Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2017
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 407.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather8 marks
- Question 1.2Geomorphology7 marks
- Question 1.3Climate and weather13 marks
- Question 1.4Climate and weather17 marks
- Question 1.5Geomorphology14 marks
- Question 1.6Geomorphology16 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather7 marks
- Question 2.2Geomorphology8 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 4.2Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Kies 'n term in KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Die inversielaag is hoër as die plato in A inwigging
hierdie seisoen
B saal
1.1.2 Die temperatuur waarteen waterdamp
kondenseer C lyndonderstorms
1.1.3 Lugdruksel wat in die winter wolklose, D Kalahari-hoog
stabiele toestande oor die binneland
veroorsaak E afsnylaag
1.1.4 Vorm wanneer die koue front van 'n F somer
middelbreedte-sikloon van die res van
die sikloon afgesny word G kuslaag
1.1.5 'n Swak laagdruk wat met motreën en H doupunt
onstabiele weerstoestande langs die
Suid-Afrikaanse kuslyn geassosieer word I winter
1.1.6 Vorm wanneer warm, vogtige lug van die
Indiese Oseaan deur koue, droë lug van
die Atlantiese Oseaan ingesny word
1.1.7 Word deur verlengde isobare uit 'n
hoogdruksel voorgestel
1.1.8 Sone van konstante druk tussen twee
antisiklone
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.2 Bestudeer FIGUUR 1.2 wat op 'n rivierstelsel gebaseer is.
1.2.1 Benoem die dreineerpatroon in die boloop van die rivier in gebied A.
1.2.2 Benoem die onderliggende rotsstruktuur wat waarskynlik in
gebied A aangetref sal word.
1.2.3 Is gebied A die opvangsgebied of die mond van die rivier?
1.2.4 Noem die tipe erosie wat diep valleie in gebied A veroorsaak.
1.2.5 Noem 'n natuurlike verskynsel wat by 'n knakpunt (in gebied B)
vorm.
1.2.6 In watter rivierloop domineer afsetting?
1.2.7 Benoem die landvorm wat waarskynlik as gevolg van die
sandafsettings by die riviermond sal vorm. (7 x 1) (7)
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat op 'n koue front gebaseer is.
1.3.1 Watter bewys in die diagram dui daarop dat X 'n laagdruk is wat
vinnig besig is om te verdiep? (1 x 1) (1)
1.3.2 Beskryf die voorspelde temperatuur- en lugdrukverandering wat
Kaapstad sal ervaar. (2 x 1) (2)
1.3.3 Gee 'n rede vir die cumulonimbuswolk wat by Y sal vorm. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom is strandgangers gewaarsku om van die strand af weg
te bly? (2 x 2) (4)
1.3.5 Hoe kan inwoners van die Kaapse kusstreke die negatiewe impak
van die koue front verminder? (2 x 2) (4)
1.4 FIGUUR 1.4 toon die impak van bergwinde op kustemperature.
1.4.1 (a) Gee die laagste temperatuur wat op 27 Oktober by Vredendal
aangeteken is. (1 x 1) (1)
(b) Gee die presiese tyd toe hierdie temperatuur aangeteken is.
(1 x 1) (1)
1.4.2 Gee die hoogste temperatuur wat op die grafiek aangeteken is. (1 x 1) (1)
1.4.3 Bepaal die temperatuurspeling wat op 27 Oktober by Vredendal
ondervind is. (1 x 2) (2)
1.4.4 Verduidelik hoe die abnormaal groot temperatuurspeling wat
op 27 Oktober by Vredendal ondervind is, deur bergwinde
veroorsaak is. (2 x 2) (4)
1.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
voorsorgmaatreëls wat die inwoners van Vredendal moet tref
wanneer 'n bergwind nader. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat op die watertafel gebaseer is.
1.5.1 Definieer die term watertafel. (1 x 1) (1)
1.5.2 (a) Beskryf die posisie van die watertafel in FIGUUR 1.5A in
verhouding tot die Aardoppervlak. (1 x 1) (1)
(b) Gee 'n rede vir die posisie van die watertafel in FIGUUR 1.5A
wat in VRAAG 1.5.2(a) genoem is. (1 x 2) (2)
1.5.3 (a) Hoe het stedelike ontwikkeling die posisie van die watertafel in
verhouding tot die Aardoppervlak in FIGUUR 1.5B verander?
(1 x 2) (2)
(b) Verduidelik waarom stedelike ontwikkeling die posisie van die
watertafel in FIGUUR 1.5B, wat in VRAAG 1.5.3(a) genoem is,
verander het. (2 x 2) (4)
1.5.4 Stel maatreëls voor wat ná stedelike ontwikkeling ingestel kan
word om die watertafel, soos in FIGUUR 1.5A geïllustreer, te
handhaaf. (2 x 2) (4)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n stroomkanaal toon.
1.6.1 Identifiseer die stroomkanaalpatroon wat in FIGUUR 1.6 getoon
word. (1 x 1) (1)
1.6.2 In watter loop van die rivier sal die geïllustreerde stroomkanaal-
patroon die waarskynlikste aangetref word? (1 x 1) (1)
1.6.3 Gee EEN rede waarom die geïllustreerde stroomkanaalpatroon in
die loop van die rivier, wat jy in VRAAG 1.6.2 genoem het, sal
ontwikkel. (1 x 2) (2)
1.6.4 Teken 'n eenvoudige, benoemde deursnit van die rivierkronkel/
meander tussen punt A en B. (2 x 2) (4)
1.6.5 Jy wil graag 'n kampeerterrein aan die oewer van die geïllustreerde
rivier ontwikkel. Na sorgvuldige oorweging kies jy 'n terrein langs
helling/oewer A eerder as langs helling/oewer B. Verduidelik, in 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom die terrein langs
helling/oewer A die beste keuse is. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat vier weerstasies toon. Pas die stellings
hieronder by weerstasies A tot D. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
2.1.8 A.
2.1.1 Donderstorms kan waarskynlik ervaar word.
2.1.2 Windspoed is 25 knope.
2.1.3 Dui wolklose toestande aan.
2.1.4 Windrigting is suidwes.
2.1.5 Geassosieer met stabiele toestande oor die binneland in die winter.
2.1.6 Toestande wat in die winter aan die weskus van Suid-Afrika heers.
2.1.7 Die verwagte neerslag is motreën. (7 x 1) (7)
2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.2.1–2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 A.
2.2.1 Verwys na die hoofrivier en sy sytakke:
A Dreineerbekken
B Samevloeiing
C Opvangsgebied
D Rivierstelsel
2.2.2 Die watervloei in 'n bergstroom is waarskynlik …
A laminêr.
B glad.
C turbulent.
D in lae.
2.2.3 Die hoofgeomorfologiese proses in die benedeloop van 'n rivier is …
A erosie.
B afsetting.
C saltasie.
D abstraksie.
2.2.4 Die laagste punt waartoe 'n stroom kan erodeer, word die …
genoem.
A permanente basisvlak
B bron
C tydelike basisvlak
D knakpunt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2017
NSS
2.2.5 Die term wat gebruik word om die veranderende posisie van 'n
waterskeiding te beskryf:
A Stroomroof
B Verjonging
C Afsetting
D Abstraksie
2.2.6 'n Stroom wat tans te klein is om die vallei waarin dit vloei, te
erodeer:
A Antesedente/Gehandhaafde stroom
B Geroofde stroom
C Gesuperponeerde/Geërfde stroom
D Verarmde stroom
2.2.7 Vorm wanneer 'n stroom sy vrag afset en sy eie loop blokkeer:
A Gevlegte stroom
B Levée/Oewerwal
C Vloedvlakte
D Moeras
2.2.8 Riviere wat net in die reënseisoen vloei, word … riviere genoem.
A eksotiese
B periodiese
C episodiese
D standhoudende (8 x 1) (8)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat inligting oor 'n tifoon in Taiwan bevat.
2.3.1 Watter skets, A of B, toon die tifoon wat Taiwan getref het? (1 x 1) (1)
2.3.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1 x 2) (2)
2.3.3 Watter bewys dui daarop dat Taiwan gereeld tifone ervaar? (1 x 2) (2)
2.3.4 Waarom word mense na veiligheid gebring wanneer 'n tifoon nader?
(1 x 2) (2)
2.3.5 Verduidelik TWEE faktore wat daartoe sou gelei het dat Meranti in
'n super-(uiters sterk)tifoon ontwikkel het. (2 x 2) (4)
2.3.6 Evalueer die impak van 800 mm reën wat in die bergagtige gebiede
van Taiwan neergestort het (in groot hoeveelhede geval het). (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2017
NSS
2.4 FIGUUR 2.4 is 'n voorstelling van 'n stadsklimaat.
2.4.1 Watter skets, A of B, stel die stadsklimaat in die dag voor? (1 x 1) (1)
2.4.2 Gee EEN rede om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te ondersteun.
(1 x 2) (2)
2.4.3 Gee EEN rede vir die voorkoms van rookmis in skets B. (1 x 2) (2)
2.4.4 Stel EEN rede vir die afwesigheid van rookmis in skets A voor.
(1 x 2) (2)
2.4.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskillende
volhoubare oplossings om die ontwikkeling van rookmis in 'n stad
te beperk. (4 x 2) (8)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 wat stroomroof op 'n geërfde landskap toon.
2.5.1 Wat is 'n geërfde stroom? (1 x 1) (1)
2.5.2 Watter bewys dui daarop dat rivier S en rivier Y geërfde strome is?
(1 x 2) (2)
2.5.3 Teken 'n benoemde deursnee om te toon hoe die abstraksieproses
tot stroomroof in FIGUUR 2.5B gelei het. (2 x 2) (4)
2.5.4 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die
veranderinge wat die geroofde stroom stroomaf van die roofelmboog
sal ondergaan. (4 x 2) (8)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op stroomverjonging in die benedeloop van
'n rivier gebaseer is.
2.6.1 Noem EEN kenmerk van 'n verjongde rivier. (1 x 1) (1)
2.6.2 Watter bewys in die skets dui aan dat die rivier verjong is? (2 x 1) (2)
2.6.3 Gee TWEE moontlike redes vir stroomverjonging. (2 x 2) (4)
2.6.4 Beskryf die impak wat verjonging op die rivierkronkel/meander in
FIGUUR 2.6 sal hê. (1 x 2) (2)
2.6.5 Stel EEN negatiewe impak voor wat verjonging op die toekomstige
ontwikkeling van infrastruktuur het. (1 x 2) (2)
2.6.6 Gee bewyse in FIGUUR 2.6 om die stelling te ondersteun dat
terrasse, alhoewel hulle gelyk is, nie altyd vir landbou geskik is nie.
(2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Verwys na FIGUUR 3.1. Pas die beskrywings hieronder by nedersetting A of B.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 A.
3.1.1 Word met verspreide plaasopstalle geassosieer
3.1.2 Maak dit moontlik dat plaastoerusting en idees gedeel word
3.1.3 Het gefragmenteerde stukke grond
3.1.4 Het groot hoeveelhede kapitaal nodig om volhoubaar te wees
3.1.5 Gebrek aan privaatheid in hierdie tipe nedersetting
3.1.6 Toon 'n kernpatroon
3.1.7 Groter sekerheidsrisiko in hierdie tipe nedersetting (7 x 1) (7)
3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 wat op twee kernnywerheidsgebiede in Suid-Afrika
gebaseer is.
3.2.1 Benoem nywerheidsgebied A.
3.2.2 Noem EEN fisiese faktor wat nywerheidsgebied A en B met mekaar
gemeen het.
3.2.3 Benoem nywerheidsgebied B.
3.2.4 Noem die hooflandbouproduk waarmee in streek B geboer word.
3.2.5 Is nywerheidsgebied A of B vir die verwerking van vrugte bekend?
3.2.6 Sal nywerheidsgebied A of B die naaste aan die Asiatiese markte
wees?
3.2.7 Ondervind gebied A of B hoofsaaklik winterreënval?
3.2.8 Is gebied A of B die tweede grootste nywerheidsgebied in
Suid-Afrika? (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2017
NSS
3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 wat stedelike grondgebruik toon.
3.3.1 Definieer die term stedelike grondgebruik. (1 x 1) (1)
3.3.2 Benoem grondgebruiksone A. (1 x 1) (1)
3.3.3 Watter bewys dui daarop dat grondgebruiksone A 'n hoë mate van
toeganklikheid het? (1 x 2) (2)
3.3.4 Bespreek TWEE probleme wat grondgebruiksone A as gevolg van
die hoë toeganklikheid daarvan ervaar. (2 x 2) (4)
3.3.5 Analiseer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die rol wat groen
gordels speel om die omgewingsprobleme te verminder wat
grondgebruiksone A as gevolg van sy toeganklikheid ervaar. (4 x 2) (8)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, 'n uittreksel wat op stedelike verval gebaseer is, wat
'n stedelike kwessie is wat met snelle verstedeliking verband hou.
3.4.1 Wat verstaan jy onder die term stedelike verval? (1 x 1) (1)
3.4.2 Noem EEN oorsaak van stedelike verval. (1 x 1) (1)
3.4.3 Waarom het die inwoners van Bromwellstraat 120–128 nog nie hulle
wonings ontruim (verlaat) nie? (1 x 2) (2)
3.4.4 Waarom voel inwoners van die Woodstock Hub (kern) dat stedelike
hernuwing hulle lewens verwoes? (1 x 2) (2)
3.4.5 Gee TWEE redes waarom die oorgangsone stadsvernuwing moet
ondergaan. (2 x 2) (4)
3.4.6 Verduidelik waarom stadsvernuwing Bromwellstraat 120–128 van
'n lae- na 'n middel- of 'n hoë-inkomste-woongebied sal verander.
(2 x 2) (4)
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5 wat gebaseer is op nywerheidsontwikkelingsones
(NOS) wat geleenthede vir nywerheidsdesentralisasie skep.
3.5.1 Gee 'n voorbeeld van 'n NOS in Suid-Afrika. (1 x 1) (1)
3.5.2 Wat is die hoofdoel van 'n NOS? (1 x 1) (1)
3.5.3 Hoe skep 'n NOS die geleentheid vir nywerheidsdesentralisasie?
(2 x 2) (4)
3.5.4 Noem TWEE voordele van nywerheidsdesentralisasie vir die
kernnywerheidsgebiede in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
3.5.5 Verduidelik hoe 'n NOS plaaslike sosio-ekonomiese omstandighede
sal verbeter. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2017
NSS
3.6 FIGUUR 3.6 is 'n tabel wat Suid-Afrika se posisie op die globale
voedselsekerheidsindeks toon.
3.6.1 Beskryf die verandering in Suid-Afrika se voedselsekerheidsindeks-
telling van 2012 tot 2016. (1 x 1) (1)
3.6.2 Noem die verandering in Suid-Afrika se wêreld-rangorde ten opsigte
van die voedselsekerheidsindeks van 2012 tot 2016. (1 x 1) (1)
3.6.3 Wanneer word 'n land as voedselseker beskou? (1 x 2) (2)
3.6.4 Verduidelik die positiewe impak van voedselsekerheid in
Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
3.6.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die redes vir
Suid-Afrika se lae voedselsekerheidsindeks analiseer. (4 x 2) (8)
[75]
VRAAG 4
4.1 Verwys na FIGUUR 4.1 oor straatpatrone. Pas die beskrywings hieronder
by straatpatroon A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B
langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 4.1.9 A.
4.1.1 Langer strate met minder kruisings
4.1.2 Is beplan om gladde verkeersvloei moontlik te maak
4.1.3 'n Kenmerk van nuwe stedelike ontwikkelings
4.1.4 Maak bouwerk makliker as gevolg van die erwe se reëlmatige vorm
4.1.5 Nie vir steil en heuwelagtige grond geskik nie
4.1.6 Bespaar brandstof en reistyd
4.1.7 Makliker om plekke te vind
4.1.8 Word met die oudste gedeelte van 'n nedersetting geassosieer
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2017
NSS
4.2 Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.8 J.
KOLOM A KOLOM B
4.2.1 Word met wetenskaplike A stedelike landbou
boerderymetodes geassosieer
B arbeidsintensief
4.2.2 Tipe boerdery waar elke beskikbare
stukkie grond bewerk word C grootskaalse boerdery
4.2.3 Gewasse wat in woongebiede D monokultuur
verbou word
E intensiewe boerdery
4.2.4 Plase wat swaar op handearbeid
staatmaak F uitvoermark
4.2.5 Produkte wat vervaardig word om G tuismark
aan ander lande verkoop te word
H invoermark
4.2.6 Produkte wat in Suid-Afrika verkoop
word
4.2.7 Boerdery wat een gewas verbou
(7 x 1) (7)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3 wat op hoë- en lae-orde stedelike sentra en hulle
invloedsfere gebaseer is.
4.3.1 Definieer die term invloedsfeer. (1 x 1) (1)
4.3.2 Vergelyk die grootte van die stad se invloedsfeer met dié van
die dorp. (1 x 1) (1)
4.3.3 Wat bepaal die grootte van die invloedsfeer van 'n stedelike
nedersetting? (1 x 1) (1)
4.3.4 Gee TWEE moontlike redes vir die oorvleueling van die dorp se
invloedsfeer met dié van die stad. (2 x 2) (4)
4.3.5 Verduidelik waarom die reikwydte (afstand) van verskillende
goedere en dienste wat in stad B aangebied word, nie dieselfde is
nie. (2 x 2) (4)
4.3.6 Waarom is daar volgens die stedelike hiërargie van nedersettings
meer lae-orde sentra (dorpe) as hoë-orde sentra (stede)? (2 x 2) (4)
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat 'n strokiesprent oor landelik-stedelike
migrasie toon.
4.4.1 Noem die stootfaktor in die strokiesprent wat tot landelik-stedelike
migrasie gelei het. (1 x 1) (1)
4.4.2 Noem die trekfaktor wat John na die stad gelok het. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2017
NSS
4.4.3 Verwys na die strokiesprent (raampie 4). Waarom was Joan verbaas
oor John se aangetrokkenheid tot die stad? (1 x 1) (1)
4.4.4 Noem TWEE ander verwagtinge wat John gehad het waaraan NIE
voldoen is toe hy stad toe getrek het NIE. (2 x 2) (4)
4.4.5 Plaaslike regerings (munisipaliteite) moet hulle jaarlikse begrotings
verhoog om vir 'n instroming van landelike migrante voorsiening te
maak. Verduidelik hierdie stelling in 'n paragraaf van ongeveer AGT
reëls. (4 x 2) (8)
4.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 wat na die ontwikkeling van die
Dube-handelshawe verwys, wat na bewering die ontwikkeling van die
Durban-Pinetown-nywerheidstreek 'n hupstoot gee.
4.5.1 In watter provinsie is die Durban-Pinetown-nywerheidstreek geleë?
(1 x 1) (1)
4.5.2 Wat, volgens President Jacob Zuma, het 'n belangrike rol in die
ontwikkeling van die Dube-handelshawe gespeel? (1 x 1) (1)
4.5.3 Noem enige TWEE hoofnywerheidsprodukte wat in die Durban-
Pinetown-nywerheidstreek vervaardig word, wat by die ontwikkeling
van die Dube-handelshawe kan baat vind. (2 x 1) (2)
4.5.4 Bespreek enige TWEE faktore wat die ontwikkeling van die Durban-
Pinetown-nywerheidstreek bevoordeel het, kusligging uitgesluit.
(2 x 2) (4)
4.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
belangrikheid van die bekendstelling van die landbousone en
skeepsvrag-terminus vir toekomstige nywerheidsontwikkeling in die
Durban-Pinetown-nywerheidstreek. (4 x 2) (8)
4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6 wat die persentasie van Gauteng se aktiwiteite in die
tersiêre sektor in Suid-Afrika toon.
4.6.1 Definieer die term tersiêre ekonomiese aktiwiteite. (1 x 1) (1)
4.6.2 Watter tersiêre aktiwiteit in Gauteng dra die meeste tot Suid-Afrika
se ekonomie by? (1 x 1) (1)
4.6.3 Gee 'n rede vir die ekonomiese aktiwiteit wat die hoogste
persentasie tot die tersiêre sektor bydra. (1 x 2) (2)
4.6.4 Lewer kommentaar op die bydrae van Gauteng se tersiêre sektor
tot die ekonomie van Suid-Afrika, gebaseer op die inligting in
FIGUUR 4.6. (1 x 2) (2)
4.6.5 Waarom is dit verkieslik dat 'n land 'n sterker tersiêre sektor as 'n
primêre sektor het? (2 x 2) (4)
4.6.6 Verduidelik die rol wat vervoer in die versterking van die tersiêre
sektor in Gauteng speel. (2 x 2) (4)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2017 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum