Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 10202213 pages

Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2022 GRAAD 10 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 1) 13 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C Normatiewe ✓✓ 1.1.2 B produksie ✓✓ 1.1.3 A oordragbetalings. ✓✓ 1.1.4 A LBS. ✓✓ 1.1.5 B samevallende ✓✓ (5 x 2) (10) 1.2 PASITEMS 1.2.1 G Word bepaal deur die vraag en aanbod van arbeid ✓ 1.2.2 A Die gedeelte inkomste wat nie aan goedere en dienste bestee word nie ✓ 1.2.3 F Die faktore van produksie word op hierdie markte verhandel ✓ 1.2.4 B Die potensiële voordele wat ʼn individu misgeloop het wanneer hy een alternatief bo ʼn ander kies ✓ 1.2.5 C Behaal nie prys in die mark nie ✓ 1.2.6 D Glo dat markte inherent onstabiel is, en skommelinge is deel van die manier waarop ʼn markekonomie funksioneer ✓ (1 x 6) (6) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 hulpbronne/produksiefaktore ✓ 1.3.2 lekkasies ✓ 1.3.3 skaarsheid ✓ 1.3.4 trog ✓ (1 x 4) (4) TOTAAL AFDELING A: 20 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING B Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE primêre sektor nywerhede. Landbou ✓, bosbou ✓, jag ✓, visvang ✓, bosbou ✓ en mynbou ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom sal BBP-groei nie noodwendig tot ʼn hoër lewenstandaard vir alle burgers lei nie? Die BBP van ʼn land vertel nie hoe eweredig die inkomste wat tydens produksie verdien word, versprei is nie. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 Datarespons 2.2.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn ekonomiese model. Die Klassieke Model ✓, Die Produksiemoontlikheidsgrensmodel ✓, Die Ekonomiesekringloopmodel, ensovoorts. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.2.2 Watter metode word deur ekonome gebruik om so objektief as moontlik te bly? Die wetenskaplike metode ✓ (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term positiewe stelling. Positiewe stelling is ʼn objektiewe verduideliking wat as waar of onwaar getoets kan word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Hoe help ekonomiese modelle ekonome? ʼn Ekonomiese model word gebruik om te verduidelik of om te voorspel hoe ʼn stel omstandighede sal optree as ʼn veranderlike verander. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.2.5 Waarom is Ekonomie ʼn belangrike vak? • Ekonome verskaf inligting wat die neem van ingeligte besluite binne maatskappye en regerings help. ✓✓ • Ekonomiese kwessies beïnvloed ons daaglikse lewens. Dit sluit kwessies in soos belasting en inflasie, rentekoerse, welvaart, ongelykheid, ontluikende markte, energie en die omgewing. ✓✓ • ʼn Breë vak, Ekonomie bied antwoorde op ʼn reeks gesondheids-, sosiale- en politieke kwessies wat huishoudings en breër gemeenskappe raak. ✓✓ • Firmas van alle groottes en industrieë moet staatmaak op Ekonomie, of dit nou is vir produknavorsing en -ontwikkeling, prysstrategieë of hoe om te adverteer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 Datarespons 2.3.1 Identifiseer die bedryf wat die hoogste groeikoers aangeteken het. Vervoer en kommunikasie ✓ (1) 2.3.2 Watter globale gebeurtenis het bygedra tot die negatiewe groeikoerse in konstruksie? COVID-19 ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk (BBP). Die markwaarde van al die finale goedere en dienste wat mense binne die grense van ʼn land produseer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Hoe trek die plaaslike ekonomie voordeel uit die buitelandse sektor? Geld kom die plaaslike ekonomie binne wanneer goedere en dienste na die buiteland uitgevoer word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Waarom is die BNP van ʼn land nie dieselfde as sy BBP nie? • BNP meet produksie deur die burgers van ʼn land op enige plek in die wêreld. ✓✓ • BBP meet produksie binne ʼn geografiese gebied sonder om na nasionaliteit te kyk. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 2.4 Verduidelik kortliks die verskillende benaderings tot Ekonomie. • Ekonome bestudeer die wêreld rondom hulle en versamel die feite en waarnemings oor hoe mense optree wanneer hulle goedere en dienste produseer, ruil en verbruik. ✓✓ • Ekonome gebruik wat hulle waarneem om teorieë en beginsels te skep. ✓✓ • Hulle: o Maak afleidings deur teorieë op te stel en teen die feite te toets om te sien of ʼn sekere teorie by die feite pas ✓✓ o Induseer teorieë deur feite te verwerk om ʼn teorie te skep ✓✓ o Gebruik ʼn kombinasie van afleiding en induksie ✓✓ • Ekonomie bestudeer hoe mense optree ten opsigte van geld. ✓✓ • Die sogenaamde 'wette' in ekonomie is in werklikheid meer soos algemene stellings as wette. ✓✓ • Ekonome verdeel die studie van Ekonomie in twee hoofareas: Mikro- ekonomie en Makro-ekonomie ✓✓ • Mikro-ekonomie is die studie van individuele verbruikers, huishoudings, maatskappye en ander organisasies en sommige van hul besluite en reaksies. ✓✓ • Mikro-ekonomie kyk byvoorbeeld na die individu se vraag na ʼn sekere produk teen ʼn sekere prys, of hoe individue besluit wat en wanneer om te koop. ✓ • Makro-ekonomie fokus op die ekonomiese gedrag van ʼn gemeenskap. ✓✓ • Voorbeelde van Makro-ekonomie sal die studie van inflasie of ʼn land se ekonomiese groei wees. ✓ • Makro-ekonomie kyk na die algehele ekonomiese gedrag en prestasie van die ekonomie van ʼn land of die wêreld. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) 2.5 Hoe dra inspuitings by tot ekonomiese groei? • Inspuitings vind plaas wanneer nuwe geld by die ekonomie gevoeg word. ✓✓ • Dit verhoog die hoeveelheid geld in omloop. ✓✓ • ʼn Groter voorraad geld maak besteding aan belegging(I), staatsbesteding(G) en verbruikersbesteding(C) moontlik. ✓✓ • Ekonomiese groei word bereken deur die persentasie toename in BBP. BBP(E) word bereken deur G+C+I+(X-M) saam te voeg. ✓✓ • Meer inspuitings sal dus lei tot ʼn groter BBP en ekonomiese groei. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 8) (8) [40] 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE tipes skaarshede. • Absoluut ✓ • Relatief ✓ (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe verander die vlak van ekonomiese aktiwiteite tydens ʼn depressie? Sluiting van besighede ✓✓ Baie lae produksievlakke ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 Datarespons 3.2.1 Noem die skadelike arbeidspraktyk geïllustreer in die prente. Kinderarbeid ✓ (1) 3.2.2 Op watter ouderdom mag ʼn mens wettiglik begin werk? 16 jaar ✓ 3.2.3 Beskryf kortliks die term menseregte. Menseregte is die basiese regte en vryhede wat aan elke persoon in die wêreld behoort, van geboorte tot dood. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Watter effek het armoede op menseregte? • Mense se lewenstandaard word verswak deur ekonomiese kwessies soos armoede wat tot misdaad kan lei. ✓✓ • Ekonomies kwesbare mense word van ekonomiese deelname uitgesluit. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2.5 Hoe kan die regering help om menseregte te beskerm? Deur die wet met howe af te dwing. ✓✓ Deur opvoeding en bewusmakingsveldtogte. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.3 Datarespons 3.3.1 Noem die tipe besoedeling wat hierbo uitgebeeld word. Grondbesoedeling ✓ (1) 3.3.2 Watter tipe plastiek drasakke mag nie meer deur kleinhandelaars gebruik word nie? Dun plastieksakke of plastieksakke laer as 30 mikron. ✓ (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. Besoedeling verwys na die toevoeging van kontaminante (gifstowwe) wat die natuurlike omgewing beskadig. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Hoe benadeel die gebruik van plastiek die omgewing? Plastieksakke ontsier die omgewing/Dit neem baie jare om te ontbind en stel giftige stowwe in die grond, water en lug vry. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe kan die regering ingryp om die omgewing te help beskerm? • Staan eiendomsregte aan die burgers toe sodat hulle die grond kan versorg. ✓✓ • Heffing vir die gebruik van die omgewing, bv. dwing mense om heffings te betaal vir afval wat geproduseer word. ✓✓ • Hef omgewingsbelasting op diegene wat goedere produseer wat eksterne omgewingskoste genereer. ✓✓ • Verskaf omgewingsubsidies aan diegene wat nuwe tegnologie bekendstel wat die aarde red. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese goedere en vrye goedere. Vrye goedere Ekonomiese goedere Hulle het geen ruilwaarde nie Hulle het ʼn ruilwaarde aangesien alhoewel die meeste nut het. ✓✓ verbruikers bereid is om daarvoor te betaal. ✓✓ Die meeste van hulle is gawes van die Hulle word vervaardig deur natuur wat beteken dat hulle natuurlik huishoudings en besighede uit beskikbaar is. ✓✓ skaars hulpbronne. ✓✓ bv., water ✓ bv., ʼn stoel ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (2 x 4) (8) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 3.5 Waarom is die werkloosheidskoers hoër tydens ʼn resessie? • Tydens ʼn resessie is die vraag na goedere en dienste laag. ✓✓ • As gevolg van laer produksievlakke en inkomste kan maatskappye dit nie meer bekostig om al hul werkers in diens te neem nie. ✓✓ • Aangesien maatskappye nie meer al hul werknemers kan bekostig nie, sal hulle hul arbeidsmag moet verminder. ✓✓ • Dit verhoog die aantal werklose mense en die werkloosheidsyfer in die land. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding: Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp Maks. 2 verband hou, te definieer of te omskryf. • Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. • Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Maks. 26 Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir die blote lys van feite. Gevolgtrekking: Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit: ● ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal Maks. 2 ● Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is ● Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk ● ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig ● Aanbevelings TOTAAL 40 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek, in detail, die onderlinge verband tussen die vier deelnemers aan die ekonomiese kringloop. (26 punte) • Evalueer die effek van die COVID-19-pandemie op die BBP-totale. (10 punte) Inleiding Ekonomiese kringloop toon die vloei van goedere, dienste, produksiefaktore, inkomste en uitgawes, en die verhouding tussen die deelnemers in die ekonomie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) Liggaam HOOFDEEL Huishoudings • Huishoudings is die hoof verbruikers van ekonomiese goedere en dienste. ✓✓ • Hulle gebruik hul inkomste om goedere en dienste van besighede te koop. ✓✓ • Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die eienaars van die vier produksiefaktore is. ✓✓ • Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede. ✓✓ • Huishoudings ontvang ʼn vergoeding van die besighede in die vorm van lone, huur, rente en wins. ✓✓ Sakesektor • Besighede koop die produksiefaktore by huishoudings in die faktormark. ✓✓ • Besighede gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer. ✓✓ • Besighede verkoop goedere en dienste aan huishoudings, die regering en die buitelandse sektor. ✓✓ • Besighede ontvang ʼn inkomste van huishoudings, die regering en die buitelandse sektor. ✓✓ Regering • Die staat voorsien die huishoudings en besighede van openbare goedere en dienste. ✓✓ • Bv., paaie, hawens, elektrisiteit, maatskaplike toelaes, hospitale, skole, ens. ✓ • Die regering finansier sy besteding deur huishoudings en besighede te belas. ✓✓ • Die staat ontvang belasting van huishoudings bv. inkomstebelasting. ✓✓ • Die staat ontvang belasting van die sakesektor bv. maatskappybelasting. ✓✓ • Die staat spandeer geld in die ekonomie van goedere en dienste van besighede en salarisse en lone van huishoudings. ✓✓ 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 Buitelandse Sektor • Ingevoerde goedere en dienste vloei uit die buitelandse sektor en word deur die individuele huishoudings, besighede en die openbare sektor aangekoop. ✓✓ • Hierdie invoere kan gesien word as uitgawes van individuele huishoudings, besighede en die openbare sektor. ✓✓ • Daar is ook ʼn vloei van uitgevoerde goedere en dienste na die buitelandse sektor vanaf besighede. ✓✓ • Hierdie uitvoere sal inkomste vir individuele huishoudings, besighede en die openbare sektor tot gevolg hê. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL • BBP is die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die geografiese grense van ʼn land gedurende ʼn bepaalde tydperk. ✓✓ • Die COVID-19-pandemie het direkte impakte op nasionale inkomste veroorsaak as gevolg van voortydige dood, werkplekafwesigheid en vermindering in produktiwiteit. ✓✓ • COVID-19 het ʼn negatiewe aanbodskok geskep, met vervaardigingsproduksie- aktiwiteit wat verlangsaam is as gevolg van wêreldwye voorsieningsketting- ontwrigting en sluiting van fabrieke. ✓✓ • Verbruiksbesteding het afgeneem namate huishoudings hul bestedingsgedrag verander het as gevolg van verminderde inkomste en as gevolg van die vrees en paniek wat met die epidemie gepaard gaan. ✓✓ • Diensbedrywe soos toerisme, restaurante, gasvryheid, hotel en vervoer het aansienlike verliese gely as gevolg van vermindering in reis beide plaaslik en internasionaal. ✓✓ • Maatskappysluitings het groot werkloosheid in die land veroorsaak. ✓✓ • Internasionale reisbeperkings het globale ekonomiese groei belemmer aangesien trekarbeiders ʼn belangrike bydrae tot die arbeidsmarkte gemaak het. ✓✓ • ʼn Afname in die totale vraag na goedere en dienste het plaaslike produksie en maatskappywinste verminder. ✓✓ • BBP het drasties gedaal weens die COVID-19-pandemie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) Gevolgtrekking Die COVID-19-pandemie sal waarskynlik voortgaan om ekonomiese aktiwiteite te ontwrig en die vervaardigings- en diensbedrywe in ontwikkelende lande negatief te beïnvloed. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek, in detail, die verskillende fases in ʼn sakesiklus. (26 punte) • Hoe kan die sentrale regering sake-aktiwiteit beïnvloed? (10 punte) Inleiding • Sakesiklusse verwys na aaneenlopende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese aktiwiteit. ✓✓ (Enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2) Liggaam HOOFDEEL Voorspoedfase • Die voorspoedfase word gekenmerk deur verhoogde ekonomiese aktiwiteite binne ʼn land. ✓✓ • Ekonomiese uitset, indiensneming en lone is geneig om gedurende hierdie fase van die sakesiklus te styg. ✓✓ • Mense se lewenstandaarde is geneig om te verbeter. ✓✓ • Verbruik neem toe aangesien verbruikers meer besteebare inkomste het. ✓✓ • Besighede is geneig om meer winsgewend te wees omdat daar ʼn toename in aanvraag is. Dit lok meer entrepreneurs aan om die mark te betree, en uitset neem toe. ✓✓ • Besighede verhoog hul beleggings gedurende hierdie fase. ✓✓ • Nuwe besighede koop, bou of huur nuwe geboue. Besighede kan ook nuwe takke in ander gebiede byvoeg. ✓✓ • Nuwe en bestaande besighede koop meer masjiene en toerusting om groter hoeveelhede goedere en dienste te produseer. ✓✓ • Tydens die voorspoedsfase is daar ʼn toename in voorraad om verhoogde vraag te bevredig. ✓✓ • Die toename in vraag na goedere skep ʼn toename in die vraag na arbeid. Meer werkers word in diens geneem. Werklose mense begin werk kry. ✓✓ • Die voorspoedfase eindig wanneer die siklus sy hoogtepunt bereik. ✓✓ Resessie • Tydens ʼn resessie neem ekonomiese groei af. Dit word ook negatiewe ekonomiese groei genoem. ✓✓ • Besighede raak pessimisties en verminder hul uitset. ✓✓ • Die indiensnemingskoers neem af namate sommige werkers afgelê word. Dit lei tot ʼn vermindering in inkomste. ✓✓ • Verbruik: Mense het minder geld in hul sakke. Gevolglik verbruik hulle minder. Daarom neem die totale vraag ook af .✓✓ • Reële BBP: Die hoeveelheid goedere en dienste wat geproduseer word, neem af as gevolg van die afname in vraag. Met die afname in uitset neem reële BBP en ekonomiese groei af. ✓✓ 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 1) GRAAD 10 • Besighede is geneig om hul beleggings te verminder. Minder geld word spandeer om kapitaalgoedere aan te koop. ✓✓ • ʼn Resessie eindig met ʼn trog. ✓✓ Depressie • Wanneer ʼn resessie vir ʼn lang tyd voortduur, staan dit bekend as ʼn depressie. ✓✓ • ʼn Depressie is ʼn ernstige vorm van resessie. ✓✓ • Tydens ʼn depressie is daar grootskaalse werkloosheid en ʼn ernstige tekort aan goedere en dienste. ✓✓ • Depressies is skaars omdat regerings stappe doen om te verhoed dat resessies in depressies ontwikkel. ✓✓ Herstel • Tydens ʼn herstel begin die ekonomie weer groei. ✓✓ • ʼn Herstel begin gewoonlik stadig en versnel met die verloop van tyd, ✓✓ • Daar is ʼn geleidelike toename in vraag en in uitset wat uiteindelik tot meer welvaart sal lei. ✓✓ ADDISIONELE DEEL • Die fiskale beleid van die regering kan dien as ʼn stimulus wat gebruik kan word om ekonomiese aktiwiteit aan te spoor. ✓✓ • Dit word deur die regering bewerkstellig deur besteding, vermindering van belastinginkomste, of ʼn kombinasie van die twee. Dit staan bekend as uitbreidende fiskale beleid. ✓✓ • Aan die ander kant kan fiskale beleid ook as ʼn demping dien wat kan lei tot ʼn inkrimping van ekonomiese aktiwiteit. ✓✓ • ʼn Styging in die vlak van belasting is geneig om ekonomiese aktiwiteit te vertraag deur individue se besteebare inkomste te verlaag. ✓✓ • Dit sal waarskynlik veroorsaak dat verbruikers hul besteding aan goedere en dienste verlaag en kan lei tot laer produksievlakke en afname in ekonomiese aktiwiteit. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26) GEVOLGTREKKING • Sakesiklusse is langtermyn neigings en kan van 3 tot 5 jaar of selfs 10 jaar duur en kan deur regeringsbeleid beïnvloed word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100 13

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all