Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2022
GRAAD 10
EKONOMIE
(VRAESTEL 1)
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2022 papers %20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014/v1-533c85993a425b7a4f2c/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e/v1-f9bcd73bb7680b7a7659/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--59363619-8ffa-425f-9efa-c640ecee3237/v1-1d6874f854dba3c1c2ae/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e9cbddd-5194-4162-ae24-6f326b8b49cd/v1-c4028be8bd6ebc8aad24/card.webp)
View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 455.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng June 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord EEN van die twee vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal
oorskry, sal NIE nagesien word nie.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 20 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 E.
1.1.1 ʼn …-stelling behels ʼn mening of waarde-oordeel.
A Negatiewe
B Positiewe
C Normatiewe
D Wetenskaplike
1.1.2 Die proses om grondstowwe in voltooide goedere en dienste te verander
word … genoem.
A verspreiding
B produksie
C verbruik
D belegging
1.1.3 Betalings vir sosiale sekerheid, ongeskiktheidstoelaes en kinderonder-
steuningstoelaes staan bekend as …
A oordragbetalings.
B sosiale betalings.
C spaargeld.
D beleggings.
1.1.4 ʼn Voorbeeld van direkte belasting is ...
A LBS.
B Belasting op Toegevoegde Waarde.
C Sondebelasting.
D Aksynsbelasting.
1.1.5 ʼn Aanwyser wat verander op dieselfde tyd as wat die ekonomie
verander, word ʼn … aanwyser genoem.
A saamgestelde
B samevallende
C leidende
D sloerende (5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.6) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv., 1.2.7 H.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Lone A Die gedeelte inkomste wat nie aan goedere
en dienste bestee word nie
1.2.2 Spaar
B Die potensiële voordele waarop ʼn individu
1.2.3 Faktormark misgeloop het wanneer hy een alternatief bo
ʼn ander kies
1.2.4 Geleentheidskoste
C Behaal nie ʼn prys in die mark nie
1.2.5 Vrye goedere
D Glo dat markte inherent onstabiel is, en
1.2.6 Keynesiaanse skommelinge is deel van die manier waarop
ʼn markekonomie funksioneer
E Die permanente vernietiging van woude om
die grond vir ander gebruike beskikbaar te
stel
F Die produksiefaktore word op hierdie markte
verhandel
G Word bepaal deur die vraag en aanbod van
arbeid
(6 x 1) (6)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.
1.3.1 Grond, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap wat benodig word as
insette om goedere en dienste te produseer
1.3.2 Stel die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop voor
1.3.3 Die ekonomiese probleem van onbeperkte menslike behoeftes in ʼn
wêreld met beperkte hulpbronne
1.3.4 Die keerpunt in die sakesiklus waar die vlak van ekonomiese aktiwiteite
op sy laagste is (4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE primêre sektor nywerhede. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom sal BBP-groei nie noodwendig tot ʼn hoër lewenstandaard vir
alle burgers lei nie? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Wat is ekonomiese modelle?
Sam Ouliaris
ʼn Ekonomiese model is ʼn vereenvoudigde beskrywing van die werklikheid,
ontwerp om hipoteses oor ekonomiese gedrag op te lewer wat getoets kan
word. Verskillende ekonome sal verskillende oordeel vel oor wat nodig is om
hul interpretasies van die werklikheid te verduidelik. Voorbeelde van
ekonomiese modelle sluit in die Klassieke Model en die
Produksiemoontlikheidsgrens.
[Aangepaste bron: https://www.imf.org]
2.2.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn ekonomiese model. (1)
2.2.2 Watter metode word deur ekonome gebruik om so objektief as moontlik
te bly? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term positiewe stelling. (2)
2.2.4 Hoe help ekonomiese modelle ekonome? (2)
2.2.5 Waarom is Ekonomie ʼn belangrike vak? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei met 1,2% in Kwartaal 2: 2021
Vervoer en kommunikasie 6,9%
Landbou -0,4%
Persoonlike dienste -0,4%
Handel -0,4%
Mynbou -0,4%
Elektrisiteit, gas en water -0,4%
BBP -0,4% Finansiële dienste
1,2% -0,4% Vervaardiging
-0,4% Regering
-0,4% Konstruksie
[Aangepaste bron: http://www.statssa.gov.za/?p=14660]
2.3.1 Identifiseer die bedryf wat die hoogste groeikoers aangeteken het. (1)
2.3.2 Watter globale gebeurtenis het bygedra tot die negatiewe groeikoerse
in konstruksie? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk (BBP). (2)
2.3.4 Hoe trek die plaaslike ekonomie voordeel uit die buitelandse sektor? (2)
2.3.5 Waarom is die BNP van ʼn land nie dieselfde as sy BBP nie? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik kortliks die verskillende benaderings tot Ekonomie. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe dra inspuitings by tot ekonomiese groei? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 7
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes skaarshede. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe verander die vlak van ekonomiese aktiwiteit tydens ʼn depressie?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EK IS GEBORE OM BOEKE OP TE
TEL, NIE BAKSTENE NIE.
VRA WÊRELDLEIERS OM
KINDERARBEID TE BEËINDIG.
[Bron: Google]
3.2.1 Noem die skadelike arbeidspraktyk geïllustreer in die prente. (1)
3.2.2 Op watter ouderdom mag ʼn mens wettiglik begin werk? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term menseregte. (2)
3.2.4 Watter effek het armoede op menseregte? (2)
3.2.5 Hoe kan die regering help om menseregte te beskerm? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Plastiekafval en klimaatsverandering – wat is die verband?
Plastiek is een van die mees
aanhoudende besoedelende
stowwe op aarde. Dit is gemaak
om te hou - en dit doen, dikwels
vir 400 jaar of meer. En by elke
stap in sy lewensiklus, selfs lank
nadat dit weggegooi is, skep
plastiek kweekhuisgasvrystellings
wat bydra tot die verwarming van
ons wêreld.
3.3.1 Noem die tipe besoedeling wat hierbo uitgebeeld word. (1)
3.3.2 Watter tipe plastiek drasakke mag nie meer deur kleinhandelaars
gebruik word nie? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. (2)
3.3.4 Hoe benadeel die gebruik van plastiek die omgewing? (2)
3.3.5 Hoe kan die regering ingryp om die omgewing te help red? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese goedere en vrye goedere.
(2 x 4) (8)
3.5 Waarom is werkloosheid hoër tydens ʼn resessie? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp Maks. 2
verband hou, te definieer.
• Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Maks. 26
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir die blote lys van
feite.
Gevolgtrekking:
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
● ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
genoem is te herhaal. Maks. 2
● Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
● Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
● ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
● Aanbevelings
TOTAAL 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die onderlinge verband tussen die vier deelnemers aan die
ekonomiese kringloop. (26 punte)
• Evalueer die effek van die COVID-19-pandemie op die BBP-totale.
(10 punte) [40]
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, die verskillende fases in ʼn sakesiklus. (26 punte)
• Hoe kan die sentrale regering sake-aktiwiteit beïnvloed? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014/v1-533c85993a425b7a4f2c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Eng)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e/v1-f9bcd73bb7680b7a7659/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--59363619-8ffa-425f-9efa-c640ecee3237/v1-1d6874f854dba3c1c2ae/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Eng)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278/v1-6a8310de23d28f0b04b4/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8e9cbddd-5194-4162-ae24-6f326b8b49cd/v1-c4028be8bd6ebc8aad24/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Eng)
More from Grade 10 Economics

Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94/v1-5027dac0c665104a0589/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958/v1-558d489c211516dacbc1/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2024 Memo (English)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b/v1-52e7289b8d86e1dff0a2/card.webp)
Memorandum