Skip to content

Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperMusicGrade 12201617 pages

Grade 12 Music Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 MUSIEK V2 PUNTE: 30 NAAM: TYD: 1½ uur GRAAD: *MUSCA* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A (Gehoor) (10) AFDELING B (Herkenning) (12) AFDELING C (Vorm) (8) 2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord VRAAG 4 (WESTERSE KUNSMUSIEK) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK – IAM). 4. Kandidate moet hul antwoorde op hierdie vraestel skryf. Gebruik ʼn potlood vir musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde. 5. Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl kandidate na ʼn CD luister. 6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die teenwoordigheid van die opsiener afneem. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag NIE toegang tot enige musiekinstrument vir die duur van hierdie eksamen kry NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar. INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKTOERUSTING WERK 1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in die raampies. 2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die vereiste getal kere, soos in die vraestel gespesifiseer, gespeel word. 3. Laat genoeg tyd tussen die snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hulle antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word. 4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit gespeel word. 5. Indien meer as een baan (WKM, JAZZ, IAM) deur ʼn skool aangebied word, moet die volgende riglyne gevolg word:  Elke baan moet die eksamen in ʼn aparte lokaal skryf.  Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.  Elke lokaal moet sy eie CD met die musiekuittreksels (snitte) gebruik.  ʼn Opsiener moet in elke lokaal teenwoordig wees.  Die musiekuittreksels (snitte) moet soos volg gespeel word: o WKM-kandidate: Snit 1 tot 14 en Snit 23. o JAZZ-kandidate: Snit 1 tot 10; Snit 15 tot 18 en Snit 23. o IAM-kandidate: Snit 1 tot 10 en Snit 19 tot 23. 6. ʼn CD-speler wat met batterye werk, moet beskikbaar wees in geval van ʼn kragonderbreking. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 3 NASIENGIDS AFDELING A: GEHOOR TOTAAL MERKER MODERATOR VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 4 VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 6 SUBTOTAAL 10 AFDELING B: HERKENNING TOTAAL MERKER MODERATOR VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4 EN VRAAG 4 (WKM) 8 OF VRAAG 5 (JAZZ) 8 OF VRAAG 6 (IAM) 8 SUBTOTAL 12 AFDELING C: VORM TOTAAL MERKER MODERATOR VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8 SUBTOTAAL 8 GROOTTOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING A: GEHOOR VRAAG 1 (VERPLIGTEND) Speel Snit 1 DRIE keer. Wag 30 sekondes na elke herhaling. 1.1 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die ontbrekende note in maat 2–3 hieronder. (3) Speel Snit 1 nog EEN keer. Speel Snit 2 TWEE keer na mekaar. 1.2 Maak ʼn kruisie (X) in die blokkie langs die korrekte tydmaatteken vir hierdie uittreksel. (1) [4] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 5 VRAAG 2 (VERPLIGTEND) Speel Snit 3 EEN keer om ʼn algemene oorsig te gee. Luister na die uittreksel uit die tweede beweging van Cello Concerto, Op. 104 deur A. Dvořák. Beantwoord die vrae wat volg. 2.1 2.2 2.3 2.4 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) Speel Snit 4 TWEE keer. 2.1 Benoem die interval by 2.1, byvoorbeeld Majeur 3de. (1) Speel Snit 4 VIER keer. Wag EEN minuut na elke herhaling. 2.2 Vul die ontbrekende note by 2.2, in maat 12 en 13 in. (3) Speel Snit 5 EEN keer. 2.3 Identifiseer die komposisietegniek wat by 2.3 in maat 22–24 gebruik word. (1) Speel Snit 6 TWEE keer. 2.4 Benoem die kadens wat by 2.4 gebruik word. (1) [6] TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 7 AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIKALE KONSEPTE VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND) Merk DRIE items in KOLOM A in VRAE 3.1–3.4 wat met die musiek wat jy hoor verband hou. Maak ʼn kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. 3.1 Speel Snit 7 TWEE keer. KOLOM A Snit 7 Homofoniese Tekstuur Barokperiode Concerto Polifoniese Tekstuur Klassieke Periode Klaviersonate (3) 3.2 Speel Snit 8 TWEE keer. KOLOM A Snit 8 Primêre drieklanke A cappella Poliritme Parallelle intervalle Enkelratels Vraag en antwoord (3) 3.3 Speel Snit 9 TWEE keer. KOLOM A Snit 9 Klavier Pennefluitjie Township Jive Trekklavier Sinkopasie Mbaqanga (3) 3.4 Speel Snit 10 TWEE keer. KOLOM A Snit 10 Terughoudings Onreëlmatige tyd Mineurtoonaard Reëlmatige tyd Adagio Timpani (3) (12 ÷ 3) [4] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM). VRAAG 4: WKM 4.1 Speel Snit 11 EEN keer. 4.1.1 Identifiseer die koperblaasinstrument wat gedurende die begin van hierdie uittreksel speel. (1) Speel Snit 11 nog EEN keer. 4.1.2 Beskryf hierdie werk met betrekking tot genre, tempo en tydmaatteken. Genre: Tempo: Tydmaatteken: (3) 4.1.3 Verskaf hierdie uittreksel met ʼn gepaste titel. (1) 4.2 Speel Snit 12 EEN keer. 4.2.1 Identifiseer EEN houtblaas- en EEN strykinstrument wat die melodie aan die begin van hierdie uittreksel speel. Houtblaasinstrument: Strykinstrument: (2) 4.2.2 Met watter EEN van die volgende genres sal jy die uittreksel assosieer? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Konsert- Kamermusiek Concerto Simfonie ouverture (1) Speel Snit 12 nog EEN keer. 4.2.3 Identifiseer die komponis en gee ʼn titel vir hierdie werk. Komponis: Titel: (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 9 4.3 Speel Snit 13 TWEE keer. 4.3.1 Watter komposisiestyl, wat hoofsaaklik gedurende die Baroktydperk gebruik was, kom in hierdie uittreksel voor? (1) 4.3.2 Noem die subgenre in operamusiek wat met hierdie uittreksel geassosieer word. (1) 4.3.3 Identifiseer die komponis van hierdie werk. Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Bach Mozart Mendelssohn Chopin (1) 4.4 Speel Snit 14 TWEE keer. Merk DRIE items in KOLOM A wat met Snit 14 verband hou 14. Maak ʼn kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A Snit 14 Pamina en Papageno Allegro assai Papageno en Papagena Andantino Sarastro en koor Resitatief Larghetto Duet (3) (16 ÷ 2) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5: JAZZ 5.1 Speel Snit 15 TWEE keer. 5.1.1 Identifiseer die houtblaasinstrument wat in hierdie uittreksel speel. (1) 5.1.2 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl. (1) 5.1.3 Noem die groep wat jy met hierdie uittreksel assosieer. (1) 5.2 Speel Snit 16 TWEE keer. 5.2.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse jazz-styl. (1) 5.2.2 Gee TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 5.2.1 te motiveer. (2) Speel Snit 16 TWEE keer. 5.2.3 Beskryf die musiek met betrekking tot kenmerkende ritmiese eienskappe en tydmaatteken(s). Ritme: Tydmaatteken: (2) 5.2.4 Identifiseer die groep wat hierdie werk uitvoer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 11 5.3 Speel Snit 17 TWEE keer. 5.3.1 Identifiseer die styl en kunstenaar wat jy in hierdie uittreksel hoor. (2) 5.3.2 Noem EEN kordofoon- en EEN elektrofooninstrument wat in hierdie uittreksel voorkom. Kordofoon: Elektrofoon: (2) 5.4 Speel Snit 18 TWEE keer. Merk DRIE items in KOLOM A wat met Snit 18 verband hou. Maak ʼn kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A Snit 18 Klavier improvisasie Blues Notes Groep Dollar Brand Kaapse Jazz Trompet improvisasie Brotherhood of Breath Kwêla Jazz in ballingskap (3) (16 ÷ 2) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 6: IAM 6.1 Speel Snit 19 TWEE keer. 6.1.1 Identifiseer die tipe Afrika-lied wat met hierdie uittreksel geassosieer word. Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Begrafnislied Werkslied Inisiasielied Troulied (1) 6.1.2 Identifiseer EEN vokale tegniek wat in hierdie uittreksel voorkom. (1) 6.1.3 Watter stemgroep sing hierdie lied? (1) 6.2 Speel Snit 20 EEN keer. 6.2.1 Identifiseer die Suid-Afrikaanse styl. (1) Speel Snit 20 EEN keer. 6.2.2 Beskryf die gebruik van instrumente in hierdie uittreksel. (2) 6.2.3 Identifiseer die groep wat hierdie uittreksel uitvoer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 13 6.3 Speel Snit 21 EEN keer. 6.3.1 Noem en definieer die styl wat jy in hierdie uittreksel hoor. (2) 6.3.2 Met watter Afrika-stam sal jy hierdie uittreksel assosieer? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Zoeloe Xhosa Swazi Ndebele (1) Speel Snit 21 EEN keer. 6.3.3 Identifiseer EEN prominente kordofooninstrument wat in hierdie uittreksel gebruik word. (1) 6.3.4 Waarom is hierdie Suid-Afrikaanse styl in noue verband met Blues? (2) 6.4 Speel Snit 22 TWEE keer. Merk DRIE items in KOLOM A wat met Snit 22 verband hou. Maak ʼn kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A Snit 22 Djembe Poliritme Philip Tabane Monofonies Vrye Kiba Tabla-tromme Sello Galane vhaVenda-tromme (3) (16 ÷ 2) [8] TOTAAL AFDELING B: 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING C: VORM VRAAG 7 (VERPLIGTEND) Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V2 15 Speel Snit 23 EEN keer vir ʼn algemene oorsig. Speel Snit 23 nog EEN keer. 7.1 Noem die oorkoepelende vorm van hierdie stuk. (1) 7.2 Gee ʼn analise van die Minuet se vorm. Minuet: AFDELING MAATNOMMERS HOOFTOONSOORTE (9 ÷ 3) (3) 7.3 Gee ʼn analise van die Trio se vorm. Trio: AFDELING MAATNOMMERS HOOFTOONSOORTE (9 ÷ 3) (3) 7.4 Hoe is die toonaard van die Trio verwant aan die toonaard van die Minuet? (1) Speel Snit 23 nog een laaste keer. TOTAAL AFDELING C: 8 GROOTTOTAAL: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2016) ROFWERK: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all