Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2019
GRAAD 10
REKENINGKUNDE
VRAAG TEMA PUNTE TYDSDUUR
1 Begrippe en Kontantjoernale 45 27 min
2 Algemene Joernaal 22 13 min
Algemene Grootboek en Interne 22 13 min
3
Kontrole
4 Debiteure-rekonsiliasie en Interne 46 28 min
Kontrole
5 Transaksie-ontleding 44 26 min
6 Begrippe, Salaris- en Loonjoernale
21 13 min
en etiek
200 120 min
TYD: 2 uur
PUNTE: 200
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %20June%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d991f335-91bf-4dff-81aa-ee577f9e42be/v1-da801b41cd7332566c68/card.webp)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f5b113f6-488b-4762-9684-6bd49f2de472/v1-80d1e41ad1b27bd872ea/card.webp)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6c5c2b5d-4045-48e5-80ae-f87cfea2eb69/v1-1d72e624d523ab4dd5d6/card.webp)

%20November%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--8f29f086-0e89-4fd1-965b-69eb790e84a6/v1-4e2096337ad05b8817fc/card.webp)
View all


%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)

%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Accounting Grade 10 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)
Grade 10 Accounting question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 10 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng June
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 215.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng June 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
TYD: 2 uur
PUNTE: 200
INSTRUKSIES
1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien word.
2. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
3. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
4. Jy mag ʼn blou- of swart pen gebruik om die vrae te beantwoord.
5. Probeer om nie van die aangeduide tyd per vraag af te wyk nie.
6. Skryf netjies en leesbaar.
VRAAG 1: 45 punte; 27 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Begrippe en kontantjoernale Begrippe en boekhou-inskrywings van ʼn eenmansaak
VRAAG 2: 22 punte; 13 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Algemene Joernaal Boekhou-inskrywings
VRAAG 3: 22 punte; 13 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Algemene Grootboek en Boekhouding – Algemene Grootboek
Interne Kontrole Interne kontrole
VRAAG 4: 46 punte; 28 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Rekonsiliasie en Interne Rekonsiliasie van debiteure en interne kontrole
Kontrole
VRAAG 5: 44 punte; 26 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Transaksie ontleding Transaksie-ontleding van ʼn eenmansaak
VRAAG 6: 21 punte; 13 minute
Tema van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Begrippe, Salaris- en Begrippe van salarisse en lone
loonjoernale en etiek Salaris- en loonjoernale
Etiek
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
GRAAD 10
VRAAG 1: BEGRIPPE EN KONTANTJOERNALE (45 punte; 27 minute)
1.1 BEGRIPPE
Pas die inligting in KOLOM A by die begrip in KOLOM B. Skryf slegs die
letter (A – G) in jou ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Dien as bron van inligting wanneer finansiële
A Onttrekkings
rekords voorberei word
1.1.2 Waar transaksies geboekstaaf word voordat dit
B Kleinkasjoernaal
oorgeboek word na die Algemene Grootboek
1.1.3 ʼn Afslag wat aangebied word vir grootmaataankope C Algemene Joernaal
1.1.4 Geld wat deur die eienaar uit die besigheid getrek
D Hulpjoernale
word vir persoonlike gebruik
1.1.5 Die boekhou van items wat aangekoop word vir klein
E Handelskorting
bedrae
F Kontantkorting
G Brondokument
5
1.2 KONTANTJOERNALE
Die volgende transaksies van Waterkloof Handelaars het gedurende September 2018
plaasgevind, die besigheid gebruik ʼn winsgrens van 100% op kosprys.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na die onderstaande transaksies en boekstaaf dit in die Kontantjoernale
vir September 2018. (40)
NOTA:
Moenie die totale bymekaar tel aan die einde van die maand nie.
Moenie enige inligting in die kolomme wat grys gekleur is invul nie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
GRAAD 10
Transaksies vir September 2018
01 Die eienaar, L. Lally, het haar kapitaalbydrae verhoog vanaf R200 000 tot R280 000
deur die bedrag direk in die besigheid se lopende bankrekening te deponeer.
Ontvang ʼn tjek van K. Siwedi ter vereffening van sy rekening van R160, minus 5%
korting, reik kwitansie nr.92 uit.
03 Ontvang ʼn tjek vanaf Knysna Bank Bpk vir R16 600 vir ʼn vaste deposito van R16 000
wat verval, plus rente.
04 Betaal R2 380 per tjek nr. 115 aan Gugu Groothandelaars ter vereffening van
rekening van R2 500.
Kontantverkope vir die dag, R3 900.
05 B. Brown se tjek vir R110 wat die vorige maand ontvang is ter betaling van sy
rekening, is teruggestuur deur die bank as onbetaald as gevolg van onvoldoende
fondse.
06 Ontvang ʼn bedrag vir R650 vanaf I. Patel as gedeeltelike betaling van sy rekening, die
betaling is elektronies gedoen.
10 Koop goedere vanaf Dada Handelaars vir R4 140, betaal per tjek.
Betaal Go-Go Karweiers R300 vir die aflewering van die goedere (hierbo genoem),
per tjek.
20 Trek ʼn tjek vir R870 ten gunste van die munisipaliteit om die besigheid se water-en-
elektrisiteitsrekening te betaal.
22 Reik ʼn tjek uit aan Natal Bank ter gedeeltelike betaling op die lening, R7 000, plus
rente op die lening vir R350.
27 Wissel ʼn kontanttjek vir R2 500 om lone vir R1 980 te betaal en gebruik die res om die
wisselgeld te verhoog.
28 Kontantverkope van handelsware vir die dag, R1 520 ingesluit by die bedrag is
kredietkaartverkope van R520.
30 Die bankstaat is ontvang vanaf Knysna Bank Bpk en toon dat ons bankrekening met
die volgende bedrae gedebiteer is:
Rente, R360
Tjekboek en depositoboek-fooie, R190
Diensgeld, R210
Belastingheffing, R164 40
Totale Punte
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
GRAAD 10
VRAAG 2: ALGEMENE JOERNAAL (22 punte; 13 minute)
2.1 Die onderstaande inligting vir Desember 2018 is geneem uit die boeke van Devaan
Winkels, die eienaar van die besigheid is H. Devaan.
GEVRA:
Boekstaaf die transaksies in die Algemene Joernaal vir Desember 2018, en sluit die
joernaal behoorlik af. (22)
Verwys na onderstaande INLIGTING:
NOTA: Omskrywings word nie verlang nie.
INLIGTING:
A Voorlopige totale
Algemene Joernaal
Debiteurekontrole Krediteurekontrole
Debiet Krediet Debiet Krediet
624 316 702 454
B Transaksies op 31 Desember 2018
1 ʼn Debiteur, A. Pondor, wat R1 200 verskuldig is, is insolvent verklaar. Sy boedel
betaal 30c in die rand. (Dit is reeds geboekstaaf in die besigheid se boeke.)
Die balans moet as oninbaar afgeskryf word.
2 Die bankstaat toon ʼn gedishonoreerde tjek vir R570 ontvang vanaf J. Klop ter
vereffening van sy rekening van R600. Dit is geboekstaaf. Die korting moet nog
gekanselleer word.
3 Die eienaar, C. Devaan is ongelukkig met die voorraad wat hy huis toe gevat het en
bring die voorraad terug na die besigheid, R170. Geen inskrywing is gedoen nie.
4 Handelsware aangekoop vir R640 en per tjek betaal is korrek geboekstaaf in die KBJ.
Alhoewel, met die oorboeking vanaf die KBJ, is dit foutief oorgeboek as
Verbruiksgoedere.
5 Goedere teruggestuur deur M. Mawema (ʼn debiteur) soos per kredietnota vir R210 is
foutief oorgeboek na die rekening van M. Mokwena (ʼn debiteur).
6 ʼn Bedrag van R550 ontvang vanaf B. Smith (debiteur) ter vereffening van haar
rekening, is per abuis oorgeboek na T. Smith, ʼn krediteur.
Totale Punte
22
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
GRAAD 10
VRAAG 3: ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE KONTROLE
(22 punte; 13 minute)
RHINEHART VERSKAFFERS
Die volgende inligting is ʼn uittreksel uit die boeke van Rhinehart Verskaffers vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2019. Die besigheid gebruik ʼn winsgrens van 60% op kosprys.
GEVRA
3.1 Verwys na die onderstaande Algemene Grootboek rekeninge en voltooi die
ontbrekende inligting A tot N in jou ANTWOORDBOEK. Toon berekeninge waar
nodig om deelpunte te verdien. (15)
3.2 Gebruik die onderstaande grootboekrekeninge en beantwoord die volgende vrae:
3.2.1 Die eienaar het goedere vir eie gebruik geneem. Wat is die verkoopsprys
van die goedere wat hy geneem het? Verwys na die Handelsvoorraad
rekening. (2)
3.2.2 Wat sal die brondokument wees vir bedrag L, geboekstaaf in die DAJ? (1)
3.3 Ernst Rhinehart, die eienaar, vermoed dat voorraad gedurende die jaar gesteel is.
Hy het jou gevra om hom raad te gee oor interne kontrole prosedures wat hy kan
implementeer om diefstal te voorkom. Noem TWEE interne kontroles om voorraad
te beveilig. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
GRAAD 10
INLIGTING
ALGEMENE GROOTBOEK VAN RHINEHART VERSKAFFERS
NOMINALE-REKENINGE AFDELING
Dt VERKOPE Kt
Feb 01 Totaal a/b 150 000 00
28 A DJ 80 000 00
Bank B 92 000 00
Dt KOSTE VAN VERKOPE Kt
Feb 01 Totaal a/b 93 750 00 Feb 28 Handels- DAJ 6 000 00
voorraad
28 C DJ 50 000 00
Handels- KOJ D
voorraad
BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING
Dt HANDELSVOORRAAD Kt
Feb 01 Saldo a/b 110 000 00 Feb 28 E DJ F
28 Bank G 120 000 00 Koste van KOJ 57 500 00
verkope
H KJ 30 000 00 I KAJ 7 000 00
Kleinkas J 1 000 00 Onttrekkings AJ 5 000 00
K DAJ L Donasies M 2 000 00
Saldo o/d N
267 000 00 267 000 00
Mrt 1 Saldo a/b N
Totale Punte
22
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
GRAAD 10
VRAAG 4: DEBITEURE REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE (46 punte; 28 minute)
SCHUMANN GROOTHANDELAARS
Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Schumann Groothandelaars.
GEVRA
4.1 Berei die korrekte Debiteurekontrolerekening vir 31 Maart 2019 voor nadat
aansuiwerings vir alle foute en weglatings in berekening gebring is en balanseer
die rekening. (14)
4.2 Berei ʼn korrekte lys van debiteure voor op 31 Maart 2019. (16)
4.3 Voorsien EEN rede hoekom jy dink die saldo van die Debiteurekontrolerekening
moet ooreenstem met die Debiteurelys. (2)
4.4 Die eienaar Paul Schumann is bekommerd dat debiteure nie betyds sal betaal nie.
Noem DRIE maatreëls wat in plek gesit kan word om te verseker dat debiteure
betyds betaal. (6)
4.5 Verwys na die Debiteurekontrolerekening en beantwoord die volgende vrae:
4.5.1 Indien die korting toegestaan R35 720 is, hoeveel is vanaf debiteure
ontvang gedurende Maart? (2)
4.5.2 Behalwe vir rente gehef, wat anders kan voorkom as joernaaldebiete?
Voorsien EEN item of antwoord. (2)
4.5.3 Voorsien TWEE moontlike redes vir die debiet van R300 in die
Debiteurekontrolerekening. (4)
INLIGTING
ALGEMENE GROOTBOEK VAN SCHUMANN GROOTHANDELAARS
BALANSSTAATREKENINGE AFDELING
Dt DEBITEUREKONTROLE Kt
Mrt 1 Saldo a/b 89 560 00 Mrt 31 Bank en KOJ 266 040 00
korting
toegestaan
31 Verkope DJ 270 000 00 Debiteure DAJ 1 200 00
afslag
Bank KBJ 300 00 Joernaal AJ 1 950 00
krediete
Joernaal AJ 720 00 Saldo o/d 91 390 00
debiete
360 580 00 360 580 00
Apr 1 Saldo a/b 91 390 00
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
GRAAD 10
Lys van debiteure op 31 Maart 2019
NAAM Debiet
Cooper 17 900 00
Baloyi 16 380 00
Hope 14 400 00
Smith 21 900 00
Williams 18 200 00
88 780 00
Foute en weglatings ontdek gedurende die maand:
A Die openingsaldo van die Debiteurekontrolerekening is met R6 000 te veel
geboekstaaf.
B Die totaalkolom in die Debiteure-afslagjoernaal is met R210 te min opgetel.
C ʼn Kredietverkopefaktuur vir R2 900 uitgereik aan Baloyi is korrek in die
Debiteurejoernaal geboekstaaf maar foutief oorgeboek na die rekening van Smith.
D ʼn Kredietnota vir R520 vir Cooper is glad nie geboekstaaf nie.
E ʼn Tjek ontvang vir R5 600 vanaf Hope ter volle vereffening van sy rekening van
R6 000 is korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal. Alhoewel die boekhouer vergeet
het om die korting in sy rekening te boekstaaf.
F ʼn Kredietnota vir R1 600 is korrek geboekstaaf in die Debiteure-afslagjoernaal,
maar is foutief as ʼn faktuur geboekstaaf in Williams se rekening.
G Belas Baloyi se agterstallige rekening van R8 000 met R300 rente. Geen
inskrywing is nog gedoen nie.
Totale Punte
46
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
GRAAD 10
VRAAG 5: TRANSAKSIE-ONTLEDING (44 punte; 26 minute)
GEVRA
5.1 Gebruik die inligting van BB Mode-Boetiek en toon die effek van elke transaksie
op die Rekeningkunde Vergelyking vir Augustus 2018. (38)
Veronderstel die Banksaldo is voordelig vir alle transaksies.
5.2 Beantwoord die volgende vrae:
5.2.1 Verduidelik die betekenis van V/T. (Verwys na transaksie op die 19de) (2)
5.2.2 Voorsien TWEE redes waarom die bank ʼn tjek kan dishonoreer. (4)
Transaksies
Voorbeeld: Skenk skryfbehoeftes van R540 aan die plaaslike kleuterskool.
01 Stanford Verskaffers hef rente teen 6% vir twee maande op die besigheid se
agterstallige rekening van R3 600.
07 A. Habib is insolvent verklaar, BB Mode-Boetiek het R1 400 ontvang as ʼn eerste
en finale dividend van 35 sent in die rand. Die balans moet afgeskryf word as
oninbaar.
16 Die bankstaat ontvang vanaf Rand Bank toon rente ontvang van R130.
19 Die bankstaat toon ʼn V/T tjek vir R1 260, hierdie tjek is ontvang vanaf M. Gumpu
ter vereffening van sy rekening van R1 300.
25 Wissel ʼn kontanttjek vir R480 om die kleinkasvoorskot van R600 te herstel.
31 Koop goedere op krediet vanaf Wacko Kleinhandelaars vir R1 700, minus 10%
handelskorting.
Totale Punte
44
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
GRAAD 10
VRAAG 6: BEGRIPPE, SALARIS- EN LOONJOERNALE EN ETIEK (21 punte; 11 minute)
6.1 BEGRIPPE
Dui aan of die volgende verklarings WAAR of ONWAAR is.
6.1.1 Die afkorting VOH staan vir Vaardigheidsontwikkelingsheffing.
6.1.2 VOH word deur werkgewers betaal wie se betaallys meer as R300 000 is.
6.1.3 WVF is normaalweg 1% van netto salarisse.
6.1.4 Netto salaris staan ook bekend as krediteure vir salarisse.
6.1.5 LBS moet aan die Tesourie betaal word.
6.2 SALARISSE EN LONE
Jy word voorsien van inligting uit ʼn uittreksel van die Loonjoernaal en
Salarisjoernaal van Ndebele Kleinhandelaars vir Mei 2018. Hulle het werknemers
wat weekliks en maandeliks betaal word.
GEVRA
6.2 Bereken die ontbrekende bedrae in die Lone en Salarisjoernale vir Mei 2018. (10)
6.3 Beantwoord die volgende vrae:
6.3.1 Voorsien die dubbelinskrywing vir die Pensioenfondsbydrae in die
Loonjoernaal. (2)
6.3.2 Die netto salaris bereken in 6.2.5 in die Salarisjoernaal sal oorgeboek
word na die Salarisrekening en watter ander rekening? (1)
6.4 Die eienaar Mr Thomas Ndebele het besluit om nie hierdie maand die LBS
bedrag oor te betaal nie omdat hy kontant nodig het, hy sal vogende maand ʼn
dubbele oorbetaling maak. Hoekom is jy teen hierdie besluit wat hy gemaak het
gekant. Voorsien EEN konsekwensie (gevolg) van hierdie aksie. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
GRAAD 10
INLIGTING A
LOONJOERNALE VAN NDEBELE KLEINHANDELAARS VIR MEI 2018
AFTREKKINGS WERKGEWERBYDRAES
Week Bruto Netto
Pensioen- Mediese- Pensioen- Mediese-
eindig Loon WVF LBS Totaal Loon WVF VOH
fonds fonds fonds fonds
21 Mei R2 874 R160 R240 R28.74 R809 6.2.1 6.2.2 R320 R240 6.2.3 R28.74
2017
28 Mei R3 078 R164 R240 R30.78 R882 R320 R240 R30.78
2017
INLIGTING B
SALARISJOERNAAL VAN NDEBELE KLEINHANDELAARS OP 31 MEI 2018
AFTREKKINGS BYDRAES
Bruto Netto
Pensioen- Mediese- Pensioen- Mediese-
Salaris LBS WVF Totaal Salaris WVF VOH
fonds fonds fonds fonds
R21 110 R1 480 R1 450 6.2.4 R2 111 R13 261 6.2.5 R2 960 R2 175 R2 111 6.2.6
INLIGTING C
Die werkgewer dra op ʼn rand-tot-rand basis by vir WVF.
Die werkgewer dra 1% van die bruto salaris by vir VOH.
Totale Punte
21
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d991f335-91bf-4dff-81aa-ee577f9e42be/v1-da801b41cd7332566c68/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2019 Addendum (Afrikaans)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f5b113f6-488b-4762-9684-6bd49f2de472/v1-80d1e41ad1b27bd872ea/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79/v1-8752df336d2a428850e8/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6c5c2b5d-4045-48e5-80ae-f87cfea2eb69/v1-1d72e624d523ab4dd5d6/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 10 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202019%20Answer%20Book_hlayiso.com_--8f29f086-0e89-4fd1-965b-69eb790e84a6/v1-4e2096337ad05b8817fc/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 Addendum (Afr)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Answer%20Book_hlayiso.com_--af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a/v1-72e5752a6c7b41803304/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Addendum (Afrikaans)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 KZN March Test 2024 Paper & Memo
%20June%202023%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c/v1-358734154f155825fae9/card.webp)
Memorandum