Downloaded from hlayiso.com
nnnnNNNNNNNNNN
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2023
GRAAD 9
NATUURWETENSKAPPE
TYD: 2 uur
PUNTE: 100
19 bladsye
LEERDER SE NAAM EN VAN: ___________________________________________
GRAAD 9: ________
VRAAG 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAAL
LEERDER SE PUNT
PUNTE 9 6 5 16 14 14 15 10 7 4 100
b.o.
Skip to contentAll 2023 papers %20%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f/v1-cc3cfc280f262609fe6f/card.webp)

%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a3a1855b-9de4-4bd4-9504-48990b4d997a/v1-388db127e3a8ce3344c1/card.webp)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a/v1-720c7a3115ab59697e47/card.webp)


View all%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)



%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d/v1-cee05352d6113f5ba879/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e/v1-8fb33edd6c4f33747f58/card.webp)
Natural Sciences Grade 9 Gauteng November 2023 QP (Afr)
Grade 9 Natural Sciences question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Natural Sciences · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Natural Sciences
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1008.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 2
GRAAD 9
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam, van en klas op hierdie vraestel wat as antwoordblad dien.
2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat op die vraestel verskaf word.
3. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.
4. Toekenning van punte:
AFDELING A: 20
AFDELING B: 80
5. Hierdie eksamenvraestel bestaan uit NEGE vrae.
6. ALLE tekeninge moet in potlood gemaak word en slegs met blou ink benoem word.
7. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 3
GRAAD 9
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte opsie deur die korrekte letter (A – D) in die blokkie wat voorsien is te skryf.
1.1 Wat gebeur met die gietklei wanneer ʼn krag daarop toegepas word?
Gietklei
A Die klei bly onveranderd.
B Die klei word sagter.
C Die klei word harder.
D Die klei kan maklik gevorm en herskep word. (1)
1.2 Die elektrostatiese krag tussen twee gelaaide voorwerpe is F. Die afstand
tussen hulle word vermeerder. Hoe verander die elektrostatiese krag?
A Dit neem toe.
B Dit neem af.
C Dit bly dieselfde.
D Daar word nie genoeg inligting verskaf nie. (1)
1.3 Watter van die volgende is ʼn manier om die wrywingskrag tussen twee
oppervlaktes in kontak te verminder?
A Verhoog die gewig van ʼn voorwerp
B Smeer die oppervlaktes
C Gebruik materiale wat ʼn growwe oppervlak het
D Hou die voorwerpe lank in kontak (1)
1.4 Watter tipe energie word na elektriese energie in ʼn sel omgeskakel?
A Meganiese energie
B Chemiese energie
C Kinetiese energie
D Hitte-energie (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 4
GRAAD 9
1.5 Watter van die volgende stroombaandiagramme verteenwoordig ʼn parallelle
stroombaan?
A B C D
(1)
1.6 Hoe meer selle in parallel verbind hoe …
A groter die stroom in die stroombaan.
B groter die ammeterlesing in die stroombaan.
C groter die voltmeterlesing.
D die voltmeterlesing oor hulle is dieselfde as vir een sel. (1)
1.7 Die opwekking van elektrisiteit deur middel van stralingsenergie word ... genoem.
A kernkrag
B termiese elektrisiteit
C sonkrag
D hidro-elektrisiteit (1)
1.8 Watter van die volgende is ʼn kenmerk van die litosfeer?
A Dit beweeg as een vaste stof.
B Dit is ʼn swak laag.
C Dit is saamgestel uit gesmelte rots.
D Dit is die dikste laag van die aarde. (1)
1.9 Sterre kan volgens hul kleur of spektrale klas geklassifiseer word. Watter van die
volgende kenmerke definieer die jonger ster?
A Blou is warmer
B Blou en koud
C Rooi en warm
D Rooi en koud (1)
[9]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 5
GRAAD 9
VRAAG 2: TERMINOLOGIE
Gee die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term in die spasies wat voorsien word.
2.1 ʼn Geleier wat die vloei van elektriese lading teenstaan.
(1)
2.2 ʼn Voorbeeld van ʼn nie-kontakkrag wat loodreg op die oppervlak van ʼn voorwerp
inwerk.
(1)
2.3 Die draad wat aan die metaalomhulsel van ʼn toestel gekoppel is.
(1)
2.4 Gevorm wanneer magma uit die mantel opwel, afkoel en verhard.
(1)
2.5 ʼn Massiewe ontlading of vrystelling van elektrone tussen ʼn donderwolk en die grond.
(1)
2.6 ʼn Mengsel van gasse wat deur swaartekrag om die Aarde gehou word.
(1)
[6]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 6
GRAAD 9
VRAAG 3: PASITEMS
Kies ʼn item uit KOLOM B wat by ʼn stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
(A – G) langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die spasies wat voorsien word.
KOLOM A KOLOM B
3.1 Sfere van materie wat so dig is dat nie eens A Spanning 3.1
lig hul swaartekrag kan ontsnap nie
3.2 ʼn Veiligheidstoestel in ʼn elektriese B Swart gat 3.2
stroombaan wat smelt as die stroom die
veiligheidsvlak oorskry
3.3 Tipe krag wat verantwoordelik is om C Planetȇre nebulae 3.3
voorwerpe bymekaar te hou
3.4 Die buitenste gasse van ʼn wit dwerg wat in die D Rots siklus 3.4
ruimte uitgewerp word en ʼn groeiende wolk
vorm
3.5 ʼn Siklus waarin gesteentes van een vorm na ʼn E Smeltdraad 3.5
ander verander deur verskeie geologiese
prosesse
F Mynbou
G Wrywing
[5]
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 7
GRAAD 9
AFDELING B
VRAAG 4: KRAGTE
4.1 Bestudeer die prente hieronder en beskryf watter sigbare effek ʼn krag op elke
geïllustreerde voorwerp kan hê.
A (1)
B (1)
4.2 Studente voer ʼn ondersoek uit om waar te neem wat met twee gelaaide voorwerpe
gebeur voor kontak, tydens kontak en na kontak soos hieronder getoon. Een is
positief gelaai en die ander het geen lading nie.
Ver weg
Voor kontak Gedurende kontak Na kontak
4.2.1 Wat is die naam van die krag wat tussen die gelaaide voorwerpe bestaan?
(1)
4.2.2 Wat is die afhanklike veranderlike in die ondersoek?
(1)
4.2.3 Watter deeltjies sal van een sfeer na ʼn ander sfeer oorgedra word wanneer
hulle kontak maak? Skryf slegs PROTONE, NEUTRONE of ELEKTRONE.
(1)
4.2.4 Sfeer B was neutraal voor kontak. Het dit gelaaide deëltjies gehad? Skryf
slegs JA of NEE neer.
(1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 8
GRAAD 9
4.2.5 Let op hoe die posisie van die sfere na kontak verander het. Stel ʼn rede
voor waarom die afstand tussen die sfere soveel groter is as voorheen.
(2)
4.3 Twee magnete word so geplaas dat hulle noordpole na mekaar toe wys.
4.3.1 Is die krag wat die twee magnete op mekaar uitoefen, ʼn VELDKRAG of ʼn
KONTAKKRAG?
(1)
4.3.2 Teken die magneetveldlynpatroon wat tussen die twee noordpole van
hierdie magnete waargeneem kan word in die blok hieronder.
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 9
GRAAD 9
4.4 Die grafiek hieronder wys hoe die magnetiese krag verander met die afstand tussen
twee magnete.
Krag (N)
Afstand (cm)
4.4.1 Wat is die grootte van die magnetiese krag wat een magneet op ʼn ander
uitoefen wanneer die afstand tussen die magnete 4 cm is?
(1)
4.4.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word op grond van die resultate op die
grafiek?
(2)
4.5 Definieer gewig.
(2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 10
GRAAD 9
VRAAG 5: SELLE EN ENERGIE, WEERSTAND
5.1 Die Graad 9-leerders ondersoek die effek van die lengte van ʼn geleier op sy
weerstand. Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die Graad 9-leerders het die volgende eksperiment uitgevoer. Hulle wou die effek
van die lengte van ʼn geleier op sy weerstand ondersoek. Hulle het ʼn sel, ʼn
gloeilamp, ʼn ammeter en vier stukke koperdraad van dieselfde dikte, maar van
verskillende lengtes (0,1 m, 0,2 m, 0,3 m en 0,4 m en 0,5 m) gebruik.
Prosedure: • Stel bogenoemde komponente in ʼn stroombaan op deur een geleier op
ʼn slag te gebruik. • Maak die skakelaar toe. • Gebruik die ammeter om die stroom
vir elke gekoppelde geleier te meet.
Die volgende tabel toon die resultate van hulle ondersoek:
Lengte van ʼn geleier (m) Stroom sterkte (A)
0,1 0,43
0,2 0,36
0,3 0,30
0,4 0,24
0,5 0,18
5.1.1 Skryf die ondersoekende vraag vir die bostaande eksperiment neer.
(2)
5.1.2 Skryf die hipotese neer vir die ondersoek hierbo.
(2)
5.1.3 Identifiseer die afhanklike veranderlike.
(1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 11
GRAAD 9
5.1.4 Gebruik die grafiekpapier hieronder en teken die grafiek van die stroomsterkte
teen die lengte van die geleier.
Onthou om A: ʼn geskikte opskrif vir jou grafiek te verskaf,
B: benoem die y-as;
C: benoem die x-as;
(5)
5.2 Bestudeer die stroombaan hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1 Wat is die doel van die komponent wat in die diagram hierbo omkring is?
(1)
5.2.2 Wat is die waarde van die spanning van elke sel in die stroombaan?
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 12
GRAAD 9
5.2.3 Noem ʼn voorbeeld van ʼn veiligheidstoestel wat in ons huise gebruik kan
word in die geval van ʼn elektriese oorlading.
(1)
[14]
VRAAG 6: STROOMELEKTRISITEIT
6.1 Bestudeer die stroombaandiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Elke
sel het ʼn potensiaalverskil van 1,5 V. Die weerstand van gloeilamp S is R en die
weerstandsgloeilamp T is 4R.
V1
A1
V2
A2
S
T A3
V3
6.1.1 Op watter manier is gloeilampe S en T verbind?
(1)
6.1.2 Wat is die lesing op voltmeter V1?
(2)
6.1.3 Wat is die lesing op voltmeter V3?
(1)
6.1.4 Watter gloeilamp sal die helderste gloei? S of T
(1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 13
GRAAD 9
6.1.5 Wat sal met die lesing op ammeter A1 gebeur as gloeilamp T afgeskakel is?
(1)
6.1.6 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 6.1.5.
(2)
6.1.7 Wat word die toestel wat gebruik word om stroom sterkte te meet, genoem?
(1)
6.2 Teken ʼn diagram van ʼn seriestroombaan wat twee gloeilampe en 2 selle insluit wat
in serie verbind is, en ʼn voltmeter wat aan die battery gekoppel is. Benoem die
komponente en dui die rigting van stroomvloei aan.
Komponente:
• 2 selle
• 2 gloeilampe
• Drade wat aan die komponente verbind
• ʼn Skakelaar
• ʼn Voltmeter
(5)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 14
GRAAD 9
VRAAG 7: KOSTE VAN KRAGVERBRUIK, ENERGIE EN DIE ELEKTRISITEITSNET-
WERK
7.1 Gebruik die inligting in die tabel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.
Gebruik die koste per eenheid elektrisiteit van 90 sent/kWh in AL jou berekeninge.
Onthou: Koste = Krag x Tyd x Eenheid prys
Toestel Kraggradering:
Stofsuier Fluoresserende Gloeilamp Geiser Konvensionele Mikrogolf-oond
gloeilamp oond
1 600 W 40 W 100 W 4 800 W 6 000 W 1 360 W
7.1.1 Jou gesin het hierdie maand 320 kWh elektrisiteit gebruik. Bereken die koste
van 320 kWh elektrisiteit.
(3)
7.1.2 ʼn Heel hoender neem ongeveer 1 uur om in ʼn konvensionele oond gaar te
word. In ʼn mikrogolfoond neem dit ongeveer 12 minute. Toon deur
berekeninge watter toestel goedkoper is om te gebruik.
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 15
GRAAD 9
7.2 Bestudeer Eskom se kragwaarskuwingsadvertensie hieronder.
KRAGWAARSKUWING
Waarskuwing: Elektrisiteitsverbruik is te hoog.
Verminder jou elektrisiteitsverbruik nou.
[https://blog.sap.com/2013/07/28]
7.2.1 Wat blyk die probleem in die nasionale elektrisiteitsnetwerk te wees wanneer
hierdie waarskuwing gewys word?
(1)
7.2.2 Wat sal Eskom doen as gebruikers nie na die waarskuwing luister nie?
(1)
7.2.3 Noem EEN manier waarop verbruikers hulle elektrisiteitsrekening kan
verminder.
(1)
7.2.4 Noem EEN voordeel van sonkrag.
(1)
7.2.5 Noem EEN nadeel van sonkrag.
(1)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 16
GRAAD 9
VRAAG 8: SFERE VAN DIE AARDE
Die diagram hieronder illustreer die interaksie tussen die sfere van die Aarde as ʼn
komplekse stelsel.
Litosfeer Atmosfeer
Hidrosfeer Biosfeer
[https://image.app.goo.gl/hD9Co]
8.1 Beskryf die interaksie tussen die verskillende sfere van die Aarde betrokke by elk
van die interaksies wat hieronder beskryf word.
8.1.1 Grotte vorm in kalksteenrots wanneer die rots opgelos word deur reënwater
wat ʼn swak suur geword het.
(1)
8.1.2 Reënwater word ʼn swak suur wanneer dit koolstofdioksied uit die lug
absorbeer terwyl dit daardeur val.
(1)
8.1.3 Plante groei slegs in die lig naby die grot-ingang.
(1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 17
GRAAD 9
8.2 Hoe beïnvloed die lae van die Aarde en hul samestelling die voorkoms van
natuurlike hulpbronne soos minerale, olie en gas?
(3)
8.3 Rotse op die oppervlak van die Aarde word verweer om kleiner deeltjies te vorm.
Noem enige TWEE belangrike faktore wat die verweringsproses beïnvloed.
(2)
8.4 Watter natuurlike proses produseer die gas wat in die atmosfeer voorkom wat die
energie wat deur die son uitgestraal word absorbeer en weer uitstraal?
(1)
8.5 Wat is die voordeel van hierdie natuurlike proses vir die lewe op die Aarde?
(1)
[10]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 18
GRAAD 9
VRAAG 9: MYNBOU EN MINERALE HULPBRONNE
Lees die berig van die IOL koerant na aanleiding van die voorval waar agt vroue wat ʼn
musiekvideo by ʼn mynhoop geskiet het, na bewering deur onwettige mynwerkers verkrag
is.
“Vir mynmaatskappye om verantwoordelikheid te neem en vir ons as die regering,
moet al daardie verlate myne nou onteien word. Onteien daardie grond sonder
vergoeding tot voordeel van die publiek. Maak seker dat dit (die grond) herleef word
en werk skep vir ons gemeenskappe,” het die voormalige premier van Gauteng
gesê.
“Die afwesige myneienaars het hierdie werkers, die onwettige immigrante, daar
gelaat sonder om hulle terug te neem na hul lande van herkoms. Dit is die uitbuiting
wat hier aan die gang is. Ons is hier om te sê ons kan nie onder ʼn skrikbewind leef
nie.”
Die ANC het vroeër gesê lede gaan Woensdagoggend buite die Krugersdorp-
landdroshof betoog terwyl die, in hegtenis genome, onwettige mynwerkers voor die
hof verskyn.
[https:// ww.iol.co.za (Gepubliseer: Augustus 3, 2022)]
9.1 Waar vind mynbou in ʼn oopgroefmyn plaas?
(1)
9.2 Bespreek enige TWEE gevolge van onwettige mynbou.
(2)
9.3 Wat moedig onwettige mynbou in Suid-Afrika aan?
(2)
9.4 In watter opsigte is onwettige mynbou gevaarlik in Suid-Afrika?
(2)
[7]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
NATUURWETENSKAPPE 19
GRAAD 9
VRAAG 10: GEBOORTE, LEWE EN DOOD VAN STERRE
10.1 Hoe produseer die proses van kernfusie in sterre energie?
(2)
10.2 Verduidelik die siklus van hoe ʼn stêr sterf?
(2)
[4]
TOTAAL AFDELING B: 80
TOTAAL: 100
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20%20%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f/v1-cc3cfc280f262609fe6f/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng November 2023 Memo (Afr)

Question paper
Natural Sciences Grade 9 Gauteng November 2017 QP (Afr)
%20November%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a3a1855b-9de4-4bd4-9504-48990b4d997a/v1-388db127e3a8ce3344c1/card.webp)
Question paper
Natural Sciences Grade 9 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a/v1-720c7a3115ab59697e47/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 9 Natural Sciences
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41/v1-732b2906914230d04e80/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Natural Sciences Grade 9 North West June 2024 Memo

Question paper and memo
Natural Sciences Grade 9 Free State June 2023 Paper & Memo

Question paper and memo
Natural Sciences Grade 9 Free State November 2023 QP & Memo
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d/v1-cee05352d6113f5ba879/card.webp)
Memorandum
Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e/v1-8fb33edd6c4f33747f58/card.webp)
Memorandum