NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2025
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 12 Eastern Cape June 2025 Question Paper
Grade 12 History question paper from the Eastern Cape June Exam 2025, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 409.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Eastern Cape June Exam 2025
- Paper 1Question paper · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
1. BRONGEBASEERDE
1.1 Die volgende kognitiewe is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGSTOE-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VAN
VLAKKE
VRAE
Onttrek inligting uit bronne
Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
informasie uit bronne (15)
Definieer historiese begrippe/terme
Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
Analiseer bewyse uit bronne
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel (15)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkinge.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
.
1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae
Gebruik regmerk ( vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken ( (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ( )
Indien vraag 4 punte tel word 4 regmerke ( ) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer
punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer
antwoord op paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas -in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord,
te evalueer.
Maak regmerkies ( ) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken
is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in
die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt op die kantlyn regs onder, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punt akkuraat na die voorblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer
en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle mooontlik sal wees om redelike
reeks feite of effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat opstel inleiding,
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by riglyn vir nasien van spesifieke opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
2.3 Globale assessering van opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
dat die onderwyser die opstel as geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die
leerder aan om individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van
geselekteerde feitelike bewyse om argument te ondersteun. Daar sal nie van
vlak 7 (hoë punt) te
behaal nie -
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
Die konstruksie/ daarstelling van argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assessering prosedures van opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer.
2.4.2 Gedurende die lees van die opstel moet punte gegee word
vir relevante inleiding, (aangedui deur kolpunt in die nasienriglyn)
elk van die hoofpunte/aspekte wat korrek gekontekstualiseer is (ook
aangedui deur kolpunt in die nasienriglyn) en relevante slot,
(aangedui deur kolpunt in die nasienriglyn). bv. in antwoord waar
daar 5 hoofpunte is, sal daar 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van die opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met argument/
duidelike hoofpunt.
Elke paragraaf moet punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidaat moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant tot die argument is. Relevante
voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
Inleiding, hoof aspekte en slot nie korrek gekontekstualiseer nie
Verkeerde stelling
Irrelevante stelling
Herhaling H
Analise A
Interpretasie I
Lyn van argument LVA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle.
opstel moet die gegewe kriteria in die rubriek
gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee
word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising
(a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter
mate die hoof aspekte gedek is en om die inhoudsvlak te bepaal
(in die rubriek)
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van
aanbieding (in die rubriek).
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Gee algehele punt deur die matriks te gebruik.
I VLAK 4
A VLAK 5 30 33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Rubriek vir die assessering van opstel: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed Goed beplan Goed Argument Toon soms Poging Weinig of
AANBIEDING en en beplan en bepal en aangewend geen poging
gestrukturee gestruktureer gestrukture gestruktureer gestruktureerd om die
rd. de opstel. erde opstel. e en beplande antwoord te opstel te
Goeie Relevante Getuienis argument. struktureer. struktureer.
sintese van argumentsly argumentsly gebruik om
INHOUD inligting. n gevolg. n ontwikkel. argument te Grootliks
Bewyse Gevolgtrekk ondersteun. argumentslyn beskrywend
gebalanseer gebruik om ings vanaf vol te hou. of poog om
de en die argument bewyse Slotsom op argument te
onafhanklike te verdedig. verkry. grond van Gevolgtrekkin ontwikkel.
argumentsly Onafhanklik getuienis. g nie duidelik
n is e ondersteun
ontwikkel gevolgtrekki deur getuienis
met bewyse. ng. Bewyse nie.
Argument gebruik om
deurgans gevolgtrekki
volgehou en ng te
verdedig. ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord. 47-50 43-46
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoud seleksie 43-46 40-42 38-39
relevant tot die
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.
Inhoud 38-39 36-37 34-35 30-33 28-29
genoegsaam en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Gebreke ten 30-33 28-29 26-27
opsigte van
inhoud of
irrelevante
inhoudseleksie.
VLAK 3
Inhoudseleksie
hou verband met
die vraag, maar 26-27 24-25 20-23
beantwoord dit
nie. Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20-23 18-19 14-17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
ontoereikend 14-17 0-13
beantword.
Ontoereikende of
irrelevante inhoud.
Riglyne vir allokasie van Vlak 1 punt:
Vraag nie geaddreseer/total irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktueer nie = 0
Inhoud keuse sluit basiese en algemene irrelevante inligting; geen poging om opstel te konstrueer nie = 1-6
Vraag ontoereikend geaddresseer en vaag; geen poging om opstel te struktueer = 7-13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE
(SARK) IN DIE STRYD TEEN APARTHEID IN DIE 1980 s GESPEEL?
1.1 1.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1A V1]
Die politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse op grond
van hul velkleur
Afsonderlike ontwikkeling van verskillende rassegroepe
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A V2]
Baie mense is in die 1980 s vermoor en gemartel
Die 1980 s was tyd van uiterste geweld en onderdrukking deur die
apartheidsregering
Mense het in vrees in die townships geleef met die permanente
teenwoordigheid van die weermag
Die noodtoestand het die weermag/polisie meer mag gegee om
enige weerstand met wreedheid te onderdruk
Hulle het gedurende hierdie tydperk leiding, troos en gevoel van
hoop verskaf
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A V1]
daar was dieper begrip van die bevrydingsbewegings (1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A V2]
As die apartheidsregering nie apartheid beëindig nie, sal meer
aggressiewe middele gebruik word om dit te weerstaan
Guerrillastrategieë sal deur die weerstandsbewegings gebruik word
as die regering nie sy beleide verander nie
Die regering moet die veranderinge binnekort implementeer, anders
sal daar dade van sabotasie en terrorisme wees
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B V2]
Geweldlose metodes wat voorheen gebruik is, het geen
verandering in die regering se beleide opgelewer nie
Om geweld met geweld te beveg
Die minderheidsregering het slegs kosmetiese veranderinge
geïmplementeer
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B V1]
sy beskeidenheid (nederigheid) was struikelblok in die
v (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B V2]
Hy was liberale kerkleier wat nie-geweld gepreek het
Hy moes die konflikte in Alexandra en by Ashley Kriel se begrafnis
versprei omdat dit swart-op-swart swart geweld was
Beide opponerende groepe het geluister en Tutu gerespekteer omdat
hy kerkleier was
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B V2]
Wanneer die burgerlike samelewing apartheidswette doelbewus
ondermyn
Weerstand teen onregverdige apartheidswette
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B V1]
veldtog teen hom beplan
verspreiding van anti-Tutu pamflette en plakkers
betogers is betaal
sy vrou geteister (enige 2 x 1) (2)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C V2]
Om te wys die kerk het by die stryd teen apartheid aangesluit
Dit was bewys dat die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
bestaan het
Die foto toon dat verskillende rassegroepe vryheid, demokrasie en
gelyke regte wou hê
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C V1]
Frank van de Horst
Allan Boesak
Desmond Tutu
Prof. Jakes Gerwel (enige 2 x 1) (2)
1.3.3 [Evaluering van die betroubaarheid van Bron 1C V3]
Die bron is BETROUBAAR omdat:
Dit is oorspronklike foto wat geneem is by die
bekendstelling/stigting van die Komitee vir die Verdediging van
Demokrasie
Dit het datum, 7 Maart 1988, wat bekend was vir die stigting van
die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
Die bron kan bekragtig/bevestig word deur die inligting in Bron 1B oor
die vorming van die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 9
1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en Bron 1C V3]
Bron 1B verduidelik die betrokkenheid van Desmond Tutu in die stryd om
bevryding en Bron 1C toon Desmond Tutu se betrokkenheid teen die stryd
om vryheid
Bron 1B sê Tutu het saam met ander kerkleiers gewerk en op die foto word
hy saam met ander kerkleier, Allan Boesak, gesien
Beide bronne verwys na Desmond Tutu as organiserende lid van die
Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D V1]
geregtigheid
vaardigheidsontwikkeling
gemeenskapsprojekte
teologiese besinning (enige 2 x 1) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D V1]
Fondse insamel vir die wettige regsverteenwoordiging van
Ondersteun ballinge en fasiliteer hul terugkeer na Suid-Afrika na
die ontbanning van die bevrydingsbeweging en vrylating van
politieke gevangenes (enige 2 x 1) (2)
1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D V2]
Gehelp met die vestiging van demokratiese Suid-Afrika
Aartsbiskop Desmond Tutu, lid van die SARK het die voorsitter
van die WVK geword
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Die kerk het betrokke geraak by die verset teen apartheid as gevolg van
onstabiliteit en onderdrukking wat in Suid-Afrika plaasgevind het (Bron 1A)
Kerkpastore bedien slagoffers en familielede wat deur slagtings
wreedaardig behandel is (Bron 1A)
Beyers Naudé het gewaarsku dat indien beleide nie verbeter nie sal die
oorlog van terrorisme gewikkel is
SARK het die apartheidstaat heftig tydens die sekretaresse van Naudé en
Tutu teengestaan (Bron 1A)
Tutu het gesê hy verstaan hoekom mense gewelddadig in hul verset was
(Bron 1A)
Desmond Tutu het as lid van SARK vir die gewapende Umkhonto we Sizwe
gevange groep in 1984, getuig (Bron 1B)
Desmond Tutu het nie-geweld gepreek (Bron 1B)
Die SARK het druk op die internasionale wêreld geplaas om ekonomiese
sanksies teen SA op te lê om hulle te dwing om van apartheid afstand te
doen (Bron 1B)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Kerkleiers het in baie voorvalle konflikte in gewelddadige situasies tussen
betogers en die polisie versprei (Bron 1B)
Tutu het die sogenaamde sellouts by die begrafnisse van
apartheidslagoffers beskerm (eie kennis)
Hy het toesprake by begrafnisse van aktiviste gelewer (Bron 1B)
Tutu was gekant teen brutaliteit deur die staat (eie kennis)
Die SARK het betrokke geraak by die Komitee vir Verdediging van
Demokrasie wat in Maart 1988 bekendgestel is (Bron 1C en 1D)
SARK het arm swart mense met beurse gehelp (Bron 1D)
SARK het vaardigheidsontwikkelingsprogramme en -projekte befonds en
daaraan deelgeneem (Bron 1D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
KRITERIA PUNTE
toon geen
of min begrip oor watter rol die Suid-Afrikaanse Raad
van Kerke
VLAK 1 0 2
gespeel het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie paragraaf skryf
nie.
Bewyse meestal relevant en hou in groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor watter
rol die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in die stryd
VLAK 2 3 5
skryf.
Gebruik relevante bewyse bv.
deeglike begrip oor watter rol die Suid-Afrikaanse
Raad van Kerke in die stryd teen apartheid in die
VLAK 3 6 8
paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA MET SY VERDEELDE VERLEDE
TE VERSOEN?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A V1]
Om menseregteskendings sedert 1960 te ondersoek (1 x 2) (2)
2.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A V2]
Om slagoffers en oortreders saam te bring vir die politieke
misdade wat gedurende die apartheidsera gepleeg is
Vir die slagoffers en oortreders om van aangesig tot aangesig te
kom, om verskoning en vergifnis te vra
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A V2]
Hulle het nie gekonsentreer op die besonderhede oor waarom die
politieke misdade gepleeg is nie
Hulle het nie die redes ondersoek waarom die oortreders grusame
menseregteskendings teen politieke aktiviste gepleeg het nie
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A V2]
Hulle was betrokke by die moorde en die doodmaak op politieke
aktiviste
Hulle wou vervolging en tronkstraf vermy
Vlakplaas-agente het die apartheidsregime verdedig
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A V1]
Mathew Goniwe en drie vriende
die Pebco Drie
die Gugulethu Sewe (3 x 1) (3)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B V1]
Die bevrydingsbewegings (1 x 1) (1)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B V2]
FW De Klerk het gevrees dat hy bevooroordeeld sal wees
Hy sou nie objektief in sy bevindings wees nie
Dit was algemeen bekend dat Aartsbiskop Tutu pro-ANC was
Aartsbiskop Tutu was aktivis wat teen die euwels van die
apartheidsregime geveg het
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B V2]
Om eenheid onder Suid-Afrikaners te bevorder
Om te verhoed dat die gruweldade van die verlede in die toekoms
plaasvind
Om die nuwe dispensasie te laat werk
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B V1]
as onskuldige slagoffer wat apartheid teengestaan het
gekant was teen die bevrydingsbewegings se aanvaarding van die
gewapende stryd en sanksies (2 x 1) (2)
2.2.5 [Bepaling van die bruikbaarheid van Bron 2B V3]
Hierdie bron is BRUIKBAAR omdat:
Dit insig gee oor waarom politieke partye by polities gemotiveerde
misdade betrokke geraak het
Dit nie bevooroordeel nie, aangesien dit verskillende sienings oor
die werk van die WVK gee
Dit beklemtoon hoe die NP nie blaam aanvaar het vir die
gruweldade wat hulle gepleeg het nie
Dit die redes waarom die IVP geweier het om met die WVK saam te
werk onthul
Die PAC sy aanvalle op wit Suid-Afrikaners geregverdig het
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C V2]
Die finale WVK-verslag word deur Aartsbiskop Tutu gelewer
Dit openbaar die volumes inligting wat deur die WVK ingesamel is
oor die gruweldade wat gedurende die apartheidsera gepleeg is
Bewerings en beskuldigings van menseregteskendings is swaar
teen die NP gelaai
Die ANC het met ongeloof en onsensitiwiteit gereageer en geglo
dat slegs die NP die kwaaddoeners is
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C V1]
Desmond Tutu (1 x 2) (2)
2.4 [Vergelyking van Bron 2B en Bron 2C V3]
Bron 2B dui aan dat die NP ontken dat hy by wydverspreide oortredings
betrokke was, en Bron 2C toon letterlik die hoeveelheid misdade wat deur
die NP gepleeg is
Bron 2B dui aan dat die ANC vir die geweld en menseregteskendings
geblameer word en Bron 2C wys dat die ANC weg loop en die uitkoms van
die verslag wat hulle impliseer ontken
Bron 2B dui aan dat die PAC die gebruik van geweld regverdig terwyl die
IVP en die ANC weier om verantwoordelikheid te neem vir
menseregteskendings
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D V1]
hulle blameer vir hul bydrae tot die styging in geweld
deur bewapening en opleiding van selfverdedigingseenhede in
(2 x 1) (2)
2.5.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2D V1]
Fundamentele vryheid vir almal sonder diskriminasie teen ras,
geslag, taal en godsdiens
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 13
2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B V2]
Albei wou nie die verantwoordelikheid vir die gruweldade wat hulle
gepleeg het aanvaar nie
Beide het geglo hulle slagoffers van menseregteskending deur die
apartheidsregering was
Die IVP wou nie blameer word vir politieke geweld nie
Die ANC het gevoel dat hulle teen onregverdige stelsel veg
Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.6 [
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
SUKSESVOL
WVK is gestig om menseregteskendings te ondersoek en gemagtig om
amnestie toe te staan (Bron 2A)
Meer as 1 000 oortreders het amnestie ontvang (Bron 2A)
Die WVK het terapeutiese rol vervul deur die oortreders toe te laat om hul
stories te vertel (Bron 2A)
Die WVK kon die waarheid openbaar deur oortreders toe te laat om hul
stories te vertel (Bron 2A)
Politieke partye het die geweldsmisdade wat gepleeg is erken (Bron 2B)
Die WVK het sy mandaat vervul deur verslag oor sy bevindinge in te dien
(Bron 2C)
Die ANC is as huigelaars beskou aangesien hulle ook soortgelyke misdade
gepleeg het (Bron 2C)
Die WVK het die ANC aanspreeklik gehou vir menseregteskendings voor en
na 1990 (Bron 2D)
Die WVK het derdemagaktiwiteite uitgelig (Bron 2D)
Die geloofwaardigheid van die WVK is betwis toe die finale verslag gewysig
is om die IVP se bevindinge in te sluit (Bron 2D)
Die WVK is dus as suksesvol beskou aangesien dit tot nasiebou en
versoening bygedra het (eie kennis)
Enige ander relevante antwoord
NIE SUKSESVOL NIE
Kruisondervraging van slagoffers is nie toegelaat nie (Bron 2A)
Die politieke partye was nie bereid om enige blaam te neem vir die
geweldsmisdade wat gepleeg is nie (Bron 2B en Bron 2C)
Baie gesinne was nog op soek na antwoorde (eie kennis)
Oortreders is nie aanspreeklik gehou vir die misdade wat gepleeg is nie (eie
kennis)
Die finale verslag is deur die ANC en IVP betwis (Bron 2D)
Baie leiers het geweier om voor die WVK te verskyn
Die WVK het nie sy doelwitte bereik nie aangesien dit nie in staat was om
versoening te bewerkstellig nie (eie kennis)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip of die Waarheid-en-
Versoeningskommissie (WVK) suksesvol was om
VLAK 1
Suid-Afrika met sy verdeelde verlede te versoen. 0 2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie paragraaf skryf
nie.
met die onderwerp, bv. toon begrip of die Waarheid-
en-Versoeningskommissie (WVK) suksesvol was om
VLAK 2 3 5
Suid-Afrika met sy verdeelde verlede te versoen.
Gebruik bewyse op basiese manier om paragraaf te
skryf.
Gebruik relevante bewyse bv.
begrip of die Waarheid-en-Versoeningskommissie
(WVK) suksesvol was om Suid-Afrika met sy
VLAK 3 6 8
verdeelde verlede te versoen.
Gebruik bewyse baie effektief in georganiseerde
paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 15
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970 s TOT 1980 s: SUID-AFRIKA DIE
[Beplan en konstrueer oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem of Steve Biko en die
filosofie van Swart Bewussyn swart Suid-Afrikaners gemobiliseer het om die
apartheidsregering in die 1960 s en 1970 s uit te daag.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet saamstem of nie saamstem dat Steve Biko en die
filosofie van Swart Bewussyn swart Suid-Afrikaners gemobiliseer het
om die apartheidsregering in die 1960 s en 1970 s uit te daag.
UITBREIDING
Politieke vakuum (Agtergrond inligting)
Geskep nadat die ANC en PAC politieke leiers en partye verban of tronkstraf
gedurende 1960 gekry het
Mobilisering van swartes
Bevorder selftrots onder swartes
Om hulleself te aanvaar/om selfvertroue te hê/selfversorgend/begrip van
identiteit
Bemagtig swartes om die gees van selfbejammering; minderwaardigheids-
kompleks; selfvervreemding en dominansie deur eksterne magte te verwerp
Die stigting van SB was deur die apartheidsregering verwelkom as
verlenging van aparte ontwikkeling
Politieke mobilisasie
Swart studente het begin om hulself te organiseer deur wit oorheersing te
verwerp deur van NUSAS weg te breek en SASO (1968) te stig
Swart studente het die filosofie van Swart Bewussyn aangeneem (Rol van
Biko/ SASO)
SASO was vir universiteitstudente en SASM vir skole
SB gee aanleiding tot die stigting van die Swart mense se Konvensie (BPC) in
1972 wat studente, kerkgemeenskappe en werkersunies ingesluit het
Unies wat hulle het met die SB-filosofie vereenselwig was die Swart Ouers
Vereniging (Black Parents Association) en Black Allied Workers Union (BAWU)
ingesluit
Die Suid-Afrikaanse Studentebeweging was in 1972 gestig en het swartes aan
die ideale van die SB blootgestel
Skorsing van Tiro wat aanleiding gee tot studente betogings gegee het
BCM en SASO het FRELIMO-saamtrekke (1974) gereël
Skorsing van studente uit universiteit
Die arrestasie van SB-leiers het politieke aktivisme verhoog
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Studentemobilisasie
Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium by skole ingestel (1975)
SASO en SASM het die stigting van die Soweto Studente
Verteenwoordigende Raad (SSVR) beïnvloed
Beide swart onderwysers en studente het Afrikaans as die taal van die
onderdrukker verwerp
Sommige onderwysers en leerders was reeds aan Biko se idees en SB-
filosofie deur SASO-studente-onderwysers van die universiteite af blootgestel
Die departementele omsendskrywe oor Afrikaans (50/50) was die sneller vir
die Soweto-opstand
Op 16 Junie 1976 het studente vreedsaam teen die implementering van die
omsendskrywe protesteer
Polisiereaksie op die studentoptogte (Hector Petersen, 13-jarige seun, was
die eerste ongevalle van die opstand)
Mobilisasie deur middel van Gemeenskapprogramme
Biko se verbanning na King Williams Town het die fokus gemeenskap-
programme afgelei
Mamphele Ramphele se verbanning na Tzaneen
SB ondersteun onafhanklikheid van wittes deur middel van die Swart
Gemeenskapsprogramme om swartes te ondersteun sonder wit
ondersteuning. (Zanempilo Gesondheid Kliniek/Ginsburg Opvoedingstrust/
Zimele Trust Fonds/Solempilo Gemeenskapsggesondheidsentrum/Ithuseng
Gemeenskapgesondheidprogramme en Winterskool-projekte)
Mobilisasie deur Arbeid
Mobiliseer werkers om vakbonde te stig
SB het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union (BAWU)
werkersstaking in 1973 in Durban
Dood van Biko (1977) in polisie aanhouding
19 Oktober 1977 verbanning van 19 organisasies wat verbintenisse met SB
gehad het
Mobilisasie deur die Media
Rol van die media was simpatiek teenoor die SB-filosofie, bv. The World- en
The Weekend World-koerante was gesluit
Enige ander relevante antwoord
SLOT: gevolgtrekking
opsom. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 17
VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe toewyding en kompromie sleutelrolle in die
handhawing van die onderhandelingsproses gespeel het wat uiteindelik tot nuwe
demokratiese Republiek van Suid-Afrika in 1994 gelei het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe toewyding en kompromie
sleutelrolle in die handhawing van die onderhandelingsproses gespeel
het wat uiteindelik tot nuwe demokratiese Republiek van Suid-Afrika
in 1994 gelei het.
UITBREIDING
De Klerk kom in 1989 aan bewind kort agtergrond
De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990
Het gelei tot die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC
en SAKP
Die opheffing van beperkings op COSATU, AZAPO ens.
Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet: ANC-afvaardiging onder
leiding van Nelson Mandela en die NP-afvaardiging onder leiding van FW de Klerk)
Apartheidswetgewing herroep soos die Wet op Afsonderlike Reservering van
Geriewe
Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd op
te skort)
KODESA 1 (19 politieke partye uitgesluit AZAPO, CP en PAC 300
afgevaardigdes het vergader)
Geweld breek uit in sommige dele van Suid-Afrika soos die Witwatersrand en Natal
Slegs blankes referendum en die impak daarvan (Maart 1992) (toewyding)
CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor nuwe
grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie
NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC tussentydse regering vir nie langer as
18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie
Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en die gevolge daarvan
Bisho-slagting (7 September 1992) het die proses van onderhandelinge amper
ontspoor
Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (toewyding)
Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
(toewyding)
Belangrikheid van die Veelparty-onderhandelingsforum vir Suid-Afrika se toekoms
(toewyding)
Regsgesinde (AWB) aanval op die World Trade Centre en die gevolge daarvan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt van
onderhandelinge verbreek (toewyding en kompromie)
St James-slagting in Julie 1993 APLA begin skiet 11 gedood en 58 gewond
Heidelberg Tavern-slagting 31 Januarie 1993
Shell House-slagting
Verkiesingsdatum 27 April 1994 aangekondig (toewyding)
Motorbomme ANC-hoofkantoor en Jan Smuts-lughawe
ANC het verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid-Afrikaanse
president geword
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met relevante gevolgtrekking saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 19
VRAAG 5: DIE EIND
DIE GEBEURE VAN 1989.
[Beplan en konstrueer oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate beleidsveranderinge deur Mikhail Gorbachev
in die Sowjetunie vanaf 1985 tot die verbrokkeling daarvan in 1991 gelei het, maar
ook positiewe resultate op Suid-Afrikaanse politiek gehad het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en demonstreer tot watter mate
beleidsveranderinge deur Mikhail Gorbachev in die Sowjetunie vanaf
1985 tot die verbrokkeling daarvan in 1991 gelei het, maar ook
positiewe resultate op Suid-Afrikaanse politiek gehad het.
UITBREIDING
Gorbachev het in 1985 op 54-jarige ouderdom die sekretaris-generaal van die
CPSU en leier van die regering geword
Hy was nie nie en het gehoop om die Sowjetunie se ekonomie te laat
herleef deur beide nywerheidsuitset en tegnologie te verbeter, asook om hulle
markte uit te berei
Hy het groot risiko geloop om politieke verandering te bewerkstelling, veral vir
die Sowjetunie, bekend vir sy geharde kommunistiese houding
Hy wou die Sowjetunie swak ekonomiese stelsel haal weens ruimte en
wapenwedloop met die VSA
In 1985 het hy Perestroika (Ekonomiese heropbou) en Glasnost (openlikheid)
bekendgestel
Perestroika het kleinskaalse privaat eienaarskap toegelaat en regeringsbeheer
oor produksie verwyder
Perestroika en glasnost het tot eise dat kommunisme beëindig word en volle
demokrasie gelei
Glasnost het gelei tot kritiek op die beleid van Perestroika en Gorbachev self
Baie stoere kommuniste was ontevrede met beleide wat ongewild geword het
By die huis het hy twee tipes teenstaanders gehad: gehardes wat gekant was
teen die hervormings en liberale wat hom gekritiseer het omdat hy nie vinnig
genoeg beweeg nie
Die twee beleide het mekaar nie ondersteun soos daarna uitgesien nie, maar het
die hele stelsel van die Sowjetunie beëindig
Hy het steun by die huis verloor Eenheid van die Sowjetunie was in gevaar en
Sosialisme is bedreig geraak
Hy het heldestatus aan die Weste gebied. Sy persoonlike mag en aansien het
toegeneem
Hy het in 1990 edele prys vir vrede ontvang
Baie onderliggende verskille het tussen die 15 Republieke bestaan
Burgerlike onrus het onder verskillende groepe uitgebreek
Ou vorm van nasionalisme het te na vore gekom en tot nuwe eise vir
onafhanklikheid gelei
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
Hy het probeer om die disintegrasie te stop deur die stigting van Federasie van
State voor te stel wat misluk het
In 1990 het verskeie Sowjet-state, insluitend Rusland onder Gorbachev se bitter
mededinger, Boris Yeltsin, hulle onafhanklikheid verklaar
Op 25 Des. 1991 is USSR die Kommunistiese Party ontbind
Elkeen van die 15 Republieke het onafhanklik geword en lede van die Statebond
van Onafhanklike State geword
Die verbrokkeling het die einde van die Koue Oorlog gesimboliseer
Positiewe resultate van Gorbachev se hervormings op Suid-Afrikaanse politiek
Gesprekke tussen die NP en ANC in ballingskap
Die ineenstorting van die Sowjetunie plaas druk op beide die Nasionale Party en
die ANC om te begin onderhandeling
Die nederlaag van die SAW tydens die Slag van Cuito Caunavale in 1988 het die
Nasionale Party aangemoedig om met kommuniste te onderhandel oor die
onafhanklikheid van Suidwes-Afrika
FW de Klerk het hervormingswette voorgestel wat tot onderhandelinge tussen
die Nasionale Party en die ANC gelei het
Suid-Afrika onttrek uit Suidwes-Afrika SWAPO het die verkiesing gewen (1990)
en dit Namibië genoem
Die vreedsame oorgang vanaf blanke minderheidsregering tot Swart
meerderheidsregering in Namibië het as bloudruk vir SA gedien om dieselfde
te doen
Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie blanke oppergesag-regering
onbepaald kan handhaaf nie
Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord
- belange nie
Die regering het begin glo dat hervormings nodig was vir die ontwikkeling van
sterk swart middelklas as
Die Suid-Afrikaanse regering kon nie meer die bedreiging van kommunisme
gebruik om Westerse ondersteuning te kry nie
Suid-Afrika kon nie meer op Westerse steun staatmaak vir sy anti-kommunistiese
standpunt nie
Wêreldpolitiek het verander en die het invloed op Suid-Afrika se Apartheids-
beleid
Die apartheid regime kon nie meer kommunisme gebruik om sy rassesegregasie
beleid te regverdig nie
Die Nasionale Party se aandrang dat dit Suid-Afrika van kommunistiese
aanslag beskerm het, het onrealisties geword
De Klerk het gedink dat die ANC swak was deur sy gewilligheid gewys om met
hulle te onderhandel
Die USSR kan nie meer die ANC finansieel ondersteun nie want dit was bankrot
Die USSR wou nie meer die ANC met wapens ondersteun nie omdat dit ten
gunste van vreedsame onderhandeling was
Die ANC was nie meer in staat om die gewapende stryd teen die NP voort te sit
sonder hierdie militêre en finansiële ondersteuning nie
Die ANC het ook nou bereidwilligheid getoon om met die NP te onderhandel as
alternatief vir die gewapende stryd
FW De Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid was nie
sameswering wat uit Moskou bestuur was nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 21
Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te onderhandel
om blywende oplossing vir Suid-Afrika te kry
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ontbanning van alle anti-apartheidorganisasies
aangekondig en dit het die weg gebaan vir veelparty onderhandeling
Hierdie onderhandeling het uiteindelik aanleiding gegee tot demokratiese
verkiesings wat gedurende 1994 gehou was
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met relevante gevolgtrekking
opsom. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum