Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
GEOGRAFIE V2
PUNTE: 75
TYD: 1½ uur
NAAM:
PUNTE HVD GROEP PROVINSIAAL
V1 15
V2 20
V3 25
V4 15
TOTALE
MOD.
PUNTE
75 75
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 1 bladsy vir
rofwerk en berekeninge.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 370.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements
- Question 1.2Rural and urban settlements
- Question 1.3Rural and urban settlements
- Question 1.4Rural and urban settlements
- Question 1.5Rural and urban settlements
- Question 1.6Rural and urban settlements
Show all 21 questions
- Question 1.7Rural and urban settlements
- Question 1.8Rural and urban settlements
- Question 1.9Rural and urban settlements
- Question 1.10Rural and urban settlements
- Question 1.11Rural and urban settlements
- Question 1.12Rural and urban settlements
- Question 1.13Rural and urban settlements
- Question 1.14Rural and urban settlements
- Question 1.15Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.1Geomorphology3 marks
- Question 3.2Geomorphology6 marks
- Question 3.3Economic geography of South Africa5 marks
- Question 3.4Geomorphology2 marks
- Question 3.5Rural and urban settlements4 marks
- Question 3.6Rural and urban settlements7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 2
BRONMATERIAAL
1. ʼn Uittreksel uit die topografiese kaart 2530BD MBOMBELA
2. Ortofotokaart 2530 BD 25 MBOMBELA
3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur die skool vir hulle eie gebruik
ingeneem word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM en VAN in die spasies wat op die voorblad voorsien word.
2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.
3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2530BD MBOMBELA) en ʼn
ortofotokaart (2530 BD 25 MBOMBELA), van ʼn gedeelte van die gekarteerde
gebied voorsien.
4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
losmaak NIE.
6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor
toegeken word.
7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. Geen
punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word nie.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik.
9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied
voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
topografiese kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Landing strip Landingstrook/Aanloopbaan
Furrow Voor
Caravan park Karavaanpark
Canal Kanaal
Sewerage works Rioolwerke
Golf course Gholfbaan
Excavation Uitgrawing
Nature reserve Natuurreservaat
Rifle range Skietbaan
Aerodrome Vliegveld
Ravine Kloof
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 3
ALGEMENE INLIGTING OP 2530 BD MBOMBELA
Die stad Mbombela is geleë in die oostelike deel van Suid-Afrika en is die
hoofstad van die Mpumalanga provinsie. Die stad is gebou op die vrugbare,
plat vallei-vloer van die Krokodilrivier waar daar genoeg watertoevoer vanaf die
rivier is. Die stad dien as ʼn deurgang na sommige van die beste eko- en
avontuuraktiwiteite in Suider-Afrika en met sy gematigde klimaat word dit die
hele jaar deur as ʼn voorkeur-toeristebestemming beskou. Die subtropiese
vrugte soos mango’s, avokado’s, lemoene, suurlemoene, lietsjies en piesangs
word in die omliggende laeveldstreek gegroei. Vir inkopie-entoesiaste bied die
stad wêreldklas winkelsentrums, casino’s en vermaaklikheidsplekke en ʼn
maklike tussenlanding na die Krugerwildtuin. Die ligging van Mbombela skep
uitstekende geleenthede vir voornemende beleggers en besighede om hulself
in die gebied langs die N4-vervoerdiens wat die Maputo Ruimtelike
Ontwikkelingskorridor bedien, te vestig.
Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25°27,4′S 30°59,9′O
[Bron: Eksaminator]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 4
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2530BD MBOMBELA,
sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.
1.1 Die buurstaat A op die algemene inligtingskaart op bladsy 3 is …
A Swaziland.
B Zimbabwe.
C Mpumalanga.
D Mosambiek.
1.2 Die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart suidoos van
Mbombela is …
A 2530 DA.
B 2530 DB.
C 2530 DA.
D 2531 CA.
1.3 Volgens die stedelike hiërargie word Mbombela as ʼn … geklassifiseer.
A stad
B boeredorpie
C gehuggie
D metropool
1.4 Die N4 in blokke F3, F4 en F5 word langs ʼn … gevind.
A plato
B waterskeiding
C riviervallei
D interfluviale-skeiding
1.5 Die verskynsel 1 op die ortofotokaart is ʼn …
A ontspanningsgebied.
B navorsingsgebied.
C skougronde.
D rioolwerke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 5
1.6 Die ware peiling van trigonometriese stasie 111 (blok G5) vanaf punthoogte
1028 (blok H5) is …
A 22°.
B 197°.
C 10°.
D 108°.
1.7 Verskynsel B op die topografiese kaart is ʼn …
A dam.
B begraafplaas.
C opvulling.
D uitgrawing.
1.8 Die helling wat tussen 2 en 3 op die ortofotokaart aangetref word, is ʼn …
helling.
A konkawe
B geterasseerde
C konvekse
D steil
1.9 Verskynsel 4 op die ortofotokaart is ʼn …
A winkelsentrum.
B fabriek.
C hospitaal.
D tronk.
1.10 Die mensgemaakte verskynsel by 25°24'35"S30°55'20"O op die
topografiese kaart is ʼn …
A windpomp.
B elektriese substasie
C fabriek.
D trigonometriese stasie.
1.11 Die grondgebruiksone genommer 5 op die ortofotokaart is ʼn/die …
A landelik-stedelike oorgangsone.
B hoë-inkomste residensiële gebied.
C sentrale besigheidsgebied.
D nywerheidsgebied.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 6
1.12 Die ortofotokaart is ʼn voorbeeld van ʼn … foto.
A hoë skuins
B lae skuins
C horisontale
D vertikale lug
1.13 Die mensgemaakte verskynsel by 6 op die ortofotokaart is/ʼn …
A vuurtoring.
B telefoonlyne.
C kommunikasie-toring.
D kraglyn.
1.14 Wanneer jy in ʼn suidelike rigting op die R40 vanaf Mbombela reis, sal die
volgende sentraleplek-nedersetting … wees.
A Barberton
B Komatipoort
C Mataffin
D Kaapmuiden
1.15 Die N4 wat verby Mbombela beweeg, vorm deel van die … Ruimtelike
Ontwikkelingskorridor.
A Lebombo
B Wildekus
C Maputo
D Phalaborwa
(15 x 1) (15)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 7
VRAAG 2: KAARTWERKBEREKENINGE EN -TEGNIEKE
2.1 Vind die punte 2 en 3 op die ortofotokaart.
2.1.1 (a) Identifiseer die aanwyser van hoogte by 2.
(1 x 1) (1)
(b) Noem die hoogte by 2.
(1 x 1) (1)
2.1.2 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt 2 en punt 3 op die
ortofotokaart in meter.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
Vertikale interval (VI)
Formule: Gradiënt =
Horisontale ekwivalent (HE)
(5 x 1) (5)
2.1.3 Verduidelik waarom jou antwoord by VRAAG 2.1.2 ʼn geleidelike gradiënt
aantoon.
(1 x 1) (1)
2.2 Gebruik die inligting op die topografiese kaart en bepaal die magnetiese
deklinasie vir 2018. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
toegeken word.
Verskil in jare:
Gemiddelde jaarlikse verandering:
Totale verandering:
Magnetiese deklinasie vir 2018:
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 8
2.3 Verwys na die afgebakende area in ROOI op die topografiese kaart, wat die
area wat deur die ortofotokaart verteenwoordig word.
2.3.1 Bereken die bogenoemde oppervlakte. Toon ALLE berekeninge.
Punte sal vir berekeninge toegeken word.
(5 x 1) (5)
2.4 Het die ortofotokaart ʼn kleiner of groter skaal in vergelyking met die
topografiese kaart? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Antwoord:
Rede:
(2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 9
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.1 Mbombela is langs die Umgwenya-rivier geleë.
3.1.1 Noem EEN fisiese verskynsel wat ʼn kanovaarder (iemand wat ʼn klein
kano gebruik) sal verhoed om stroom-af, tussen C en D op die
topografiese kaart, te vaar.
(1 x 1) (1)
3.1.2 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.1.1.
(1 x 2) (2)
3.2 Verwys na blokke H3, I3 en die onderstaande skets.
3.2.1 Noem die stroompatroon wat in hierdie bekken sigbaar is.
(1 x 1) (1)
3.2.2 Verskaf TWEE kenmerke van die stroompatroon wat in VRAAG 3.2.1
geïdentifiseer was.
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 10
3.2.3 Voltooi die onderstaande tabel om die aantal sytakke vir elke
stroomorde aan te dui.
Stroomorde 1 2 3
Aantal
sytakke 14
(2 x 1) (2)
3.2.4 Identifiseer die tipe rivier in hierdie bekken.
(1 x 1) (1)
3.3 Verwys na die Riverside industriële park genommer E (blokke F8, G8) op die
topografiese kaart.
3.3.1 Wat is ʼn industriële park?
(1 x 1) (1)
3.3.2 Wat is die ekonomiese voordele van die Riverside industriële park vir
Mbombela en sy ligging?
(2 x 2) (4)
3.4 Identifiseer die volgende verskynsels wat 7 en 8 op die ortofotokaart gemerk is.
7:
8:
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 11
3.5 Die oorspronklike N4 wat in blokke G8, H9 en H10 aangetref word, is afgewyk
(re-roete) na die noorde van Mbombela.
3.5.1 Verduidelik waarom die N4 afgewyk was, om sodoende rondom die stad
te gaan.
(2 x 2) (4)
3.6 Verwys na Mataffin residensiële gebied in blok G6 op die topografiese kaart.
3.6.1 Identifiseer die straatpatroon van hierdie grondgebruik gebied.
(1 x 1) (1)
3.6.2 Bespreek EEN voordeel en EEN nadeel van die straatpatroon wat in
VRAAG 3.6.1, geïdentifiseer was.
Voordeel:
(1 x 2) (2)
Nadeel:
(1 x 2) (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 12
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
4.1 Die volgende is ʼn vryhand sketskaart van die gebied wat deur die topografiese
kaart, in blokke A 8, 9, 10 / B 8, 9, 10 en C 8, 9, 10, gedek word.
4.1.1 Identifiseer die verskynsels H, I en J in die skets as ʼn punt, lyn of
poligoon.
H:
I:
J:
(3 x 1) (3)
4.1.2 Verskaf EEN voordeel van die gebruik van vektordata.
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 13
4.1.3 Gebruik die topografiese kaart en identifiseer die volgende verskynsels
op die sketskaart.
F:
G:
(2 x 1) (2)
4.1.4 Verskaf die ruimtelike posisie van Curlew vanaf Phumlani.
(1 x 1) (1)
4.2 Verwys na blokke F5 en F6 op die topografiese kaart. Die plaaslike
distriksmunisipaliteit het besluit om ʼn omgewingsimpakstudie te doen om die
invloed wat vullishope op die gebied kan hê, te evalueer.
4.2.1 Noem EEN manier hoe die data versamel kon word om ʼn omgewings-
impakstudie te doen.
(1 x 1) (1)
4.2.2 Identifiseer TWEE sigbare lae in blok F6 wat ʼn GIS-spesialis sal gebruik
om die geskiktheid van die vullishoop te evalueer.
(2 x 1) (2)
4.2.3 Verskaf ʼn rede vir elke antwoord in VRAAG 4.2.2.
(2 x 2) (4)
[15]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V2 14
ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 EC June 2018 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum