KAAPSE WYNLAND
ONDERWYS DISTRIK
GESKIEDENIS
OORLEWINGSGIDS
Skip to contentStudy guide 










%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
View all





Geskiedenis Oorlewingsgids
Grade 12 History study guide, 54 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: WCED Study Guides
History · Grade 12. Study guide, 54 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Study guide
- Publisher
- WCED Study Guides
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 54
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 54
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Oorlewingspakket
Belofte aan jouself:“Deur geloof en werk”
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAAG
Beantwoord die vraag. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vraag te beantwoord, is in
die ADDENDUM.
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-SPANNING
TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA?
Lees die sleutel vraag
Onthou dit terwyl jy die bronne lees en ander vrae beantwoord.
Dit sal jou help om die paragraagvraag te beantwoord.
Die sleutelvraag is die paragraaf vraag.
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
BRON 1A
Hierdie bron beklemtoon hoe die verdeling van Duitsland en Berlyn tot Koue Oorlogspanning in
Europa bygedra het.
By die Jalta-konferensie in 1945 het die Groot Drie besluit dat die land (Duitsland) vir
besettingsdoeleindes in vier sones verdeel sou word, een sone vir Frankryk asook een vir elk van
die Groot Drie, en dat die stad Berlyn gesamentlik beset sou word.
... vroeg in 1947, lank voor die Marshall-plan bekend gestel is, het die verdeling van Duitsland
permanent begin lyk. Dit was duidelik dat die Amerikaners en die Britte in die rigting van die vorming
van 'n aparte Wes-Duitsland beweeg het, as deel van die plan vir die ekonomiese herstel van nie-
kommunistiese Wes-Europa. Op 18 Junie 1948 is 'n nuwe geldeenheid, die Deutschmark, in die
Westerse sones begin sirkuleer om die ou Reichsmark te vervang. Die Russe het gereageer deur
'n nuwe geldeenheid, die Ostmark (Oos-Duitse mark), in hulle sone, wat Berlyn ingesluit het, bekend
te stel. Die Russe het hierdie keer hard en vinnig teruggeslaan. Hulle het verklaar dat aangesien die
Amerikaners, Britte en Franse besig was om 'n nuwe Duitsland in die Weste te vorm, hulle geen reg
gehad het om in die Duitsland van die Ooste in te meng nie. Om hulle posisie heeltemal duidelik te
maak, het die Russe op 24 Junie die paaie, spoorlyne en waterweë wat Wes-Berlyn met die
Westerse sones verbind het, gesluit.
Die Westerse moondhede kon Berlyn aan sy lot oorgelaat het. Dit sou beteken het dat meer as
tweemiljoen Wes-Berlyners aan 'n kommunistiese regering oorgelewer sou word. Alhoewel Wes-
Berlyn 'n nuttige 'luisterpos' agter die 'ystergordyn' was, was dit werklik 'n konfrontasie met die
Russe, wat tot 'n warm oorlog kon lei, werd?
... Die bevelvoerder van die Amerikaanse magte in Duitsland, generaal Lucius Clay, het verklaar:
'Ons het Tsjeggo-Slowakye verloor. Noorweë word bedreig. Ons val terug uit Berlyn. As Berlyn val,
sal Wes-Duitsland volgende wees.' En dan vermoedelik die res van Wes-Europa? Onthou die
domino's? Harry Truman, die man wie se leerstelling bepaal dat geen grond aan die kommuniste
1
gegee moet word nie, het sonder om doekies om te draai die Amerikaanse posisie opgesom: 'Ons
bly, punt.'
[Uit: Twentieth Century History – The World Since 1900 deur T Howarth]
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Identifiseer die VIER lande wat Duitsland en Berlyn na die Tweede Wêreldoorlog beset
het. (4x1) (4)
Verduidelik ... vrae verwag van jou om inligting te interpreteer (in detail) . ‘n
Verduideliking bied meer detail aan.
1.1.2 Verduidelik hoe die Sowjetunie op die ekonomiese beleid van die Westerse moondhede in
naoorlogse Duitsland gereageer het. (2x2) (4)
1.1.3 Wat verstaan jy onder die konsep Ystergordyn? (1x2) (2)
1.1.4 Waarom was die Westerse moondhede nie bereid om uit Wes-Berlyn te onttrek
nie? (1x2) (2)
BRON 1B
Die uittreksel hieronder fokus op die hulp wat die Westerse moondhede in 1948 aan Wes-
Berlyners verskaf het.
Tussen 24 Junie 1948 en 30 September 1949 het Britse en Amerikaanse soldate ongeveer 400
000 vlugte na Wes-Berlyn onderneem met ongeveer tweemiljoen ton voedsel, steenkool, klere
en ander noodsaaklikhede. Op die besigste dae het 'n vliegtuig elke 45 sekondes by een van
die drie lughawens in Wes-Berlyn geland. Vlieëniers het selfs die riviere as aanloopbane gebruik
om hulle noodsaaklike vrag te bring. Berlyn se Havelrivier was die landingsplek vir amfibiese
lugvaartuie (vliegtuie wat op water kan land) wat aan die lugbrug deelgeneem het.
Maar selfs met die voorraad wat deur Westerse nasies geskenk is, het geblokkeerde Berlyners
nie 'n maklike jaar gehad nie. Daar was so 'n tekort aan brandstof dat kragstasies vir slegs 'n
paar uur elke dag elektrisiteit kon verskaf. Voedselrantsoene het hoofsaaklik uit gedroogde
aartappels bestaan en vars voedsel was glad nie beskikbaar nie. In die winter het die son voor
vieruur ondergegaan. Die mense van Wes-Berlyn het saamgebondel in hulle koue, donker huise
sonder hitte, lig of 'n warm ete om hulle op te beur.
Wes-Berlyners was nietemin vasbeslote om nie onder Sowjetdruk te swig nie. Hulle het geweier
om voedsel van die kommunistiese regering van Oos-Berlyn te aanvaar.
[Uit: A History of the United States, Volume II: 1865 to the Present – American Voices deur
S Foresman]
1.2 Verwys na Bron 1B.
2
• Volgens die bron … vrae: jy MOET die informasie in die bron gebruik om die vraag te
beantwoord. Onttrek direk uit die bron.
• Hierdie spesifieke vraag vra Waarom- so jy moet ‘n REDE verskaf uit die bron.
1.2.1 Waarom, volgens die bron, het dit vir Brittanje en Amerika nodig geword om ongeveer 400
000 vlugte na Wes-Berlyn te onderneem? (1x2) (2)
1.2.2 Beskryf die impak wat die Berlynse Blokkade op gewone Berlyners gehad het. (2x1) (2)
1.2.3 Lewer kommentaar oor waarom Wes-Berlyners nie die voedsel aanvaar het wat deur Oos-
Berlyn aan hulle beskikbaar gestel is nie. (2x2) (4)
BRON 1C
Hierdie foto, wat in 1948 geneem is, toon 'n Amerikaanse vragvliegtuig wat voorraad vervoer en
besig is om op Tempelhof-lughawe in Wes-Berlyn te land. Die fotograaf is onbekend.
[Uit: The Oxford Illustrated History of Modern Europe, redakteur TCW Blanning]
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Watter boodskap, dink jy, word deur hierdie foto oorgedra? (1x2) (2)
1.3.2 Verduidelik, in die konteks van die gebeure wat in 1948 plaasgevind het, waarom hierdie
foto wyd deur die Westerse media (koerante) gepubliseer is. (2x2) (4)
BRON 1D
3
Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 1 November 1948 deur Otto Grotewohl, die
voorsitter van die Verenigde Sosialiste-party in Oos-Duitsland, gelewer is.
Dit is welbekend dat die Sowjetunie 100 000 ton graan, meer as 10 000 ton olie,
verhittingsmateriaal en ander kommoditeite vir Berlyn voorsien het. Vars vleis, vis, eiers,
aartappels en ander produkte word uit die volksdemokrasieë (Sowjet-beheerde Oos-Europa)
ingevoer. Dit beteken dat voorraad vir die hele bevolking van Berlyn gewaarborg is.
Die feit dat hierdie geleentheid nie benut word nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van die kwaadwillige
politieke veldtog wat deur die reaksionêre (heftige teenkanting) Britse en Amerikaanse groepe
gevoer word. Die Westerse besettingsowerhede voorkom dat inwoners in hulle sektore voordeel
trek uit die geleenthede om voorraad te bekom wat deur die Sowjetsektor aangebied word. Die
optrede van die Berlynse Stadsadministrasie is boonop bloot krimineel, aangesien hulle hul
uiterste bes doen om die situasie te vererger. Die verset van die Berlynse stadsraad, wat 'n slaaf
van die Westerse besettingsowerhede is, het daartoe gelei dat die mense wat in die Westerse
sektore woon, beroof word van die geleentheid om voedselvoorraad en ander kommoditeite te
bekom wat direk deur die Sowjetunie aan die winkels in die Westerse sektore verskaf word. Die
'Lugbrug' wat deur die Westerse besettingsmagte ontwerp is, is 'n absoluut onnodige en suiwer
opruiende maatreël wat in geen opsig genoeg voorraad aan Berlyn kan voorsien nie en, wat
meer is, dit belas die Duitsers met geweldige koste ...
Op die oomblik is die imperialistiese magte van die Westerse moondhede in alliansie met die
opkomende reaksionêre magte in Duitsland. Hulle sweep die Duitsers teen die Sowjetunie op
en ontketen die begeerte vir oorlog en die dors na wraak ...
[Uit: http://www.cvce.eu, Toegang verkry op 27 Augustus 2013.]
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Noem TWEE vorme van ondersteuning wat die Sowjetunie aan die mense van Berlyn
verskaf het. (2x1) (2)
• Om die volgende vraag te beantwoord, moet jy verstaan wat die kosep , partydig
(bias) beteken.
1.4.2 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as partydig kan beskou.
(2x2) (4)
1.4.3 Otto Grotewohl het die Berlynse Stadsadministrasie 'krimineel' genoem. Gee 'n rede
vir sy standpunt. (1x2) (2)
1.4.4 Otto Grotewohl het beweer dat die Westerse moondhede 'die Duitsers teen die Sowjetunie
opsweep'. Verduidelik of jy met sy interpretasie van gebeure saamstem. (2x2) (4)
• Lees die vergelyking vraag sorgvuldig! Vra dit vir gelyke (ondersteun) of verskille?
1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1D 'n ander perspektief gee
as dié in Bron 1B met betrekking tot die hulp wat Berlyn in 1948 ontvang het. (2x2) (4)
• Leeerders is nog steeds verward omtrent die punte toekenning vir die vergelyk
tipe brongebaseerde vrae.
• Jy kan nie 4 punte verwag as jy net een vergelyking van Bron 1B en 1D aandui nie.
4
• Jy is onder die valse indruk dat jy 2 punte vir die feit in Bron 1B and 2 punte kry
vir die feit in Bron 1D. Daar moet TWEE verskillende vergelykings wees.
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van
ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Blokkade tot
Koue Oorlog-spanning tussen die Westerse moondhede en die Sowjetunie bygedra het. (8)
[50]
Het jy ander brongebaseerde aktiwiteite gebaseer op “Die USSR en die VSA en die vorming van belangesfere
(Daarstel van Sowjet-goedgesinde regerings in satellietstate; VSA se beleid van insluiting; Trumanleer;
Marshallplan; Berlynse Krisis van 1949-1961; Opponerende militêre alliansies, hersien?
VRAAG 3
WAT WAS DIE ROL EN BETEKENIS VAN STUDENTE SE SITBETOGINGS IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE 1960’S?
Bestudeerbron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat daarop volg.
BRON 3A
In hierdie uittreksels onthou Diane Nash, ’n Afro-Amerikaanse student by Fisk Universiteit in
Nashville, Tennessee haar eerste ervaring van segregasie. Sy verduidelik waarom sy aangesluit het
by ’n werkswinkel wat nie-gewelddadige protesmetodes onderrig het en in 1960 betrokke geraak
het by die sitbetogings om Nashville se openbare geriewe te desegregeer.
Omdat ek in Chicago ('n noordelike stad in die VSA) grootgeword het, het ek nie ’n emosionele
verbintenis met segregasie gehad nie. Ek het die feite en stories verstaan, maar ... toe ek na die
suide gaan en die tekens sien wat ‘wit’ en ‘kleurling’ lees en nie by daardie fontein kon drink of na
daardie kleedkamer toe kon gaan nie, het ek ’n werklike emosionele reaksie gehad ... ek was
woedend ... en my reaksie was dus “wie probeer hierdie dinge verander?”
Ek onthou die besef dat wat ons doen (die sitbetogings), die pogings om segregasie af te skaf, ons
teen die goewerneurs van sewe state, regters, politici, sakelui te staan bring en ek onthou ek het
gedink, “Ek is maar net 22 jaar oud. Wat weet ek?Wat doen ek?”Ek het baie kwesbaar gevoel. Toe
ons dus hoor dat ander stede proteste hou, het dit regtig gehelp, want daar was meer van ons. En
ek het die krag van ’n idee waarvan die tyd aangebreek het, begin voel ...
Die dag toe die polisie ons die eerste keer in hegtenis geneem het, was ook interessant ... en ons
was natuurlik voorbereid daarvoor ... Almal wat betrokke was by die sitbetoging by die middagete-
toonbank is in hegtenis geneem. En toe het hulle omgedraai en weer na die middagete-toonbank
gekyk en ’n tweede golf van die studente het hul sitplekke ingeneem ... Dit maak nie saak wat hulle
gedoen het en hoeveel hulle in hegtenis geneem het nie, daar was steeds ’n middagete-toonbank
vol studente ...
Die media en die geskiedenis teken dit skynbaar aan as Martin Luther King se beweging, maar die
jongmense moet besef dat dit mense net soos hulle was, hulle ouderdom, wat doelwitte en strategieë
geformuleer en eintlik die beweging ontwikkel het.
5
[Uit: J. Williams, Eyes on the Prize, (Penguin, 2002), bl. 130-131]
3.1 Verwys na bron 1A.
• Definiëring van konsepte: jy moet die betekenis van die woord verduidelik / die
konsep in verhouding met die onderwerp wat ons mee besig is.
3.1.1 Verduidelik in jou eie woorde die konsep van segregasie in die konteks van die Verenigde
State van Amerika in die 1960’s. (1x2) (2)
3.1.2 Noem enige TWEE reaksies wat Diane Nash gehad het met haar eerste ervaring van
segregasie in Nashville. (2x1) (2)
3.1.3 Verduidelik in jou eie woorde die konsep van sitbetogings in die konteks van die Nashville
sitbetoging-beweging van 1960. (1x2) (2)
3.1.4 Identifiseer enige TWEE redes waarom Nash ‘kwesbaar’ gevoel het toe hulle met die
sitbetoging-beweging begin het om segregasie te be-ëindig. (2x1) (2)
3.1.5 Verduidelik waarom Nash se houding tydens die sitbetoging-beweging van ’n gevoel van
‘kwesbaarheid’ na ’n gevoel van mag verander het. (2x2) (4)
BRON 3B
Die foto hieronder is op 27 Februarie 1960 deur Vic Cooley geneem. Dit beeld ’n student uit wat aan
’n vreedsame sitbetoging by ’n middagete-toonbank in Nashville deelneem en deur wit jongmense
aangeval word. Die gebeure was die hoofberig in die plaaslike koerant onder die opskrif ‘75 studente
in hegtenis geneem. Polisiemag bring sitbetoging by middagete-toonbanke tot ’n einde’.
[Uit: http://www.library.nashville.org/civilrights/photos.htm. Toegang op 24 Augustus 2014]
3.2 Bestudeer bron 1B.
3.2.1 Waarom het die studente wat by die sitbetogings betrokke was om die middagete-toonbank
te desegregeer, nie teruggeveg toe hulle aangeval is nie? (1x2) (2)
6
3.2.2 Watter bewyse in die bron dui daaropdat die polisie in Nashville teen die sitbetogings en
die desegregasie van die middagete-toonbanke gekant was? (2x2) (4)
• Wees waaksaam!: daar is nie ‘n (1x3)(3) punte toekenning vraag nie eerder (1x2)(2).
• N.B. Daar kan ‘n vraag wees wat (3x1) (3) tel.
3.2.3 Waarom dink jy dat die lede van die Burgerregtebeweging die publikasie van hierdie foto
moontlik kon verwelkom? Verduidelik jou antwoord. (1x3) (3)
BRON 3C
Hierdie uittreksel beskryf hoe die studente se sitbetogings in Nashville in 1960 ’n sleutelrol gespeel
het in die desegregasie van die stad se middagete-toonbanke en openbare geriewe.
Die Nashville-studente het hul sitbetogings in Februarie en Maart van 1960 voortgesit. Z. Alexander
Looby se huis is op 19 April vernietig deur dinamiet wat by die venster van ’n verbygaande motor
uitgegooi is... Die ontploffing was so sterk dat dit 147 vensters van ’n gebou oorkant die straat
gebreek het. Looby, Nashville se eerste swart raadslid, was ’n prokureur wat die gearresteerde
studente verteenwoordig het ...
Die aanslag op Looby se huis het die studente van Nashville, by verre die mees georganiseerde in
die land, geskok. Op dieselfde dag het 2 500 studente en lede van die gemeenskap ’n optog na die
stadsaal gehou – die beweging se eerste groot protes van daardie soort ...
Burgemeester West het op die gebou se trappe staan en wag. Diane Nash het West gevra of hy
persoonlik dink dis reg dat skoolvoorraad en skoonheidsmiddels oor een toonbank by ’n winkel aan
swartmense verkoop word, maar dat swartes diens by hulle middagete-toonbank geweier word
...West het nie gehuiwer. Hy het geknik en gesê dat hy glo dis verkeerd ...
Die volgende oggend was die hoofberig in die Nashville Tennessean, ‘Burgemeester sê toonbanke
moet geïntegreer word’...
Die dag ná die optog het Martin Luther King na Nashville gekom om dit saam met die studente te
vier.King [het gesê] “Ek het na Nashville gekom, nie om inspirasie te bring nie, maar om inspirasie
te kry uit die groot beweging wat in die gemeenskap plaasgevind het.”
Drie weke later, op 10 Mei, het ses middagete-toonbanke in Nashville – in winkels wat die
hoofteikens van die sitbetogings was – begin om swartmense te bedien. Die toekoms het steeds
‘staanbetogings’ in Nashville se gesegregeerde teaters, ‘slaapbetogings’ in die voorportale van
hotelle en nog sitbetogings by streng segregasionistiese restaurante ingehou. Maar ’n belangrike en
blywende oorwinning is behaal.
[Uit J. Williams, Eyes on the Prize, (Penguin, 2002), bl. 138-140]
7
3.3 Raadpleeg bron 1C.
3.3.1 Identifiseer DRIE bewysstukke wat help verduidelik waarom Z. Alexander Zooby die teiken
van ’n rassistiese aanval by sy huis was. (3x1) (3)
3.3.2 Noem enige TWEE aksies wat ná die aanval op Zooby se huis geneem is wat gehelp het
om die integrasie van middagete-toonbanke in Nashville te weeg te bring. (2x1) (2)
• Jou opinie (mening): Jou opinie (mening) en redenasie moet gebaseeer wees op
feite en bewyse. WAAROM dui aan dat jy ‘n rede moet verskaf.
3.3.3 Waarom het Martin Luther King, na jou mening, die gebeure in Nashville as ’n ‘inspirasie’
vir die Burgerregtebeweging beskryf? (2x2) (4)
BRON 3D
Robert Zellner was in die vroeë 1960’s ’n blanke kollegestudent in Montgomery, Alabama.Hy het in
die suide grootgeword en sy pa en oupa was lede van die rassistiese Ku Klux Klan. In hierdie
uittreksel verduidelik hy hoe die studente se sitbetogings sy besluit beïnvloed het om ’n aktivis in die
Burgerregtebeweging te word.
In die lente van 1961 was die Koördinerende Komitee vir Nie-gewelddadige Studente (SNCC) op
soek na iemand om na wit kampusse te reis (om ondersteuning vir die burgerregtebeweging te bou).
Ek het reeds ’n paar van die SNCC-mense by die werkswinkel vir nie-geweld ontmoet ... daar was
dus al hierdie studente. Hulle het soldatejasse en pakke en dasse gedra. Hulle het nooit sonder hul
boeke na die sitbetogings gegaan nie. Ek weet hulle studeer biologie en sosiologie en sielkunde en
alles wat ek studeer en hulle gaan uit en kom in opstand teen hierdie gesag (segregasiewette) ...
En hierdie ouens gaan sit en sê: “As jy my nie voed nie gaan ek jou plek van besigheid toemaak.
En as jy my tronk toe wil sleep, dan gaan ek tronk toe en ons sal sing en alles.” Dit was regtig
inspirerend.
Die lente van 1961 was die einde van my senior jaar in kollege.Hier is ek in Montgomery en die
Freedom Riders se busse is op pad.Hulle kom uiteindelik in Montgomery aan en daar is ’n oproer in
my eie stad aan die gang en mense word met klippe bestook. Ek is hier. Ek sien dit. Ek hoor dit op
die radio en ek gaan stad toe om te kyk of ek my liggaam tussen van die Klan-manne en van die
Freedom Riders kan plaas. En motors word verbrand en kerke word afgebreek en alles. Hoe kon ek
anders as om betrokke te raak?
[FHAO, Eyes on the Prize. America’s Civil Rights Movement 1954-1985. (Blackslide, 2006) bl. 49]
3.4 Lees bron 1D.
3.4.1 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die “Student Non-Violent Co-ordinating
Committee” (SNCC) in 1961 ’n nie-rassige organisasie was? (2x1) (2)
3.4.2 Waarom dink jy is Robert Zellner deur die student wat hy aan die sitbetoging-beweging
sien deelneem het geïnspireer? (2x2) (4)
8
Verduidelik bruikbaarheid...
• Oorweeg die inligting wat in die kontekstualisering van die bron verskaf word:
• Watter tipe bron is dit?
• Dit is eerstehandse inligting en dus nuttig! (sluit besonderhede in jou reaksie in) -
• Hoe relevant is die bron om oor 'n bepaalde aspek navorsing te doen?
3.4.3 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir ’n geskiedkundige wat die
betekenis van die studente se sitbetogings in die Burgerregtebeweging navors. (3x2) (6)
Wees waaksaam! daar is nie ‘n (3x2) (6) punte toekenning vraag nie, eerder (2x2) (4).
3.5 Gebruik die inligting in die toepaslike bronne en jou eie kennis om ’n paragraaf van ongeveer
AGT reëls (omtrent 80 woorde) te skryf waarin jy ’n evaluering die rol en betekenis van
studente se sitbetogings in die Verenigde State van Amerika se burgerregtebeweging in die
1960’s. (8)
[50]
• Leerders sukkel om paragrawe te skryf...
• Leerders hou nie by die vraag nie en skryf ‘rond en bont'.
• Omdat die vraag jou vra om 'die bronne te gebruik‘, sluit
leerders net 'n sin van elke bron in.
• Leerders skryf ook sinne direk vanuit die bron. Selfs al raak dit
aan die vraag, probeer om in jou eie woorde te skryf en
interpretasie te bied.
• Leerders kry slegs 2 uit 8 punte, (maksimum), as hulle die
paragraaf beantwoord deur koeëlpunte te gebruik.
• Ook, as hulle die paragraaf verdeel, dit wil sê die skryf van twee
paragrawe. Die merker merk slegs die eerste paragraaf!
AFDELING B: OPSTELVRAE
Kontekstualiseer die vraag (verwys die vraag direk tot die onderwerp en bepaal ‘n lyn van
argument)
Kan jy die 3-stap inleiding identifiseer?
• Stap 1: beantwoord onmiddellik die vraag→ neem standpunt in (herhaal (herhaal)
die stelling) → (Tot ‘n groter mate / mindere mate saam stem OF Stem saam / Stem
nie saam nie)
• Stap 2: Verduidelik waarom jy 'n bepaalde standpunt ingeneem het
• Stap 3: Identifiseer hoe jy jou antwoord sal bewys. (Hierdie opstel ondersoek /
bespreek)
9
Hoe om 'n goed gestruktureerde paragraaf met behulp van PVBS (PEEL) te skryf
• Gebruik die inhoud om die
standpunt wat jy in die inleiding
ingeneem het, te ondersteun.
• Sorg dat jy in elke paragraaf
voortbou op die argumentlyn
deur die 'Skakel' in PEEL(PVBS) te
gebruik.
• S = SKAKEL: Aan die einde
van jou paragraaf moet jy
terugskakel na die opstelvraag
en / of deurstuur na die
volgende paragraaf.
• Jou slot moet jou lyn van argument herhaal om die gegewe vraag te beantwoord.
• Dit moet dieselfde lyn van argument wees wat in die inleiding en die liggaam van
die opstel ontwikkel was.
•
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4:
UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
Verduidelik tot watter mate die taktieke en die strategieë wat die Viëtkong teen die Verenigde
State van Amerika se weermag gebruik het, daarin geslaag het om die verspreiding van
kapitalisme in Viëtnam tussen 1965 en1975 te stuit.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
Maak seker dat jy verwys na die fases van die oorlog:
1957–1965 Die stryd in Viëtnam tussen die Suid-Viëtnamese weermag en die kommunisties-opgeleide rebelle (ook
bekend as die Viëtkong)
1965–1969 `n Noord-Viëtnam – VSA-stryd (insluitend die aard van die Viëtnamese oorlog teen die VSA)
• die oorlog vanuit `n Viëtnamese en VSA perspektief
• die oorlog as `n globale kwessie
1969–1975 USA die VSA onttrek uit Viëtnam (die impak op VSA-politiek; studentebewegings)
VRAAG 6:
BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging was gemoeid met die bevordering van swart mag, die inskerp van swart
trots en die kweek van selfrespek onder swart Amerikaners in die 1960's.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
10
VRAESTEL 2
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAAG
VRAAG 1: Hoe suksesvol was die UDF in die mobilisering van Suid-Afrikaners teen die
apartheidsregering in die 1980’s?
BRON 1A
Die onderstaande bron beskryf die hervorming wat deur P.W. Botha deurgevoer is in ‘n poging om
die swart meerderheid te kalmeer.
Die Suid-Afrikaanse regering onder leierskap van P.W. Botha, het veranderinge ingestel wat
as hervorming voorgehou is. Hierdie veranderinge, is daar gehoop, sou die internasionale
teenstand teen apartheid versag, blanke Suid-Afrikaners tevrede stel, bande met ander Afrika-
lande herstel en interne swart verset verminder.
Die 1982 Wet op Stedelike Bantoe-owerhede het Gemeenskapsrade gestig om verkies te word
met die hoop dat ‘n mate van beheer oor plaaslike aangeleenthede hul politieke aspirasies sou
tevrede stel en dat hulle nie op nasionale vlak demokratiese regte sou eis nie. Die strategie
was om ‘n beperkte aantal gekose en beheerde swartmense tot die middelklas toe te laat. Die
gedagte was om ‘n ryker swart middelklas te skep wat die apartheidsregering sou steun om hul
verhewe posisies te handhaaf en swart verset te versag omdat hulle nou apartheid nodig sou
hê om hul hoë poste te behou.
Die regering het ook gepoog om die gaping tussen Indiër, kleurling en swart Afrikane te
verskerp. Dit is gedoen met ‘n nuwe grondwet wat die NP regering in 1983 ingestel het. Die
Grondwet het ‘n nuwe Drie-kamer Parlementêre stelsel geskep.
Baie mense het egter die hervormings as bloot kosmeties beskou, omdat hulle die openbare
gesig van apartheid van buite verander het, maar die stelsel het onveranderd gebly en die
situasie van die gewone mens het erger in plaas van beter geraak.
[https://www.sahistory.org.za/article/apartheid-early-1980s.]
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Noem TWEE doelwitte wat Botha met sy hervormings wou bereik. (2x1)(2)
• 1.1.2. is ‘n voorbeeld van ‘n Vlak 2 kognitiewe vraag. Dit word van jou verwag om te
interpreteer en verduidelik die informasie in die bron.
• Verduidelik: verskaf gedetaileerde informasie gebaseer op feite.
1.1.2 Verduidelik die redes waarom die Nasionale Party die Wet op Stedelike Bantoe-owerhede
in 1985 ingestel het. (2x2)(4)
1.1.3 Wat was die naam wat, volgens die nuwe grondwet van 1983, aan die parlementêre stelsel
gegee is? (1x2)(2)
1.1.4 Waarom was Botha se poging om politieke hervorming in die 1980’s in te stel, ‘n
mislukking? (2x2)(4)
11
1.2 Verwys na Bron 1B.
BRON 1B
Hierdie bron handel oor die UDF en sy teenkanting teen Botha se hervormings.
Die UDF se teenkanting teen P W Botha se hervormings het uitgeloop op verskeie aksies. Kort
na die stigting is ‘n suksesvolle boikotaksie georganiseer teen die (kleurling) Raad van
Verteenwoordiges en Indiër Raad van Afgevaardigdes. Die UDF was ook betrokke by die
beplanning van verskeie verbruikersboikotte en wegbly-aksies.
In 1983 en 1984, is die “een miljoen handtekeninge” aksie geloods, waar die deelnemers gevra
is om hul teenkanting teen die sogenaamde Koornhof-wette aangaande swart plaaslike
regering en die nuwe grondwet te verklaar.
Die UDF se grootste impak was egter op grondvlak waar dit plaaslike strukture gebou het om
‘n sleutelrol in politieke opvoeding en mobilisasie van die massas te speel. Teen die tyd vir die
tweede kongres, in April 1985, is daar besluit om massasteun te omskep in aktiewe deelname,
onder die vaandel: “Van Protes tot Uitdaging: Van mobilisasie tot Organisasie”. Vier maande
later is die tema uitgebrei om ‘n nuwe slagspreuk in te sluit: “Voorwaarts na Burgerlike Mag”.
Die Staat het hierdie bedreiging teengestaan en onderdruk om die algemene onrus (wat in
1985 sy hoogtepunt bereik het) in die land te bekamp deur verskeie noodtoestande aan te
kondig. Baie mense is gevange geneem in terme van die sekerheidsregulasies. Die UDF is erg
geraak. Verskeie sleutelfigure in die organisasie is vermoor, insluitend Matthew Goniwe (UDF
organiseerder in die Oos-Kaap) en Victoria Mxenge (UDF tesourier in Natal)
[https://omalley.nelsonmandela.org/omalley]
•Dit is ‘n voorbeeld van ‘n Vlak 2 kognitiewe vraag. Dit word van jou verwag om te
interpreteer en verduidelik die informasie in die bron.
• Wat dink jy: jou gedagtes en redenering moet gebaseerd wees op feite en bewyse.
1.2.1 Wat, in jou opinie, was die doelwit van die UDF gedurende die 1980’s? (1x2)(2)
1.2.2 Noem die liggaam/parlementskamer wat die volgende groepe in die Drie-kamer Parlement
verteenwoordig het:
(a) kleurlinge
(b) Indiërs (2x1)(2)
1.2.3 Identifiseer DRIE versetveldtogte wat deur die UDF teen Apartheid in the 1980’s geloods
is. (3x1)(3)
1.2. 4 Noem DRIE van die staat se reaksies op die UDF se veldtogte en aktiwiteite. (3x1)(3)
12
Voorbeelde van Vlak 1 kognitiewe vrae. Hulle is maklik om te beantwoord want die antwoorde
kan direk onttrek word uit die bronne.
Identifiseer/ Lys/ Noem: skryf kort antwoorde neer met geen verduideliking nie.
Volgens die bron: Jy MOET die informasie van uit die bron gebruik om die vraag te
beantwoord.
1.3 Verwys na Bron 1C.
BRON 1C
‘n Uittreksel uit ‘n verklaring deur Eerwaarde (dr) Allan Boesak uitgereik by die vergadering van die
Spesiale Komitee teen Apartheid op 24 Julie, 1985 waarin hy sy stem verhef het teen die
verklaring van ‘n Noodtoestand.
Ek kan nie eers begin om te beskryf wat in Suid-Afrika aangaan na die verklaring van die
noodtoestand verlede Saterdag nie. Ek moet eerlik sê dat daar selfs voor die formele en
amptelike verklaring in die woongebiede ‘n terreurveldtog deur die Suid-Afrikaanse Polisie en
Suid-Afrikaanse Weermag op ons mense gevoer is wat soortgelyk is aan ‘n Noodtoestand.
Selfs voor Saterdag is ‘n nie-amptelike aandklokreël in die woongebiede toegepas en baie van
ons mense is doodgeskiet toe hulle na skemer rondbeweeg het. Voor die Noodtoestand is baie
mense in hegtenis geneem, sonder rede, en is hulle in die tronke gemartel en soos honde op
straat geskiet.
Voor Saterdag het ons al geweet van moordspanne wat op straat rondbeweeg het en onwettig
deur die polisie en Suid-Afrikaanse Regering ondersteun is. Hierdie welbekende feite ontstel
ons in Suid-Afrika.
In die afgelope paar maande het ‘n patroon begin ontwikkel wat ons oortuig het dat die
middelleierskap , nie net van die UDF nie, maar ook ander organisasies, sistematies vermoor
word. Ons weet nie presies wie hierdie mense is nie, alhoewel ons ernstige vrae gevra het oor
die verdwyning en dood van sekere leiers in Suid-Afrika wat nie oortuigend deur die Suid-
Afrikaanse regering of sy polisiemag geantwoord en verduidelik is nie.
[https://www.saha.org.za/udf/troops_occupy_the_townships.htm]
1.3.1 Definieer die term “noodtoestand” in die konteks van die verset teen Apartheid in Suid-
Afrika in die 1980’s. (1x2)(2)
1.3.2 Wat was die Apartheidsregering se redes vir die verwydering van “middelvlak leierskap”?
(2x2)(4)
1.3.3 Lewer kommentaar oor die rede waarom ‘n historikus die inligting in hierdie bron bruikbaar
sou vind in die studie van die verset teen Apartheid in die 1980’s. (2x2)(4)
13
BRON 1D
‘n Plakkaat deur die UDF uitgereik op 20 Augustus 1983 wat eis dat Suid-Afrikaanse Weermag
Troepe en polisie wat in woongebiede gestasioneer is, onttrek word.
ONS EIS:
SAW & POLISIE:
ONTTREK UIT DIE
WOONGEBIEDE!
UDF: ONDERSTEUN
DIE
VERBRUIKERSBOIKOT!
[https://www.saha.org.za/udf/]
1.4 Verwys na Bron 1D.
1.4.1 Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis en sê wat die UDF genoop (gedwing)
het om hierdie plakkaat op 20 Augustus 1983 uit te reik. (1x2)(2)
WENK: Verklaring van die Noodtoestand
1.4.2 Verduidelik die boodskappe wat oorgedra word in die plakkaat wat deur die UDF uitgereik
is. (2x2)(4)
14
1.5 Vergelyk Bron 1C met 1D. Verduidelik hoe die inligting in die twee bronne mekaar ondersteun
rakende die teenwoordigheid van die SAW in die swart woongebiede en die UDF se reaksie
daarop. (2x2)(4)
• Antwoord: Boesak maak kapsie(beswaar) teen die teenwoordigheid / aksies van soldate in die
swart wongebiede / Plakkaat dring daarop aan dat soldate onttrek word.
• Boesak maak kapsie teen die negatiewe impak (bv. Word soos honde geskiet) van die soldate in
die swart woongebiede / Plakkaat wys dat die gemeenskap genoeg mag het om die soldate te
verdryf
1. 6 Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis om ‘n paragraaf van ongeveer AGT
reëls (80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik hoe die UDF bygedra het tot die stryd teen
Apartheid in Suid-Afrika in die 1980’s. (8)
[50]
Het jy ander Brongebaseerde aktiwiteite hersien gebaseer op Interne Weerstand tot
hervormings soos die groeiende mag van die Vakbondbeweging from 1973?
VRAAG 2:
HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE
HANTERING VAN DIE MOORD OP AMY BIEHL?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
BRON 2A
Hierdie uittreksel verduidelik die redes vir die instelling van die WVK tydens die eerste
demokraties verkose parlement in 1995.
In die jaar na die verkiesings, het die Parlement se Justisie (Geregtigheids) Portefeulje-
komitee wetgewing ontwerp om ʼn Waarheids-en-Versoeningskommissie te stig. Die
sewentien-lede Kommissie is die taak gegee om – sover moontlik – ʼn volledige beeld vas te
stel van die moontlike oorsake, aard en omvang van growwe menseregteskendings wat in
die tydperk tussen 1 Maart 1960 en 1994 gepleeg is, deur ondersoeke uit te voer en om
verhore te hou. Hierdie tydperk is gesien as die ergste ‘misdade [wat] teen die mensdom’
deur die apartheidsregime gepleeg is.
Dit moes ook die toestaan van amnestie aan persone wat volle openbaring van al die
relevante feite verwant aan dade wat geassosieer was met ʼn politieke doelwit gemaak het,
fasiliteer. Verder is daar van die Kommissie vereis om die menslike en burgerlike waardigheid
van slagoffers te herstel en reparasiemaatreëls aan te beveel. Hulle moes ook ʼn verslag
saamstel van hulle bevindings en aktiwiteite en maatreëls aanbeveel om toekomstige
skendings van menseregte te voorkom.
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) soos dit ooreenkomstig gestig was, het uit
drie komitees bestaan. Die eerste van hierdie was die Menseregteskendings-komitee, wat
ondersoek moes instel na die verslae van slagoffers deur verhore en ondersoeke. Die tweede
was die Amnestie-komitee wat die amnestie-aansoeke moes evalueer. Dit moes die Norgard-
beginsels aanwend om te bepaal of ʼn aansoek vir amnestie gekwalifiseer het. Die derde
komitee was die Reparasie en Rehabilitasie-komitee, wat ʼn reparasiebeleid moes formuleer
15
om die lewens van slagoffers en oorlewendes van menseregteskendings te herstel en te
rehabiliteer.
[Uit Country of my Skull deur A. Krog]
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die WVK? (2 x 1) (2)
2.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom apartheid as ’n
misdaad teen die mensdom beskou is. (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die begrip amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
• Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n VLAK 3 kognitiewe vraag. Dit word van jou verwag om te
analiseer en evalueer die bewyse om tot ‘n gevolgtrekking te kom. Ander voorbeelde
van VLAK 3 vrae sluit in: assesering van betroubaarheid, die vergelyking van bewyse
en vrae omtrent limitasie (beperking) van ‘n bron.
• Bruikbaar: Vra jouself: Hoe help die bron die historikus?
• Oorweeg die informasie wat gebruik is in die kontextualisering van die bron. Watter
bewyse kan gevind word ten opsigte van vraag waaroor navorsing gedoen word?
• Analiseer die inhoud van die bron om vas te stel en te bepaal, of die bewyse in die bron
bruikbaar is vir ‘n historikus.
• Die antwoord moet beantwoord word met betrekking tot die historikus se spesifieke
area van belangstelling.
2.1.4 Lewer kommentaar waarom jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sal beskou as jy die
rol van die WVK bestudeer. (2 x 2) (4)
2.1.5 Identifiseer die DRIE komitees wat die werk van die WVK verrig het. (3 x 1) (3)
BRON 2B
Hierdie bron fokus op hoe en hoekom Amy Biehl op die 25ste Augustus 1993 in
Kaapstad vermoor is.
Kort voor die einde van die apartheidsera, is Amy Biehl vermoor. Sy was ʼn slagoffer van
rassegeweld. Amy was wit. Sy het haarself daaraan toegewy om apartheid in Suid-Afrika te
beëindig en was verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en het in minderbevoorregte
gemeenskappe gewerk. Sy het ook met kieser-registrasie vir die voorgenome
‘Vryheidsdagverkiesings’ gehelp. Amy het Gugulethu en sy mense goed geken, of gedink sy het.
Sy sou byna elke dag en nag in die lokasie gevind word, sy kon isiXhosa praat en die pantsula
doen. “Dit is hoe baie sy hier ingepas het,” het Melanie Jacobs, die swart vrou wat ʼn huis met Amy
gedeel het in Kaapstad, gesê. “Sy het Afrika liefgehad. Sy was nie net nog ʼn wit persoon nie.”
Op die aand van 25 Augustus 1993, het Amy deur die Gugulethu-lokasie bestuur en die prooi
(slagoffer) van ʼn woedende groep swart jeugdiges geword. Hulle het Biehl se motor met klippe
gegooi (gebombardeer), haar gedwing om te stop, haar toe uit die motor gesleep en haar vermoor.
16
Hulle het gegil: “Maak die Setlaar dood!” Haar ouers is ingelig dat hul dogter geslaan en
doodgesteek is.
Die polisie het twee tiener-verdagtes gearresteer, studentelede van ʼn militante nasionalistiese
groep, die Pan Africanist Congress, wie se slagspreuk, ‘Een setlaar, een koeël’ is. In Kaapstad het
die doodmaak van die gewilde student (‘scholar’) ʼn swart teenreaksie teen die militante groep wat
haat vir wittes aangemoedig het, aangewakker. Die African National Congress het sy
lokasienetwerk aangebied om die moordenaars te identifiseer. Vriende en kollegas, wat Mejuffrou
Biehl met vryheidsliedere herdenk het, het deur Gugulethu geparadeer (in optogte geloop) met
plakkate wat verklaar het, “Kamerade kom in alle kleure”.
[Uit https://www.nytimes.com1993/08/27/world/how-american- sister-died-in-atownship.html.
Toegang op 1 September 2019 verkry.]
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, is Amy vermoor? (2 x 1) (2)
2.2.2 Watter inligting het Amy se ouers aangaande die dood van hul dogter ontvang? (2 x 1) (2)
2.2.3 Waarom, dink jy, het die ANC gehelp om Amy se moordenaars te vind? (2 x 2) (4)
2.2.4 Wat, dink jy, het die PAC bedoel toe hulle die slagspreuk: ‘Een setlaar, een koeël’ gebruik
het? (2 x 2) (4)
BRON 2C
Hierdie bron fokus op die amnestie-verhoor van die moordenaars van Amy Biehl op 8 Julie 1997 in
Kaapstad.
Die vier jeugdiges, Mzikhona Nofemela, Ntobeka Peni, Vusumzi Ntamo en Mongezi
Manqina wat vir die moord op Amy veroordeel is en tronkstraf van agtien jaar gegee is, het
om amnestie aansoek gedoen. Die moordenaars van Amy het haar ouers om verskoning
gevra vir wat die Waarheidskommissie-prokureur ʼn betekenislose barbaarsheid deur ʼn
‘bende moordenaars’ genoem het. Die Pan Africanist Congress (PAC) ondersteuners is
uitgedaag oor hulle aansprake voor die Amnestie-komitee dat die moord deur die groep
polities gemotiveerd was.
Biehl se ouers, Peter en Linda, het aan die begin van die verrigtinge hande geskud met
familielede van die vier mans. In geskrewe beëdigde verklarings wat by die WVK se
Amnestie-komitee ingedien is, het die vier gesê dat hulle berou gehad het oor die moord en
Biehl se ouers om vergifnis gevra. “Ek voel jammer en baie hartseer, veral vandag, met die
besef van Amy Biehl se bydrae tot die stryd,” het Peni gesê. Nogtans het hy en sy mede-
aansoekers aangedring dat die moord polities gemotiveerd was en deur die PAC se
slagspreuk, “Een setlaar, een koeël” geïnspireer is. Peni het getuig dat Paso se
bestuursleier sy lede beveel het om Gugulethu onregeerbaar te maak en om die PAC se
gewapende vleuel, die Azanian People’s Liberation Army, te help om swart mense se grond
terug te wen. “Ek het hierdie beskou as ʼn opdrag (instruksie) om ook wit mense skade te
berokken, seer te maak en dood te maak.”
17
In 1998 het Biehl se moordenaars amnestie deur die WVK (ʼn besluit wat die familie se
goedkeuring gehad het) ontvang en is hul uit die tronk vrygelaat nadat hulle vier jaar
tronkstraf uitgedien het. Die Biehls het gesê dat hulle glo dat hul dogter die Kommissie se
besluit om amnestie toe te staan, sou ondersteun.
[Uit www.justice.gov.za/trc/media/1997/9707/s970708f.htm. Toegang op 1 September
2019 verkry.]
2.3.1 Noem die DRIE jeugdiges wat aan die moord op Amy Biehl skuldig bevind is. (3 x 1) (3)
2.3.2 Lewer kommentaar op die redes waarom die moordenaars Amy se ouers om verskoning
gevra het. (2 x 2)(4)
2.3.3 Haal ’n sin uit die bron aan wat daarop dui dat Peni berou vir sy dade getoon het. (1x2) (2)
BRON 2D
Hierdie foto toon die moordenaars van Amy Biehl by die amnestieverhoor op
8 Julie 1997 in Kaapstad.
[Uit images amy biehl newpaper. -
jfif
photos. Toegang op 1 September 2019 verkry.
]
REKONSILIASIE
-
KOMMISSIE
WAARHEID
DIE PAD NA
REKONSILIASIE
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto met betrekking tot die doelwitte van die WVK
oorgedra? (1 x 2) (2)
2.4.2 Waarom, dink jy, het die mans voor die Amnestie-komitee verskyn? (1 x 2) (2)
18
• Vergelyk vrae:
• Kan moontlik vra vir ondersteuning of verskille
• Lees Bron 2C en Bron 2D en kyk hoe hulle mekaar ondersteun
• Versamel informasie van beide bronne wat ooreenkomste met mekaar aandui.
• By voorbeeld, sal jy sê, “Bron 2C dui aan …” en “Bron 2D bevestig …”.
• Onthou: vind ‘n skakel in beide bronne om te vergelyk
• Indien die punte toekenning (2x2) (4) is, dan moet jy die bronne TWEE keer vergelyk
• Indien ‘ondersteun’ gevra word, kan kandidate sê: in BEIDE bronne …
2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in
Bron 2D met betrekking tot die moord van Amy Biehl ondersteun. (2 x 2)(4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe suksesvol die WVK in die hantering van die moord op Amy Biehl was. (8)
• Hoe om ‘n paragraaf te skryf:
Lees die bron met begrip en kyk na die informasie wat dit jou gee met betrekking tot
•
die vraag
• Hou die sleltel vraag in gedagte soos jy lees en anyaliseer elke bron terwyl jy die
ander vrae beantwoord in die Brongebaseerde Afdeling
• Onderstreep informasie óf skryf aantekeninge in die kantlyn van die bron, wat later
gebruik kan word om die paragraaf vraag te beantwoord
• Wanneer jy jou paragraph byeen sit, sal jy die bewyse evalueer wat jy bymekaar
gemaak het en selekteer die mees gepaste inligting
• Verwys na die bronne waar jy jou inligting van onttrek het b.v. Volgens Bron 2C …
• ‘Eie kennis of Vorige kennis’ moet gebruik word om jou te help om uit te brei oor diee
inligting wat die bron verskaf.
• ONTHOU: Fokus op die sleutelvraag en nie die ONDERWERP nie
[50]
AFDELING B: OPSTELVRAE
Die inleading:
• Jou inleiding moet direk verband wees met die vraag (nie die onderwerp nie)
• Wys die deurlopende argument wat jy wil ontwikkel dwarsdeur die opstel
(standpunt)
• Dit is belangrik om ‘n sterk, kragtige, duidelike, inleiding te het
• Die merker kan duidelik sien en aflei van jou inleiding af of jy verstaan wat van
jou verwag word, of nie
• Die inleiding moet omtrent vyf tot sewe reëls beslaan
19
Die Liggaam van die Opstel
• Dit moet bestaan uit paragrawe. (Laat ‘n reël oop tussen elke paragraaf)
• Moet nie opskrifte of sub-opskrifies gebruik nie!
• Die eerste sin van die paragraaf sal heerwaarskynlik die hoogte punt van die
paragraaf aandui (Punt)
• Die res van die paragraaf sal geondersteun word met bewyse
(VERDUIDELIKINGS EN VOORBEELDE)
• Die laaste sin kan SKAKEL met die inhoud van die paragraaf en waaroor dit gaan
of verwys terrug na die vraag.
Punte omtrent Styl
• Onthou net dat iemand anders jou werk gaan lees. Hy óf sy moet verstaan wat jy
probeer sê. Jy moet in volle sinne skryf en gebruik paragrawe om jou opstel
bymekaar te sit.
• VERMY om ‘ek’ of ‘ons’
• Moet nie groeptaal, kort-hand of uitdrukkings gebruik nie.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA - DIE SWART
BEWUSSYNSBEWEGING
Biko en die Swart Bewussynsbeweging het ‘n betekenisvolle rol in Suid-Afrika se bevrydingsstryd
gespeel.
Stem jy saam met hierdie stelling? Maak van historiese bewyse gebruik om jou standpunt te staaf.
[50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE
VERLEDE
Die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika sou waarskynlik nooit maklik wees nie. Die hoop en
optimisme wat Nelson Mandela met sy vrylating in 1990 begroet het, het gou verdwyn soos die
realiteite van die onderhandeling van ‘n nuwe toekoms vir Suid-Afrika in alle erns begin het.
Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die onderhandelinge wat tussen 1990 en 1994
in Suid-Afrika plaasgevind het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE-OORLOG EN ‘N NUWE WêRELDORDE: GEBEURE IN
1989
Verduidelik in watter mate die val van die Sowjet-unie in 1989 tot grootskaalse politieke
veranderinge in Suid-Afrika bygedra het.
Staaf jou redenasie/argument met relevante bewyse. [50]
20
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG- SPANNING
TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Brittanje/Britse
• Frankryk/Franse
• Verenigde State van Amerika (VSA)/ Amerikaanse
• Rusland (Sowjetunie) (4 x
1) (4)
•
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Die Sowjetunie het 'n aparte geldeenheid (Ostmark)in hulle sektor
bekend gestel
• Waarsku die Weste dat hulle, hulle nie moet bemoei in die
aangeleenthede van Oos-Duitsland nie
• Die Sowjetunie het Wes-Berlyn geblokkeer (Byvoorbeeld: paaie is
toegemaak, spoorlyne, waterweë)
• Enige ander relevante antwoord
(enige 2 x 2) (4)
1.1.3 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1A – V1]
• Konsep wat deur Winston Churchill gebruik is om die verdeling
tussen Oos- en Wes-Europa aan te dui
• Dit was 'n simboliese grens tussen die kommunistiese blok en Wes-
Europese lande gedurende die Koue Oorlog
• Skeiding tussen kapitalisme en kommunisme in Europa
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x
2) (2)
21
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Wou die verspreiding van kommunisme verhoed/ 'domino- effek' na
Wes
Europa
• As Berlyn in die hande van die kommuniste val, dan sou Wes-
Duitsland onder kommunistiese invloed kom
• Wou verseker dat demokrasie floreer
• Wou nie 2 miljoen Wes-Berlyners aan kommunistiese bewind oorgee
nie
• Wes Berlyn was ʼn luisterpos vir die Weste (enige 1 x
2) (2)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Om noodsaaklikhede/ benodigdhede soos voedsel, steenkool en
klere aan Wes-Berlyn te lewer (1
x 2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Tekort aan brandstof lei tot 'n beperkte voorsiening van elektrisiteit
• Vars voedsel was nie geredelik beskikbaar nie
• Berlyners ondervind koue en donkerte gedurende die winter en het
geen warm etes of elektrisiteit vir ligte nie (enige
2 x 1) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Gedetermineerd om nie in te gee/afgeknou te word onder
Sowjetdruk/kommunisme nie
• Om te toon dat hulle nie afhanklik was van die Sowjetregering se
bystand nie
• Afkeur van die blokkade
22
• Glo dat die Weste hulle ten volle sou ondersteun
• Enige ander relevante antwoord
(enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Dit toon Amerikaanse vliegtuie wat voorrade na Wes-Berlyn bring
• Kinders wag vir voorrade met verwagting
• Enige ander relevante antwoord
(enige 1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Dit kon vir propogandadoeleindes gebruik word om die Weste se
ondersteuning aan Wes-Berlyn te beklemtoon
• Om te toon dat die Weste verbind was tot die stuiting van
kommunisme/ beskerm kapitalisme
• Om te illustreer dat die Truman-leer/Marshall-plan effektief was
• Kinders op die foto toon die menslikheid van die lugbrug
• Enige ander relevante antwoord (enige
2 x 2) (4)
1.4
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Graan (voedsel)
• Vette (voedsel)
• Verhittingsmateriaal (2 x
1) (2)
1.4.2 [Vasstelling van partydigheid in Bron 1D – V3]
23
• Dit is die siening van 'n lid van die Oos-Duitse Sosialiste wie ten
gunste was van die Sowjetunie se beleid
• Skets 'n positiewe prentjie van die Sowjetunie se rol in Berlyn
• Toon die VSA as die oorsaak van hulle swaarkry
• Grotewohl maak aanspraak daarop dat die lugbrug deur Westerse
moondhede 'uitgevind' is
• Grotewohl maak aanspraak daarop dat die Westerse moondhede
probeer het om die Duitsers aan te hits teen die Sowjetunie
• Gebruik emosionele woorde om die optrede van die VSA uit te beeld
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x
2) (4)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Hulle verhoed inwoners van hulle sektore om voordeel te trek uit die
geleenthede om voorrade wat deur die Sowjetunie aangebied word te
verkry
• Hulle het die mense wat in die Westerse sektore woon ontneem van
die geleentheid om voedselvoorrade en ander kommoditeite te verkry
wat deur die Sowjetunie direk in die winkels voorsien is
• Die 'lugbrug' wat hierop gevolg het, was 'n uitvindsel van die
Westerse moondhede en was onnodig
• Enige ander relevante antwoord (enige
1 x 2) (2)
1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE met Grotewohl se
interpretasie van optrede deur Westerse moondhede.
STEM SAAM
• Die Westerse moondhede verhoed Wes-Berlyners om voorrade uit
die Sowjetsektor te verkry
24
• Die Berlynse stadsadministrasie is beïnvloed deur Westerse
moondhede wat Wes-Duitsland beset het
• Deur nie die hulp van die USSR te aanvaar nie het aanleiding gegee
tot die verskerping van die wrywing tussen die USSR en Wes-
Berlyners
• Enige ander relevante antwoord
STEM NIE SAAM NIE
• Partydige perspektief deur Otto Grotewohl
• As Voorsitter van die Verenigde Sosialisteparty in Oos-Duitsland was
hy krities oor die Weste en hul invloed in Berlyn
• Westerse moondhede was nie verantwoordelik vir die blokkade nie
• Die USSR was bekommerd oor die ekonomiese herstel van Wes-
Berlyn
• Die Westerse moondhede wou slegs die Duitse bevolking help
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x
2) (4)
1.5 [Vergelyking van inligting in Bron 1B en 1D – V3]
• Bron 1D is 'n Sowjet/ kommunistiese perspektief terwyl Bron 1B ‘n
Westerse/ kapitalistiese perspektief is
• Bron 1D verwys na die voorrade (bv. graan, vleis) wat die Sowjetunie
aan
Berlyn gegee het in 1948 terwyl Bron 1B verwys na die voorrade
(brandstof, kos) wat die Westerse nasies in 1948 aan Berlyn verskaf het
• Bron 1D beeld die lugbrug in ʼn negatiewe lig (onnodig) uit terwyl
Bron 1B die lugbrug as positief uitbeeld
• Enige ander relevante antwoord (enige 2
x 2) (4)
25
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Verdeling van Duitsland en Berlyn volgens ideologiese grense (Bron
1A en eie kennis)
• Instelling van 'n nuwe geldeenheid Reichsmark in die Westerse
sektore en die Ostmark in die Oostelike sektor (Bron 1A)
• VSA/Wes-Duitsers was bekommerd oor die verspreiding van
kommunisme/ domino-effek (Bron 1A en 1D)
• Westerse lugbrug het die impak van die Blokkade deur die
Sowjetunie ondermyn (Bron 1B)
• Blokkade is gebruik as propaganda deur die Weste teen die USSR
(kinders in Wes-Duitsland het gely as gevolg van die USSR se
optrede) (Bron 1C)
• Grotewohl het beweer dat Westerse lande die Berlynse stadsraad
beheer en Berlyners verhoed het om toegang tot voedselvoorrade
gestuur deur die USSR te verkry (Bron 1D)
• Implementering van die lugbrug deur Westerse moondhede
gedurende die Berlynse Blokkade (Bron 1C en 1D)
• USSR beweer dat Westerse moondhede woede aangehits het onder
Wes-Duitsers wat tot 'n oorlog kon lei (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip oor hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlog-
• spanning tussen die Westerse moondhede en die
Sowjetunie bygedra het nie. PUNTE
VLAK 1
Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of kan 0 - 2
glad nie oor die onderwerp skryf nie.
26
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met
die onderwerp bv. toon begrip hoe die Berlynse Blokkade
• bygedra het tot Koue Oorlogspanning tussen die Westerse
PUNTE
VLAK 2 moondhede en die Sowjetunie.
3-5
Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
oor die Berlynse Blokkade bygedra het tot Koue Oorlog-
• spanning tussen die Westerse moondhede en die PUNTE
VLAK 3 Sowjetunie.
6-8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van onderwerp.
(8)
VRAAG 1 WATTER BYDRAE EN ROL HET STUDENTE-BETOGINGS
GELEWER TOT DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEDURENDE DIE 1960’s?
1.1
1.1.1 [Verduideliking van historiese begrippe in Bron 1A– V1]
• Die skeiding van verskillende rassegroepe (binne die konteks van swart en wit
Amerikaners)
• .Die skeiding van openbare geriewe op grond van ras
27
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Sy het op emosionele wyse reageer
• Sy was woedend
• Sy wou weet wie hulle beywer het vir verandering.
(enige 2 x 1) (2)
1.1.3 [Verduideliking van historiese konsepte in Bron 1A– V1]
• ‘n Protes waartydens protesgangers sitplekke beset het (wetgewing het hulle verhoed
om daar te sit); in hierdie geval was dit spesifiek ‘n blanke middagete – toonbank.
Hulle het daarop aangedring om bedien te word, voordat hulle die toonbank sou
ontruim. (1 x 2) (2)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Nash het besef dat hy te doen gehad het met baie invloedryke persone (soos onder
andere regters, politici, ens.)
• Nash was slegs 22 jaar oud (2 x 1) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Nash het gehoor dat studente in ander stede ook betrokke was by sit-betogings.
• Nash het ondervind ‘n gevoel van mag toe die pollsie probeer het om studente te
arresteer; dit het nie saak gemaak die aantal arrestasies nie - ander studente het hul
plek ingeneem by die toonbanke - dit dien as bewys van die toewyding en
eensgesindheid onder studente.
• Nash se betrokkenheid by die formulering van doelwitte en strategieë vir die
Burgerregte-Beweging het sy selfvertroue laat toegeneem en hy het ervaar ‘n gevoel
van mag.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
28
1.2.1 [Analise van inligting uit Bron 1B – V2]
• Hulle was verbind tot nie-geweldadige ongehoorsaamheid - in ooreenstemming met
die grondbeginsels van die Burgerregte Beweging.
(1 x 2) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B –V2]
• Die polisie het nie tussenbeide getree om te verhoed dat geweldenaars, die studente
betrokke by sit-betogings, slaan .
• Die polisie het die studente, betrokke by nie-geweldadige protes, gearresteer
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2.3 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 1B –V3]
• Met hierdie tipe foto kon daar dalk simpatie en ondersteuning verkry word vir die swart
student, betrokke by die sit-betogings in ‘n gesegregeerde stad.
• Die publikasie van hierdie foto in ‘n plaaslike koerant dien as bewys dat sekere
invloedryke persone binne die gemeenskap hulle steun toegesê het aan die die
Burgerregte Beweging - want anders sou hulle verhoed het dat die geweldadigheid
teenoor nie- geweldadige studente gepubliseer word.
• Alhoewel die foto gepubliseer was in ‘n plaaslike koerant, het media dekking van
hierdie tipe insidente aan Amerika en die res van die wêreld getoon hoe swartmense in
die Suidelike State behandel was. Dit het daartoe gelei dat die Burgerregte Beweging
baie ondersteuning gewen het.
• Enige ander relevante verduideliking wat in aanmerking neem die historiese agtergrond
waarteen die foto geneem was. (1 x 3) (3)
1.3
1.3.1[Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Zobby was Nashville se eerste swart raadslid
• Zooby was ‘n prokureur
• Zooby het die gearrestreerde sit-betogings studente verteenwoordig
(3 x 1) (3)
29
1.3.2[Onttrekking van relevante inligting uit Bron 1C –V1]
• Die studente en die gemeenskap het deelgeneem aan ‘n optog na die stadsaal
• In die teenwoordigheid van die protesgangers het Diane Nash aan die burgemeester
gevra of hy ten gunste van aparte middagete-toonbanke was
• Burgemeester West het geantwoord dat hy nie ten gunste van aparte middagete-
toonbanke was nie
• Die plaaslike koerant se hoofberig was ‘Burgemeester ondersteun oop middagete-
toonbanke’
(2 x 1) (2)
1.3.3 [Analise van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Die studente het vir etlike maande volgehou met hul sit-betogings ten spyte van die
moontlikheid van geweldadige aanvalle en tronkstraf
• Die studente het getoon wat bereik kan word deur nie-geweldadige metodes, dissipline
en deeglike organisasie.
• Die eerste grootskaalse optog deur die Burgerregte Beweging het plaasgevind in
Nashville
• Geleidelik het die student die ondersteuning van die totale gemeenskap, insluitende die
burgemeester, verkry
• Enige ander relevante antwoord
(2 x 2) (4)
1.4
1.4.1[Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• SNCC het probeer om blanke studente te werf vir ondersteuning vir die Burgerregte
Beweging op- wit kampusse
• SNCChet saamgewerk met wit studente in nie–geweldadige werkswinkels (waartydens
studente voorberei was vir deelname aan sitbetogings )
(2 x 1) (2)
1.4.2 [Analise en interpretering van bewyse uit Bron 1D – V2]
30
• Zellner het gesien dat hulle doodgewone studente soos hy was, maar hulle was dapper
genoeg om die segregasie wette uit te daag (teen die agtergrond van dit kon beteken
jou dood)
• Zellner was beïndruk deur die studente se gedissiplineerdheid: hulle was deftig geklee :
‘pak met das’ en hulle het ook handboeke gehad
• Zellner was geïnspireer deur die studente se stryd vir die verkryging van burgerregte, al
het die risiko bestaan van arrestasie en gevangenistraf (in die suide kon jy as swart
persoon gearresteer word en die slagoffer word aan uiterste geweld en selfs die dood)
• Enige ander relevante antwoord
(2 x 2) (4)
1.4.3 [Bepaal die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1D –V3]
Die bron is bruikbaar om die volgende redes
• Dit is relevant vir die historikus want dit bevat inligting rakende studente betrokkenheid
by sitbetogings
• Dit is ‘n outentieke bron want dit handel oor iemand wat persoonlik betrokke was by die
Burgerregte Beweging
• Hierdie bron toon aan dat studente se betrokkenheid by sitbetogings - Zellner gehelp
het in sy besluit om ‘n aktivis te raak.
• Hierdie bron is bruikbaar omdat dit voorstel dat sitbetogings ‘n kragtige impak gehad
het op mede-studente – insluitende Suidelike, konserwatiewe, wit studente met
rassistiese agtergronde. (Zellner se familie was lede van die Ku Klux Klan)
• Hierdie bron voorsien ‘n alternatiewe siening rakende jong wit mans uit die Suide, wat
ook betrokke was by aanvalle op Burgerregte aktiviste (soos in Bron 2B) . Is dus baie
bruikbaaar vir die historikus wat vanuit ‘n multi-perspektief navorsing doen.
• Enige ander relevante antwoord. (3 x 2) (6)
1.5 [Interpretasie,analise en sintese van inligting uit al die relevante bronne en deur
jou eie kennis te gebruik om hul bruikbaarheid te bepaal–V3]
Met die beantwoording van hierdie vraag, word daar van die kandidate
Verwag om te evalueer watter bydrae en rol het studente-sitbetogings
31
gelewer tot die burgerregte beweging in die Verenigde State van Amerika
gedurende die 1960’s
Leerders moet sommige van die volgende punte in hul antwoord insluit:
• Die sitbetogings-beweging wat deur studente geïnisieer was, het versprei na ander
stede (Bron 1A)
• Die studente het die besluit geneem dat indien nodig, hulle bereid was om tronk toe
te gaan (Bron 1A)
• Hulle het ‘n strategie ontwikkel dat indien ‘n groep studente gearresteer sou word,
sou hulle vervang word deur ’n ander groep wat met die sitbetoging sou voortgaan
(Bron 1A)
• Die student het nie betrokke geraak by vergeldingsaanvalle teen geweldadigheid
nie (Bron 1B)
• Die studente het met hul verbintenis tot nie-geweldadige optrede, moed en
standvastigheid openbaar gemaak (Bron 1B)
• Daar was mediadekking vir die studente wat aangeval was en dit het simpatie en
ondersteuning vir die Burregte Beweging verkry (Bron 1B)
• Die studente het die leiding geneem met die optog na die stadsaal in Nashville
(Bron 1C)
• Dit was Diane Nash,’n student leier, wat burgemeester West uitgedaag het om
standpunt in te neem rakende integrasie (Bron 1C)
• Martin Luther King het erkenning verleen aan die bydrae van studente in
Nashville.(Bron 1C)
• Die studente het voortgebou op die sukses van die sitbetogings deur die
organisering van slaapbetogings (Bron 1C)
• Die studente het ander geïnspireer om aan te sluit by die Burgerregte Beweging
(Bron 1D)
• Die student het SNCC gestig wat gemik was op samewerking met wit student vir die
verkryging van burgerregte vir alle Afro-Amerikaners (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.
32
Vlak 1 • Gebruik bewyse in ‘n baie elementêre wyse
d.w.s. toon min of geen begrip van die
evaluering watter bydrae en rol het
studente-betogings gelewer tot die
PUNTE
burgerregte beweging in die Verenigde
State van Amerika gedurende die 1960’s 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die
onderwerp te skryf of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie
Vlak 2 • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp, bv. toon begrip
van die evaluering watter bydrae en rol
PUNTE
het studente-betogings gelewer tot die
burgerregte beweging in die Verenigde 3-5
State van Amerika gedurende die 1960’s
• Gebruik bewyse op’ n baie basiese manier
Vlak 3 • Gebruik relevante bewyse om ‘n deeglike
begrip te toon van watter bydrae en rol het
studente-betogings gelewer tot die
burgerregte beweging in die Verenigde PUNTE
State van Amerika gedurende die 1960’s
6-8
• Gebruik bewyse effektief in ‘n
georganiseerde paragraaf wat ‘n deeglike
begrip van die onderwerp toon
(8)
[50]
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
33
Daar word van kandidate verwag om te verduidelik tot watter mate die taktiek en strategieë wat die
Viëtkong gebruik het suksesvol was in die stuiting van kapitalisme gedurende die oorlog in
Viëtnam (1965 – 1975). 'n Skets van die taktieke en strategieë wat deur die Viëtkong (Nasionale
Vryheidsfront) geïmplementeer is, moet uitgelig word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate kan verduidelik tot watter mate die taktieke en strategieë suksesvol
was om die verspreiding van kapitalisme te stuit tussen 1965 en 1975 en aandui hoe hulle dit
gaan ondersteun.
UITBREIDING
• Die Viëtkong het ʼn oorlog van nasionale bevryding/ onafhanklikheid/ stryd om
soewereiniteit gevoer/ VSA was in Viëtnam om ideologiese redes (Domino teorie/ stuiting
van kapitalisme)
• Villagisation/ Strategiese Hamlet Program (waar die VSA en Suid-Viëtnam regering nuwe
dorpies gestig het en probeer het om boere van die guerrillas te skei) was onsuksesvol
• Viëtnamese boere was self guerrillas(Vietkong) en was nie maklik identifiseerbaar deur
VSA soldate nie
• Viëtkong het suksesvolle guerrilla taktiek gebruik (valdeure, ondergrondse tonnels,
verassingsaanvalle, tref en trap ens)
• Viëtkong was hoogs ervare as gevolg van die bevrydingsoorloë teen koloniale regering/ die
VSA het konskripsie vir jong onervare soldate ingestel, die VS weermag was nie opgelei in
guerrilla taktiek nie
• Ho Chi Minh-roete het voorrade wat vanaf Noord-Viëtnam na Suid-Viëtnam geneem om die
Viëtkong by te staan
• Die Viëtkong taktieke het geen sigbare teikens vir die aanval van Amerikaanse soldate
getoon nie; Die VSA se lugbombardering ‘Operasie Rolling Thunder’ van 1965
(konvensionele oorlogvoering) was onsuksesvol
• Die Viëtkong het die ondersteuning van die boere verkry deur vir hulle grond te belowe
(meerderheid van Viëtnamese was boere)
• 'Operasie Ranch Hand' (die gebruik van chemikalieë om woude te vernietig (Agent
Orange) en oeste/gewasse (Agent Blue) die effek van napalm op die Viëtnamese het hulle
teen die VSA laat draai en die guerrillas te ondersteun
• Die TET-offensief (Januarie 1968) (Die VS het dorpe en stede beheer wat deur guerrillas in
hinderlae gelê is) en media dekking in die VSA
• Die Vietkong het groot ondersteuning van die Viëtnamese bevolking gewen/ President
Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts and minds of the
34
Vietnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek en om hulle 'aansien
te red'
• Die Viëtnamiseringsbeleid het daartoe gelei dat die VSA alle troepe teen 1973 onttrek het
en Noord-Viëtnam het beheer oor Saigon geneem in 1975
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die Swartmagbeweging op die bevordering van die swartmagfilosofie,
inboeseming van rasse-trots en die ontwikkeling van selfrespek onder swart Amerikaners
gedurende die 1960's in die VSA gefokus het. Kandidate moet relevante bewyse gebruik om hulle
argument te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat die Swartmagbeweging betrokke
was in die bevordering van swart mag, die inboeseming van swarttrots en die ontwikkeling
van selfrespek onder swart Amerikaners. Kandidate moet 'n gedagterigting volg en aandui
hoe hulle dit gaan ondersteun.
UITBREIDING
• Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging: lewe in krotbuurte en slumareas/swak
behuising; fasiliteite met swak hulpbronne (skole, gesondheid, ens.); tekort aan werk en
armoede; stadige pas van verandering/verlies aan geloof in die Burgerregtebeweging
35
Pogings om die Swartmagfilosofie te bevorder
• Die rol van Malcolm X: (was invloedryk deur: beoefening van swart skeiding/
afsondering, baklei vir selfbeskikking en die voorstaan van selfrespek en selfdissipline) •
Die rol van Stokely Carmichael wat die beginsels van swart mag (om dinge op hulle eie te
doen, om politiek in hulle gemeenskappe te beheer, trots te wees op hulle eie kultuur, om
hulleself te verdedig teen rasse onderdrukking en manipulasie) beoefen het en in 1966 het
hy die Swartmagslagspreuk, 'Black is beautiful' gewild gemaak
• Die rol van die Black Panther-party (vir selfverdediging) – het die swart mag-/
swarttrotsfilosofie in werking gestel
Pogings om rassetrots in te boesem:
• Aanvaarding van Afrika-identiteit
• Bevordering van die konsep van Afrika-identiteit deur slagspreuke soos: 'Black is
beautiful', bevordering van Afrohaarstyl en Afrika-drag
• Erkenning van Afrika-erfenis, musiek en literatuur
• Die Tienpuntplan van die Black Panther-party (het sy maatskaplike, politieke en
ekonomiese doelwitte gedek)
Pogings om selfrespek te ontwikkel
• Selfgelding (bv. rasse-opstande in Watts, Detroit en Newark)
• Wou hê dat swart Amerikaners teen wit Amerikaanse owerhede opstaan in die
strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid op welke manier ook al
• Die Black Panther-party se Tienpuntplan
• Gemeenskap ontwikkelingsprogramme (bv. gratis ontbyt ens.)
• Opvoedkundige programme (bv. die onderrig van Afrika geskiedenis)
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Indien kandidate nie saamstem nie met die siening nie moet hulle hulle argument met
relevante bewyse ondersteun
36
HOW DID THE UDF CONTRIBUTE TO THE STRUGGLE AGAINST APARTHEID IN SOUTH
AFRICA DURING THE 1980S?
1.1
1.1.1 sou die internasionale teenstand teen apartheid versag,
blanke Suid-Afrikaners tevrede stel,
bande met ander Afrika-lande herstel en
interne swart verset verminder
(Enige 2) (2x1)(2)
1.1.2 Dit sou die volgende gevolge hê:
Gee ‘n mate van beheer oor plaaslike aangeleenthede vir hulle om politieke aspirasies tevrede te
stel en
Sodat hulle nie op demokratiese regte op nasionale vlak sou aandring nie (2x2)(4)
1.1.3 Drie-kamer Parlement (1x2)(2)
1.1.4 Die veranderinge is as kosmeties beskou, verander die gesig//
Maar nie die aard van die apartheidstelsel nie. (2x2)(4)
37
1.2
1.2.1 Die hoofdoel was om opposisie teen apartheid te verenig en die afskaffing van apartheid te
weeg te bring (1x2)(2)
1.2.2 a) Raad van Verteenwoordiges
b) Raad van Afgevaardigdes (2x1)(2)
1.2.3 Een miljoen handtekeninge veldtog
Verbruikersboikotte
Wegblyaksies (3x1)(3)
1.2.4 ‘n reeks noodtoestande.
Baie mense is gearresteer in terme van die noodmaatreëls
Sleutelfigure in die organisasie is vermoor (3x1)(3)
1.3
1.3.1 Die “noodtoestand” het die sekerheidsmagte byna onbeperkte mag gegee om te arresteer,
aan te hou en buitensporig kragdadige aksies teen die opponente van apartheid te gebruik en
hulle te bedwing. (1x2)(2)
1.3.2 Verplettering van middelvlak leierskap het skeiding tussen die hoofleiers en grondvlaklede
teweeggebring. Dit is daarop gemik om verwarring en wanorde te skep. (Iets in dier voege wat
sinvol is) (2x2)(4)
38
1.3.3 Dit is bruikbaar omdat dit ‘n regstreekse verklaring is deur ‘n stigtersleier van die beweging
omtrent die skrikbewind wat gevoer is teen die breë massabeweging van teenstand teen
apartheid. Boesak stel dit duidelik hoe verregaande die staat (en hul trawante) se aksies teen
opponente was. (2x2)(4)
1.4
1.4.1 Die noodtoestand en polisie en SAW optrede in die woonbuurte. (1x2)(2)
1.4.2 Die eis dat troepe uit die woonbuurte onttrek word is duidelik //asook ‘n demonstrasie in die
skets van die mag wat teenstanders van die staat het as hulle eendragtig is // deur
verbruikersprodukte te boikot om sake- ondernemings en die apartheidsekonomie te beskadig.
(2x2)(4)
1.5 Bron 1C: Boesak praat teen troepe se teenwoordigheid in die woonbuurte /optrede van die
soldate in die woonbuurte // Bron 1D:Plakkaat eis dat die soldate onttrek word
Bron 1C: Boesak praat oor die negatiewe impak van die soldate (bv. Soos honde in die straat
geskiet // Bron 1D: Plakkaat wys die mag teen soldate soos die massas hulle verdryf (2x2)(4)
1.6 Mobiliseer die massas
Verbruikersboikotte
Mobiliseer suksesvol teen die Drie-kamer verkiesing
Daag die polisie en SAW in die woonbuurte uit
Verenig kleurlinge, Indiërs en swart Afrikane in ‘n nie-rassige anti- apartheidsbeweging ook deur
sekere blankes gesteun. Staat se poging om rasse te verdeel misluk.
Wegbly-aksies tref sake-ondernemings en ekonomie
39
Wys op die staat se wandade en marteling asook onwettige moorde op aktiviste
Ontbloot die kosmetiese aard van oënskynlike hervormings – internasionale opposisie teen die
staat het verstewig.
Enige ander relevante punt. (8)
[50]
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP
AMY BIEHL?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Bepaal die oorsake, aard en omvang van growwe
menseregteskendings
• Deur ondersoeke uit te voer en verhore te hou
• Die toestaan van amnestie aan persone wat volle openbaring van al
die relevante feite verwant aan dade wat geassosieer was met ʼn politieke
doelwit gemaak het, te fasiliteer
• Om die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers te herstel
• Reparasie-maatreëls aan te beveel
• ʼn Verslag saam te stel van sy bevindings en aktiwiteite en maatreëls
aanbeveel om toekomstige skendings van menseregte
te voorkom (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Apartheid het die menseregte van die meeste Suid-Afrikaners
geskend
• Apartheid het op grond van velkleur teen Suid-Afrikaners
gediskrimineer
40
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V2]
• Om amptelike kwytskelding vir politieke gemotiveerde dade toe te
staan
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.4 Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 2B – V3] Die bron is bruikbaar omdat:
• Dit verduidelik die redes vir die stigting van die WVK
• Dit gee ʼn oorsig van die tydperk van die ondersoek
• Dit gee redes waarom daar ʼn behoefte aan die WVK was
• Dit gee inligting oor die komitees wat die werk van die WVK sal
uitvoer
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Menseregteskending-komitee
• Amnestie-komitee
• Reparasie en Rehabilitasie-komitee (3 x 1)
(3)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Sy was ʼn slagoffer van rassegeweld
• Sy was wit (2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Geslaan
• Gesteek (2 x 1)
(2)
41
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Sy was ʼn anti-apartheid aktivis
• Sy het regsnavorsing vir die ANC gedoen
• Het gehelp met kiesers registrasie/opvoeding
• Met onbevoorregte gemeenskappe gewerk
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)(4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Om wit mense dood te maak
• Deur wit mense te vermoor sou hulle hul land terugkry
• Wou apartheid beëindig
• Wou hê wittes moet voel wat swartes moes verduur
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)(4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Mzikhona Nofemela
• Ntobeka Peni
• Vusumzi Ntamo
• Mongezi Manqina (Enige 3 x 1)(3)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Wou hul vergifnis hê
• Wou amnestie kry
• Berou vir hul sinnelose dade getoon
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)(4)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
42
• “Ek voel jammer en baie hartseer, veral vandag, met die besef van Amy Biehl se
bydrae tot die stryd” (1 x 2) (2)
2.4
2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die WVK het ʼn platform verskaf aan oortreders om hul stories te
vertel
• Dit het ʼn platform aan slagoffers gebied om berusting te vind
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Om die waarheid te praat
• Om te bewys dat hul dade polities gemotiveerd was
• Om uit die tronk vrygelaat te word
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2)(2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – L3]
• Bron 2C dui aan dat die moordenaars van Amy Biehl aansoek doen
vir amnestie en Bron 2D wys dat hulle voor die Amnestie-komitee verskyn
• Beide bronne dui aan dat dit ʼn platform gebied het vir die
moordenaars om die waarheid oor hul misdade te onthul
• Beide bronne wys dat hulle betoon het vir hul aksies berou
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)(4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan
die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Die rede vir die stigting van die WVK was om die verlede te hanteer
(Bron 2A)
43
• Die WVK het volle amnestie aan die wat vorentoe gekom het en hul
misdade bely het geoffer (Bron 2A)
• Die WVK het ʼn platform verskaf aan die moordenaars van Amy om
die waarheid te onthul oor die redes vir hul aksies (Bron 2C)
• Peni onthul die waarheid van hul aksies en beweer dat dit polities
gemotiveerd was by sy amnestie verhoor (Bron 2C)
• Slagoffers het die geleentheid gekry om dié te konfronteer wat hul
geliefdes beseer het (eie kennis)
• Oortreders het die geleentheid om berou te betoon (Bron 2C en 2D)
• Die WVK het ʼn platform vir Amy se ouers gebied om hul opinies oor
die amnestie-proses te lig (Bron 2C)
• Slagoffers het vir die eerste keer gehoor wat met hul geliefdes
gebeur het en hoe hulle vermoor is (eie kennis)
• Ouers vergewe die oortreders (Bron 2C)
• Oortreders word uit die gevangenis vrygelaat (Bron 2C)
• Oortreders ontvang amnestie (Bron 2C en 2D )
• Die Amy Biehl-stigting word op die been gebring deur haar ouers om
Amy te herdenk (Eie kennis)
• Oortreders werk op grondvlak, doen gemeenskapswerk en werk om
geweld te voorkom (Eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek
om ʼn punt toe te ken:
44
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip of die Waarheid-
enVersoeningskommissie suksesvol was in die
VLAK 1 Punte: 0–2
hantering van die moord op Amy Biehl. Gebruik
bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.
(8)
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip of die
Waarheid-en-
[50]
VLAK 2 Versoeningskommissie suksesvol was in die Punte: 3–5
hantering van die moord op Amy Biehl.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip of die Waarheid-en-
VLAK 3 Versoeningskommissie suksesvol was in die Punte: 6–8
hantering van die moord op Amy Biehl. Gebruik
bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf
en toon begrip van die onderwerp.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA- DIE SWART
BEWUSSYNSBEWEGING
[Beplan en bou ‘n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gekonstrueer is, en maak
gebruik van analitiese en interpretatiewe vaardighede]
OORSIG
Kandidate behoort standpunt in te neem en te verduidelik hoe Steve Biko en die filosofie van
Swart Bewussyn mense beïnvloed het om die apartheidsregime in die 1970s te konfronteer.
HOOFASPEKTE
Kandidate behoort die volgende aspekte in hul skryfstuk te dek:
• Inleiding: kandidate moet standpunt inneem deur te wys hoe Steve Biko en die filosofie
van Swart Bewussyn mense beïnvloed het om die apartheidsregime in die 1970’s te
konfronteer. Hulle behoort kortliks aan te dui hoe hulle hul argument sal staaf.
UITBREIDING
• Die Swart Bewussynsbeweging (SBB) was ‘n voetsoolvlakbeweging wat in die 1960’s
gestig is
• Dit is deur universiteitstudente geloods, gelei deur Steve Biko, ‘n mediese student aan die
Universiteit Natal,
• Swart Bewussynsidees (SB) het in 1968 ‘n aanvang geneem toe swart studente van die
Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) weggebreek het.
• Hierdie studente wat Steve Biko ingesluit het, asook ander swart studente het ‘n swart
studenteorganisasie gestig, naamlik, die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO)
45
• Hulle het NUSAS verwerp omdat dit oorheersend deur blanke studente vir blanke studente-
belange bedryf is
• SASO is gestig om uitsluitlik swart studente te verteenwoordig
• Swartbewussynsidees (SB) het begin posvat met SASO se stigting
• Later het SB die Suid-Afrikaanse Swart Bewussynsbeweging (SBB) geword
• Rol van Steve Biko in die stigting van die SBB
• Steve Biko was ‘n anti - apartheidsaktivis in die 1960’s en 1970’s
• Hy was ‘n studenteleier en het die SBB gestig
• Hy het ‘n groot rol daarin gespeel om swartmense trots te laat voel om swart te wees.
• Hy het boeke geskryf soos ‘I Write What I Like’ (Ek skryf wat ek wil) wat swartmense
aangemoedig het om trots te wees op hul herkoms
• SB was ‘n idee nie ‘n politieke organisasie nie.
• Dit was ‘n idee wat swart trots bevorder het
• Hulle het tot die besef gekom dat swartmense minderwaardig geword het en deur blankes
gedomineer is.
• SBB wou hierdie minderwaardigheidsgevoel beëindig tussen swartmense.
• Dit het swartmense aangemoedig om daarop trots te wees om swart te wees.
• Dit het swartmense aangemoedig om teen apartheid te veg.
• Dit het swartmense aangemoedig om vir hulself te sorg en nie op blankes aangewese
moes wees vir hulp nie.
• Dit het idees versprei dat dit goed is om swart te wees.
• SBB het aan baie aktiwiteite deelgeneem in Suid-Afrika in die 1960’s en 1970’s
• SBB het swartgemeenskappe gehelp om hul eie skole en kleuterskole te stig.
• SBB het swartmense gehelp om hul eie sakeondernemings te stig.
• Swartmense, kleurlinge en Indiërs is deur die SBB verenig in opstand teen apartheid.
• Dit kon SB idees oral in Suid-Afrika uitbrei.
• Dit het die Black People’s Convention (Swartmense se Konvensie) gestig as
sambreelliggaam vir organisasies teen apartheid gekant.
• SBB het na baie dele van Suid-Afrika uitgebrei
• SBB het in werksplekke in die myne en swart werkersunies/vakbonde uitgebrei
46
• SBB het ook in Soweto se skole uitgebrei.
• Baie SBB leiers en lede is uit universiteite soos Turfloop geskors.
• Die geskorste studente het onderwysers in baie Soweto-skole geword.
• Hulle het SB idees onder studente versprei.
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate behoort hul argumente saam te vat met ‘n relevante antwoord
[50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE
VERLEDE
[Beplan en bou ‘n oorspronklike redenasie/argument gegrond op relevante bewyse en maak
gebruik van analitiese en interpretatiewe/ontledende vaardighede.]
OORSIG
Kandidate moet die stelling krities bespreek en hul redenasie met relevante bewyse staaf. Hulle
behoort die realiteite van die onderhandeling vir ‘n ander bedeling vir Suid-Afrika te bespreek (wat
na die vrylating van Nelson Mandela in 1990 gevolg het).
HOOFASPEKTE
Kandidate behoort die volgende aspekte in hul opstel aan te spreek:
Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en die probleme rakende die
onderhandelinge tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika aanraak.
UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kortliks die agtergrond.
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990
47
• Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
• Opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO
• De Klerk se besluit om Mandela uit die gevangenis vry te laat op 11 Februarie 1990 wat die
weg gebaan het vir onderhandelinge.
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP het bymekaargekom, ANC afvaardiging
gelei deur Nelson Mandela, NP afvaardiging gelei deur FW De Klerk)
• Apartheidwette herroep (soos Wet op Beperking van Afsonderlike Geriewe)
• Pretoria Minutut – 6 Augustus 1990 (ANC het die gewapende stryd tydelik opgeskort)
• CODESA 1 (19 politieke partye AZAPO, CP en PAC uitgesluit/300 afgevaardigdes)
• Geweld steek sy kop uit in dele van SA soos die Rand en Natal
• Blanke-referendum en sy impak (Maart 1992)
• CODESA 2 (2 Mei 1992) het in duie gestort. Partye kon nie ooreenstem op ‘n nuwe
grondwet-skrywende liggaam nie asook ‘n interim-regering.
• NP wou minderheidsveto hê, terwyl die ANC ‘n interim-regering vir ‘n maksimum van 18
maande en meerderheidsbewind wou instel
• Boipatong –slagting en die gevolge (17 Junie 1992)
• Bhisho-slagting ontspoor die onderhandelinge (7 September 1992)
• Rekord/Ooreenkoms van Verstandhouding op 26 September 1992 geteken tussen
Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
• Moord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak op Suid-Afrika
• Veelparty onderhandelingsforum
• Ver Regse (AWB) aanval op die Wêreld Handelsentrum en die gevolge
• Skemerklousile (Sunset Clause) deur Joe Slovo voorgestel het die dooiepunt in
onderhandelinge opgelos
• Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
• ANC wen verkiesing en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse President
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate behoort hul redenasie saam te vat in ‘n relevante slotparagraaf.
[50]
48
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE-OORLOG EN ‘N NUWE WêRELDORDE:
GEBEURE IN 1989
49
[Beplan en bou ‘n oorspronklike redenasie/argument gegrond op relevante bewyse en maak
gebruik van analitiese en interpretatiewe/ontledende vaardighede.]
OORSIG
Kandidate moet verduidelik in watter mate die val van die Sowjet-unie in 1989 tot grootskaalse
politieke veranderinge in Suid-Afrika bygedra het. Kandidate moet aantoon hoe die val van die
Sowjet-unie veranderinge in Suid-Afrika bespoedig het.
HOOFASPEKTE
Kandidate behoort die volgende aspekte in hul opstel aan te spreek:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik in hoe ‘n mate die val van die Sowjet-unie tot
die politieke veranderinge in Suid-Afrika bygedra het.
UITBREIDING
• Suid-Afrika het geïsoleerd geword
• Gorbachev se beleid van Perestroika en Glasnost en die impak op Suid-Afrika
• Teen die einde van 1989 was die Sowjet-unie besig om in duie te stort en die
kommunistiese regerings in Oos-europa was besig om te verbrokkel.
• Die Berlyn-muur het geval en dit het vir Suid-Afrika gevolge gehad.
• Veranderinge in die wêreld het tot die val van apartheid bygedra.
• Die val van die USSR het die ANC van sy hoof ekonomiese en militêre steun afgesny.
• Sosialisme was nie meer ‘n werkbare opsie vir die ANC nie.
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika van kommunisme beskerm, het
duidelik onrealisties begin klink.
• Die weerhouding van ondersteuning deur Brittanje, VSA en die Weste, se impak op Suid-
Afrika.
• Die instelling van sanksies/boikotte deur die westerse magte op Suid-Afrika
50
• Westerse wêreldmoondhede het die gedagte ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties moet probeer oplos.
• Dit het duidelik begin word dat die Nasionale Party-regering nie meer blankeheerskappy
onbeperk sou kon handhaaf nie.
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die oplossing vir die
belange van blankes asook kapitalistiese ontwikkeling was nie
• Daar was geen twyfel dat die voortdurende onderdrukking van swart Suid-Afrikaners
nie politieke stabiliteit sou bevorder nie.
• Die regering het begin glo dat hervorming die uitbouing van ‘n sterk swart middelklas
sou moes verg/insluit om ‘n skans teen rewolusie te bewerkstellig.
• De Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaanse stryd teen apartheid nie as ‘n
sameswering uit Moskou aangevoer is nie.
• Dit het De Klerk die geleentheid gebied om met progressiewe bevrydingsorganisasies te
onderhandel
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk aangekondig dat ‘’n nuwe en regverdige konstitutionele
beslag’ wat die einde van apartheid sou beteken, onderhandel sou word
• Enige ander relevante feite.
• Slot: Kandidate behoort hul redenasie saam te vat in ‘n relevante slotparagraaf.
[50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE
VAN 1989.
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van
analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling en aandui of dit die
ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was wat aansienlik bygedra het tot die politieke
transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui of dit die ineenstorting van die
Sowjetunie was wat aansienlik bygedra het tot die politieke transformasie wat in Suid-Afrika
plaasgevind het .
UITBREIDING
51
Gorbachev se Glasnost- en Perestroika-hervormingsbeleide
Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die gevolge daarvan
Die kommunistiese regimes in Oos-Europa stort ineen
Veranderinge in die wêreld het tot druk op die apartheidsregering geplaas om met veranderinge
te begin
Die ineenstorting van kommunisme het beide die Nasionale Party en die ANC geaffekteer
Die Nasionale Party was nou bereid om met die ANC te onderhandel
Die Nasionale Party se vrees van ‘n kommunistiese beheerde ANC het nou ongegrond gelyk
Na die val van kommunisme in die USSR het die ANC nie verdere ondersteuning van die
Sowjetunie ontvang nie
Die ANC kon nie langer op die Sowjetunie vir ekonomiese en militêre ondersteuning staatmaak
nie
Die val van USSR ontneem die ANC van sy hoofbron van ondersteuning (finansieel; militêr,
moreel en die gevolge daarvan)
Die Nasionale Party se bewering dat dit as ʼn ‘skans’ optree teen kommunistiese uitbreiding in
Suider-Afrika, het onrealisties geword
Westerse wêreldmagte ondersteun die idee dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en
demokraties op kan oplos
Dit het duidelik geword dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners deur die
apartheidsregering nie gehandhaaf kon word nie en politieke onstabiliteit tot gevolg kon het
Die regering het begin glo dat hervorming nodig was en moes die ontwikkeling van ‘n sterk
middelklas insluit wat as ʼn ‘teenvoeter teen die rewolusie’’ sou dien
Invloedryke lede van die Nasionale Party het besef dat apartheid nie die antwoord op die
behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling was nie
Die Slag van Cuito Cuanavale en die gevolge daarvan
Die sekuriteitsmagte en noodtoestand het nie lokasie-opstande gestop nie
Teen die laat 1980’s was Suid-Afrika in ʼn toestand van ekonomiese depressie
Die rol van besigheidsleiers in Suid-Afrika se politieke transformasie
PW Botha het ʼn beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
52
FW de Klerk het besef dat in ʼn Suid-Afrika politieke verknorsing is en het begin aanvaar dat die
swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat vanaf Moskou gereël
word nie
Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te onderhandel
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ ʼn nuwe regverdige grondwetlike bedeling’ aangekondig
De Klerk ontban alle anti-apartheidsorganisasies, insluitend die ANC, PAC en die Suid-
Afrikaanse Kommunistiese Party
Dit het die einde van apartheid en die begin van die onderhandelingsproses aangedui
Enige ander relevante antwoord
[50]
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat.
53
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 History.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)
Related documents

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Addendum
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (English)

Addendum