Skip to content

Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 10202210 pages

Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2022 GRAAD 10 REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 9 bladsye + 1 formuleblad en ʼn antwoordboek van 9 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK is voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet word. 3. ʼn FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is voorsien aan die agterkant van die vraestel. Jy mag dit gebruik indien nodig. 4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Waar van toepassing, toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids wanneer die vraestel beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE TOEGEKEN 1 Staat van Omvattende Inkomste 60 48 2 Konsepte en Staat van Finansiële Posisie. 45 36 Konsepte, Ontleding en Vertolking van Finansiële 3 45 36 State TOTAAL 150 120 minute b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (60 punte; 48 minute) GB MODEHUIS Die volgende inligting is onttrek uit die rekords van GB Modehuis op 28 Februarie 2022, die laaste dag van die finansiële jaar. Die maatskappy maak gebruik van ʼn 60% winsopslag op kosprys. GEVRA: 1.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022 op. (56) 1.2 Voltooi die volgende nota tot die Finansiële State: Voorraad. (4) INLIGTING: 1. Uittreksel van die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2022 Balansstaat Rekeninge Kapitaal (1 Maart 2021) 590 572 Onttrekkings 45 000 Handelsvoorraad 57 000 Vaste Deposito: Finbank @ 12% p.j. 40 000 Debiteurekontrole 33 160 Bank (gunstig) 4 600 Wisselgeld 600 Lening: Finbank (18% p.j.) 100 000 Nominale Rekeninge Verkope 947 360 Koste van verkope 520 000 Debiteure-afslag 1 250 Huur inkomste 32 760 Water en elektrisiteit 5 990 Telefoon 7 848 Korting toegestaan 500 Oninbare skuld 5 288 Advertensies 23 600 Korting ontvang 1 690 Versekering 9 600 Skryfbehoeftes 4 680 Rente op vaste deposito 3 600 Verpakkingsmateriaal 5 112 Salarisse 96 000 Rente op lening 6 600 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2. AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING (a) Huur was ontvang en geboekstaaf tot Maart 2022. (b) ʼn Debiteur, N. Valodia, het voorraad met ʼn kosprys van R1 150 teruggestuur. Geen inskrywing is gedoen nie. (c) F. Whittington, ʼn debiteur, wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf is, het R640 per EFO betaal. Die boekhouer het die transaksie soos volg geboekstaaf: Debiteer Bank R640 Krediteer Debiteurekontrole R640 (d) Die eienaar het voorraad met ʼn verkoopprys van R880 vir eie gebruik geneem, maar dit was weggelaat uit die rekeningkundige rekords. (e) Volgens ʼn fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2022 is die volgende voorhande: • Handelsvoorraad, R54 300 • Skryfbehoeftes, R342 (f) Advertensies sluit ʼn bedrag vir ʼn ses-maande advertensiekontrak in. Die advertensie sal verskyn van 1 Januarie 2022 tot 30 Junie 2022 teen ʼn vaste maandelikse fooi van R4 175. (g) Die telefoonrekening vir Februarie 2022 is nog nie betaal nie, R710. (h) ʼn Debiteur, D. Gracie, wat R1 355 geskuld het, is insolvent verklaar. ʼn Dividend van 60 sent uit die rand is ontvang en geboekstaaf. Die res van die uitstaande skuld moet afgeskryf word as oninbaar. (i) N. Ehrke, ʼn debiteur wat R900 vir die laaste vier maande skuld, moet rente van 8% p.j. op sy agterstallige rekening gehef word. (j) Die lening word in jaarlikse paaiemente van R10 000 op 1 Julie terugbetaal en alle betalings is gemaak en geboekstaaf. Bereken die uitstaande rente. NOTA: Rente op lening word nie gekapitaliseer nie. (k) Waardevermindering van R111 520 moet nog voorsien word. (l) Die volgende inligting van ʼn nuwe werknemer, D. Phiri, was uitgelaat uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2022. BRUTO SALARIS R20 000 Aftrekkings • LBS 15% van bruto salaris • WVF 1% van bruto salaris • Pensioenfonds R2 650 NOTA: – Die maatskappy dra 4% van die werknemer se bruto salaris by tot die pensioenfonds en op ʼn rand tot rand basis tot die WVF. – Werkgewerbydraes word in die Salarisse Rekening getoon. 60 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 2: KONSEPTE EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (45 punte; 36 minute) 2.1 KONSEPTE Pas KOLOM A by KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommers (2.1.1 – 2.1.5) in jou ANTWOORDBOEK. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Historiese koste A Eienaar se netto investering in die beginsel besigheid 2.1.2 Eienaarsekwiteit B Vaste bates aangekoop word teen hulle kosprys aangeteken 2.1.3 Omsigtigheidsbeginsel C ʼn Betaling gemaak aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 2.1.4 Oortrokke bank D Finansiële state word op ʼn konserwatiewe manier opgestel 2.1.5 LBS E Wanneer meer geld onttrek word as wat beskikbaar is F Word geklassifiseer as ʼn nie- bedryfslas (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.2 ACE WINKELS Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Ace Winkels vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2022. Die eienaar van die besigheid is Ace Nkosi. GEVRA: 2.2.1 Stel die Handels en Ander Betaalbares N ota op (6) 2.2.2 Stel die Staat van Finansiële Posisie op soos op 30 Junie 2022 (34) INLIGTING: Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2022 Kapitaal 525 000 Onttrekkings 32 000 Vaste koste teen drawaarde ? Vaste Deposito: Allied Bank (Sien inligting C) ? Lening: Gwede Bank (Sien inligting E) ? Handelsvoorraad 99 500 Debiteurekontrole 68 000 Krediteurekontrole 23 000 Oortrokke Bank 30 000 Kleinkas 5 000 Wisselgeld 1 500 Verbruiksgoedere voorhande 550 Opgelope uitgawe 3 200 Vooruitontvange inkomste 10 000 Vooruitbetaalde uitgawes 6 800 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Addisionele inligting en aansuiwerings A Netto wins vir die jaar van R172 000 is nie in ag geneem nie. B ʼn Kredietsaldo van R5 500 in die Debiteuregrootboek moet oorgeplaas word na die Krediteuregrootboek. C Die finansiële bates van R23 250 by Allied Bank bestaan uit die volgende: • ʼn Vaste deposito van R8 000 wat op 31 Augustus 2022 sal verval. D Goedere ter waarde van R1 500 is aan ʼn plaaslike kinderhuis geskenk. Die inskrywing is korrek in die Inkomstestaat getoon. Geen ander inskrywings is gemaak nie. E Die leningstaat ontvang van Gwede Bank toon die volgende: Saldo op 1 Julie 2021 350 000 Terugbetalings vir die jaar (rente ingesluit) 18 000 Gekapitaliseerde rente 12 000 Saldo op 30 Junie 2022 ? Die terugbetalings op die kapitale gedeelte van die lening sal konstant bly in die volgende finansiële jaar. 45 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 3: KONSEPTE, ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (45 punte; 36 minute) 3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs die woord ‘waar’ of ‘vals’ langs die vraagnommers (3.1.1 – 3.1.6) in die ANTWOORDBOEK. 3.1.1 Wanneer die totale bates van ʼn besigheid die totale laste oorskry, word die besigheid as insolvent beskou. 3.1.2 Besighede behoort altyd te poog om hul bedryfsuitgawes as ʼn persentasie van hul omset so hoog as moontlik te hou. 3.1.3 Die persentasie opbrengs op eienaarsekwiteit dui die eienaar se persentasie opbrengs op sy belegging aan. 3.1.4 Die winsgewendheid dui aan hoe effektief ʼn besigheid is. 3.1.5 Die hoofrede waarom ʼn besigheid se bedryfswins verminder is rente inkomste. 3.1.6 Bruto wins op koste van verkope word bereken om die wins-opslag te verifieer. (6) NAIDOO VERSKAFFERS Naidoo Verskaffers is ʼn besigheid wat skoonmaakmiddels aan verskeie klante verskaf. Die besigheid se eienaar is Valen Naidoo. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie. INLIGTING: Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2022 Vaste bates 600 000 Vaste Deposito 180 000 Voorraad 120 000 Handels en ander ontvangbares 215 000 Kontant en kontantekwivalente 53 000 Bedryfslaste 150 000 Langtermynlening 160 000 Rentekoers op Vaste Deposito 8% p.j. Eienaarsekwiteit (28/02/2021) 538 000 Eienaarsekwiteit (28/02/2022) 622 000 Verkope 1 334 000 Koste van verkope 804 000 Bedryfsuitgawes 295 000 Netto wins 230 000 b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 GEVRA: 3.2 Beantwoord die volgende vrae gebaseer op die finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022: 3.2.1 Bereken die bedryfsverhouding (5) 3.2.2 Bereken die vuurproefverhouding (4) 3.2.3 Lewer kommentaar op die likiditeit van die besigheid. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4) 3.3 Mnr. Naidoo is bekommerd dat die besigheid nie sy doelwit winsopslag van 80% bereik nie. Die besigheid het slegs ʼn winsopslag van 66% bereik. 3.3.1 Verskaf DRIE redes waarom die besigheid nie die doelwit winsopslag bereik nie. (6) 3.2.2 Bereken die bedryfsuitgawes op verkoopspersentasie. (3) 3.2.3 Bereken die netto wins op verkoopspersentasie. (3) 3.4 Bereken die opbrengs op gemiddelde eienaarsekwiteit. (6) 3.5 Behoort die eienaar tevrede te wees met sy opbrengs op ekwiteit? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (4) 3.6 Naidoo Verskaffers bedryf sy besigheid slegs in Gauteng. Die eienaar is bekommerd oor die stygende brandstofprys. Hy glo dat hy moontlik sy besigheid sal moet toemaak indien die brandstofprys aanhou styg. Verskaf TWEE alternatiewe wat die eienaar kan oorweeg eerder as om die besigheid te sluit. (4) 45 TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 (VRAESTEL 1) GRAAD 10 GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSER FORMULEBLAD Bruto wins X 100 Netto wins X 100 Bruto wins X 100 Koste van verkope 1 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfswins X 100 Bedryfsuitgawes X 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste (Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontant ekwivalente) : Bedryfslaste ___Netto wins__ X 100 Totale bates : Totale laste Eienaarsekwiteit 1

Study this subject

More from Grade 10 Accounting

View all