Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
9 bladsye, ʼn formuleblad en ʼn 6-bladsy antwoordboek
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92/v1-bb93eb66e189069f2a7f/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a/v1-b6fcd0b556190c393474/card.webp)

%20%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939/v1-69c5814af643a16ec3d9/card.webp)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2/v1-4a41be3aa50a48b92e0e/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
View all


%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)


Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 445.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 2
GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien word.
3. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
4. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
5. Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. ʼn FORMULEBLAD is aangeheg aan die einde van die vraestel.
9. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids wanneer die vraestel beantwoord
word. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.
VRAAG ONDERWERPE PUNTE TYD
AARP konsepte en Ontleding van
1 33 25 minute
Transaksies
2 Staat van Omvattende Inkomste 44 35 minute
3 Notas en Staat van Finansiële posisie 38 32 minute
Konsepte en Ontleding en vertolking van
4 35 28 minute
Finansiële State
Totaal 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 3
GRAAD 10
VRAAG 1: AARP KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
(33 punte: 25 minute)
1.1 AARP KONSEPTE
Pas die beginsel in KOLOM A by die voorbeeld wat dit die beste beskryf in
KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.4) in jou ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Besigheidsentiteit A Grond en geboue word teen die
oorspronklike prys van R350 000 in die
Balansstaat getoon, ongeag hul
markwaarde van R500 000.
1.1.2 Lopende saak B Korting toegestaan word terselfdertyd
geboekstaaf wanneer ʼn debiteur sy
rekening vereffen.
1.1.3 Historiese koste C Handelsvoorraad word as R20 000
waardeer al kan dit verkoop word vir
R15 000.
1.1.4 Paring D Handelsvoorraad deur die eienaar
geneem word in die finansiële state as
onttrekkings getoon. (4)
1.2 ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte die ANTWOORDBOEK
voorsien. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 50% op kosprys. (29)
Aanvaar die Banksaldo is gunstig vir alle transaksies.
Voorbeeld: Skryfbehoeftes is vir kontant gekoop, R 2 000.
TRANSAKSIES:
1.2.1 Koop toerusting op krediet vir R10 000 van Tshwane Meubileerders.
1.2.2 ʼn Debiteur, N Mothusi betaal R4 750 via EFO ter vereffening van haar
rekening van R5 000.
1.2.3 Verkoop goedere vir kontant, die kosprys was R3 000.
1.2.4 Die eienaar het handelsvoorraad vir eie gebruik geneem teen kosprys
van R850.
1.2.5 Die eienaar van die besigheid het beskadigde goedere, wat 5%
afslag op toegestaan is, teruggestuur aan die verskaffer. Die
oorspronklike kosprys was R1 800.
33
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 4
GRAAD 10
VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (44 punte; 35 minute)
SEBENZA HANDELAARS
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Sebenza Handelaars op
28 Februarie 2023, die laaste dag van die finansiële jaar. Die besigheid gebruik ʼn 40%
winsopslag op kosprys.
GEVRA:
2.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig
28 Februarie 2023 op. (44)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Proefbalans vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023
Balansstaatrekeninge Debiet Krediet
Kapitaal (1 Maart 2022) 600 000
Onttrekkings 34 000
Voertuie 280 000
Opgelope waardevermindering op voertuie (1 Maart 2022) 56 000
Toerusting 130 000
Opgelope waardevermindering op toerusting (1 Maart 2022) 44 600
Vaste Deposito: Al Raji Bank @ 9% p.j. 24 000
Handelsvoorraad 44 000
Debiteurekontrole 42 300
Bank (gunstig) 4 600
Verbandlening: SAAB Bank 103 800
Nominale rekeninge
Verkope 588 000
Koste van verkope 420 000
Debiteure afslag 6 800
Huur Inkomste 36 200
Kommissie-inkomste 10 150
Salarisse 43 500
Versekering 12 500
Oninbare skuld 4 800
Skryfbehoeftes 3 320
Water en elektrisiteit 19 100
Bankkoste 4 200
Verpakkingsmateriaal 7 100
Advertensie 2 300
Rente op vaste deposito 1 620
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 5
GRAAD 10
B. AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
(i) Die water en elektrisiteitsrekening vir Februarie 2023 is nog nie betaal nie,
R1 830.
(ii) Voorraad met ʼn verkoopprys van R2 520 is geskenk aan die plaaslike
weeshuis. Geen inskrywing is gemaak nie.
(iii) Volgens ʼn fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2023, is die volgende
items voorhande:
• Handelsvoorraad R 41 000
• Verpakkingsmateriaal R 1 950
(iv) Versekering sluit ʼn jaarlikse premie van R3 960 in vir die periode
1 September 2022 tot 31 Augustus 2023.
(v) Huur vir Februarie 2023 is nog nie ontvang nie. Die huur is verhoog met
R300 per maand vanaf 1 Julie 2022.
(vi) R. Adam, ʼn debiteur, wat R1 200 aan Sebenza Handelaars skuld, is
insolvent verklaar. Sy boedel was instaat om die helfte van die verskuldige
bedrag te betaal. Skryf die uitstaande bedrag af.
(vii) Die leningstaat ontvang van SAAB Bank op 28 Februarie 2023 toon die
volgende:
Saldo op 1 Maart 2022 R150 000
Terugbetalings gedurende die jaar (ingesluit rente) R 46 200
Rente op lening (gekapitaliseer) ?
Saldo op 28 Februarie 2023 R117 300
(viii) Voorsien vir die uitstaande rente op die vaste deposito. Rente word nie
gekapitaliseer nie.
(ix) Die bankstaat vir Februarie 2023 toon die volgende:
• EFO fooie – R 170
• Kredietkaartheffings – R 90
• Rente op lopende rekening – R 220
(x) Waardevermindering word soos volg bereken:
• Op voertuie teen 10% p.j. op kosprys
• Op toerusting teen 15% p.j. op die verminderde saldo metode
NOTA: Addisionele toerusting met ʼn kosprys van R12 400 is aangekoop
op 1 Desember 2022. Die transaksie is nog nie geboekstaaf nie.
44
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 6
GRAAD 10
VRAAG 3: NOTAS EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (38 punte; 32 minute)
SAVAGE HANDELAARS
Jasper Savage is die eienaar van Savage Handelaars, ʼn verskaffer van
spysenieringstoerusting. Die besigheid diens ook toerusting teen ʼn fooi vir verskeie
kliente. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag van 100% op kosprys.
GEVRA:
3.1 Stel die volgende notas tot die Staat van Finansiële Posisie op;
3.1.1 Eienaarsekwiteit (6)
3.1.2 Handels en ander betaalbares (20)
3.2 Voltooi die Ekwiteit en Laste afdeling van die staat van Finansiële Posisie vir die
jaar geëindig 31 Julie 2023. (12)
INLIGTING:
Uittreksel uit die voor-aansuiweringsproefbalans op 31 Julie 2023
Kapitaal 3 000 000
Onttrekkings 200 000
Verbandlening: SWYS Bank (sien aansuiwering (v)) ?
Debiteurekontrole 680 000
Krediteurekontrole 530 000
SAID: LBS 51 000
Pensioenfonds 19 000
Mediese fonds 17 000
Oortrokke bank 105 000
ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS NIE GEBOEKSTAAF
(i) Jasper Savage het ʼn verdere R100 000 kontant in die besigheid belê op
30 Junie 2023. Hierdie transaksie is nie geboekstaaf nie.
(ii) Netto wins vir die jaar beloop R170 000 en is nog nie in die boeke
aangeteken nie.
(iii) Jasper Savage het addisionele handelsware met ʼn kosprys van R40 000
vir eie gebruik geneem.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 7
GRAAD 10
(iv) ʼn Debiteur het drie industriële oonde, met ʼn verkoopprys van R75 000 elk,
teruggestuur. Tydens inspeksie het Savage Handelaars bevind dat al drie
oonde nie werk nie en het dit aan die verskaffer teruggestuur.
(v) Bakplate met ʼn totale koste van R3 000, is op krediet aangekoop by die
verskaffer, maar die inskrywing is geboekstaaf soos aangedui in die
onderstaande tabel: Stel die fout reg.
Besonderhede Debiet Krediet
Handelsvoorraad R3 000
Bank R3 000
(vi) Die staat van SWYS Bank ontvang op 31 Julie 2023 is soos volg:
Saldo op 01 Junie 2022 290 000
Terugbetalings ingesluit rente (80 000)
Rente gehef 30 000
Saldo op 31 Julie 2023 240 000
25% van die uitstaande saldo van die lening sal in die volgende finansiële
jaar terugbetaal word.
(vii) Die staat vir die telefoonrekening is eers ʼn paar dae na 31 Julie 2023
ontvang. Die bedrag van R6 000 sal in Augustus 2023 betaal word.
(viii) Een van die debiteure het R12 000 betaal vir die diens van elektriese
stowe. As gevolg van beurtkrag, sal die diens eers in Augustus 2023
gedoen word.
(ix) Savage Handelaars het ʼn nuwe verkoopsassistent aan die begin van
Julie 2023 in diens geneem. Die Menslike Hulpbronne (Arbeids) afdeling
het nog nie die assistent se inligting verwerk nie en hy is nog nie vir
Julie 2023 betaal nie.
Sy salarisbesonderhede is as volg:
Bruto Pensioenfonds Mediese fonds Netto
LBS
salaris aftrekking aftrekking Salaris
15 000 2 100 1 500 1 300 ?
Werkgewerbydraes is:
Pensioenfonds R2,00 vir elke R1,00 aftrekking.
Mediese fonds Op ʼn rand tot rand basis.
38
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) 8
GRAAD 10
VRAAG 4: KONSEPTE EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
(35 punte; 28 minute)
4.1 KONSEPTE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘Waar’ of
‘Onwaar’ langs die nommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDBOEK.
4.1.1 Vaste deposito wat in die volgende finansiële jaar verval is geboekstaaf
onder nie-bedryfslaste.
4.1.2 Die finansiële instelling sal belangstel in die finansiële state van ʼn
besigheid indien hulle aansoek doen vir ʼn lening.
4.1.3 Solvensie is die vermoë van ʼn maatskappy om sy langtermyn skuld en
finansiële verpligtinge na te kom. (3)
4.2 ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
Milan Verskaffers word besit deur James Milan. Hy verkoop dames sakke plaaslik.
Die finansiële jaar eindig 28 Februarie 2023.
Bereken die finansiële aanwysers soos op 28 Februarie 2023.
4.2.1 Bereken die winsopslagpersentasie. (3)
4.2.2 Bereken die nettowins op verkope. (3)
4.2.3 Bereken die bedryfsverhouding. (3)
4.2.4 Bereken die vuurproefverhouding. (4)
4.2.5 Bereken die opbrengs op eienaarsekwiteit. (5)
4.2.6 James Milan is nie gelukkig met die beheer oor uitgawes in die besigheid
nie. Haal EEN finansiële aanwyser aan met syfers om sy bekommernis te
ondersteun. (3)
4.2.7 Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. Haal TWEE
finansiële aanwysers aan en voorsien syfers om jou antwoord te (4)
ondersteun.
4.2.8 Milan Verskaffers het ʼn winsopslagbeleid van 40% op alle handelsware.
Die eienaar is bekommerd dat die besigheid nie die winsopslag sal behaal
nie. Voorsien TWEE redes waarom die besigheid nie die beoogde
winsopslag bereik nie. (2)
4.2.9 Noem of Milan Verskaffers gelukkig behoort te wees met die % opbrengs
op ekwiteit. Gee TWEE redes vir jou antwoord. Haal die finansiële
aanwysers en relevante syfers aan. (5)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
INLIGTING:
A. UITTREKSEL UIT DIE STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
2023 2022
Verkope 676 000 600 000
Koste van verkope 520 000 480 000
Bruto wins 156 000 120 000
Bedryfsuitgawes 74 880 54 000
Netto wins 81 120 66 000
B. UITTREKSEL UIT DIE STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
2023 2022
Eienaarsekwiteit 550 000 500 000
Nie-bedryfsbates 680 000 440 000
Bedryfsbates 490 000 570 000
Nie-bedryfslaste 620 000 840 000
Bedryfslaste 220 200 200 200
Voorraad 200 000 261 000
Kontant en kontantekwivalente 165 000 124 000
Handels en ander ontvangbares 125 000 185 000
C. FINANSIËLE AANWYSERS 2023 2022
% Winsopslag op kosprys ? 25%
% Bedryfsuitgawe op verkope 14.2% 9%
% Netto wins op verkope ? 11%
Bedryfsverhouding ? 2,8 : 1
Vuurproefverhouding ? 1,5: 1
% Opbrengs op gemiddelde ekwiteit ? 12,8%
Rentekoers op vaste deposito 9% 9%
Rentekoers op lening 18% 18%
35
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERSFORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste
(Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
Netto wins 100
Eienaarsekwiteit 1 Totale bates: Totale laste
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92/v1-bb93eb66e189069f2a7f/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20Paper_hlayiso.com_--c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a/v1-b6fcd0b556190c393474/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939/v1-69c5814af643a16ec3d9/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2/v1-4a41be3aa50a48b92e0e/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 KZN March Test 2024 Paper & Memo

Question paper and memo