NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2025
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*JHISTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)

View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Question Paper
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2025. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 157.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape June Exam 2025
- Paper 1Question paper · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper
- Other filesQuestion paper
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan OF ʼn brongebaseerde vraag OF ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord EEN óf TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet
word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE
(SARK) IN DIE STRYD TEEN APARTHEID IN DIE 1980’s GESPEEL?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die term apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom
pastore voortdurend opgeroep is om mense in die townships te
bedien. (1 x 2) (2)
1.1.3 Wat, volgens die bron, was die houding van die kerk gedurende die
1980’s teenoor apartheid? (1 x 2) (2)
1.1.4 Wat het Beyers Naudé bedoel met die stelling: “tensy nuwe faktore ʼn
rol gaan speel of onvoorsiene verwikkelinge in die nabye toekoms
plaasvind, sal ons onsself moet voorberei vir ʼn lang, uitgerekte
guerrilla-stryd ...”? (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Lewer kommentaar op die redes waarom Tutu gesê het: “dat hy kon
verstaan waarom swart Afrikane onder verdrukking hulle tot geweld in
die stryd om vryheid sou wend.” (2 x 2) (4)
1.2.2 Waarom, volgens die bron, is Tutu se geweldlose boodskap by
begrafnisse gekritiseer? (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik waarom jy dink Aartsbiskop Desmond Tutu in staat was om
spanning, in Alexandra Township en by Ashley Kriel se begrafnis, te
ontlont en konflik tussen polisie en betogers bemiddel het. (1 x 2) (2)
1.2.4 Definieer die term uittarting in die konteks van weerstand teen
apartheid in die 1980’s. (1 x 2) (2)
1.2.5 Identifiseer TWEE aksies wat deur die regering geneem is om Tutu vir
sy uittarting van die regering te straf. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Waarom, dink jy is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4)
1.3.2 Noem enige TWEE lede van die Komitee vir die Verdediging van
Demokrasie. (2 x 1) (2)
1.3.3 Lewer kommentaar op die betroubaarheid van hierdie bron rakende die
betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in die verset
teen apartheid. (2 x 2) (4)
1.4 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C aangaande die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse
Raad van Kerke by die weerstand teen apartheid ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Wat, volgens die bron, was die hoofdryfveer vir die aktiwiteite van die
SARK? (2 x 1) (2)
1.5.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die SARK slagoffers van
apartheid bygestaan het. (2 x 1) (2)
1.5.3 Lewer kommentaar oor die rol wat die SARK in die post-apartheidsera
gespeel het. (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die rol te
verduidelik wat die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in die stryd teen apartheid
in die 1980’s gespeel het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA MET SY VERDEELDE VERLEDE TE
VERSOEN?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 2) (2)
2.1.2 Definieer die term versoening/rekonsiliasie in die konteks van die
doelstellings van die WVK. (1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom dink jy was die meeste gevalle onvoldoende (swak)
aangespreek. (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar oor die redes waarom die Vlakplaas-operateurs om
amnestie aansoek gedoen het. (2 x 2) (4)
2.1.5 Noem DRIE moorde waarby die Vlakplaas-operateurs betrokke was.
(3 x 1) (3)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Wie, volgens die bron, het die Nasionale Party (NP) vir die
wydverspreide menseregteskendings geblameer? (1 x 1) (1)
2.2.2 Waarom dink jy was FW De Klerk skepties oor Aartsbiskop Tutu wat die
voorsitter van die WVK is? (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar oor waarom FW De Klerk die volgende stelling
gemaak het: “Ondanks my groeiende bedenkinge (twyfel), het ek besluit
om die kommissie my volle samewerking te gee.” (2 x 2) (4)
2.2.4 Hoe, volgens die bron, het die IVP hulself uitgebeeld? (2 x 1) (2)
2.2.5 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
bron vir ʼn historikus wat navors hoe politieke partye op die WVK
gereageer het. (2 x 2) (4)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Watter boodskappe word in hierdie spotprent oor die WVK-verslag
oorgedra? (2 x 2) (4)
2.3.2 Identifiseer die persoon wat die vurkhyser met die WVK-verslag bestuur
het. (1 x 2) (2)
2.4 Vergelyk Bron 2B en Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B verskil
van die bewyse in Bron 2C met betrekking tot die kritiek teen die WVK. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2025)
2.5 Lees Bron 2D.
2.5.1 Identifiseer TWEE menseregteskendings in die bron waarvoor die ANC
verantwoordelik was. (2 x 1) (2)
2.5.2 Definieer die term menseregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.5.3 Lewer kommentaar oor waarom beide die ANC en die IVP besluit het
om die finale ontwerp van die WVK se verslag te betwis. (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die
Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) suksesvol was om Suid-Afrika met
sy verdeelde verlede te versoen. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
vrae nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Steve Biko en die filosofie van Swart Bewussyn het swart Suid-Afrikaners
gemobiliseer om in die 1960’s en 1970’s die apartheidsregering uit te daag.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante
bewyse. [50]
VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Toegewydheid en kompromie het sleutelrolle gespeel om die onderhandelings-
proses aan die gang te hou wat uiteindelik in 1994 tot ʼn nuwe demokratiese
Republiek van Suid-Afrika gelei het.
Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou lyn van
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate beleidsveranderinge deur Mikhail Gorbachev vanaf
1985 tot die disintegrasie van die Sowjetunie in 1991 gelei het, maar ook positiewe
gevolge op Suid-Afrikaanse politiek gehad het.
Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 EC June 2021 Question Paper (English)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum