Skip to content

Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201816 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 GEOGRAFIE V1 PUNTE: 225 TYD: 3 uur *GEOGA1* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ʼn 12-bladsy bylae.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk. 3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Die puntetoekenning (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN punt elk is soos volg: verwag word. (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir TWEE punte elk verwag word. 10. As woorde/aksiewerkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer in ʼn vraag gebruik word, is EENwoord-antwoorde aanvaarbaar. As woorde/aksiewerkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ʼn vraag gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag. Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 3 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1 1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 wat op weerstasies gebaseer is. Skryf SLEGS A of B langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 By watter weerstasie is die doupunttemperatuur die hoogste? 1.1.2 Waar sal die drukgradiënt die swakste wees? 1.1.3 Noem die weerstasie waar die atmosferiese temperatuur heelwaarskynlik die laagste sal wees. 1.1.4 Sal die vorming van stratuswolke heelwaarskynlik by weerstasie A, of B voorkom? 1.1.5 Is weerstasie A of B meer verteenwoordigend van die warm sektor van ʼn middelbreedte sikloon? 1.1.6 By watter weerstasie waai die wind na die noordooste toe? 1.1.7 Noem die weerstasie wat heelwaarskynlik oor die binneland van Suid-Afrika, tydens winter, aangetref sal word. (7 x 1) (7) 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, wat ʼn dreineringsbekken aantoon. Kies die term/woord tussen hakies om die stelling geografies korrek te maak. Skryf SLEGS die term/woord van jou keuse langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 Geomorfologie. 1.2.1 Die rivier by A vloei oor die algemeen in ʼn (oostelike/westelike) rigting. 1.2.2 Die area by B, wat die hoogste vlak van die grondwater voorstel, staan as die (versadigingsvlak/watertafel) bekend. 1.2.3 Die proses by C word (evapotranspirasie/verdamping) genoem. 1.2.4 (Laminêre/Turbulente) vloei domineer by D. 1.2.5 Die plek by E, waar die sytakke by die hoofstroom aansluit, staan as/die (samevloeiing/oorsprong) bekend. 1.2.6 Die tipe vloei oor die land, wat die vorm van dun, aaneenlopende lae by F aanneem, staan as (kanaal-/plaat-) vloei bekend. 1.2.7 Die proses by G, waar die water in die grond sypel, staan as (grondwater/infiltrasie) bekend. 1.2.8 Die hoogliggende gebied H, wat sytakke van dieselfde dreinerings- bekken skei, word ʼn (waterskeiding/interfluviale-skeiding) genoem. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 1.3 FIGUUR 1.3, illustreer ʼn bewegende versteuring (lyndonderstorm) oor die binneland van Suid-Afrika. 1.3.1 In watter seisoen sal die bewegende versteuring heelwaarskynlik in Suid-Afrika ontstaan? (1 x 1) (1) 1.3.2 Noem die front wat deur lyn A op die skets aangedui word. (1 x 1) (1) 1.3.3 Bespreek die oorsprong van die verskillende koue en warm lugmassas, wat die ontwikkeling van hierdie front (antwoord by VRAAG 1.3.2) veroorsaak. (2 x 2) (4) 1.3.4 Verwys na die windrigtings in die weste en ooste. (a) Onderskei tussen die algemene windrigting in die weste en ooste. (2 x 1) (2) (b) Lewer kommentaar oor die redes vir die verskil in die windrigtings soos in VRAAG 1.3.4(a) aangedui. (1 x 2) (2) 1.3.5 Verduidelik watter impak swaar reënval op die infrastruktuur van plekke oor die binneland van Suid-Afrika sal hê. (3 x 2) (6) 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat die mikroklimaat op ’n valleihelling in die noordelike halfrond aandui. 1.4.1 In watter rigting wys die helling in die vallei? (1 x 1) (1) 1.4.2 Wat is die termiese gordel? (1 x 1) (1) 1.4.3 Evalueer hoe die plaaslike klimaat ʼn rol in die ligging van die huis gespeel. (2 x 2) (4) 1.4.4 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, redes vir die verskil in temperatuur tussen A en B en hoe hierdie temperatuurverskil die tipe plantegroei wat aangeplant word, sal beïnvloed. (4 x 2) (8) 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat ʼn fluviale landvorm (hoefystermeer) illustreer. 1.5.1 Noem die vlakte waarop die landvorm ontwikkel. (1 x 1) (1) 1.5.2 In watter stadium van die rivier sal die fluviale landvorm ontwikkel? (1 x 1) (1) 1.5.3 Identifiseer die verskynsel by X. (1 x 1) (1) 1.5.4 Teken ʼn eenvoudige dwarsprofiel vanaf P na Q en dui die area waar die hoogste spoed voorkom, aan. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 5 1.5.5 Verwys na die hoefystermeer. (a) Verskaf TWEE sigbare kenmerke op die skets van ʼn hoefystermeer. (2 x 1) (2) (b) In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die hoefystermeer van die hoofstroom afgesny is, en hoe watertoevoer in hierdie hoefystermeer gehandhaaf kan word. (4 x 2) (8) 1.6 FIGUUR 1.6 toon die proses van stroomroof oor tyd aan. 1.6.1 Noem die erosieproses wat, oor tyd, by X plaasvind. (1 x 1) (1) 1.6.2 In watter rigting beweeg die erosieproses (antwoord op VRAAG 1.6.1)? (1 x 1) (1) 1.6.3 Identifiseer EEN faktor, sigbaar op die skets, wat stroomroof moontlik gemaak het. (1 x 1) (1) 1.6.4 Evalueer hoe stroomroof die dreineringdigtheid van die dreineringbekkens in die weste en ooste beïnvloed het. (1 x 2) (2) 1.6.5 Verwys na die vergrote gebied by die punt van stroomroof. (a) Noem verskynsels Y en Z. (2 x 1) (2) (b) Verskaf TWEE kenmerke van die verskynsel by Y. (2 x 2) (4) (c) Evalueer die positiewe ekonomiese waarde van verskynsel Z. (2 x 2) (4) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2 2.1 FIGUUR 2.1 toon ʼn dwarsdeursnee van ʼn tropiese sikloon. Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf SLEGS die antwoord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 tropiese sikloon. 2.1.1 Tropiese siklone sal (binne/buite) 5° noord en suid van die ewenaar ontwikkel. 2.1.2 (Coriolis-/Drukgradiënt-) krag is ʼn voorvereiste vir die ontwikkeling van tropiese siklone. . 2.1.3 (Nimbostratus-/Cirrus-) wolke sal by A ontwikkel. 2.1.4 Die druk by B sal (hoog/laag) wees. 2.1.5 Die (oog/oogmuur) word by C gevind. 2.1.6 Die waarskynlike naam van die tropiese sikloon, as dit op 1 Januarie ontwikkel, sal (Ann/Dineo) wees. 2.1.7 Die vog by D is in ʼn gas verander deur die proses van (kondensasie/verdamping). 2.1.8 Tropiese siklone beweeg (ooswaarts/weswaarts) soos dit deur passaatwinde aangedryf word. (8 x 1) (8) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2, gebaseer op verskillende dreineringspatrone. Pas elkeen van die beskrywings hieronder by een van die dreineringspatrone. Skryf SLEGS EEN patroon langs die vraagnommer (2.1.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag dieselfde dreineringpatroon meer as EEN keer kies. 2.2.1 Sal op stollingsgesteentes met nate en krake ontwikkel 2.2.2 Ontwikkel op gesteentes wat gelyke weerstand teen erosie bied 2.2.3 Sytakke sluit reghoekig vanaf antikliene, by die hoofstroom aan 2.2.4 Daar is reghoekige buigings in die individuele stroom 2.2.5 Dit is afhanklik van beide die geologie en topografie van ʼn landskap 2.2.6 Volg die hellings van die terrein 2.2.7 Die riviere sny poorte in die landskap (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 7 2.3 FIGUUR 2.3 verwys na die posisies van ʼn antisikloon gedurende winter en somer. 2.3.1 Wat is ʼn antisikloon? (1 x 1) (1) 2.3.2 Benoem antisikloon A. (1 x 1) (1) 2.3.3 Noem die globale drukgordel waarvan antisikloon A deel vorm. (1 x 1) (1) 2.3.4 Verklaar die verskillende posisies van antisikloon A gedurende die verskillende seisoene soos deur FIGUUR 2.3 voorgestel. (2 x 2) (4) 2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die verskillende posisies van antisikloon A die weer van B gedurende die verskillende seisoene sal beïnvloed. (4 x 2) (8) 2.4 FIGUUR 2.4 is ʼn illustrasie van ʼn eienskap van stedelike klimaat. 2.4.1 Identifiseer die eienskap van stedelike klimaat wat deur die skets geïllustreer word. (1 x 1) (1) 2.4.2 Verwys na gebiede A en B. (a) In watter gebied A of B sal die eienskap van stedelike klimaat (antwoord op VRAAG 2.4.1) meer sigbaar wees? (1 x 1) (1) (b) Verduidelik jou keuse. (antwoord op VRAAG 2.4.2(a)) (1 x 2) (2) 2.4.3 Teken ʼn benoemde skets om ʼn besoedelingskoepel gedurende die nag te illustreer. (3 x 1) (3) 2.4.4 Verklaar die wind se rigting vanaf die landelike na die stedelike gebied. (1 x 2) (2) 2.4.5 Verwys na die stedelike en landelike temperatuurgrenslae. (a) Onderskei tussen die temperature van die stedelike en landelike grenslae. (1 x 2) (2) (b) Verduidelik die verskil in VRAAG 2.4.5(a) genoem. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5, wat die lengte- en dwarsprofiel van ʼn rivier aantoon sowel as grafieke wat die breedte, diepte, spoed en gradiënt-afloop van die verskillende stadia van ʼn rivier aantoon. 2.5.1 Definieer die term lengteprofiel van ʼn rivier. (1 x 1) (1) 2.5.2 Noem enige TWEE fluviale landvorme wat in die boloop van ʼn rivier ontstaan. (2 x 1) (2) 2.5.3 Verduidelik waarom hierdie rivier as oorgegradeer beskou sal word. (1 x 2) (2) 2.5.4 Verwys na die verskillende grafieke. (a) Onderskei tussen die dieptes van ʼn rivier in die boloop en benedeloop. (1 x 2) (2) (b) Lewer kommentaar oor die verskil in breedte tussen die boloop en middelloop. (2 x 2) (4) (c) Verduidelik waarom die spoed in die benedeloop hoër as die spoed in die boloop is, as hulle onderskeie gradiënte vergelyk word. (2 x 2) (4) 2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat dreineringsbekken-bestuur toon. 2.6.1 Wat is wateronsekerheid? (1 x 1) (1) 2.6.2 Identifiseer TWEE aktiwiteite, vanaf die skets, wat tot wateronsekerheid kan bydra. (2 x 1) (2) 2.6.3 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van behoorlike grondwater bestuur in die geïllustreerde dorp. (2 x 2) (4) 2.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die TWEE aktiwiteite (in VRAAG 2.6.2 genoem) die volhoubaarheid van die visindustrie in die Baaigebied negatief sal beïnvloed. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 9 AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS VRAAG 3 3.1 FIGUUR 3.1 is ʼn kringloop van stagnasie in landelike gebiede. Pas die beskrywings hieronder met 'n frase uit die skets (behalwe VRAAG 3.1.1). Skryf SLEGS die term/woord van jou keuse langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 3.1.1 Noem die proses wat verantwoordelik is vir die stagnasie, soos in die skets uitgebeeld. 3.1.2 Die koopkrag van die gebied daal 3.1.3 Die landelike gebied raak verlate 3.1.4 ʼn Onproduktiewe werkersmag bly agter 3.1.5 Effek van landelike ontvolking 3.1.6 Infrastruktuur word nie behoorlik in stand gehou nie 3.1.7 Besighede raak bankrot 3.1.8 Afname in landbou-aktiwiteite (8 x 1) (8) 3.2 Kies die korrekte term/frase wat ooreenstem met die beskrywing hieronder. Skryf die korrekte term/woord langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. groeipunte; dekonsentrasiepunte; ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe; industriële ontwikkelingsone; Maputo-korridor; sentralisasie; Heropbou en Ontwikkelingsprogram; Groei; Werkskepping en Herverdeling; Desentralisasie 3.2.1 'n Program om ʼn reeks ontwikkelingskorridors wat oor Suid-Afrika strek, te inisieer en te ondersteun 3.2.2 Elk van hierdie gebiede is direk met ʼn hawe verbind 3.2.3 'n Ontwikkelingstrategie voor 1994, waar nywerhede in afgeleë gebiede met voldoende infrastruktuur opgerig is 3.2.4 'n Strategie wat konsentreer op die verskaffing van mense se basiese behoeftes 3.2.5 Wanneer nywerhede en aktiwiteite gekonsentreer word om 'n sentrale punt of ekonomiese voordeel 3.2.6 Voor-apartheid ekonomiese strategie, waar nywerheidsontwikkelings- terreine buite groot metropolitaanse gebiede geleë was 3.2.7 Hierdie handelsinfrastruktuur verbind Gauteng met die hoofstad van Mosambiek (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.3 Verwys na die foto van ʼn landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3. 3.3.1 Noem die vorm van die nedersetting in die foto. (1 x 1) (1) 3.3.2 Verskaf bewyse uit die foto om jou antwoord wat in VRAAG 3.3.1 genoem word, te ondersteun. (1 x 2) (2) 3.3.3 Waarom is hierdie nedersetting ʼn kern landelike nedersetting? (2 x 1) (2) 3.3.4 Verduidelik hoe reliëf (topografie) en water die kernpatroon van die nedersetting beïnvloed het. (2 x 2) (4) 3.3.5 Lewer kommentaar op die feit dat die rivier ʼn negatiewe ekonomiese impak op die inwoners van die nedersetting sal hê. (3 x 2) (6) 3.4 Die spotprent in FIGUUR 3.4 is 'n voorbeeld van stedelike verval in die middestad. 3.4.1 Definieer die term stedelike verval. (1 x 1) (1) 3.4.2 Noem TWEE aanwysers van stedelike verval in die spotprent. (2 x 1) (2) 3.4.3 Verduidelik TWEE faktore wat tot stedelike verval in die spotprent kon bygedra het. (2 x 2) (4) 3.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stedelike hernuwing sal help om die probleem van stedelike verval op te los. (4 x 2) (8) 3.5 Bestudeer die grafieke wat die volume van mynbouproduksie (2012–2017) en die wisselkoerse (2016–2017) in FIGUUR 3.5 uitbeeld. 3.5.1 Hoekom is mynbou ʼn primêre aktiwiteit? (1 x 1) (1) 3.5.2 Identifiseer die jaar of jare toe die volume van mynbouproduksie op sy laagste en hoogste was. (2 x 1) (2) 3.5.3 Verwys na die volumes van mynbouproduksie (2012–2017) en die wisselkoerse tussen 2016 en 2017. (a) Beskryf die neigings van die volume van mynbouproduksie tussen Maart 2016 en Maart 2017. (2 x 1) (2) (b) Verduidelik waarom die afname in die wisselkoerse hierdie tendense (antwoord op VRAAG 3.5.3 (a)), tussen Maart 2016 en Maart 2017 kon veroorsaak het. (1 x 2) (2) (c) Noem TWEE ander faktore (behalwe wisselkoers) wat moontlik bygedra het tot die neigings (antwoord op VRAAG 3.5.3 (a)) tussen Maart 2016 en Maart 2017. (2 x 2) (4) 3.5.4 Evalueer hoe ʼn arbeidsmag die wins in die mynbedryf kan verhoog. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 11 3.6 Verwys na die uittreksel oor GWEH (‘GEAR’) in Suid-Afrika in FIGUUR 3.6. 3.6.1 Waarvoor staan die akroniem (afkorting) GWEH (‘GEAR’)? (1 x 1) (1) 3.6.2 Wat is die TWEE hooffokusse van GWEH, volgens die artikel? (2 x 1) (2) 3.6.3 Regverdig die feit dat GEAR geïmplementeer is om ‘die ekonomiese situasie van die agtergeblewe meerderheid’ in Suid-Afrika te verbeter. (2 x 2) (4) 3.6.4 ‘GEAR’ was net gedeeltelik suksesvol om sommige van sy doelwitte te bereik. In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik TWEE doelwitte en TWEE mislukkings van GEAR. (4 x 2) (8) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4 4.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.8 H. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Verskaf hoë- en lae-orde goedere A Afgeleë sakegebied en word in voorstede aangetref 4.1.2 Word op sypaadjies in alle B Geïsoleerde winkels kleinhandel- en woongebiede gevind 4.1.3 Word op ʼn afstand vanaf die SSK C Buurtwinkelsentrum aangetref, naby kruisings van paaie in die landelik-stedelike oorgangsone 4.1.4 Word aangetref by kruisings van D Spazawinkels hoofpaaie wat na voorstede lei 4.1.5 Gewoonlik langs hoofpaaie wat die E Informele handelaars SSK en die voorstede verbind 4.1.6 Mees toeganklike gebied oorheers F Kommersiële deur wolkekrabbers lintontwikkeling 4.1.7 Winkels wat na die voorstede G Beplande gedesentraliseer het streekswinkelsentrum H Sentrale besigheidsgebied (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) GEOGRAFIE V1 13 4.2 Kies die korrekte woord/term tussen hakies. Skryf SLEGS die woord/term langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.2.1 (BBP/BNP) is die waarde van alle goedere en dienste wat oor ʼn spesifieke tydperk geproduseer word. 4.2.2 Wanneer ʼn klein hoeveelheid landbouprodukte vanaf ʼn groot stuk grond verkry word, word dit (intensiewe/ekstensiewe) boerdery genoem. 4.2.3 (Ekonomie/Handel) verwys na die industriële en kommersiële aktiwiteite van 'n land. 4.2.4 Produkte wat spesifiek vir die plaaslike inwoners van 'n land vervaardig word, staan as die (tuis/uitvoer)-mark bekend. 4.2.5 (Grondstof-/Mark-) georiënteerde industrieë word naby die mense wat die produkte koop, aangetref. 4.2.6 Bestaansboerdery is 'n voorbeeld van (groot-/klein-) skaal boerdery. 4.2.7 Die punt waar goedere van een vervoermiddel na 'n ander oorgedra word, staan as die (verskepings-/vragverbrekings-) punt bekend. 4.2.8 Die (ekonomies aktiewe/ekonomies stabiele) is daardie deel van die bevolking wat werk, of werk soek. (8 x 1) (8) 4.3 Verwys na die artikel oor landelike transformasie as ʼn oplossing vir armoede in Suid-Afrika in FIGUUR 4.3. 4.3.1 Hoeveel mense leef in landelike gebiede in Suid-Afrika? (1 x 1) (1) 4.3.2 Definieer die term sosiale geregtigdheid. (1 x 1) (1) 4.3.3 Noem TWEE ongeregtighede uit die artikel wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar. (2 x 1) (2) 4.3.4 Noem en verduidelik EEN grondhervormingsbeleid wat in Suid-Afrika geïmplementeer is om landelike transformasie te verseker. (1 + 2) (3) 4.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe grondhervorming in Suid-Afrika armoede kan verminder. (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat stedelike uitbreiding oor tyd aantoon. 4.4.1 Hoe is FIGUUR 4.4 ʼn voorbeeld van ʼn stedelike profiel? (1 x 1) (1) 4.4.2 Verduidelik die belangrikheid van ʼn stedelike profiel vir stadsbeplanners. (2 x 2) (4) 4.4.3 Stedelike uitbreiding word oor tyd uitgebeeld. (a) Verduidelik die konsep stedelike uitbreiding. (1 x 1) (1) (b) Noem die grondgebruiksone waar stedelike uitbreiding waarskynlik plaasgevind het. (1 x 1) (1) (c) Evalueer hoe stedelike uitbreiding ʼn negatiewe invloed op die omgewing het. (2 x 2) (4) 4.4.4 Lewer kommentaar op die positiewe impak wat die stedelike uitbreiding op die inwoners van ʼn stedelike gebied sal hê. (2 x 2) (4) 4.5 Verwys na die artikel oor vervaardiging in Suid-Afrika in FIGUUR 4.5. 4.5.1 Definieer die term vervaardiging. (1 x 1) (1) 4.5.2 Gee bewyse uit die artikel wat Suid-Afrika se dalende vervaardigingsektor bevestig. (1 x 1) (1) 4.5.3 Noem TWEE faktore, uit die artikel, wat dit moeilik maak vir Suid- Afrika om produksie te verhoog. (2 x 1) (2) 4.5.4 Verduidelik hoe hoë energiekoste tot die onderprestasie van die vervaardigingsektor bydra. (2 x 2) (4) 4.5.5 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, die positiewe impak van veredelde goedere vir vervaardiging. (4 x 2) (8) 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6, ʼn uittreksel oor die Weskus-beleggingsinisiatief. 4.6.1 In watter provinsie is die Weskus-beleggingsinisiatief geleë? (1 x 1) (1) 4.6.2 Noem EEN projek elk uit die uittreksel, wat gesentreer sal word in 'n sekondêre en tersiêre ekonomiese aktiwiteit. (2 x 1) (2) 4.6.3 Verduidelik hoe verbeterde infrastruktuurfasiliteite belegging in die Saldanhabaai-streek sal verhoog. (3 x 2) (6) 4.6.4 Verwys na die sinksmeltprojek wat in die uittreksel genoem word. (a) Hoekom is die sinksmeltprojek by die hawe van Saldanhabaai opgerig? (1 x 1) (1) (b) Evalueer die negatiewe impak wat hierdie sinksmeltprojek op die omgewing rondom Saldanhabaai kan hê. (2 x 2) (4) [75] GROOTTOTAAL 225 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all