NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*XAGSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper












View all





AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D
Agricultural Sciences · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 24
- File size
- 723.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 ʼn Groep individuele organismes wat dieselfde is ten opsigte van
voorkoms, gedrag en genetiese samestelling.
A Ekosisteem
B Gemeenskap
C Bevolking
D Spesie
1.1.2 Watter van die onderstaande bedreigings is VERKEERD met
betrekking tot die fynbos-bioom?
A Uitheemse plante
B Oorbeweiding
C Klimaatsverandering
D Landbou
1.1.3 Die onderstaande foto is ʼn voorbeeld van … weiding.
A selektiewe
B geen
C wissel
D nie-selektiewe
1.1.4 Die produksie van mielies in die Wes-Kaap is 96 ton, in die Oos-Kaap
is dit 92 ton en in Gauteng is dit 84 ton. Die produksie persentasie
van die Oos-Kaap provinsie sal … wees.
A 45,7%
B 27,1%
C 33,8%
D 35,6%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.1.5 Die neiging wat deur die bevolking/populasie en hoeveelheid jare in
die grafiek hieronder getoon word, bewys dat die …
80
Populasie in miljoene
70
60
50
40
30
20
10
0
Jare
A bevolking/populasie oor die jare toeneem.
B bevolking/populasie oor die jare afneem.
C bevolking/populasie in jare toeneem.
D hoeveelheid jare toeneem.
1.1.6 Een van die volgende stellings oor inheemse kennis is KORREK:
A Kennis van die hede
B Gestoor in boeke
C Deur ondervinding aangeleer
D Ekonomiese volhoubaarheid
1.1.7 Die volgende stelling is WAAR oor die mak maak van diere:
(i) Meeste diere is vir hul produkte mak gemaak
(ii) ʼn Paar diere is mak gemaak om troeteldiere te wees
(iii) Sommige diere is vir vervoer en werk mak gemaak
(iv) Baie diere is vir huisbewaking mak gemaak
Kies die KORREKTE kombinasie hieronder:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Hierdie diere is bekend as grasvreters en is monogastries:
(i) Perde
(ii) Bokke
(iii) Donkies
(iv) Beeste
Kies die KORREKTE kombinasie hieronder:
A (i) en (ii)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.9 Die foto hieronder wys ʼn hoenderproduksie-stelsel wat as die …
bekend staan.
A diepskropstelsel
B batteryhok-stelsel
C agterplaas-stelsel
D vryloop-stelsel
1.1.10 Een van die diere wat hieronder genoem word, behoort nie aan die
wilde diere wat deel is van die Groot Vyf nie:
A Leeu
B Olifant
C Renoster
D Kameelperd (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Produseerders Organismes wat voedsel verkry
B: Verbruikers deur ander organismes te vreet
1.2.2 A Soetveld Kom voor in areas waar reënval
B: Suurveld hoog is
1.2.3 A: Staatsgrond Grond behoort aan ʼn klein dorpie
B: Huurgrond
1.2.4 A: Kommoditeit-organisasies Plaaslike en provinsiale landbou-
B: Landbou-koöperasies organisasies
1.2.5 A: Drakensberger Dit is verkry deur die Afrikaner en
B: Nguni die Holstein te kruisteel
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die wetenskap om die konsep van ekologie aan te wend om landbou-
en boerderystelsels te ontwerp en te bestuur
1.3.2 Vloeibare water van die oppervlakte van waterliggame, grond, diere
en plante wat in gas verander
1.3.3 ʼn Maatstaf van hoe beskikbaar kos is, sowel as hoe maklik ʼn persoon
toegang tot kos het
1.3.4 ʼn Verandering wat aan ʼn wet gemaak word
1.3.5 ʼn Toevallige of sekondêre produk wat tydens die vervaardiging of
sintese van iets anders gemaak is (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Natuurlike weiding is deur die boer vir spesifieke veeproduksie
geplant.
1.4.2 Die doel van die Wet op Bemarking van Landbouprodukte is om
siektes in vee en vleis te voorkom.
1.4.3 Skaapvleisrasse word gebruik in wol- en vleisproduksiestelsels
wat goeie wolproduksie en hoër vrugbaarheid en slaglam-massa
produseer.
1.4.4 Groot-geboude perde met dik huide wat gebruik word vir die trek
van swaar vragte, word warmbloed-perde genoem.
1.4.5 Rooibokke is klein omnivoor diere en bekwame kossoekers.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B
VRAAG 2: AGRI-EKOLOGIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die tabel hieronder toon die verskillende organismes wat binne ʼn ekosisteem
leef. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.
ORGANISMES GETAL ORGANISMES KANSE OP OORLEWING (%)
Hiënas 76 84
Leeus 42 95
Springbokke 150 60
Dekgras Miljoene 99
2.1.1 Verwys na die organismes in die bostaande tabel en identifiseer die
primêre verbruiker. (1)
2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1. (1)
2.1.3 Dui die tipe kompetisie aan wat tydens ʼn jag tussen die leeu en die hÏena
sal plaasvind. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
2.1.4 Verduidelik hoekom die leeu in hierdie ekosisteem ʼn groter kans op
oorlewing het. (2)
2.1.5 Gebruik die lys van organismes in die tabel om ʼn voedselketting te teken
wat die VIER trofiese vlakke van energie in die ekosisteem
aandui. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die onderstaande diagram toon ʼn belangrike voedingsiklus. Bestudeer die
diagram en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.
2.2.1 Identifiseer die voedingsiklus wat deur die bostaande diagram voorgestel
word. (1)
2.2.2 Identifiseer prosesse A, B en C in die diagram. (3)
2.2.3 Stel die komponent van die ekosisteem voor waaraan water behoort. (1)
2.3 Die twee foto’s hieronder, wat weiding op verskillende plase toon, is deur
graad 10-leerders geneem. Analiseer die prente en beantwoord die vrae wat
volg.
PLAAS A PLAAS B
2.3.1 Identifiseer die weidingskondisie van plaas A en B. (2)
2.2.2 Stel TWEE boerderypraktyke voor wat tot die weidingskondisie van
plaas B gelei het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3.3 Dui die veldbestuurspraktyk aan wat deur plaas A in die volgende
situasies toegepas word:
(a) Weiding is verdeel in klein kampe en diere word gedurende die
jaar van een kamp na ʼn ander verskuif (1)
(b) Die boer laat ʼn sekere hoeveelheid diere in ʼn kamp toe (1)
(c) Elke kamp dra 50 selektiewe grasvreters en 100 groot weidiere (1)
2.3.4 Gee TWEE voordele van gemeenskapsboerdery. (2)
2.3.5 Noem TWEE redes waarom weidingsbestuur belangrik is. (2)
2.4 ʼn Bioom is ʼn groot natuurlike gebied met ʼn stel unieke faktore soos klimaat,
grond en landvorm. Hierdie faktore bepaal die soort plante (bome, varings,
gras) wat daar groei en die diere (olifante, wildsbokke) wat in die bioom leef.
Een van die Suid-Afrikaanse biome word deur hoë bome gedomineer en ʼn
ander een word deur verskillende tipes grasse gedomineer.
2.4.1 Verwys na die bostaande scenario en identifiseer EEN voorbeeld van
fauna wat in Suid-Afrika se biome gevind word. (1)
2.4.2 Stel die name voor van die Suid-Afrikaanse biome wat se eienskappe
by die onderstreepte stellings pas. (2)
2.4.3 Gee enige ander TWEE Suid-Afrikaanse biome wat nie in die scenario
genoem is nie. (2)
2.4.4 Gee EEN funksie van die Savanna-bioom in landbou. (1)
2.5 Verandering in die klimaat beteken dat boere boerderymetodes moet kies wat
suksesvol sal wees met die toename in temperatuur, verandering in reënval en
afname in grondvrugbaarheid.
2.5.1 Noem EEN rede vir klimaatsverandering. (1)
2.5.2 Stel enige gevolg van klimaatsverandering op landbou voor. (1)
2.5.3 Dui EEN manier aan hoe boere in Suid-Afrika by klimaatsverandering
kan aanpas. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: AGRI-INDUSTRIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die onderstaande grafiek wys die inligting ten opsigte van voedselverbruikpatrone.
Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
90
82 83 80
80
70 Landelike
landelik/stedelik (%)
area (%)
60
52
50
40
Stedelike
30 24 Area (%)
20 16
10 6
2
0
Mielies Hoenders Bully Beef Vrugte
Voedseltipe en hoe gereeld gebruik
3.1.1 Verwys na die grafiek hierbo en identifiseer die voedsel wat die meeste in
landelike gebiede gebruik word. (1)
3.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1. (1)
3.1.3 Voedselprodukte in landbou word in drie verskillende groepe verdeel. Dui aan
tot watter klas ingemaakte soutvleis (‘Bully-beef’) en vrugte behoort. (2)
3.1.4 Bereken die verskil in mielies wat verbruik is in landelike gebiede teenoor dié
wat in stedelike gebiede verbruik is. Toon alle berekeninge. (3)
3.1.5 Verander die data in die grafiek na ʼn tabelvorm. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.2 Die foto hieronder toon ʼn baie belangrike tipe kennis wat in die geskiedenis van
landbou verkry is. Bestudeer die foto en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer
is.
3.2.1 Stel voor of die kennis wat in die foto gedemonstreer word inheems of
wetenskaplik is. (1)
3.2.2 Gee ʼn rede om jou antwoord op VRAAG 3.2.1 te regverdig. (1)
3.2.3 Toon aan hoe inheemse kennis van landbou in die volgende situasies
gebruik kan word:
(a) Die boer plant twee of meer verskillende tipe gewasse langs mekaar (1)
(b) Gewasse op dieselfde stuk grond word gereeld verander (1)
3.2.4 Lei enige TWEE beperkings af by die gebruik van inheemse kennis in
landbou. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.3 Die foto hieronder toon die natuurlike landbouhulpbronne wat deur Suid-
Afrikaanse wette beskerm moet word. Analiseer die foto en beantwoord die
vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer die hulpbron uit die foto wat deur die volgende wette
beskerm word:
(a) Wet op Dieresiektes (1)
(b) Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (1)
(c) Nasionale Water Wet (1)
(d) Nasionale Veld en Woud Wet (1)
3.3.2 Noem TWEE doelwitte van landbouwetgewing. (2)
3.4 Bevolkingsgroei en verstedeliking in Suid-Afrika het ʼn groot impak op
landbouproduksie.
3.4.1 Definieer die term verstedeliking. (2)
3.4.2 Noem TWEE negatiewe gevolge van bevolkingsgroei vir die
landbousektor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.5 Grondeienaarskap beteken die grond behoort aan iemand wat dit besit, terwyl
grondbesit beteken dat ʼn persoon toegang het tot die grond en dit kan gebruik.
3.5.1 Lei af na watter tipe grondeienaarskap of tipe grondbesit die volgende
stellings verwys:
(a) Die boer huur ʼn stuk grond van die eienaar (1)
(b) Die boer van ʼn ander land besit grond om vee aan te hou (1)
(c) ʼn Omheinde natuurlike woud en die mense van die gemeenskap
word nie toegelaat om hout uit die woud te gaan haal nie (1)
(d) Plaaswerkers kry ʼn stuk grond vir ʼn nedersetting (1)
3.5.2 Verduidelik die verskil tussen grondherverdeling en grondverblyf-
reghervorming. (2)
3.5.3 Gee EEN rol van landbou-organisasies. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
VRAAG 4: DIERESTUDIES
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die onderstaande vloeidiagram toon verskillende tipes beesvleisrasse en
melkrasse. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Identifiseer die TWEE uitheemse beesvleisrasse uit die bostaande
diagram. (2)
4.1.2 Verwys na die bostaande diagram en identifiseer die ras met die
volgende eienskappe:
(a) Produseer hoë gehalte melk met hoë bottervetinhoud (1)
(b) Produseer wit melk met lae bottervetinhoud (1)
(c) Hierdie ras produseer beide vleis en melk van ʼn hoë gehalte (1)
4.1.3 Lys DRIE beesvleisrasse wat nie in die diagram genoem is nie. (3)
4.1.4 Onderskei tussen die uitheemse en inheemse rasse. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
4.2 Die onderstaande prente toon ʼn manlike en ʼn vroulike skaap op ʼn plaas.
4.2.1 Verskaf die naam van skaap A en B. (2)
4.2.2 Tabuleer die sigbare verskille tussen skaap A en B onder die
volgende opskrifte:
(a) Liggaamsgrootte (2)
(b) Nek en kop (2)
4.2.3 Noem DRIE hoof skaaprasse ten opsigte van hul benutting en
produkte afkomstig van elkeen. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 17
4.3 Die Angorabok-telersvereniging se veldramveilings is gewild. Volgens boere
word hierdie ramme op dieselfde veld gehou, waar hulle ʼn lek ontvang. Hulle
word geskeer en gedoseer as een groep. Die vordering van die diere word
dan vergelyk. Die Angorabok-telers in die Oos-Kaap het ʼn duidelike voordeel
– hulle is in staat om saam te kom en tydens keuringsdae en veilings te
netwerk.
[Aangepas uit Stock farm, Volume 9, Nr. 2, 2019]
4.3.1 Verwys na die scenario op die vorige bladsy en stel ʼn rede voor
hoekom boere in die Oos-Kaap moet voortgaan om Angora-ramme
te produseer. (1)
4.3.2 Gee die naam van die hoofproduk wat ʼn Angorabok produseer. (1)
4.3.3 Noem TWEE bokrasse wat ʼn boer kan gebruik om suiwelprodukte te
produseer. (2)
4.3.4 Verduidelik hoekom Angorabokke in areas met ʼn gematigde klimaat
aangehou moet word. (2)
4.3.5 Stel die naam voor van die vleisbokras met ʼn rooi kleur en wat in
Suid-Afrika ontwikkel is. (1)
4.4 Toe varke mak gemaak is, is hul vir vleis en vet gebruik. Kommersiële boere
het intensief met varke begin boer. Voorbeeld: ʼn vark vir vleis of een vir
meer vet vir spek en varkvetproduksie.
4.4.1 Verwys na die bostaande leesstuk en noem TWEE hoofprodukte van
varke. (2)
4.4.2 Gee die doel vir die slag van varke met die onderstaande massa:
(a) 45 kg (1)
(b) 90 kg (1)
4.4.3 Voorsien DRIE eienskappe van verbeterde varkrasse wat hul
gunstig vir kommersiële boerdery maak. (3)
4.5 Hoenders is omnivore; dit beteken hulle eet voedsel van plantaardige
oorsprong, soos sade, en voedsel van ‘dier’oorsprong soos insekte.
Hoenders bly gewoonlik saam in ʼn hok in groepe.
Voorsien TWEE fasiliteite wat ʼn boer kan gebruik om die temperatuur in ʼn
hoenderhok te reguleer. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GR10 AGRICULTURAL SCIENCES QP P1 ENG

Question paper
GR10 AGRICULTURAL SCIENCES QP P2 NW

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 English hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 English hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 English.

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D hlayiso.com
More from Grade 10 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Agricultural Sciences SG LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 English hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum