Downloaded from hlayiso.com
JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2024
LEWENSWETENSKAPPE
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
19 bladsye
Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)

%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 3.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 2
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.
3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
VRAAG 1.1.1 en 1.1.2 is op die diagram hieronder gebaseer.
1.1.1 Die korrekte volgorde waarin die impulse in die diagram hierbo beweeg,
is ...
A reseptor, interneuron, sensoriese neuron, motoriese neuron,
effektor.
B reseptor, effektor, motoriese neuron, interneuron, sensoriese
neuron.
C reseptor, motoriese neuron, interneuron, sensoriese neuron.
D reseptor, sensoriese neuron, interneuron, motoriese neuron.
1.1.2 Die pad wat in die diagram aangetoon word, staan bekend as die …
A refleksaksie.
B reflekspad.
C refleksboog.
D reaksie.
1.1.3 Watter deel van die brein is verantwoordelik vir die interpretasie van
gehoor?
A Serebellum
B Serebrum
C Corpus callosum
D Medulla oblongata
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 4
1.1.4 By proefkonyne het een ouer ʼn swart pels gehad en die ander het ʼn wit
pels gehad. Die nageslag was almal grys. Hierdie interaksie tussen die
F1-allele wat tot grys pelskleur gelei het, kan na verwys word as:
A Volledige dominansie
B Onvolledige dominansie
C Ko-dominansie
D Oorkruising
1.1.5 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn chromosoom mutasie?
A Albinisme
B Kleurblindheid
C Down-sindroom
D Hemofilie
1.1.6 ʼn Boer kweek ertjieplante. Die alleel vir lang plante is T en die alleel vir
dwergplante is t. Watter kruising sou uitgevoer moet word om ʼn
fenotipiese verhouding van 1 : 1 te verseker?
A tt x tt
B Tt x Tt
C TT x Tt
D Tt x tt
1.1.7 Die mikroskopiese strukture onder die beheer van die kern, wat ʼn
aandeel het in proteïensintese, is ...
A ribosome.
B chloroplaste.
C mitochondria.
D selwande.
1.1.8 ABO bloedgroepe is ʼn oorerflike eienskap.
Wat sal die nageslag se moontlike bloedgroepe wees indien die ouers
se genotipes IAIA en IAi is?
A Slegs groep O
B Groep A en groep O
C Slegs groep AB
D Slegs groep A
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 5
1.1.9 Wat word die reseptore in die oor genoem wat verantwoordelik is vir die
handhawing van balans?
A Orgaan van corti en kristae
B Ovale venster en ronde venster
C Makulae en kristae
D Makulae en eustachiusbuis
1.1.10 Die diagram hieronder verteenwoordig:
A Oogenese
B Spermatogenese
C Spermatogenese en oogenese
D Meiose
(10 x 2) (20)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 6
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 Die vashegting van die ontwikkelende embrio aan die voering van die
uterus
1.2.2 Die manipulasie van biologiese prosesse om menslike behoeftes te
bevredig
1.2.3 Die tipe oorerwing waar beide allele ewe dominant is
1.2.4 Die punt van oorkruising tussen homoloë chromosome
1.2.5 ʼn Diagram wat die oorerwing van genetiese afwykings oor baie
generasies toon
1.2.6 Die proses waardeur die oë aanpas by die hoeveelheid lig
1.2.7 Die deel van die oor wat druk aan weerskante van die timpaniese
membraan gelyk maak
1.2.8 Die bondel senuwees wat die twee hemisfere van die brein verbind
(8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die struktuur wat aanleiding gee tot A: Sentriole
spilvesels tydens meiose en mitose in diere B: Sentromere
1.3.2 ʼn Moontlike gameet in ʼn dihibriede kruising A: H
B: HhBb
1.3.3 Allele van bloedgroepe A: Volledige dominansie
B: Kodominansie
1.3.4 Die ligging van DNS/DNA A: Mitochondria
B: Chloroplaste
(4 x 2) (8)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 7
1.4 Die diagram hieronder toon die embrioniese ontwikkeling in voëls.
1.4.1 Noem die tipe embrioniese ontwikkeling wat in die diagram hierbo getoon
word. (1)
1.4.2 Gee SLEGS die LETTER van die deel wat die:
(a) Embrio voed
(b) Afval berg en verwyder
(c) Groeiende embrio beskerm (3)
1.4.3 Noem TWEE fisiese eienskappe van ʼn vroegselfstandige kuiken met
uitbroei. (2)
(6)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 8
1.5 ʼn Leerder word betrap terwyl hy stokkiesdraai (bunk) tydens sy lewenswetenskappeles.
ʼn Onderwyser skree vir hom om terug te gaan klas toe. Hy weet hy gaan in die
moeilikheid by die skool sowel as by die huis wees. Hy oorweeg dit om terug te gaan
klas toe, maar toe die onderwyser naderkom, besluit hy om weg te hardloop. Die
diagram hieronder toon organe in die liggaam wat op die simpatiese senuweestelsel
reageer.
Die liggaam se reaksie op die simpatiese
senuweestelsel
Oog
Hart
Vertering-
stelsel
Lewer
Nier
1.5.1 Beskryf hoe die leerder se simpatiese senuweestelsel hom help om te
ontsnap met betrekking tot die volgende organe:
(a) Die oog (1)
(b) Die hart (1)
(c) Die lewer (1)
1.5.2 Verduidelik die rol wat die klier wat aan die nier geheg is, in die
simpatiese senuweestelsel speel. (2)
1.5.3 Noem die proses wat tydens ʼn simpatiese reaksie in die selle sal toeneem. (1)
1.5.4 Identifiseer die doel vir die toename van die proses genoem in
VRAAG 1.5.3. (1)
1.5.5 Noem die tak van die senuweestelsel wat die leerder toelaat om tot ruste
te kom sodra hy ver weg van die onderwyser af is. (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon ʼn ontwikkelende fetus in die uterus.
A
B
C
2.1.1 Noem die hormoon wat deur struktuur A tydens swangerskap
geproduseer word. (1)
2.1.2 Beskryf die gevolge vir die fetus indien struktuur A nie genoeg van die
hormoon wat in VRAAG 2.1.1 genoem is, produseer nie. (2)
2.1.3 Tydens die gestasietydperk is die fetus se longe nie volledig ontwikkel
vir gaswisseling nie. Gee die LETTER en NAAM van die deel wat dien
as die pad vir die vervoer van gasse van die moeder na die fetus en
omgekeerd. (2)
2.1.4 Verduidelik hoe die ontwikkelende fetus geaffekteer sou word indien die
membrane rondom struktuur C sou skeur. (4)
(9)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 10
2.2 Die diagram hieronder toon die hormonale beheer in die menstruele siklus.
Pituïtêre klier
Pituïtêre hormone
Ovariale hormone
Uterus en
endometrium
Ovariale siklus
Endometrium
2.2.1 Noem die pituïtêre hormoon wat ʼn skerp toename toon net voor die
14de dag van die menstruele siklus. (1)
2.2.2 Beskryf die funksies van die hormoon wat in VRAAG 2.2.1 genoem is. (2)
2.2.3 Noem die hormoon wat veroorsaak dat die endometrium vanaf dag 7
begin verdik en noem EEN ander funksie van hierdie hormoon. (2)
2.2.4 Noem die TWEE ovariale hormone asook hulle oorsprong. (4)
(9)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 11
2.3 Bestudeer die teks, asook diagramme 1 en 2 hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Die diagram hieronder toon ʼn kontrastering tussen ʼn gesonde brein (links) en ʼn
brein met Alzheimer se siekte (regs). Die presiese oorsaak van die siekte is nog
nie vasgestel nie. Verskeie bewyse toon egter die betrokkenheid van genetika,
lewenstyl verwante faktore en omgewingsfaktore. Die breinweefsel van
Alzheimer-pasiënte toon inkrimping. In die Alzheimer-brein is daar abnormale
hoë vlakke van ʼn natuurlike proteïen wat saampak om amiloïedplaak te vorm
wat tussen neurone versamel en die selfunksie ontwrig. Dit veroorsaak
sinaptiese verlies en lei uiteindelik tot die dood van die breinselle. Hierdie
veranderinge op sellulêre vlak veroorsaak die simptome van Alzheimers.
Gesond Alzheimer se siekte
Normale neuron Amiloïedplaak
Links Regs
Diagram 1
2.3.1 Identifiseer EEN strukturele probleem van ʼn Alzheimers-brein wat in die
teks hierbo genoem word. (1)
2.3.2 Identifiseer die tipe neuron wat in die diagram hierbo uitgebeeld word. (1)
2.3.3 Noem die membraan wat die akson omring en gee sy funksie. (2)
2.3.4 Noem TWEE simptome van Alzheimer se siekte. (2)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 12
Die diagram hieronder toon die oordrag van impulse tussen twee neurone.
A
B
C
Diagram 2
2.3.5 Die inligting in die paragraaf sê dat Alzheimer se siekte lei tot sinaptiese
verlies. Gee die LETTER van die area in diagram 2 wat die sinaps
voorstel. (1)
2.3.6 Noem die belangrikheid van ʼn sinaps, en identifiseer die spesifieke area
waar ʼn verlies kan lei tot simptome van Alzheimer se siekte soos
genoem in VRAAG 2.3.4. (2)
2.3.7 Noem die deel van ʼn neuron wat:
(a) Impulse na die selliggaam oordra (1)
(b) Impulse wegdra vanaf die selliggaam (1)
(11)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 13
2.4 Die diagram hieronder toon die verskil tussen ʼn normale oog en ʼn oog met ʼn
katarak.
Katarak
Normale Katarak
Lens Lens
2.4.1 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn normale oog en ʼn oog met ʼn katarak
soos waargeneem in die diagram. (5)
2.4.2 Noem die behandeling wat aanbeveel word vir katarakte. (1)
2.4.3 Noem en beskryf die proses wat veroorsaak dat die lens van die
normale oog aanpas om ʼn voorwerp wat nader as 6 meter weg is te
kan sien nadat dit op ʼn voël gefokus het wat vêr is. (5)
(11)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 14
2.5 Vyf mans, wat gewoonlik lospassende onderklere dra, is gekies om deel te wees
van ʼn ondersoek. Die vyf mans in die studie is gevra om spesiaal ontwerpte,
styfpassende onderklere te dra vir 14 tot 16 ure elke dag oor ʼn tydperk van sewe
en ʼn half maande (die toetsperiode). Die onderklere het die skrotum en testikels
baie naby aan die liggaam gehou. Die mans het op verskillende tye voor die
toetsperiode, verskillende tye gedurende die toetsperiode en verskillende tye na
die toetsperiode spermmonsters verskaf. Die grafiek hieronder toon die
gemiddelde spermtelling (miljoen per milliliter (m/ml)) voor, gedurende en na die
toetsperiode.
Spermtelling soos gemeet in mans wat
lospassende en styfpassende onderklere dra oor 'n
90
tydperk van 300 dae
80
Spermtelling (m/ml)
70
60
50
Voor Toetsperiode Na
40
30
20
10
0
0 30 60 90 120 150 180 210 240 270 300
Dae vandat eerste semen versamel is
[Bron: Fertility and Sterility deur Emily Oster]
2.5.1 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike
(b) Afhanklike veranderlike (2)
2.5.2 Behalwe om die eksperiment te herhaal, stel voor hoe hierdie ondersoek
meer betroubaar gemaak kan word. (1)
2.5.3 Verduidelik hoe styfpassende onderklere die spermtelling beïnvloed het. (3)
2.5.4 Stel voor waarom die spermtelling gemeet is voordat die toetsperiode begin
het. (2)
2.5.5 Bepaal wat die wetenskaplikes tydens dae 30 - 255 ontleed het. (2)
(10)
[50]
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 15
VRAAG 3
3.1 Die diagram hieronder toon twee prosesse wat in alle selle van die liggaam
plaasvind.
Proses A
Proses B
Molekule C
Beweging van ribosoom
3.1.1 Verskaf ʼn opskrif vir die hele proses wat hierbo geïllustreer word. (1)
3.1.2 Noem prosesse A en B onderskeidelik. (2)
3.1.3 Beskryf kortliks die rol van Molekule C in Proses B. (3)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 16
3.1.4 Die tabel hieronder toon verskillende oRNS (tRNA) anti-kodons en hulle
ooreenstemmende aminosure.
Tabel 1: Lys van aminosure met die ooreenstemmende anti-kodons
oRNS/tRNA ANTI-KODON AMINOSUUR
GGC Prolien
CGU Alanien
UGC Treonien
CCG Glisien
ACG Sisteïen
CGG Alanien
(a) Verskaf ʼn byskrif vir die chemiese binding D. (1)
(b) Identifiseer aminosure E en F onderskeidelik. (2)
3.1.5 Verskaf die DNS (DNA) basisdrietal wat vir kodon G sou kodeer. (2)
3.1.6 Tydens DNS(DNA) replisering kan een nukleotied in die verkeerde
posisie op die komplementêre DNS (DNA)-string geplaas word.
(a) Noem hierdie tipe mutasie. (1)
Indien die DNS (DNA) basisdrietal wat kodeer vir kodon G, die tipe
mutasie genoem in VRAAG 3.1.6 a) sou ondergaan, en die DNS (DNA)
basisdrietal verander na CGT, dan
(b) Verduidelik watter effek dit sou hê op die proteïen wat gevorm
word. (4)
(16)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 17
3.2 Die diagram hieronder verteenwoordig sommige chromosome in ʼn menslike sel
tydens ʼn fase van meiose.
A
B
C
D
3.2.1 Verskaf byskrifte vir A en B. (2)
3.2.2 (a) Identifiseer die fase van meiose wat hierbo verteenwoordig word. (1)
(b) Verskaf EEN sigbare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a). (2)
3.2.3 Noem en beskryf die proses wat daartoe lei dat dele C en D van mekaar
verskil. (4)
3.2.4 Noem die belangrikheid van die proses genoem in VRAAG 3.2.3. (1)
3.2.5 Hoeveel chromosome sal normaalweg teenwoordig wees in elke dogtersel
sodra die menslike sel in die diagram hierbo meiose voltooi het? (1)
3.2.6 Aan die einde van meiose het een dogtersel ʼn ekstra chromosoom 21.
Beskryf hoe dit kon gebeur het. (2)
(13)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 18
3.3 Die tabel hieronder toon die resultate wat verkry is in ʼn ondersoek nadat ʼn
rasegte swart muis met ʼn bruin muis gekruis is.
Die geen vir ʼn swart pels is dominant oor die geen vir ʼn bruin pels.
Die F1 generasie was daarna gebruik as ouers. Vier broeipare is gebruik en die
resultate van die F2 generasie kan in die tabel gesien word.
Tabel 2: Resultate van ondersoek
AANTAL AANTAL BRUIN
SWART MUISE MUISE
Ouers (P1) 1 1
F1 generasie 8 0
F2 generasie
Nageslag van die eerste broeipaar 8 0
Nageslag van die tweede broeipaar 5 3
Nageslag van die derde broeipaar 3 3
Nageslag van die vierde broeipaar 8 2
3.3.1 Bereken, vanuit die data wat ingesamel is, die vereenvoudigde
fenotipiese verhouding van swart muise tot bruin muise in die F2
generasie. Toon alle berekeninge. (2)
3.3.2 Verskaf bewyse uit die data wat ingesamel is, wat die volgende stelling
ondersteun:
Die geen vir swart pels is dominant oor die geen vir bruin pels. (2)
3.3.3 Teken ʼn staafgrafiek om die fenotipiese resultate van die F2 generasie
vir elke broeipaar te wys. (6)
(10)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE
GR12 0624 19
3.4 Die vrugtevlieg: Drosophila melanogaster, voed op suikers wat in beskadigde
vrugte voorkom. ʼn Vrugtevlieg met normale eienskappe word ʼn ‘wilde tipe’
genoem en het ʼn grys gestreepte lyf met vlerke wat langer as sy buik is.
Daar is mutante variasies van die D. melanogaster, soos “ebony” (donker) lyf of
die teenwoordigheid van vestigiale (kleiner) vlerke. Die drie tipes word in die
prent hieronder getoon.
Die diagram toon drie fenotipes van D. melanogaster.
wilde tipe ebony (donker) lyf vestigiale vlerk
[Bron: Cambridge international A-Level Biology]
Die ‘wilde tipe’ eienskappe wat gekodeer word deur dominante allele:
G vir ‘wilde tipe’ liggaamskleur.
L vir ‘wilde tipe’ vlerk grootte.
3.4.1 Definieer die term alleel. (1)
3.4.2 Sommige mutante variasies van die D. melanogaster was die gevolg
van verskillende aantal chromosome in hulle genotipe.
Noem hierdie tipe mutasie. (1)
3.4.3 Toe twee vrugtevlieë met 'wilde tipe' liggaamskleur gekruis is, het
sommige van die F1-generasie ʼn "ebony" (donker) liggaamskleur
gehad. Gebruik ʼn monohibried genetiese kruising om die persentasie
moontlikheid te toon dat die nageslag ʼn “ebony” liggaamskleur sal hê. (6)
3.4.4 Noem die tipe kruising wat liggaamskleur en vlerkgrootte terselfdertyd
sal vergelyk. (1)
3.4.5 ʼn Spesifieke vlieg se genotipe is Ggll. Identifiseer sy fenotipe. (2)
(11)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum