Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V1
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye,
'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
/Accounting%20GR%2012%20Exam%20Guidelines%202021%20Afr--01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f/v1-d3070f444946ccbb6e28/card.webp)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 602.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2020
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
Staat van Omvattende Inkomste en
1 60 45
Behoue-inkomste-nota
Finansiële Aanwysers en
2 40 30
Kontantvloeistaat
3 Vertolking van Finansiële State 35 30
4 Korporatiewe bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEHOUE-INKOMSTE-
NOTA (60 punte; 45 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Victoria Beperk vir die jaar geëindig
30 Junie 2020. Die maatskappy verkoop en herstel twee tipes yskaste: die Icekool- en
die Freezo-modelle.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B(a):
Bereken:
Totale waardevermindering vir die jaar (7)
Wins/Verlies met verkoop van vaste bate (2)
1.2 Verwys na Inligting B(d):
Bereken die verlies op die Icekool-yskaste wat in die brand vernietig is. (5)
LET WEL: Die betrokke bedrae uit VRAAG 1.1 en 1.2 moet ook in die finansiële staat
of nota aangeteken word.
1.3 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar
geëindig 30 Junie 2020. (35)
1.4 Stel die Behoue-inkomste-nota tot die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat) op. (11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
A. Die volgende saldo's/totale, onder andere, het op 30 Junie in die boeke
verskyn:
2020 2019
Balansstaatrekeninge-afdeling R R
Gewone aandelekapitaal 10 150 000 10 500 000
Behoue inkomste ? 3 200 000
Verbandlening: Silver Bank 1 984 000 2 300 000
Voertuie 4 220 000
Toerusting 968 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 1 325 000
Opgehoopte waardevermindering op
? 327 000
toerusting
Vaste deposito: JM Bank 1 520 000
Handelsvoorraad 1 657 500
Debiteurekontrole 2 740 000
Aandeelhouers vir dividende ? 427 500
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige
120 000
betalings)
Krediteurekontrole 652 000
Nominalerekeninge-afdeling
Verkope 12 945 000
Koste van verkope ?
Salarisse en lone 2 740 000
Ouditfooie 356 000
Diverse bedryfsuitgawes 252 500
Direkteursgelde 1 279 000
Diensgeld-inkomste 3 400 000
Verbruiksgoedere 815 800
Oninbare skulde 196 000
Advertensies (slegs Protea TV) 123 200
Rente op beleggings 165 000
Dividende op gewone aandele 675 000
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(a) Geen inskrywings is vir waardevermindering en die verkoop van die vaste
bate gedoen nie.
Voertuie word teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
verminder (gedepresieer).
Toerusting word teen 15% p.j. op kosprys verminder (gedepresieer). Let
daarop dat toerusting op 31 Januarie 2020 verkoop is. Besonderhede is
soos volg:
Kosprys R40 000
Opgehoopte waardevermindering op 1 Julie 2019 R18 000
Verkoopprys R22 500
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2020
NSS
(b) Twee direkteure, Hlophe en Frey, verdien direkteursgelde.
Frey se fooie is nie ten volle aan hom betaal nie, aangesien huur deur
hom aan die maatskappy verskuldig is. Geen inskrywing is al vir die huur
gemaak nie.
Frey het sedert 1 Desember 2019 'n gedeelte van die maatskappy se
eiendom vir persoonlike gebruik gehuur. Die maandelikse huur van
R13 000 moet verreken word teen die direkteursgelde wat nog aan hom
verskuldig is.
(c) 'n Inskrywing van R28 800 is gemaak vir verbruiksgoedere wat op
27 Junie 2020 aan 'n krediteur teruggestuur is. Die kredietnota van die
krediteur toon 'n bedrag van slegs R21 600. Die kredietnota is korrek, maar is
nog nie opgeteken nie. Verbruiksgoedere voorhande aan die einde van die
jaar is R18 000.
(d) Yskaste word volgens die spesifieke identifikasiemetode gewaardeer. Geen
inskrywing is gemaak ten opsigte van 'n brand wat in die stoorkamer
plaasgevind het nie. 'n Aantal Icekool-yskaste is vernietig en die
versekeringsmaatskappy sal 80% van die kosprys van hierdie yskaste
uitbetaal. Die voorraadrekord is soos volg:
KOSTE AANTAL
BEGIN- EIND-
MODEL AANKOPE PER EENHEDE
VOORRAAD VOORRAAD
EENHEID VERKOOP
1 300 275
Icekool 200 eenhede 1 400 eenhede R3 500
eenhede eenhede
Freezo 0 640 eenhede R6 750 550 eenhede 90 eenhede
(e) Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 60% op die kosprys van die
yskaste. Handelskortings, ten bedrae van R275 000, is op die verkoop van
Freezo-yskaste toegestaan en is geboekstaaf.
(f) R32 400 van die boedel van 'n insolvente debiteur is in die bankrekening van
die onderneming gedeponeer. Dit verteenwoordig 75 sent in die rand. Die
balans van sy rekening moet afgeskryf word.
(g) Protea TV is gekontrakteer om 'n advertensie te vervaardig en om dit vir die
tydperk 1 September 2019 tot 31 Augustus 2020 teen 'n vaste maandelikse
tarief uit te saai.
Die bedrag wat aan Protea TV betaal is, sluit 'n eenmalige bedrag van
R26 000 in wat in Augustus 2019 vir die vervaardiging van die video betaal is.
Die oorblywende bedrag dek die maandelikse advertensies op TV vir die
12 maande wat op 1 September 2019 begin.
(h) Maak voorsiening vir rente op die verbandlening. Die staat wat van Silver
Bank ontvang is, dui maandelikse terugbetalings van R48 500 aan. Dit sluit
gekapitaliseerde rente in.
(i) Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins.
(j) Aandelekapitaal en dividende:
50 000 aandele is op 31 Maart 2020 teen R9,60 elk teruggekoop. Hierdie
aandele kwalifiseer nie vir finale dividende nie.
Geen nuwe aandele is in die huidige finansiële jaar uitgereik nie.
1 450 000 aandele is reeds op 30 Junie 2020 uitgereik.
Tussentydse dividende is op 31 Desember 2019 betaal.
Finale dividende van 56c per aandeel is op 30 Junie 2020 verklaar.
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
(40 punte; 30 minute)
2.1 Vier state/verslae word verskaf as opsies waarin elk van die volgende items sal
verskyn. Kies die finansiële staat/verslag en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
A Kontantvloeistaat
B Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)
C Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat)
D Direkteursverslag
2.1.1 Verbale verduideliking van die aktiwiteite van 'n maatskappy vir die
afgelope jaar
2.1.2 Oninbare skulde ingevorder
2.1.3 Netto boekwaarde van vaste bates (3 x 1) (3)
2.2 ORANGE BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2020:
Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
Verdienste per aandeel (VPA) (4)
Dividenduitbetalingskoers (3)
% opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB) (4)
2.2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat op 29 Februarie 2020.
Alle kontantuitvloeiings moet tussen hakies getoon word om volpunte
te verdien. (23)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat op 29 Februarie 2020:
Waardevermindering R 234 000
Rente-uitgawe 126 000
Inkomstebelasting 415 200
Netto inkomste na belasting 968 800
B. Uittreksel uit die Balansstaat:
29 Februarie 2020 28 Februarie 2019
Vaste bates (drawaarde) R 9 528 300 R 8 320 300
Vaste deposito's 100 000 500 000
Bedryfsbates 1 002 000 755 000
Kontant en
56 500 5 000
kontantekwivalente
Oortrokke bank 0 220 000
Aandeelhouersbelang 8 980 300 7 411 500
Gewone aandelekapitaal 8 281 000 7 200 000
Behoue inkomste 699 300 211 500
Lening: BB Bank 900 000 1 200 000
Bedryfslaste 750 000 963 800
SAID: Inkomstebelasting 4 500 Dt 23 800 Kt
Aandeelhouers vir dividende 120 000 160 000
C. Vaste bates:
Ou toerusting is teen drawaarde verkoop, R48 000.
Aanbouings by die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi.
D. Aandelekapitaal:
Die gewone aandelekapitaal het op 1 Maart 2019 uit 800 000 gewone
aandele bestaan. 'n Verdere 200 000 aandele is op hierdie datum uitgereik.
Op 29 Februarie 2020 het die maatskappy 90 000 aandele teruggekoop teen
R81 000 meer as die waarde van die aandele, gebaseer op die gemiddelde
aandeleprys van R9,10 per aandeel. Hierdie aandeelhouers kwalifiseer vir
finale dividende.
E. Dividende en verdienste:
29 Februarie 2020 28 Februarie 2019
Interim/Tussentydse dividende 28 sent 60 sent
Finale dividende 12 sent 20 sent
Verdienste per aandeel ? 94 sent
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 3: INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE STATE (35 punte; 30 minute)
Jy word voorsien van inligting van Solar-Style Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2020. Die onderneming verskaf sonpanele aan huishoudings om hulle
elektrisiteitsverskaffing aan te vul.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf in ELKE geval syfers, finansiële aanwysers of berekeninge om jou
kommentaar en verduidelikings te staaf.
3.1 Solvensie en likiditeit:
3.1.1 Lewer kommentaar op die solvensie van die maatskappy. Haal EEN
finansiële aanwyser met syfers aan. (2)
3.1.2 Verduidelik waarom die direkteure met die verandering in die likiditeit van
die maatskappy tevrede is. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers
aan. (4)
3.2 Verdienste, opbrengs en aandeleprys op die JSE:
3.2.1 Lewer kommentaar op die % opbrengs en verdienste per aandeel van die
maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4)
3.2.2 Lewer kommentaar op die aandeleprys op die JSE en hoe die %
opbrengs en verdienste per aandeel die aandeleprys beïnvloed het. Haal
syfers aan. (4)
3.3 Hefboomverhouding:
Verduidelik hoe die lening die risiko en finansiële hefboom beïnvloed het en of dit
'n goeie idee was, of nie, om die lening te verhoog. Haal TWEE finansiële
aanwysers met syfers aan. (7)
3.4 Aandeelhouding:
Verwys na Inligting D.
Die direkteure het besluit om aan die bestaande aandeelhouers een aandeel vir
elke vyf aandele wat hulle op 1 September 2019 besit het, teen 'n prys van R6,50
elk aan te bied. Allen Mbatha besit tans 45% van die aandele van Solar-Style
Bpk. Allen was een van die min aandeelhouers wat besluit het om hierdie aanbod
te aanvaar.
3.4.1 Verduidelik hoe Allen se besluit sy % aandeelhouding beïnvloed het.
Verskaf 'n berekening om jou verduideliking te staaf. (4)
3.4.2 Gee TWEE redes waarom Allen dalk hierdie besluit geneem het. (4)
3.5 Dividende:
3.5.1 Een van die direkteure voel dat die dividenduitbetalingskoers (%)
konstant moes gebly het. Gee EEN moontlike rede (met syfers) vir haar
mening. (3)
3.5.2 Verwys na inligting E.
Verduidelik (met syfers) waarom een van die aandeelhouers,
Erna Naidoo, voel dat die dividende wat sy in Solar-Style Bpk. verdien,
nie so goed is soos dié wat sy in Netgen Bpk. verdien nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Finansiële State:
29 Februarie 28 Februarie
2020 2019
Netto wins na belasting R 203 000 R 636 300
Nie-bedryfslaste:
3 500 000 2 000 000
Lening van Credbank
B. Finansiële aanwysers bereken:
29 Februarie 28 Februarie
2020 2019
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,4 : 1 0,3 : 1
Vuurproefverhouding 0,8 : 1 2,6 : 1
Totale bates tot totale laste 2,0 : 1 5,0 : 1
Voorraadomsetsnelheid 6 keer 3 keer
Verdienste per aandeel (VPA) 72 sent 96 sent
Dividende per aandeel (DPA) 48 sent 48 sent
Dividenduitbetalingskoers 67% 50%
% opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB) 5,3% 8,7%
% opbrengs op totale kapitaal aangewend
6,2% 11,6%
(OOTKA)
Netto batewaarde per aandeel (NBW) 877 sent 912 sent
C. Addisionele inligting:
29 Februarie 28 Februarie
2020 2019
Markprys van aandele op JSE 840 sent 920 sent
Rentekoers op beleggings 6,5% 6,5%
Rentekoers op lenings 10,5% 12,0%
D. Aandeelhouding van Allen Mbatha in Solar-Style Bpk.:
Aantal aandele Prys per aandeel
Totale Solar-Style Bpk. aandele uitgereik:
Op 28 Februarie 2019 800 000 aandele
Op 29 Februarie 2020 900 000 aandele
Aandele deur Allen gekoop
Op 1 Maart 2015 360 000 aandele 650 sent
Op 1 September 2019 ? 650 sent
E. Aandeelhouding van Erna Naidoo in twee maatskappye:
Solar-Style Bpk. Netgen Bpk.
Dividende per aandeel vir 2020 36 sent 28 sent
Prys wat sy vir haar aandele betaal het 820 sent 400 sent
Aantal aandele besit 30 000 aandele 30 000 aandele
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
4.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
eksterne ouditeure; interne ouditeure; aandeelhouers; direkteure
4.1.1 Hulle rol is om alle aspekte van die maatskappy se aktiwiteite te bestuur
en beheer.
4.1.2 Hulle rol is om 'n onbevooroordeelde mening oor die betroubaarheid
van die inligting in die finansiële state uit te spreek.
4.1.3 Hulle rol is om die interne beheermaatreëls in 'n maatskappy op 'n
deurlopende basis te assesseer. (3 x 1) (3)
4.2 ELECTRONIC BPK.
Die inligting het op Electronic Bpk. betrekking. Electronic Bpk. het die laaste
paar maande negatiewe publisiteit in die nasionale koerante gekry.
'n Aandeelhouer, Quinton Miller, is bekommerd oor moontlike korrupsie in
hierdie maatskappy.
GEVRA:
4.2.1 Verduidelik, in jou eie woorde, hoekom jy met die uittreksel hieronder,
wat in 'n plaaslike koerant verskyn het, saamstem of nie. Noem TWEE
verskillende punte.
Volgehoue (Deurlopende) korrupsie, bedrog en wanbestuur sal nie by 'n
genoteerde maatskappy plaasvind nie, tensy daar onwettige of
kriminele (oneerlike) samewerking aan die kant van die direksie en die
ouditeure is.
[Aangehaal uit @TheJaundicedEye, Independent, Saterdag 7 Maart 2020] (4)
4.2.2 Verwys na die inligting op die volgende bladsy.
Verduidelik TWEE punte om moontlike korrupsie vir ELK van die
volgende probleme te bewys. Haal syfers of berekeninge aan.
Probleem 1: Betaling van direkteursgelde (4)
Probleem 2: Beheer en produktiwiteit van ander werknemers (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 11 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
Inligting geïdentifiseer uit die boeke van die maatskappy
LET WEL: Randbedrae word in miljoene uitgedruk.
%
29 Februarie 2020 28 Februarie 2019
verandering
Direkteursgelde:
Hoof uitvoerende beampte 1 R11,2 m. R6,5 m.
72%
(HUB)
Hoof finansiële beampte 1 R9,9 m. R5,8 m.
72%
(HFB)
Ander voltydse direkteure 12 8,3% R39,0 m. R36,0 m.
Ander werknemers:
Aantal werknemers 19% 570 werknemers 480 werknemers
Salarisse en lone 22% R91,0 m. R74,4 m.
Algemene inligting:
Bruto wins 11% R289,0 m. R260,0 m.
Bedryfswins (20%) R61,0 m. R76,2m.
Bedryfswins per werknemer (50%) R0,1 m. R0,2 m.
Netto wins (21%) R41 m. R52 m.
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1 DBE/November 2020
NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
/Accounting%20GR%2012%20Exam%20Guidelines%202021%20Afr--01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f/v1-d3070f444946ccbb6e28/card.webp)
Study guide
Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Addendum (Afrikaans)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum