Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2022
GRAAD 10
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2)
18 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b628cefe-9b61-4dc7-8944-b850686ebb13/v1-12ae0cb60614afa71cde/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e/v1-f9bcd73bb7680b7a7659/card.webp)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fa1928c3-3a90-486b-bc62-cc07ef0dce38/v1-bae3e9a3970e11264d2c/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff/v1-a2a9af5a64558783eb27/card.webp)

Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 493.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng June 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
AFDELING A (VERPLIGTEND) 20 PUNTE – 10 MINUTE
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1 1.1.1 C – FNB, Capitec, Nedbank ✓✓
1.1.2 B – die aard van die produk is uniek. ✓✓
1.1.3 C – produksiemoontlikheidskromme ✓✓
1.1.4 C – maksimum prys ✓✓
1.1.5 D – Wetgewing ✓✓
(5 x 2) (10)
1.2 PAS KOLOMME
1.2.1 D✓
1.2.2 A✓
1.2.3 F✓
1.2.4 B✓
1.2.5 E✓
1.2.6 C✓
(6 x 1) (6)
1.3 IDENTIFISEER DIE TERM
1.3.1 Prys ✓
1.3.2 Komplimentêre goedere✓
1.3.3 Openbare goedere ✓
1.3.4 Subsidies ✓
(4 x 1) (4)
TOTAAL AFDELING A: 20
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die volgende twee vrae.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE vereistes vir die vestiging van ʼn mark.
• Ten minste een koper en een verkoper ✓
• Verkopers moet goedere of dienste hê om te verkoop en moet
bereid wees om te verkoop ✓
• Kopers moet die middele hê om vir goedere te betaal ✓
• Daar moet ooreenkoms wees oor die prys en hoeveelheid tussen
die koper en verkoper✓
• Transaksie moet volgens wette geformaliseer word ✓ (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe baat ʼn besigheid deur ʼn minimum prys?
• Teen ʼn hoër prys sal besighede groter winste maak. ✓✓
• Minimum pryse sal lei tot ʼn toename in produksie/aanbod van die
produkte. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
2.2 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
160
140
120
TOTALE NUT
TOTAL UTILITY
100
80
60
40
20
0
1 2 3 4 5 6
QUANTITY
HOEVEELHEID OF CHOCOLATRE BARS
SJOKOLADESTAFIES
2.2.1 Verskaf die grafiek met ʼn toepaslike opskrif.
• Totale nut grafiek van sjokoladestafies✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (1)
2.2.2 Identifiseer die sjokoladestafie met ʼn marginale nut van "0".
• Sjokoladestafie nommer 5 ✓ (1)
2.2.3 Wat behels die wet van dalende marginale nut ?
• Die wet van dalende marginale nut verklaar dat namate verbruik
toeneem, die marginale nut afneem. ✓✓ (2)
2.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die nut en vraag van ʼn produk.
• Hoe groter die bevrediging wat verkry word deur ʼn produk te
verbruik, hoe groter is die vraag en omgekeerd. ✓✓ (2)
2.2.5 Onderskei tussen nut en marginale nut.
• Nut is die bevrediging verkry uit die verbruik van ʼn produk/die krag
of vermoë van ʼn produk om ʼn behoefte te bevredig.✓✓
• Marginale nut is die bykomende bevrediging verkry uit die verbruik
van ʼn bykomende eenheid van ʼn produk of diens op ʼn sekere
tyd. ✓✓ (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
2.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME
500
A C
470
APPELS
300
B
D
260
0
300 450 550
PIESANGS
2.3.1 Hoeveel piesangs kan by punt D geproduseer word?
• 450 ✓ (1)
2.3.2 Identifiseer die punt van ondoeltreffendheid.
• B✓ (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term produksiemoontlikheidskromme.
• Die PMK toon alle moontlike kombinasies van goedere wat met ʼn
gegewe stel hulpbronne geproduseer kan word. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Waarom is dit nie moontlik om by punt C te produseer nie?
• Skaarsheid✓✓
• Tekort aan hulpbronne ✓✓
• Punt is buite die PPC ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
2.3.5 Bereken die geleentheidskoste as produksie van punt A na punt D
verskuif. Toon die berekeninge.
• Die verskuiwing van produksie van A na D beteken dat ons die
produksie van appels moet opoffer. ✓✓
• A = 470 appels D = 260 appels
= 470 – 260
= 210 appels ✓✓ (4)
2.4 Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van volmaakte markte.
• Daar is ʼn groot aantal kopers en verkopers sodat niemand die markprys
met hul gedrag kan beïnvloed nie. ✓✓
• Kopers en verkopers het volle kennis en inligting oor marktoestande. ✓✓
• Daar is geen hindernisse vir toegang en uitgang nie, kopers en verkopers is
vry om die mark te verlaat of te betree. ✓✓
• Alle goedere of dienste in die mark is identies of homogeen. ✓✓
• Daar is geen regeringsinmenging in die mark om pryse te beïnvloed nie.
✓✓
• Daar is geen samewerking tussen verkopers nie (geen samespanning nie).
✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.) (8)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
2.5 Teken ʼn grafiek en verduidelik die effek as die regering ʼn maksimum prys
op ʼn produk stel.
A Puntetoekenning
V
Ekwilibrium = 1 punt
VV = 1 punt
AA = 1 punt
Maksimum prys = 1 punt
Maks. 4
P
PrYS
P1 Maksimum prys
A Tekort
V
Q1 Q Q2
Hoeveelheid
• Soms sal die regering die prys van ʼn goedere of diens op ʼn maksimum vlak
stel wat onder die markprys is. ✓✓
• Die regering gryp in en aanvaar ʼn wet dat verskaffers nie meer as die
maksimum prys mag hef nie. ✓✓
• Die onmiddellike effek is dat die hoeveelheid aanbod sal daal. ✓✓
• Die tekort wat deur die prys plafon veroorsaak word, skep ʼn probleem van
hoe om die goedere toe te ken sedert die vraag toegeneem het. ✓✓
• Swart markte begin ontwikkel. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)
(Maksimum 4 punte vir verduideliking.) (8)
[40]
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Gee enige twee voorbeelde van geografiese markte.
• Plaaslike markte ✓
• Streeksmarkte ✓
• Nasionale markte ✓
• Wêreldmarkte ✓
(Enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat word met produksie ondoeltreffendhede bedoel?
• As minder geproduseer word as wat moontlik is met die bestaande
hulpbronne, word dit ondoeltreffendhede genoem. ✓✓
• Vervaardiging onder die produksiemoontlikheidskromme (PMK). ✓✓
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Ek besit die enigste
kruidenierswinkel in
die dorp!
Nog ʼn prysverhoging
word ingestel vir
elektrisiteit.
3.2.1 Watter tipe markstruktuur word in die spotprent hierbo
geïllustreer?
• Onvolmaakte mark/Monopolie ✓ (1)
3.2.2 Gee EEN voorbeeld van so ʼn markstruktuur in Suid-Afrika.
• Eskom/Transnet/Poskantore in Suid-Afrika/SAL/DENEL ✓
(Aanvaar enige korrekte, relevante voorbeelde.) (1)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
3.2.3 Beskryf kortliks die term monopolie.
• Daar is slegs een verskaffer van ʼn produk en daar is geen manier
dat verbruikers iets anders vir daardie produk kan vervang nie,
aangesien dit uniek is. ✓ (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks heterogene produkte as ʼn kenmerk van ʼn
monopolie.
• Die produkte in die mark verskil van mekaar. ✓✓ (2)
3.2.5 Hoe kan meer kruidenierswinkels in die dorp verbruikers
bevoordeel?
• Die kwaliteit en diens van die produk sal verbeter as gevolg van
mededinging. ✓✓
• Die aanbod van die produk sal toeneem as gevolg van verhoogde
mededinging. ✓✓
• As gevolg van ʼn toename in die aanbod van die produk, sal
verbruikers laer pryse betaal. ✓✓
• ʼn Verskeidenheid van die produk sal verkoop word. ✓
• Dit verlaag die moontlikheid van samespannings. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante, korrekte antwoord.) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
3.3 Bestudeer die volgende beeld en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Google beelde/VectorStock/27422520]
3.3.1 Identifiseer die belasting wat van toepassing is op die produkte in
die beeld.
• Aksynsbelasting/Sondebelasting ✓ (1)
3.3.2 Noem enige ander voorbeeld van indirekte belasting.
• BTW✓
• Invoer belasting/Doeane belasting ✓
• Seël belasting ✓
• Hereregte ✓
(Aanvaar ander korrekte voorbeelde.) ✓ (1)
3.3.3 Wat word bedoel met direkte belasting?
• Belasting wat gehef word op die inkomste van individue en die
winste van besighede ✓✓ (2)
3.3.4 Verduidelik kortliks waarom die regering belasting op produkte
soos alkohol en sigarette sal hef.
• Om inkomste vir die staat in te samel ✓✓
• Om verbruik te verminder deur verbruikersgedrag te beïnvloed/Om
die verbruik van skadelike produkte soos sigarette, alkohol, ens te
verminder. ✓✓ (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
3.3.5 Gebruik ʼn grafiek, verduidelik hoe ʼn toename in indirekte belasting
die prys van produkte sal beïnvloed.
Prys
A1 ✓✓ Verskuiwing in aanbodkromme
A
Styging in prys as gevolg van ʼn
P toename in indirekte belasting ✓✓
V
Q
Hoeveelheid
(4)
3.4 Bespreek die eienskappe van onverskilligheidskrommes.
• Altyd afwaarts-skuins/negatief skuins – Wanneer die hoeveelheid van een
produk toeneem, moet die ander afneem, aangesien die kromme al die
kombinasies verteenwoordig wat dieselfde nut gee. Die gradiënt van die
helling toon die marginale tempo van tevredenheid. ✓✓
• Hoër onverskilligheidskrommes word verkies – Daar is baie verskillende
kombinasies van die verbruiker se keuse tussen die twee produkte. Hoe
verder die kromme van die oorsprong van die grafiek is, hoe groter is die
bevrediging verkry. ✓✓
• Hulle buig na binne (konveks) – Die helling van ʼn onverskilligheidskromme
verteenwoordig die marginale substitusiekoers. Dit is die koers waarteen
die verbruiker een produk verhandel (waarvan hulle ʼn groter hoeveelheid
het) vir die ander produk (waarvan hulle ʼn kleiner aanbod het). ✓✓
• Moenie oorsteek of aanraak nie – Aangesien alle punte op die kromme
dieselfde nut verteenwoordig, en alle kombinasies van twee goedere op ʼn
spesifieke kromme dieselfde bevrediging aan die verbruiker sal lewer,
beteken dit dat alle punte altyd dieselfde bevrediging sal gee. Dit is dus
onmoontlik vir die verbruiker om onverskillig te wees.✓✓
• Verskillende gevormde krommes van verbruiker tot verbruiker – ʼn
Onverskilligheidskromme weerspieël slegs die voorkeure en nut wat die
individuele verbruiker verkry. ✓✓
(Maks. 4 punte vir die lys van feite sonder bespreking.) (8)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
3.5 Hoe kan die regering verbruikers teen uitbuiting deur onvolmaakte markte
beskerm?
• Die regering kan die heffing van abnormale pryse ondersoek en boetes oplê
aan maatskappye wat geraak word. ✓✓
• Die regering kan prysvasstelling deur oligopoliste ondersoek en boetes
daarop oplê. ✓✓
• Wette kan aangeneem word wat mededinging aanmoedig en goedere
bekostigbaar maak. ✓✓
• Die regering kan inligting verskaf oor pryse van goedere en dienste waar
inligting onvolledig is./Die regering kan inligtingsdienste aan besighede
verskaf ✓✓soos tegniese advies, inligting oor markte, ens. ✓
• Deur die mededingingsbeleide kan die regering onwettige samesmelting
van groot sakeondernemings voorkom. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ʼn laer-orde respons.
• ʼn Goeie beginpunt sou wees om ʼn sleutelkonsep te definieer wat in Maks. 2
die vraag verskyn.
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie.
Liggaam:
Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
Debatteer.
Addisionele deel: Gee eie mening /Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Maks. 10
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/
Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/Evalueer
Gevolgtrekking:
Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• ʼn Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
reeds in die liggaam genoem is, te herhaal Maks. 2
• Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek word
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
• ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL 40
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek, in detail, prysvorming onder die volgende opskrifte:
o Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
o Verandering in vraag en aanbod
Gebruik volledig benoemde grafieke. (26 punte)
• Na jou mening, waarom word subsidies deur die regering aan die
verskillende rolspelers in die ekonomie gegee. (10 punte) [40]
INLEIDING
Die prys van ʼn goedere of ʼn diens is gebaseer op die verhouding tussen die vraag en
aanbod daarvan. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2 punte) (2)
HOOFDEEL
Mark ewewig/ekwilibrium
• Die mark wil nie ʼn ooraanbod van goedere hê nie, aangesien daar dan
vermorsing sal wees.✓✓
• Die mark wil ook nie ʼn onderaanbod van goedere hê nie, aangesien
maatskappye geleenthede sal misloop. ✓✓
• Die beste plek om te bedryf is waar die hoeveelheid wat gevra word, gelyk is aan
die hoeveelheid wat deur die maatskappye aangebied word. ✓✓
• Die ewewigsprys is die prys waarteen vraag en aanbod dieselfde is.✓✓
• Die ewewigshoeveelheid is wanneer die hoeveelheid goedere wat aangebied
word, gelyk is aan die hoeveelheid wat gevra word.✓✓
• Ewewig bestaan waar die aanbodkromme en die vraagkromme kruis.✓✓
Prys
S
P1 Mark Ekwilibrium
D
Hoeveelheid/x-as 1 punt
Prys/y-as 1 punt
H Hoeveelheid Ewewig punt 2 punte
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
Verandering in vraag
• Daar is verskeie faktore wat die vraag na ʼn produk kan beïnvloed ✓✓
• Verandering in inkomste ✓✓
• ʼn Verandering in tendense of mode ✓✓
• Suksesvolle advertensieveldtogte ✓✓
• Bevolkings- of markgroei ✓✓
• Verandering in ekonomiese klimaat, byvoorbeeld ʼn resessie of ʼn
oplewingsfase ✓✓
• ʼn Verandering in die prys van plaasvervanger produkte ✓✓
• ʼn Verandering in die prys van aanvullende produkte ✓✓
V1
V A
P1
P
Hoeveelheid/x-as 1 punt
Prys/y-as 1 punt
H H1 Verandering in vraag 2 punte
• Die vraagkromme sal op en na regs beweeg, wat sal veroorsaak dat die ewewig
verander. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 8 punte)
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
Verandering in aanbod
• Daar is verskeie faktore wat ʼn verandering in die aanbod van ʼn produk kan
beïnvloed.✓✓
• Verandering in bedryfsgrootte✓✓
• ʼn Verandering in produksietegnieke wat produsente in staat sal stel om meer te
produseer.✓✓
• Die koste van produksie: as dit verhoog, sal die bedrag wat geproduseer word,
afneem✓✓
• ʼn Toename in die prys van mededingende goedere✓✓
• Regeringsbeleid, byvoorbeeld ʼn toename in belasting✓✓
• Natuurlike faktore soos droogtes of vloede✓✓
Prys
A
A1
P
P1
V Hoeveelheid/x-as 1 punt
H H 1 Prys/y-as 1 punt
Hoeveelheid Verandering in vraag 2 punte
• Die vraagkromme sal af en na regs beweeg, wat die ewewigspunt sal laat
beweeg.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 8 punte)
(26 punte)
ADDISIONELE DEEL
• Subsidies is betalings wat deur die regering gemaak word om die produksie of
gebruik van ʼn spesifieke produk te bevorder.✓✓
• Subsidies word aan produsente gegee om beginnerondernemings in die vroeë
stadiums aan te moedig wanneer hulle nie kan meeding nie.✓✓
• Subsidies help om werk en entrepreneurskap te bevorder.✓✓
• Subsidies help produsente om meer produkte te produseer, soms vir buitelandse
markte.✓✓
• Subsidies aan verbruikers word gegee om armer mense te bevoordeel,
aangesien die subsidie die prys verlaag.✓✓
• Subsidies moedig die gebruik van ʼn spesifieke produk of diens aan, byvoorbeeld
vervoersubsidies.✓✓
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
SLOT
(Aanvaar enige relevante hoë-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2 punte)
[40]
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek die redes vir, en die impak van minimum lone op die vraag en
aanbod in die arbeidsmark. (26 punte)
• Gee aanbevelings aan die regering oor hoe hulle markmislukking kan
voorkom. (10 punte) [40]
INLEIDING
Minimum loon is die laagste loon wat ʼn werkgewer toegelaat word om ʼn werker per
maand te betaal.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2 punte)
HOOFDEEL
Redes vir minimum lone
• Minimum lone word ingestel om te verseker dat die lewenstandaard van die
mense wat die laagste lone verdien, nie deur werkgewers uitgebuit word nie. ✓✓
• Minimum lone verminder die uitbuiting van laer betaalde werkers.✓✓
• Minimum lone verminder inkomsteongelykheid deur inkomste van lae-inkomste
huishoudings te verhoog.✓✓
• Minimum lone keer die gevolge van werkgewerdiskriminasie om.✓✓
• Minimum lone moedig meer mense aan om die arbeidsmag te betree.✓✓
• Minimum lone verminder die las op die staat om maatskaplike toelaes te
betaal.✓✓
Impak van minimum lone
• Minimum lone sal veroorsaak dat ʼn oorskot van arbeid in die mark aangebied
word.✓✓
• Die hoeveelheid arbeid wat verskaf word, sal groter wees as die hoeveelheid wat
gevra word.✓✓
• Die loonkoers styg in die mark tot bo die ewewigspunt.✓✓
• Mense word ʼn billike loon vir hul dienste betaal.✓✓
• Daar is ʼn daling in die vraag na arbeid as gevolg van hoër lone.✓✓
• Werkloosheid sal dus toeneem.✓✓
• Daar is ʼn risiko van hoër looninflasie as gevolg van maatskappye wat hul
verkoopprys moet verhoog om aan te pas by hoër lone.✓✓
• Skade aan die mededingendheid van sommige besighede as gevolg van die hoër
produksiekoste.✓✓
• Vryemark-ekonome glo dat ʼn minimum loon kunsmatige voorstellings skep in die
manier waarop die arbeidsmark werk.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.) (Maks. 26 Punte)
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(Vraestel 2) GRAAD 10
ADDISIONELE DEEL
• Die regering kan daardie goedere en dienste verskaf, soos openbare goedere
(bv. elektrisiteit, skole, hospitale en vullisverwydering) wat te duur kan wees vir
die markmeganisme om te voorsien. ✓✓
• Die regering kan wetgewing implementeer wat mededinging aanmoedig en hoë
pryse verbied. ✓✓
• Die verkoop van sekere produkte (bv. sigarette en alkohol) aan kinders kan
verbied word. ✓✓
• Die regering kan werknemers beskerm deur maksimum werksure in te stel en ʼn
minimum loon vir sekere werksgeleenthede in te stel. ✓✓
• Hulle kan kwessies van inkomste-ekwiteit en regverdigheid in die werkplek
aanspreek deur beleide soos regstellende aksie of ekonomiese
bemagtiging. ✓✓
• Die regering kan sy begroting gebruik om die manier waarop huishoudings en
maatskappye hul hulpbronne gebruik, te beïnvloed. ✓✓
• Hulle kan indirekte belasting verhoog op produkte soos drank en sigarette wat
mense sal dwing om minder te koop en eerder meer geld aan ander
noodsaaklikhede te spandeer.✓✓
• Subsidies of belastingverligting kan aan sekere maatskappye verskaf word. ✓✓
• Hulle kan maatskaplike toelaes aan sekere individue aanpas. ✓✓
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks. 10 punte)
GEVOLGTREKKING
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2 punte)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 100
18
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b628cefe-9b61-4dc7-8944-b850686ebb13/v1-12ae0cb60614afa71cde/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 2 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e/v1-f9bcd73bb7680b7a7659/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)
%20June%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826/v1-d1c56c105652ccf57e8b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 Paper 1 Gauteng June 2022 Memo (English)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912/v1-af38c5608b114b94656b/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)
%20November%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--fa1928c3-3a90-486b-bc62-cc07ef0dce38/v1-bae3e9a3970e11264d2c/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 Memo (English)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3/v1-56a0c523d3c9c11bb0ae/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 10 Economics

Question paper
Economics Grade 10 P2 November Mock 2026 QP (Eng)

Annual teaching plan
Gr 10 Eco ATP 2023 24

Question paper and memo
Economics Grade 10 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7/v1-4c0475169b2ed69e075d/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff/v1-a2a9af5a64558783eb27/card.webp)
Question paper
Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper