Skip to content

Natural Sciences and Technology Grade 6 Gauteng June 2024 QP

Question paperNatural Sciences and TechnologyGrade 6202412 pages

Grade 6 Natural Sciences and Technology question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2024 GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE TYD: 1½ uur PUNTE: 60 11 bladsye DISTRIK NAAM VAN SKOOL EMIS-NOMMER NAAM EN VAN GESLAG SEUN MEISIE AFDELINGS A B C Vrae 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 TOTAAL Puntetoekenning 5 5 5 5 10 5 6 10 2 3 4 60 Leerder se punte b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 2 GRAAD 6 INSTRUKSIES 1. Beantwoord AL die vrae op die vraestel. 2. Lees die instruksies en vrae noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord. 3. Skryf netjies en leesbaar. KENNISAFDELINGS NATUURWETENSKAPPE MATERIE EN MATERIALE TEGNOLOGIE STELSELS EN BEHEER Die vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B EN AFDELING C. AFDELING A: LAE ORDE AFDELING B: MIDDEL AFDELING C: HOË ORDE VRAE/KOGNITIEWE VLAK 1 ORDE VRAE/KOGNITIEWE VRAE/KOGNITIEWE 5 & 6 VLAK 2, 3 & 4 V1: Waterbesoedeling, V6: Waterbesoedeling, V9: Oplossing as spesiale Proses van watersuiwering Proses om water te suiwer mengsels V2: Opgeloste en V7: Herrangskik – V10: Tempo van oplossing Onopgeloste stowwe, Tempo Wetenskaplike Ondersoek van oplossing, Belangrikheid van vleilande V3: Waterbesoedeling, Skoon water V4: Mengsels van materiale V8: Vastestowwe, V11: Waterbesoedeling, V5: Vastestowwe, vloeistowwe en gasse Skoon water vloeistowwe en gasse Versadigde oplossings, Mengsels, Oplossings as spesiale mengsels Totaal – 30 Totaal – 21 Totaal – 9 b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 3 GRAAD 6 AFDELING A VRAAG 1: Waterbesoedeling en die proses van Watersuiwering Vier moontlike antwoorde word in elke vraag hieronder gegee. Omkring (of uitlig) die letter van die korrekte antwoord. 1.1 Waterbesoedeling vind plaas wanneer: A Skadelike stowwe in die water toevoer beland B Nywerhede veilig en korrek wegdoen met afvalstowwe C Nywerhede koste besnoei met die wegdoen van afvalstowwe D Geen van die bogenoemde (1) 1.2 Watter EEN van die volgende siektes word met waterbesoedeling geassosieer? A Malaria B Diarree C Cholera D COVID-19 (1) 1.3 Water waaruit alle kieme en skadelike stowwe verwyder is, is ... A besoedel. B gesuiwer. C geprosesseer. D gepasteuriseer. (1) 1.4 Watter suiweringsmetode word as die beste beskou om kieme wat in water agterbly, dood te maak? A Sifting B Uitsakking C Chlorering D Filtrasie (1) 1.5 ʼn Metode om water skoon te maak deur dit teen ʼn hoë temperatuur te verhit: A Sifting B Pasteurisasie C Filtrasie D Kook (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 4 GRAAD 6 VRAAG 2 Pas die stellings in KOLOM B met die korrekte woord in KOLOM A deur die korrekte letter in die antwoordkolom hieronder te skryf. ʼn Voorbeeld is reeds vir jou gedoen. KOLOM A KOLOM B ANTWOORD bv. Water bv. F 2.1 Opgelos A Wanneer ʼn opgeloste stof weer in soliede 2.1 = kristalle verander. 2.2 Vallei B ʼn Gebied wat deur die jaar deur vlak water 2.2 = bedek word. 2.3 Kristallisasie C Hoe effektief ʼn stof sal oplos. 2.3 = 2.4 Vleiland D ʼn Gebied van lae plat grond wat sag en nat 2.4 = is. 2.5 Oplosbaarheid E Wanneer partikels van een stof versprei 2.5 = tussen die partikels van ʼn ander stof. F Chemiese formule: H2O [5] VRAAG 3 Gebruik die onderstaande woordboks om die sinne hieronder te voltooi. Skryf jou antwoorde op die oopgelate spasies. suiwering gekontamineerd verbeter slyk uitsakking parasiete 3.1 Wanneer water kieme of skadelike stowwe bevat wat dit onveilig maak om te drink, sê ons dit is . 3.2 vind plaas wanneer jy ʼn mengsel van vuil water vir ʼn ruk los, sodat die swaar stowwe na die bodem daal. 3.3 Die suiweringsproses van water word genoem. 3.4 Die modderige stof wat in water gevind word gedurende die skoonmaakproses, word genoem. 3.5 Kieme en word in vuil water gevind. [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 5 GRAAD 6 VRAAG 4: Mengsels van materiale: Etiketteringstrukture Die onderstaande woorde beskryf 5 metodes om mengsels te skei. Gebruik die woorde in die blokkie hieronder om elke metode van skeiding korrek te etiketteer soos aangedui deur die illustrasie langs elke nommer. Uitsakking; Sifting; Handsortering; Oorgieting; Filtrasie 4.1 _____________________________________ (1) 4.2 _____________________________________ (1) 4.3 _____________________________________ (1) 4.4 _____________________________________ (1) 4.5 _____________________________________ (1) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 6 GRAAD 6 VRAAG 5 Gebruik die onderstaande illustrasie oor die faseverandering van materie om die volgende vrae te beantwoord. 5.1 Wat word die vloeistoffase van water genoem? (1) 5.2 Wat word die gasfase van water genoem? (1) 5.3 Wat word die vastestoffase van water genoem? (1) 5.4 Voorsien die etikette vir die toestand van materie wat in A, B en C gevind word. A B C (3) 5.5 Gebaseer op die diagram, watter proses vind by die volgende nommers plaas? 5.5.1 (1) 5.5.2 (1) 5.5.3 (1) 5.5.4 (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 7 GRAAD 6 AFDELING B VRAAG 6: Waterbesoedeling en die proses van waterreiniging Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die volgende vrae. Gevaarlike Water Musa Nzimakwe het by sy familie in die platteland van KwaZulu-Natal gaan kuier. Musa het lopende kraanwater in Durban waar hy woon. By sy plattelandse woning drink die mense die water van die stroom wat deur die dorpie vloei. Die mense gebruik ook die bosse naby die lopende stroom as ʼn toilet. Na ʼn paar dae het Musa baie siek geword met diaree en moes na die naaste hospitaal toe gaan. Hy het cholera opgedoen, ʼn siekte wat veroorsaak word deur van kieme teenwoordig in menslike afval wat die water besoedel. Musa was baie gelukkig, want mense kan van cholera doodgaan. Die plaaslike munisipaliteit het toe toilette voorsien, maar hulle het nie ʼn opvoedkundige program om die mense te leer, hoe om siektes soos diaree en cholera te voorkom, ingesluit nie. Handpompe is ook ingesit om water vanaf boorgate te pomp, maar die mense het nog steeds die water vanaf die stroom gebruik, omdat dit vir hulle te ver was om na die handpompe toe te stap. [Aangepas uit ʼn artikel in EnviroTech, May 2004, taken from Water Wheel, Nov/ Dec 2003, Water Research Commission]. 6.1 Vergelyk lopende kraanwater met water wat vanaf ʼn stroom kom. 6.1.1 Lopende kraanwater: 6.1.2 Stroomwater: (2) 6.2 Verduidelik waarom die water naby Musa se plattelandse woning besoedel is. (1) 6.3 Bespreek TWEE maniere hoe handpompe en toilette kan help om diaree en cholera in gemeenskappe te voorkom. 6.3.1 6.3.2 (2) [5] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 8 GRAAD 6 VRAAG 7: Herrangskikking Wetenskaplikes volg altyd ʼn plan noukeurig wanneer hulle ondersoeke uitvoer. Daar is sekere stappe in ʼn wetenskaplike ondersoek wat gevolg moet word. Herrangskik die stappe in die korrekte volgorde deur die LETTER langs die korrekte stap te skryf. VERKEERDE VOLGORDE KORREKTE VOLGORDE A Metode Stap 1: B Waarnemings en Resultate Stap 2: C Hipotese Stap 3: D Gevolgtrekking Stap 4: E Materiaal versamel Stap 5: F Doel Stap 6: [6] VRAAG 8 8.1 Verduidelik die verskil tussen ʼn versadigde oplossing en ʼn onversadigde oplossing. 8.1.1 Versadigde oplossing - (1) 8.1.2 Onversadigde oplossing - (1) 8.2 Gebruik die onderstaande tabel om die deeltjies in vastestowwe en in gasse met mekaar te vergelyk. Vastestowwe Gasse (a) (a) (b) (b) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 9 GRAAD 6 8.3 8.3.1 Maak gebruik van die onderstaande raam om die deeltjies van ʼn vloeistof te illustreer. (2) 8.3.2 Verduidelik die beweging van die deeltjies in ʼn vloeistof. (2) TOTAAL AFDELING B: 21 b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 10 GRAAD 6 AFDELING C VRAAG 9: Oplossings as spesiale mengsels Sipho het ʼn onbekende stof in water bygevoeg. Sy resultate word in die onderstaande diagram aangetoon. Na 10 minute was die kleur eweredig deur die water versprei en die onderste laag was nie meer sigbaar nie. 9.1 Is hierdie ʼn voorbeeld van ʼn oplossing? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) VRAAG 10: Tempo van oplossing Hanna het dieselfde hoeveelheid sout in twee bekers met water geplaas en dit goed geroer. Beker A Beker B 10.1 In watter beker sal die sout vinniger oplos? Verduidelik waarom die sout in een beker vinniger as die ander beker sal oplos. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 11 GRAAD 6 VRAAG 11 Lees die onderstaande artikel oor waterbesoedeling en beantwoord die vrae wat volg. Wat is die oorsake en effekte van waterbesoedeling in Afrika? Skrywer: Matthew McClure Datum gepubliseer: 1 September 2021 Wat veroorsaak waterbesoedeling, en wat is die effek van waterbesoedeling op gemeenskappe in gevaar en ekosisteme in Afrika? Waterbesoedeling in Afrika word deur mense veroorsaak. Daar is geen manier om dit te ontken nie. Dieselfde spesie wat so afhanklik is van veilige, skoon water is die spesie wat die oorsaak is van die besoedeling van varswater bronne. Maar wat is waterbesoedeling? Wyd gestel, word waterbesoedeling beskou as die proses waartydens onbekende stowwe die watermassa (bo- of ondergronds) binnedring en in die proses veroorsaak dat die water onbruikbaar en toksies word vir die ekosisteem waarin dit geleë is. Die effekte van waterbesoedeling is katastrofies: Plant- en dierelewe lei, asook die kwesbare mense en gemeenskappe. Hou jou regering verantwoordelik en maak seker dat alle mense van Afrika toegang tot skoon, gesonde water het. Moet geen fout maak nie, toegang tot skoon, gesonde water is 'n fundamentele mensereg. Skoon water is noodsaaklik vir lewe, maar is 'n skaars bron in Afrika. Die oorsake van waterbesoedeling en die effekte op mense, flora en fauna is huidiglik een van die grootste omgewingsbedreigings in Afrika. Ongelukkig is waterbesoedeling in Afrika besig om toe te neem. [Aangehaal uit: https://www.greenpeace.org/africa/en/blogs/49015/what-are-the-causes-and- effects-of-water-pollution-in-africa/] 11.1 Stel ʼn rede voor waarom die artikel beweer dat mense die oorsaak van besoedeling is. (1) 11.2 Bespreek EEN metode wat gebruik kan word om water te suiwer. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE 12 GRAAD 6 11.3 Voorsien TWEE redes waarom jy dink dat dit belangrik is om ons riviere skoon te hou. (2) TOTAAL AFDELING C: 9 TOTAAL: 60 EINDE

Study this subject

More from Grade 6 Natural Sciences and Technology

View all