-kamp na Ngwenya-
grot vir 2019.
_____________________________
Berekeninge
(2)
1.3.6 Gee die koördinate van die Ngwenya-grot (gebruik die simbool op
topografiesekaartuittreksel).
Breedtegraad – ° ' "S
Lengtegraad – ° ' "O
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 20
1.4 FOTO-ANALISE
Bestudeer Foto 1 hieronder, wat die uitsig oor die Sani Pass Hotel en gholfbaan
wys soos die stapper dit gesien het. Die foto is vanaf punt E op die topografiese-
kaartuittreksel geneem.
Foto 1 – Uitsig oor die Sani Pass Hotel
[Bron: Eksaminator se foto]
1.4.1 (a) Die foto hierbo is 'n voorbeeld van 'n …
vertikale lugfoto
hoёhoekskuinslandfoto
laehoekskuinslandfoto
valskleurfoto (1)
(b) Gee EEN voordeel van hierdie tipe foto.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 20
1.4.2 (a) Gedurende watter seisoen dink jy is hierdie foto geneem?
Winter
Somer (1)
(b) Gee een rede vir jou antwoord op Vraag 1.4.2 (a) deur gebruik te
maak van 'n bewys op die foto.
(2)
1.4.3 Gee die rigting waarin die fotograaf gekyk het toe die foto geneem is.
(2)
1.4.4 Op die foto is die Mkhomazanarivier wat verby die hotel loop, sigbaar.
Volgens bewyse op die foto is die rivier in sy middelloop.
Omkring die kenmerke in die blok hieronder wat hierdie stelling ondersteun.
meanders geёrfde dreineerpatroon gelyke gebied
verjonging turbulente vloei
(2)
[43]
V1 subtotaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 20
VRAAG 2 TEMATIESE KAARTE, LUGFOTO,
FLUVIALE PROSESSE, VALLEIKLIMATE,
GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS
2.1 Bestudeer lugfoto 2929CD van Cobham (E2).
2.1.1 Min of meer hoe laat is die foto geneem?
06:00
10:00
14:00
18:00 (2)
2.1.2 Gee 'n rede vir jou antwoord hierbo deur gebruik te maak van bewyse op die
foto.
(2)
2.2 Drie kenmerke / grondgebruike (F, G en H) is op die foto gemerk. Identifiseer hulle.
F – ________________________________
G – ________________________________
H – ________________________________ (poligon met wit buitelyne)
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 20
2.3 Bestudeer Figuur 3 hieronder van die dreineerbekken van die Trout Beckrivier (die
buitelyne hiervan is in pers op die topografiesekaartuittreksel getrek). Die rivier mond
uit in die Pholelarivier verder suid. Beantwoord die vraag hieronder.
Figuur 3 – Trout Beckrivier-dreineerbekken
Daar is een oorheersende dreineerpatroon sigbaar in hierdie dreineerbekken.
Omkring die woorde in die lys hieronder wat die riviere in hierdie dreineerbekken die
beste beskryf.
ongeordend standhoudend dendrities
radiaal tralie nie-standhoudend
(2)
2.4 2.4.1 Beskryf die dreineerdigtheid en tekstuur van hierdie rivierstelsel.
Digtheid:
Tekstuur:
(2)
2.4.2 Identifiseer EEN faktor wat op die topografiese kaart gesien kan word, wat
aanleiding kan gee tot hierdie tipe dreineerdigtheid en tekstuur.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 20
2.5 Bestudeer die tabel van die stroomordes in die Trout Beckrivier-stelsel.
Stroomorde 1 2 3 4
Aantal 26 5 2 1
Bereken die bifurkasieratio (bifurcation ratio) vir hierdie rivierstelsel.
Berekeninge
(4)
2.6 2.6.1 Die stapper waarna in Vraag 1.3 verwys word, het die nag in die grot
deurgebring. Om ongeveer 04:00 het 'n bitterkoue wind deur die grot
gewaai.
Beskryf die standplaas van die grot op die topografiesekaartuittreksel.
(2)
2.6.2 (a) Noem die wind wat heel waarskynlik deur die stapper in die grot,
waarna in Vraag 2.6.1 verwys word, gevoel is. Kies die korrekte
antwoord.
anabatiese
katabatiese
berg
hellingstyg (1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 13 van 20
(b) Gebruik bewyse op die topografiese kaart om die rigting van hierdie
winde te staaf.
(2)
2.7 Verklaar die sneeu op die bergpieke in foto 2 hieronder. Die foto is geneem by punt
"I" op die topografiesekaartuittreksel. Gee EEN klimatologiese rede.
(2)
Foto 2 – Bergpieke wat met sneeu bedek is by punt "I"
[Bron: Eksaminator se foto]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 14 van 20
2.8 Bestudeer foto 3 van Hazeldene (by J in D8) hieronder.
Foto 3 – Hazeldene
[Bron: Eksaminator se foto]
2.8.1 Noem die klimatologiese kenmerk wat duidelik sigbaar is in foto 3 hierbo.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 15 van 20
2.8.2 Maak gebruik van 'n skets met aantekeninge om te verduidelik hoe hierdie
kenmerk ontwikkel.
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 16 van 20
2.9 Die volgende inligting is verkry van die webtuiste van Advanced Fire Information
Systems (AFIS) (Figuur 4 hieronder). Dit maak gebruik van afstandswaarneming en
GIS om brande in die Underberg-gebied aan te dui. Foto 4 hieronder wys 'n brand
naby plase in B5.
Figuur 4 – AFIS-paneel wat brande met 'n lae intensiteit wys soos op 17 Augustus 2018
[Bron: <https://southernafrica.afis.co.za/>]
Foto 4 – Brand sigbaar op die pad in Sanipas by B5
[Bron: Eksaminator se foto]
2.9.1 Die vuurpunte-laag wat in die AFIS-paneel gebruik word, is 'n voorbeeld
van ... (omkring die korrekte antwoord).
rasterdata / vektordata (1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 17 van 20
2.9.2 AFIS het ook 'n GIS-toepassing vir slimfone. Analiseer hoe plaaslike melk-
en beesboere hierdie toepassing, saam met ander toepassings wat
verband hou met die weer, kan gebruik om brande in hulle gebied te
beheer.
(4)
[37]
V2 subtotaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 18 van 20
VRAAG 3 PLAASLIKE EKONOMIE, NEDERSETTING
3.1 Daar is twee opsigtelik beboude gebiede op hierdie topografiesekaartuittreksel –
Underberg (J7) en Himeville (G/H8). Voltooi die tabel hieronder.
Underberg Himeville
3.1.1 Klassifikasie
volgens die
stedelike
hiërargie
3.1.2 Oorheersende
straatpatroon
hoog hoog
3.1.3 Bevolkings-
digtheid (omkring
medium medium
die toepaslikste
opsie)
laag laag
3.1.4 Beskikbare
dienste (gebruik
bewyse op die
kaart)
3.1.5 Oorheersende
ekonomiese
aktiwiteit
(10)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 19 van 20
3.2 Bestudeer die foto's hieronder wat in die omgewing van Underberg en Himeville
geneem is en sê of die meegaande stellings waar of vals is. NB – Gee 'n rede indien
die antwoord vals is of 'n feit ter ondersteuning indien die stelling waar is.
Waar / Vals +
Stelling
rede
3.2.1 Sou die Sanipas
pad geteer word
(tans slegs
begaanbaar deur
4×4 voertuie)
(A3), sal dit 'n
negatiewe impak
op besighede
soos Sani Pass
Tours hê, wat
gemik is op
toeriste (Sani
Pass Tours doen
4×4-toere teen
die pas op).
3.2.2 Goxhill Farm
(G/H 9/10) is 'n
voorbeeld van
intensiewe
bestaans-
boerdery.
3.2.3 Underberg dien
as 'n plaaslike
dienssentrum.
3.2.4 Die KFC in
Underberg is 'n
voorbeeld van 'n
laerordediens.
3.2.5 Hierdie
nedersetting by
Goxhill (G10) is 'n
voorbeeld van
verbouing vir die
mark.
[Bron: Eksaminator se foto's]
(10)
[20]
V3 subtotaal
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 20 van 20
ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae)
ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE
SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN
WORD.
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Geography notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Geography questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Geography quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Geography past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Geography and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Geography

MemorandumIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Geography Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

AddendumIEB