Skip to content

Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202411 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2024 GRAAD 11 REKENINGKUNDE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 10 bladsye + 1 formuleblad en ʼn antwoordboek van 10 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 2 VRAESTEL 2 GRAAD 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord ALLE vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin alle vrae beantwoord moet word. 3. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers word verskaf aan die agterkant van die vraestel. 4. Wys alle bewerkings om deelpunte te verdien 5. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood, blou of swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord. 7. Waar van toepassing wys al die berekeninge tot EEN desimale plek. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer die vraestel beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD IN MINUTE 1 Bankversoening en Interne Kontrole 55 44 minute 2 Krediteure Kontrole en etiek 25 20 minute 3 Vaste Bates 50 40 minute 4 Interne Kontrole 20 16 minute TOTAAL 150 120 minute b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 3 VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 1: BANKVERSOENING EN INTERNE KONTROLE (55 punte; 44 minute) 1.1 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. (03) 1.1.1 Gunstige saldo soos per bankstaat is ʼn debietsaldo. 1.1.2 Rente op oortrokke rekening word in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken. 1.1.3 Kontantdeposito ’s verhoog jou banksaldo. SK HANDELAARS 1.2 Die volgende inligting het betrekking op SK Winkels vir Februarie 2024. Die besigheid bank by Honey Bank. Die boekhouer druk state aan die einde van die maand vanaf die banktoepassing. GEVRA: 1.2.1 Voltooi die Kontantontvangstejoernaal en die Kontantbetalingsjoernaal vir Februarie 2024. Gebruik die korrekte besonderhede (kontrarekening). (26) 1.2.2 Bereken die korrekte bankrekeningsaldo op 29 Februarie 2024. (04) 1.2.3 Stel die Bankversoeningstaat van 29 Februarie 2024 op. (10) 1.2.4 Voorsien TWEE interne kontrolemaatreëls om kontant te beheer. (04) 1.2.5 Noem TWEE interne kontrolemaatreëls wat geïmplementeer kan word ten opsigte van EFO-betalings. (04) 1.2.6 ʼn Betaling wat op die 19de aan een van ons krediteure gemaak is, is nie deur die krediteur ontvang nie. Daar is ontdek dat die geld gestuur is na die krediteur se ou rekening wat gesluit. Gee TWEE redes wat verduidelik waarom dit belangrik is om rekeningbesonderhede te verifieer voordat enige betalings gemaak word. (04) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 4 VRAESTEL 2 GRAAD 11 INLIGTING: A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Januarie 2024: Uitstaande deposito: 15 Januarie 2024 15 000 Uitstaande deposito: 20 Januarie 2024 21 500 Uitstaande deposito: 30 Januarie 2024 12 000 Uitstaande EFO 410 7 200 Gunstige saldo volgens bankrekening op 31 17 500 Januarie 2024 LET WEL: • Die uitstaande deposito op die 15de en die 30ste Januarie 2024 het albei op die bankstaat verskyn met die korrekte bedrae. • Die uitstaande deposito op die 20ste Januarie 2024 het in die Februarie bankstaat verskyn met die korrekte bedrag van R19 500. Hierdie bedrag is van ʼn debiteur ontvang. • Die uitstaande EFO 410 vir R7 200 was ʼn geskeduleerde betaling vir die aankoop van skryfbehoeftes. Die bestelling is gekanselleer en die betaling moet gekanselleer word. B. Die voorlopige totale in die kontantjoernale • Kontantontvangstejoernaal R 205 500 • Kontantbetalingsjoernaal R 178 400 C. Die volgende inskrywings verskyn in die bankstaat vir Februarie maar nie in die Kontantjoernale nie. • ʼn Deposito wat maandeliks deur die huurder gemaak word vir die huur van R11 500. • R 50 000 ontvang van Honey Bank vir die vaste deposito wat verval het. • Betaling gemaak aan Mogale Munisipaliteit vir water en elektrisiteit R1 500. • Die bankstaat toon ʼn debietorder vir R780 aan MTT Winkels, die besigheid gebruik nie MTT Winkels as ʼn diensverskaffer nie. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 5 VRAESTEL 2 GRAAD 11 • Kontanthanteringsfooi R1 000. • Diensfooi beloop R940 • Rente verdien op lopende rekening R 570 • ʼn Kredietkaartbetaling van R645 vir die aankoop van kos vir die eienaars se private woning. • Die staat wys ʼn EFO vir R3 000 vir handelsvoorraad, dit is verkeerdelik aangeteken as R1 345 in die joernaal. • Maandelikse terugbetaling vir die lening aan EN Bank, R 10 500. • ʼn EFO betaling van R750 aan Shine Winkels. Hierdie bedrag was vir goedere wat die kassier vir haar eie gebruik gekoop het. • ʼn Deposito van R18 000, hierdie bedrag is per ongeluk deur die bank in ons rekening gedeponeer. Die bank het ingestem om die fout volgende maand reg te stel. D. Die volgende verskyn in die Kontantjoernale vir Februarie maar nie op die bankstaat nie: • Uitstaande deposito 20 Februarie 2024 R 10 600 • Uitstaande deposito 27 Februarie 2024 R15 000 • Uitstaande EFO 510 vir R8 500 gemaak aan ʼn krediteur. E. Saldo volgens Bankstaat aan die einde van die maand? [55] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 6 VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 2: KREDITEURE KONTROLE EN INTERNE KONTROLE (25 punte; 20 minute) BaseM HANDELAARS BaseM Handelaars koop goedere op krediet van verskeie verskaffers, insluitende Mokoena Verskaffers. GEVRA: 2.1 Die nuwe boekhouer in diens van BaseM het nie elke maand die Krediteureversoeningstaat voorberei nie. Verskaf TWEE redes waarom dit belangrik is om beheer oor krediteure te hê? (02) 2.2 Verwys na INLIGTING A: Berei die korrekte krediteurelys in die Boeke van BaseM Handelaars voor na inagneming van die aansuiwerings in INLIGTING A. (09) 2.3 Verwys na INLIGTING B: Versoen die krediteuregrootboek van Mokoena Verskaffers in die boeke van BaseM Handelaars met die rekeningstaat wat van Mokoena Verskaffers ontvang is. (11) 2.4 Die boekhouer het uitgevind dat die eienaar besig is om goedere vir sy persoonlike gebruik te bestel en dit te dit laat aanteken as aankope vir die besigheid. Wat moet die boekhouer vir die eienaar sê? (02) b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 7 VRAESTEL 2 GRAAD 11 INLIGTING: A. Krediteurelys op 29 Februarie 2024. Masuku Verskaffers R 18 000 Maleka Verskaffers R 5 900 Hadebe Verskaffers R 10 300 Matshaba Verskaffers R 7 000 Ngubeni Verskaffers R 6 800 Mokoena Verskaffers R 21 700 R 69 700 Die krediteurelys hierbo is opgestel voordat die aansuiwerings hieronder in aanmerking geneem is. • ʼn Betaling van R10 000 gemaak aan Masuku Verskaffers is nie opgeteken nie. • ʼn Faktuur vir R2 200 vir goedere wat aangekoop is van Ngubeni Verskaffers, is verkeerdelik in die boeke van Hadebe verskaffers aangeteken. • ʼn Handelskorting van 2.5% toegestaan deur Matshaba Verskaffers op goedere gekoop is nie aangeteken nie. Die bedrag na die handelskorting is R6 630. • Goedere met ʼn waarde van R 1 500 is teruggestuur aan Masuku Verskaffers. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 8 VRAESTEL 2 GRAAD 11 B. Die volgende saldo’s is geneem uit die boeke van BaseM Handelaars en die rekeningstaat ontvang van Mokoena Verskaffers. Let wel: Mokoena Verskaffers sluit hulle boeke af op die 25ste van elke maand. Saldo volgens die rekening van Mokoena Verskaffers in die krediteuregrootboek van BaseM Handelaars op R21 700 29 Februarie 2024: Saldo volgens die rekeningstaat ontvang van Mokoena R23 900 Verskaffers op 25 Februarie 2024. Foute en weglatings (i) Mokoena Verskaffers het nagelaat om ʼn faktuur vir R3 000 vir die aankoop van goedere te boekstaaf. (ii) In die rekeningstaat is die terugsending van goedere verkeerdelik aangeteken as ʼn faktuur vir R580. (iii) Goedere bestel deur BaseM Handelaars vir R250 is glad nie geboekstaaf in beide die krediteuregrootboek en die krediteurerekeningstaat nie. (iv) ʼn Betaling reflekteer op die krediteuregrootboek van Mokoena Verskaffers vir R2 250, maar dit was ʼn betaling gemaak aan Makoena Ltd. (v) ʼn Korting ontvang van R180 vir die vroeë betaling van ʼn rekening is slegs op die rekeningstaat korrek aangeteken. (vi) Die staat weerspieël ʼn oordrag van ʼn kredietsaldo vir R420 van BaseM Handelaars in die debiteuregrootboek na hul saldo in die krediteuregrootboek. (vii) Die krediteuregrootboek toon ʼn betaling van R1 550 gemaak op 26 Februarie 2024. [25] b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 9 VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 3: VASTE BATES (50 punte;40 minute) MZIZI HANDELAARS Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mzizi Handelaars. Hulle finansiële jaar eindig op 30 April 2024. GEVRA: 3.1.1 Bereken die waardevermindering op Voertuie en Toerusting. Gebruik die tabel wat voorsien word as ʼn riglyn. (12) 3.1.2 Voltooi die Bateverkoperekening in die Algemene Grootboek. (11) 3.1.3 Voltooi die Vaste Bate nota. Wys berekeninge waar nodig. (27) INLIGTING: A. Saldo’s op 30 April 2024 Grond en geboue 1 050 000 Voertuie 900 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Mei 2023) 555 000 Toerusting 480 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Mei 2023) 438 000 B. ADDISIONELE INLIGTING: Grond en geboue • Gedurende die jaar is ʼn verbandlening vir R300 000 by KIN Bank geneem vir die aankoop van ʼn nuwe eiendom. • Verdere herstelwerk is aan die ou gebou gemaak ter waarde van 15 000. • Geen inskrywings is gemaak nie. Voertuie • ʼn Nuwe voertuig met ʼn kosprys van R160 000 is op 29 Februarie 2024 aangekoop. • ʼn Afleweringsvoertuig is verkoop vir R81 250 kontant op 01 Desember 2023. Die opgehoopte waardevermindering op 01 Mei 2023 was R360 000 en die drawaarde op dieselfde dag was R70 000. • Waardevermindering op voertuie vind plaas teen 15% p.j. op die drawaarde van die voertuig. b.o.
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 10 VRAESTEL 2 GRAAD 11 Toerusting • Nuwe toerusting word aangekoop halfpad deur die finansiële jaar vir R90 000. Die transaksie is nie opgeteken nie. • Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die kosprys [50] VRAAG 4: KONSEPTE (20 punte; 16 minute) GEVRA: Lees die gevallestudie hier onder en beantwoord dan die vrae wat volg: INLIGTING: 4.1 James Nxumalo is die bestuurder van Tic Comp Handelaars. Hy oorweeg dit om die huidige rekenaars wat die onderneming het te vervang . Sommige van die werknemers voel dat dit nie ʼn noodsaaklike uitgawe is nie aangesien die rekenaars drie jaar gelede gekoop is. 4.1.1 Waardevermindering is ʼn ongewone uitgawe deurdat dit nie die uitvloei van kontant uit die besigheid behels nie. Identifiseer een ander voorbeeld van ʼn soortgelyke tipe uitgawe. (02) 4.1.2 Verskaf TWEE punte ten gunste van die bestuurder se voorstel. (04) 4.1.3 Verskaf TWEE punte ter ondersteuning van die werknemers. (04) 4.1.4 Indien die rekenaars verkoop is en die besigheid ʼn verlies sou lys, in watter finansiële staat sou die verlies aangeteken word. (02) 4.1.5 “Wanneer ʼn bate teen boekwaarde/drawaarde verkoop word, neem die netto wins af.” Is hierdie stelling Waar of Onwaar? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (02) 4.2 Die toesighouer in die kopieer- en dupliseringskamer is bekommerd oor die groot uitgawe aan herstelwerk en instandhouding aan die kopieermasjiene. Sy het ook opgemerk dat groot bedrae geld bestee word aan die kopiëringspapier, ink en stensils. Stel DRIE maatreëls voor wat ingestel kan word om hierdie uitgawes te beheer. (06) [20] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com REKENINGKUNDE 11 VRAESTEL 2 GRAAD 11 BYLAE FORMULEBLAD 𝐁𝐫𝐮𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐁𝐫𝐮𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐍𝐞𝐭𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐱 𝐱 𝐱 𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐮𝐢𝐭𝐠𝐚𝐰𝐞𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐱 𝐱 𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝑽𝒆𝒓𝒌𝒐𝒑𝒆 𝟏 𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞𝐧𝐬𝐭𝐞 𝐝𝐞𝐮𝐫 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐨𝐭 𝟏𝟎𝟎 𝐍𝐞𝐭𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎 𝐱 𝐱 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭 𝟏 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭 𝟏 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐛𝐚𝐭𝐞𝐬 ∶ 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐚𝐭𝐞 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐛𝐚𝐭𝐞𝐬 − 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐇𝐚𝐧𝐝𝐞𝐥 𝐞𝐧 𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐭𝐯𝐚𝐧𝐠𝐛𝐚𝐫𝐞𝐬 + 𝐊𝐨𝐧𝐭𝐚𝐧𝐭 𝐞𝐧 𝐤𝐨𝐧𝐭𝐚𝐧𝐭𝐞𝐤𝐰𝐢𝐯𝐚𝐥𝐞𝐧𝐭𝐞: 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐃𝐞𝐛𝐢𝐭𝐞𝐮𝐫𝐞 𝟑𝟔𝟓 𝟏𝟐 𝐱 𝐨𝐫 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐤𝐫𝐞𝐝𝐢𝐭𝐞𝐮𝐫𝐞 𝟑𝟔𝟓 𝟏𝟐 𝐊𝐫𝐞𝐝𝐢𝐞𝐭𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝟏 𝐱 𝐨𝐫 𝐊𝐫𝐞𝐝𝐢𝐞𝐭𝐚𝐚𝐧𝐤𝐨𝐩𝐞 𝐨𝐟 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝟏 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝 𝟑𝟔𝟓 𝟏𝟐 𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝐱 𝐨𝐫 𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞 𝟏 𝟏 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝 𝐍𝐢𝐞 𝐛𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞 ∶ 𝐕𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭 𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐁𝐚𝐭𝐞𝐬 ∶ 𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐋𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐨𝐩𝐬𝐩𝐫𝐲𝐬 𝐩𝐞𝐫 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝 − 𝐯𝐞𝐫𝐚𝐧𝐝𝐞𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐩𝐞𝐫 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all