Skip to content

Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2018 QP (Afr)

Question paperNatural SciencesGrade 9201821 pages

Grade 9 Natural Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com testpapers.co.za GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 9 NATUURWETENSKAPPE NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________ GRAAD 9: ________ DATUM: ___________ TYD: 2 uur PUNTE: 100 20 bladsye + 1 datavel VR1 VR2 VR3 VR4 VR5 VR6 VR7 VR8 VR9 VR10 VR11 VR12 TOTAAL 8 6 6 11 9 8 8 4 6 9 11 14 100 b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 2 GRAAD 9 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NATUURWETENSKAPPE TYD: 2 uur PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Skryf jou naam en klas op die voorblad van hierdie VRAESTEL. 2 Beantwoord al die vrae in die spasies daarvoor oopgelaat op hierdie VRAESTEL. 3 Hierdie vraesel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C gebaseer op die voorgeskrewe raamwerk van die KABV-dokument. 4 Toekenning van punte: AFDELING A: 20 AFDELING B: 40 AFDELING C: 40 5 Hierdie vraestel bestaan uit twaalf vrae. 6 Volg die instruksies van elke vraag noukeurig. 7 Alle tekeninge moet in potlood gedoen word en byskrifte in blou of swart ink. 8 Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 3 GRAAD 9 AFDELING A VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies die korrekte opsie en maak ʼn sirkel of kruisie oor die korrekte letter (A – D). 1.1 Watter van die volgende is die hooffunksie van die hart? A Fisiese manipulasie van vaste voedsel B Regulering van verteerde voedsel C Gee vorm aan die sel D Om bloed te pomp (1) 1.2 Die simbool vir Koper is ... . A Cu B Co C K D C (1) 1.3 Die newe (by) produkte van respirasie is ... A suurstof, koolstofdioksied en energie. B water en glukose. C koolstofdioksied en suurstof. D koolstofdioksied, water en energie. (1) 1.4 Rangskik volgens die pH-skaal van die minste tot die meeste suurgehalte. A 6:4:2:1 B 1:4:2:6 C 6:2:1:4 D 1:2:4:6 (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 4 GRAAD 9 1.5 Die volgorde waarin voedsel beweeg in die spysverteringskanaal is ... . A Oesofagus, maag, dikderm, dunderm. B Oesofagus, dunderm, dikderm, maag. C Oesofagus, maag, dunderm, dikderm. D Oesofagus, dunderm, maag, dikderm. (1) 1.6 Watter indikator is groen in ʼn natuurlike oplossing? A Rooi lakmoespapier B Universele indikator C Blou lakmoespapier D Broomtimolblou (1) 1.7 Uitaseming is die proses wanneer ... A spiere van die diafragma ontspan, die interkostale spiere ontspan en lug word uit die longe geforseer. B spiere van die diafragma trek saam, die interkostale spiere trek saam en lug word uit die longe geforseer. C spiere van die diafragma ontspan, die interkostale spiere ontspan en lug vloei deur die luggange in die longe in. D spiere van die diafragma trek saam en lug vloei deur die luggange die longe binne. (1) 1.8 Die gas wat geproduseer word as ʼn suur met ʼn metaal reageer is ... A Koolstofdioksied. B Suurstof. C Waterstof. D Waterdamp. (1) [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 5 GRAAD 9 VRAAG 2 TERMINOLOGIE Verskaf die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (2.1 – 2.6) in die spasie voorsien. 2.1 Die stadium in die menslike lewenssiklus wanneer seksuele organe volwassenheid bereik vir voortplanting. __________________________________________________. (1) 2.2 ʼn Stof waar twee of meer atome chemies verbind is in ʼn vaste verhouding. ___________________________________________________. (1) 2.3 Die verwydering van afvalprodukte van ʼn chemiese reaksie wat in selle plaasvind. ____________________________________________________. (1) 2.4 Die sout in waterstofchloried (soutsuur). ____________________________________________________. (1) 2.5 Die vermenging van voedsel met verteringsensieme en soutsuur. ____________________________________________________. (1) 2.6 Die beskrywing of moontlike verduideliking vir ʼn ondersoek. ____________________________________________________. (1) [6] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 6 GRAAD 9 VRAAG 3 PASITEMS Kies ʼn konsep in KOLOM B wat by ʼn stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (3.1 – 3.6) in die in die spasie voorsien. KOLOM A KOLOM B 3.1 ʼn Groep selle met dieselfde struktuur wat dieselfde A. Vertering funksie verrig. B. Antibiotika 3.2 ʼn Basis wat oplosbaar is in water. C. Weefsel 3.3 Die struktuur of middel wat onvoorsiene swangerskap en seksueel oordraagbare siektes soos HIV/VIGS kan D. Produkte verhoed. E. Alkali 3.4 Nuwe stowwe wat vorm tydens ʼn reaksie. F. Reaktante 3.5 Die afbreking van voedsel in oplosbare voedingstowwe wat in die bloed geabsorbeer kan word. G. Absorpsie 3.6 Stowwe wat gebruik kan word om skadelike bakterieë H. Kondoom dood te maak. 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 [6] TOTAAL AFDELING A: [20] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 7 GRAAD 9 AFDELING B LEWE EN LEWENDE DINGE VRAAG 4 SELLE AS BASIESE EENHEDE VAN LEWE Bestudeer die volgende strukture en beantwoord die vrae wat volg. 4.1 Identifiseer die bogenoemde sel. ____________________________________________________ (1) 4.2 Verskaf EEN waarneembare rede vir jou antwoord. ____________________________________________________ (1) 4.3 Verskaf byskrifte vir dele genommer 1 en 4. 1. ____________________________________________________ 4. ____________________________________________________ (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 8 GRAAD 9 4.4 Noem die deel genommer 3 en ʼn gee die funksie. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2) 4.5 Wat is die hooffunksie van die deel genommer 7? _____________________________________________________ (1) 4.6 Deel nommer 6 word die “brein” van die sel genoem. Verskaf ʼn moontlike rede om die stelling te regverdig. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2) 4.7 Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn plantsel en ʼn diersel. PLANTSEL DIERSEL 1. 1. 2. 2. (2) [11] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 9 GRAAD 9 VRAAG 5 MENSLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL Bestudeer die diagramme van die prosesse in die menslike voortplantingsiklus en beantwoord die vrae wat volg. KOPULASIE VOLWASSE- EJAKULASIE WORDING MENSLIKE LEWENSSIKLUS GROEI BEVRUGTING 5.1 Verskaf die nommer op die diagram in die siklus waar ʼn eiersel vrygestel word. ______________________________________________________ (1) 5.2 Identifiseer die naam van die proses wat in 5.1 plaasvind. ______________________________________________________ (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 10 GRAAD 9 5.3 Benoem en verduidelik die proses wat by nommer 4 plaasvind. ________________________________________________________ ________________________________________________________ (2) 5.4 Verduidelik kortliks die proses van bevrugting. ________________________________________________________ ________________________________________________________ (2) 5.5 Noem die hormoon wat ʼn noodsaaklike rol in die manlike voortplantingstelsel speel. ________________________________________________________ (1) 5.6 In vrouens word daar na die vagina verwys as die kopulasiekanaal sowel as die geboortekanaal. Verduidelik die stelling kortliks. ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ (2) [9] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 11 GRAAD 9 VRAAG 6 SIRKULASIESTELSEL Bestudeer die onderstaande diagram wat die menslike sirkulasiestelsel voorstel en beantwoord die vrae. 6.1 Verskaf die byskrifte van die organe genommer 1 en 2. 1.______________________________________________________ 2.______________________________________________________ (2) 6.2 Verskaf die algemene name van die bloedvate wat deur die dele 3, 4 en 5 voorgestel word. 3._____________________ 4.__________________ 5._____________________ (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 12 GRAAD 9 6.3 Identifiseer die proses wat plaasvind by nommer 1 en 5. _____________________________________________________ (1) 6.4 Onderskei tussen die bloed wat deel 3 en 4 bevat. ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ (2) [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 13 GRAAD 9 VRAAG 7 RESPIRATORIESE STELSEL EN DIE SPYSVERTERINGSTELSEL Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: Tuberkulose is een van Suid-Afrika se ergste siektes wat dood veroorsaak. Ongeveer ʼn miljoen mense wêreldwyd sterf jaarliks aan TB. Daar is voorheen na TB as verswelging verwys omdat dit die liggaam verswelg en veroorsaak dat dit wegkwyn. TB word veroorsaak deur ʼn bakteriese infeksie van liggaamsdele, veral die longe. Dit word versprei van een persoon na die volgende deur die inaseming van die bakterieë in die longe, as ʼn persoon met die siekte hoes. Die simptome van TB is: Geen eetlus, gewigsverlies, koors en sweet, borspyne en die ophoes van bloed. Die siekte kan opgespoor word deur x-strale van die longe te neem. Gelukkig kan TB genees word as dit vroegtydig opgetel word. Dit word behandel deur dwelms te gebruik wat antibiotika genoem word. 7.1 Watter mikro-organisme veroorsaak tuberkulose? ____________________________________________________ (1) 7.2 Verduidelik kortliks hoe tuberkulose versprei word. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2) 7.3 Stel enige voorkomingsmaatreëls in die verspreiding van tuberkulose voor. ________________________________________________________ ________________________________________________________ (1) 7.4 Differensieer tussen meganiese en chemiese vertering. _________________________________________________________ ________________________________________________________ _________________________________________________________ (2) 7.5 Voorsien TWEE redes en verduidelik waarom vesel belangrik is in die vertering van voedsel. _________________________________________________________ _________________________________________________________ ________________________________________________________ (2) [8] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 14 GRAAD 9 VRAAG 8 SIRKULATORIESE EN RESPIRATORIESE GESONDHEIDSKWESSIES Bestudeer die onderstaande kolomgrafiek wat aandui hoeveel mense in elke 100 000, tussen die ouderdomme van 35 en 69, sterf aan rook en rookverwante siektes. Sterftesyfer Nie-Rokers Aktiewe Rokers Passiewe Rokers Long- Mond- Ander Hart- Respira- Ander kanker kanker kankers siektes toriese mediese siektes siektes Gesondheidkwessies 8.1 Gebruik die grafiek om uit te vind hoeveel aktiewe rokers sterf aan hartsiektes. ______________________________________________________ (1) 8.2 Kyk na die verskillende mense (rokers, passiewe rokers en nie-rokers) wat sterf aan respiratoriese siektes. Vanuit watter groep sterf die grootste getal mense? ______________________________________________________ (1) 8.3 Sal jy verkies om ʼn aktiewe roker, ʼn passiewe roker of ʼn nie-roker te wees? Voorsien ʼn moontlike rede om jou antwoord te ondersteun. ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2) [4] TOTAAL AFDELING B: [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 15 GRAAD 9 AFDELING C MATERIE EN MATERIALE VRAAG 9 PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE EN VERBINDINGS Gebruik die periodieke tabel van elemente om die onderstaande vrae te beantwoord: x 16 12 9.1 Die simbool van die element wat deur X in die bogenoemde diagram voorgestel word, is ... ____________________________________________________ (1) 9.2 Die naam van die element is ... ______________________________________________________ (1) 9.3 Hoeveel protone het die element in sy nukleus? ________________________________________________________ (1) 9.4 Is die element ʼn metaal of ʼn nie-metaal? _________________________________________________________ (1) 9.5 Die element vorm ʼn oksied wanneer dit met suurstof reageer. Verskaf die naam van die oksied wat vorm. ________________________________________________________ (1) 9.6 Wanneer die oksied met water gemeng word, wat sal die pH van die oplossing wees? ________________________________________________________ (1) [6] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 16 GRAAD 9 VRAAG 10 REAKSIE VAN METALE MET SUURSTOF Roes is ʼn vorm van ysteroksied wat gevorm word wanneer yster (Fe) met suurstof (O) reageer. Voltooi die onderstaande tabel deur die ontbrekende vergelykings vir reaksie tussen yster en suurstof te voorsien: (3) Woordvergelyking 10.1 Prentjie Vergelyking (4) Gebalanseerde 10.2 chemiese vergelyking SLEUTEL-ELEMENTE YSTER SUURSTOF 10.3 Noem enige TWEE maniere hoe die vorming van roes voorkom word: 1. _______________________________________________ (1) 2. _______________________________________________ (1) [9] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 17 GRAAD 9 VRAAG 11 REAKSIES VAN SURE MET KARBONATE Bestudeer die volgende eksperimentele opstelling. Beantwoord die vrae wat volg: Opvangbuis Gas word opgevang in proefbuis Beker Natriumbikarbonaat Soutsuur 11.1 Vanaf die onderstaande pH waardes wat voorsien word, watter pH waarde sal jy verwag soutsuur moet hê? ________________________ pH=1 pH=6 pH=7 pH=8 pH=13 (1) 11.2 Verduidelik waarom die inname van natriumbikarbonaat help met die verligting van slegte spysvertering. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2) 11.3 Identifiseer die naam van die gas wat vrygestel word gedurende die bogenoemde eksperiment. ________________________________________________________ (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 18 GRAAD 9 11.4 Beskryf kortliks hoe jy sal toets vir die gas wat gedurende die eksperiment vrygestel word. ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ (2) 11.5 Skryf ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking neer vir die reaksie wat plaasvind in die bogenoemde eksperimentele opstelling. ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ (5) [11] b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 19 GRAAD 9 VRAAG 12 ONDERSOEKENDE EKSPERIMENT Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Asanda se oupa hou daarvan om sy eie brood te bak. Asanda let op dat nadat hy die deeg geknie het, hy dit in die son los om te rys. Asanda wou weet waarom dit nodig is om die deeg in die son te los. Sy het gedink dat dit iets te doen het met temperatuur. Sy het besluit om ʼn ondersoek uit te voer. Sy het deeg gemaak met 100 g koekmeel; 2 g suiker; 4 g droë gis en 25 ml water teen 38ºC. Sy het 10 ml deeg in drie maatsilinders geplaas. Een silinder was by 5ºC; een by 20ºC en die derde silinder by 35ºC gehou. Asanda het die silinders vir 20 minute gelos en het daarna die deeg in elke silinder gemeet om te bepaal hoeveel die deeg gerys het. Sy het haar resultate soos volg opgeteken: TEMPERATUUR (ºC) VOLUME DEEG GERYS (cmᵌ) 5 15 20 25 35 35 12.1 Formuleer ʼn doel vir Asanda se eksperiment. __________________________________________________ __________________________________________________ (2) 12.2 Dink jy dit was ʼn geldige toets? Gee TWEE redes vir jou antwoord. ___________________________________________________ ___________________________________________________ ___________________________________________________ (3) 12.3 Identifiseer die afhanklike en onafhanklike veranderlikes in die eksperiment. ___________________________________________________ ____________________________________________________ (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE 20 GRAAD 9 12.4 Voorsien ʼn gevolgtrekking, wat Asanda kan maak gebaseer op die resultate in die tabel. _____________________________________________________ _____________________________________________________ (2) 12.5 Trek ʼn lyngrafiek om die resultate in die bogenoemde tabel aan te toon. (5) [14] TOTAAL AFDELING C: [40] TOTAAL: 100 EINDE
Downloaded from hlayiso.com NATUURWETENSKAPPE GRAAD 9 21 THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

Study this subject

More from Grade 9 Natural Sciences

View all