You're offline
Skip to content
Question paper

AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D

Subject: Agricultural SciencesGrade 10201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur *XAGSA2* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 … is nou verbonde aan gronddeeltjies en plante kan dit nie absorbeer nie. A Kapillêre water B Perkolasiewater C Gravitasie-water D Higroskopiese water 1.1.2 Identifiseer die grondvormingsproses wat plaasvind wanneer oplosbare materiaal uit die grond in ʼn oplossing gehaal word. A Humifikasie B Loging C Mineralisering D Bioturbasie 1.1.3 Sekondêre minerale het die volgende eienskappe: (i) Hierdie is minerale wat in hul oorspronklike vorm is (ii) Gevorm wanneer chemiese elemente chemiese veranderinge ondergaan (iii) Hulle word in baie fyner grond soos silikate en aluminiumklei gevind (iv) Voorbeelde is kaoliniet, vermikuliet, illiet en montmorilloniet Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.4 Die chemiese reaksie in rotse waar waterstof verlore gaan: A Karbonasie B Oksidasie C Hidrolisasie D Reduksie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.1.5 Die wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (1983), kategorie 3, stel dat indringers … A ʼn baie hoë risiko inhou en nie geplant mag word nie. B oorneem, maar ook voordelig is. C nuttig kan wees as skaduwee- en ornamentele bome. D nie duur is nie en moeilik is om te verwyder. 1.1.6 … word geplant om ʼn jaarlikse inkomste vir die boer te produseer. A Jaarplante B Kontantgewasse C Graangewasse D Tuinbougewasse 1.1.7 Die volgende eienskappe beskryf subtropiese gewasse: (i) Hulle groei goed in warm klimate (ii) Hulle benodig ʼn koel periode in winter en kan ligte ryp hanteer (iii) Voorbeelde sluit avokadopere en sitrusvrugte in (iv) Ander voorbeelde sluit appels en druiwe in Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.8 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn peulplant- voergewas? A Rooiklawer en lusern B Lusern en kikoejoe C Rooiklawer en raaigras D Kikoejoe en raaigras 1.1.9 Hierdie aktiwiteit is ʼn metode om die grond volhoubaar te gebruik: A Pas wisselbou toe B Vang reënwater op C Monokultuur-boerdery D Groei droogtebestande gewasse 1.1.10 Die … bevat genetiese inligting van lewende organismes. A selwand B nukleus C sitoplasma D chloroplaste (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste pas by ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Minerale nie chemies verander nie A Eutrofikasie 1.2.2 B Sekondêre minerale Tipe verwering 1.2.3 Oliesaadgewasse C Koffie 1.2.4 Klein bosse wat gekweek word om D Sojabone tee te maak 1.2.5 Voedingstof-besoedeling van E Primêre minerale waterliggame wat algebloei veroorsaak F Fisiese verwering G Versouting H Rooibos I Katoen J Chemiese verwering (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die vorming van humus of kompos vanaf plant en dierereste 1.3.2 ʼn Reeks van ʼn spesifieke plantspesie wat sekere genetiese eienskappe het 1.3.3 Die vrystelling van skadelike stowwe in die omgewing 1.3.4 Die fase van mitose waar chromosome op die ewenaar rangskik 1.3.5 Organismes wat uit meer as een sel bestaan (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs antwoord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Stratosfeer is die soliede dop van die Aarde. 1.4.2 Subtropiese vrugte is vrugte wat aan bome groei wat hul blare in die winter afgooi. 1.4.3 Gronderosie is die verharding van die grondoppervlak. 1.4.4 Mitochondrion produseer suiker en stysel tydens fotosintese. 1.4.5 Meiose is ʼn tipe seldeling waar die moedersel eenkeer verdeel om twee geneties identiese selle te vorm. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: GRONDKUNDE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die sirkeldiagram hieronder verteenwoordig grondkomponente van ʼn 1 kg-grondmonster. 2.1.1 Dui die ideale persentasie van die volgende grondkomponente aan : (a) Organies (1) (b) Mineraal (1) 2.1.2 Voorsien TWEE funksies van suurstof in die grondlug vir plantegroei. (2) 2.1.3 Bereken die hoeveelheid mineraal grondkomponent in ʼn 1 kg-grondmonster. Laat jou antwoord in gram. (3) 2.1.4 Onderskei tussen gravitasiewater en higroskopiese water. (2) 2.1.5 Beskryf TWEE menslike aktiwiteite wat die vermindering van makro- en mikro-organismes in die grond teweegbring. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.2 Geoloë gebruik hul vakkundige kennis vir die identifisering en klassifisering van verskeie minerale deur die verskillende eienskappe van minerale te bestudeer. 2.2.1 Identifiseer die toepaslike eienskappe van minerale wat by ELK van die volgende beskrywings pas: (a) Die patroon wat die mineraal toon wanneer dit in verskillende vlakke gesplyt word (1) (b) Die vermoë van ʼn mineraal om nie deur ʼn ander mineraal gekrap te kan word nie (1) (c) Die gewig van die mineraal (1) (d) Die vermoë van ʼn mineraal om lig deur te laat (1) (e) Taaiheid en samehang van ʼn mineraal (1) 2.2.2 Met verwysing na formasie, onderskei tussen primêre minerale en sekondêre minerale. (2) 2.2.3 Noem TWEE voorbeelde van sekondêre minerale. (2) 2.3 Bestudeer die diagram van ʼn rotsformasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem die tipe rots wat as A, B en C in die diagram hierbo aangedui is. (3) 2.3.2 Beskryf kortliks hoe rotse A en B gevorm is. (2) 2.3.3 Evalueer die geskiktheid van grond wat uit rots C gevorm het vir die verbouing van diepwortelgewasse. (1) 2.3.4 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.3 deur TWEE redes te gee. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.4 Die prente hieronder toon die verwering van rots wat lei tot grondvorming. 2.4.1 Noem die hooftipe verwering wat in die prente hierbo getoon word. (1) 2.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1) 2.4.3 Gee enige ander tipe verwering van rotse wat nie hierbo genoem is nie. (1) 2.4.4 Beskryf hoe suurstof chemiese verwering van rotse bewerkstellig. (2) 2.5 Grond word gevorm as gevolg van verskeie faktore wat ʼn invloed daarop het. Die illustrasie hieronder toon sommige van hierdie faktore. Identifiseer TWEE grondvormingsfaktore wat as A en B aangetoon word. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: PLANTSTUDIES Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Die prente hieronder toon twee voorbeelde van graanveldgewasse wat deur boere in Suid-Afrika vir kommersiële doeleindes en vir familie gebruik, verbou word. Mielies Koring 3.1.1 Voorsien TWEE redes waarom die verbouing van mielies en koring belangrik is in Suid-Afrika. (2) 3.1.2 Gee raad aan ʼn boer wat koringproduksie wil begin deur TWEE klimaatstoestande, wat gunstig is vir winterverbouing van koring, te verduidelik. (2) 3.1.3 Bespreek waarom diep, goed gedreineerde grond sonder harde lae goed is vir mielieproduksie. (2) 3.1.4 Stel die mees geskikte klas veldgewasse voor wat by elk van die volgende beskrywings pas: (a) Gewasse wat gewoonlik verwerk word voordat dit aan die mark verkoop word (1) (b) Grasplante wat groot sade produseer wat energiedraende koolhidrate bevat (1) 3.1.5 Voorsien EEN industriële funksie van houtvesel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.2 Boere verbou tuinbougewasse landswyd in beide groot- en kleinskaalsektore. Grootskaal boere wend moderne wetenskaplike kennis aan, soos genetiese ingenieurswese, om meer siektebestande kultivars met hoë voedingswaarde te ontwikkel. Hierdie boere raadpleeg tuinbouers altyd om meer kennis oor verskeie kultivars van tuinbougewasse te verkry, voordat hulle dit kies vir verbouing. 3.2.1 Beskryf kortliks wat tuinbou behels. (1) 3.2.2 Verwys na die scenario hierbo en gee TWEE voordele van genetiese ingenieurswese vir die verbouing van tuinbougewasse. (2) 3.2.3 Bespreek DRIE faktore wat boere in ag moet neem wanneer hulle kultivars kies vir groenteproduksie. (3) 3.2.4 Die gebruik van siektebestande gewasse het ekonomiese en omgewingsvoordele. Regverdig hierdie stelling. (2) 3.2.5 Gee TWEE klasse groentegewasse. (2) 3.3 Die tabel hieronder illustreer die totale hoeveelheid vrugtegewasse wat ʼn groep boere in 2015 en 2016 na die wêreldmark geproduseer en uitgevoer het. 2015 2016 Vrugtegewasse Hoeveelheid Uitgevoer Hoeveelheid Uitgevoer geproduseer (ton) geproduseer (ton) (ton) (ton) Piesangs 600 350 640 400 Appels 700 400 880 550 Druiwe 800 450 820 450 Lemoene 700 500 920 550 3.3.1 Analiseer die data in die tabel hierbo en trek ʼn staafgrafiek wat die hoeveelheid vrugtegewasse vergelyk wat die groep boere in 2015 en 2016 uitgevoer het. (5) 3.3.2 Lei van die tabel hierbo af watter vrug die grootse toename in uitvoer getoon het. (2) 3.3.3 Voorspel TWEE uitdagings wat die groep boere moontlik mag ervaar met die uitvoer van piesangs na die wêreldmark. (2) 3.3.4 Noem die belangrikheid van die uitvoer van vrugte vir Suid-Afrika se ekonomie. (1) 3.3.5 Bereken die toename in die persentasie lemoene geproduseer deur die groep boere vanaf 2015 tot 2016. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.4 Lantana camara is as ʼn indringerplant verklaar wat uit die area uitgewis moet word omdat dit ʼn drastiese verlies aan inheemse plante veroorsaak het asook die uitputting van die ondergrondse water waar dit indring. Anders as inheemse plante, is daar min natuurlike peste en siektes wat hierdie plant aanval. 3.4.1 Vanuit die gevallestudie hierbo, gee die rede waarom Lantana camara as ʼn indringerspesie verklaar is. (1) 3.4.2 Gee ʼn naam wat aan plantspesies gegee word wat vanaf ʼn ander land in ʼn area ingebring is. (1) 3.4.3 Stel die hoofrede voor wat Lantana camara se bevolking meer sal laat groei as inheemse plant spesies. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRONBENUTTING EN BIOLOGIESE KONSEPTE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Die prente hieronder toon twee boere wat verskillende grondbewerkingsmetodes toepas. Boer A: Geen bewerking Boer B: Maksimum bewerking Hierdie is ʼn konserwatiewe Hierdie stelsel behels die maksimum bewerkingstelsel met minimum of versteuring van die grond deur swaar geen bewerking van die grond nie, en duur masjinerie te gebruik wat wat neig om die opbou van organiese kompaksie op die grond veroorsaak afval aan te moedig en gronderosie en groot hoeveelhede te verminder. koolstofmonoksied in die atmosfeer vrystel. 4.1.1 Identifiseer, vanuit die prente, die boer wat ʼn effektiewe, ekonomiese en volhoubare bewerkingsmetode gebruik. (1) 4.1.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1.1 hierbo. (2) 4.1.3 Dui aan TWEE skadelike effekte op die omgewing van die bewerkingsmetode wat deur boer B toegepas word. (2) 4.1.4 Stel ʼn metode voor wat boer A kan gebruik om waterverlies te verminder. (1) 4.1.5 Identifiseer ʼn moontlike manier wat gebruik kan word deur boere om gronderosie in hul lande te verminder. (1) 4.1.6 Stel TWEE gevolge van gronddegradasie vir verbruikers. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 4.2 Analiseer die diagram hieronder wat makro-organismes in die grond toon, en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Gee TWEE belangrike aspekte van organismes wat in die grond woon. (2) 4.2.2 Intensiewe boerdery verhoog die grondorganisme-bevolking. Analiseer die onderstreepte stelling krities en gee TWEE redes om jou stelling te ondersteun. (3) 4.2.3 Stel TWEE afvalbestuurstegnieke voor wat afval op die plaas kan verminder terwyl dit die boer se inkomste verhoog. (2) 4.2.4 Verduidelik hoe die Nasionale Waterwet van Suid-Afrika die regmatige en doeltreffende gebruik van water deur boere aanspreek. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15 4.3 Die diagram hieronder toon die sel van ʼn lewende organisme. 4.3.1 Meld of die sel in die diagram hierbo vanaf ʼn plant of ʼn dier onttrek is. (1) 4.3.2 Regverdig jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur EEN sigbare rede vanaf die diagram te gee. (1) 4.3.3 Identifiseer die strukture aangedui as A, B en C op die diagram hierbo. (3) 4.3.4 Beskryf die funksie van die organelle in plantselle wat chlorofil bevat. (2) 4.3.5 Onderskei, met EEN voorbeeld elk, tussen plantweefsels en plantorgane. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 4.4 Die diagram hieronder illustreer ʼn sekere tipe seldeling wat in plantselle plaasvind. 4.4.1 Identifiseer die tipe seldeling wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 4.4.2 Regverdig jou antwoord op VRAAG 4.4.1. (1) 4.4.3 Verduidelik kortliks TWEE belangrike aspekte van die proses wat in VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer is. (2) 4.4.4 Noem die fases A en B in die diagram hierbo. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Agricultural Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D | Hlayiso