Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P2 September Trial Exams 2012 QP
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the September Trial Exams 2012, 10 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Sal · Grade 12 · September Trial Exams · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- September Trial Exams
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 592.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
September Trial Exams 2012
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (40)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (20)
AFDELING C: Korter Tekste:
Transaksionele, Naslaan- en Informatiewe Tekste (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou skryfstukke beplan (bv. ʼn kopkaart, vloeidiagram, diagram,
sleutelwoorde, ens. gebruik), redigeer en jou skryfstukke proeflees. Die
beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die
beplanning as jy jou finale weergawe klaar oorgeskryf het
7. Bestee 60 minute aan AFDELING A, 30 minute aan AFDELING B en 30
minute aan AFDELING C.
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Voorsien elke teks van ʼn gepaste titel/opskrif.
LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel
word nie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 3
AFDELING A: (OPSTEL
VRAAG 1
Skryf ʼn opstel van ongeveer 200 – 250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe
1.1 ... EN DAAR STAAN EK. WAT DOEN EK NOU?
Jy het in ʼn baie moeilike situasie beland en moes op jou eie dinge doen om
daaruit te kom.
Skryf ʼn opstel en vertel wat gebeur het.
Hou die volgende in gedagte:
Wat die situasie was.
Hoe jy daarin beland het.
Wat jy gedoen het om daaruit te kom.
Wat jy uit die situasie geleer het. [40]
OF
1.2 MY WILDSTE DROME IS BEWAARHEID!
Jy het nog altyd daarvan gedroom om ʼn kompetisie te wen en toe dit met jou
gebeur, was jy die gelukkigste persoon op aarde.
Skryf ʼn opstel en vertel wat gebeur het.
Hou die volgende in gedagte:
Aan watter kompetisie het jy deelgeneem?
Waarom het jy besluit om aan die kompetisie deel te neem?
Hoe het jy gevoel toe jy hoor dat jy gewen het?
Watter prys het jy gewen?
Wat jy met jou prys gaan doen. [40]
OF
4 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2012)
1.3 DANKIE MENEER/JUFFROU.
Daar is een spesifieke onderwyser/onderwyseres wat baie gedoen het om jou
te help om te kom waar jy vandag is.
Skryf ʼn opstel waarin jy beskryf waarom jy so dankbaar teenoor hierdie
onderwyser/onderwyseres is.
Hou die volgende in gedagte:
Wat jy bereik het.
Wat hierdie onderwyser/onderwyseres alles vir jou gedoen het.
Waarom jy so dankbaar teenoor hom/haar is.
Wat jy wil doen om jou dankbaarheid te bewys. [40]
OF
1.4 DIT IS LEKKER OM SKOOL TE GAAN!
Baie leerders dink deesdae dat dit sleg is om skool te gaan en wil liewer gaan
werk. Jy dink dat skoolgaan goed is en jy en jou maats geniet dit. Julle weet
dat dit belangrik is om skool te gaan.
Skryf ʼn opstel waarin jy beskryf waarom jy en jou maats dit geniet om skool te
gaan.
Hou die volgende in gedagte:
Wat maak skoolgaan vandag anders?
Waarom is dit nog lekker om skool te gaan?
Hoekom is dit belangrik om skool te gaan?
Hoe kan dit jou help om skool te gaan? [40]
OF
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 5
1.5 – 1.8 Skryf oor EEN van die prente wat hierna verskyn:
Die opstel wat jy skryf, moet direk verband hou met die prent.
Gee jou eie titel. Die titel moet by die inhoud pas.
Skryf die nommer en titel bo-aan jou skryfstuk.
1.5
[40]
OF
1.6
[40]
OF
6 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2012)
1.7
[40]
OF
1.8
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 7
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Skryf ongeveer 80 – 100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
2.1 Vanjaar was maar vir jou moeilik en jy wil so gou as moontlik daarvan vergeet.
Daar was baie dinge wat jou hartseer gemaak het.
Skryf nou ʼn brief aan jou maat waarin jy hom/haar van jou moeilike jaar vertel
en ook hoekom jy sekere dinge wil vergeet.
Hou die volgende in gedagte:
Wat het gedurende die jaar gebeur?
Waarom het dit jou hartseer gemaak?
Wat beplan jy om verder daaromtrent te doen? [20]
OF
2.2 DIALOOG
Jou maat was nog nooit by ʼn “rave” (dans in ʼn nagklub) nie en wil graag saam
met jou gaan, maar sy/haar ouers wil nie hulle toestemming gee nie.
Jy het jou vriend/vriendin belowe om hieroor met sy/haar ouers te gesels.
Skryf nou hierdie gesprek tussen jou en jou maat se ma in dialoogvorm neer.
Begin so:
Ek: Mevrou, dit is die waarheid, hoekom sal ek vir u lieg!
Ouer: Gee my eers ʼn goeie rede voordat ek instem. Kom nou, praat! [20]
OF
2.3 RESENSIE
Jy het ʼn kortverhaal gelees wat jy baie geniet het. Jou klasonderwyser
het jou gevra om ʼn resensie daaroor vir julle skoolkoerant te skryf.
Skryf nou hierdie resensie en hou die volgende in gedagte:
Wat is die titel van die kortverhaal?
Wie is die skrywer van hierdie kortverhaal?
Wie is die belangrikste karakters?
Wat is die boodskap/tema van die kortverhaal? [20]
8 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2012)
OF
2.4 FORMELE BRIEF
ʼn Nuwe paar skoene het drie dae nadat jy dit gekoop het, gebreek. Toe jy dit
terug winkel toe neem, het die verkoopsdame jou baie onbeskof behandel en
geweier om dit om te ruil.
Skryf nou ʼn formele brief aan die winkelbestuurder waarin jy jou
ontevredenheid oor die behandeling wat jy ontvang het, uitdruk.
Hou die volgende in gedagte:
Wanneer jy die skoene gekoop het.
Waarom jy dit terug geneem het.
Hoe die verkoopsdame jou behandel het.
Wat jy vanaf die winkelbestuurder verwag. [20]
TOTAAL AFDELING B: 20
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 9
AFDELING C: KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE/NASLAAN-/
INFORMATIEWE TEKSTE
VRAAG 3
Skryf ongeveer 60 – 80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
3.1 AANWYSINGS
Jou vriend/in wat in Kaapstad woon, kom jou per bus besoek. Jy kan
hom/haar ongelukkig nie by die bushalte ontmoet nie en hy/sy sal self sy/haar
weg tot by jou huis moet vind.
Verduidelik nou aan jou vriend/in TIEN stappe hoe om vanaf die bushalte tot by
jou huis te kom.
Skryf hierdie stappe puntsgewys en in volsinne neer.
Hou die volgende in gedagte:
Presies waar die bushalte is.
Presies waar jou huis is.
Hoe ver jou huis vanaf die bushalte is.
Bakens (winkels, geboue, ens.) waarvoor jou vriend/in moet uitkyk. [20]
OF
10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 (SEPTEMBER 2012)
3.2 POSKAART
Jy is alreeds vir twee dae op ʼn jeugkamp.
Skryf nou vir jou vriend/in ʼn poskaart en vertel van alles wat daar gebeur.
Hou die volgende in gedagte:
Met watter jeuggroep is jy?
Waar bly julle?
Wat is interessant en lekker?
Teken die onderstaande formaat in jou antwoordeboek oor en skryf dan die
boodskap en ander inligting.
SEËL
[20]
OF
3.3 UITNODIGING
Jou suster se seuntjie word oor ʼn paar weke ses jaar oud en sy het jou gevra
om die uitnodigings na sy verjaarsdagpartytjie te hanteer.
Ontwerp nou die uitnodigingskaartjie vir hierdie partytjie.
Hou die volgende in gedagte:
Plek: Waar gaan die partytjie wees?
Datum: Wanneer is die partytjie?
Tyd: Hoe laat die partytjie begin.
Tema: Gee ʼn goeie verduideliking van die tema.
Kleredrag: Verduidelik hoe die kleredrag by die tema moet pas.
Toesig: Verduidelik watter tipe toesig daar gereël sal word.
Aktiwiteite: Vertel van DRIE dinge wat julle gaan doen. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 P2 September Trial Exams 2012 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 September Trial Exams 2012 QP

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 September Trial Exams 2012 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum