Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
RELIGIESTUDIES V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 193.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion40 marks
- Question 1.2Common Features of Religion10 marks
- Question 2.1Common Features of Religion10 marks
- Question 2.2Common Features of Religion10 marks
- Question 2.3Common Features of Religion10 marks
- Question 2.4Common Features of Religion10 marks
Show all 19 questions
- Question 2.5Common Features of Religion10 marks
- Question 3.1Research Into and Across Religions10 marks
- Question 3.2Research Into and Across Religions20 marks
- Question 3.3Research Into and Across Religions20 marks
- Question 4.1Topical Issues in Society6 marks
- Question 4.2Topical Issues in Society6 marks
- Question 4.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.4Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.5Topical Issues in Society18 marks
- Question 5.1The Variety of Religions20 marks
- Question 5.2The Variety of Religions12 marks
- Question 5.3The Variety of Religions8 marks
- Question 5.4The Variety of Religions10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 RELIGIESTUDIES V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 Kontemporêre inspirasie
Inspirasie is ʼn belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
Die term kontemporêre inspirasie verwys na inspirasie wat
vandag steeds plaasvind.
In die meeste godsdienste is daar figure met volgelinge wat glo
dat hulle deur ʼn hoër krag of wysheid geïnspireer is.
Die stigtingfigure in godsdienstige geskiedenis beweer gewoonlik
dat hulle geïnspireer is.
Ons kens nie die name van al die geïnspireerde figure, soos in
vroeë Afrika Tradisionele Godsdiens of Hindoeïsme nie.
Baie bekende figure wat egter geïnspireer is, sluit in Abraham,
Moses, Confucius, Vedvyas, die Boedha, Jesus, Mohammed en
Baha’u’llah.
Daar word geglo dat hierdie figure van aangesig tot aangesig met
God gekom het.
In die Afrika Tradisionele Godsdiens kommunikeer mense met
hulle voorvaders en ontvang hulle boodskappe.
In die Abrahamitiese gelowe glo hulle dat hulle profete goddelike
inspirasie ontvang het wat as hulle heilige skrifte neergeskryf is.
In die Oosterse godsdiens het ʼn aantal mense wat heilige
leermeesters geword het, goddelike inspirasie ontvang.
Baha’u’lla was die stigter van die Bahai-godsdiens wat in die 19de
eeu geleef het.
In terme van godsdienstige geskiedenis was dit redelik onlangs,
tog het hy goddelike inspirasie ontvang. (20)
1.1.2 Heilige boeke
Skryfkuns het ongeveer vierduidend jaar gelede op die
godsdienstige toneel verskyn.
Soos wat skryftegnologie meer algemeen geword het, het dit
meer en meer in die tekstuur van tradisie ingedring.
Tradisie het meer vas geword.
Mondelinge tradisie wat parallel met geskrewe tradisies kan loop,
is baie vloeibaar.
In Hindoeïsme word onderskei tussen ontsluierde (gehoorde) en
geskrifte (shruti) en sekondêre (onthoude) geskrifte wat deur
mense opgestel is.
Die heilige boek is die Vedas.
In Judaïsme staan die primêre geskrifte saam bekend as die
Tenach. Van hierdie geniet die eerste groep kanonieke status.
Van alle godsdienste neem Islam die idee van goddelike
openbaring as perfek neergeskrewe die ernstigste op.
Die Koran word algemeen beskou as ʼn perfekte kopie/afskrif van
die oorspronklike ewige tablet met inskripsies in die hemel.
Heilige boeke bestaan dikwels nie net as individuele werk nie,
maar as deel van groter versamelings.
ʼn Belangrike onderskeid moet tussen primêre bronne en
kommentaar gemaak word.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) RELIGIESTUDIES V2 3
Kommentaar is sekondêre geskrifte.
Dit is verduidelikings en toepassings van die normatiewe primêre bronne.
Die meeste godsdienste met heilige boeke het ook baie kommentaar op
primêre geskrifte. (20)
1.2 Verduidelik die hermeneutiese beginsels om die normatiewe bronne van EEN
godsdiens te interpreteer.
Die woord hermeneutiek beteken om te interpreteer.
Geneem uit die tradisionele konteks, was hermeneutiek die poging deur
mans en vroue vanuit sekulêre of godsdienstige oogpunt of perspektief of
vooroordeel om die geskrif hoofsaaklik in die lig van hulle eie oortuigings te
interpreteer, en tweedens in die historiese konteks.
Historiese konteks
Die beginsels van hermeneutiese interpretasie is:
1. Grammatikale-en historiese konteks
2. Duidelike betekenis
3. Plan, doel en konteks
4. Betekenis en woorde
5. Figuurlike taal
6. Die oorweging van ander heilige skrifte
Die Christenbybel bestaan uit die Ou en Nuwe Testament.
Hierdie geskrifte is as gesaghebbend verklaar deur vorige
geloofsgemeenskappe.
Nooit in die geskiedenis van die Bybel was daar net een manier om
Bybeltekste te interpreteer nie.
Volgens Islam is die Koran ʼn heilige geskrif wat goddelike openbaring van
God van sy boodskappers bevat.
Moslem geleerdes verwys na interpretasie, kommentaar en hermeunetiek
as “tafsir”.
Die “tafsir” is ʼn komplekse term en verwys na die omvattende begrip en
kennis van die Koran.
Dit verrys ook na die proses om die betekenis te vind en die proses om die
reëls, wysheid en grondstellings te stel. (10)
[50]
Downloaded from hlayiso.com
4 RELIGIESTUDIES V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 2
2.1 Aard van goddelikheid
Christene glo in die bestaan van ʼn hoër en goddelike wese naamlik God.
God onthul homself as drie persone.
1. God die Vader as Skepper van die Heelal.
2. God die Seun as Redder/Bevryder van die mensdom.
3. En God die Heilige Gees as die Berader van Christene. (10)
2.2 Aard van die wêreld
Volgens die Christelike godsdiens was daar niks aan die begin behalwe
chaos nie.
Die boek Genesis vertel dat God die wêreld en die heelal in ses dae
geskep het en op die sewende dag gerus het.
Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-Eenheid klaar was met die
skepping.
Mense, seelewe, diere en plante behoort alles aan God.
Volgens die Christelike oortuigings is die wêreld onderhewig aan die
bestuur van die mensdom. (10)
2.3 Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld
Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
Nadat Adam en Eva geskep is, het God hulle opdrag gegee om na die tuin
van Eden en die hele skepping om te sien.
As medeskeppers saam met God, is mense God se verteenwoordiger op
aarde.
God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien.
Hulle is verantwoordbaar aan God. (10)
2.4 Oorsprong van die bose
Volgens die Christelike godsdiens het God nie die bose geskep toe Hy die
wêreld geskep het nie.
Hy het ʼn perfekte wêreld met perfekte mense geskep.
Die bose is later bekend gestel toe Adam en Eva God se opdragte
verontagsaam het.
Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid ‘sonde’.
Christene glo dat die bose deur Satan, wat eens ʼn engel van God was
maar teen God gerebelleer het, gebruik word. (10)
2.5 Lewe na die dood
Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees.
Adam en Eva het egter God se opdragte verontagsaam.
Die straf vir hierdie sonde van die mensdom, was die dood.
Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die
bose en die dood te bevry.
Christene verwag ʼn nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk sal
word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee. (10)
[50]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) RELIGIESTUDIES V2 5
VRAAG 3
3.1 Bespreek die verhouding tussen godsdiens en wetenskap.
Wetenskaplike ontwikkeling het ons wêreld verander.
Op ʼn dieper vlak het godsdiens die manier hoe mense na die wêreld kyk
verander.
Belangriker is dat wetenskap die fondamente van tradisionele godsdienste
uitgedaag het.
Die moeilikhede tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier
eeue na vore gekom.
Die twee benaderings het toenemend kompeterend en selfs botsend
geword.
In alle kulture het godsdiens deur die eeue tradisioneel antwoorde op vrae
verskaf soos die volgende:
1. Hoe en wanneer die wêreld begin het.
2. Wanneer het die mens sy eerste verskyning gemaak.
Terwyl sommige godsdienste dit as ʼn groot konflik beskou, het ander
minder probleme om hulle leringe met die wetenskaplike teorieë te
versoen. (10)
3.2 Verduidelik die impak wat Darwin se teorie oor evolusie op die skepping,
volgens die Christelike geloof, gehad het.
Darwin se teorie bestaan hoofsaaklik uit vier idees:
1. Spesies bevat ʼn groot verskeidenheid van klein verskille
2. Beide die wêreld en spesies verander met verloop van tyd
3. In die stryd om oorlewing sal die beter aangepaste variasies oorleef,
terwyl die wat nie aangepas het nie, sal sukkel om te oorleef
4. Op hierdie manier kan die spesies geleidelik verander en meer
kompleks raak – deur langs ʼn pad van suksesvolle variasie te onwikkel
Volgens die kreasioniste is daar geen twyfel dat God die heel as deel van
Sy meesterplan vir die mensdom geskep het nie.
Genesis beskryf hoe God die wêreld in ses dae geskep het.
God het vir Adam en Eva geskep, dus lyk dit asof daar nie ʼn plek vir die
evolusie teorie in die skepping is nie.
Darwin se werk is as kontroversieel gesien deur die kerk.
Darwin se idee is as volg gekritiseer:
1. Daar is geen getuienis in die menslike geskiedenis vir die ontwikkeling
van nuwe spesies nie
2. Daar is geen bewyse dat een spesie uit ʼn ander ontwikkel het nie
3. Die pogings om nuwe spesies te skep deur kruisteling is dikwels
onsuksesvol omdat kruisings nie geteel kan word nie
Een van die redes waarom Darwin se teorie so ʼn groot impak op die kerk
gehad het, is dat dit lyk asof dit ʼn alternatiewe verduideliking gee wat nie
die idee van ʼn intelligente ontwerper nodig het nie.
Die meeste ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat
hierdie skeppingsmite as werklikhede gelees moet word want indien hulle
onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings bevraagteken. (20)
Downloaded from hlayiso.com
6 RELIGIESTUDIES V2 (SEPTEMBER 2013)
3.3 Vergelyk die lering van EEN godsdiens oor goddelikheid en die skepping van
die heelal met die Big Bang-teorie.
Die Abrahamitiese godsdienste glo dat God die heelal geskep het.
Daar is geen twyfel by hulle dat God die skepper is nie.
Die meeste Ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat
hierdie skeppingsmites as letterlike waarheid gelees moet word want
indien dit onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings
bevraagteken.
Sommige liberale of progressiewe Jode, Christene en Moslems wat
godsdienstig is, verwerp nie die idee van evolusie nie.
Die liberale en progressiewe Jode, Christene en Moslems argumenteer dat
indien alles in die heelal deur God geskep is, dan is die proses van
evolusie ook deel van God se plan.
Die sintese van evolusie en godsdienstige doktrine word na verwys as
geleide of teïstiese evolusie. Sommige godsdienstige gelowiges se dat
God vir die Big Bang verantwoordelik was.
Dit is die gebeurtenis wat wetenskaplikes glo wat op die heelal begin het.
Die teorie se dat ongeveer 14 miljard jaar gelede het die heelal begin
uitbrei en warmer en warmer begin word totdat daar ʼn ontploffing was.
LW: Vir meer inligting raadpleeg “Focus on Religion Studies Grade
12.” bl 99 – 101 (20)
[50]
VRAAG 4
4.1 ʼn Kort, relevante inleiding
Een van die drukste kwessies vandag in Suid-Afrika is die HIV/Vigs
pandemie wat die lewens van baie Suid-Afrikaners eis.
In Mei 2003 het godsdienstige gemeenskappe en organisasies ontmoet
om maniere te bespreek oor hoe om die probleem van HIV/Vigs te
adresseer tydens die eerste konferensie van die streek.
Dit moet met die nodige sensitiwiteit wat dit verdien hanteer word.
Dit dring aan op liefde en meegevoel. (6)
4.2 Die oorsake van die sosiale probleem
HIV/Vigs is steeds een van die euwels van ons gemeenskap
Die oorsake van HIV/Vigs
1. Onbeskermde seks
2. Rondslapery
3. Meer as een bedmaat
4. Verkragting
5. Mite dat ʼn maagd HIV/Vigs kan genees
6. Oorbevolkte tronke
LW: Enige relevante punt sal gekrediteer of aanvaar word. (6)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) RELIGIESTUDIES V2 7
4.3 Faktore wat bydra tot hoe dit versprei
Armoede is een groot faktor
Werkloosheid
Meer as een seksmaat
Onveilige seks
LW: Enige relevante punt sal gekrediteer word. (10)
4.4 Verwys na die leringe van ten minste TWEE godsdienste om oplossings te
illustreer vir die sosiale probleem wat jy gekies of geïdentifiseer het
Verwys na die leringe van ten minste TWEE godsdienste tot die Vigs-
pandemie
Godsdienstige leringe in elke geloof beklemtoon die belangrikheid van die
familie eenheid en waarsku teen die ernstige gevolge van owerspel.
Christelike lering
1. Geen seks voor die huwelik.
2. Monogamie word aangemoedig.
3. Getrouheid aan een maat word aangemoedig.
4. Egbreuk word veroordeel.
Lering van Islam
Owerspel is verkeerd.
Dit maak die weg oop vir ander booshede.
LW: Enige relevante punt sal gekrediteer word. (10)
4.5 Praktiese stappe of strategieë om dit aan te spreek
Die verskillende godsdienstige gemeenskappe het ooreengekom om die
volgende aksies te neem en toegewyd die volgende beginsels te
implementeer:
Liefde, meegevoel, verantwoordelikheid, waardigheid en nie-veroordelend
ten opsigte van mense wat leef met HIV/Vigs.
Opvoeding en openheid rondom seks en seksualiteit.
Veroordeel diskriminasie teen mense wat met HIV/Vigs leef.
Erken eenheid in diversiteit.
Die aanmoediging van oop gesprekke en dialoog rondom sensitiewe
kwessies.
Godsdienstige leiers van alle gemeenskappe moet hul volgelinge opvoed
oor HIV/Vigs sodat daar nie teen mense wat met die siekte leef
gediskrimineer word nie.
Godsdiensleiers moet druk op die regering uitoefen om toegang tot
behandeling aan diegene wie geaffekteer is, te voorsien. (18)
[50]
Downloaded from hlayiso.com
8 RELIGIESTUDIES V2 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 5
5.1 Identifiseer en bespreek TWEE temas wat jy beskou as belangrike onderwerpe
vir ʼn wêreldparlement van godsdienste. Gee redes vir jou keuses.
ARMOEDE
Armoede die grootste boosheid van ons gemeenskap
Dit bring lydings oor die families
Die meeste mense, veral die jeug, neig om hulle tot inbrake te wend as
gevolg van armoede
Dit veroorsaak dat arme mense aan kwale en siektes blootgestel word
Hulle eindig in prostitusie
Families word verbrokkel as gevolg van armoede
Kinders sterf as gevolg van armoede
Leerders verlaat skool om werk te gaan soek
MISDAAD
Dit neem verskillende vorme aan bv. moord, verkragting, en huisbraak
Mense handel
Nepotisme is deesdae algemeen en benodig veroordeling
Misdaad bedreig besighede
Korrupsie is misdaad en is besig om teen ʼn gevaarlike tempo te eskaleer
Daar is ʼn verrassende toename op elke vlak van ons samelewing in beide
privaat en publieke sektor
Verduistering van geld van enige organisasie, hetsy godsdienstig, regering
en of private sektor in die algemeen, is verbode
Bedrog kom baie voor en moet mee sterk en sonder kompromieë gedeel
word
LW: Enige relevante antwoord sal aanvaar word. (20)
5.2 Bespreek TWEE moontlike uitkomste (of resultate) wat jy van so ʼn konferensie
sal verwag.
Strategieë om armoede aan te spreek
Verligting van armoede in die algemeen
Afname in armoede
Uitwissing van armoede
Om onmiddellik sorg te neem van mense wat vasgevang is in erge
armoede
Begin van suksesvolle projekte
Genadelose optrede teen misdaad
Misdadigers op alle vlakke moet aan die man gebring word
Indien skuldig bevind word moet hulle harde strawwe opgelê word
Geen vry borgtog vir verkragters en moordenaars
Geen presidensiële parool vir moordenaars, verkragters, bankrowers,
motor kapers, ens. nie. (12)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) RELIGIESTUDIES V2 9
5.3 Beskryf die godsdienstige samestelling in jou gemeenskap en verduidelik die
behoefte vir inter-religieuse dialoog.
Meestal Christene en Moslems
Die Christendenominasies is Afrika Onafhanklike Kerke, Protestante en
Pinkster Kerke
Die huidige interreligieuse dialoog is deur die S.A.R.K.
Daar is ʼn groot behoefte vir interreligieuse dialoog tussen Christene en
Moslems.
LW: Enige relevante feit sal gekrediteer word. (8)
5.4 Suid-Afrika het sedert 1994 nie ernstige gevalle van godsdienstige konflik nie.
Watter stappe het die Suid-Afrikaanse regering geneem om vreedsame
naasbestaan tussen die verskillende godsdienste in die land te verseker?
Godsdiensvryheid was bevorder
Godsdienstige verdraagsaamheid was aangemoedig
Die Nederlands Gereformeerde Kerk het nie meer langer voorkeur
behandeling van die regering ontvang nie
Alle godsdienste opereer vryelik en hulle moet mekaar respekteer
Daar is geen godsdiens wat spesiale gunste ontvang nie
Verskillende ekumeniese liggame word toegelaat om hulle sieninge vryelik
te verkondig
In konflik kwessies soos die Marikana saak was die S.A.R.K. toegelaat om
deel te neem maar in die konteks van die Grondwet
LW: Enige relevante feit sal gekrediteer word. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper