NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*XBUSTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





BUS STUDIES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 8
- File size
- 219.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in
hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in
hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 35
KEUSE:
Beantwoord enige TWEE. 3 40 35
4 40 35
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40 30
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 ʼn Voorbeeld van ʼn entrepreneurseienskap wanneer van die
entrepeneur vereis word om berekende risiko’s neem, staan as …
bekend.
A uithouvermoë
B risiko-nemer
C passie
D organisatoriese vaardighede
1.1.2 ʼn Klantebasis is ʼn voorbeeld van ʼn … in ʼn besigheid.
A sterk punt
B swakheid
C geleentheid
D bedreiging
1.1.3 Mnr. Khan het sy eie klein besigheid begin en het ʼn sterk vertroue in
homself en sy vermoëns getoon. Dit word … genoem.
A selfrefleksie
B self-assessering
C selfbewustheid
D selfvertroue
1.1.4 Watter EEN van die volgende is ʼn komponent van die finansiële plan?
A Visie
B Missie
C Prys
D Kontantvloeistaat
1.1.5 Die verhouding tussen werknemers op dieselfde vlak word …
verhouding genoem.
A eweknie-
B gesags-
C groep-
D eksterne (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
tabel; wins; aandele; waarde van elke lid; maatskappy in staatsbesit;
produktiwiteit; staafgrafiek; spangees; prospektus; koöperasie
1.2.1 Die verskil tussen ʼn besigheid se inkomste en uitgawes word …
genoem.
1.2.2 Al Bashar gebruik ʼn … om verkoopsyfers in ʼn reeks reghoekige figure
te vertoon.
1.2.3 ʼn Uitnodiging van ʼn maatskappy aan die publiek om aandele te koop,
word ʼn … genoem.
1.2.4 Spanlede wat … het, neem deel aan spanaktiwiteite.
1.2.5 Die … spesialiseer in spesifieke velde bv. landbou, verbruikers.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Korporatiewe sosiale A Is die liggaam se reaksie op situasies
verantwoordelikheid wat ʼn persoon moeilik vind om te
hanteer
1.3.2 Kreatiewe denke B Die hedendaagse weergawe van ʼn
transparant
1.3.3 Stres C Advertensie wat baie aandag trek
1.3.4 Uitdeelstukke D Besigheid neem verantwoordelikheid
vir die impak van sy aktiwiteite op
gemeenskappe en die omgewing
1.3.5 Besigheidsdoelstellings E Behels die generering van nuwe en
nuttige idees
F Geskrewe of gedrukte inligting wat aan
ʼn gehoor uitgedeel word
G Is ʼn tyd van intense probleme,
moeilikheid of gevaar
H Die bydraes wat ʼn besigheid tot die
gemeenskap lewer
I Verhoog verkope met 20%
J Die vermoë om te oorleef deur die
bewaring van natuurlike hulpbronne
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ens.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem VIER faktore wat die ligging van ʼn besigheid beïnvloed. (4)
2.2 Verduidelik die belangrikheid van die besigheid se ligging. (8)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THANDOZUKO HAARPRODUKTE VERVAARDIGER BPK. (THPV BPK.)
Vuyo, die finansiële bestuurder van Thandozuko Haarprodukte Vervaardiger,
is deur die aandeelhouers genooi om ʼn aanbieding oor die finansiële posisie
van die besigheid te doen. Terwyl hy voorberei het, het hy die volgende faktore
oorweeg: tydsduur, terugvoersessie en die doelwitte van die aanbieding.
2.3.1 Haal DRIE faktore uit die scenario aan wat Vuyo in ag moes neem
terwyl hy vir die aanbieding voorberei het. (3)
2.3.2 Bespreek ander faktore, nie dié in VRAAG 2.3.1 aangehaal nie, wat jy
moet oorweeg wanneer daar vir ʼn verbale aanbieding voorberei word. (8)
2.3.3 Gee advies aan besighede oor hoe om ondersteuningsmateriaal vir ʼn
aanbieding voor te berei. (8)
2.4 Noem VYF komponente van ʼn sakeplan. (5)
2.5 Bespreek die elemente van interne marknavorsing. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Definieer die betekenis van aanpasbaarheid. (2)
3.2 Identifiseer die kriteria vir suksesvolle spanprestasie van die scenarios wat
hieronder gegee word.
3.2.1 Spanlede kan net presteer as hulle presies weet wat van hulle verwag
word. (2)
3.2.2 Spanlede moet die vertroue hê om hulle opinies te gee. (2)
3.2.3 Spanne sal presteer as lede aan die span se doelwitte en uitstekende
optrede toegewy is. (2)
3.2.4 Spanne moet goeie verhoudings met ander spanne in die organisasie
hê. (2)
3.3 Bespreek die voordele van spanwerk in die werksplek. (6)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mense moet goed kan saamwerk sodat die besigheid se doelwitte bereik kan
word. Ons waardes en sienings beïnvloed egter ons werksverhoudings. Ons
moet dus ons diversiteit aanvaar en probeer om nie teen ander te diskrimineer
nie.
3.4.1 Haal TWEE faktore vanuit bostaande scenario aan wat span-
verhoudings kan beïnvloed. (2)
3.4.2 Bespreek die TWEE faktore in VRAAG 3.4.1 aangehaal. (8)
3.5 Beveel maniere aan om stres te beheer. (8)
3.6 Beskryf in breë trekke DRIE maniere waarop werknemers ʼn professionele
beeld kan projekteer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
VRAAG: 4: ALLERLEI/VERSKEIE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat deur ELK van die volgende stellings
verteenwoordig word:
4.1.1 ʼn Delikatesse (‘food delicacy store’) is die eiendom van James en
Seuns en hulle is verantwoordelik vir die skulde van die besigheid. (2)
4.1.2 Zheng Leierskap en Opleiding Bpk. kan hulle aandele op die
Johannesburgse Aandelebeurs verkoop. (2)
4.1.3 Zama (Edms.) Bpk. is ʼn gevestigde maatskappy met ʼn goeie
reputasie. (2)
4.2 Bespreek die kenmerke van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy. (6)
4.3 Verduidelik die belangrikheid van ʼn sakeplan. (8)
BESIGHEIDSROLLE
4.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Sake-ondernemings is deel van die gemeenskap. Hulle het daarom ook ʼn
sosiale verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en die omgewing, en
hulle aktiwiteite moet volhoubaar wees.
4.4.1 Definieer die begrip maatskaplike verantwoordelikheid. (2)
4.4.2 Stel inisiatiewe voor wat besighede kan neem om sosio-ekonomiese
kwessies aan te spreek. (8)
4.5 Noem VIER redes waarom dit belangrik is om doelwitte te stel. (4)
4.6 Beskryf in breë trekke die belangrikheid daarvan om te besef wat jou sterk
punte en swakhede is. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op die vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn
NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESIGHEIDSGELEENTHEDE EN
KONTRAKTE)
SHANE DUTTON (SD)
Nadat Shane Dutton sy matriek geslaag het, het hy nie geld gehad om verder te
studeer nie. Hy het ʼn besigheidsgeleentheid gesien en sy eie besigheid ‘Wash-
Now’ begin. Dit is ʼn innoverende diens wat jou wasgoed kom haal, was en weer
by jou voordeur aflewer.
Hou bostaande scenario in gedagte en skryf gedetailleerde notas oor die
volgende aspekte:
x Brei uit oor die betekenis van besigheidsgeleentheid.
x Beskryf die protokol vir die uitvoer van navorsing.
x Bespreek enige DRIE tipes kontrakte.
x Gee raad aan besighede oor die regsvereistes van ʼn kontrak. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN
PROBLEEMOPLOSSING)
J.J. Tekstiele Nywerheid ondervind lae produktiwiteit. Om mededingend te wees,
moet hulle probleme proaktief en kreatief aanspreek, voordat dit ʼn negatiewe effek
op hulle winsgewendheid het.
Skryf ʼn opstel oor kreatiewe denke waarin jy die volgende aspekte aanspreek:
x Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.
x Verduidelik die probleemoplossingsiklus.
x Bespreek die volgende probleemoplossingstegnieke:
o Delphi-tegniek
o Nominale groeptegniek
x Maak voorstelle oor die voordele van kreatiewe denke. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP JUNE 24

Question paper
BUSINESS STUDIES P2 QP ENG JUNE 24

Question paper
GR 10 S2 BUSINESS STUDIES QP ENG

Question paper
GR10 S2 Business Studies MG P1 ENG

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 1 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 2 2023 Question Paper hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
BUS STUDIES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D

Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans

Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 English

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP GR10 NOV 2019 Eng D

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2019 Afr D hlayiso.com
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper and memo