Via Afrika
Graad 12 Onderwysersgids
Afrikaans Eerste
Moet nooit ‘n leerder onderskat nie – geen leerder Addisionele Taal
nie. Daar is eindelose moontlikhede in elke enkele
leerder wat ek al onderrig het.
Graad 12 Studiegids
— Veronica Williams, Onderwyser R. Hugo, P. McAvoy, A. Stanley, M. Struwig, A. Theron
Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die
Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal
onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons
bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik. Ons is trots dat ons jou kan help om hierdie vak suksesvol
aan te bied. Hier volg ’n paar kenmerke van hierdie nuwe reeks:
1. Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. Kyk op bladsy 4 hoe
ons aan die vereistes van CAPS voldoen.
2. ‘n Moontlike werkskedule is ingesluit. Kyk op bladsy 5–8 hoeveel tyd dit jou kan bespaar.
3. Elke onderwerp begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Kyk op bladsy 23 hoe dit
jou met jou beplanning sal help.
4. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Bladsy 24 wys jou
hoe dit gedoen word.
5. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei
en te ondersteun. Kyk op bladsy 29 vir ‘n voorbeeld.
6. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. Kyk op bladsy 42
vir ‘n voorbeeld.
7. ‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Sien die binnekant van die
voorblad.
Die bypassende Leerderboek bevat die volledige inhoud wat jou leerders moet bemeester. Dit is in toeganklike taal
geskryf wat dit vir leerders maklik maak om te leer. Die opwindende ontwerp en uitleg van die Leerderboek sal leerders se
belangstelling aanwakker, hulle inspireer om te leer en die onderrigtaak vir jou aangenaam maak.
Ons wil graag hoor hoe dit met jou onderrig gaan. Stuur jou terugvoer per epos aan ons by afrikaans@viaafrika.com of
besoek ons onderwysersforum by www.viaafrika.com.
Language: Afrikaans
www.viaafrika.com
Skip to contentStudy guide %20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)


%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)








View all

%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
%20QP_hlayiso.com_--f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc/v1-0e377079145295aa7336/card.webp)

Gr12 Afr EAT studyguide LR
Grade 12 Afrikaans FAL study guide (Afrikaans), 109 pages. Read online or get the free PDF download.
Afrikaans FAL · Grade 12 · Afrikaans. Study guide, 109 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Study guide
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 109
- File size
- 1.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 109
Document textSearch extracted text and jump to a page.
R. Hugo • P. McAvoy
A. Stanley • M. Struwig • A. Theron
Studiegids
Via Afrika
Afrikaans
Eerste Addisionele Taal
Graad 12
ISBN: 978-1-41546-290-4
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal
40 Heerengracht, Kaapstad, 8001
Posbus 5197, Kaapstad, 8000
www.viaafrika.com
© Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier elektronies
of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en
herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike
toestemming nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 2
Inhoud
AFDELING 1 STUDIEWENKE
STUDIEWENKE .................................................................................................... 4
AFDELING 2 HERSIENING
LUISTER EN PRAAT .............................................................................................. 17
AFDELING 3 HERSIENING
LEES EN KYK ..................................................................................................... 22
AFDELING 4 HERSIENING
SKRYF EN AANBIED ............................................................................................ 34
AFDELING 5 HERSIENING
TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES .......................................................................55
AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTELLE
VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS ........................................................................... 98
VRAESTEL 3: SKRYF .......................................................................................... 107
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 3
AFDELING 1
STUDIEWENKE
STUDIEWENKE
’n Taal rus basies op vier bene wat jy moet aanleer.
Hulle is Luister, Praat, Lees en Skryf (LPLS). As jy hierdie vaardighede onder die knie
het, sal jy suksesvol wees. Tussen hierdie vier vaardighede deur loop die goue draad van
taalgebruik. Elke taal het sy eie unieke reëls en een taal is nie beter of slegter as
’n ander nie.
Onthou wat die spreekwoord sê:
Hoe meer tale jy kan, hoe meer male is jy man (of vrou!)
Luister en praat loop gewoonlik hand aan hand. Jy hoor iets of luister na iets, en dan
reageer jy daarop deur te praat en soms te skryf ook. Daarom is dit moeilik of amper
onmoontlik om hierdie vier aspekte elkeen in hulle eie boksie te plaas en afsonderlik te
ontwikkel.
Luister en praat
In die laer grade val die klem baie op luister en praat, maar in Graad 10 verskuif die
klem veral na lees en skryf, want dis hierdie vaardighede wat ons as mense veral van
diere onderskei – hulle kommunikeer ook met mekaar en luister na mekaar, maar hulle
skryf dit nie neer nie.
In Graad 10 tot 12 word veral gefokus om doeltreffend te luister en praat, en die kennis
toe te pas op interpersoonlike verhoudings en suksesvolle leer oor die hele kurrikulum.
Luister bestaan uit drie fases: preluister, luister en postluister.
Maniere van luister Betekenis
Dit beteken basies dat jy gehelp word om die teks
Preluister beter te verstaan omdat daar sekere aktiwiteite vooraf
plaasvind. Verder word jy geleer waarop om te fokus.
Luister Jy luister aandagtig om te hoor of jy alles verstaan.
Ná die tyd kan jy dan praat oor verskillende aspekte
Postluister
van die tekste en vrae daaroor beantwoord.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 4
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Die volgende is belangrik:
● Inligting wat iemand mondeling aan jou oordra, moet verstaan en gebruik word
en diagramme en tabelle moet vinnig geïnterpreteer word.
● Jy moet kan luister na inligting en aantekeninge daaroor maak.
● Om probleme op te los en jou gevoelens en emosies in woorde uit te druk,
raak al hoe belangriker.
● Ander mense se opinies en sienings moet in ag geneem word en jy moet daarop kan
reageer deur teenargumente te stel. Hier leer ons hoe om mekaar te respekteer.
● Ons leer ook hoe om ander mense se perspektiewe te bevraagteken en te ondersoek.
Praat vind informeel of formeel in groepsverband of individueel in die klas plaas.
Verskillende situasies sal met rolspel in die klas nageboots word sodat jy reeds vroeg
oor jou keuses en manier van doen kan besluit.
Formele praataktiwiteite behels voorbereide toesprake, hardoplees, onderhoude,
debat en paneelbesprekings.
Daar is twee aspekte wat belangrik is by formele mondeling:
(a) Beplanning, navorsing en organisering van idees en inligting.
(b) Aanbieding soos die gebruik van korrekte taalstrukture, duidelikheid, lyftaal.
Lees en kyk
Teen hierdie tyd moet jy al (verkieslik) self ’n boek op jou eie in die teikentaal kan
deurlees.
Lees het ook drie fases: prelees, lees en postlees.
Maniere van lees Betekenis
Prelees Voordat die teks gelees word, is daar maniere wat sal help om
dit beter te verstaan en om voorspellings te maak.
Aandagtig lees Wanneer die teks aandagtig gelees word, kan jy ook kyk na
taalgebruik, woordkeuse en interessante maniere om inligting
oor te dra.
Postlees Alles wat gelees is, word ondersoek. Idees word opgesom,
vergelyk en gekontrasteer as die teks homself daartoe leen.
Woordeskat word terselfdertyd uitgebrei.
Tekste wat gelees word, kan ook later gebruik word om eie skryfwerk te doen.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 5
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Daar is drie leesfokusse:
1 Tydens aandagtige lees sal kort tekste gebruik word om aantekeninge op te stel,
opsommings te maak en bewus te raak van taalgebruik. Die soort tekste kan kom
van kortverhale, dramas, romans, artikels, advertensies, spotprente, grafieke, foto’s
en filmgrepe. Taalkenmerke sal deurgaans aandag geniet.
2 Voorgeskrewe letterkunde sal gekies word waarin estetiese en kulturele eienskappe
bestudeer word. Gedigte, dramas, films, romans en kortverhale sal die leerders help
om hulle eie wêreld te verken.
3 Geskrewe en visuele tekste moet gelees word. Leerders moet weet hoe om ’n
biblioteek of die internet gebruik word. Hulle moet koerante en tydskrifte in die
klaskamer gebruik om hulle persepsies te verbreed.
Skryf en aanbied
Jy beskik alreeds oor die basiese kennis om sinne saam te stel, paragrawe uit
verskillende sinne op te bou en opstelle te skryf. Kreatiewe skryfstukke, langer en korter
transaksionele skryfwerk gaan nou geoefen word.
Die onderwyser sal:
● die onderwerp aan jou bekend stel.
● ’n voorbeeld saam met julle deurlees.
● saam met die klas die doel en konteks bespreek om die styl en register te bepaal.
● die rubriek verduidelik sodat julle verstaan waarvoor julle punte gaan kry of verloor.
● saam oor die onderwerp gesels (dinkskrum) of navorsing daaroor doen.
● Julle help om woordeskat vir die onderwerp aan te leer.
Begin nou met die volgende stappe van die skryfproses:
● Beplan die skryfstuk.
● Skryf die konsep neer.
● Redigeer en proeflees die konsep (saam met ’n maat of in ’n groep).
● Herskryf die stuk en verbeter alle foute wat tydens redigering opgemerk is.
● Bied die skryfstuk aan vir evaluering.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 6
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Geïntegreerde taalgebruik (grammatika en woordeskat)
As jy hokkie speel, hardloop jy nie met ’n tennisraket op die veld rond nie. As jy sokker
speel, gooi jy nie ’n tennisbal rond nie. Net so is dit om ’n taal aan te leer. Jy het die
volgende twee aspekte nodig:
● Jy moet die taalreëls ken.
● Jy moet daagliks jou woordeskat uitbrei.
Dit kan jy slegs doen deur baie te lees, binne en buite die klaskamer. Alhoewel daar net
een uur in elke twee weke spesifiek aan grammatika gewy word, moet jy elke dag oplet
hoe woorde verander word om betekenis oor te dra.
Sien die volledige taalreëls wat hierby ingesluit is, en ook ons goeie raad vir die
verskillende soorte eksamens wat jy sal aflê.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 7
AFDELING 1
STUDIEWENKE
VRAESTEL 1
VRAAG 1: BEGRIPSTOETSE
Maak seker jy verstaan die volgende instruksies:
Kennisvrae (Alle W- en H-vrae soos Wie, Wat, Waar, Waarom, Hoekom, Hoe?)
1 Wat het gebeur nadat...?
2 Gee die naam van die...?
3 Beskryf wat gebeur het by...?
4 Wie het met wie gepraat?
5 Waaroor het hulle twee baklei of saamgestem?
6 Wat is die betekenis van hierdie sin?
7 Waarvandaan het die persoon gekom?
8 Hoekom het dit daardie dag of nag gebeur?
9 Noem die name van die mense wat betrokke was?
10 Wat het aan die einde gebeur?
Begripsvrae
1 Gee ’n voorbeeld van hierdie uitdrukking...
2 Verduidelik in jou eie woorde wat hierna gebeur het.
3 Wie is volgens jou die hoofkarakter in hierdie verhaal?
Toepassingsvrae
1 Kan jy aan ’n ander geleentheid dink toe dieselfde situasie plaasgevind het?
2 Dink jy die metafoor wat gebruik word, is gepas?
3 Hoekom is personifikasie in hierdie gedig/paragraaf effektief?
Analisevrae
1 Wat is die hooftema van hierdie verhaal?
2 Wat is die onderliggende tema(s) van hierdie verhaal?
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 8
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Sintesevrae
1 Watter soort persoon is die hoofkarakter?
2 Skryf drie van die belangrikste dinge neer wat hom of haar anders maak as ander
karakters in die verhaal.
3 Wie het ’n positiewe invloed op die hoofkarakter se lewe gehad?
4 Wie het ’n negatiewe invloed op hom of haar gehad? Gee redes vir jou antwoord./
Motiveer jou antwoord met voorbeelde/ten minste een voorbeeld.
Evalueringsvrae
1 Hoe effektief was die beskrywing van…?
2 Lees weer die teks waarin die hoofkarakter beskryf word. Kan jy aan ’n beter manier
dink om dit te beskryf?
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 9
AFDELING 1
STUDIEWENKE
VRAE 2 & 3: ADVERTENSIES OF PRENTE/STROKIES OM BEGRIP TE TOETS
Die woorde en onderskrifte wat gebruik word in advertensies of prente is baie belangrik.
In strokies of spotprente moet die lyftaal van die karakters baie noukeurig nagegaan
word. Let ook op enige woorde wat in ’n kleiner of groter lettertipe geskryf word. Soms is
dit die kontakbesonderhede en vrae kan daaroor ook gevra word.
In strokies en spotprente moet volgende lyftaal korrek geïnterpreteer word:
● As die karakter ’n vraagteken bokant sy/haar kop het of kop krap, kan dit beteken
die karakter is verbaas/verwonderd/dom/verward/deurmekaar of verskrik.
● As die karakter ’n hartjie bokant sy/haar kop het of met liefde na iemand anders
kyk, kan dit beteken die karakter voel respek, eerbied, agting, liefde, begeerte vir
die ander persoon.
● As die karakter ’n frons op sy/haar voorkop het of lyk asof hy/sy tande kners, kan dit
vir die leser sê die karakter is kwaad/woedend/ontevrede of vies.
● As daar trane oor die karakter se wange loop, wys dit hy/sy voel baie hartseer of
mismoedig.
VRAAG 4: OPSOMMING
Hou die volgende in gedagte:
● Om ’n goeie opsomming te maak, is ’n baie nuttige vaardigheid wat jy dikwels in jou
lewe gaan gebruik.
● In Graad 11 mag daar nie meer as 230 woorde gebruik word in die teks wat opgesom
word nie.
● Die soort teks wat vir opsommings gebruik word, wissel baie en die manier waarop
dit nagesien word, wissel ook. Die teks kan gaan oor ’n stel instruksies wat jy moet
nakom of ’n klomp waarskuwings of aanwysings.
● Een van die wenke wat werk, is dat jy die opsomming van bo tot onder en van onder
na bo moet lees.
● Daar is gewoonlik meer feite/wenke/leidrade in die opsomming as waarvoor jy moet
soek. Party word “weggesteek” tussen baie woorde en soms word daar twee in een
sin gebruik. Jy moet dus baie versigtig lees.
● Die belangrikste van alles is: jy moet presies weet waarvoor jy soek. Dit is
gewoonlik die tweede instruksie net ná die vraagnommer.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 10
AFDELING 1
STUDIEWENKE
VRAE 5 & 6: WOORDSTRUKTURE EN SINSTRUKTURE
Jy moet jou taalreëls baie goed ken om goed te doen in hierdie afdelings.
VRAAG 6: SINSTRUKTURE
HOEKOM ’N TEKS?
’n Teks word gebruik om Die teks gee die
die konteks te skep vir woordeskat vir die
taalvrae. taalvrae.
• Woordstrukture (die vorm • Sinstrukture
WAT WORD
van die woord verander) (die woordorde in sinne)
GETOETS?
• Woordeskat • Kommunikasie
• Woordvorming (om in ’n situasie te kan
(nuwe woorde word gemaak) kommunikeer)
WENKE OM TAALVRAE TE BEANTWOORD
1 Moenie haastig wees nie. Hier tel korrektheid.
2 Lees die instruksies aandagtig en doen wat gevra word!
3 Skryf duidelik. Spelling tel. As hulle nie jou skrif kan lees nie,
kry jy nul!
4 Kontroleer, m.a.w. kyk of jy die reëls toegepas het.
5 Moenie dink jy ken dit glad nie.
Jy ken genoeg Afrikaans om te probeer!
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 11
AFDELING 1
STUDIEWENKE
WAT KAN EK LEER WOORDVORMIMG
VIR TAAL? Samestellings (verbind woorde)
eet+tyd= etenstyd
reus+boom=reuseboom
Afleidings (gebruik voor- of agter-
voegsels, vokaalverandering)
WOORDSTRUKTURE ver+slaap=verslaap
…twee (…) be+spring=bespring
…baie (…) werk+er=werker
Selfstandige naamwoord Word in die plek
Meervoud: -e, -s, -te, -’s… moed+loos=moedeloos
klein (…) van name gebruik. sing… sang, help… hulp
Verkleinwoord: -tjie, -kie, -pie
Geslag: bul x koei
sy…(akteur) Voornaamwoord Sê aan wie dit
hy…(tante) behoort. WOORDESKAT
Jy, hy, sy, ons, julle, hulle…
Gee een woord vir
Joune, syne, hare, julle s’n…
(plek waarheen siek mense gaan)
Staan voor die Wie se? Met wie? Waarin? Vraagwoorde Land, volk en taal
naamwoord. Wat? Van wie?
Engeland, Engelse en Engels
Byvoeglike naamwoord
Verbind sinne. Sinonieme
lelike (…), hoë (…)
Staan na die Woorde met dieselfde betekenis
(…) is lelik, (…) is hoog
naamwoord. Antonieme
mooier as, vetter as, droër as…
Aksie is nog besig Teenoorgestelde betekenis
die ligste, die kwaadste
(…) as = … om te gebeur: Homofone
stokoud (baie oud)
er as -ende Klink dieselfde, spelling verskil
Deelwoord
Homonieme
laggende (…), huilende (…)
die (…) = die Spelling dieselfde, betekenis
gebreekte (…), verkoopte (…) Aksie is verby:
..ste verskil
gebroke (…), opgewonde (…) ge(…)-te, ge(…)-de Idiome
Telwoord
Ook vergelykings
veertien, tagtig
Idiomatiese uitdrukkings
tweede, veertigste Eindig op -e,
Voorsetsel vokaal verander,
kwaad vir, glo aan spoke figuurlik
PUNKTUASIE
Skryftekens
Tekens by woorde: deelteken, kop-
pelteken, kappie, afkappingsteken.
Leestekens
Gebruik dit in sinne om jou te help
lees: punt, hoofletter, vraagteken,
aanhalingstekens.
SPELLING AFKORTINGS AFKORTINGS
Los en vas skryf asseblief = asb. asseblief = asb.
Reëls by lettergrepe straat = str. straat = str.
Met vriendelike vergunning: Martie Venter
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 12
AFDELING 1
STUDIEWENKE
As jy die woordorde in die enkelvoudige sin ken, is
WOORDORDE IS
al die ander sinstrukture baie maklik. • TYD, WYSE, PLEK
BAIE BELANGRIK IN
• PLEK VAN DIE
SINSTRUKTURE! Die sin se orde van tyd, wyse, plek bly altyd die- WERKWOORD
selfde in ander soort sinne. Dit is net die werkwoord
en medewerkwoord wat rondspring!
Wanneer? = TYD Dit is twee of meer
Die voegwoord wat Jy moet weet wat-
Hoe? = WYSE sinne wat met
bepaal waarheen ter voegwoorde in
Waar? = PLEK ’n voegwoord(e)
die ww. skuif. elke groep is.
Doel? = INFINITIEF verbind word.
Enkelvoudige sin Samegestelde sin
• Tyd, wyse, plek en inf. • Groep 1: Gewone woordorde
• Sy loop vandag, vinnig, skool toe om • Groep 2: Werkwoord tweede,
te leer. direk na die voegwoord
• Begin nie met die onderwerp nie • Groep 3: Werkwoord aan die einde
• Vandag loop sy… van sin
iets
iemand Direkte en indirekte rede
êrens Ontkennende vorm • Stellings
ooit • Net een nie Paul sê: “My motor is gesteel.” > Paul sê dat
Ek eet. Ek eet nie. sy motor gesteel is.
• Twee x nie • Vrae wat met werkwoord begin
al
Ek eet ’n appel. Ek eet nie ’n appel nie. Paul vra: “Gaan sy saam met ons?” > Paul vra
nog • Bevele – moet > moenie of sy saam met hulle gaan.
Bly stil! > Moenie stilbly nie! • Vrae wat met vraagwoord begin
• Bevele met asseblief – Moet asseblief nie! Paul vra: “Wie het my motor gesteel? > Paul
Bly asseblief stil. Moet asb. nie stilbly nie. vra wie sy motor gesteel het.
altyd • Ontkenningswoorde • Bevele
(Die woord verander met nie aan die einde, Paul: “Anne, kom hiernatoe!” > Paul beveel
behalwe óf…óf) Anne om daarnatoe te kom.
óf...óf
Lydende en bedrywende vorm
Behoort en hoef
• Bedrywend (aktief) – Sin begin met onderwerp
• Word met die infinitief gebruik, maar nooit
• Lydend (passief) – Sin begin met voorwerp
saam met “om” nie.
Die kat vang die muis.
• Hoef word gewoonlik in die negatiewe vorm
Die muis word deur die kat gevang.
gebruik.
Teenw. tyd: word… gevang
Sy behoort die medisyne te drink.
Verl. tyd: is… gevang
Sy hoef nie die medisyne te drink nie.
Met medeww: sal/kan/moet… gevang word
Verlede tyd
Hersien al die aspekte van die verlede tyd: skeibare en
onskeibare wwe., deeltjiewwe., wwe. verbind met en, wwe.
met voorvoegsels, ens.
Met vriendelike vergunning: Martie Venter
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 13
AFDELING 1
STUDIEWENKE
VRAESTEL 3: STELWERK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Maak seker jy het die instruksies by die vraestel goed verstaan.
1 Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik Afdeling A, Afdeling B
en Afdeling C.
2 Kies en beantwoord een vraag uit elke afdeling in hierdie vraestel.
● Beantwoord een vraag uit Afdeling A: Opstel (50)
● Beantwoord een vraag uit Afdeling B: Langer transaksionele teks (30)
● Beantwoord een vraag uit Afdeling C: Korter teks: transaksioneel/naslaan/
informatief (20)
3 Nommer die skryfstukke wat jy kies volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4 Begin elke skryfstuk/teks bo-aan ’n nuwe bladsy.
5 Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik.
Beplanning:
● Doen elke skryfstuk se beplanning op ’n nuwe bladsy.
● Skryf elke keer die woord beplanning bo-aan. (Nie rof nie!)
Finale skryfstuk:
● Begin elke finale skryfstuk op ’n nuwe bladsy.
● Skryf die woorde finale produk langs die vraagnommer.
6 Dui die nommer en die onderwerp van jou skryfstuk netjies aan.
7 Punte word toegeken vir beplanning/redigering, vir taal/styl en vir inhoud.
8 Lees al die vrae aandagtig deur en voer die opdragte noukeurig uit.
9 Skryf netjies en leesbaar.
Algemene inligting oor skryfstukke: die OPSTEL
Daar is vier soorte opstelle of prosastyle:
● verhalend
● beskrywend
● argumenterend (beredenerend) en
● bespiegelend (filosoferend).
Die eerste twee soorte (verhalend en beskrywend) word as die mees algemene
of “maklikste” beskou en sal eerder in die laer grade geskryf word.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 14
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Die argumenterende en bespiegelende opstelle vereis dat die skrywer feite kan
gebruik om (’n) stelling(s) te motiveer. Hierdie soort opstel is gewoonlik kontensieus of
omstrede.
Met die bespiegelende opstel moet die skrywer filosofeer of dink. Die skrywer van
hierdie soort opstel moet sorg dat hy/sy nie dieselfde enkele idee oor en oor herhaal nie.
Keuse van onderwerp
Die goue reël is: Kies die onderwerp waarvan jy iets weet.
Dit sal baie gou duidelik word die skrywer weet niks van ’n onderwerp nie en die woorde
sal opdroog.
Versameling van inligting waarmee gewerk gaan word
Verskillende bronne moet gebruik word.
Die volgende vrae sal help om die opstel te beplan:
● Wat beteken die sleutelwoorde in die titel?
● Aan watter aspekte moet ek veral aandag skenk?
● Wat is my agtergrondskennis van hierdie onderwerp?
● Is daar voordele en nadele hieraan verbonde?
● Watter assosiasies en/of toepassings kan gemaak word?
Tydens ’n eksamen sal die skrywer van hierdie soort opstel sy of haar kennis of
verbeelding moet gebruik. Hoe meer die leerder lees, hoe beter is die kans dat hy/sy
hierdie soort opstel tydens ’n eksamen sal kan skryf.
Beplanning
Ons beplan ’n opstel om die volgende redes:
● Die opstel moet ’n bepaalde vorm aanneem.
● Alle toepaslike inligting moet ingesluit word.
● Daar moet ’n eenheid tussen tema en inhoud wees.
● Die opstel se paragrawe moet logies opgebou kan word.
● Herhaling moet voorkom word.
● Die skrywer moenie halfpad “opdroog” nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 15
AFDELING 1
STUDIEWENKE
Resep vir prestasie in Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Nadat jy hierdie afdeling bestudeer het, het jy ’n goeie idee van wat nodig is om sukses
te behaal in Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Jou volgende stap is om al die teorie van die vak te hersien, en die volgende afdelings:
Afdeling 2: Luister en praat
Afdeling 3: Lees en kyk
Afdeling 4: Skryf en aanbied
Afdeling 5: Taalaspekte
Die laaste stap wat sal verseker dat jy presteer, is deeglike voorbereiding
vir die eksamen. Werk die twee voorbeeldvraestelle in Afdeling 6 uit. Toets jou
antwoorde teenoor die memorandums wat verskaf word.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 16
AFDELING
Unit XX 2
HERSIENING:
ExamLUISTER
PapersEN PRAAT
LUISTER EN PRAAT
Die luisterproses vind in drie stadia plaas:
Preluister: hier bepaal jy die doel waarom jy luister
Luister: luister, besin en evalueer
Postluister: besin oor aanbieding/gesprek
Luister vir spesifieke inligting
Luister, eerder as om net te hoor, is die sleutel tot enige intelligente respons op die
wêreld rondom jou. In ’n wêreld waar tegnologie ’n eindelose hoeveelheid klank,
stemme, musiek en gesprekke skep, is die vermoë om net te luister na dit wat
betekenisvol of bruikbaar is, uiters belangrik. Soek dus gedurig betekenis in dit
wat jy hoor en prosesseer hierdie inligting tot dit wat relevant vir jou is.
Luister vir kritiese ontleding en evaluering
● Identifiseer en interpreteer oorredings-, gevoels- en manipulerende taal,
partydigheid, vooroordeel en stereotipering.
● Onderskei tussen feite en menings.
● Reageer op styl, toon en register, en evalueer korrek.
● Oordeel en lewer bewyse.
● Verstaan logiese volgorde van inligting.
● Maak aannames en voorspel gevolge.
● Toon bewustheid van en interpreteer toon, tempo en taalgebruik.
Luister vir waardering
Om ’n teks te waardeer, beteken om die waarde daarvan te bepaal en dit ten volle te
geniet en te begryp. Waardering kan jou ook dankbaar maak vir dit wat eie aan jou is.
Goeie gesprekke is selde monoloë (wanneer slegs een persoon praat). Elke
gespreksgenoot kry ’n beurt waartydens daar na hom geluister word. Taal, gebare,
oogkontak en liggaamstaal is uiters belangrike boustene vir ’n gesprek, wat verseker dat
daar na jou geluister word en wat dit vir jou aangenaam maak om na ander te luister.
Onthou, die oordra van inligting word bepaal deur die verhouding tussen taal en kultuur.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 17
AFDELING 2
HERSIENING: LUISTER EN PRAAT
Praat/gesels
Dit is belangrik dat jy leer hoe om gemaklik met mense te gesels. In ’n gesprek is daar
mense wat praat en dié wat luister. Vir sommige van ons is dit maklik om met ander
te gesels, vir sommige nie. Kyk na die volgende riglyne om jou te help.
Probeer hierdie wenke as jy in ’n informele geselskap betrokke is
● Lees tydskrifte, koerante en boeke en kyk na aktuele programme op TV sodat jy iets
het om oor te gesels.
● As jy die mense ken met wie jy gaan gesels of saamwerk, vind vooraf uit oor hul
belangstellings en kry inligting daaroor.
● Kry ’n paar vrae gereed sodat jy dadelik iets het om te vra, en volg antwoorde op met
nog vrae. (As jy met ’n meisie uitgaan wat mal is oor ballet, kry inligting by iemand,
of doen naslaanwerk in die biblioteek.)
● Goeie lyftaal sal help om die ander mense in die geselskap gemaklik te laat voel.
● Luister aandagtig na die spreker en kyk hom of haar in die oë.
● Antwoord beleefd op ander se vrae en brei uit waar nodig.
Goeie maniere bevorder kommunikasie
● Die lees en stuur van SMS’e in ’n geselskap is swak maniere.
● As jy ’n belangrike oproep verwag, sê vooraf vir die mense in die geselskap daarvan.
● Indien jou selfoon lui, maak verskoning en verlaat die geselskap; moet nooit jou
gesprek in die geselskap voer nie. Kom gou weer terug.
● Vermy die gebruik van elektroniese toerusting (die neem van foto’s/video’s, die
opneem van inligting) sonder die toestemming van die geselskap.
● Vermy grappies wanneer die gesprek oor ernstige sake gaan.
● Daar is sekere taboe-onderwerpe in goeie geselskap: bv. ouer mense
se ouderdom, iemand se bankbalans, rassistiese grappies.
● Wees hoflik en praat duidelik in goeie Afrikaans.
● Inisieer die gesprek en hou dit vol, maar moenie die gesprek oorheers nie.
● Moenie ’n spreker in die rede val nie; wag jou spreekbeurt af.
● Skep ’n spreekbeurt vir iemand wat by die geselskap aansluit.
● Respekteer en toon begrip vir ander se menings.
● Stel jou standpunt en verdedig dit.
● Bly kalm as iemand jou uitlok.
● Vra die spreker om te verduidelik wanneer ’n opmerking of vraag onduidelik is.
● Betrek almal by die geselskap – ook die stilles.
● Vra neutrale vrae om ongemaklike stiltes te verbreek.
● Lei die gesprek altyd weer na die oorspronklike onderwerp terug.
● Indien die gesprek of bespreking in ’n vergadering plaasvind,
moet die voorsitter altyd aangespreek word.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 18
AFDELING 2
HERSIENING: LUISTER EN PRAAT
Voorbereide toesprake
Die formlele praatproses vind in drie stadia plaas:
● Beplanning, navorsing en organisering
● Voorbereiding
● Aanbieding
Beplanning
● Gebruik die gepaste register, styl en toon volgens die gehoor, doel,
konteks en tema.
● Gebruik toepaslike taal.
● Demonstreer kritiese taalbewustheid deur feite, menings, denotatiewe
en konnotatiewe betekenis en geïmpliseerde betekenis te verduidelik.
● Gee uitdrukking aan waardes en houdings en toon bewustheid van partydigheid,
stereotipering, gevoels-, oorredings- en manipulerende taal.
● Gebruik bronne en verwysingsmateriaal om die aanslag en akkuraatheid
van aanbiedings te verhoog.
● Gebruik ’n treffende inleiding; dit trek en behou die aandag.
● Sorg dat jou inligting logies en chronologies is.
● Kyk na die skryf van ’n toespraak by Skryf en aanbied.
Jou beplanning van jou toespraak vorm jou gedagtes.
Voorbereiding
● Sorg dat jy vertroud is met die inligting in jou toespraak.
● Sorg dat jy glo in dit wat jy gaan oordra.
● Ken jou toespraak se inhoud, nie noodwendig uit jou kop nie, maar sodat jy
verstaan wat jy wil sê.
Aanbieding
● Praat direk met die gehoor.
● Gebruik intonasie en frasering.
● Gebruik gepaste aanspreekvorme.
● Maak gebruik van verbale en nieverbale tegnieke soos toon, volume,
stemprojeksie, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukking,
gebare en liggaamstaal om jou aanbieding te versterk.
Onvoorbereide toespraak
● Gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding
en gebare om jou te help om aanklank by die gehoor te kry.
● Gebruik gepaste en doeltreffende woordeskat.
● Gebruik ’n effektiewe inleiding en slot.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 19
AFDELING 2
HERSIENING: LUISTER EN PRAAT
Onderhoud
Kyk by die onderhoud by Skryf en aanbied.
Tydens die onderhoud, nadat jy goed voorbereid het:
● Gebruik vraagstelling, oorreding, die afneem van notas, maak van opsommings,
goeie luistervaardighede en nieverbale kommunikasie.
● Wees ingelig oor dit wat jy wil weet.
Onderhoudstegnieke
● Stel jouself in die inleiding bekend en verduidelik die doel van onderhoud.
● Skep ’n vertrouensverhouding.
● Stel relevante en toepaslike vrae.
● Teken response aan vir latere gebruik.
● Bedank die persoon met wie die onderhoud gevoer is en kry
kontakbesonderhede indien nodig.
Paneelbespreking
Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp voor ’n gehoor.
Gebruik konvensionele/alledaagse/gewone uitdrukkings.
Pligte van die voorsitter
● Handhaaf orde.
● Bestuur die tyd.
● Hou by die agenda.
● Moedig deelname aan.
● Bly neutraal.
● Vra vir voorstelle of stemme.
Die opmerkings word nie vooraf beplan en geoefen nie, maar volg spontaan.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 20
AFDELING
Unit XX 2
HERSIENING: LUISTER EN PRAAT
Debat
Resolusie: die standpunt waaroor twee spanne redeneer
Repliek: verduidelik waarom een span van ’n ander span verskil
Bevestigende sprekers: stem bewysbaar saam met voorstel/resolusie
Opponerende sprekers: stem bewysbaar nie saam met resolusie nie
Debatsprosedures
● Onderwerp en eerste argument word deur die eerste bevestigende spreker gestel.
● Eerste argument word deur die eerste opponerende spreker gestel.
● Tweede bevestigende spreker stel sy of haar span se argument.
● Tweede opponerende spreker stel sy of haar span se argument.
● Die bevestigende en opponerende spanne kry elk ’n pouse van 5–10 minute om
hulle repliek voor te berei.
● Elke span is verplig om hulle teenstanders se argumente te weerlê en om hulle
eie saak te bevestig en te verdedig.
● Die opponerende span lewer twee replieke op die bevestigende span se twee
argumente en stel hulle eie twee redes.
● Die bevestigende span lewer twee replieke op die opponerende span se twee
argumente en stel hulle eie twee redes.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 21
AFDELING
Unit XX 3
HERSIENING:
Exam LEES
PapersEN KYK
LEES EN KYK
Lees is ’n aktiwiteit met drie fases wat gebaseer is op onafhanklike luisterstrategieë vir
die dekodering en begrip van tekste. Elke stap sal nie altyd gebruik word nie.
Die leesproses is soos volg:
Prelees: stel die leerders aan die teks bekend en aktiveer assosiasies en vorige kennis.
Lees: verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan
taalkenmerke daarvan.
Postlees: stel die leerders in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer
Leestegnieke en -strategieë
● Vluglees: lees vlugtig die opskrif en eerste sin van elke paragraaf/moontlike
hoofgedagtes.
● Soeklees: soek slegs vir spesifieke inligting (bv. ’n datum/naam/gebeure/nommer,
ens.)
● Maak voorspellings/lei betekenisse af/herlees en kyk weer/visualiseer/maak notas/
verduidelik kwessies/maak afleidings en gevolgtrekkings/evalueer/vergelyk en
kontrasteer/vorm sinteses.
● Hoof- en ondersteunende gedagtes: haal slegs die hoofgedagtes uit die leesstuk en
skryf dit in die formaat soos gevra.
● Opsomming: soos jy dit doen in diagramme/borrels/kleur, ens.
● Precis: hoofgedagtes in volsinne in een paragraaf volgens ’n spesifieke aantal
woorde.
● Puntsgewys: elke hoofgedagte genommer/nog steeds in enkelvoudige volsinne.
● Kritiese taalbewustheid deur die volgende:
● Feit: dit wat bewysbaar is. Woorde soos: bewys/navorsing/navorser/studies
/statistiek, ens. bevestig ’n feit.
● Mening: dit is nie statisties bewysbaar nie. Woorde soos: meen/dink/volgens
iemand/glo/mense sê, ens. bevestig ’n mening.
● Motiveer jou eie respons: dit kan gedoen word slegs as genoegsame kennis
oor die leesstuk bestaan en die leser sy/haar respons daaruit kan formuleer.
● Direkte en geïmpliseerde betekenis: daar word direk ’n stelling gemaak en
wanneer iets geïmpliseer word, beteken dit jy lei dit af a.g.v. dit wat gesê,
of gedoen of moontlik geïnsinueer is.
● Denotasie: letterlike betekenis
● Konnotasie: figuurlike betekenis
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 22
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
● Sosio-politieke en kulturele agtergrond van tekste en outeur: dit is belangrik
om te weet uit watter agtergrond ’n teks geskryf is – dit verklaar baie van die
betekenis van die teks.
● Invloed wat seleksie en weglating op die betekenis van ’n teks het: leser moet
weet wat in die teks geplaas is en wat om spesifieke redes uitgelaat is om die teks
te kan verstaan, bv. ’n skrywer wat in die tronk was, sê dit nie in sy/haar
teks nie, maar dit beïnvloed die teksbetekenis.
● Verhouding van mag en taal: die taal is magtig en woordgebruik het ’n magtige
invloed om lesers/gebeure te beïnvloed/te manipuleer.
● Gevoels- en manipulerende tegnieke: dit beïnvloed die betekenis van die hele teks.
Interpretasie van visuele tekste (grafiese en visuele tekste)
Visuele geletterdheid speel ’n groot rol in ’n verskeidenheid van tekste. Ontwerpers
van advertensies gaan byvoorbeeld baie slim te werk deur van verskillende mediums
gebruik te maak om sodoende ’n bepaalde boodskap oor te dra, bv.
● Lettergrootte en lettertipe: hoe groter die letters, hoe meer aandag sal daarop
gevestig word. Belangrike gedagtes of woorde kan deur lettergrootte uitgelig en
sodoende beklemtoon word. Die spesifieke lettertipe wat gebruik word, sluit
gewoonlik aan by die boodskap van die teks. Indien die teikenmark van ’n
advertensie byvoorbeeld jong kinders is, kan die lettertipe moontlik in ’n kinderlike
handskrif aangebied word.
● Hoof- en subopskrifte: dis gewoonlik die grootste en verskeie maniere (soos kleur
en lettergrootte) word aangewend om die opskrifte te laat uitstaan. Die hoofopskrif
moet die leser se aandag trek om sodoende te verseker dat die res van die teks ook
gelees word. Die subopskrif is kleiner en word gebruik om meer inligting aan die
leser te verskaf.
● Kleurgebruik
● Spesifieke praatborrels
● Suggesties: bv. rook wat trek, suggereer iets wat brand.
● Spotprent: alles op ’n spotprent moet in ag geneem word wanneer die betekenis
daarvan bepaal word (die skematiese voorstellings is in die plek van geskrewe
paragrawe).
Om ’n teks maksimaal te kan interpreteer, moet daar na alle moontlike inligting gekyk
word en die doel daarvan moet verstaan word.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 23
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
Woordeskatontwikkeling en taalgebruik
Literêre begrippe sal hierna gegee en verklaar word, maar alle verdere begrippe onder
dié opskrif word deeglik onder Geïntegreerde taal en Skryf en aanbied bespreek.
Die woordeskat en taalgebruik is slegs van waarde en betekenis binne ’n spesifieke
konteks. Beeldspraak en stylfigure word slegs behandel soos wat dit in die gekose tekste
voorkom.
Kenmerke van literêre tekste
Literêre begrip Betekenis Voorbeeld
idiomatiese vaste uitdrukking – eie aan ’n taal Sy trek noustrop.
uitdrukking
spreekwoord kort gesegde waarby gewoonlik ’n les Die môrestond het goud in die
ingesluit is mond.
retoriese vraag vraag sonder direkte antwoord – leser Wie het nie die afgelope week ge-
word gedwing om oor saak te dink sondig nie?
Beeldspraak
vergelyking twee dinge word vergelyk, op grond van Hy lyk nes ’n nat hoender.
twee of meer ooreenkomste deur nes, net
soos, soos en as te gebruik
metafoor ’n beknopte vergelyking; daar word egter Hy is ’n jakkals (’n skelm).
nie gesê iets is soos ’n ander nie, maar
dit is die ander
personifikasie nie-menslike voorwerp kry menslike Die wind huil.
eienskappe
Stylfigure
metonimia ’n saak word benoem volgens dit wat Die ketel kook. (Bedoelende die
daarmee geassosieer word water kook)
klanknabootsing nabootsing van klanke Die kar maak “brrrrrrr”.
hiperbool oordrywing Die water was so veel soos ’n
oseaan.
kontras twee sake word in teenstelling met swart en wit
mekaar geplaas om ’n beeld duideliker na
vore te bring
ironie die teenoorgestelde gebeur as wat Die beste elektrisiën is dood geskok.
verwag word
satire spot met verskynsels wat nou in die Afrikaners is taalsnobiste, maar
samelewing voorkom praat meer Engels.
humor komiese/snaakse
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 24
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
Literêre begrip Betekenis Voorbeeld
sarkasme dit wat bedoel word, word direk gesê om Gee jy dan die antwoord, jy is mos
spot/ontevredenheid aan te dui so slim.
antiklimaks wanneer iets belangriks omgeswaai word Die held in ’n film word skielik die
na iets nietigs boef.
klimaks hoogtepunt
simboliek om ’n abstrakte begrip konkreet uit te ’n wit duif in die plek van vrede
beeld
eufemisme versagting – laat iets onaangenaams met Verwissel die tydelike met die ewige
’n mooier woord beter klink (wanneer iemand sterf).
litotes word gebruik om ware/valse beskeiden- verwys na sy duur motor as ’n “ou
heid uit te druk karretjie”
sinekdogee gedeeltelike benoeming – net ’n onder- Hy is met sy raket hier uit (impliseer
deel word genoem, maar die geheel word dat hy gaan tennis speel).
geïmpliseer
sinestesie sintuiglike verwarring – jy ervaar iets met Jy ruik die groen gras.
’n ander sintuig as die normale
antitese: teenstelling waar twee uiterstes teenoor in die songloed van ons somer,
mekaar gestel word in ons winternag se kou.
• paradoks • ’n skynbare teenstelling – by nadere • wit duisternis
ondersoek het die twee dinge wel iets
met mekaar te doen
• oksimoron • opsetlike bymekaarplaas van twee • siende blind/horende doof
teenstrydige woorde
antonomasia wanneer ’n eienaam as gebruiksnaam Koop Skip ook asb.
gebruik word (bedoelende wasgoedseep)
elisie weglating van ’n lettergreep om by ritme Kyk, daar’s druppels op jou mou.
in te skakel
woordspeling woorde kan binne sekere kontekste Die rys/reis was lekker.
verskillende betekenisse hê
stemming gemoedsgesteldheid/atmosfeer van ’n situasie
Innerlike bou van ’n gedig
woordkeuse elke woord in ’n gedig moet presies inpas om maksimale trefkrag/betekenis te hê
refrein dieselfde woorde wat telkens na ’n strofe herhaal word
herhaling word gebruik om gevoelens van hartseer/vreugde/eensaamheid, ens. aan te dui,
of om kernbegrippe te beklemtoon
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 25
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
Literêre begrip Betekenis Voorbeeld
tipografie dit is hoe die gedig gedruk is – m.a.w. die bou van die gedig
• strofebou
• versbou
• inversie
• inkeping
• leestekens
• tipografiese wit
• alleenplasing
• skuinsdruk
• titel en subtitel
emosionele woordjie “O” lok emosie uit
reaksies
woordkeuse elke woord in ’n gedig het ’n spesifieke doel en betekenis
punktuasie:
• punt (.) • sluit ’n bepaalde gedagte/frase af
• kommapunt (;) • kerngedagte word geïsoleer
• komma (,) • pouse word geskep wat soms as uitheffingstegniek dien
• aandagstreep (-) • vestig aandag op verdere inligting/dui parentese aan
• hakies ( ) • dui parentese aan
• dubbelpunt (:) • verduideliking volg/direkte rede
• ellips (…) • onvoltooide stelling/suggestie (ook beletselteken genoem)
• uitroepteken (!) • verleen trefkrag aan sekere gedagte
• hoofletter (H) • beklemtoon woord
• skuinsdruk (i) • aanhaling/beklemtoning van woorde
toon stembuiging/manier van praat/intonasie
progressie vordering t.o.v. tyd/gebeure/emosies/individue tot groepe/vreemdelinge tot
bekendes
inversie belangrike woorde staan op ’n ander plek as wat die normale woordorde sou
vereis
Uiterlike bou van ’n gedig
versreëls een reël in ’n gedig (nie ’n sin nie)
strofes versreëls wat saam gegroepeer is in ’n gedig – strofes bestaan
uit verskillende versreëls:
• twee versreëls : koeplet
• drie versreëls : tersiene
• vier versreëls : kwatryn
• vyf versreëls : kwintet
• ses versreëls : sekstet
• agt versreëls : oktaaf
rympatrone volrym: binnerym (woorde wat in een reël met mekaar rym)
eindrym: paarrym (aabb)
kruisrym (abab)
omarmende rym (abba)
slagrym (aaaa)
gebroke rym (rym is wel teenwoordig/
sonder vaste patroon)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 26
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
Literêre begrip Betekenis Voorbeeld
rym woorde in die rymposisie word uitgehef
ritme/metrum/ deur die klem op opeenvolgende woorde te laat val, word sekere woorde/
versmaat betekenisse uitgehef
tipografiese wit wit gedeeltes tussen paragrawe/strofes: dui ’n verandering aan
halfrym alliterasie: herhaling van dieselfde konsonant
assonansie: herhaling van dieselfde vokaal
• kernwoord word aan die hand van dieselfde klank uitgehef
• bepaalde atmosfeer word geskep/versterk
• versterk musikaliteit van ’n gedig
enjambement een reël gaan oor na ’n ander sonder ’n leesteken
• verdoesel die eindrym
• bevorder vloeiendheid
• versnel tempo
• bind verse en strofes tot ’n eenheid
• woord aan die begin van ’n reël word uitgehef
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 27
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
POËSIE
Daar is drie kernvrae wat leerders oor ’n gedig moet vra:
● Wat word gesê?
● Hoe doen die digter dit?
● Hoe weet ek dit?
Onthou altyd: daar is meer as een interpretasie vir ’n gedig. Jy moet jou interprestasie
net kan motiveer na aanleiding van aanhalings uit die gedig.
Tema en boodskap
Die tema van ’n gedig is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat
die digter wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of karakters nie. Jy mag
byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters in jou tema verwys nie. Dis ’n universele
boodskap wat op enige persoon van toepassing kan wees.
Soorte gedigte
Verhalende gedigte Ballade Dit is ’n verhalende gedig, met of sonder ’n refrein*.
lees soos ’n storie
Epos/Heldedig Dit is ’n verhalende gedig waarin heldedade of die lewens
van gode breedvoerig beskryf word, bv.
Raka (N.P. van Wyk Louw).
Dramatiese Dit is ’n verhalende gedig waarin die spreker met hom- of
monoloog/ haarself in gesprek tree.
Alleenspraak
Liriese gedigte Sonnet Dit is ’n gedig met ’n vaste vorm en 14 versreëls. Daar is
gaan meer om die twee vorme van die sonnet: Engels/Shakesperiaans en
emosie van die Italiaans/Petrarcaans.
digter Ode/Loflied Dit is ’n liriese lofdig oor ’n spesifieke onderwerp, bv.
die liefde.
Elegie/Klaaglied/ Dit is ’n gedig oor die dood van ’n geliefde.
Lykdig/
Treursang/Treurdig
Haikoe Dit is ’n liriese digvorm wat in Japan ontstaan het en
bestaan uit drie kort versreëls sonder rym. Reël 1 het vyf
lettergrepe, reël 2 sewe en reël 3 vyf lettergrepe.
Ander digsoorte Vrye vers Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik nie.
Geen vaste rymskema nie
Versreëls en strofes nie ewe lank nie
Praatpoësie
Blanko vers Dit is ’n gedig sonder rym.
Limeriek Dit is ’n grappige, kort vers van vyf reëls. Die rymskema is
aabba.
Parodie Dit is ’n gedig wat ’n ander ernstige gedig naboots en
grappig van aard is.
Hekeldig/Spotdig Dit is ’n gedig waarin daar gespot word met euwels van die
samelewing.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 28
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
DRAMA
Drama het te doen met beweging, stem, lig en donker, interaksie, handeling
en opvoering. Voordat ons na die bou van ’n drama kyk, is daar belangrike woordeskat
wat met ’n drama verband hou en wat jy moet ken.
● ’n Dramaturg is die skrywer van ’n drama.
● Voor in elke drama is daar ’n lys van al die karakters wat in daardie betrokke drama
voorkom. Dit word die dramatis personae genoem.
● ’n Dramateks word verdeel in bedrywe en die bedrywe word weer in tonele verdeel.
● Die toneelaanwysings gee vir die leser ’n verduideliking van hoe die stel lyk
en waar die toneel plaas vind.
● Dekor is die versierings wat geskep word om die plek waar die toneel afspeel,
voor te stel.
● Alle ekstra benodigdhede behalwe die dekor word die rekwisiete genoem.
● Die dramateks bestaan uit die hoofteks (dialoog) en die neweteks (aanwysings in
kursief gedruk).
Dit is belangrik dat ons die bou van die drama ten volle verstaan.
Die intrige (plot) gaan oor die botsing tussen die twee strydende partye in die drama.
Dit lei tot die spanning in die drama.
Daar is ses fases wat in ’n drama geïdentifiseer kan word.
1 Eksposisie (uiteensetting)
In hierdie eerste fase maak die leser kennis met al die noodsaaklikste besonderhede,
bv. die karakters en hulle verhoudings tot mekaar, die tyd en die ruimte waarin die
drama afspeel.
2 Motoriese moment
Dit is die oomblik wat die gebeure aan die gang gesit word. Sonder ’n motoriese
moment kan die res van die drama nie plaasvind nie. Dink bv. aan Rooikappie.
Indien haar ma haar nie met die mandjie eetgoed na Ouma toe gestuur het nie, sou
die wolf haar nooit raakgeloop het nie en sou die res van haar wandeling deur
die bos sonder voorval verloop het.
3 Ontwikkelingsfase
Die ontwikkelingsfase is waar die verloop van die drama plaasvind. Hier lyk dit
asof ’n botsing tussen die twee opponerende magte onkeerbaar is.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 29
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
4 Krisisfase
Tydens hierdie fase is daar uiterlike of innerlike botsing as gevolg van verskillende
denkwyses.
5 Klimaks (hoogtepunt)
In die klimaks bereik die botsing ’n breekpunt. Tydens hierdie fase moet daar
gewoonlik ’n keuse gemaak word, en een van die partye sal as wenner uit die
stryd tree.
6 Ontknoping
Hier is daar ’n duidelike afname in spanning voor die slot en dit val gewoonlik saam
met ’n oplossing. Die drama neem ’n wending na een of ander kant toe.
ASPEKTE IN DIE DRAMA WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER
karakterisering die manier hoe die akteur die spesifieke karakter vertolk om die
karakter so ver moontlik lewensgetrou weer te gee
vertellers/vertellersperspektief die akteurs wat die karakters vertolk, is die vertellers
tema en boodskap dit is die sentrale boodskap, kerngedagte of lewenswaarheid wat
die skrywer wil oordra. Die tema is nie gebind aan tyd, plek of
karakters nie. Jy mag byvoorbeeld nooit na spesifieke karakters
in jou tema verwys nie. Dit is ’n universele boodskap wat op enige
persoon van toepassing kan wees
agtergrond/milieu die verhoog en dekor
intrige en subintrige (dit is die ses fases hierbo genoem) reeks gebeurtenisse/situasies
in ’n verhaal wat tot ’n klimaks ontwikkel – dit help om ’n
spanningslyn daar te stel
ironiese wending/afloop die teenoorgestelde van wat verwag word, gebeur en dit bring
’n wending (draai) in die verhaal mee
toneelaanwysings/subteks dit wat tussen hakies in die teks gegee word sodat die regisseur
en akteurs presies weet wat die dramaturg verwag
dialoog gesprekke tussen mense
monoloog wanneer een karakter ’n “gesprek” met die gehoor voer
dramatiesse ironie wanneer die gehoor of leser weet wat gaan gebeur, maar die
betrokke karakter weet nie wat gaan gebeur nie
handeling die optrede van die karakters
tyd die tyd wat dit neem om die drama op te voer/wanneer drama
geskryf is
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 30
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
ROMAN/KORTVERHAAL
Alle kulture en die meeste mense se lewens bestaan uit stories. Die genot om ’n goeie
storie te lees, bly die belangrikste.
ASPEKTE IN DIE ROMAN/KORTVERHAAL WAT HELP OM DIE TEKS TE BEVORDER
karakterisering: hoe leer ons ’n karakter ken?
vier karakteriseringstegnieke:
• deur dit wat die karakter self sê
• deur dit wat die karakter doen
• deur dit wat die ander karakters van hom/haar sê
• deur dit wat die verteller van hom/haar sê
karakters
• Hoofkarakter: Die sentrale figuur waarom die gebeure draai.
Die persoon word die beste belig in die verhaal. Hy of sy ondergaan karakterontwikkeling in die
verhaal. Dit is die persoon wat die leser die beste leer ken en wie se innerlike en uiterlike die beste
uitgebeeld word. Die persoon bly konstant op die voorgrond en is die middelpunt van die ander
karakters se gesprekke en gedagtes. Hoofkarakters word soms ook ronde karakters genoem.
• Newekarakters: Bykomende karakters wat in die verhaal betrek word om die
hoofkarakter te belig en die verhaalgebeure te bevorder. Hulle help om gestalte te gee aan die
milieu waarin die hoofkarakter beweeg en verskaf die moontlikheid van botsing of konflik
waarin die hoofkarakter sy of haar innerlike kan openbaar. Die newekarakters ondergaan geen
noemenswaardige karakterontwikkeling nie. Newekarakters word ook plat karakters genoem.
karakterontwikkeling daar vind verdieping by 'n karakter plaas/die karakter kom tot ander insigte
vertellers/vertellersperspektief/
eerstepersoonsverteller karakter in verhaal en vertel uit eerstepersoonsperspektief, ook
ek-verteller genoem
derdepersoonsverteller nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief en
moet by die situasie/karakter wees om te kan vertel
alomteenwoordige verteller nie ’n karakter nie, vertel verhaal uit derdepersoonsperspektief
maar hoef nie by die situasie/karakter te wees om dit te vertel nie
tema en boodskap soos by drama
agtergrond/milieu die plek of agtergrond waar ’n verhaal afspeel, bv. kleredrag/
tegnologie/geldeenheid, ens. Dit bepaal baie keer ’n karakter se
gemoedstoestand en optrede. Soms ondersteun die ruimte die
emosies en gevoelens van ’n karakter
intrige en subintrige/spanningslyn soos by drama
ironiese wending/afloop/stemming soos by drama
innerlike konflik wanneer daar konflik in die karakter se gemoed is, wanneer die
persoon bv. ’n geestelike, emosionele of morele wroeging beleef.
uiterlike konflik hierdie soort botsing kan fisies van aard wees, soos ’n vuisgeveg,
of dit kan iets wees soos argumente en redenasies, selfs
’n kyk vol haat of verwyt.
tydsverloop/chronologie opeenvolging van tyd
terugflitse flitse na gebeure/mense in verlede, maar keer dadelik terug na storie
terugspronge dit waarheen teruggespring word, word nou vertel/verduidelik
verteltyd hoe lank dit vat om die verhaal te vertel/te lees (tyd of aantal
bladsye)
vertelde tyd in watter tyd is die verhaal geskryf (verlede/teenwoordige tyd)/
tyd waarin vertel word
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 31
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
FILMSTUDIE
Alhoewel die hantering van ’n film dieselfde onderrigpatroon as dié van ’n drama/
roman kan hê, verdien die begrip kinematografiese tegnieke spesiale aandag. Om ’n
film aandagtig en akkuraat te “lees”, hang grootliks af van die mate waartoe die kyker
bewus is van die volgende aspekte.
Dialoog
● Dialoog dui op die verbale kommunikasie tussen karakters.
● Die karaktereienskappe van ’n persoon kan uit sy dialoog afgelei word, daarom moet
die draaiboekskrywer baie aandag skenk aan die juiste woord.
● Die dialoog moet aanpas by die situasie waarin die karakter hom bevind.
● Die dialoog moet ook in ooreenstemming met die handeling wees.
● Dialoog in die film moet by die tema aansluit.
● Leon van Nierop, bekende resensent en skrywer, sê die volgende oor dialoog:
● Daar moenie te veel wees nie. Die minimum dialoog moet gebruik word
om ’n hele wêreld te skep.
● Die krag van die stem en oë is dikwels genoeg om emosie oor te dra – is woorde
dan nog nodig?
Handeling
● Handeling in die film dui op die optrede van die karakter, byvoorbeeld die persoon
se liggaamshouding en die bewegings wat hy of sy uitvoer.
● Die persoon se handeling is karakteropenbarend, met ander woorde hoe
iemand in ’n sekere situasie optree, sê vir die kyker watter soort persoon dit is.
● Handeling en dialoog moet nou by mekaar aansluit.
● Handeling sonder dialoog word dikwels in films as enigste manier van
kommunikasie aangewend, byvoorbeeld gesigsuitdrukkings, afwerende
of uitnodigende handgebare, ens.
● Die regisseur is in beheer van die hele film en laat die kyker sien wat hy of sy wil hê
gesien moet word. Sodoende help die regisseur met die interpretasie van die teks,
volgens Leon van Nierop. Die regisseur sal dus ook die handeling van die karakters
haarfyn uitwerk.
Skok
● Dit word geskep deur klank, musiek, vae beelde, agterplasing, dramatiese ironie en
kleurgebruik.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 32
AFDELING 3
HERSIENING: LEES EN KYK
Kinematografiese tegnieke
kleur • helder kleure: trek dadelik die kyker se aandag
• kleur as ’n motief: bv. ’n kind wat verdrink, het ’n rooi jassie aan – later laat
dink alle rooi klere die kyker aan hierdie tragedie
• swart en wit: dit dra by tot die betekenis van die film en later lyk dit of die
swart-en-wit film in kleur is
onderskrifte dialoog wat in skrif onderaan die beeld verskyn in die taal van keuse
komposisie die rankskikking van beelde en beweging in ’n spesifieke verhouding tot mekaar in
’n spesifieke spasie/raam
dialoog deur middel van die dialoog tussen karakters gee die regisseur die belangrikste
inligting van die film deur aan die kyker. Dialoog moet egter so ekonomies moontlik
gebruik word – dit moenie vertel dit wat die kyker reeds sien nie.
musiek beklemtoon die atmosfeer wat die regisseur daar wil stel. Dit wek sekere emosies
op/kan die kyker inspireer/waarsku jou soms teen naderende gevaar/kan spanning
skep of verlig.
klank skep die atmosfeer – bv. klanke het baie keer ’n groter impak op die kyker as die
beelde wat gesien word
beligting die hoeveelheid lig wat op die beeld is, beklemtoon dit wat die regisseur wil hê die
kyker moet sien, bv. die helfte van die man se gesig is sigbaar en die ander helfte is
in donker gehul/die voorgrondkarakter is in rook gehul en die agterste karakter is
dof – albei hierdie beelde skep spanning
redigering die aanmekaar sit van een fotoskoot/reekse skote op die mees effektiewe manier,
die seleksie skote, die tydsberekening en plasing van skote maak of breek ’n film.
rame die beeld wat op ’n spesifieke oomblik op die skerm sigbaar is
kameraskote regisseur gebruik verskillende kameraskote om ’n stelling te maak:
• verskoot – ’n groot area word gesien en nie al die karakters in detail nie
• mediumskoot – gewoonlik in die meeste dele van ’n fliek
• nabyskoot – fokus op die karakter of voorwerp
kamera – verskillende tegnieke word gebruik om sekere beelde te skep:
beweging • volgskoot – kamera volg die bewegende karakter
• kantelbeweging – kamera word gedraai (gekantel) van horisontaal
na vertikaal
• rolwaskoot – kamera is gemonteer op ’n karretjie/waentjie en beweeg
saam met die beweging van die karakter
• swaaibeweging – vinnige en stadige swaaibewegings word gebruik om
verskillende effekte te verkry
voorplasing gewoonlik die belangrikste deel/karakter van die spesifieke raam/toneel
agterplasing dit wat die kyker slegs vaag in die agtergrond kan waarneem – nie baie duidelik nie
Skep ’n gevoel van afwagting/vrees/verrassing.
(Leon van Nierop, Seeing Sense on Film Analysis, 1998.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 33
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
SKRYF EN AANBIED
’n Mens kry ’n keuse van temas waaroor jy kan skryf. Voordat jy een kies en sommer net
begin skryf, is daar ’n proses wat jy moet volg om sodoende die beste opstel te skryf.
Hier volg die prosesse:
Jy het bv. die volgende drie temas gekry en weet glad nie watter een om te kies nie. Hou
’n dinkskrum (brainstorm) oor al drie. (’n Dinkskrum beteken jy skryf enigiets neer wat
in jou kop kom nadat jy die gegewe tema gesien het – moenie redes/verbande soek nie,
skryf net soveel as moontlik idees neer)
Die dag op die berg…
graadkry sportsoorte vakansie
swot span boer
matriek kaptein grot
vakkeuses sportbeurse verkluim
matriekvakansie Springbokkleure bergwater
lees toernooie verdwaal
werk vakansieromanse abseil
trou beserings verlief/verlowing
vrou en kinders balans beloning
toekomsplanne wild
wilddiewe
Besluit nou oor watter onderwerp in jou dinkskrum jy wil skryf. Kyk of daar aspekte is
wat bymekaar pas of aansluit.
Nou maak jy ’n kopkaart met jou onderwerp as middelpunt. Maak bene vanuit die
onderwerp met onderafdelings – soveel as moontlik idees waaraan jy kan dink. Begin
jou geskrewe idees orden en in volgorde skryf.
Formuleer ’n titel. Byvoorbeeld: My toekomsplanne
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 34
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
Opvoeding Ambisie Belangstellings
Wat kort ek om my droom Wat wil ek bereik? Watter van my
te verwesenlik? Wat is my droom? belangstellings gaan help
Het ek die regte vakke? Hoe gaan ek dit bereik? om my droom te kry?
Is ek in die regte skool? Wat moet ek hieromtrent
doen?
Mense
Het ek mense nodig om my Werksgeleenthede
droom te verwesenlik? Watse werk gaan ek doen?
Wie is hierdie mense en Waar gaan ek werk kry?
waarom hulle? Is dit betalend?
Wat moet ek doen sodat hulle Is dit wat ek wil doen/
my kan help? Is dit my droom?
Onder elkeen van hierdie punte skryf jy jou idees wat jy daaroor wil sê neer.
Dit vorm dan jou paragrawe. Jy kan jou skryfstuk vergelyk met ’n spyskaart. Die
voorgereg, hoofgereg en nagereg word nie alles op een bord aangebied nie, en jou
paragrawe moet ook so wees – elke ander aspek kom in ’n ander paragraaf, maar dit
moet bymekaar aansluit.
Nou begin ons met die paragrawe.
Inleidingsparagraaf
Hierdie paragraaf is gewoonlik kort, treffend en plaas die leser onmiddellik in die
atmosfeer van dit waaroor jy skryf – jou inleidingsparagraaf maak of breek jou
skryfstuk.
Paragrawe
Die res van die paragrawe volg nou op mekaar soos wat jy dit beplan het. Onthou, die
verskillende paragrawe moet oor verskillende aspekte van dieselfde onderwerp handel,
so gebruik woorde wat die onderskeie paragrawe by mekaar laat aaneenskakel. (As jy
oor rugby skryf en daar is een paragraaf waar jy jou vakansie by die see beskryf, moet
daar ’n definitiewe aanduiding wees hoe hierdie twee paragrawe by mekaar inskakel.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 35
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
Slotparagraaf
In die slotparagraaf kom jy by ’n gevolgtrekking/afsluiting/samevatting van dit wat jy
geskryf het. Die slotparagraaf beeld gewoonlik jou gevoel oor jou hele skryfstuk uit en
moet maak dat jou hele skryfstuk in die leser se gedagtes bly vassteek.
Wenke vir die skryf van ’n eerste poging:
● Gebruik hoof- en ondersteunende idees vir effektiewe beplanning.
● Hou die doel, gehoor, onderwerp en genre in gedagte.
● Lees jou eerste poging krities en kry terugvoer van ander (maats).
● Kies gepaste beskrywende woorde, frases en uitdrukkings wat die regte
stemming skep en die teks duidelik en lewendig maak.
● Let veral op die volgende:
Paragrawe: Skryf die kernsin en dan ondersteunende idees.
Woordkeuse: Gebruik ’n wye verskeidenheid werkwoorde, byvoeglike
naamwoorde en bywoorde wat jou opstel lewendig en beskrywend maak.
Sodra die hele skryfstuk klaar geskryf is, lees jy dit weer deur en kyk na die volgende:
● Pas jou onderwerp by jou tema (die aanvanklike prent/aanhaling wat jy ontvang het)?
● Is daar onnodige taal- en struktuurfoute?
● Handel elke paragraaf oor ’n ander aspek van jou onderwerp?
● Pas elke paragraaf by jou onderwerp?
● Skakel die paragrawe by mekaar aan?
● Is jou inleidings- en slotparagrawe treffend, en dien dit ’n doel?
Maak gebruik van woordeboeke indien jy steeds twyfel oor die regte betekenis of
spelvorm van woorde.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 36
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
BESKRYWENDE OPSTEL
Met ’n beskrywende opstel/beskrywing wil iemand gewoonlik ’n sekere atmosfeer
of stemming skep.
● Waak daarteen dat jou beskrywende opstel nie bloot verhalend word nie.
● Waak teen die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde – elke byvoeglike
naamwoord wat jy gebruik, moet deeglik gemotiveer wees.
● Jou beskrywing kan realisties wees, maar dit kan ook die verbeelding prikkel of slegs
as versiering dien.
● Moenie net opnoem nie, maar toon insig en begrip en gee jou eie belewing weer.
● Beskryf plekke, gebeure en karakters lewensgetrou volgens hulle uiterlike
en innerlike.
● Gebruik beeldspraak, idiome en spreekwoorde oorspronklik.
● Bestee baie aandag aan sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik
en paragrafering.
● Deeglike beplanning is noodsaaklik!
Die onderstaande paragraaf is ’n uittreksel uit ’n beskrywende opstel. Lees dit deur en
identifiseer die sintuie wat vir die beskrywing ingespan word, asook die atmosfeer wat
deur die spesifieke woordkeuse geskep word.
Dis vyfuur. Die strand is verlate. In die ooste begin die horison net-net rooi verkleur.
Die oseaan lê spieëlglad, wagtend op die nuwe dag. Die ligte bries is koel en waai die
soutmis van die see teen my lippe aan. Klam, koue seesand kleef aan my voetsole vas,
kriewel tussen my tone. In die lug hang die verrottende geur van brokstukke wat in
die nag uitgespoeg is. Branders donder teen sensitiewe oortromme. Onophoudelik.
Oorverdowend. Die strand is verlate. Eensaam. Kil. Ek kyk om. Agter my lê ’n enkele ry
spore. Verlate... Eensaam... Kil...
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 37
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
BESKRYWENDE OPSTEL: KONTROLEVORM
JA NEE
Struktuur
Is daar ’n opskrif/titel?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Inhoud
Is daar sintuiglike waarnemings in die opstel?
Is plekke/gebeure/karakters lewensgetrou beskryf?
Is daar drie of meer kere gebruik gemaak van beeldspraak/idiome/
spreekwoorde?
Is hierdie ’n beskrywende opstel, of word dit verhalend?
Taal
Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute.
Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute.
Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute.
Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute.
Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute.
Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuurfoute.
TOTAAL uit 10
ARGUMENTERENDE OPSTEL
’n Argumenterende opstel stel ’n argument vir of teen iets. Die skrywer het ’n spesifieke
mening/opinie oor ’n saak en argumenteer daaroor deur sy/haar standpunt te motiveer.
● Dit gaan hier oor subjektiewe redenasies wat die skrywer gebruik om sy/haar
standpunt te regverdig.
● Die argument wat in dié opstel aangevoer word, word reeds in paragraaf 1 gegee.
● Eie menings moet op ’n oorspronklike en treffende manier gegee word.
● Definitiewe opinies word gegee.
● Gee standpunte om argumente te motiveer.
● Gevoelstaal mag gebruik word, maar kru taal is onaanvaarbaar.
● Die slot moet sterk, duidelik en oortuigend wees – dit sluit die argument af.
(Self-studiegids, Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 38
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
ARGUMENTERENDE OPSTEL: KONTROLEVORM
JA NEE
Struktuur
Is daar ’n opskrif/titel?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Inhoud
Word die argument duidelik in die eerste paragraaf gegee?
Is die skrywer oortuig van sy/haar saak?
Word argumente oortuigend bewys/gemotiveer?
Is die slot sterk/duidelik/oortuigend?
Taal
Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute.
Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute.
Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute.
Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute.
Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute.
Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuurfoute.
TOTAAL uit 10
VERHALENDE OPSTEL
Die verhalende opstel handel oor die aanbied van ’n reeks gebeure in ’n sinvolle
volgorde. Die opstel gaan oor iets wat gebeur en vertel word (’n storie/gebeurtenis).
● Dit word opreg en met entoesiasme geskryf.
● Dit moet dus ’n oortuigende storielyn hê.
● Dit word gewoonlik in die verlede tyd geskryf, maar baie skrywers gebruik die
teenwoordige tyd om ’n gevoel van die hede te skep.
● Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.
● ’n Goeie verhaal het altyd ’n ongewone/onvoorspelbare en interessante slot.
● Gebruik direkte rede om die gevoel van die hede te skep; indirekte rede indien
jy afstand tussen die leser en die karakter wil skep.
● Die verhaal word gewoonlik uit eie ervaring geskep, of dit kan heeltemal fiktief wees.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 39
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM
JA NEE
Struktuur
Is daar ’n opskrif/titel?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Inhoud
Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou?
Volg die gebeure logies op mekaar?
Is die storielyn oortuigend?
Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant?
Taal
Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute.
Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute.
Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute.
Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute.
Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute.
Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuurfoute.
TOTAAL uit 10
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 40
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
TOESPRAAK
Hierdie skryfstuk handel oor ’n onderwerp waaroor daar standpunt ingeneem word.
● Jy moet oortuig van jou saak wees en 100% daarin glo, want jy moet jou toehoorders
oortuig.
● Oorredende en emotiewe taalgebruik kan is belangrik.
● Die inhoud ontwikkel logies en helder:
● paragraaf 1: gee jou standpunt duidelik weer
● paragrawe 2–4: gebruik minstens drie redes wat jou standpunt staaf en gee by
elke rede ten minste drie bewyse om jou standpunt te staaf.
● slotparagraaf noem die drie redes weer en kom tot ’n gevolgtrekking.
(Self-studiegids, Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009.)
ARTIKEL
Dit is ’n skryfstuk wat inligting oordra en gewoonlik in tydskrifte voorkom.
● Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
● ’n Subtitel kan gegee word.
● Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
● Die styl kan beskrywend of figuurlik wees.
● Name, plekke, tye, gebeurlikhede, standpunte en enige ander besonderhede behoort
ingesluit te wees, want dit maak dat lesers die artikel lees.
● Daar is ’n ooreenkoms tussen ’n feitelike opstel en ’n artikel. ’n Goeie artikel verg
deeglike kennis oor die onderwerp.
● Die omgekeerde piramiedemetode word hier gebruik. Die meeste feite word in die
eerste paragraaf gegee en die res van die inligting volg dan in dalende orde
van belangrikheid.
WIE/WAT/WAAR/WANNEER
HOE/HOEKOM/WAAROM
● Die slot gee ’n samevatting van die inhoud van die inligting.
● Ons kry artikels in die volgende formate:
In gewone In kolomme ’n Geselsartikel waar vrae aan die betrokke
paragrawe persoon gevra word – die vrae is in vetdruk en die
antwoorde verskyn direk onder die vraag
(Self-studiegids, Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 41
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
VRIENDSKAPLIKE BRIEF
● ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en word in ’n informele styl geskryf.
● Dit is gewoonlik ’n geselsbrief wat lewendig en interessant geskryf word.
● Die toon en register (taalgebruik) moet pas by die tipe verhouding wat daar tussen
die skrywer en ontvanger bestaan.
● Die inleidingsparagraaf skakel die ontvanger en die skrywer met mekaar.
● Die slotparagraaf vat die brief saam en gee dalk ook ’n rede waarom die ontvanger
moet terugskryf.
● ’n Vriendskaplike brief moet nog steeds in goeie taal geskryf word.
Ontongweg 17
Jou naam verskyn nêrens nie Grassy Park
Geen punktuasie in jou adres nie 7941
Die datum word voluit geskryf 14 April 2013
Liewe/Beste Leka
Laat reël oop
Dit was nou omtrent ’n groot verrassing om weer ’n slag jou
stem te kon hoor. Ek hoop dit gaan sommer gou weer gebeur.
Gelukkig is daar darem nog ’n manier om met mekaar in
kontak te bly – skryf!
Laat reël tussen paragrawe oop
Laat reël tussen paragrawe oop
Laat reël oop
Benut van nou af elke geleentheid – ook om met my kontak
te hou!
Laat reël oop
Jou boekwurm van ’n vriendin
Michelle
(Self-studiegids, Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 42
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
VRIENDSKAPLIKE BRIEF: KONTROLEVORM
JA NEE
Struktuur
Is die adres regs in blokvorm?
Is daar geen leestekens in die adres nie?
Is die datum voluit geskryf?
Is daar ’n korrekte aanhefvorm?
Is daar ’n reël oop na die aanhef?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Is daar geen reël oop na die afsluitingswoord nie?
Is daar geen punt na die naam aan die einde van die brief nie?
Inhoud
Skakel die eerste paragraaf die skrywer en die ontvanger met mekaar?
Is dit ’n lekker geselsbrief?
Is daar van informele taalgebruik gebruik gemaak?
Taal
Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute.
Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute.
Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute.
Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute.
Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute.
Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuurfoute.
TOTAAL uit 15
FORMELE BRIEF
Dit is ’n brief wat geskryf word wanneer jy inligting vra of inligting gee.
● Die taalgebruik is formeel en die inhoud is saaklik en op die punt af – geen
onbenullighede word gegee nie.
● Die adres aan die linkerkant is presies dieselfde adres wat op die koevert kom
● Daar is dus geen datum in hierdie adres nie.
● Die aanspreekvorm is altyd Meneer, tensy jy presies weet aan wie die brief gerig
moet word. (Meneer is hier slegs ’n aanspreekvorm en nie ’n geslagsaanduiding nie)
● Die insake word alles in hoofletters geskryf en dit dui aan waaroor die brief handel.
● ’n Formele brief word altyd met Die uwe afgesluit, gevolg deur jou volledige
voorletters/naam en van (jou handtekening is opsioneel).
● Slegs by briewe aan die pers kan ’n skuilnaam gebruik word.
● Geen leestekens word na Die uwe gebruik nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 43
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
Langstraat 32
Riversdal
6670
12 Augustus 2013
Die Bestuurder
Kulkaskenades en Vermaak
Grenslaan 61
Bellville
7530
Laat reël oop
Meneer
Laat reël oop
DANK VIR SKITTERENDE DIENS (alles hoofletters)
Laat reël oop
Hiermee my opregte dank vir puik en professionele diens aan
ons organisasie gelewer.
Laat reël oop
Reeds van die eerste korrespondensie tussen ons kon ek
getuig van flinke en duidelike reaksie. Dit het my laat besef
dat ek by die regte firma aangeklop het. Selfs die gaste en
hooggeplaasdes wat ons fondsinsamelingsfunksie bygewoon
het, het hulle waardering uitgespreek.
Laat reël oop
U kan daarvan verseker wees dat ons in die toekoms weer van
u dienste gebruik sal maak – en dit ook onder die aandag
van ander instansies sal bring.
Laat reël oop
Nogmaals hartlike dank.
Laat reël oop
Die uwe
Handtekening
J. M. Bosman
Voorsitter: Feesvereniging
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 44
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
DEKBRIEF SAAM MET CV
Skoorsteenstraat 20
Palmpark
Kimberley
8301
19 Maart 2011
Die Bestuurder
Kimberley Paneelkloppers
Posbus 10
Kimberley
8300
Meneer
AANSOEK OM BETREKKING: SEKRETARESSE
Ek doen graag aansoek om bogenoemde betrekking soos in Volksblad van
Vrydag 11 Maart 2011 geadverteer.
• Die taal, styl, toon en register moet formeel wees.
• Skryf nugter en saaklik.
• Jy reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. Die briefinhoud
moet dus pas by wat in die advertensie verlang word.
• Inligting oor tweetaligheid, sport- en kultuurprestasies en leierskapposisies
kan ook vermeld word.
• Inligting op die CV word nie in die dekbrief herhaal nie. In die dekbrief
word daar hoofsaaklik verwys na die dokumente soos die CV en moontlike
getuigskrifte wat ingesluit word.
• Maak ook gebruik van ander dokumente, getuigskrifte en sertifikate wat
ingesluit word.
Ek verseker u van my lojaliteit en harde werk indien my aansoek suksesvol is. Ek
hoop om gou van u te hoor.
Die uwe
(Handtekening)
A. du Plessis
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 45
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
CURRICULUM VITAE (CV)
Dit is ’n dokument waarin jy jouself aan die wêreld bekend stel.
● Bied alle relevante en nuutste inligting duidelik, netjies en georden aan.
● Die formaat is nie vas nie, maar die CV moet duidelik en maklik leesbaar wees.
● ’n CV word altyd van ’n begeleidingsbrief (dekbrief) vergesel. (Sien vorige bladsy.)
Let daarop dat die inhoud van die CV moet aanpas by die doel waarvoor dit aangewend
word, met ander woorde die teikenleser. Vir die voorstelling van ’n geleentheidspreker is
referente onnodig, maar wanneer die CV opgestel word om vir ’n betrekking aansoek te
doen, moet daar ten minste twee referente ingesluit word.
Die voorbeeld is ’n CV van ’n bekende sportman wat genooi is om as geleentheidspreker
by jou skool te kom optree. Hierdie CV behoort jou in staat te stel om die spreker aan
die skool voor te stel. Jy moet nou besluit watter inligting daarin vir die voorstelling van
toepassing is. (Die name en prestasies in die volgende CV is natuurlik fiktief!)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 46
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
CURRICULUM VITAE VAN CHARL HANEKOM
PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Naam en van Charl Hanekom
Adres Jacobstraat 43
Universitas
Bloemfontein
9301
Kontakbesonderhede Tel.: 051 8679777
Sel: 084 886 7414
E-pos: ch18@gmail.com
Geboortedatum 18 Junie 1980
Geboorteplek Kimberley
Identiteitsnommer 8006185067086
Huwelikstatus Getroud
Naam van gade Carien
Kinders Karla (5), Kobie (3)
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
TERSIêRE OPLEIDING 1998–2003: Universiteit van die Vrystaat
Hoogste kwalifikasie Honneursgraad in Menslike
Bewegingskunde
Afrigtingskursusse Krieket, rugby, swem
SKOOLOPLEIDING
Sekondêre opleiding 1985–1997: Hoërskool Grasbult
(Kimberley)
Hoogste kwalifikasie 1997: Nasionale Senior Sertifikaat
Vakke Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Wiskunde
Biologie
Natuur- en Skeikunde
Rekeningkunde
RUGBYLOOPBAAN Eerste rugbyspan (1996–1997)
Cravenweek o/19 Griekwas (1996–1997)
SA o/19 (1997)
Shimlas (1998–2000)
Cheetahs (2001–2003)
Blou Bulle (2004–2009)
SA Nasionale Span (2005–2009)
Afrigter: Natal Haaie o/21 (2010–huidig)
REFERENTE Prof. S. J. Pretorius (Dekaan)
Fakulteit: Geesteswetenskappe
Universiteit van die Vrystaat
Selfoon: 083 876 5334
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 47
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
VERSLAG
’n Verslag is ’n formele dokument oor gebeure wat reeds plaasgevind het.
● Dit is ’n presiese weergawe van ’n gebeurtenis/ongeluk/sentrum/restaurant/
film, ens.
● ’n Verslag gee feite.
● Feite word chronogies, kort en bondig gegee
● In die inleidingsparagraaf word presies gesê waaroor verslag gelewer word
● ’n Verslag kan formeel of informeel wees. Taal en styl moet by die verslag pas,
d.w.s. die teikengroep gaan jou taal bepaal. Die inhoud van ’n verslag oor ’n
sportbyeenkoms by jou skool wat jy vir die skoolkoerant skryf se taal gaan verskil
van dieselfde verslag wat jy vir die hoof skryf – alhoewel die inhoud dieselfde gaan
wees.
● Daar is verskillende soorte verslae, bv. ooggetuieverslag/notule/resensie.
OOGGETUIEVERSLAG
Die ooggetuieverslag is ’n presiese, feitelike weergawe van ’n gebeurtenis en word
dikwels vir nuusuitsendings of koerantberiggewing gebruik. Dit is dus ’n verklaring wat
’n persoon aflê oor wat hy of sy gesien het.
Kenmerke
● Paragraaf 1: persoonlike inligting (volle name, identiteitsnommer,
adres en kontaknommer)
● Paragraaf 2: besonderhede van gebeure (datum, tyd, plek)
● Paragraaf 3: uitbreiding op besonderhede
● Paragraaf 4: samevatting of gevolgtrekking
̓ n Ooggetuieverslag aan die polisie
● Dit word in die eerste persoon geskryf, byvoorbeeld:
Ek het gesien hoe die motor om die draai jaag.
● Formele verslae deur ’n onbetrokke verslaggewer word in die derde persoon
geskryf.
● Besonderhede wat die ooggetuie gesien het, moet in fyn detail beskryf word.
● Die verslag moet saaklik geskryf word – tegniese woorde en frases
is dikwels nodig.
● Geen emosioneel gelaaide woorde moet gebruik word nie, slegs neutrale woorde.
● Formele en onpersoonlike taal word gebruik.
● ’n Ooggetuieverslag aan die polisie word onderteken en van ’n datum voorsien.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 48
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
AGENDA
’n Agenda is die program waarvolgens ’n vergadering verloop.
● Dit word voor die vergadering aan die betrokke persone gegee.
● Dit rangskik die sake in orde van belangrikheid en gee struktuur aan die vergadering.
● Aan die hand van die agenda kan vasgestel word hoeveel tyd aan elke saak bestee
kan/moet word.
● Dit word puntsgewys opgestel.
● Die vetgedrukte punte moet altyd op ’n agenda verskyn – die res is addisionele sake
wat bespreek word.
● Die notule (verslag van die vergadering) word aan die hand van die agenda geskryf.
AGENDA
VERGADERING: HOKKIE-ONDERSTEUNERSKLUB
DINSDAG, 15 MAART 2013
1 Opening en verwelkoming
2 Presensie
3 Notule van die vorige vergadering
4 Sake uit vorige notule
4.1 Snoepie-yskas
5 Nuwe sake
5.1 Eerstespan: klere en borge
5.2 Wedstrydbepalings
5.3 Hokkiesokkie: beplanning
6 Algemeen
6.1 Hekgelde
7 Datum van volgende vergadering
8 Afsluiting
____________ ___________
D. B. Ndebe C. Cloete
Voorsitter Sekretaresse
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 49
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
NOTULE
’n Notule is ’n verslag van ’n vergadering.
● Dit dui die naam van die organisasie asook die presiese datum en plek waar die
vergadering plaasgevind het, aan.
● Die notule word aan die hand van die agenda geskryf.
● Die vooorsitter se naam word eerste by die presensie geskryf en die res van die
teenwoordige lede volg alfabeties.
● Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf.
● Besluite word woord-vir-woord genotuleer en onbenullighede word uitgelaat.
● Die voorsitter en sekretaresse teken die notule.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 50
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
NOTULE
van vergadering van die
Hokkie-Ondersteunersklub
gehou op 15 Maart 2013 in die Konferensiekamer
1. Opening en verwelkoming
Die voorsitter open die vergadering en verwelkom almal by die nuwe
hokkieseisoen.
2. Presensie
Teenwoordig: mnr. D. B. Ndebe, mnr. K. Burger, me. C. Cloete,
me. G. Ntika, me. D. van der Merwe.
Afwesig met verskoning: me. B. Marais woon die koorvergadering by.
3. Notule van die vorige vergadering
3.1 Die notule van die vorige vergadering, 13 Oktober 2012, word voorgelees.
3.2 Me. Ntika keur dit goed en mnr. Burger sekondeer.
4. Sake uit vorige notule
4.1 Die stukkende yskas in die snoepie is herstel.
5. Nuwe sake
5.1 Die borg vir die eerstespan het onttrek as gevolg van ’n skielike finansiële
krisis en dus sal die spelers voorlopig hulle eie klere moet betaal. Daar word
wel ’n ander borg gesoek en verdere inligting sal op ’n latere stadium gegee
word.
5.2 Me. van der Merwe onderneem om so gou as moontlik die probleme met die
wedstrydbepalings op te volg en die korrekte inligting aan al die spankapteine
deur te gee.
5.3 ’n Hokkiesokkie sal op Vrydag 25 Maart in die skoolsaal gehou word.
Me. L. Mbeki sal die snoepie beman, mnr. Burger sal kaartjies by die
deure verkoop en alle komiteelede sal ’n diensrooster vir die aand ontvang.
6. Algemeen
6.1 Mnr. Burger herinner al die lede dat alle ouers wel hekgelde tydens sportdae
moet betaal. Spelers hoef egter nie te betaal nie.
7. Datum van volgende vergadering
Die volgende vergadering sal gehou word op Woensdag 23 Maart in die
konferensiekamer.
8. Afsluiting
Die voorsitter bedank almal vir hulle teenwoordigheid en wens almal ’n
genotvolle seisoen toe.
____________ ___________
D. B. Ndebe C. Cloete
Voorsitter Sekretaresse
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 51
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
RESENSIE
’n Resensie is ’n verslag oor ’n film/boek/sentrum/restaurant/kunswerk/toneel, ens.
Dit is m.a.w. ’n kommentaar op iets.
● ’n Goeie resensent bly objektief en gee feite weer om die leser te oortuig.
● Resensies word gewoonlik in die derdepersoon geskryf.
● Die titel sê wat geresenseer word:
● Paragraaf 1: naam van boek+skrywer/film of toneel+regisseur en belangrike
akteurs/restaurant+eienaar word gegee
● Paragraaf 2: gee ’n algemene indruk oor dit wat geresenseer word
● Paragraaf 3: vertel iets oor inhoud van boek/film/kos van restaurant
● Paragraaf 4: verdere uitbreiding van dit wat geresenseer word
● Slotparagraaf: gee resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/
samevatting en aanbeveling van die produk
DIALOOG
Dit is die gesprek tussen twee of meer persone.
● Sprekers se name staan teen linkerkantste kantlyn, in hoofletters.
● Daar is dubbelpunte na die name.
● Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
● ’n Reël word na elke verskillende spreker oopgelaat.
● Ekstra inligting om emosie/gevoel aan te dui, word tussen hakies geskryf, in kursief.
● Die taal en styl moet by die onderwerp pas en aanpas by die verhouding tussen die
betrokke sprekers.
PIET: (verbaas) Wat op aarde doen jy?
SARIE: (tevrede met haarself) Kan jy nie sien nie? Ek was ons kat.
Sy is vol stof.
PIET: (buite homself van woede) Dis mý kat! Jy kan nie my kat was nie – en
in elk geval, katte wil nie gewas word nie!
Ek sal jou nek omdraai!
SARIE: (sarkasties) Nou vat jou ou vuil kat.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 52
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
ONDERHOUD
’n Onderhoud word gewoonlik met ’n persoon gevoer om meer inligting te kry oor die
betrokke persoon of oor dit wat hy/sy doen of waarby hy/sy betrokke is.
● Die onderhoudvoerder moet deeglike navorsing doen oor die persoon met wie die
onderhoud gevoer word of die saak waaroor die onderhoud gevoer word.
● Die vrae moet met die teikenlesers as eindbestemming opgestel word.
● Duidelike en kort vrae word aan die persoon gerig en relevante antwoorde verskaf
die inligting vir die skryfstuk wat hieroor geskryf gaan word.
● Die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees en die taal moet
toepaslik wees.
● Die onderhoud kan dan in ’n dialoog of ’n geselsartikel weergegee word.
(Self-studiegids, Nasionale Departement van Onderwys, Oktober 2009.)
BERIG
’n Berig is ’n weergawe van iets wat reeds gebeur het en kom in ’n koerant voor.
● Die opskrif/titel moet aandag trek (foto’s kan ook gebruik word).
● Die feite moet so akkuraat moontlik gegee word.
● In die eerste paragraaf word onmiddellik die volgende inligting gegee:
● wat het
● met wie
● waar en
● wanneer gebeur?
● Dan word daar op die res van die gebeure uitgebrei.
● Die berig kan in gewone paragrawe of kolomme geskryf word.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 53
AFDELING 4
HERSIENING: SKRYF EN AANBIED
BERIG: KONTROLEVORM
JA NEE
Struktuur
Is daar ’n opskrif/titel?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Inhoud
Trek die opskrif/titel dadelik jou aandag?
Word daar in die inleidingsparagraaf gesê wat het met wie, waar en
wanneer gebeur?
Word daar oor die gebeure uitgebrei?
Is die inligting feitelik?
Taal
Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute.
Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute.
Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute.
Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute.
Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute.
Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuurfoute.
TOTAAL uit 10
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 54
Unit 5
AFDELING XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Woordkeuse en woordbetekenisse
WOORDEBOEKE EN TESOURUSSE HELP JOU OM WOORDESKAT uit te brei
Hoe om ’n woordeboek te gebruik
Die doel van ’n woordeboek is:
● om die betekenis van woorde in woordeboeke na te slaan,
● om die spelling en uitspraak/klem van woorde te bepaal,
● vir vertalings,
● om woordsoortlike gebruik vas te stel,
● om die gebruikskonteks te bepaal.
Ons sal dus kyk na:
● Tipes woordeboeke
● Hoe om ’n woordeboek te gebruik
● Die gebruik van ’n woordeboek vir vertaling
● Ander gebruike van ’n woordeboek
Op hierdie stadium behoort jy te weet hoe belangrik dit is om altyd ’n woordeboek
byderhand te hou as ’n mens ’n addisionele taal aanleer. As jy Afrikaans of enige ander
taal aanleer, is ’n woordeboek absoluut noodsaaklik.
Inhoud
Kom ons kyk eerstens na die verskillende tipes woordeboeke en ander taalhulpmiddels
wat daar is:
● Verklarende woordeboeke
● Tweetalige woordeboeke (Afr-Eng, Zulu-Xhosa, ens.)
● Tesourusse
● Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
● Elektroniese woordeboeke en speltoetsers
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 55
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
’n Paar van die woordeboeke sal bespreek word:
Eentalige woordeboek
Die eentalige woordeboek dui woorde se betekenis vir ons aan.
Tweetalige woordeboek
Die een wat jy waarskynlik die meeste gaan gebruik, is die tweetalige Afrikaans-Engelse
woordeboek.
Wat hierdie tipe woordeboeke so nuttig en kosbaar maak, is die feit dat dit Afrikaanse
woorde se vertalings (in Engels, Xhosa of Zulu, ens.) gee, en natuurlik ook die
omgekeerde.
Meertalige woordeboek
Hierdie woordeboek is presies wat dit sê: daar is meer as een taal in die woordeboek.
Dit is ’n woordeboek wat meestal die betekenis van ’n woord in meer as twee tale
aandui.
Jy moet altyd ’n woordeboek by jou hê in die Afrikaanse klas of wanneer jy tuis
taalaktiwiteite doen. Omdat jou woordeskat gedurig besig is om te groei, gaan jy die
woordeboek baie nodig kry om die betekenis van Afrikaanse woorde op te soek of om ’n
Engelse woord se Afrikaanse vertaling te kry.
Moenie vergeet om elke keer as jy ’n nuwe woord ontdek dit agter in jou werkboek in jou
woordelys te skryf nie.
Algemene vertaalfoute wat leerders soms maak
MEERVOUDE (met uitgange -e, -s)
● Engels: There are a lot of apples on the tree.
8 Afrikaans: Daar is baie appels op die boom.
9 Afrikaans: Daar is baie appels aan die boom.
● Engels: There are a lot of oranges on the tree.
8 Afrikaans: Daar is baie lemoens aan die boom.
9 Afrikaans: Daar is baie lemoene aan die boom.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 56
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
DIE GEBRUIK VAN wie EN wat
Reël: AS DAAR ’n VOORSETSEL VOOR wat STAAN, VERANDER DIT NA wie.
● Die man wat daar loop, is verlief.
● Die vrou op wie hy verlief is, dra ’n rooi rok.
DIE GEBRUIK VAN meer EN mees
● Die gesin is gelukkig.
8 Die dogter is meer gelukkiger.
9 Die dogter is gelukkiger.
8 Die ma is die mees gelukkigste.
9 Die ma is die gelukkigste.
DIREKTE VERTALINGS
● He lost his way.
8 Hy het sy pad verloor.
9 Hy het verdwaal.
● He wears spectacles.
8 Hy dra brille.
9 Hy dra ’n bril.
WOORDEBOEKE gee nie net vir ons die betekenis van woorde nie, maar ook ander
belangrike inligting soos die woordsoortlikheid, meervoude, verkleinings, hoe dit in ’n
sin gebruik word, sinonieme en hoe om dit uit te spreek.
Daarmee saam is daar ook ’n lys met afkortings wat ons kan gebruik. Verder leer ons ook
hoe om sinne van Engels na Afrikaans te vertaal en omgekeerd.
Hoe om ’n tesourus te gebruik
Die belangrikste funksie van ’n tesourus is om die regte woord in die regte konteks te
kry. Dit help ook om herhaling te voorkom.
As jy net kan sê: “My vakansie was baie lekker, want die weer was baie lekker en die
mense was baie lekker en die see was baie lekker”, dan sal jy nooit goeie punte vir jou
skryfwerk behaal nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 57
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Een woord vir ’n omskrywing
Omskrywing Een woord Omskrywing Een woord
(Persoonsname) (Persoonsname)
Hy sien altyd die optimis Hy sien altyd die pessimis
positiewe kant negatiewe kant
Hy/Sy waag baie waaghals Baie bang persoon bangbroek
Optree in iemand se plek plaasvervanger Iemand wat ’n orkes lei dirigent
Soldate sonder rekrute Soldate met ondervind- veterane
ondervinding ing
Iemand wat goed by afslaer Doen elektriese bedrad- elektrisiën
veiling verkoop ing
Kontroleer die ouditeur Gryp vrouens se hands- grypdief
boekhouding akke
Breek by plekke in inbreker Pas geboue en persele sekuriteitswag
op
Iemand wat te voet loop voetganger Iemand wat tussen huis pendelaar
en werk beweeg
Iemand wat na iets kyk toeskouer Iemand wat aan atletiek atleet
deelneem
Iemand wat die land immigrant Iemand wat die land emigrant
binnekom verlaat
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 58
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Enkelvoudige sin, bywoordelike bepalings van tyd, wyse, plek
In ’n enkelvoudige sin is die bywoordelike bepaling daardie woord(e) in die sin wat
meer vertel van die werkwoord.
Voorbeeld:
ww.1 2 hoe? (manier/wyse) ww.2
Ek het gister hartseer (by my oom se hospitaalkamer) uitgestap.
1 wanneer? (tyd) 3 waar? (plek)
Met ander woorde:
Wanneer het ek uitgestap? – gister (bywoordelike bepaling van tyd)
Hoe het ek uitgestap? – hartseer (bywoordelike bepaling van wyse/manier)
Waar het ek uitgestap? – by my oom se hospitaalkamer
(bywoordelike bepaling van plek)
Enkelvoudige sin (O, G, V) woordorde
’n Enkelvoudige sin bestaan uit:
’n onderwerp (subject)
’n voorwerp (object)
’n gesegde (gewoonlik ’n werkwoord/handeling; iets word gedoen) (verb)
Kry altyd eers die gesegde. Vra dan wie/wat? voor die gesegde. Die antwoord daarop is
die onderwerp. Vra wie/wat? na die gesegde, dan kry jy die voorwerp.
Verdeel enkelvoudige sinne in onderwerp, gesegde en voorwerp.
Identifiseer bepalings van tyd, plek en modaliteit.
(1) Onderwerp (2) Gesegde (3) Voorwerp
Die man eet die piesang
● Elke sin kan verskil.
● Gewone orde: onderwerp/gesegde/voorwerp
(1) Die kleremaker [ONDERWERP] (2) verstel [GESEGDE] (3) die mansbroek. [VOORWERP]
Wanneer daar bepalings bykom, moet die volgende orde altyd gehou word:
TYD/WYSE/PLEK (T/W/P)
(1) Die kleremaker
(2) verstel nou (T) haastig (W)
(3) die mansbroek in die werkskamer. (P) (STELLING)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 59
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Haastig (Wyse)
(2) Verstel
(1) die kleremaker
(3) die mansbroek haastig?
In die werkskamer (Plek)
(2) Verstel
(1) die kleremaker
(3) die mansbroek in die werkskamer?
Wat sien jy?
Die werkwoord (gesegde) staan elke keer TWEEDE in die sin.
Maar…
As jy met die gesegde begin, vorm jy ’n VRAAG of ’n BEVEL.
Vraag:
(2) Verstel (Werkwoord – ook genoem GESEGDE)
(1) die kleremaker haastig
(3) die mansbroek in die werkskamer? (VRAAG)
Bevel:
(2) Verstel
(3) die mansbroek!
NEGATIEWE BEVEL:
Moenie die mansbroek verstel nie!
Die skrywer kan die sinsdele rondskuif om verskillende dele te beklemtoon.
Sinsoorte
Leer tussen die verskillende soorte sinne onderskei:
stelsin, vraagsin, bevelsin en uitroepsin
Bevelsin Vraagsin Stelsin Uitroepsin
Versoeke of bevele is Wanneer gaan julle weg? Feite en menings word Hei!
twee voorbeelde van die Hoekom het jy dit ge- so oorgedra. Sjoe!
bevelsin: Gaan doen gou doen? Daar is water op die Aitsa, jy’s oulik!
jou huiswerk. Wie het dit gesê? maan. Maggies, sy’s mooi!
Staan stil! Waarheen gaan jy? Stout kinders moet
Vrae kan ook met werk- gestraf word.
woorde begin:
Loop hulle skool toe?
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 60
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Tydsvorme
Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
Die HOOFWERKWOORD staan Die woord “het” vervang ge- Die woord “sal” vervang die
gewoonlik in die tweede posisie woonlik die hoofwerkwoord en hoofwerkwoord en skuif na die
na die onderwerp. skuif na die laaste posisie saam laaste posisie.
(a) Die meisie sing in die koor. met ge-. (a) Die meisie sal in die koor
(a) Die meisie het in die koor sing.
gesing.
Soms word ’n saamgestelde Die hoofwerkwoord skuif tot Die hoofwerkwoord skuif tot
werkwoord gebruik: agter die voorsetsel en word met agter die voorsetsel en word een
(b) Hy maak die venster toe. ge- verbind. woord.
(b) Hy het die venster toe- (b) Hy sal die venster toemaak.
gemaak.
“Het” kan ook as selfstandige Voeg slegs die woord “gehad” Verander “het” na “sal” en voeg
werkwoord optree in die teen- aan die einde van die sin by. “hê” by in die laaste posisie.
woordige tyd. (c) Ek het ’n nuwe motor gehad. (c) Ek sal ’n nuwe motor hê.
(c) Ek het ’n nuwe motor.
Werkwoorde wat begin met be-, Voeg “het” by in die tweede po- Voeg “sal” by in die tweede posi-
ge-, er-, her-, ont-, ver-, en mis- sisie en skuif die werkwoord na sie en skuif die werkwoord na die
kry nooit ’n ge- in die verlede tyd die einde sonder enige verander- einde sonder enige verandering.
nie. ing. (d) Die skool sal in Januarie
(d) Die skool begin in Januarie. (d) Die skool het in Januarie begin.
begin.
As twee dade gelyktydig plaas- “Het” neem die tweede posisie “Sal” neem die plek van “het” en
vind en daar is ’n “en” tussen in en die “dade” skuif na die die twee dade skuif na die einde
hulle. einde. Voeg ge- by die eerste van die sin.
(e) Die bouer staan en eet. daad. (e) Die bouer sal staan en eet.
(e) Die bouer het gestaan en eet.
As twee dade plaasvind, maar “Het” neem die tweede posisie “Sal” neem die plek van “het” en
hulle volg op mekaar, kry elke in en die werkwoorde skuif saam die twee dade skuif na die einde
werkwoord ge-. na die einde. van die sin.
(f) Die kamerbediende was en (f) Die kamerbediende het die (f) Die kamerbediende sal die
stryk die wasgoed. wasgoed gewas en gestryk. wasgoed was en stryk.
Hulpwerkwoorde verander so: Hulpwerkwoorde het hulle eie As “sal” ingesit word, skuif al
(g) Ek kan nie vinnig hardloop verlede tydsvorm: die werkwoorde, in die volgorde
nie. (g) Ek kon nie vinnig hardloop waarin jy hulle gekry het, saam
nie. na die einde:
(g) Ek sal nie vinnig kan hard-
loop nie.
Pasop vir: Al hierdie woorde word “toe” in
Dan As Wanneer Nou die verlede tyd.
(h) Hy speel eers; dan doen hy sy (h) Hy het eers gespeel; toe het (h) Hy sal eers speel; dan sal hy
huiswerk. hy sy huiswerk gedoen. sy huiswerk doen.
As ek by die huis kom, doen ek Toe ek by die huis gekom het, het As ek by die huis kom, sal ek my
my huiswerk. ek my huiswerk gedoen. huiswerk doen.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 61
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Die verskil tussen “wanneer”, “toe” en “dan” in die verskillende tye.
Hier is ’n maklike manier om te onthou:
Die woorde Dan (D) As (A) Wanneer (W) Nou (N)
*D A W N word altyd... ...TOE in die verlede tyd.
Hulle eet wanneer hulle kom. Hulle het geëet TOE hulle (ge)kom (het).
Hy doen dit as hulle hom vra. Hy het dit gedoen TOE hulle hom vra.
Selfstandige naamwoorde (meervoud/verkleining/geslag)
Alledaagse meervoude, geslagswoorde, en verkleinwoorde.
Al hierdie woorde is SELFSTANDIGE NAAMWOORDE (nouns).
Meervoude
Die AGT belangrikste maniere om meervoude te vorm, is:
-e: neus – neuse; mond -ens: hawe – hawens;
-s: verwarmers; stralers; -’s: pa – pa’s; foto –
– monde; vlag-vlae; dag nooi – nooiens;
branders foto’s; video – video’s
– dae vrou – vrouens
-ers: kind – kinders; -ere: lied – liedere; -de: hoof – hoofde; -te: lig – ligte;
lam – lammers goed – goedere voog – voogde vuis – vuiste;
Let op: Die meervoud van -ding is -goed (speelding – speelgoed)
en die meervoud van buurman of buurvrou is bure.
Verkleinwoorde
Die SES belangrikste maniere om verkleinwoorde te vorm, is:
-tjie: tuintjie; stoeltjie; -jie: wind – windjie; -ie: duif – duifie; dorp – dorpie;
vloer – vloertjie hond – hondjie skulp – skulpie
-etjie: slang – slangetjie; -pie: oom – oompie; -kie: woning – woninkie;
lem – lemmetjie; pil – pilletjie stroom – stroompie; koning – koninkie;
wurm – wurmpie piesang – piesankie
Pasop. As ’n woord eindig met -ng en dit het TWEE lettergrepe, kry die verkleinwoord -kie. Maar as die woord
eindig op -ng en dit het net EEN lettergreep, kry dit -etjie: ringetjie; dingetjie.
Ander selfstandige namwoorde is: soortname (enige ding of voorwerp), eiename
(enige naam met ’n hoofletter), plekname en massaname (kilogram).
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 62
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Bywoorde
Plaas bywoorde in die korrekte volgorde: ONTHOU ALTYD – Tyd, Wyse, Plek
Bywoorde vertel jou meer van (a) ’n werkwoord (die meisie huil hartseer), (b) ’n
byvoeglike naamwoord (die hond is vreeslik vriendelik), (c) ’n ander bywoord , of (d) ’n
hele sin.
Bywoorde van tyd Bywoorde van wyse Bywoorde van plek Bywoorde van Bywoorde van
(manner) graad modaliteit
Leidraad: As die Leidraad: As die Leidraad: As die Leidraad: As die Leidraad: Die
vraag sê: Wan- vraag sê: Hoe...? vraag sê: Waar...? vraag sê: In watter bywoord van
neer…? is die ant- is die antwoord die is die antwoord die graad of hoeveel- modaliteit het te
woord die bywoord bywoord van wyse. bywoord van plek. heid...? is die ant- doen met die hele
van tyd. woord die bywoord sin. Moontlikheid,
van graad. waarskynlikheid en
sekerheid word hi-
ermee uitgespreek.
Ek ry soggens werk Die atleet Jy moet leer om Dit is taamlik koel Sy is darem ’n
toe en kom saans hardloop vorentoe te kyk en in die oggend. goeie
laat huis toe. vinnig. nie agtertoe nie. vrou.
Ander woorde: van- Ander woorde: Ander woorde:
dag, gister, betyds, Ander woorde: soontoe, daarna- verreweg, vreeslik, Ander woorde:
vroeër, binnekort, leesbaar, saggies, toe, daarheen, heeltemal, hoogs. mos, tog, miskien,
eers, toe, nou, dan, stilletjies, blindel- hierheen, tuis. dalk, asseblief, glo.
daagliks, onlangs, ings, botweg. Woorde soos
kort-kort, nou-nou, vorentoe, agtertoe,
netnou. boontoe, ondertoe
en buitentoe word
altyd vas geskryf.
Die woord toe word Werkwoorde word Tuis beteken Sommige bywoorde
net in die verlede soms verdubbel by+die+huis. het selfs trappe
tyd gebruik. Nou en so word nuwe van vergelyking.
en dan word in bywoorde gevorm: Huis toe beteken na Hulle is goed,
die twee ander tye lag-lag, huil-huil, die huis. beter, beste; graag,
gebruik. staan-staan. liewer, liefste;
Jy moet die verskil ’n S.nw. plus toe selde, minder,
ken tussen bin- (bywoord) word minste; naby, na-
nekort, kort-kort en altyd los geskryf bv. der, naaste; vroeg,
kortliks. Ons gaan huis toe. vroeër, vroegste.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 63
AFDELING 5
HERSIENING:
HERSIENING:
TAALSTRUKTURE
TAALASPEKTE
EN -KONVENSIES
Byvoeglike naamwoorde (intensief/attributief/predikatief)
Leer die algemene byvoeglike naamwoorde.
Hulle verander voor die naamwoord, trappe van vergelyking en intensiewe vorme.
● Byvoeglike naamwoorde het TWEE belangrike FUNKSIES.
● Een funksie is BESKRYWEND en die ander funksie is VERGELYKEND.
● Intensiewe vorme is BESKRYWENDE byvoeglike naamwoorde.
Beskrywende Vergelykende Vergelykende Vergelykende
byvoeglike naamwoorde byvoeglike naamwoorde byvoeglike naamwoorde byvoeglike naamwoorde
(a) Voor die naamwoord Stellende trap. Hierdie Leidraad: Voeg -er by Leidraad: Voeg die voor
(attributiewe b.nw) woord word gewoonlik die meeste woorde en die b.nw.
(b) Na die naamwoord in ’n vraestel tussen daarna as. -ste by die woord in die
(predikatiewe b.nw.) hakies gebruik en jy stellende trap vir die
Gewoonlik kry hierdie moet dit verander vol- Vergrotende trap oortreffende trap
woord slegs ’n -e as dit gens die instruksies. As hierdie woord gevra As hierdie woord gevra
voor die naamwoord word, moet jy die stel- word, moet jy die stel-
staan. As dit agter die lende trap verander, lende trap verander,
naamwoord staan, bly want jy vergelyk TWEE want jy vergelyk EEN
dit dieselfde. Kleure goed met mekaar. ding met baie ander. Dit
(behalwe “goud” kry ge- As ’n woord baie lank is is gewoonlik die woord
woonlik nie ’n -e nie en OF dit eindig met ’n -e, in die sin wat beklem-
party kort woorde (bv. kry die stellende trap toon uitgespreek word.
koud en oud) verander die woord “meer” by.
op ’n spesifieke manier.
(c) Intensiewes kry ge-
woonlik ’n -e as dit voor
’n naamwoord staan,
maar nie altyd nie.
Voorbeelde: Voorbeelde: Voorbeelde: Voorbeelde:
Hy is ’n aantreklike Hierdie man is (aantrek- aantrekliker as
man. lik) as Brad Pitt. rooier
Die man is aantreklik. My rok is (rooi) as my Hy is die aantreklikste
Dit is ’n rooi boek. skoene. Ek was vandag meer man in die land.
Die boek is rooi. Ek was (opgewonde) om opgewonde as gister.
Die kraai steel die goue hom te sien. Dit is die mooiste boek.
horlosie. Ek is die mees opge-
Die horlosie is van wonde vrou in die skool.
goud.
Dis ’n splinternuwe kar.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 64
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Idiomatiese taalgebruik (vergelykings)
So arm soos… ’n kerkmuis So maer soos… ’n kraai
So blind soos… ’n mol Hy rook soos… ’n skoorsteen
So dood soos… ’n mossie So skaars soos… hoendertande/ wors in
’n wolwehok
So donker soos… die nag So slim soos… die houtjie van die galg
So gereeld soos… klokslag So stil soos… ’n muis
So lelik soos… die nag So vet soos… ’n vark
Hy lieg soos… ’n tandetrekker Hy vloek soos… ’n matroos
So wit soos… sneeu So dronk soos… ’n lord
Om te swyg soos… die graf So fyn soos… ’n vlinder
So mak soos… ’n hond
Letterlike en figuurlike betekenis
Onder letterlike betekenis verstaan ons PRESIES dit wat daar geskryf staan, terwyl
figuurlike betekenis meer SIMBOLIES is. Die figuurlike betekenis word soms uitgeken
aan die ekstra -e wat aan die byvoeglike naamwoord gesit word.
Letterlike betekenis (denotasie) Figuurlike betekenis (konnotasie)
Die arm man het geen geld nie. Die arme ryk man het geen vriende nie.
Mense met baie geld en besittings is ryk. Hulle het ’n ryke verbeelding en kan sommer lek-
ker stories vertel.
Die stom mens kan nie praat nie. Wat gebeur met die stomme mense noudat hulle
huise afgebrand het?
Sjoe! Daardie seuns was regtig stout toe hulle die Ek gaan die stoute skoene aantrek en die ou uitvra.
vensters gebreek het.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 65
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Gevoelstaal, veralgemening, stereotipering
Lê taalgevoeligheid aan die dag:
● Wanneer gebruik ons jy/jou en u?
● Wanneer gebruik ons bek, pens, pote?
Diere Mense
bek mond
pote en kloue hande
pens maag
vreet eet
vrek sterf/gaan dood
suip drink
Direkte en indirekte rede (korrekte leestekens in dialoog)
As ons wil wys dat iemand praat, gebruik ons aanhalingstekens: “Goeienaand!”
Ons noem dit die direkte rede.
As ons vir iemand anders wil vertel wat iemand gesê het, gebruik ons geen tekens nie,
maar ons skryf die woorde op ’n ander manier oor. Ons noem dit die indirekte rede. (As
jy van iemand skinder, gebruik jy die indirekte rede!)
Direkte rede Indirekte rede Pasop vir
(a) (met dat) Die man sê dat hy baie As ’n man praat en hy sê “Ek”,
Die man (seun) sê: “Ek is baie bly is. verander dit in die indirekte
bly.” OF (sonder dat) Die man sê hy is rede na hy.
baie bly.
(b) (met dat) Die vrou (meisie) sê dat As daar ’n uitroep voor die per-
Die vrou (meisie) sê: “Ek borsel sy haar tande borsel. soon se woorde staan, moet jy
my tande.” OF (sonder dat) Die vrou sê sy die emosie wat dit oordra, bepaal
borsel haar tande. en so te werk gaan: “Sjoe! Ek was
bang” = … hy sê benoud dat hy
bang was.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 66
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
LEER hierdie veranderinge:
Direkte rede Indirekte rede
Voornaamwoorde Verandering
ek/jy hy/sy
joune/myne syne/hare
ons/julle hulle
hulle s’n ons s’n/julle s’n
bywoorde verandering
hierdie daardie
nou toe
vandag daardie dag
gister die vorige dag
môre die volgende dag
hier daar
oormôre twee dae later
volgende week die volgende week
hierheen daarheen
Uitroepe en uitdrukkings Verandering
Hy skree: “Eina! Ek het my arm gestamp.” Hy skree in pyn dat hy sy arm gestamp het.
Hy sê: “Hoera, ek het gewen.” Hy sê opgewonde dat hy gewen het.
Sy sê: “Foeitog, hy het verloor.” Sy sê simpatiek dat hy verloor het.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 67
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Beeldspraak en stylfigure
Beeldspraak en stylfigure Voorbeelde
Vergelyking: sleutelwoorde – nes en soos “Nes ’n slak sy dop, dra ek my huis...”
Metafoor: om een ding aan ’n ander gelyk te stel Sy hart is ’n klip in sy bors.
Eufemisme: om iets te versag Hier waar jy slaap, jou laaste slaap. (slaap = die
dood)
Personifikasie: om menslike eienskappe aan iets te Die maan lag in die lug.
gee
Teenstelling: ook genoem kontras Selfs die soetste wyn word suur.
Herhaling: om iets weer en weer te noem Sy hoor net die galop, die galop, die galop
Ironie: net mooi die teenoorgestelde van wat Hy is darem nou regtig ’n slim kêrel!
bedoel word, word spottend gesê
Enjambement: (run-on line) Netjies elke woord orden volgens plan.
Alliterasie: beginrym Wit is die water en wit is die wolk.
Assonansie: vokaalrym ...’n verdwaalde korhaan by die tennisbaan...
Metonimia: oornoeming. Die ding wat jy eintlik wil Kinders moet grys hare respekteer (met ander
noem, word nie beklemtoon nie. woorde kinders moet ou mense respekteer).
Antonomasia: ’n soort metafoor Hy is ’n regte Goliat. (Hy is baie groot.)
Hiperbool: oordrywing Ek het jou ’n duisendmaal gevra!
Litotes: opsetlike verkleining Die ou tjekkie is maar min, maar darem iets.
Onomatopee: klanknabootsing Die gezoem van die bye in die blik.
Ander terme: Ander terme:
Beeld – image Sintuie/sintuig – oog (gesigsintuig), oor (gehoors-
Toepassing – application intuig), neus (reuksintuig), voel (tassintuig), smaak
Slotreël – die laaste reël (smaaksintuig)
Figuurlike taal (konnotasie) Ruspunt – pouse
Letterlike taal (denotasie) Tersine – drie versreëls wat ’n eenheid vorm
Wending: die verandering Kwatryn – vier versreëls wat ’n eenheid vorm
Versreël: een reël in ’n gedig Kwintet – vyf versreëls wat ’n eenheid vorm
Koeplet: twee reëls Sekstet – ses versreëls wat ’n eenheid vorm
Rym: woorde wat dieselfde klink Oktaaf – agt versreëls wat ’n eenheid vorm
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 68
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Werkwoorde (Gesegdes)
’n Werkwoord word gebruik om die TYE van sinne te bepaal.
Hoofwerkwoord Hulpwerkwoord Koppelwerkwoord
Die hoofwerkwoord in die teen- 1 Die hulpwerkwoorde help die Koppelwerkwoorde koppel die
woordige tyd staan in die eerste hoofwerkwoord om tyd aan te byvoeglike naamwoord aan die
werkwoord-posisie: dui: selfstandige naamwoord:
• Die kind sien ’n spook. • Die man het ’n spook gesien • Die man is bang.
(help om verlede tyd aan te dui). • Die man word bang.
In die verlede tydsvorm asook in • Die man sal ’n spook sien (help • Die man lyk bang.
die toekomende tydsvorm staan om toekomende tyd aan te dui). • Die man skyn bang te wees.
dit in die tweede werkwoordpo-
sisie: 2 Die hulpwerkwoord dui die
• Die kind het ’n spook gesien. passiewe vorm aan:
• Die kind sal ’n spook sien. • Die spook is deur die man
gesien.
• Die spook word deur die man
gesien.
• Die spook sal deur die man
gesien word.
3 Die hulpwerkwoord dui
modaliteit aan:
• Die man moet/moes die spook
soek.
• Die man wil/wou die spook
soek.
• Die man kan/kon die spook
sien.
• Die man behoort die spook te
soek.
• Die man hoef nie die spook te
soek nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 69
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Homofone, homonieme
Homofone is woorde wat eenders klink, maar verskillend geskryf word en waarvan
die betekenis verskil.
Hier is ’n lys en hoe die woorde gebruik word in sinne:
Jy eet kos om aan die lewe te bly. Jy lê ’n eed af as jy in die hof staan en getuig.
Ek eis ’n verduideliking van jou. Die kind skaats op die ys.
Ek reik na die sterre. Die man is baie ryk, want hy het baie geld.
Ek is arm, maar ek werk hard. Die meisie is baie maer, want sy eet min.
Hy probeer peil hoe ver die sterre van ons is. Om met ’n pyl en boog te skiet, is ’n kuns.
Die beeste wei in die veld. Ek wy my lewe aan my passie vir kuns.
Die see is daar een vaam diep. Hy hou van al die faam wat hy as akteur kry.
Die berg is baie steil. Ek hou van jou nuwe styl; dit pas jou goed.
Dit was ’n wonderlike vonds toe ons die skatkis Ons moet ’n fonds vir die weeskinders stig.
kry.
Homonieme klink dieselfde en word dieselfde gespel, maar hulle verskil in betekenis.
Kyk na die volgende maniere om die woord sy te gebruik:
● Die sywurms in Sjina spin die sy op ’n ander manier as die sywurms in Italië.
(Selfstandige naamwoord – soort materiaal)
● Sy het vir my gesê dat sy weer die werk sal doen. (Vroulike persoon –
voornaamwoord)
● Die man het sy hand geskud toe hy hom ontmoet. (Manlike persoon – besitlike
voornaamwoord.)
● Ek het ’n pyn in my sy en sal dokter toe moet gaan.. (Selfstandige naamwoord – deel
van liggaam)
● Uitdrukking: Hoe dit ook al sy, ek het nie weer van haar gehoor nie. (Wat ook al die
geval is.)
Sinne kan ook homonieme wees:
● Ek soek die vrou met die hond – kan beteken ek gebruik die hond om die vrou te
soek OF ek soek die vrou wat ’n hond het.
● Ou perde spring moeilik – kan beteken dat ou perde nie meer kan spring nie OF dat
dit moeilik is om op ou perde te ry en met hulle te spring.
● Die skaap is te vet om te eet – kan beteken die skaap(vleis) is baie vetterig en kan nie
geëet word nie OF die skaap is so vet dat hy sukkel om self te eet.
Die betekenis van woorde in ’n vreemde taal kan verwarrend wees (confusing) omdat
woorde met dieselfde spelling verskillende betekenisse (different meanings) kan hê.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Spelling – los- en vasskryf
Dit is belangrik om woorde korrek te spel.
Woorde wat een begrip aandui, Intensiewe vorme word vas Woorde kan soms vas en soms
word vas geskryf. geskryf. los geskryf word, maar dan
Samestellings word vas geskryf beteken die woorde nie meer
– EEN woord. Voorbeelde: dieselfde nie.
Daar is TWEE woorde met brand:
Voorbeelde: badkamer, De- brandarm en brandmaer. Voorbeelde:
sembermaand, eindeksamen, Daar is TWEE woorde met mors: Ek het al twee appels geëet./Hy
gemakstoel, huiswerk, huishulp, morsdood en morsaf. het altwee appels geëet.
Malanrylaan, Nuwejaar, sitkam- Daar is DRIE woorde met smoor:
erstoel, vieruur, tienuur. smoorverlief, smoorkwaad en In die oggend staan ons almal
smoordronk. agter mekaar./Hy is ’n agterme-
EEN IDEE = EEN WOORD Daar is VIER woorde met bloed: kaar jong man.
bloedjonk, bloedrooi, bloedmin
en bloedweinig. Die boom sal groot word as jy
Daar is SES woorde met stok: hom baie water gee./My kinders
stokblind, stokdoof, stokflou, sal grootword sonder ’n pa.
stokoud, stokstyf en stoksielal-
leen. Die rok is regtig te kort./Daar is
Daar is SESTIEN woorde met ’n tekort aan voedsel in daardie
dood: doodbang, land.
-bleek, -eenvoudig, -eerlik,
-gaar, -gelukkig, -gewoon, Hy het honderd rand verdien./Ek
-goed, -lekker, -moeg, -onskul- het ’n honderdrandnoot opgetel.
dig, -skaam, -seker, -siek, -stil,
-swak, Dit het twaalf uur geneem om tot
-tevrede. in die Kaap te ry./Dis nou op die
Verdere voorbeelde: splinter- kop twaalfuur.
nuut, peperduur, poedelnakend,
vrekmoeilik, piepklein Wanneer woorde rigting aan-
dui, word dit altyd los geskryf:
Ons gaan Kaap toe, Ons was vir
die dag Durban toe.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 71
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Spelling, hoofletters, leestekens
Hoofletters word in hierdie gevalle gebruik.
(a) By die eerste letter van elke (b) By die eerste letter van die (c) By die eerste letter ná die
volsin: Die man sien ’n slang. tweede woord as die sin met dubbelpunt in sinne in die direkte
’n begin: ’n Man het die slang rede: Piet sê: “Ek sal die pille
geskiet. koop.”
(d) By die name van God en (e) By alle eiename: Hester, Piet,
(f) By titels en name van fami-
gelowe: Here, Mohammed, Prot- Nina, Klara, Daniel en by alle lielede wat as aanspreekvorm ge-
estants, Anglikaans. plekname soos Durban. bruik word: Meneer, Oom, Tannie
(Sien pasopblokkie.)
(g) By name van publikasies: Rap- (h) By name van verenigings, par- (i) By name van dae, maande en
port, Huisgenoot, You. tye, openbare liggame, inrigtings, feesdae: Maandag, Kersfees,
dienste, ensovoorts: Radio Paasfees, Maart.
Sonder Grense; Radio Jakaranda.
Pasop: (j) Wanneer titels voor eiename gebruik word, word dit gewoonlik met ’n klein letter gespel:
mnr. Jansen, dr. Hamman, tannie Louise
Leestekens
Leesteken Naam Voorbeeldsin
. punt Aan die einde van ’n sin plaas ons ’n punt.
, komma Hulle gaan by die skool lees, speel en sing.
? vraagteken Wie het die boek vir jou gegee?
! uitroepteken Sjoe! Julle span is goed!
“” aanhalingstekens “My naam is Marie. Ek is vyftien.”
ë deelteken Ons het die kos geëet.
ê kappie Die skape mê in die kraal.
( ) hakies Die mense (Jan se familie) het vroeg gekom.
ï Deelteken op i Ek is beïndruk met die nuwe hoof.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 72
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Stam, afleiding, samestelling, samestellende afleiding,
verbindingsklanke
Woorde kan eenvoudig (simplekse) of kompleks wees.
Simplekse het slegs een BASIESE DEEL of stam:
● As iets van die woord weggevat word, sal dit niks beteken nie.
● Daar kan dus geen letters van die woord weggevat word om die woord korter te maak
nie.
Ingewikkelde woorde word komplekse genoem. Hulle bestaan uit een of meer stamme.
Premorfeme en of postmorfeme word bygevoeg.
Komplekse woorde
Stam + Stam Premorfeem + Stam Stam + Postmorfeem
leeu + wyfie = leeuwyfie ge (verlede tyd) + slaap = geslaap tafel + tjie (verkleining) = tafeltjie
venster + bank = vensterbank aarts (grootste) + vyand = rots + agtig (byvoeglike naam-
aartsvyand woord) = rotsagtig
bottel + prop = bottelprop on (nie) + eerlik = oneerlik koning + in (vroulike vorm) =
koningin
tafel + poot = tafelpoot her (weer) + ken = herken dig + ter (persoonsnaam = digter
kat + kos = katkos anti (teen) + rook = antirook groot + ste (trappe van verge-
lyking)
= grootste
bottel + prop = bottelprop ont (weg) + trek = onttrek hond + e (meervoud) = honde
Soms is daar verbindingsklanke tussen 2 stamme sodat die woord makliker uitgespreek
kan word.
hond + hok = hondehok suid + wind = suidewind
suster + kind = susterskind stad + japie = stadsjapie
kind + boek = kinderboek broer + liefde = broederliefde
eet + tyd = etenstyd wa + huis = waenhuis
duif + hok = duiwehok brief + mes = briewemes
Jy moet voor- en agtervoegsels kan gebruik om nuwe woorde te vorm –
bedags, weekliks, onskuldig.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 73
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Ons maak nuwe woorde deur voegsels voor aan die woord te sit:
Voorvoegsel Betekenis Voorbeeld Voorvoegsel Betekenis Voorbeeld
1 aarts- baie groot aartsvyand 6 oer- baie oud oermens
2 anti- teen antirook 7 on- nie onmoontlik
3 be- laat gebeur besmeer 8 ont- wegneem ontsê
4 her- weer herwin 9 ver- laat gebeur versier
5 mis- verkeerd mishandel 10 wan- slegte wanorde
Ons maak nuwe woorde deur voegsels agter aan die woord te heg:
Agtervoegsel Betekenis Voorbeeld Agtervoegsel Betekenis Voorbeeld
1 -aar ’n persoon boemelaar 9 -(d)er persoon leerder
2 -aard soort mens luiaard 10 -erig manier benerig
3 -agtig “soos” aapagtig 11 -ery doen iets werkery
4 -aris werker sekretaris 12 -gewyse manier speelsgewyse
5 -asie toestand persentasie 13 -heid eienskap moeilikheid
6 -baar hoedanigheid vrugbaar 14 -ier persoon tuinier
7 -dom groot groep rykdom 15 -in vrou kelnerin
8 -loos “sonder” foutloos 16 -skap hoedanigheid klerkskap
17 -es meervoud gevangenes
Ons maak nuwe woorde met behulp van:
(A) SAMESTELLINGS
As ons twee (of meer) woorde saamvoeg om ’n nuwe begrip te vorm praat ons van ’n
samestelling.
Elkeen van die woorde beteken op sy eie iets anders as wat die saamgestelde produk
beteken.
Voorbeelde:
goed = die meervoudsvorm van ‘ding’; koop = om geld te betaal om iets te kry.
Maar: goedkoop = om baie min vir iets te betaal.
papier = iets waarop jy skryf; pop = iets waarmee kinders speel.
Maar: papierpop = pop in papiervorm.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 74
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Twee woorde word Twee woorde kry Twee woorde kry -s Twee woorde kry -er Twee woorde kry
een woord -e tussenin tussenin tussenin -ns of -ens tussenin
slaap+kamer held+e+daad hemp+s+mou kind+er+jare lewe+ns+lus
tafel+doek hond+e+hok stad+s+kind Suid+er+kruis ete+ns+tyd
lewe+s+lank
As woorde met -f As een woord Die eerste deel Daar is plek vir Pasop vir vangplekke:
eindig, word dit eindig en die van die aarde + appel = aartappel
-w volgende begin ’n samestelling is kop en die voete
met -s: +ss+ enkelvoud. op ’n bed. aarde + bewing = aardbewing
skip + kaptein = skeepskaptein
brief+bus = dans+saal meisie+skool koppenent vrugteboord/ossewa/
briewebus plaas+seun man+skoene voetenent hoëveld/os+wa=ossewa
Die laaste deel van die woord sê waaroor dit gaan, bv. watertenk is ’n tenk waarin daar
water is en tenkwater is water wat van ’n tenk kom.
Ander voorbeelde:
tuin+grond = tuingrond; knop+neus = knopneus; operasie+teater = operasieteater
(B) AFLEIDINGS
’n Woord word met behulp van ’n voegsel verander.
Voorbeeld:
In die toekoms sal baie dinge verander. Ons moet let op toekoms(tige) verander(ings).
Die gedeeltes tussen hakies is agtervoegsels.
(C) SAMESTELLENDE AFLEIDINGS
Ons neem twee of meer woorde en voeg ’n voegsel voor of agteraan.
Voorbeelde:
matriek (woord) + afskeid (woord) + rok (woord) + ie (voegsel) = matriekafskeidrokkie
gesig (woord) + s (verbindingsklank) + ont (voegsel) + rimpel (woord) + ing (voegsel) =
gesigsontrimpeling (facelift)
So maak ons nuwe woorde:
1 Die vrou is ’n mens wat soms ydel kan wees. vroumens
2 Sy sal die geld wat sy erf vir die operasie gebruik. erfgeld (inheritance)
3 Die vrou soek behandeling vir haar skoonheid. skoonheidsbehandeling
4 Die strale van ’n laser kan plooie verminder. laserstrale
5 Die kontoere van haar liggaam lyk nou baie goed. liggaamskontoere
(body’s contours)
6 Sy wil die kleur van haar oë verander. oogkleur
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75
AFDELING 5
HERSIENING:
HERSIENINGSGIDS:
TAALSTRUKTURE EN
TAALASPEKTE
-KONVENSIES
7 Sy het by die salon ingestap waar skoonheid
geadverteer word. skoonheidsalon
8 Sy gaan behandeling ontvang om haar skoonheid te verbeter skoonheidsbehandeling
9 Sy weeg nou so lig soos ’n veer. veerlig
10 Die meisie wat trou, gaan haar rok self maak. trourok
11 Hy dra skoene wat dik hakke het. dikhakskoene
12 Die masjien waarmee mens koffie maak, het gebreek. koffiemasjien
13 Die venster van die klaskamer het gebreek. klaskamervenster
14 Die skoene waarmee hy stap, het vuil geword. stapskoene
15 Sy het heel eerste ’n operasie aan haar neus gehad. neusoperasie
16 In die toekoms sal die geboorte van babas beperk word. geboortebeperking
17 Sy is nou so mooi soos ’n pop. popmooi
18 Die wind wat van die noorde en die weste kom,
het die fietsryer omgewaai. noordwestewind
19 Die lepel waarmee ek my tee roer, is van silwer gemaak. teelepel
20 Die punte van sy vingers is sensitief omdat hy sy hand
gebrand het. vingerpunte
Klankverskynsels
In Suid-Afrika praat baie mense Afrikaans, maar dit klink nie altyd dieselfde nie omdat
mense dieselfde woorde verskillende uitspreek. Kyk hoe verander klanke volgens die ses
basiese klankverskynsels.
Klankverskynsel Definisie Voorbeeld
Assimilasie Klanke verdwyn gedeeltelik of heeltemal. Gedeeltelik: Stellenbosch word Stellem-
bosch
Heeltemal: wilde word wille
Oorronding Die lippe word nog ronder gemaak om Natuurlike uitspraak: Da’ lopie man. Dit
klanke te vorm. Dit klink geforseerd. Elke word: Daar loop die man.
klank word van begin tot end presies
uitgespreek.
Ontronding Sekere klanke behoort met geronde lippe suutjies word sietjies; huis word hys; muis
uitgespreek te word, maar word met ge- word mys; vandag word vedag; wanneer
splete lippe gevorm. word wanner
Nasalering Die lug gaan deur die mond en die neus dans word daas; ons word ôs; aanhoor
na buite as die woord uitgespreek word. word aahoor
Metatesis Geen klank word weggelaat nie, maar persent word present; probeer word
klanke ruil plekke om. perbeer
Palatalisasie Woorde word uitgespreek deur die tong melk word mjelk; kinders word kenirs;
na die harde verhemelte te beweeg. saadjie word saaitjie
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 76
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Voegwoorde – groep 1, 2, 3
Verbind sinne met voegwoorde en gebruik die korrekte woordorde.
Groep 1 Groep 2 Groep 3
(Daar is geen verandering van die (Die werkwoord of die hulp- (Die werkwoord en die hulpwerk-
woordorde nie.) werkwoord skuif tot langs die woord skuif tot aan die einde van
voegwoord.) die sin.)
Kommas voor maar, want en dog. Kommapunte voor die voeg- Geen leestekens nie.
woorde, maar kommas voor al,
dan en toe.
Voegwoorde: Voegwoorde: Voegwoorde:
en, maar, want, dog, dus, daarom, gevolglik, tog, nog- Enige verbinding met -dat,
of (or), òf... òf (either…or), nòg... tans, anders, al (although), dan, aangesien, hoewel, alhoewel
nòg toe (then), nietemin (although), as, indien, sodra,
sedert, mits (provided that),
tensy (unless), asof, terwyl, of
(whether), toe (when), wanneer,
hoe...hoe...
Voorbeelde: Voorbeelde: Voorbeelde:
Jan het gaan slaap. Hy is baie Jan is baie moeg. Hy het gaan Jan het gaan slaap. Hy is baie
moeg. (want) slaap. (daarom) moeg. (omdat)
Jan het gaan slaap, want hy Jan is baie moeg; daarom het hy Jan het gaan slaap omdat hy baie
is baie moeg. gaan slaap. moeg is.
Jy kan ’n sin begin met die woord Sinne kan begin word met die
Al: voegwoorde uit hierdie groep:
Al het hy vroeg gaan slaap, was Omdat hy vroeg gaan slaap het,
hy die volgende dag nog steeds het hy beter gevoel.
moeg.
Skematiese voorstelling van hoe sinne lyk wat met ’n groep 3-voegwoord begin word.
Tyd waarin sin geskryf word ww. = werkwoord Voorbeeld
Teenwoordige tyd Gr.3 ww. + komma + ww. Terwyl sy die boek lees, val die
reën.
Verlede tyd Gr.3 ww. + ww. + komma + ww Toe sy die boek gelees het, het
ww. (aan einde) dit gereën.
Toekomende tyd Gr.3 ww. + komma + ww. Alhoewel dit hard reën, sal ons
ww. (aan einde) tennis kan speel.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 77
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Jy moet voorwaardes kan stel deur voorwaardelike sinstrukture te gebruik:
As ek nie die motor gesluit het nie, sou hulle...
As is ’n Groep 3-voegwoord.
Wanneer jy ’n sin met As begin, lyk die sin skematies so:
Groep 3 (As).....................................................ww., ww. ......................................ww.
Voorbeelde:
● As hulle nou kom, gaan ek iets eet.
● As hulle nie nou kom nie, sal ek kwaad word.
Voorsetsels
Leer die belangrikste voorsetsels. Die kleinste woordjies gee soms die grootste probleme.
Voorsetsels is woorde wat verhoudings aandui en voorsetsels oor verhoudings is ook
belangrik:
Ek hou van jou. Ek is verlief op hom. Hulle is verloof aan mekaar. Hy is jaloers op haar.
Hulle gaan met mekaar trou, want hulle is verloof aan mekaar. Hulle gaan aan die
einde van die jaar met mekaar trou. Hy sal haar goed behandel en hulle sal op mekaar
staatmaak. Hulle is trots op hulle kinders. Niks sal hulle ooit van mekaar laat afsien nie,
want hulle is geheg aan mekaar.
Sit aan tafel Hulle is in nood Praat met Op kollege Stuur dit per Ten gunste van
iemand wees, maar aan pos (t.g.v.)
die universiteit
Skuldig aan Alles is in rep Doen dit met Op kantoor Betaal R200 Ten spyte van
moord en roer opset wees per persoon (t.s.v.)
Rug aan rug Goed in Simpatie hê Op vlug slaan Per dag As gevolg van
wiskunde met (a.g.v.)
Gaan aan wal Dit val in my Gaan saam met Teken in op die Reis per trein Stap te voet
smaak tydskrif
Aan die neus lei In ’n bus of mo- Met die hand Op die waar- Reis per vlieg- Ry te perd
tor wees skud heid tuig
baseer
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 78
AFDELING 5
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Spelreëls en spelpatrone
Die ABC van woorde wat dikwels verkeerd gespel word.
A B C
aaklig, aartappel, adres, baie, bekommerd, chaos, confetti, chauffeur.
akkommodasie, allerhande, al benodigdhede, biblioteek, bietjie,
weer, ambisieus, blondine,
ambulans, ammunisie. beklemtoon.
D E F
dieselfde, disko, dissipline. eiendom, eienaar, etiket, elek- familie, figuur, fiks, fout, fris.
trisiteit, enjin, entoesiasme, ewe
skielik.
G H I
galery, gebaseer, gedurende, hardkoppig, hartseer, hemde, illusie, individu, ingenieur, in-
grammatika, grootte, grote, herinnering, huwelik. tellektueel, interessant.
grotte, geïnteresseerd.
K L M
kanselleer, komitee, kommis- liggaam, liefde, lyf, lewe, liewe, maatskappy, masjien, minuut,
sie, koöperasie, kommunika- liewer. misdadiger, muggie.
sie, kaartjie, korrespondensie,
krokodil, kwartier, karretjie,
komitee.
N O P
naelskraap, nasionale, nog onmiddellik, onmoontlik, om papegaai, pawiljoen,
steeds, nog een, nog ’n man, verskoning vra, opgeruimd, op- paraffien, periode,
nuuskierig. ponent. pessimisties, plakkaat, polisie,
prokureur.
R S T
rapport, regisseur, rêrig, regtig, sjokolade, skielik, standerd, telegram, teleurgesteld, tot siens,
raadgewer. standaard, suinig, slordig, sok- tweede.
ker.
U V W
universiteit, universeel, uniek, vakansie, vermoëns, veertien, waardeer, waardeur,
uiter. verrassing, veertig, vlieënier, waatlemoen, wedstryd, weer
volgende, volgens, vrolike. eens.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 79
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante
Lettergrepe wat op klinkers (voka- As daar ’n kort vokaal (klinker) Soms val die aksent nie op die
le) eindig, word oop lettergrepe voor ’n medeklinker (konsonant) kort klinker nie, en die medeklink-
genoem. In oop lettergrepe word staan EN die klinker word beklem- er word nog steeds verdubbel:
die klinkers a, e, o en u nie dub- toon, word die medeklinker dub- alleen, bobbejaan,
beld geskryf nie, behalwe vir die bel geskryf. pikkewyn, kommissie
uitsondering op die reël: tweede.
Voorbeelde: krappe, messe, Lettergrepe wat op konsonante
Voorbeelde: sake, beweging, lemme, bomme, bulle. (medeklinkers) eindig, word
mede, bome, bane, bure. geslote lettergrepe genoem:
waar/-heid.
Deelteken: ë/ï
Die deelteken word gebruik om Ons sê dus: Ar-gen-ti-ni-ë. Hierdie Woorde soos dae, laer, waens,
die begin van ’n nuwe lettergreep woorde kry almal deeltekens: dieet, finansieel kry nie deeltek-
te wys. beëindig (be-ëin-dig), beïnvloed, ens nie, omdat die klinkers NIE as
breër, diëte (maar dieet), geïgno- een klank uitgespreek kan word
Onthou dat elke lettergreep in reer, geïnteresseer, hoër, moeër, nie. Ons sê: da-e/di-eet/la-er.
Afrikaans uitgespreek word. Ons neëntig, oorloë, reën, seël,
het nie stil klanke nie. spieël, vlieënier, vroeër, reünie,
voël, leë.
Kappie: ^
’n Kappie kom bo ’n e, i, o en u en Woorde met ’n ê-klank voor ’n r, Pasop vir hierdie
dit wys dat die klank langer gerek kry nie ’n kappie nie: uitsonderings:
moet word. kers, kombers, perd, pers, ver, skêr en skêre, primêr en primêre,
Voorbeelde: vlermuis. dissiplinêr en dissiplinêre.
ê soos in êrens, lê, sê, wêreld,
mê; û soos in brûe;
ô soos in môre;
î soos in wîe – die meervoud van
wig.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 80
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Koppelteken: -
(a) By die opeenhoping (b) By herhalings: kort- (c) By samestellings wat (d) By samegestelde
van klinkers: drie-uur, kort, gou-gou, nou-nou. met “en” verbind word: titels: luitenant-
see-eend. sout-en-peperstelletjie. kolonel, sersant-majoor
(e) By aardrykskun- (f) By samekoppe-lings (g) By samestellings (h) By samestellings met
dename: Suid-Afrika, wat al tot ’n vaste een- met letters en syfers: oud-, hulle-,
Noord-Korea, Oos-Duits- heid gegroei het: wag-’n- X-strale, A-span, Graad assistent-, vise-,
land, Wes-Berlyn. bietjie, piet-my-vrou. 9-klas. adjunk-, aspirant-, pro-,
anti-, oud-leerling,
ma-hulle, vise-hoof, anti-
alles.
(i) Om dubbelsinnig-heid (j) By samestellings waar (k) Om ’n toestand aan (l) By lang samestellings:
te vermy: pronk-ertjie (in die laaste deel net een te dui: Hy’s been-af op skoolgeld-inbetalings;
plaas van pronkertjie) keer genoem word: in-en haar; Sy lyk maar bek-af; waatlemoenkonfyt-ten-
sebra-vel (in plaas van uitgange; seuns- en Ek is raad-op. toonstelling.
sebravel). meisieklere.
Pasop hiervoor: Verbindings met eiename
Telwoorde kan met of wat die funksie van ’n
sonder koppeltekens eienaam verrig, kan los
geskryf word: Sy is drie- of vas geskryf word: O. R.
en-twintig; Sy is drie en Tambo-lughawe OF
twintig. O. R. Tambolughawe OF O.
R. Tambo lughawe.
Afkappingsteken: ’
(a) By meervoude en (b) By meervoude en (c) By sommige (d) By verswakte Pasop:
verkleinwoorde van verkleinwoorde van uitroepe: vorme: waar’s, hy’t, Ons gebruik nie die
selfstandige naam- eiename wat eindig B’r!; H’n-n! daar’s. afkappings -s by
woorde wat eindig op ’n s, z en e wat die volgende nie:
op ’n beklemtoonde nie in die enkelvoud John se boek (En-
a, i, o, en u: safari’s, uitgespreek word gels: John’s book).
foto’tjie, skadu’tjie. nie. Cilliers’s en
Celliers’tjie.
Hakies: (…)
( ) Ronde hakies ( ) Ronde hakies As ’n volledige sin As ’n parentese in Gebruik vierkantige
word gebruik om word gebruik as aangehaal word, ’n sin gevoeg word, hakies [ ] binne
’n letter, ’n woord bronne aangehaal kom die punt binne verskyn dit tussen ronde hakies.
of sin by te voeg as word. die hakies. ( ) , met ’n komma
verduideliking. daarna:
Ouderdom kom Afkortings soos jr. In wiskunde word As die woord tus- As ’n gedeelte van
tussen hakies as dit en sr. word nie tus- verskillende hakies sen hakies kursief ’n sin aangehaal
ná die persoon se sen hakies geskryf in vergelykings ge- is, moet die hakies word, kom die punt
naam verskyn. nie. bruik. Die volgorde nie ook kursief buite die hakies.
is altyd: wees nie.
{[({[()]})]}
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 81
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Lettergreepverdeling
Soms moet jy ’n woord aan die einde van ’n reël afkap. Jy moet ook weet waar om ’n
woord in sy dele af te kap.
(a) As ’n medeklinker tussen (b) Wanneer twee medeklinkers (c) Wanneer daar drie of meer
klinkers staan, vorm die me- tussen klinkers staan, val die medeklinkers staan, word die
deklinker deel van die volgende skeiding tussen die twee me- woord ná die eerste medeklinker
lettergreep: wa-ter; ta-ma-tie; deklinkers: negen-tig; afgekap: kon-trak; pam-flet.
po-me-lo. in-rig-ting.
(d) Die deelteken wys waar die (e) Die kappie wys gewoonlik (f) Die s en die j word nooit geskei
nuwe lettergreep begin: vo-ël. waar die lettergreep eindig: bê- as dit een klank vorm nie: brosj-
re; nê-rens. ure; masj-ien.
Lidwoorde
Bepaalde lidwoord Onbepaalde lidwoord
die ’n
Voorbeeld: Voorbeeld:
Ek het die onderwyser in die dorp gesien. Hulle het ’n huis gekoop.
Die word altyd voor die volgende woorde gebruik: Ons gebruik nooit ’n in die volgende gevalle nie:
dood, meeste, winter, herfs, lente, somer, ouder- Hy staan op aanklag van bedrog tereg.
dom, kerk, skool, toekoms, verlede, geskiedenis, Dit word as voorbeeld genoem.
hospitaal, (in) die mode, (in) die skuld; voor die Hy is lidmaat van die kerk.
oortreffende trap -ste; voor name van geboue. Sy is as joernalis uitstekend.
Soms word de nog gebruik by woorde soos: wat de Die paaiement is as persentasie van die bedrag
drommel, wat de duiwel. bereken.
Ons gebruik altyd ’n voor miljoen, miljard, tril-
joen, maar nie voor honderd en duisend nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 82
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Telwoorde en rangtelwoorde
1 2 3 4 5
een twee drie vier vyf
eerste tweede derde vierde vyfde
6 7 8 9 10
ses sewe agt nege tien
sesde sewende agtste negende tiende
11 12 13 14 15
elf twaalf dertien veertien vyftien
elfde twaalfde dertiende veertiende vyftiende
16 17 18 19 20
sestien sewentien agtien negentien twintig
sestiende sewentiende agtiende negentiende twintigste
Ontkenning
Die negatiewe vorm word soms soos volg uitgedruk.
Positiewe sinne (+) Negatiewe of ontkennende sinne (-)
Het jy al van die Titanic gehoor? Het jy nog nie van die Titanic gehoor nie?
Wil jy nog kos hê? Wil jy nie meer kos hê nie?
Bevel: Slaan die kat! Moenie die kat slaan nie!
Versoek: Staan asseblief regop. Moet asseblief nie regop staan nie.
Óf Jan óf Sarie gaan eerste staan in die klas. (Geen nie aan die einde van die sin nie) Vervang
elke óf....óf met nóg...nóg
Nóg Jan nóg Sarie gaan eerste staan in die klas.
Ander: êrens, iets, altyd, iemand, al ooit, alles, Ander: nêrens, niks, nooit/nie altyd,
moontlik, iets, al iets, alreeds, baie/al baie. niemand, nog nooit, niks, nie moontlik nie, niks, nog
niks, nog nie, nog nie baie nie, glad nie.
Die woorde geen, g’n, geeneen, nêrens, niemand, niks en nooit kry almal nie aan die
einde van die sin:
Ek het geen vriende in daardie stad nie.
Ons kan een, twee, drie en vier nie’s in ’n sin kry.
Ek kan – Ek kan nie.
Ek kan dit nie doen nie.
Ek weet nie hoekom jy nie van katte hou nie.
Sy is nie doof nie, dus hoef jy nie te skree nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 83
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Sinonieme, antonieme, paronieme, verwarrende woorde
Sinonieme en antonieme word gebruik om ons woordeskat te verbreed en ons sinne
meer interessant te maak. Om net een woord soos “lekker” aanmekaar te gebruik om te
sê dat ons van iets hou, is baie vervelig.
Sinonieme is woorde met ongeveer dieselfde betekenis. Hier volg ’n lys van die
algemeenstes.
admireer bewonder akkuraat noukeurig akteur toneelspeler
applous toejuiging apologie verskoning applikasie aansoek
arriveer aankom biografie lewensbeskry- botanie plantkunde
wing
briesend woedend chemie skeikunde definisie omskrywing
destinasie bestemmimg distansie afstand eggo weerklank
eksperiment proefneming ekspert deskundige finansieel geldelik
fisika natuurkunde forseer dwing garage motorhuis
geografie aardrykskunde histories geskiedkundig horison kim
industrie nywerheid intellektueel slim intens hewig
insident voorval inspireer motiveer katastrofe ramp
komedie blyspel kompeteer meeding konflik botsing
konfidensieel geheim konsonant medeklinker kontinent vasteland
kopie eksemplaar kommunikeer praat/skryf kwaliteit gehalte
matesis wiskunde modern byderwets moment oomblik
offisieel amptelik okkasie geleentheid opponent teenstander
periode tydperk/les permissie toestemming populasie bevolking
prinsipaal skoolhoof probleem vraagstuk professie beroep
profyt wins redenaar spreker resultaat gevolg
satisfaksie bevrediging simpatie meegevoel sisteem stelsel
substituut plaasvervanger suspisie agterdog tydens gedurende
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 84
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Antonieme is woorde met ’n teenoorgestelde betekenis.
aanneem verwerp aanraai afraai agterdog vertroue
anderkant duskant bevestig ontken blydskap hartseer
boeiend vervelend eenvoudig ingewikkeld oorvloed gebrek
geestelik liggaamlik gewillig onwillig goedkeur afkeur
guns onguns helder troebel helder betrokke
hoogmoedig nederig hoop wanhoop inheems uitheems
inkomste uitgawe lafaard held letterlik figuurlik
lui fluks maklik moeilik minderheid meerderheid
mis raak modern outyds mondig minderjarig
mismoedig vrolik onbeskof beleefd oorlog vrede
oorsaak gevolg oorwinning nederlaag optimisties pessimisties
orde wanorde praat stilbly rykdom armoede
selde gereeld siek gesond skriftelik mondeling
stedelik landelik styg daal suinig vrygewig
teoreties prakties tydelik permanent verbeter versleg
verminder vermeerder volop skaars voordeel nadeel
voorstander teenstander vreugde verdriet vriend vyand
vorentoe agtertoe
Paronieme is woorde wat van dieselfde stam of basis afgelei word, maar wat van
betekenis verskil. Paronieme word ook soms verwarrende woorde genoem.
Basis (stam) Betekenis 1 Betekenis 2 en 3
dank afdank(ing) bedank(ing)
dra draagbaar draaglik
kind kinderlik kinderagtig/kinds
kos (cost) kosbaar kostelik/kosteloos
troos ontroosbaar troosteloos
oordeel veroordeel beoordeel
bank bankier banket
Verstaan en gebruik verwarrende woorde.
berig/berug beurt/buurt brei/bry klere/kleure lit/lid
haal/hael maer/maar eis/ys Britte/Britse volgende/volgens
steil/styl steur/stuur swaer/swaar vel/fel vyl/vuil/vyl
syne/seine gelede/verlede peil/pyl vors/fors deesdae/destyds
gedurig/gedurende wei/wy vrae/vra/vraag ly/lui/lei/lê dokter/doktor
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 85
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Figuurlike taal
(A) IDIOMATIESE TAALGEBRUIK
Idioom Verduideliking Engels
Die aap uit die mou laat Die geheim uitlaat To tell a secret
(Ver)koop vir ’n appel en ’n ei Goedkoop verkoop of koop Sell or buy cheaply
’n Appeltjie skil met iemand Met iemand raas Scold someone
Die appel val nie ver van die boom Aard of lyk na die pa/ma Look or act like father
af nie
Been-af wees op iemand Verlief wees op iemand To be in love with someone
Hoë bome vang die meeste wind Belangrike mense kry die meeste Important people are critisized
kritiek the most
Sit met hande in die hare Weet nie wat om te doen nie Don’t know what to do
Die hasepad kies Weghardloop Run away
Jakkals prys sy eie stert Iemand spog met homself To brag
Gesels oor koeitjies en kalfies Gesels oor klein dingetjies Chitchat
Op hete kole sit Angstig wees To be anxious
Die koeël is deur die kerk Dis verby/die skade is gedoen The deed has been done
Kop bo water hou Finansieel oorleef To hold your head above water
Platsak wees Geen geld hê nie To have no money
In jou noppies wees met iets Baie tevrede wees To be happy
In die pad gesteek Verloor jou werk To be fired
Na iemand se pype dans Na iemand luister/wense uitvoer To follow instructions
Daar’s ’n skroef los Daar’s iets verkeerd Something’s wrong
Daar’s ’n slang in die gras Daar’s ’n groot fout There is a big problem
Jy gaan jou rieme styfloop Jy gaan gevang word You are going to get into trouble
Moenie tou opgooi nie Moenie opgee nie Don’t give up
Stadig oor die klippe Moenie te haastig wees nie Slow down
Dit gaan voor die wind Dit gaan goed All is well
Dis bo my vuurmaakplek Ek verstaan dit nie I don’t understand
Hy is uit die veld geslaan Hy is oorbluf Hy is dumbfounded
Jy help hom van die wal in die Jy help hom glad nie You’re not actually helping him
sloot
Hy is van lotjie getik Hy is mal He’s mad
Hy’t ’n klap van die windmeul weg Hy is mal He’s crazy
Hy het lang vingers Hy steel/hy’s ’n dief He’s a thief
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 86
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
(B) VASTE UITDRUKKINGS
a) Alles was in rep en... toe die sirkus vertrek. (roer)
b) Sy praat land en... oor alles wat gebeur het. (sand)
c) Hulle kla steen en... oor die moeilike eksamen. (been)
d) Ons moet swoeg en... om die feite te leer. (sweet)
e) Hy vertel dit wyd en... aan almal wat wil luister. (syd)
f) Sy is nou baie op en..., want sy het die hele dag geslaap. (wakker)
g) Hulle kom van heinde en... om die eksamen te skryf. (verre)
h) Sy kuier net so af en... by ons. (toe)
i) Oos, wes, tuis...! Dis lekker om terug te wees. (bes)
j) Sy belowe hand en... dat sy my sal help. (mond)
k) Hulle wik en... oor die groot besluit. (weeg)
l) Ek is nou siek en... vir hierdie gemors. (sat)
m) Jy kan my nie sommer hiet en... nie! (gebied)
n) Hulle veg soos kat en... met mekaar. (hond)
o) Ons het nie ’n kat se... om te wen nie. (kans)
p) Dis nou of...! Jy moet die kans waag. (nooit)
q) Uit die oog, uit die... (hart)
r) Ons moes net wen: buig of...! (bars)
s) Ek skrik nie vir koue... nie! (pampoen)
t) Ons soek hot en... na die roosmaryn. (haar)
(C) IDIOMATIESE VERGELYKINGS
So dood soos ’n mossie So regop soos ’n kers
So glad soos seep So blind soos ’n mol
So maer soos ’n kraai So mak soos ’n hond
So hard soos klip So doof soos ’n kwartel
So oud soos die berge So plat soos ’n pannekoek
Sien ook bl. 65.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 87
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Voornaamwoorde
Persoonlik, besitlik, betreklik, vraend en onbepaald.
Persoonlike v.nw. Besitlike v.nw Betreklike v.nw. Vraende v.nw. Onbepaalde v.nw.
(a) Hierdie soort (a) Dit is my boek; Pasop! Ons gebruik hierdie Hierdie woorde
voornaamwoord die boek is myne. (a) Ons gebruik woorde om vrae te verwys na mense
kan die onderwerp (b) Kan ek met jou baie keer wat in die stel en ons gebruik in die algemeen.
van die sin wees: pen skryf? Die pen middel van ’n sin. ’n vraagteken aan Dan gebruik ons die
Ek sing. Ons sing is joune. (b) Mense, diere die einde van die woord iets. Sy het
Jy sing. Julle sing. (c) Dit is sy fiets. en dinge kan wat sin: iets moois gesê toe
U sing. U sing. Die fiets is syne. gebruik. Die meisie Wie, Met wie, Wie ek daar weg is.
Hy sing. Julle sing (d) Sy mors vet op wat daar loop, is se, Wie s’n, Watter, Ons gebruik ook
Sy sing. Hulle sing. haar baadjie. my niggie. Die hond Waarin, Waarmee, ’n Mens as ons
(b) Soms is dit die (e) Die rok met die wat die wors ges- ens. na mense in die
voorwerp van die inkkol is hare. teel het, is stout. Vir mense gebruik algemeen verwys.
sin: Hulle motor is (As jy moet kies ons: Wie? Wie se? Dit gaan altyd saam
Jane help my. (ons) stukkend. tussen wie en wat Wie s’n? Watter? met jy en jou: ’n
Jane help jou/u. Die stukkende mo- en jy is onseker, Vir diere, dinge Mens moet altyd
(julle/u) tor is hulle s’n. kies wat, behalwe en lande gebruik jou werk doen as
Jane help hom/ as daar ’n voorset- ons: Watter? Wat? jy wil slaag. Ander
haar. (hulle) sel voor wie staan Waarin, -op, -van, woorde is hulle, ie-
of “se” agter wie.) -voor. mand en niemand.
Pasop:
’n Voorsetsel kom gewoonlik nie voor WAT nie, maar kan ná WAT staan. Ons kan dus nie vra: “In wat het
hulle gebad?” Ons sê liewer: Waarin...; maar ons kan sê: Die sout wat oor die kos gestrooi was...
Leer hierdie woorde:
in+wat = waarin; met+wat= waarmee; vir+wat = waarvoor; tot+wat = waartoe; om+wat = waarom;
na+wat = waarna
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 88
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Bedrywende en lydende vorm
Dit is die aktiewe en passiewe vorm.
Hier is ’n maklike manier om sinne in die lydende vorm te skryf:
As die bedrywende vorm in die teenwoordige tyd is…
Voorbeeld: Die vrou koop vroeg die koerant by die kafee.
Die vrou = onderwerp; koop = werkwoord; vroeg = bywoord van tyd; die koerant =
voorwerp; by die kafee = plekbepaling
Hier is die PATROON om te gebruik:
WORD+DEUR+ (GE-)
Voorwerp Eerste deel Tydwoord(e) Tweede deel Onderwerp Plekbepaling Werkwoord
van patroon van patroon
Die koerant word vroeg deur die vrou by die kafee gekoop.
As die woord “het” in die bedrywende vorm in die sin verskyn…
Voorbeeld: Die verpleegsters het die siek man gister in die ambulans gehelp.
Die verpleegsters = onderwerp; het + gehelp = gesegde; die siek man = voorwerp;
gister = bywoord van tyd; in die ambulans = plekbepaling
Hier is die PATROON om te gebruik:
IS + DEUR + (GE-) (Sekere werkwoorde kry nie ge- nie.)
Voorwerp Eerste deel Tydwoord(e) Tweede deel Onderwerp Plekbepaling Werkwoord
van patroon van patroon
Die siek man is gister deur die twee ver- in die ambu- gehelp.
pleegsters lans
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 89
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
As daar enige ander hulpwerkwoord in die bedrywende vorm is – sal, sou kan,
kon, moet, moes, wil, wou, gaan…
Voorbeeld: Die seun sal volgende jaar die koerante in sy buurt aflewer.
Die seun = onderwerp; sal + aflewer = gesegde; volgende jaar = tydsbepaling; die
koerante = voorwerp
Hier is die PATROON om te gebruik:
SAL + DEUR + (GE-) + WORD
Voorwerp Eerste Tydwoord(e) Tweede Onderwerp Plekbepal- Tweede Laaste deel
deel van deel ing deel van van patroon
gesegde van patroon gesegde
Die koe- sal volgende deur die seun in sy buurt afgelewer word.
rante jaar
Onthou die drie gebruike van -ge-:
● Dit kan voor die werkwoord kom: geloop
● Dit kan tussen twee dele van die werkwoord kom: ingeneem
● Dit val heeltemal weg by werkwoorde wat begin met: be-, ge-, her-, er-, ont-, ver- en
mis-.
Taalvariëteite – leenwoorde
Alle tale leen woorde by ander tale as hulle self nie ’n woord vir die voorwerp het nie.
Ken jy hierdie woorde?
We were sailing in our yacht.
Klink Engels, nè? Maar dis eintlik ’n Nederlandse woord vir ’n vinnige skip – ’n jacht.
Dis gebruik om die seerowers vinnig te vang.
Wat van: We only eat beef and mutton; we don’t eat pork.
Hierdie woorde is almal oorspronklik Franse woorde.
(boeuf = beef; mouton = mutton ; en porque = pork)
In Afrikaans eet ons beesvleis, skaapvleis en varkvleis.
In 1066 het ’n Franse koning, Guillaume (William), Engeland binnegeval en die Franse
was baie meer beskaafd as die stamme wat toe in Brittanje gebly het. Om deftig te wees
het hulle dus Franse woorde en gebruike aangeneem.
Alle woord met -tion aan die einde is oorspronklik Franse woorde.
In Suid-Afrika het Afrikaans baie woorde “geleen” by ander tale: Engels, isiXhosa,
isiZulu, Koikoi, San, ensovoorts.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 90
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Uit Maleis-Portugees het ons byvoorbeeld die volgende gekry:
● Ons hou van blatjang en bobotie.
● Hulle eet bredie met borrie.
● Sy sit onder ’n sambreel voor die kraal.
● Daar’s ’n kiepersol en katjiepiering in die tuin.
● Sy dra ’n tjalie terwyl sy ghommaliedjies sing.
● Haar seun is in die tronk.
● Haar kussings is met kapok gestop.
Uit Koikoi en ander inheemse tale het ons veral plant- en diername oorgeneem:
boegoe (soort medisinale plant), dagga (rookgoed), kwagga,(soort sebra) karos
(velkombers), kierie (houtstok om mee te veg), abba (dra), hamba (gaan weg), lala
(slaap), lapa (hier), kejima (maak gou), soeka (gaan weg), sabona (goeiedag), kala
(huil), faga lapa (sit daar neer), ieni-lô (wat is dit?), tula (moenie huil nie),
vannagalô (Afrikaans, Engels en inheemse tale vermeng).
Moderne woorde:
amandla (mag), imbizo (volksvergadering), imbongi (pryssanger), sangoma
(tradisionele geneser), ubuntu (medemenslikheid/hulpvaardigheid).
Uit Engels het ons die meeste woorde geleen.
Hier is voorbeelde:
speaker, struggle, koukus, parlement, polisieman, platform, telefoon, enjin, trok,
tjek, boikot, tender, trust, ghries, kondensmelk, belt, voetbal, rugby, krieket, gholf,
hokkie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 91
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Afkortings, verkortings, akronieme
(A) Afkortings van verskillende woordsoorte
Selfstan- s.nw. Bywoord bw. Werkwoord ww. voorsetsel voors.
dige naam-
woord
Byvoeglike b.nw. Voornaam- v.nw. voegwoord voegw. lidwoord lw.
naamwoord woord
(B) Afkortings vir die dae van die week
Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
Ma. Di. Wo. Do. Vr. Sat. Son.
(C) Afkortings vir maande van die jaar
Januarie Februarie Maart April Mei Junie
Jan. Feb./Febr. Mrt. Apr. Mei Jun.
Julie Augustus September Oktober November Desember
Jul. Aug. Sep./Sept. Okt. Nov. Des.
(D) Vinnige plan om afkortings te skryf
Afkortings vir drie woorde: Voorbeelde:
Neem die eerste letter van elke woord en plaas ’n met ander woorde: m.a.w.
punt daarna. ten spyte van: t.s.v.
ten gunste van: t.g.v.
deur middel van: d.m.v.
Soms gebruik ons net die eerste drie letters van ’n Kyk na die afkortings vir die maande hierbo.
woord.
Soms gebruik ons net die beginletter van elke sil- vergelyk – vgl.
labe. volgende – vlg.
Maklike reëls by die gebruik van afkortings:
● Moenie jou eie afkortings opmaak nie.
● Moenie afkortings in jou opstelle gebruik nie.
● Daar is ’n verskil tussen akronieme en lettername. ’n Akroniem is ’n woord wat
gevorm word uit afkortings soos SADOU en by ’n letternaam word elke letter
afsonderlik uitgespreek soos BTW.
● By meervoude gebeur die volgende: baie doktore = drr (die slotletter word
verdubbel); baie mejuffrouens = mejj.; baie paragrawe = parr.
● Jy kan ’n ’e of ’s gebruik by lettername soos Ons gaan ons ID’s kry as ons sestien is.
Daar word baie geld gesteel by die OTM’e.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 92
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Tyd- en skryfwyses
Tyd word in ure, minute en sekondes gemeet, maar hierdie drie vorme word slegs in
sportuitslagtye saam gebruik. Dit word uitgeskryf en kry nie kommas nie:
Die wedren het 2 uur 16 minute en 20 sekondes geduur. Dit kan ook so geskryf word:
2:16:20
Die internasionale skryfwyse van tyd (ook die 24-uur-skryfwyse genoem) bestaan uit
vier syfers: twee vir die uur (00 tot 24) gevolg deur ’n dubbelpunt [NIE h NIE] en twee vir
die minute (01 tot 60). Die 12-uur skryfwyse is verouderd.
Onthou, ons praat nie so nie, ons skryf net so.
Voorbeeld: Ons skryf 06:09, maar ons sê: nege minute oor ses.
Die voordeel van hierdie skryfwyse is dat ons nie hoef te sê voormiddag
(vm.) of namiddag (nm.) nie.
In ’n opstel moet die tyd uitgeskryf word: Gister om vieruur het die man weer daar
aangekom.
Tydsvorme
Die syfer en uur word los van mekaar geskryf as ons van ’n bepaalde (specific) tydsduur
(passage of time) wil praat. Ons kan die woord lank byvoeg om dit te beklemtoon:
Ek het drie uur lank vir hom gewag.
Die liggie het drie sekondes/minute lank geflits.
As ons oor ’n onbepaalde (unspecific) tyd praat, gebruik ons die meervoud (ure).
Sy het ons ure laat wag voordat sy opgedaag het.
Ons gebruik om voor tydsaanduiding in syfers of woorde. Dit gee die presiese tyd:
Die TV-program begin om sesuur.
Ons gebruik teen as ons nie ’n presiese tyd bedoel nie.
Solank julle teen sewe-uur daar is, sal dit goed wees. (omtrent sewe-uur)
Tyd op die horlosie is altyd EEN woord, maar soms moet ons ’n koppelteken gebruik as
die tyd dalk verkeerd uitgespreek kan word. Leer dus hierdie vorme: twee-uur; drie-uur;
sewe-uur; nege-uur. Al die ander is een woord: eenuur; vieruur, vyfuur, ensovoorts.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 93
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Infinitiewe vorm
As ons in Afrikaans die Engels “to” wil gebruik soos in “to dance, to play, to drink”
gebruik ons “om... te dans”, “om te speel” en “om te drink”.
Dit is die mees algemene gebruik van die infinitief.
Daar kan ander woorde na “om” verskyn, maar na “te” kry ons net die werkwoord(e).
Voorbeeld: Dit sal my help om die moeilike werk te kan verstaan.
(kan = hulpwerkwoord; verstaan = hoofwerkwoord)
By die volgende kry ons nie “om” nie:
“behoort… te”, “hoef net… te” en “hoef nie … te … nie”.
Deelwoorde
Daar is verskillende soorte deelwoorde.
(A) TEENWOORDIGE DEELWOORD
Kyk na hierdie sinne:
● Die vrou sing pragtig. sing = werkwoord (gesegde)
● Die singende skare op die rugbypawiljoen klink pragtig. (singende = byvoeglike
naamwoord)
’n Werkwoord wat verander word na ’n byvoeglike naamwoord word ’n deelwoord
genoem.
singende = byvoeglike naamwoord; -ende in Afrikaans = -ing in Engels.
-ing in Engels is ’n voortdurende aksie en -ende in Afrikaans wys ook dat dit besig is
om te gebeur.
Ander voorbeelde:
Die mense skreeu./Die skreeuende mense
Die motor kom aan./Die aankomende motor
Die mense gil toe hulle die akteur sien./Die gillende mense sien die akteur.
Die water loop oor die pad./Die lopende water spoel oor die pad.
Haar antwoord beslis die saak./Sy gee die beslissende antwoord.
Die skip dryf op die water./Die drywende skip
Die treinfluit waarsku die passasiers./Die waarskuwende fluit van die trein.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 94
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
(B) SWAK VERLEDE DEELWOORD
Hierdie werkwoord verander ook en word as byvoeglike naamwoord gebruik vir ’n
aksie wat reeds gebeur het.
Hierdie woord word gevorm deur ge- voor aan die woord en -te of -de agter aan die
woord te voeg.
Voorbeelde:
● Die gekapte hout lê langs die huis. (kap = werkwoord)
● Die afgesaagde stomp het soos ’n reusevinger gelyk. (afsaag = werkwoord)
As die werkwoord eindig met -k , -p, -g, -f en -s kry die deelwoord -te.
Voorbeelde:
● Die gemelkte koei het na haar kalfie geloop.
● Die gekrapte simkaart kan jy maar weggooi.
● Die verligte ma was net bly haar kind is veilig. (Onthou: geen ge- aan ver- nie.)
● Die gesifte meel is nodig om lekker koek te bak.
As die vokaal lank is voor -g -f en -s kry die deelwoord -de.
Voorbeelde:
● Die gesaagde hout was netjies gepak.
● Die geskaafde hout voel glad onder my vingers.
● Die geblaasde ballon het gebars.
As die werkwoord eindig op -g, -f. -s en daar is ’n vokaal soos -y of diftong soos ei-, ie- of ee- net voor
dit, kry dit ook -de.
Voorbeelde:
● Die gevreesde dag het aangebreek.
● Die bevriesde meer het in die flou sonnetjie geblink.
As die werkwoordstam op al die ander klanke eindig, kry dit meestal -de.
Voorbeelde:
● Die seun se gekamde hare het baie netjies gelyk.
● Hulle het frikkadelle gemaak van die gemaalde vleis.
● Die uitgeskelde dogter het dikbek in die klas gesit.
Party woorde kan -te en -de kry:
● vries: gevrieste of gevriesde
● verwoes: verwoeste of verwoesde
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 95
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
(C) STERK VERLEDE DEELWOORD
Hierdie soort deelwoord het in die verlede ’n verandering van die vokaal ondergaan.
Die meeste van hierdie soort deelwoorde word figuurlik gebruik.
Voorbeelde:
● Hulle het die nuwe presidentskandidaat aangewys. Hy is die aangewese kandidaat.
● My hart is gebreek oor die man my gelos het. Ek het ’n gebroke hart.
● Hy kan lank praat sonder om homself te onderbreek. Hy kan ononderbroke praat.
● Hulle het gesweer dat hulle mekaar sou doodmaak. Hulle was geswore vyande.
● Die water was bevries. Dis bevrore water.
● Hulle het hulle koppe gebuig. Hulle staan met geboë hoofde.
Letterlike betekenis Figuurlike betekenis
Ek dra gekrimpte klere. Hy het ’n bekrompe uitkyk op die lewe. (Baie kon-
serwatief)
Ek het my geswelde voete opgetel. Hy het ’n geswolle hoof. (Dink baie van homself)
Die man het die geskepte water gedrink. God het die mens in sewe dae geskape. (Geskep,
gemaak)
Metataal vir debatsprosedures
Reëls om ’n debat in die klas te hou
a Elke span bestaan uit twee sprekers wat ’n onderwerp of mosie verdedig, en twee
wat dit opponeer.
b Die beoordelaars staan onder leiding van ’n voorsitter en hy/sy is die finale
gesag en besluit saam met sy span wie die wenners is.
c Die TYDHOUER moet ’n stophorlosie of selfoon gebruik om die tyd vir elke
spreekbeurt te bepaal. Tydhouding is baie belangrik.
d Alle stellings moet volledig erken word.
e Gedurende die debat moet debatteerders alle besprekings aan die voorsitter van
die beoordelaars rig deur te sê: “Meneer die voorsitter/Mejuffrou/Mevrou die
voorsitter”.
f Verdedigers en aanvallers mag nie kante omruil nie.
g Die verdedigers moet slegs positiewe aspekte van die vraag bespreek en die
aanvallers die negatiewe aspekte.
h Elke span moet vooraf probeer dink watter argumente die opponerende sprekers
gaan gebruik en daardie argumente probeer weerlê.
i Elke span moet aandagtig luister na die opposisie en aantekeninge maak om later
as teenargumente te gebruik.
j Tydens die weerleggings moet die beoordelaars beïndruk word met skerp
argumente en teenargumente.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 96
AFDELING
Unit 5
XX
HERSIENING: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
k Vooraf beplanning van die onderwerp is baie belangrik.
l ’n Gewone debat duur een uur, maar dit moet in ’n klaskamersituasie aangepas
word.
Metataal vir vergaderings
’n Groep mense kom bymekaar en besluit dat hulle ernstig voel oor ’n saak.
Hulle kies dan ’n bestuur wat hulle verteenwoordig om aandag aan hierdie saak te gee.
Hulle besluit hoe lank die bestuur hulle verteenwoordigers sal wees. Hulle besluit uit
hoeveel lede die bestuur sal bestaan.
Die name van die bestuurslede is belangrik vir die agenda.
As dit ’n belangrike maatskappy is, sal daar ook baie lede wees, maar soms is twee of
drie lede genoeg.
Gewoonlik is daar ’n voorsitter en ’n sekretaresse of sekretaris om die notule te neem.
Die voorsitter word “Meneer die voorsitter” genoem.
Daar is ook gewoonlik ’n onder-voorsitter om oor te neem as die voorsitter nie daar kan
wees nie.
Die agenda word voor die tyd opgestel en aan al die lede gestuur. Dit word die
kennisgewing van die vergadering gehou. Dis ’n formele dokument en die u-vorm word
daarin gebruik.
Daarin word hoofsaaklik vertel wanneer, waar en hoe laat die vergadering
gaan plaasvind.
Die sake wat bespreek gaan word, word ook in die agenda aangedui. As daar te veel
sake is om te bespreek, word die minder belangrikes oorgeslaan en weer op die agenda
geplaas.
Aan die einde van die agenda is daar gewoonlik nog ’n inskrywing “Algemeen” sodat
ander sake ook bespreek kan word.
’n Notule word gehou om alle besluite neer te skryf.
Die notule en die agenda gaan hand aan hand.
Tydens die vergadering word die notule gehou en die name van die lede word
aangeteken as hulle afwesig was.
Lede moet die bestuur laat weet as hulle nie aanwesig gaan wees nie.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 97
Unit 6
AFDELING XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
VRAESTEL 1: Taal in konteks
2 UUR
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord dan die vrae wat volg.
Kinders wil mooi lyk met steroïede…
Byna twee derdes van alle skoolkinders wat steroïede gebruik, doen dit om mooi te lyk
en net 30% wil beter presteer in sport. Só is bevind in die 2011 Discovery Sharksmart-
opname. Dr. Glen Hagemann, ’n sportdokter, sê navorsing is onder meer as 12 000
tieners gedoen en dit het gewys dat sowat 4,6% van alle seuns al steroïede gebruik
het en 1,2% van alle meisies. Altesaam 63% van die deelnemers het gesê hulle het dit
gebruik om goed te lyk en 11% omdat hulle maats of afrigters hulle aangemoedig het
om dit te gebruik. Byna een uit tien kinders se ouers het druk op hulle geplaas. Volgens
Hagemann was rugbyspelers die grootste gebruikers. Mnr. Khalid Galant, uitvoerende
hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS), het gesê die
instituut het voorheen hul praatjies by skole op sportspanne gefokus, maar noudat dit
blyk tieners gebruik dit om beter te lyk, word die hele skool eerder by hulle praatjies
betrek.
Sommige van die aanvullings is ongetoets en besmet met verbode middels soos
stimulante en steroïde wat nie verklaar word nie. Etikette wat impliseer die produk is
deur SAIDS goedgekeur, praat nie die waarheid nie. SAIDS ondersteun geen produkte
nie.
(Die Burger, 22 Oktober 2011.)
1 Wat is die hoofrede hoekom die meeste skoolkinders steroïede gebruik? (1)
2 Noem nog ’n rede waarom kinders dit gebruik. (1)
3 Hoe vergelyk die gebruik van steroïede onder seuns met die gebruik onder
meisies? (2)
4 Gebeur dit enigsins dat ouers kinders aanmoedig om steroïede te gebruik? (1)
5 Watter sportsoort het die meeste steroïede-gebruikers? (1)
6 Wat, dink jy, is ’n rede vir jou antwoord in 5? (1)
7 Hoekom het Saids hul fokus van sportspanne na alle kinders in die skool verskuif? (1)
8 Noem twee moontlike gevare van aanvulllings. (2)
9 Is dit enigsins moontlik dat SAIDS ’n produk goedgekeur het? Motiveer jou
antwoord. (1)
10 Wat is jou standpunt oor die gebruik van steroïede? Motiveer jou antwoord. (2)
[13]
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 98
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
TEKS B: ADVERTENSIE
Lees die onderstaande advertensie en beantwoord dan die vrae wat volg.
(Huisgenoot, 27 Oktober 2011.)
11 Wie is die adverteerder wat hierdie kompetisie aanbied? (1)
12 Watter produk/diens lewer hierdie adverteerder? (1)
13 Verduidelik in jou eie woorde wat ’n neologisme is. (1)
14 Wat moet ’n persoon doen om aan hierdie kompetisie deel te neem? (1)
15 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.
Slegs individue kan deelneem. (2)
16 Verduidelik die woordspeling in die woord “virseker”. (2)
17 Wat is die adverteerder se logo? (1)
18 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
“Doef-doef-doef” is ’n voorbeeld van (klanknabootsing/klankverspringing). (1)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 99
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
19 Bespreek die geslaagdheid van die neologisme “slakkepas-verkeer”. (2)
20 Haal drie opeenvolgende woorde aan wat beteken “skielik, sonder dat jy dit sien”? (1)
21 Op watter twee maniere kan jy met behulp van die internet die adverteerder
kontak? (2)
22 Skep ’n neologisme vir:
a bumper bashing
b subwoofer (2)
[17]
Totaal Afdeling A: [30]
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2: TYDSKRIFARTIKEL
SPEEL VEILIG – maak so seker jou kinders het ’n gelukkige, gesonde vakansie.
Kinders ry met hulle fietse rond of baljaar in die strate of op die strand. Al wil ’n ouer
hê dat kinders al die buitelugaktiwiteite geniet, hou die somer baie gevare in.
Suid-Afrika het baie swembaddens, maar verdrinking vind ook in riviere, damme en
die see plaas. Kinders moet kan swem, maar daar moet nogtans altyd ’n volwassene
teenwoordig wees.
Dit is noodsaaklik dat kinders goeie sonroom gebruik. Smeer elke twee uur aan.
Moenie dink as jy ’n sonroom met ’n hoë faktor gebruik, jy hoef dit net een maal aan
te smeer nie. Kinders kan baie maklik in die son dehidreer, veral as hulle aktief is en
sweet. Water, melk en vrugtesap is ideaal. Lighoofdigheid en naarheid is tekens van
ontwatering en oorverhitting. Ham-, hoender- en eiertoebroodjies is baie gevaarlik
in warm weer. Dié proteïene veroorsaak dikwels voedselvergiftiging. Gebruik eerder
grondboontjiebotter en harde kaas.
Fietse en skaatsplanke kan gevaarlik wees. Kinders behoort veiligheidsdrag te dra.
Trampoliens veroorsaak dikwels beenbreuke en nekbeserings. Daar moet altyd volwasse
toesig wees wanneer kinders trampolien spring. Metaalglyplanke kan ook beserings
veroorsaak. In warm weer is hulle vuurwarm en kan ’n mens se vel lelik brand.
(Huisgenoot, 3 November 2011.)
Skryf nou ’n opsomming en volg hierdie instruksies:
● Som die hoofgedagtes van die teks in sewe sinne op.
● Skryf elke hoofgedagte in ’n volsin neer.
● Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
● Laat ’n reël tussen die sinne oop.
● Die lengte van jou opsomming moet 60–70 woorde wees en mag nie langer wees nie.
● Dui die korekte aantal woorde aan die einde van die opsomming aan, bv. [65].
● Punte word so verkry: 7 (feite) + 2 (taalfoute) + 1 (aantal woorde)
Totaal Afdeling B: [10]
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: TYDSKRIFARTIKEL
Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel op die volgende bladsy gebaseer.
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 100
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
1 Gee die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord. Die probleem
moet vinnig opgelos word. (1)
2 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.
Jy besef die persoon staan agter jou. (1)
3 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Ek is baie jammer. (1)
4 Gee die ANTONIEM van die vetgedrukte woord. Skryf net die woord neer.
Jy moenie eerlik wees nie. (1)
Daar staan en skinder jy met ’n vriend oor iemand by die skool toe jy besef die persoon
van 5 (wie/wat) jy praat, staan agter jou. Aarde, 6 (…) jou in! Wat doen ek?
7 (Erken/Herken) jy was verkeerd en vra verskoning. Om eerlik te wees en opreg
jammer te sê, sal die probleem vinniger oplos. Wat sê ek?
“Jy het seker nou gehoor wat ek gesê het. 8 (Ek weet nie wat fout is met my nie.) Ek is jammer.”
En volgende?
As dit nie ’n goeie vriend is nie, vra verskoning en laat dinge daar. As dit iemand is vir
wie jy omgee, sal jy harder moet probeer.
(Huisgenoot, 4 Augustus 2011.)
5 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. Skryf net die woord neer.
Jy besef die persoon van (wie/wat) jy praat, staan agter jou. (1)
6 Kies die woord wat die volgende SPREEKWOORD korrek voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter neer.
Aarde, (…) jou in! A neem
B gryp C sluk
D suig (1)
7 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. (Erken/Herken) jy was verkeerd. (1)
8 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Die meisie sê: “Ek weet nie wat fout is met my nie.” (3)
[10]
VRAAG 4: KOERANTARTIKEL
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande koerantartikel gebaseer.
Loopbaankeuses
’n Persoon kan 1 (ingeligte) besluite neem as hy te vinnig ’n loopbaan moet kies. Ouers moet
ook besef dat hulle nie namens ’n kind ’n besluit kan neem nie en moenie die kind beïnvloed
om ’n beroep te kies wat slegs vir hulle aanvaarbaar is nie. 2 (Meeste ouers doen dit.)
Carisa Smuts, ’n beroepsvoorligter, sê die grootste fout wat ’n kind kan maak, is om ’n
loopbaan te kies wat finansiële vergoeding waarborg. “Die belangrikste oorweging is
dat die leerder sy of haar belangstelling en persoonlikheid moet ken. Leef jou passie in
jou beroep uit. Finansiële vergoeding sal dan vanself kom.”
Daar is ’n 3 (arbeid + tekort) in 4 (onder andere) verpleegkunde, medies, onderwys en
ingenieurswese.
(Die Burger, 17 September 2011.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 101
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
1 Gee die ANTONIEM van die vetgedrukte woord. Skryf net die woord neer.
’n Persoon kan ingeligte besluite neem as hy te vinnig kies. (1)
2 Verbeter die TAALFOUT in die volgende sin. Skryf die korrekte sin oor.
Meeste ouers doen dit. (1)
3 Gee die SAMESTELLING. arbeid + tekort (1)
4 Gee die AFKORTING vir die woorde tussen hakies.
Daar is ’n tekort in (onder andere) die onderwys. (1)
5 Skryf die sin oor en rangskik die gedeelte tussen hakies in die KORREKTE VOLGORDE.
Leerders wat belangstel, moet (telefonies/by die beroepsvoorligter/vandag)
navraag doen. (1)
6 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM. Leef jou passie uit! (1)
7 Gee die KORREKTE VORM van die vetgedrukte woord.
Dit is my kies watter beroep ek wil volg. (1)
8 VERBIND die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.
Dit is ’n belangrike besluit. Die kind moet reg kies. (dus) (2)
9 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD. Die leerder moet reg kies. (1)
[10]
VRAAG 5: INLIGTINGSTEKS
Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande inligtingsteks gebaseer.
Kopsake 206
Jou skedel of kopbeen bestaan uit Die getal bene in ’n volwasse mens
22 stukke of beentjies waarvan se skelet.
21 gerond is en soos ’n legkaart
inmekaarpas. Dit beteken die 1
(stuk) kan nie veel beweeg nie
en dis ’n 2 (goed) ding, want dit 300
beskerm jou 3 (brein/bryn/bruin) Die getal bene in ’n baba se skelet.
en 4 (gesig + holte). Die enigste Moenie dink ’n mens verloor
been wat vrylik kan beweeg, is die bene soos jy ouer word nie! Al
onderkaak. wat gebeur, is dat sommige bene
saamsmelt terwyl jy groei.
Grootte tel
Die kleinste beentjie in jou lyf
staan bekend as die stiebeuel. Het jy geweet?
Hierdie beentjie is in jou oor en Been is ses keer sterker as staal. 11
is 8 (klein) as ’n ryskorrel. Die (Mense wat navorsing doen) het
langste en grootste been in jou lyf bewys as jy ’n stukkie staal vat wat
is die femur of dybeen. Dis ook die dieselfde weeg as een van die bene
sterkste been in jou skelet – en dis in jou lyf, gaan die been wen – en
boonop hol van binne! sommer ver.
(Huisgenoot, 3 November 2011.)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 102
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS
1 Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.
Dit beteken die stuk kan nie veel beweeg nie. (1)
2 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Dit is ’n (goed) ding. (1)
3 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Dit beskerm jou (brein/bryn/bruin).(1)
4 Vorm ’n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Die skedel beskerm jou
(gesig + holte). (1)
5 VERBIND die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.
Die stiebeuel is baie klein. Dit word vergelyk met ’n ryskorrel. (daarom) (2)
6 Gee die VERKLEINING van die vetgedrukte woord.
’n Baba het meer bene as ’n volwassene. (1)
7 Gee ’n SINONIEM vir die vetgedrukte woord.
’n Baba het meer bene as ’n volwassene. (1)
8 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Die stiebeuel is (klein) as ’n ryskorrel. (1)
9 Vorm ’n DEELWOORD van die woord tussen hakies.
Bene word minder in ’n (groei) kind. (1)
10 Gebruik die vetgedrukte woord in ’n sin sodat dit ’n ANDER BETEKENIS
het as hieronder. Ek vat ’n stukkie staal en vergelyk dit met ’n stukkie been. (1)
11 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
(Mense wat navorsing doen) het dit bewys. (1)
12 Gee die ANTONIEM van die vetgedrukte woord. Die been gaan wen. (1)
13 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
Die stiebeuel is êrens in die oor. (2)
14 Skryf die volgende sinne in die LYDENDE VORM.
a Ek het my femur gebreek. (1)
b Hy sal ’n stuk staal gebruik. (1)
15 Verander die stelsin in ’n VRAAGSIN. Die vetgedrukte woorde is die antwoord.
Die stiebeuel is in die oor. (1)
16 Skryf hierdie GETAL in woorde. 300 (1)
17 Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.
Bene smelt saam (wanneer/toe) jy groei. (1)
[20]
Totaal Afdeling C: [40]
Groottotaal: 80
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 103
AFDELING
Unit 6
XX
MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1
VRAESTEL 1: Taal in konteks
Afdeling A: LEESBEGRIP
● Die antwoorde hoef nie in volsinne te wees nie.
● Aanhalingstekens mag ontbreek.
● Indien ’n antwoord in meer as een sin aangebied word en die sin/sinne lei direk tot
die antwoord, word die punt vir die korrekte feit toegeken.
● Spel- en taalfoute word nie gepenaliseer nie, mits die verkeerde spelling nie die
woordbetekenis verander nie.
● By WAAR/ONWAAR-vrae: As die WAAR/ONWAAR verkeerd is, is die motivering
outomaties verkeerd.
● Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.
VRAAG 1:
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
1 Om mooi te lyk. (1)
2 Om beter in sport te presteer./Maats of afrigters moedig hulle aan. (1)
3 Meer seuns (4,6%) 9 as meisies (1,2%) 9 gebruik steroïede. (2)
4 Ja, byna een uit tien ouers plaas druk op hulle kinders om dit te gebruik. (1)
5 Rugby (1)
6 Eie respons. (1)
7 Die meeste gebruikers is nie meer sportmanne nie, maar enige persoon wat mooi
wil lyk. (1)
8 Ongetoets 9 en besmet met verbode middels. 9 (2)
9 Nee, hulle ondersteun geen produkte nie. (1)
10 Eie respons met motivering. (2)
[13]
TEKS B: ADVERTENSIE
11 Virseker (1)
12 Versekering (1)
13 Om ’n nuwe Afrikaanse woord te skep vir dinge wat Engelse name het. (1)
14 Skep ’n neologisme vir twee Engelse woorde. (bumper bashing en subwoofer) (1)
15 a Onwaar√ “As jou klas deelneem”/“drie skole” 9 (2)
16 Hulle doen versekering 9 en jy is vir seker verseker. 9 (2)
17 Jou versekering, jou mense, jou taal (1)
18 Klanknabootsing (1)
19 Die verkeer is so stadig 9 soos ’n slak. 9 (2)
20 “uit die bloute” (1)
21 Hulle het ’n webadres 9 en ’n facebook-blad. 9 (2)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 104
AFDELING
Unit 6
XX
MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1
22 a Eie respons. “buffer-buffels”? (1)
b Eie respons. “donderdreun”? (1)
[17]
Totaal Afdeling A: [30]
AFDELING B: OPSOMMING
● 7 punte vir 7 hoofgedagtes/wenke/sinne (Hoef nie volsinne te wees nie.)
● 3 punte vir taal
● Totaal: 10
● Verspreiding van taalpunte:
1–3 hoofgedagtes korrek: ken 1 punt toe
4–5 hoofgedagtes: ken 2 punte toe
6–7 hoofgedagtes: ken 3 punt toe
● Formaat: Die opsomming word nagesien, al is die formaat verkeerd. Geen penalisering nie!
● Getal woorde: Geen penalisering nie indien die aantal woorde nie aangedui is nie
of as dit verkeerd aangedui is. As die aantal woorde oorskry word, word vyf woorde
ekstra bygelees (75 woorde) en dan net tot daar nagesien.
VRAAG 2: TYDSKRIFARTIKEL
1 Ouers moet seker maak kinders kan swem.
2 Ouers moet seker maak kinders smeer gereeld sonroom aan.
3 Ouers moet seker maak dat kinders nie ontwater nie.
4 Ouers moet bosluisbyte probeer voorkom.
5 Ouers moet voedselvergiftiging probeer voorkom.
6 Ouers moet toesien dat veiligheidsdrag gedra word terwyl die kinders bv. fietsry.
7 Ouers moet toesig hou terwyl kinders trampolien spring.
8 Ouers moet kinders daarvan bewus maak dat metaalglyplanke ’n mens kan
verbrand. (Enige sewe hoofgedagtes.)
Totaal Afdeling B: [10]
AFDELING C: TAAL
● Spelling in WOORDSTRUKTURE moet korrek wees om die punt te verdien.
● Die standaardvariant geld in WOORDSTRUKTURE.
● Spelling tel nie in SINSTRUKTURE nie.
● Wanneer die verlede tyd getoets word, moet ge- as EEN WOORD met die werkwoord geskryf
word.
● Wanneer die infinitief getoets word, moet te in verbinding met die infinitief as TWEE
WOORDE geskryf word.
● Streekstaal kan nie in aanmerking geneem word nie.
VRAAG 3: TYDSKRIFARTIKEL
1 blitsvinnig (1)
2 Jy besef nie die persoon staan agter jou nie. (1)
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 105
AFDELING
Unit 6
XX
MEMORANDUM VAN VOORBEELDVRAESTEL 1
3 Ek was baie jammer. (1)
4 oneerlik/skelm (1)
5 wie (1)
6 C sluk (1)
7 Erken (1)
8 Die meisie sê dat sy √ nie weet wat fout met haar 9 is nie. 9 (3)
[10]
VRAAG 4: KOERANTARTIKEL
1 oningeligte (1)
2 Die meeste ouers doen dit. (1)
3 arbeidstekort (1)
4 o.a. (1)
5 Leerders wat belangstel, moet vandag telefonies by die beroepsvoorligter
navraag doen. (1)
6 Moenie jou passie uitleef nie! (1)
7 keuse (1)
8 Dit is ’n belangrike besluit, 9 dus moet 9 die kind reg besluit. (2)
9 Die leerder sal reg moet kies. (1)
[10]
VRAAG 5: INLIGTINGSTEKS
1 stukke (1)
2 goeie (1)
3 brein (1)
4 gesigholte (1)
5 Die stiebeuel is baie klein, 9 daarom word 9 dit met ’n ryskorrel vergelyk. (2)
6 babatjie (1)
7 grootmens (1)
8 kleiner (1)
9 groeiende (1)
10 Die vat is vol bier. (1)
11 Navorsers (1)
12 verloor (1)
13 Die stiebeuel is nêrens 9 in die oor nie.9 (2)
14 a My femur is (deur my) gebreek. (1)
b ’n Stuk staal sal deur hom gebruik word. (1)
15 Waar is die stiebeuel? (1)
16 drie honderd/driehonderd (1)
17 wanneer (1)
[20]
Totaal Afdeling C: [40]
GROOTTOTAAL: 80
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 106
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 2: SKRYF
VRAESTEL 3: Skryf
2 UUR
INSTRUKSIES
1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
Afdeling A: Opstel (50 punte)
Afdeling B: Langer transaksionele teks (30 punte)
Afdeling C: Korter transaksionele teks (20 punte)
2 Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.
3 Jy moet jou beplanning toon.
4 Daar moet duidelike bewyse van redigering wees.
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 200–250 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel wat jy kies boaan.
As jy ’n prent kies, moet jy die nommer van die pent neerskryf.
1 Baie grootmense het probleme om die moderne tegnologie te verstaan en te
gebruik. Jou ouma dink mos Mxit is om ’n koek te bak en jou oupa dink
My Space is sy stoel voor die TV.
Skryf ’n VERHALENDE opstel met die titel: Ai, die grootmense weet maar min van
tegnologie! (50)
2 Skryf ’n KREATIEWE opstel met die titel: Moeder Aarde vertel… (50)
3 Waarom moes dit met my gebeur het?! (50)
4 Kies EEN van die volgende prente en skryf ’n opstel daaroor. Gee vir jou
skryfstuk ’n titel.
a b
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 107
AFDELING
Unit 6
XX
VOORBEELDVRAESTEL 2: SKRYF
c
[50]
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 2
Kies een van die volgende opdragte en skryf 120–150 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel wat jy kies boaan.
1 Rommelstrooi is ’n groot probleem in jou skool. Jy besluit om met al die
klasverteenwoordigers te vergader om ’n plan van aksie vir die skool te bespreek.
a Stel ’n AGENDA vir die vergadering op.
b Skryf nou die NOTULE van hierdie vergadering. (30)
2 Jou vriend/in is verslaaf aan facebook en twitter. Jy besef dat dit moontlik ’n
gevaarlike situasie kan word en besluit om ernstig met hom/haar te praat.
Skryf die DIALOOG neer wat tussen julle plaasvind. (30)
3 Daar is ’n groot veldtog teen rommelstrooi in jou skool. Jy is deel van die redaksie
van die skoolkoerant. Skryf ’n KOERANTARTIKEL waarin jy verduidelik wat die
veldtog behels en waarin jy die skool aanmoedig om deel van hierdie projek te word.
(30)
[30]
AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
Kies een van die volgende opdragte en skryf 80–100 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel wat jy kies boaan.
1 Daar het ’n nuwe rekenaarwinkel in jou omgewing oopgemaak. Hulle het spesiale
aanbiedinge op ’n groot verskeidenheid produkte.
Skryf ’n ADVERTENSIE waarin jy die winkel bekendstel. (20)
2 Jou vriend/in hoor van die nuwe rekenaarwinkel wat gaan oopmaak, maar weet
nie hoe om daar te kom nie. Julle is in die klas en kan nie praat nie. Skryf die
RIGTINGAANWYSINGS vir hom/haar neer.
3 Jy is deel van ’n nasionale sportspan wat oorsee gaan deelneem. Skryf ’n poskaart
aan jou ouers waarin jy vertel wat jy sien en doen. (20)
[20]
Groottotaal: [50 + 30 + 20 = 100]
©Via Afrika » Afrikaans Eerste Addisionele Taal 108
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Afrikaans FAL.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P2 November 2024 NSC MG QP (Afr)
Related documents

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P3 November 2024 NSC MG QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P3 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo (Afrikaans)
%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Memorandum
Afrikaans Fal Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo (Afrikaans)
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P2 GP Prelim 2023 Question Paper (Afr)
%20QP_hlayiso.com_--f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc/v1-0e377079145295aa7336/card.webp)
Question paper
Afrikaans Fal Grade 12 P2 GP Prelim 2023 Question Paper (Afr)

Question paper