Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye, ʼn formuleblad en ʼn 9 bladsy antwoordboek.
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a/v1-a931508fb6f30106fdd1/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92/v1-bb93eb66e189069f2a7f/card.webp)
%202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)

%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087/v1-2b7e1d5ee9d7c8a0ccc0/card.webp)
View all


%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)

%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 486.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 2
GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
word.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Waar van toepassing, rond alle berekeninge af tot die naaste rand. Alle ander
berekeninge moet tot EEN desimaal afgerond word.
5. Lees die instruksies van elke vraag deeglik en volg dit noukeurig.
7. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
8. Alle antwoorde moet in swart of blou ink voltooi word.
9. ʼn FORMULEBLAD is aangeheg aan die einde van hierdie vraestel.
10. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids wanneer die vraestel
beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.
VRAAG ONDERWERPE PUNTE TYD
1 Konsepte en Krediteurerekonsiliasie 42 34 minute
2 Begroting 34 26 minute
3 Voorraad, Probleemoplossing en Etiek 46 38 minute
4 Kosteberekeninge 28 22 minute
Totaal 150 120 minute
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 3
GRAAD 10
VRAAG 1: KONSEPTE EN KREDITEUREREKONSILIASIE (42 punte; 34 minute)
1.1 KONSEPTE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR in die ANTWOORDBOEK.
1.1.1 Betalings aan krediteure word geboekstaaf aan die debietkant van hul
rekeninge.
1.1.2 ʼn Kwitansie word uitgereik deur ʼn krediteur wanneer goedere op krediet
aangekoop word.
1.1.3 Handelskrediteure word as ʼn bedryfsbate geklassifiseer in die boeke van die
besigheid. (3)
1.2 KREDITEUREREKONSILIASIE
METH WINKELS
Die onderstaande inligting is ʼn uittreksel uit die rekords van Meth Winkels vir
Augustus 2023. Die besigheid handhaaf ʼn winsopslag van 25% op kosprys.
GEVRA:
1.2.1 Stel die Krediteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek op vir
Augustus 2023. (17)
1.2.2 Stel die korrekte Krediteurelys vir 31 Augustus 2023 op. (16)
1.2.3 Sammy Sithole werk vir Meth winkels. Hy is verantwoordelik vir die
volgende: bestelling van goedere, ontvangs van goedere deur verskaffers
afgelewer en vir die betaling van die verskaffers vir goedere afgelewer. Die
eienaar van Meth Winkels is bekommerd dat verkoopsyfers nie groei nie
maar goedere (handelsvoorraad) word gereeld vervang.
Verskaf DRIE interne kontrolemaatreëls wat deur Meth Winkels
geïmplementeer behoort te word. (6)
NOTA: Toon al jou berekeninge in hakies.
INLIGTING:
A. Krediteurekontrole saldo op 1 Julie 2023, R33 500.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 4
GRAAD 10
B. TOTALE VAN DIE HULPJOERNALE OP 31 AUGUSTUS 2023
Krediteurejoernaal Debiteurejoernaal
Handelsvoorraad 24 000 Verkope 36 000
Diverse rekeninge 2 100 Koste van verkope 28 800
Krediteurekontrole 26 100
Krediteure-afslagjoernaal Debiteure-afslagjoernaal
Handelsvoorraad 2 000 Debiteure afslag 1 000
Diverse rekeninge 200 Koste van verkope 800
Krediteurekontrole 2 200
Kontantbetalingsjoernaal Algemene joernaal
Bank 66 895 Debiteurekontrole Krediteurekontrole
Handelsvoorraad 23 000 Dt Kt Dt Kt
Krediteurekontrole 25 550 780 850 950 800
Korting ontvang 550
Diverse rekeninge 18 345
C. Krediteurelys op 31 Augustus 2023
Krediteure Bedrag
AB Verskaffers R14 350
BB Handelaars 7 400
Otto Meubileerders 9 300
Crox Skryfbehoeftes 2 300
33 350
FOUTE EN ADDISIONELE INLIGTING:
(i) ʼn Faktuur vir goedere aangekoop vanaf AB Verskaffers was foutiewelik na die
rekening van BB Handelaars oorgeboek, R1 200.
(ii) EFO betalings van R600 is gemaak aan Crox Skryfbehoeftes vir goedere
voorheen op krediet gekoop. Die transaksie is aangeteken in die
Kontantbetalingsjoernaal maar is nie na die rekening van Crox Skryfbehoeftes
in die Krediteuregrootboek oorgeboek nie.
(iii) Die Krediteurekontrolekolom in die Krediteurejoernaal is met R300 te min
opgetel.
(iv) Geen inskrywing is gemaak vir goedere teruggestuur aan BB Handelaars, R770.
(v) ʼn Elektroniese oordrag van R540 is gemaak in die rekening van Otto
Meubileerders. Dit is korrek aangeteken in die kontantbetalingsjoernaal maar
as R450 oorgeboek na die rekening van Otto Meubileerders in die
Krediteuregrootboek.
(vi) ʼn Kredietnota van R330 ontvang van AB Verskaffers vir goedere teruggestuur
is korrek in die Krediteure afslagjoernaal aangeteken maar is foutiewelik na die
verkeerde kant van AB Verskaffers se rekening in die Krediteuregrootboek
oorgeboek.
42
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 5
GRAAD 10
VRAAG 2: BEGROTING (34 punte; 26 minute)
2.1 Gauteng Hoërskool vir Seuns
Die rugbyspan van Gauteng Hoërskool vir seuns beplan ʼn toer (uitstappie) na Port
Elizabeth. Die toer is beplan vir die Julie 2024 skoolvakansie.
2.1.1 Bereken die totale verwagte koste van die toer vir al die spelers. (vir ʼn Drie
dag-toer). (27)
2.1.2 Bereken die koste van die toer per speler. (3)
2.1.3 Hoe kan die verwagte bydraes van elke speler verminder word? Verskaf
TWEE metodes wat gebruik kan word om fondse in te samel vir die span,
uitgesluit die bronne van fondse wat reeds genoem is in die gegewe
inligting. (4)
INLIGTING:
A. Daar is 15 spelers, 8 reserwes in die span en 2 afrigters. Dit word in die
skoolbeleid genoem dat die koste van die 2 afrigters gedek moet word deur
die spelers.
B. Die skool was instaat om ʼn borgskap van R18 200 by Planet Rugby Sports te
verkry.
C. ʼn Donasie van R7 700 is ontvang van ʼn rugbyspeler wat vir die nasionale
span speel.
D. Die volgende is die koste/uitgawes vir die toer:
Uniform/Toebehore: ʼn Kwotasie is ontvang by Cassim Uitrusters vir nuwe
uniforms en ʼn sweetpak wat R800 per speler beloop. Die afrigters sal ook
elkeen ʼn sweetpak ontvang wat R250 elk kos.
Akkommodasie: Die span sal in twee van Port Elizabeth se slaapsale slaap
vir die duur van die toer, teen ʼn koste van R980 per slaapsaal per dag.
Vervoer: Bus se huur is R18 000 plus R3,50 per km. Die retoerafstand na en
van Port Elizabeth is 2 164 km.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 6
GRAAD 10
Etes: Die span sal aandete ontvang teen ʼn koste van R46 per persoon en
ontbyt teen R18 per persoon. Middagete se onkoste sal deur die spelers
gedek word.
Toegangsfooi: Op die derde dag sal die span en afrigters die Kruger
Nasionale Park besoek. Die ingangsfooie is R150 per persoon. ʼn 20%
korting word toegestaan vir groepbesprekings wat 20 mense oorskrei.
34
VRAAG 3: VOORRAAD, PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK (46 punte; 38 minute)
3.1 VOORRAAD
KULA HANDELAARS
Die onderstaande inligting het betrekking op Kula Handelaars vir Januarie 2023.
GEVRA:
Sien die Handelsvoorraadrekening in die Algemene Grootboek en beantwoord die
vrae wat volg.
3.1.1 Wat is die kontrarekening vir A? (1)
3.1.2 Waar word die eindvoorraad van handelsvoorraad in die finansiële state
getoon? (2)
3.1.3 Watter transaksie het die inskrywing van B laat plaasvind? (2)
3.1.4 Wat is die kontrarekening wat aangedui word met C? (1)
3.1.5 Gee ʼn rede vir die inskrywing by D. (2)
3.1.6 Bereken die bedrag uitgelaat by E. (2)
3.1.7 Wat is die kontrarekening wat aangedui word met F? (1)
3.1.8 Bereken G, goedere is op krediet verkoop vir R27 000. ʼn Winsopslag van
25% is bygevoeg. (3)
3.1.9 Wat is die folio verwysing vir H? (1)
3.1.10 Gee DRIE moontlike redes vir item I. (6)
3.1.11 Bereken die bedrag uitgelaat by J. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 7
GRAAD 10
INLIGTING:
ALGEMENE GROOTBOEK VAN KULA HANDELAARS
Dt HANDELSVOORRAAD Kt
2023 1 Saldo a/b 54 780 2023 31 (F) KAJ 5 700
Jan Jan
31 (A) KBJ 7 008 Koste van DJ (G)
verkope
Krediteure- KJ 36 192 Koste van H 22 800
kontrole (B) verkope
(C) DAJ 2 370 (I) AJ 900
Kleinkas (D) KKJ (E) Saldo o/b (J)
102 000 102 000
2023 1 Saldo a/b ?
Feb
3.2 PROBLEEMOPLOSSING
INLIGTING
Thuli Mabuza besit vier bakkerye in Gauteng. Hulle verkoop ʼn verskeidenheid van
gebakte produkte aan klante en handelaars. Die onderstaande inligting is ʼn
uittreksel van twee van haar takke. Sy is bekommerd oor die begrote wins wat
reeds vir meer as 6 maande nie bereik word nie.
GEVRA:
Gebruik die inligting verskaf in A en B om die volgende vrae te beantwoord.
3.2.1 Bereken die aantal koeke wat deur Diepkloof Square Bakkery verkoop is. (2)
3.2.2 Diepkloof Square Bakkery het ʼn groot aantal koeke wat nie afgehaal is nie.
Stel TWEE strategieë voor wat deur die besigheid geïmplementeer kan
word om die afhaal van koeke deur klante, te verbeter. (Verwys na inligting
A en B.) (4)
3.2.3 Stel TWEE metodes voor wat deur die besigheid gebruik kan word om
verkope te verbeter. (4)
3.2.4 Verwys na inligting A. Identifiseer ʼn probleem by Naledi Mall Bakkery en
voorsien TWEE oplossings vir die probleem. Gebruik syfers om die
geïdentifiseerde probleem op te los. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 8
GRAAD 10
INLIGTING:
A. Inligting oor trou- en verjaarsdagkoeke vir September 2023
Diepkloof Square Naledi Mall
Bakkery Bakkery
Begrote aantal verkope 340 340
Aantal bestellings geplaas deur
280 290
klante
Aantal koeke verkoop ? 254
Aantal koeke vermis 0 34
Aantal koeke voorhande/nie
8 2
afgehaal deur klante nie
3 bakkers 3 bakkers
Aantal werknemers
3 winkel- assistente 3 winkel- assistente
B. • ʼn Deposito van 10% is betaalbaar voor ʼn bestelling verwerk kan word.
• ʼn Minimum prys vir verjaarsdagkoeke is R500 en vir troukoeke is R1 800.
3.3 ETIEK
Egoli Klerewinkel
Egoli Klerewinkel word besit deur Nellie Masinya. Sy verkoop klere, handsakke en
skoene. Die winkel is langs die Mall van die Ooste. Goedere word vir kontant en op
krediet aan hul lojale klante wat kwalifiseer om op krediet te koop verkoop. Hulle
koop hulle goedere in Italië (oorsee). Hulle is ingelig deur hul verskaffers dat ʼn nuwe
tak geopen gaan word in Witbank (Mpumalanga).
Nellie sal minder betaal vir goedere en vervoerkoste. Sy is nie bereid om die
verkoopprys van haar goedere aan te pas nie. Sy voel dat hierdie ʼn geleentheid is om
meer wins te maak.
GEVRA:
3.3.1 Watter advies sal jy aan haar bied? Verskaf DRIE punte. (6)
46
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2) 9
GRAAD 10
VRAAG 4: KOSTEREKENINGKUNDE (28 punte; 22 minute)
4.1 KONSEPTE
Pas die konsepte in KOLOM A by die gepaste item of verduideliking verskaf in
KOLOM B. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDBOEK.
INLIGTING:
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Direkte materiaalkoste A Fabrieksbestuurder
4.1.2 Direkte arbeidskoste B Advertensies
4.1.3 Fabrieksbokoste C Kantoorhuur
4.1.4 Verkope- en verspreidingskoste D Hout vir die tafels en stoele
4.1.5 Administratiewe koste E Masjienoperateurs
(5)
4.2 THELMA VERVAARDIGERS
Thelma Vervaardigers ontwerp handsakke en verkoop dit teen ʼn winsopslag van
40% op kosprys. Met die huidige beurtkrag wat implementeer is, het
produksiekoste toegeneem, en verkoopsyfers het afgeneem.
GEVRA:
Bereken die volgende koste en toon alle berekeninge.
4.2.1 Bereken die direkte materiaalkoste. (9)
4.2.2 Bereken die direkte arbeidskoste. (3)
4.2.3 Bereken die totale direkte koste. (2)
4.2.4 Bereken die fabrieksbokoste. (2)
4.2.5 Bereken die totale koste van produksie. (2)
4.2.6 Bereken die produksiekoste per handsak. (2)
4.2.7 Bereken die verkoopprys per handsak. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
INLIGTING:
Die volgende koste is geneem uit die rekords van Thelma Vervaardigers vir die
maand van September 2023.
KOSTE EN UITGAWES
Per handsak
Hoeveelheid Prys per item
Ritssluiters 2 R5 per rits
Materiaal 1,5 meter R25 per meter
Garing 10 meter R2 per meter
Krale 4 pakke R9 per pak
Arbeidskoste
Arbeid (fabriek) 3 ure R36 per uur
Fabrieksuitgawes Bedrag
Huur R4 000
Elektrisiteit R700
Versekering R590
Skoonmaakmiddels R350
• 100 eenhede is geproduseer en verkoop
28
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERSFORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100 Netto wins 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste
(Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
Netto wins 100
Eienaarsekwiteit 1 Totale bates: Totale laste
Study this subject
Recommended for this subject
%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a/v1-a931508fb6f30106fdd1/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2023 Memo (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92/v1-bb93eb66e189069f2a7f/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%202020%20Exemplars%20Question%20%20Paper_hlayiso.com_--43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754/v1-c743ae789a295a79dae8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 10 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087/v1-2b7e1d5ee9d7c8a0ccc0/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 KZN March Test 2024 Paper & Memo
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Memorandum