Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10722
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
8 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 518.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Gauteng Prelim Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
(VRAESTEL 2) 10722/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
6 40
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
(VRAESTEL 2) 10722/24
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in
die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Thandeka bestuur stelsels en prosedures om die voltooiing van take te
verseker. Hierdie stelling verwys na ...
A mentorskap.
B bestuur.
C leierskap.
D volgelinge.
1.1.2 Ronelle het … as ʼn faktor in haar beleggingsbesluite oorweeg toe sy die
gemak en spoed waarteen haar belegging in kontant omgeskakel kan word,
beoordeel het.
A die inflasiekoers
B belasting
C likiditeit
D die opbrengs op belegging
1.1.3 Hierdie beginsel van versekering is van toepassing op korttermynversekering:
A Indemnifikasie
B Uiterste goeie trou
C Versekerbare belang
D Sekuriteitstelling
1.1.4 ʼn Verpligting om te werk aan die verbetering van die welsyn van die
samelewing staan bekend as sosiale ...
A belegging.
B programme.
C verantwoordelikheid.
D ontwikkeling.
1.1.5 ʼn Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op die beste
oplossing. Dit staan bekend as …
A kreatiewe denke.
B probleemoplossing.
C besluitneming.
D roetine denke. (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
(VRAESTEL 2) 10722/24
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.
privaat; normering; plakkate; privaatheid; bestorming;
persone; inligting; planeet; persoonlike aanspreeklikheid; strooibiljette
1.2.1 Die direkteure van ʼn … maatskappy is gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik vir al die skuld van die maatskappy.
1.2.2 Zinandi Handelaars gebruik … as een van die visuele hulpmiddels om die
visie van die besigheid te bevorder.
1.2.3 Jahan Vervaardigers belê in volhoubare gemeenskapsprogramme. Dit
staan bekend as die ... -element van die drievoudige sleutelaspekte.
1.2.4 Ashwin, ʼn bestuurder by Delta Vervaardigers, het een van sy werknemers
se reg om ... geskend toe hy haar persoonlike probleme sonder haar
toestemming bekend gemaak het.
1.2.5 Spanlede kom tot ʼn ooreenkoms en bereik ʼn konsensus tydens die …
stadium van spanontwikkeling. (5 x 2) (10)
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Multimedia- A besighede neem mense van verskillende
aanbieding kulturele agtergronde in diens
1.3.2 Vaste deposito B luister na sy kritiek sonder om hom te erken
C help om terugvoer te gee op vrae van die gehoor
1.3.3 Koöperasies
D winste word uitsluitlik vir die primêre doel van die
1.3.4 Diversiteit organisasie gebruik
1.3.5 Klaer E rente word gewaarborg ongeag veranderinge in
die ekonomiese klimaat
F besighede neem jongmense van verskillende
kulturele agtergronde in diens
G beperk die tyd van bespreking
H rente hang af van die ekonomiese klimaat
I voeg spesiale effekte by om inhoud interessant
vir die gehoor te maak
J winste word gelykop tussen lede verdeel
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
(VRAESTEL 2) 10722/24
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op
ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige DRIE voorbeelde van korttermynversekering. (3)
2.2 Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). (6)
2.3 Identifiseer die versekeringsbegrippe van toepassing op Troeteldier Versekeraars
in ELKE stelling hieronder:
2.3.1 Troeteldier Versekeraars het besluit om beskadigde bates te vervang in
plaas daarvan om John, die versekerde, te vergoed. (2)
2.3.2 John het ingestem om ʼn sekere bedrag geld vooraf te betaal toe hy ʼn
versekeringspolis vir sy besigheidseiendom uitgeneem het. (2)
2.4 Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n PowerPoint-aanbieding/
dataprojektor as ʼn visuele hulpmiddel. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THAPELO VERSKAFFERS (TV)
Thapelo Verskaffers is bekend daarvoor dat hulle kwaliteit grondstowwe aan
verskeie vervaardigers verkoop. Thandi, ʼn bestuurder by Thapelo Verskaffers, het
geskikte mense in die regte posisies aangestel om take suksesvol te voltooi. Sy
verstaan ook die belangrikheid van persoonlike houding in effektiewe leierskap.
2.5.1 Identifiseer die leierskapteorie wat Thandi gebruik. Motiveer jou antwoord
deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.5.2 Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (6)
2.6 Bespreek enige TWEE soorte voordele wat deur die Werkloosheids-
versekeringsfonds (WVF) uitbetaal word. (6)
2.7 Gee aanbieders raad oor areas vir verbetering in hulle volgende aanbieding. (6)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
(VRAESTEL 2) 10722/24
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige TWEE tipes onetiese sakepraktyke. (2)
3.2 Beskryf kortliks die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (6)
3.3 Identifiseer die diversiteitskwessies wat deur Phila Ondernemings in ELKE stelling
hieronder aangespreek word:
3.3.1 Die bestuur van Phila Ondernemings verseker dat Peter en Jane gelyk
behandel word in die werkplek. (2)
3.3.2 Hulle bied gesubsidieerde etes en kantiengeriewe op hul perseel aan. (2)
3.4 Verduidelik hoe besighede verantwoordbaarheid as ʼn King-kode-beginsel vir
goeie korporatiewe bestuur kan toepas. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOA KOMMUNIKASIES (BK)
Boa Kommunikasies het ʼn arbeidsmag wat uit ʼn paar moeilike werknemers
bestaan. Die bestuur van BK praat privaat met hierdie werknemers om nie ander
werknemers se aandag af te lei nie. Hulle luister ook na moeilike werknemers,
maar stem nie met hulle saam nie. Boa Kommunikasies verskaf riglyne oor hoe
werknemers hul gedrag kan verbeter.
3.5.1 Haal TWEE maniere aan waarop BK moeilike werknemers in die scenario
hierbo hanteer. (2)
3.5.2 Bespreek ander maniere waarop BK moeilike werknemers in die werkplek
kan hanteer. (4)
3.6 Verduidelik die maniere waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek stimuleer. (4)
3.7 Bespreek die voordele van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse
besigheidsprobleme. (6)
3.8 Beveel maniere aan waarop besighede die omgewing en menslike gesondheid in
die werkplek kan beskerm. (6)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
(VRAESTEL 2) 10722/24
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Beskryf kortliks TWEE kenmerke van ʼn vennootskap. (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CALVIN SUPERMARK (CS)
Die eienaar van Calvin Supermark het die besigheidseiendom verseker vir
R600 000 by KBY Eiendoms Versekeraars. Die markwaarde van die eiendom
was R900 000. ʼn Gedeelte van die eiendom is deur sterk storms beskadig, wat
R30 000 vir herstelwerk gekos het.
4.2.1 Noem die versekeringsklousule wat op CS van toepassing is in die
scenario hierbo. (2)
4.2.2 Bereken die bedrag wat KBY Eiendom Versekeraars CS sal betaal om
skade te dek. Toon ALLE berekeninge. (4)
4.3 Verduidelik hoe bestuur kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ʼn openbare
maatskappy. (6)
4.4 Stel situasies voor waarin die outokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas
kan word. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem VIER korporatiewe maatskaplike belegging/KSI-fokusareas. (4)
4.6 Beskryf kortliks maniere waarop besighede sosiale regte in die werkplek kan
bevorder. (4)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BONGA DRUKKERS BEPERK (BDB)
Bonga Drukkers Beperk bied bekostigbare drukkerydienste by verskeie
afsetpunte. Die werknemers van BDB neem altyd lang middagetes wat tot ʼn
afname in produktiwiteit lei.
4.7.1 Noem die onprofessionele sakepraktyk wat van toepassing is op die
scenario hierbo. (2)
4.7.2 Bespreek die maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word. (6)
4.8 Gee besighede raad oor die stappe om konflik in die werkplek te hanteer. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
(VRAESTEL 2) 10722/24
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn
NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS: SEKURITEITE)
Baie beleggers belê in voorkeuraandele om die risiko te verminder om hul
beleggings te verloor. Hulle verstaan ook die verskille tussen enkelvoudige rente
en saamgestelde rente. Verskeie tipes beleggingsgeleenthede stel beleggers in
staat om ingeligte beleggingsbesluite te neem. Die Regering/RSA Kleinhandel-
spaareffekte is die gewildste vorm van belegging.
Skryf ʼn opstel oor beleggingsekuriteite waarin jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die regte van voorkeuraandeelhouers.
Verduidelik die verskille tussen enkelvoudige rente en saamgestelde rente.
Bespreek die volgende tipes beleggingsgeleenthede en hul risikofaktore:
o Gesamentlike fondse/stokvel
o Skuldbriewe
Gee beleggers raad oor die impak van die Regering/RSA Kleinhandel-
spaareffekte as ʼn vorm van belegging. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID, KMV/KSV
EN KMI/KSI)
Daar word van sakeondernemings verwag om programme vir korporatiewe
maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en projekte vir korporatiewe
maatskaplike investering (KMI) te ontwikkel om sekere sosio-ekonomiese
kwessies soos MIV/Vigs en werkloosheid aan te spreek. Daar word ook van hulle
verwag om tyd en moeite by te dra om die welstand van hul werknemers te
verbeter.
Skryf ʼn opstel oor KMV/KSV en KMI/KSI waarin jy die volgende aspekte insluit:
Bespreek kortliks die verskille tussen KMV/KSV en KMI/KSI.
Bespreek die impak van KMI/KSI op besighede.
Verduidelik maniere waarop besighede MIV/Vigs en werkloosheid as sosio-
ekonomiese kwessies kan hanteer.
Beveel maniere aan waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
welstand van werknemers te verbeter. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2024 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum