Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 1 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V2
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 75
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)



%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Geography Grade 12 P2 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 536.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Economic geography of South Africa
- Question 1.2Map work
- Question 1.3Map work
- Question 1.4Rural and urban settlements
- Question 1.5Map work
- Question 1.6Map work
Show all 27 questions
- Question 1.7Climate and weather
- Question 1.8Geomorphology
- Question 1.9Map work
- Question 1.10Rural and urban settlements
- Question 1.11Map work
- Question 1.12Map work
- Question 1.13Map work
- Question 1.14Rural and urban settlements
- Question 1.15Geomorphology15 marks
- Question 2.1Map work7 marks
- Question 2.2Map work9 marks
- Question 2.3Map work4 marks
- Question 3.1Geomorphology6 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements6 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements3 marks
- Question 3.4Climate and weather5 marks
- Question 3.5Map work2 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa3 marks
- Question 4.1Map work7 marks
- Question 4.2Map work5 marks
- Question 4.3Map work16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
BRONMATERIAAL
1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2627CD PARYS
2. Ortofotokaart 2627 CD 19 PARYS
3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
word.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
voorblad.
2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.
3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS) en 'n
ortofotokaart (2627 CD 19 PARYS) van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied.
Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
4. eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
losmaak NIE.
6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van
toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.
7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
GEEN punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word NIE.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.
9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
topografiese kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Aerodrome Vliegveld
Caravan Park Karavaanpark
Diggings Uitgrawings
Golf Course Gholfbaan
Gap Poort
Holiday Resort Vakansieoord
Island Eiland
Purification Plant Watersuiweringsaanleg
River Rivier
Sewage Works Rioolwerke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE INLIGTING OOR PARYS
Parys is 'n dorp in die Vrystaat in Suid-Afrika. Dit lê aan die oewers van die Vaalrivier
ongeveer 115 km suid van Johannesburg. Die voltooiing van die spoorlyn na Parys in
1905 het Parys skielik meer toeganklik vir die publiek gemaak en dit het weer daartoe
gelei dat die dorp as 'n vakansieoord en nywerheidsentrum gegroei het. Baie kunstenaars
het hulle in die dorp gevestig en die verskeidenheid nuwe, interessante winkels en
besienswaardighede maak dit die ideale wegbreek vir Gauteng en ander groot sentrums.
Parys is in die Vredefortkoepel-wêrelderfenisterrein geleë. Die Vredefortkrater is die
grootste erkende impakkrater op Aarde. Die Vredefortkoepel is by die lys van UNESCO
se Wêrelderfenisterreine gevoeg as gevolg van sy geologiese belang.
PARYS .
Koördinate: 26°54'S 27°27'O
[Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Parys, South Africa, Freestate]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS), sowel as
die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.
1.1 Die hoofnywerheidstreek die naaste aan Parys is die …-nywerheidstreek.
A Port Elizabeth-Uitenhage
B Durban-Pinetown
C Wes-Kaap
D Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging D
1.2 Die topografiese kaart noordwes van Parys is tussen die volgende breedtelyne
geleë:
A 27°00'S en 27°15'S
B 26°30'S en 26°45'S
C 26°00'S en 27°00'S
D 26°15'S en 26°30'S
B
1.3 Die hoogte van die indekskontoerlyn in blok D5 is … meter.
A 1 500
B 1 400
C 1 600
D 1 530
A
1.4 'n Menslike faktor wat verdere uitbreiding van Parys in 'n noordwestelike rigting
beperk, is die …
A permanente rivier.
B internasionale grens.
C
D
provinsiale grens.
steil gradiënt.
C
1.5 Die windpomp K in blok I2 is langs die rivier geleë, want hierdie gebied het 'n
…-watertafel.
A hoë droë seisoen
B hoë nat seisoen
C
D
lae droë seisoen
lae nat seisoen
A/C
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.6 Die verskynsel by 26°49'48"S 27°21'54"O/26°49,8'S 27°21,9'O:
A Staproete
B Standhoudende water
C
D
Bewerkte land
Sekondêre pad
B
1.7 Die ligging van die boomlandskap in blok B9 is deur die … beïnvloed.
A katabatiese vloei.
B anabatiese vloei.
C termiese gordel.
D hellingsaspek.
D
1.8 Die gedeelte van die Vaalrivier in die gekarteerde gebied toon eienskappe wat
tipies van … is.
A die middel- en benedeloop
B slegs die boloop
C die bo- en benedeloop
D slegs die benedeloop
A
1.9 Die landvorm by lyn 4 op die ortofotokaart is 'n …
A uitloper.
B vallei.
C rug/rif.
D poort.
B
1.10 Die persele in blok F9 het langwerpige (lank en smal) vorme. Die belangrikste
rede vir hierdie vorm is om toegang tot (die) … te hê.
A water
B vrugbare grond
C gelyk grond
D brandstof
A
1.11 Die pad by 3 op die ortofotokaart is 'n …
A ander pad.
B hoofverkeersroete
C sekondêre pad
D hoofweg.
C
1.12 Die bewerkte land by 5 op die ortofotokaart kan uitgeken word aan sy …
A donkerder skakering.
B gladde tekstuur.
C skaduwee.
D vorm.
B/D
1.13 Verwys na die omliggende gebied by 15 op die ortofotokaart. Die vertikale
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
lugfoto wat gebruik is om die ortofotokaart te produseer, is tussen … geneem.
A 12:00–14:00
B 14:00–16:00
C 10:00–12:00
D 08:00–10:00
C
1.14 Die nedersettingspatroon by L in blok D2 is …
A rond.
B lineêr.
C saamgetros.
D verspreid. C
1.15 Die natuurlike watersuiweringsverskynsel in blok J2 en J3 is 'n …
A windpomp.
B bewerkte land.
C moeras en vlei.
D uitgrawings. C
(15 x 1) [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE
2.1 Verwys na blok D3 en E3.
2.1.1 Bereken die vertikale interval (VI) tussen M en punthoogte 1 395 in
meter. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken
word.
VI = 1 500 m – 1 395 m
= 105 m (1 x 1) (1)
2.1.2 Bereken die horisontale ekwivalent (HE) tussen M en
punthoogte 1 395 in meter. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
berekeninge toegeken word.
HE = 1.5 cm x 500 m [speling vir meting is 1.4 cm tot 1.6 cm]
= 750 m
Speling [700 m tot 800 m] (2 x 1) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in VRAAG 2.1.1 en 2.1.2 en bereken die
gemiddelde gradiënt tussen M en punthoogte 1 395. Toon ALLE
berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
vertikale interval (VI)
Formule: Gradient =
horisontale ekwivalent (HE)
G = 105 (÷ 105)
750 (700 tot 800) (÷ 105)
[Gee EEN punt vir korrekte vervanging, al is die VI en HE verkeerd
bereken]
= 1
7.14 / 1 : 7.14/1 in 7.14
Speling [1 : 6.66 – 1 : 7.61] (2 x 1) (2)
2.1.4 Sal die gradiënt wat in VRAAG 2.1.3 bereken is, tot 'n lae of hoë
stroomsnelheid lei? Gee 'n rede vir jou antwoord.
Antwoord: Hoë stroomsnelheid
Rede: Die gemiddelde gradiënt is steil en water sal dus vinniger
vloei
Die helling daal baie vinnig oor 'n kort afstand
Oor 6.66 m daal die helling met 1 m
[Enige EEN] (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.2 Verwys na lyn 6 tot 7 op die ortofotokaart.
Pelgrimsrus
plaasopstal
1400 m 1405 m 1405 m 1400 m 1395 m 1390 m 1385 m 1380 m
2.2.1 Gebruik die afgemerkte punte onder die horisontale as van die
deursnit om die deursnit tussen 6 en 7 hierbo te voltooi. Party
hoogtes is ingesluit om jou te help. (4 x 1) (4)
2.2.2 Dui die posisie van die Pelgrimsrus-plaasopstal op die voltooide
deursnit in VRAAG 2.2.1 aan. (1 x 1) (1)
2.2.3 Bereken die vertikale vergroting van die deursnit wat in VRAAG 2.2.1
geteken is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
toegeken word.
vertikale skaal (VS)
Formule: Vertikale vergroting =
horisontale skaal (HS)
1 : 1 000 (vervanging)
1 : 10 000 (vervanging)
1__ Enige EEN
1 000
1___
10 000
1_ X 10 000
1 000 1
10 keer (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.3 Verwys na die ortofotokaart en die topografiese kaart.
2.3.1 Die magnetiese deklinasie van die ortofotokaart vir 1980 word as
17°50ʹ wes van Ware Noord gegee. Is die magnetiese deklinasie van
die ortofotokaart groter of kleiner as die magnetiese deklinasie wat op
die topografiese kaart aangedui word?
Kleiner (1 x 1) (1)
2.3.2 Gee 'n rede vir die verskil in die magnetiese deklinasie tussen die
topografiese kaart en die ortofotokaart.
Die ortofotokaart is ouer (1980) as die topografiese kaart (2006)
Die topografiese kaart is nuwer (2006) as die ortofotokaart (1980)
Die gemiddelde jaarlikse magnetiese verander weswaarts, daarom
sal die nuwer kaart 'n groter magnetiese deklinasie hê
Die gemiddelde magnetiese deklinasie is 18°52'W (2011) op die
topografiese kaart
(1 x 2) (2)
2.3.3 Hoekom is dit vir 'n stapper belangrik om die magnetiese deklinasie te
korrigeer?
Die voetstapper sal nie verdwaal nie/As nie gekorrigeer sal
voetstapper verdwaal
Die voetstapper sal sy bestemming bereik/As nie gekorrigeer sal
voetstapper nie sy bestemming bereik nie
Die voetstapper sal in die akurate (regte) rigting stap/As nie
gekorrigeer sal die voetstapper in die verkeerde rigting stap
Dit sal moontlik wees vir die voetstapper om die kaart te oriënteer met
ware noord/As nie gekorrigeer sal die voetstapper nie nie die kaart
met ware noord kan oriënteer nie
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
3.1 Verwys na blok E4 en F3.
3.1.1 Noem die dreineerpatroon in hierdie gebied.
Tralie (1 x 1) (1)
3.1.2 Verwys na die topografiese kaart en verduidelik waarom die
dreineerpatroon wat in VRAAG 3.1.2 genoem is, ontwikkel het.
Die hoofstroom is geleë op die valleivloer en deur steil hellings
omring wat veroorsaak dat sytakke teen die hellings afvloei en by die
hoofstroom teen reghoeke/90º hoeke aansluit
Ontwikkel op 'n landskap met getilte sedimentêre rots/afwisselende
lae van harde en sagte rotse (1 x 2) (2)
3.1.3 Is die dreineerdigtheid in hierdie gebied hoog of laag? Gee EEN rede
vir jou antwoord.
Dreineerdigtheid: Laag
Rede: Baie min strome in die gebied
Nie-standhoudende strome
Die onderliggende gesteente mag nie-deurlaatbaar is
Lae reënval
Die grond mag droog wees en daarom infiltreer water
[Enige EEN rede] (1 + 2) (3)
3.2 Verwys na die plaasopstal by O in blok G2.
3.2.1 Is die plaasopstal by O 'n waterpuntnedersetting of 'n
droëpuntnedersetting? Gee 'n rede vir jou antwoord.
Antwoord: Droëpuntnedersetting
Rede: Nedersetting op hoë grond gebou om vloede te vermy
Nedersetting weg van rivier gebou om vloede te vermy
Bo die vloedlyn/vloedkontoerlyn gebou
[Enige EEN rede] (1 + 2) (3)
3.2.2 Noem en verduidelik EEN mensgemaakte faktor wat die
standplaaskeuse van die plaasopstal bepaal het.
Mensgemaakte faktor: Vervoer/pad/sekondêre pad
Verduideliking: Naby aan die pad geleë om gewasse te kan vervoer/
groter toeganklikhed tot plaasopstal (1 + 2) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.3 Verwys na blok G9 en G10 wat die landelik-stedelike oorgangsone van Parys
is.
3.3.1 Gee EEN aktiwiteit/diens in blok G9 en/of blok G10 wat in die
landelik-stedelike oorgangsone voorkom.
Gholfbaan
Watersuiweringsaanleg
Parysvliegveld/vliegveld/landingstrook/aanloopbaan/
Hospitaal
Uitgrawings/steengroewe
Voetslaanpad
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
3.3.2 Verduidelik waarom die aktiwiteit/diens wat in VRAAG 3.3.1 genoem
is, in die landelik-stedelike oorgangsone geleë is.
Gholfbaan: Ruimte beskikbaar vir ontwikkeling
Weg van geboude gebied, dus minder geraas wat
ideaal vir gholfspeel is
Gelyk/goedkoop grond
Watersuiweringsaanleg: Gaan gepaard met sterk/slegte reuke
daarom weg van die geboude gebied
Gelyk/goedkoop grond
Ruimte vir uitbreiding
Parysvliegveld: Ruimte beskikbaar vir ontwikkeling
Vliegveld skep geraas daarom weg van geboude
gebied
Om moontlike ernstige ongelukke in Parys te
voorkom
Gelyk/goedkoop grond
Hospitaal: Vereis stil gebied
Toeganklik vir landelike gemeenskap
Gelyk goodkoop grond
Ruimte vir uitbreiding
Uitgrawings: In onontwikkelde gebied dus veilig vir uitgrawings
In onontwikkelde gebied om grondstowwe te verkry vir
geboue en infrastruktuur
Voetslaanpad: Estetiese waarde langs spruit/stroom
[Enige EEN gebaseer op antwoord tot VRAAG 3.3.1] (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.4 Al is West End (W) in blok H7, naby aan die SSK geleë, ondervind dit baie
laer temperature as wat verwag word.
3.4.1 Gee en verduidelik EEN rede vir die stelling hierbo.
Rede: (Meer) plantegroei/groengordel
Verduideliking: Plantegroei absorbeer koolstofdioksied en verlaag die
temperatuur
Skep skadugebiede wt temperature verlaag
Evapotranspirasie verlaag temperature
OF
Rede: (Naby die) Vaalrivier/water
Verduideliking: Die rivier het 'n matigende invloed op die temperatuur-
speling en dit verlaag die temperature
Koel bries verlaag temperature
OF
Rede: (Lae) geboudigtheid
Verduideliking: Minder beton, yster en teer wat hitte absorbeer dus
laer temperature
Hitte word nie tussen geboue vasgevang nie
Meer natuurlike oppervlaktes verlaag temperature
Laer geboudigtheid laat meer ventilering toe
[Enige EEN] (1 + 2) (3)
3.4.2 Beskryf EEN klimatologiese nadeel vir mense wat in West End woon.
West End kan veral in die winter baie koud word/rypholte wat
menslike gemakstoestande verlaag/Ervaar katabatiese/helling-
dalende winde wat temperature verlaag
Die gebied kan mis ervaar wat sigbaarheid verminder
Asgevolg van verhoogde reënval/donderstorms kan oorstromings
voorkom
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.5 Die gekarteerde gebied ontvang seisoenale reën. Gee TWEE bewyse in die
topografiese kaart om hierdie stelling te ondersteun.
Nie-standhoudende riviere domineer die gebied
Daar is damme
Daar is baie windpompe
Daar is baie vore
Daar is baie reservoirs
Besproeiing word toegepas
[Enige TWEE] (2 x 1) (2)
3.6 Parys is 'n gewilde vakansieoord.
3.6.1 Gee EEN rede waarom Parys 'n gewilde vakansieoord geword het.
Naby die Vredefort-krater wat die grootste erkende impakkrater op
Aarde is
Die Vredefort-koepel is 'n Wêrelderfenisgebied
Dit is langs die Vaalrivier
Daar is baie ontspanningsaktiwiteite (Kandidate kan voorbeelde gee)
Parys is toeganklik/spoorweg vir Gauteng en ander groot sentra
Baie kunstenaars het hier gevestig
Natuurlike skoonheid/estetiese aantrekkingskrag
Interesante winkels/aantreklikhede
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
3.6.2 Verduidelik die positiewe invloed wat Parys, as 'n gewilde
vakansieoord, op die plaaslike ekonomie het.
Verbeter die plaaslike ekonomie, want daar sal meer beleggings
wees
Skep meer werksgeleenthede/minder werkloosheid
Verbeterde vervoerstelsels/spoorweg vir die vervoer van mense en
goedere
Toename in toerisme wat plaaslike besighede baat
Plaaslike mense kan meer geld maak wat hulle koopkrag versterk
Produkte van plaaslike kunstenaars word ondersteun
Landbou vind baat deur vir die plaaslike gasvryheidsdienste te
voorsien
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSISTEME (GIS)
4.1 Parys is in die Vredefort-krater geleë. Geoloë is voortdurend besig met
navorsing en data-insameling.
4.1.1 Word die data wat ingesamel word, as primêre of sekondêre data
beskou?
Primêre data (1 x 1) (1)
4.1.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.1.1.
Dit is eerstehandse data wat direk van die bron verkry word
Data is nog nie verwerk nie/nog in onverwerkte formaat
Dit is slegs data van veldwerk
(1 x 2) (2)
4.1.3 Verduidelik hoe afstandswaarneming geoloë verder met hulle
navorsing kan help.
Afstandswaarneming gee 'n oorsig oor die hele studiegebied
Afstandswaarneming help geoloë om veranderings oor tyd waar te
neem en te verifieer
Navorsers hoef nie op die terrein te wees om data te bekom nie
Weerstoestande het weinige invloed op die insameling van data
Mees onlangse data is maklik en geredelik beskikbaar
Geoloë het toegang tot data wat nie gewoonlik maklik deur mense
bekombaar is nie
Data kan vinnig verkry word
Veiliger om data in ontoeganklike gebiede te verkry
Aaneenlopende insameling van data
Help met meer akkurate geologiese kartering
Verbeter spektrale resolusie van geologiese kartering
Kombinering van verskillende datastelle van geologiese lae
Studeer die verandering in geologiese omgewings
Insameling van data is betroubaar
[Enige TWEE] (2 x 2) (4)
4.2 Bufferskepping speel 'n belangrike rol om nedersettings teen oorstromings te
beskerm.
4.2.1 Definieer die term bufferskepping.
Dit is die demarkering/grens/afbakening/ruimtelike afstand om 'n
gebied
[Konsep] (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4.2.2 Daar is geen bewys van bufferskepping tussen die Vaalrivier en Parys
in blok G7 en G8 nie. Gee 'n rede vanaf die topografiese kaart om
hierdie stelling te ondersteun.
Die Vaalrivier is reg langs die geboude gebied
Daar is geen afgemerkte gebied tussen die Vaalrivier en Parys nie
Daar is op die vloedvlakte gebou
Daar is onder die vloedlyn gebou
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
4.2.3 Verduidelik waarom daar geen bufferskepping tussen die Vaalrivier
en Parys in blok G7 en G8 plaasvind nie.
Die gebied word vir ontspanning gebruik/gholfbaan/karavaanpark
Naby aan die rivier geleë vir estetiese waarde
Geen behoorlike beplanning nie
Kleiner kans vir vloede
Makliker en goedkoper om op die vloedvlakte te bou
Maklike toegang tot die rivier
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
4.3 Verwys na die ruwe skets hieronder, 'n vergrote weergawe van blok F8.
(Die eksaminator se skets van blok F8 is nie volgens skaal geteken nie.)
1
2
....
..
1
2
Verwysing:
1 – Boorde en wingerde
2 – Bewerkte grond
4.3.1 GEEN standaardisering van data vind in die skets plaas NIE.
Gee 'n rede om hierdie stelling te ondersteun.
Verskillende simbole word gebruik om dieselfde aktiwiteit/
verskynsel/grondgebruik op die skets aan te toon/Geen vooraf
bepaalde formaat waarop ooreengekom is nie (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
4.3.2 Standaardiseer die data in die skets hieronder deur die gepaste
gestandardiseerde konvensionele tekens (kaarttekens) vir 'n 1 :
50 000 topografiese kaart te gebruik.
..
2
..
..
1 Alle 1's MOET dieselfde wees
Alle 2's MOET dieselfde wees
2
....
2
1
(2 x 1) (2)
[15]
TOTAAL: 75
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20June%202025%20Question%20Paper--ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205/v1-98bc441a090fdcbd55aa/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum