Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
MUSIEK V1
MEMORANDUM
PUNTE: 120
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 987.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
- Question 1Notation, Rhythm & Metre15 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition
- Question 3Harmony, Chords & Composition10 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills20 marks
- Question 6Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]11 marks
Show all 11 questions
- Question 7Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]10 marks
- Question 8Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]10 marks
- Question 10Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]10 marks
- Question 12Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]8 marks
- Question 14Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELINGS A, B, C, D en
E.
2. Beantwoord AFDELING A slegs in potlood in die gegewe spasies voorsien op
hierdie vraestel.
3. Beantwoord AFDELING B en C óf D óf E in blou of swart ink in die
ANTWOORDEBOEK voorsien.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Jy mag hierdie bladsy verwyder.
6. Jy mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
7. Gebruik die tabel op die volgende bladsy as riglyn vir punte en tydsindeling
wanneer elke vraag beantwoord word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 3
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: Musiekteorie 1 20
(VERPLIGTEND) 2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: (VERPLIGTEND) 5 20
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 10
8 10
9 10
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 10 10
11 7
12 8
13 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 14 10
15 8
16 7
17 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)
Beantwoord VRAAG 1, VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2, VRAAG 3, EN VRAAG 4.1 OF
VRAAG 4.2.
Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.
VRAAG 1
Bestudeer die uittreksel uit die Hobosonate, opus 166 van C.Saint-Saëns en
beantwoord dan die die daaropvolgende vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 5
1.1 Noem die toonsoort van die uittreksel.
D majeur (1)
1.2 Noem die tipe drieklank by 1.2, byvoorbeeld verminderde drieklank.
Majeur drieklank OF B Majeur (1)
1.3 Noem die intervalle gemerk 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld majeur tweede.
1.3.1 Mineur sewende
1.3.2 Mineur tiende OF saamgestelde mineur terts. (2)
1.4 Transponeer die hoboparty in maat 16 en 17 vir klarinet in B-mol. Voeg die
nuwe toonsoortteken in.
Minus ½ punte per fout (8 x ½) (4)
1.5 Herskryf maat 7 van die klavierparty in helfte die nootwaardes. Voeg die nuwe
tydmaatteken in.
Minus ½ punt per fout
½ punt vir die toonsoortteken
½ punt vir die tydmaatteken
½ punt vir die boonste party
½ punt vir die onderste party (4 x ½) (2)
1.6 Verbeter die groepering in maat 10 en 11 van die hoboparty.
Minus ½ punt per fout (4 x ½) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.7 Waarom word geen rustekens gebruik op die tweede en derde polsslag in
maat 10 se basbalk nie?
Die linkerhand se note/party is genoteer op die diskantbalk. (1)
1.8 Skryf die volgende toonlere of modusse na aanleiding van die gegewe
instruksies:
1.8.1 B Doriese modus, dalend sonder toonsoortteken. Gebruik die
bassleutel en halfnote.
Minus ½ punt per fout (6 x ½) (3)
1.8.2 C melodiese mineur, opgaande met toonsoortteken. Gebruik die
altsleutel en halfnote.
Minus ½ punt per fout (12 ÷ 3) (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 7
VRAAG 2
BEANTWOORD VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ʼn 12maat-melodie in ABA-
vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens, asook ʼn
tempo-aanduiding by.
Instrument:
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
Instrumentkeuse
1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte 3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8
eenheid en kreatiwiteit
Korrekte notasie 1
Dinamiek en artikulasie 2
TOTAAL 15
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.2 Gebruik die openingsmotief hieronder en voltooi dit tot ʼn 12maat-melodie in ABA-
vorm vir enige enkellyn melodiese instrument van jou keuse. Dui die instrument
waarvoor jy komponeer aan en voeg dinamiek- en artikulasie-tekens, asook ʼn
tempo-aanduiding by.
Instrument:
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
Instrumentkeuse
1
(Klavier sal nie aanvaar word nie)
Vorm en kadenspunte 3
Musikaliteit
Melodiese kontoer, klimaks, ritme, musikale 8
eenheid en kreatiwiteit
Korrekte notasie 1
Dinamiek en artikulasie 2
TOTAAL 15
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 9
VRAAG 3
Bestudeer die uittreksel uit O Ewigkeit, du Donnerwort deur J.S. Bach hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.1 Besyfer die akkoorde gemerk (a) tot (d) op die partituur. Gebruik ÒF Romeinse
akkoordsimbole, ÒF akkoordsimbole soos aangedui bokant ʼn partituur. Let op
die voorbeeld-antwoord in maat 1.
(a) F: vi OR F: d mineur
(b) F: vii° OR F: E verminderd
(c) F: ii OR F: G mineur
(d) F: VI OR F: Bb majeur (4 x 1) (4)
3.2 Noem die kadense by (e) en (f). Skryf slegs die naam van die kadens in die
blok wat voorsien word onder die notasie.
(e) Onvolmaakte kadens
(f) Volmaakte kadens (2 x 1) (2)
3.3 Noem die tipe nie-akkoordnote by (g) tot (i).
(g) Onder-wisselnoot of onder-hulpnoot
(h) Terughouding
(i) Onbeklemtoonde deurgangsnoot (3 x 1) (3)
3.4 Noem die verwante toonsoort (majeur of mineur) van hierdie uittreksel.
D mineur (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 11
VRAAG 4
Beantwoord OF VRAAG 4.1 (WKM) OF VRAAG 4.2 (JAZZ).
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote.
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
14
Akkoordkeuse (Minus ½ punt per
fout)
Korrektheid 14
Notasie, spasiëring, stemvoering en (Minus ½ punt per
verdubbeling fout)
Gebruik van nie-akkoordnote 2
30 (÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
4.2 Voltooi die stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die bassleutel by te voeg.
Maak seker dat jy binne die styl van Ragtime skryf.
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
PUNTE- KANDIDAAT SE
BESKRYWING
TOEKENNING PUNT
16 (2 per maat)
Akkoordkeuse (Minus ½ punt per
fout)
8
Korrektheid:
(Minus ½ punt per
Notasie, spasiëring en stemvoering
fout)
Algemene indruk 6
30 (÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 13
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Beantwoord AFDELING B (VERPLIGTEND)
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)
Beantwoord hierdie vrae in ʼn ANTWOORDBOEK.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer in die
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 5.11 E.
5.1.1 C
5.1.2 B
5.1.3 C
5.1.4 D
5.1.5 D
5.1.6 D
5.1.7 C
5.1.8 C
5.1.9 D
5.1.10 B (10 x 1) (10)
5.2 5.2.1 Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie (1)
5.2.2 Beskerm musici se regte en kollekteer geld vir liedjieskrywers in Suid-
Afrika en oorsee. (1)
5.2.3 2059 (Kopiereg duur vir 50 jaar na die musikant se afsterwe) (1)
5.3 Registreer die werk by ʼn kollekteeragent.
Pos die werk aan jouself.
Vra ʼn Kommissaris van Ede om jou werk te sertifiseer. (3 x 1) (3)
5.4 5.4.1 Waar
5.4.2 Vals
5.4.3 Waar
5.4.4 Vals (4 x 1) (4)
TOTAL SECTION B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Beantwoord AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1 Beethoven het NEGE simfonieë gekomponeer. (1)
6.2 Beide is ouvertures. (1)
6.3 ʼn Simfonie is ʼn grootskaalse orkeswerk in vier of meer bewegings. ʼn Simfoniese
gedig of toondig is ʼn eenbeweging-werk vir orkes waarvan die musiek deur ʼn
“program” geïnspireer word. (2)
6.4 Vrymesselary (1)
6.5 Die Bruilofsmars OF Midsomersnagdroom-teatermusiek OF die Kersfeeslied “Hoor
die blye engellied” se melodie. (2)
6.6 Klavier-/vioolsonates, Oratorium, Simfonie, Kamermusiek (Enige 2 x 1) (2)
6.7 Opera seria verwys na Italiaanse ernstige opera waarvan die tema/storielyn dikwels
tragies is. Opéra comique is uitsluitlik ʼn Franse soort opera (soos Carmen) met
musieknommers/arias wat deur gesproke (Franse) dialoog geskei word. (2)
[10]
VRAAG 7
7.1 7.1.1 Die naam Mannheimskool verwys na ʼn belangrike groep Duitse komponiste en
voordraers in die middel van die 18de eeu verbonde aan die keurvors Karl
Theodor by Mannheim, waar van die beste voordraers en komponiste
byeengebring is. (2)
7.1.2 Melodiese prominensie word aan die viole bo ander instrumente gegee
Die klarinet word by die orkes gevoeg.
Daar word weggedoen met die klavesimbel-continuo
Byvoeging van orkestrale effekte bv. die tremolo en gebroke akkoord in
vinnige note.
Continuo deel vervang deur geskrewe dele vir alle instrumente
Kontrapuntale skryfwyse word met homofoniese tekstuur vervang
Effektiewe gebruik van die crescendo en diminuendo.
Die vier bewegings van die simfonie word vasgelê asook die seksies van
die sonatevorm.
Die Menuet en Trio word as derde beweging bygevoeg. (Enige 5 x 1) (5)
7.2 7.2.1 B
7.2.2 C
7.2.3 A (3 x 1) (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 15
VRAAG 8
8.1 Gebruik die volgende lys van elemente om ʼn verduidelikende paragraaf te skryf oor
die Romantiese tydperk se stylkenmerke.
Melodie
- Ekspressiewe melodiese lyne wat soms op ʼn reeks kort frases gebou word
- Groot spronge bv. 6des en 7des kom voor.
- Verminderde of vergrote intervalle word vir uitdrukking gebruik.
- Frases is nie so reëlmatig en gebalanseerd soos in die Klassieke periode nie.
- Melodie met begeleiding word dikwels gebruik. (1)
Harmonie
- Akkoorde word gebruik vir uitdrukking van kleur
- Die oplossing van dissonante akkoorde word uitgestel om ‘n effek van
verwagting te skep.
- Chromatiese harmonieë word ontwikkel.
- Vryer gebruik van nie-hamoniese tone en chromatiese stemleiding kom voor.
- 9de-, 11de- en 13de akkoorde word dikwels gebruik. (1)
Tonaliteit
- Skielike toonsoortveranderinge kom dikwels voor.
- Tonaliteitverandering van majeur na mineur en andersom kom dikwels voor.
- Modulasies na verwyderde toonsoorte en die tendens om direkte kadense te
vermy, kom voor. (1)
Tekstuur
- Maak gebruik van ʼn wye toonhoogte-omvang, dinamiek en toonkleur.
- Digte teksture is dikwels gebruik.
- Teksture verander binne ʼn stuk of werk. (1)
Ritme
- Vryheid en buigsaamheid van ritme
- Ritmes word minder kragtig en meer klem word geplaas op liriese, gevoelvolle
melodieë.
- Somtyds word een hele beweging gebaseer op een ononderbroke ritmiese
patroon asook kruisritmes. (1)
Enige EEN stylkenmerk per element.
8.2 Die Hebrides Ouverture opus 26 is in b mineur en gekomponeer in sonatevorm.
Die instrumentasie bestaan uit strykers (viole, altviole, tjello’s, kontrabasse), 2 fluite,
2 hobo’s, 2 klarinette, 2 fagotte, 2 horings, 2 trompette en timpani. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
8.3 Die musiek was geïnspireer deur Mendelssohn se bootrit na die Fingalgrotte aan die
kus van Skotland. Hierdie grotte staan bekend vir die eienaardige eggo’s wat in die
grotte weerklink. (1)
[10]
VRAAG 9
Eerste beweging – Ontwaking van opgewekte of vrolike gevoelens by die aankoms
op die platteland of in die vrye natuur
- Tydmaatteken: 2/4
- Toonsoort: F majeur
- Vorm: sonatevorm
Enige DRIE van die volgende:
- ʼn Ontspanne beweging waar die stroompie omtrent deurgaans uitgebeeld word in
agste- of sestiende note.
- Die sangerige eerste tema bestaan uit vyf figure (maat 1 tot 11) wat deur die hele
beweging aangewend word.
- Die instrumentasie sluit in: fluite, hobo’s, klarinette, fagotte, horings en strykers.
- Die tweede tema in C majeur het ʼn huppelende ritme.
Vierde beweging – Donderweer of storm
- Tydmaatteken: 4/4
- Toonsoort: F mineur
- Vorm: Programmusiek
Enige DRIE van die volgende:
- Die vierde beweging beeld ʼn hewige donderstorm met presiese realisme uit.
- Die beweging is struktureel op ʼn aantal figure gebaseer wat in ʼn donderstorm
ontwikkel.
- Dit begin met die idee van ʼn paar druppels reën wat opbou tot ʼn klimaks van ʼn
gerommel van donderweer, weerligstrale, sterk fluitende winde en swaar reën.
- Die storm gaan verby met ʼn enkele donderweer-geroggel in die agtergrond.
- Daar is ʼn ononderbroke oorgang vanaf die vierde beweging na die vyfde beweging.
- Die pianissimo staccato-agstenote (wat in maat 3 deur die viole gespeel word) gee
die effek van die eerste reëndruppels.
- Die tromme speel vir die eerste keer in maat 21 en skep ʼn donderweer-effek.
- Twee addisionele trombone wat vir die eerste keer in maat 106 intree, verskaf
addisionele sterkte met hulle verskeurende skuiftrompetklanke wanneer die storm
teen die slot ʼn hoogtepunt bereik.
- Die storm bereik ʼn hoogtepunt met tremolo’s en tromrolle.
- Beethoven het op ʼn meesterlike wyse met slegs suiwer musikale klanke die
natuurstorm oortuigend programmaties uitgebeeld.
2 Punte vir taalgebruik en skryfstyl.
(16 ÷1.6) [10]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 17
OF
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 10
10.1 New Orleans (1)
10.2 Die Jazz Epistles (1)
10.3 Dolly Rathebe, Thandi Klaasen (2)
10.4 Kwêla is ʼn tipe (dans)musiek oorspronklik van stedelike swartmense in Suid-
Afrika. (1)
10.5 Fusion (1)
10.6 klavier (1)
10.7 The Blue Notes (1)
10.8 10.8.1 Pata Pata (1)
10.8.2 1989 (1)
[10]
VRAAG 11
Johannes “Spokes” Mashiyane (gebore 1933 in Vlakfontein/Mamelodi en oorlede in
1972) word beskou as een van die bekendste en beste kwêlafluitblasers of
penniefluitjiespelers van alle tye in Suid-Afrika.
Mashiyane het as jeugdige begin penniefluitjie speel.
Mashiyane het gesê dat die penniefluitjie se eenvoud hom toegelaat het tot groter
vryheid in die verbuiging en vermenging van note.
Komponeer en voer uit in Kwêla styl: Kwêla is kwêlafluit gebaseerde straatmusiek.
Die kwêlafluit-“jive” was van 1950 tot 1960 in Suid-Afrika gewild en het vermeng met
die musiek van die Malawiese immigrante. Eenvoudige akkoordprogressies
bestaande hoofsaaklik uit primêre akkoorde (I, IV en V) word gebruik.
Spokes beweer dat sy liedjies geïnspireer is deur sy drome.
Albums sluit in King Kwela, Ace Blues, Kwela Spokes, Chobolo, Sono Sam. (Noem
slegs EEN album) [7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 12
12.1 Voice is ʼn jazz kwintet bestaande uit van Suid-Afrika se mees
toonaangewende jazz musici. Die groep bestaan uit musici soos Andile
Yenana (klavier), Sydney Mnisi (Saksofoon), Marcus Wyatt (Trompet),
Herbie Tsoaeli (Bas), Morabo Morojele (tromme).
Voice is geïnspireer deur vroeëre jazz musici soos Abdullah Ibrahim. Hulle
komposisies is in Marabi and Kwêla styl. Hulle word ook beïnvloed deur
bebop en Latynse Jazz. (4)
12.2 12.2.1 Waar
12.2.2 Waar
12.2.3 Vals
12.2.4 Vals (4 x 1) (4)
[8]
VRAAG 13
The Jazz Epistles het uit ses lede bestaan. Hulle lede sluit die volgende persone in:
Dollar Brand, later bekend as Abdullah Ibrahim (Klavier), Kippie Moeketsi (Alt
Saksofoon), Jonas Gwangwa (Tromboon), Hugh Masekela (Trompet), Johnny
Gertze (Bas) en Early Mabuza OF Makaya Ntshoko (Tromme).
Die groep het eers bekend geword nadat hulle in die Odin Teater in Sophiatown
saam gespeel het.
Hulle was ook deel van die welbekende Suid-Afrikaanse musiekblyspel King Kong.
Hulle was die eerste en belangrikste Bebop-orkes in Suid-Afrika.
The Jazz Epistles was hoofsaaklik deur John Mehagan, ʼn welbekende pianis van
die VSA, beïnvloed. John Mehagan het saam met ʼn paar Suid-Afrikaanse
kunstenaars musiek opgeneem.
Na John Mehagan se terugkeer na die VSA, het Dollar Brand oorgeneem as pianis
en so het die naam, The Jazz Epistles, ontstaan.
Bebop is ʼn jazz-styl waarin melodiese improvisasie, ʼn vinnige tempo en
instrumentale virtuositeit beklemtoon word.
Die styl het tydens die middel-1940’s begin in die VSA en was gemik daarop om
die gewilde swing-styl van die tyd te vervang met ʼn nuwe nie-dansagtige
musiekstyl.
Die musiek bevat gevorderde harmonieë, komplekse sinkopasie en die rol van die
ritme-seksie was uitgebrei. Die tromme voeg asimmetriese aksente by.
Simbaalpatrone en “stappende” baslyne dui die maatslag aan.
Tipiese bebop sluit cool jazz, hard bop en soul jazz in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 19
Tydens die Apartheidsjare het jazzmusiek ʼn medium verskaf waarbinne musici kon
protes aanteken teen die politieke sisteem van die tyd. Die Suid-Afrikaanse regering
het menige pogings aangewend om die musiek te onderdruk bv. die verbanning op
radio-uitsendings en klopjaguitvoering op jazzklubs.
The Jazz Epistles het slegs een album opgeneem in 1959 nl. Jazz Epistle, Verse 1. [15]
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 14
14.1 kordofoon (1)
14.2 ʼn Sanger, storieverteller, lofsanger wat ʼn reeks belangrike gebeurtenisse deur
middel van lofsang of vertelling aanbied. (2)
14.3 Ululasie is die produksie van reëlmatige vokale klanke op ʼn hoë toonhoogte; lang
golfagtige hoë vokale klank met ʼn trillende kwaliteit gemaak deur die vinnige
beweging van die tong. (1)
14.4 Mbaqanga (1)
14.5 Die gemengde strukturele vorm is die kombinasie van vraag-en-antwoord,
vraag-en-refrein, en vraag-en-koorrefrein. ’n Afsluitingsin of -frase word nie
gebruik om ʼn roep te beantwoord nie. (2)
14.6 Beatboxing (1)
14.7 Kibamusiek is een van die oudste inheemse Suid-Afrikaanse musiekstyle en
is ʼn kulturele styl van die baPedi-volk wat sang, dans en digkuns kombineer.
Kiba bestaan uit agt tot tien manlike “Afrika-fluitspelers”. Musiekvoordrag
word begelei deur drie vroulike tromspelers.
Die drie tromme wat gebruik word, is die kiba (bastrom), moropa wa diatla
(middelmatige grootte trom) en die ditinti (klein trom).
Maak dikwels gebruik van poliritmes.
Melodiese struktuur is meestal vraag-en-antwoord.
Voordrag altyd vergesel van ʼn spesifieke dansbeweging.
Kiba maak gebruik van ululasie en krepitasie.
Die lirieke is in baie verskillende tale insluitende isiZulu, Shona en
Noordelike Ndebele en Sepedi. (Enige 2 x 1) (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 15
Definisie van die woord
“Isicathamiya” ontstaan van die Zoeloe-woord “cothoza” wat “stap liggies op jou tone”
beteken.
Dit was oorspronklik gesing by kompetisies gehou in die vroeë Natal-provinsie waar die
werkers gebly het.
Is ʼn Zoeloe-styl wat net so gewild soos maskandi-musiek is.
Isicathamiya was deur die Suid-Afrikaanse groep, Ladysmith Black Mambazo gewild
gemaak.
Die woord “Isicathamiya” is afkomstig vanaf die woord cathama wat beteken “om te
kruip soos ʼn kat” of “om liggies op jou tone te loop”, aangesien die werkers verplig was
om saggies in die aande hul danspassies te oefen. (2)
Stylkenmerke
Vierstemmige harmoniese a capella koorsangstyl. Dit is ʼn styl waar mans a capella-
musiek (onbegeleid) sing.
Roep-en-antwoord tussen die leier en die groep
Gebruik van stemtegniek, bv. ululasie en krepitasie
Lirieke meestal in Zoeloe
Gestileerde choreografie ontleen aan tradisionele isiZulu-danse (4)
EEN belangrike album en komponis
Ladysmith Black Mambazo (Shaka Zulu/Long walk to Freedom/Journey of
Dreams/Gift of the Tortoise/Songs from Zulu-Farm)
Enige 1 album (2)
[8]
VRAAG 16
Styleienskappe
Afro Soul is die term wat gegee word aan die musiekgenre wat soul-musiek (ʼn
musiekstyl bestaande uit elemente van gospel, rhythm and blues en jazz) en
Afrikamusiek vermeng. (3)
Instrumentasie
ʼn Uitstaande kenmerk van Afro-Soul is die sterk invloed van vokale musiek.
Die instrumente bestaan hoofsaaklik uit tromme, basinstrument, kitaar en vokale stem
asook agtergrondstemme. (4 ÷ 2) (2)
TWEE kunstenaars
Kunstenaars soos Hugh Masekela en Mirriam Makeba het in ʼn Afro Soul-styl
gekomponeer. (2)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) MUSIEK V1 21
VRAAG 17
Kulturele oorsprong (enige TWEE)
Beteken ʼn virtuose instrumentalis wat tradisionele musiek op Westerse instrumente
speel.
Tradisionele Maskandi-musiek bestaan uit ʼn lied wat handel oor die lewenservaring
van die sanger, gewoonlik ʼn man, wat sing oor sy lewenservaringe, daaglikse plesier,
hartseer, ens.
Is afkomstig van die Afrikaanse woord ‘musikant’ en word met Zoeloe-volksmusiek
geassosieer.
Maskandi is ʼn tipe Zoeloe-volksmusiek wat in Suid-Afrika ontwikkel het, spesifiek in
Kwazulu-Natal. (2)
Tipiese instrumentasie
Konsertina, akoestiese kitaar, baskitaar, klawerborde,/tromme, agtergrondsangers.
Maskandi word normaalweg met kitaar geassosieer. (5)
Musiekeienskappe van maskandi
ʼn Tradisionele maskandi-lied begin met ʼn boodskap bekend as “izihlabo” – “Dit is wat
ek gaan speel, en dit is wie ek is”. Dit is ʼn instrumentale versiersel aan die begin van
die lied wat die atmosfeer bekendstel.
Die kitaar word nie dieselfde getoonset soos die tradisionele toonset nie. Die liriese
inhoud sluit lofsang, storievertelling en migrasie kultuur in.
Die mense dans, speel tromme, klap op verskillende maniere en die danse wat
voorgedra word, beeld die distrik of area waar die maskandi vandaan kom, uit.
Die voorsanger se natuurlike persoonlikheid is ʼn essensiële element van Maskandi-
musiek.
Die musiek word in isiZulu gesing.
Die maskandi-musiek se oorsprong is die Zoeloe-kultuur.
Gebruik vinnige gesproke seksies wat bestaan uit Zoeloe-lofgedigte, genoem
“izibongo”. Dit is lofprysingspoësie, maar behels nie altyd selflofprysing nie.
Maskandi is ook bekend as “Zoeloe Blues” as gevolg van die sikliese en herhaalde
pluk van snare op die kitaar. (5)
DRIE kunstenaars wat Maskandi aan die internasionale mark bekendgestel het.
Kunstenaars soos Johnston Zibokwakhe Mnyandu, Bhodloza Nzimande, Amatshitshi
Amhlophe, Amashayina Amahle, Siyani Ngcobo, Imithente, Inkunzi Emdaka en
Izingane ZoMa het almal bygedra om Maskandi op die internasionale musiekmark
bekend te stel. (3)
[15]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2016 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2016 Memo (English)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper