Skip to content
Question paper

Geography Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: GeographyGrade 12201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II NASIENRIGLYNE Tyd: 1½ uur 100 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 17 Figuur 1 – Liggingskaart van Underberg in KwaZulu-Natal Underberg is geleё in die voetheuwels van die suidelike Drakensberg in KwaZulu-Natal. Dit is 'n administratiewe dienssentrum met melk- en beesboerdery as die hoof ekonomiese aktiwiteite. Toerisme lewer the tweede grootste bydrae tot die ekonomie aangesien Underberg die poort tot die suidelike Drakensberge is en Splashy Fen, een van Suid- Afrika se grootste musiekfeeste, hier gehou word. Underberg dien ook as 'n handelsentrum vir die bevolking van Lesotho wat Sanipas gebruik om tot Suid-Afrika toegang te verkry. [Bron: Eksaminator se foto] VRAAG 1 ATLASGEBRUIK, KAARTORIËNTERING EN TEGNIEKE 1.1 Verwys na die liggingskaart hierbo (Figuur 1), sowel as die topografiesekaart- uittreksel 2929CB, 2929CD, 2929DA en 2929DC, UNDERBERG om die volgende vrae te beantwoord. Merk die korrekte blokkie. 1.1.1 Die rivier wat A op Figuur 1 hierbo gemerk is, is die … Visrivier Oranjerivier Thukelarivier Mzimkhulurivier X 1.1.2 Die groot hawe wat B op Figuur 1 hierbo gemerk is, is … Nqura Durban Saldanha X Kaapstad IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 17 1.1.3 Die provinsie wat C op Figuur 1 gemerk is, is … KwaZulu-Natal Noordwes Oos-Kaap X Wes-Kaap 1.1.4 Die grenspos by Sanipas (A2/3) is ongeveer 42 km vanaf Underberg geleё. Dit is die grens tussen Suid-Afrika en … Lesotho X Zimbabwe Swaziland Botswana 1.1.5 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is, is ongeveer … lank. 100 km 175 km X 250 km 375 km 1.1.6 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is, vloei in 'n … rigting. suidoostelike X noordwestelike suidelike oos-suidoostelike 1.1.7 Die Splashy Fen-musiekfees is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit. primêre sekondêre tersiêre X kwaternêre 1.1.8 Die sentrale meridiaan op die topografiesekaartuittreksel is 29 °O. Waar X Vals IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 17 1.1.9 Die Lesotho Hoogland-wateroordragskema verskaf die meeste van Gauteng se water deur water vanaf Lesotho in die Vaalrivier-stelsel in te pomp. Waar X Vals 1.1.10 Die rivier wat A op Figuur 1 gemerk is vloei in die Atlantiese Oseaan in. Waar Vals X 1.2 Die kaartuittreksel wat voorsien word, is saamgestel uit vier kaarte wat Underberg en die omliggende gebiede dek (2929CB, 2929CD, 2929DA en 2929DC). Dit word hieronder in die ruitnetwerk gewys. Estcourt 29 °O 30 °O 29 °S UNDERBERG 30 °S 1.2.1 Maak gebruik van 'n kolletjie en benaming om aan te dui waar Underberg – 2929CD is. (Hoef nie kolletjie en benaming te gebruik nie – enige aanduiding is aanvaarbaar.) 1.2.2 Gee die kaartkode vir Escourt deur gebruik te maak van die ruitnetwerk hierbo. 2729 DD (1 vir breedtegraad, 1 vir lengtegraad, 1 vir D en 1 vir die tweede D.) Elke punt kan apart gemerk word. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 17 1.3 Die volgende inligting op 'n slimhorlosie wys 'n staproete vanaf die Cobham-kamp (E2) tot by die Ngwenya-grot (B2) in die Mkhomazi-wildreservaat. Die presiese roete is uitgelig in oranje in Figuur 2 asook op die uittreksel van die topografiese kaart. Figuur 2 – Inligting oor die staproete verkry vanaf 'n slimhorlosie 1.3.1 Bereken die gradiёnt van die staproete. (a) Verskil in hoogte: Cobham: 1 640 m – 1 620 m Ngwenya: 1 820 m – 1 780 m 140 m – 200 m (aanvaar enige antwoord tussenin) Die afstand vanaf Cobham na Ngwenya (verwys NET na Figuur 2) is 7,25 km. (b) Gradiёnt 1: aanvaar enige antwoord tussen 1:36,3 en 1:51,8. Berekeninge Hoogte 140 200 Gradiënt = Afstand 7 250 7 250 = 51, 8 = 36, 3 (Metodepunt word toegeken vir SLEGS die omskakeling van 7,25 km na 7 250 m.) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 17 1.3.2 (a) Gebruik die asse hieronder en teken 'n skets dwarsdeursnit vanaf Cobham-kamp na Ngwenya-grot al met die oranje lyn langs (die staproete). Ngwenya- grot Cobham- 3 dele moet duidelik gesien kan word kamp (1 punt vir elke vlak. Uniforme konkawe helling verdien maksimum 2 punte. Ken 1 punt toe vir 'n begin- en/of eindpunt op die korrekte hoogte. Uniforme helling met hoogte kan 3 punte verdien.) (b) Is die Ngwenya-grot sigbaar vanaf Cobham-kamp? Ja Nee X 1.3.3 Gebruik die topografiesekaartuittreksel en kies die toepaslikste ware peiling vanaf Cobham-kamp na Ngwenya-grot. 84° 174° 264° 354° X 1.3.4 Die magnetiese deklinasie van die topografiesekaartuittreksel vir 2019 is … 24° 15' W 25° 51' W 24° 36' W 24° 51' W X Berekeninge 24° 15' in 2015, verandering is 4 jare @ 9' W jaarliks = 36' Plus 36' = 24° 51' W van WN (Let wel: geen punte word hier vir metode toegeken nie.) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 17 1.3.5 Dink aan 'n stapper wat 'n konvensionele kompas gebruik. Bereken die magnetiese peiling van die staproete vanaf Cobham-kamp na Ngwenya- grot vir 2019. 018° 51' Berekeninge: MP = WP + MD 354° + 24° 51' = 018° 51' (Een punt kan vir metode toegeken word indien MP en WP bymekaar getel word. Indien geen berekening getoon word nie, maar 'n antwoord van 378° 51’ word gegee, ken slegs 1 punt toe. Indien SLEGS 378° gegee word, word GEEN punt toegeken nie.) 1.3.6 Gee die koördinate van die Ngwenya-grot (gebruik die simbool op topografiesekaartuittreksel). Breedtegraad – 29 ° 39 ' 20 "S (aanvaar 18–22'') Lengtegraad – 29 ° 24 ' 25 " O (aanvaar 23–27'') (Ken punte toe vir minute en sekondes. Indien breedtegraad verkeerd is, word geen punte toegeken vir minute of sekondes nie al is hulle korrek, want dan is die posisie verkeerd.) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 17 1.4 FOTO-ANALISE Bestudeer Foto 1 hieronder, wat die uitsig oor die Sani Pass Hotel en gholfbaan wys soos die stapper dit gesien het. Die foto is vanaf punt E op die topografiese- kaartuittreksel geneem. Foto 1 – Uitsig oor die Sani Pass Hotel [Bron: Eksaminator se foto] 1.4.1 (a) Die foto hierbo is 'n voorbeeld van 'n … vertikale foto hoёhoekskuinsfoto X laehoekskuinsfoto valskleurfoto (b) Gee EEN voordeel van hierdie tipe foto. Spesifiek t.o.v. skuinsfoto: 'n groot area kan afgeneem word. Reliёf is redelik maklik om te identifiseer. Hoogteverskille kan gesien word. Kleurfoto toon duidelike, lewensgetroue detail. Indien slegs horison genoem word – geen punte nie. 1.4.2 (a) Gedurende watter seisoen dink jy is die foto geneem? Winter X Somer IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 17 (b) Gee een rede vir jou antwoord op Vraag 1.4.2 (a) deur gebruik te maak van 'n bewys op die foto. Op die foto is die gebied baie droog en dit vertoon bruin. Die gebied kry baie min reёn in die winter en die ryp wat gereeld voorkom, maak die gras "dood". Die rivier is laag – vloedvlakte kan gesien word. Voorbrande kan op foto gesien word. 1.4.3 Gee die rigting waarin die fotograaf gekyk het toe die foto geneem is. NO of ONO of O 1.4.4 Op die foto is die Mkhomazanarivier wat verby die hotel loop, sigbaar. Volgens bewyse op die foto is die rivier in sy middelloop. Omkring die kenmerke in die blok hieronder wat hierdie stelling ondersteun. meanders geёrfde dreineerpatroon gelyke gebied verjonging turbulente vloei (Indien 3 faktore omkring en 2 uit 3 is korrek, ken 1 punt toe. 4 of 5 omkring – geen punte.) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 17 VRAAG 2 TEMATIESE KAARTE, LUGFOTO, FLUVIALE PROSESSE, VALLEIKLIMATE EN GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS 2.1 Bestudeer lugfoto 2929CD van Cobham (E2). 2.1.1 Min of meer hoe laat is die foto geneem? 06:00 10:00 X 14:00 18:00 2.1.2 Gee 'n rede vir jou antwoord hierbo deur gebruik te maak van bewyse op die foto. Skaduwees word gegooi aan die suidweste/westekant van die bome en dus is die son aan die oostekant. 06:00 is te vroeg vir hierdie skaduwees om gegooi te word: hulle sou langer gewees het. Daar moet verwys word na die skaduwees wat in 'n W/SW-rigting gegooi word, nie net na die son wat in die ooste opkom nie want die son is nie sigbaar op die foto nie.) 2.2 Drie kenmerke / grondgebruike (F, G en H) is op die foto gemerk. Identifiseer hulle. F – Timberdam of net dam, standhoudende water, meer word ook aanvaar. G – Bewerkte land / landerye / landbougrond kan ook aanvaar word. H – 'n Voorbrand of enige verwysing na 'n brand (veelhoek met wit buitelyne), of Mkomazi beskermde gebied/ natuurreservaat of staproete. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 17 2.3 Bestudeer Figuur 3 van die dreineerbekken van die Trout Beckrivier hieronder (die buitelyne hiervan is in pers op die topografiesekaartuittreksel getrek). Die rivier mond uit in die Pholelarivier verder suid. Beantwoord die vraag hieronder. Figuur 3 – Trout Beckrivier-dreineerbekken Daar is een oorheersende dreineerpatroon sigbaar in hierdie dreineerbekken. Omkring die woorde in die lys hieronder wat die riviere in hierdie dreineerbekken die beste beskryf. ongeordend standhoudend dendrities radiaal tralie nie-standhoudend (Indien 3 omkring en 2 uit 3 is korrek, ken maksimum 1 punt toe. Indien 4 of 5 omkring is, ken geen punte toe nie.) 2.4 2.4.1 Beskryf die dreineerdigtheid en tekstuur van hierdie rivierstelsel. Digtheid: die digtheid is hoog met baie eersteordestrome in die dreineer- bekken. Tekstuur: Fyn. 2.4.2 Identifiseer EEN faktor wat op die topografiese kaart gesien kan word, wat aanleiding kan gee tot hierdie tipe dreineerdigtheid en tekstuur. Reliёf is steil/ berge/ kontoerlyne naby aan mekaar wat veroorsaak dat daar baie afloop is en hoёr digtheid. Hellings is heel moontlik bedek met gras of hard/ ondeurdringbaar/ weerstandbiedend en dit veroorsaak die afloop en hoёr digtheid. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 17 2.5 Bestudeer die tabel van die stroomordes in die Trout Beckrivier-stelsel. Stroomorde 1 2 3 4 Aantal 26 5 2 1 Bereken die bifurkasie ratio (bifurcation ratio) vir hierdie rivierstelsel. 3.2 Berekeninge 26/5 = 5,2 5/2 = 2,5 al drie ordes korrek bereken: 1 punt 2/1 = 2 5,2 + 2,5 + 2 = 9,7 drie ordes korrek opgetel: 1 punt 9,7 / 3 = 3,2 totaal gedeel deur 3: 1 punt Indien antwoord 3 is, gee punte vir metode. Om 4 punte te verdien, moet antwoord 3,2 wees. 2.6 2.6.1 Die stapper waarna in Vraag 1.3 verwys word, het die nag in die grot deurgebring. Om ongeveer 04:00 het 'n bitterkoue wind deur die grot gewaai. Beskryf die standplaas van die grot op die topografiesekaartuittreksel. Die grot is halfpad op teen die helling van die vallei. Naby aan waterbron. Aspek – verwysing na helling wat noord kyk. Geleë in die termiese gordel/ inversielaag. Teen 'n steil berg geleë. 2.6.2 (a) Noem die wind wat heel waarskynlik deur die stapper in die grot, waarna in Vraag 2.6.1 verwys word, gevoel is. Kies die korrekte antwoord. Anabatiese Katabatiese X Berg Hellingstyg (b) Gebruik bewyse op die topografiese kaart om die rigting van hierdie winde te staaf. Die grot is halfpad op teen die helling en dus sal die winde in die nag teen die helling af en deur die grot waai. (Daar moet na die ligging van die grot teen die helling verwys word met lug wat teen die helling af beweeg.) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 17 2.7 Verklaar die sneeu op die bergpieke in foto 2 hieronder. Die foto is geneem by punt "I" op die topografiesekaartuittreksel. Gee EEN klimatologiese rede. Pieke is op hoёr hoogtes en dus verander die neerslag in sneeu. Dit is winter en die temperatuur is laer teen hoë hoogtes. Daar kan na 'n verbygaande koue front verwys word, maar verwysing na sneeu wat op hoër hoogtes val, is noodsaaklik. Foto 2 – Bergpieke wat met sneeu bedek is by punt "I" [Bron: Eksaminator se foto] 2.8 Bestudeer foto 3 van Hazeldene (by J in D8) hieronder. Foto 3 – Hazeldene [Bron: Eksaminator se foto] 2.8.1 Noem die klimatologiese kenmerk wat duidelik sigbaar is in foto 3 hierbo. Radiasiemis, stralingsmis, mis of temperatuurinversie IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 17 2.8.2 Maak gebruik van 'n skets met aantekeninge om te verduidelik hoe hierdie kenmerk ontwikkel. TWEE relevante punte (daar moet verwys word na koue lug in die valleivloer wat in aanraking kom met warm lug wat verplaas is en dan kondensasiepunt bereik en sodoende mis vorm. Bewys van termiese gordel/ temperatuurinversie.) 2.9 Die volgende inligting is verkry van die webtuiste van Advanced Fire Information Systems (AFIS) (Figuur 4 hieronder). Dit maak gebruik van afstandswaarneming om brande in die Underberg gebied aan te dui. Foto 4 hieronder wys 'n brand naby plase in B5. Figuur 4 – AFIS-paneel wat brande met 'n lae intensiteit wys soos op 17 Augustus 2018 [Bron: <https://southernafrica.afis.co.za/>] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 17 Foto 4 – Brand sigbaar op die pad in Sanipas by B5 [Bron: Eksaminator se foto] 2.9.1 Die basiskaart wat in die AFIS-paneel gebruik word, is 'n voorbeeld van ... (omkring die korrekte antwoord). rasterdata / vektordata 2.9.2 AFIS het ook 'n toepassing vir slimfone. Analiseer hoe plaaslike melk- en beesboere hierdie toepassing, saam met ander toepassings wat verband hou met die weer, kan gebruik om brande in hulle gebied te beheer. Boere kan met een oogopslag enige wegholbrande sien en kan kyk of dit naby hulle plase is. Deur na toepassings te kyk wat verband hou met die weer en na (byvoorbeeld) die windrigting te kyk, kan hulle sien of die brand in hulle rigting beweeg. Hulle kan ook die kaart gebruik om voorbrande te beplan en te kyk waar die naaste waterpunt is om te help om brande te bestry. Weertoepassings kan gebruik word om dae te identifiseer wanneer brande dalk kan uitbreek (bergwindtoestande, ens.) en om voorkomende stappe te neem. Twee uitgebreide punte: 2 × 2 = 4 Vier eenvoudige punte: 4 × 1 = 4 Antwoord hoef nie direk na AFIS te verwys nie, enige weertoepassing sal deug. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 17 VRAAG 3 PLAASLIKE EKONOMIE, NEDERSETTING 3.1 Daar is twee opsigtelik beboude gebiede op hierdie topografiesekaartuittreksel – Underberg (J7) en Himeville (G/H8). Voltooi die tabel hieronder. Underberg Himeville 3.1.1 Klassifikasie plaaslike dienssentrum dorp volgens die (kan ook klein (kan ook groot plattelandse stedelike plattelandse dorp dorp aanvaar) hiërargie aanvaar) lineêr, kan 3.1.2 Oorheersende onreёlmatig roosterpatroon of straatpatroon reghoekig aanvaar hoog 3.1.3 Bevolkings- hoog medium digtheid (omkring die medium laag toepaslikste Laag kan ook hier aanvaar laag opsie) word – gebaseer op die arsering in die konvensionele simbole/sleutel kerke skool poskantoor polisiestasie 3.1.4 Beskikbare ontspanningsgronde poskantoor dienste (gebruik gholfbaan ontspanningsgronde bewyse op die treinstasie (spoorwegdienste) landingstrook kaart) begraafplaas begraafplaas kommunikasietoring vir (enige een) selfoondienste (enige een) primêr (boerdery of bosbou) 3.1.5 Oorheersende primêr (boerdery/ tersiêr (toerisme/ ekonomiese bosbou) handelsentrum/ aktiwiteit tersiêr (toerisme) administratiewedienssentrum) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AARDRYKSKUNDE: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 17 3.2 Bestudeer die foto's hieronder wat in die omgewing van Underberg en Himeville geneem is en sê of die meegaande stellings waar of vals is. NB – Gee 'n rede indien die antwoord vals is of 'n feit ter ondersteuning indien die stelling waar is. Stelling Waar / Vals + rede 3.2.1 Sou die Sanipas pad geteer word (tans slegs begaan- baar deur 4×4 WAAR – hulle sal voertuie) (A3), sal besigheid verloor omdat dit 'n negatiewe gewone voertuie dan die impak op besighede soos Sani Pass pad sal kan gebruik. Tours hê, wat gemik Mense sal nie begeleide is op toeriste (Sani toere benodig nie. Pass Tours doen 4×4-toere teen die pas op). 3.2.2 Goxhill Farm (G/H 9/10) is 'n voorbeeld VALS – ekstensiewe van intensiewe kommersiële bestaansboerdery. melkboerdery. 3.2.3 Underberg dien as WAAR – ja, mense van 'n plaaslike die omliggende gebied dienssentrum. gaan na Underberg vir hulle daaglikse dienste en goedere . 3.2.4 Die KFC in WAAR – hierdie is 'n Underberg is 'n funksie wat nie hoogs voorbeeld van 'n gespesialiseerd is nie en laerordediens. wat in nedersettings van alle groottes gevind word waar die drempel- bevolking en reikwydte kleiner is. 3.2.5 VALS – die Goxhill- Hierdie nedersetting nedersetting maak staat by Goxhill (G10) is op bestaansboerdery vir 'n voorbeeld van hulle produkte. verbouing vir die Antwoorde kan ook mark. verwys na ekstensiewe kommersiële boerdery wat in die omgewing van Goxhill plaasvind. (Vraag verwys na 'n neder- setting by Goxhill). Die nedersetting het droë, bar landerye dus waarskynlik bestaansboerdery. [Bron: Eksaminator se foto's] Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Geography

View all