NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
BESIGHEIDSTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 27 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 

/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)








View all





BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Pages
- 27
- File size
- 619.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 27
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
NOTAS AAN NASIENERS
1. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
Uit ʼn ander bron kom
Oorspronklik is
ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is
of ʼn mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een
punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
4. Die woord ‘submaks’ word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte asook met berekeninge/moderering.
6. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks’ in
die nasienriglyne aangedui word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die
linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
7. In ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
verband hou met die vraag.
8. Foutiewe nommering van antwoorde en sub-vrae in AFDELING A en B sal
streng gepenaliseer word. Daarom word korrekte nommering in alle afdelings
sterk aanbeveel.
9. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met ʼn ‘H’ of ‘R’.
10. Neem kennis dat geen punte toegeken sal word vir die aanduiding Ja/Nee in die
evalueringstipe vrae wat bevestiging of motivering vereis nie. (Van toepassing op
AFDELING B en C).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
11. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyne en
die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
11.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor,
(lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se
antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal
dus aan die einde daarvan verskyn.
11.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon
verskille/differensieer, regverdig, ontwerp, ontwikkel, ontleed, evalueer,
evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip,
toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken
word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme
geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal
kan word.
12. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord
verskaf vir AFDELING B en C vrae waar slegs een antwoord vereis word.
13. AFDELING B
13.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se
EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui
dit aan deur ʼn lyn deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die
woord ‘Kanselleer’.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
word.
13.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 13.1 geld steeds.
13.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings
te gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe
antwoorde te finaliseer.
13.4 GEBRUIK VAN KOGNITIEWE WERKWOORDE EN TOEKENNING
VAN PUNTE
Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet 'verduidelik/
bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg nagesien word:
Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
Verduideliking 1 punt
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.
Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
nasienriglyne toegeken.
13.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
word uit ʼn scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op
AFDELING B EN C (waar van toepassing).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
14. AFDELING C
14.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum: 32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
14.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/ Is daar ʼn inleiding, inhoud en ʼn gevolgtrekking?
Uitleg 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip
van wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die onderstaande gids:
Alle opskrifte geadresseer: 1 (Een ‘A’)
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’) 2
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat
op die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die onderstaande gids:
Alle opskrifte geadresseer: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A') 2
Opsie 1: Waar ʼn kandidaat 50% of meer van die
vraag met slegs relevante feite beantwoord
het, verskyn geen '-S' in die linkerkantlyn.
Ken die maksimum van TWEE (2) punte vir
sintese toe.
Opsie 2: Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met slegs OF ʼn paar relevante feite
beantwoord het, verskyn een '-S' in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 3: Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met geen relevante feite beantwoord
het, verskyn twee '-S' in die linkerkantlyn.
Ken ʼn NUL punt toe vir sintese.
Oorspronklik- Is daar bewyse van voorbeelde, aktuele inligting, huidige
heid neigings en ontwikkelings? 2
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE: 32
TOTAALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
LET WEL:
1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die
inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde INLEIDING
en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte INLEIDING
en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn verduideliking ondersteun
word nie.
4. Met ingang November 2017 sal ʼn kandidaat ʼn maksimum van EEN
(1) punt vir opskrifte/subopskrifte en EEN (1) punt vir vertolking (16
of meer uit 32 punte) toegeken word. Dit geld spesifiek vir die
ontleding en vertolking-deel van insig.
14.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. ('S, A,- S
en/of O').
14.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
antwoord/ nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
14.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
onder-afdeling behaal is. Skryf SUBMAKS/MAKS nadat maksimum
punte behaal is.
14.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
punte vir insig soos volg aan:
(S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid)
soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Facts 32 (maks.)
L 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
14.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui
duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag).
14.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
14.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
puntetoekenning/ subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
14.10 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases/
sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig aan
die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal geskei
wees en langs elke feit aangedui word, bv. ‘Produkontwikkeling is ʼn
groeistrategie √ waar ondernemings poog om nuwe produkte in
bestaande markte bekend te stel.’ √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, gelei word.
14.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke
vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 A √√
1.1.2 C √√
1.1.3 D √√
1.1.4 B √√
1.1.5 D √√ (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 krediet √√
1.2.2 inligting √√
1.2.3 tender √√
1.2.4 publieke √√
1.2.5 uitsluiting √√ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 I √√
1.3.2 E √√
1.3.3 A √√
1.3.4 C √√
1.3.5 H √√ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 DRIE komponente van die markomgewing
- Die mark/verbruikers/klante √
- Verskaffers √
- Tussengangers √
- Mededingers √
- Ander organisasies/burgerlike samelewing √
- Geleenthede en bedreigings waar die besigheid mee te doen het √ (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2.2 Doel van die organisatoriese kultuur
- Verwys na die persoonlikheid √ van die organisasie/besigheid √
- Organisatoriese kultuur bestaan uit verskillende oortuigings/
waardes/verwagtinge √ van almal wat in die besigheid werk √
- Beïnvloed die wyse waarop mense in die organisasie onderling met
mekaar saamwerk √ asook met belanghebbendes √
- Dit beïnvloed mense se optrede √ en houding/ingesteldhede √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die
organisatoriese kultuur (4)
2.3 Sakesektore
2.3.1 Tersiêre sektor √√
Motivering: Banzo Vervoerdienste (BVD) is in Oos-London geleë. √/
Hulle vervoer groot en klein pakkies na verskeie plekke in die
Oos-Kaap. √
LET WEL: Indien die sektor verkeerd geïdentifiseer is, word geen
punte vir die motivering toegeken nie.
Identifikasie 2 punte
Motivering 1 punt (3)
2.3.2 TWEE ander besigheidsektore en voorbeelde
Sektore Verduideliking Voorbeeld
(a) Primêre sektor √ Oes/versamel/ Bv. visserye,
ontgin grondstowwe bosbou/boerdery/myn
vanuit die natuurlike bou √
omgewing. √
(b) Sekondêre Verwerk Bv. fabrieke/meule/
sektor √ grondstowwe na baksteenvervaar-
finale produkte √ diging/kragstasies √
Submaks. (2) Submaks. (2) Submaks. (2)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Moenie tersiêre sektor in VRAAG 2.3.2 aanvaar nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
2.4 Leierskap en bestuur
Leierskap Bestuur
- Beïnvloed √ menslike optrede. √ - Rig √ menslike gedrag. √
- Kommunikeer deur middel van √ - Kommunikeer deur √
visie/waardes/charisma. √ bestuursfunksies, bv.
lynfunksie. √
- Mens √ gerig. √ - Taak √ gerig. √
- Inspireer personeel √ om mekaar Beheerstelsels en prosedures √
te vertrou en te ondersteun. √ om die taak gedoen te kry. √
- Fokus op wat √ en waarom. √ - Fokus op hoe √ en wanneer. √
- Doen die regte √ dinge. √ - Doen dinge √ reg. √
- Leiers word gebore √ met - ʼn Persoon word ʼn bestuurder
natuurlike omdat hy/sy in die pos √
leierskapsvaardighede. √ aangestel is. √
- Lei by wyse √ van voorbeeld. √ - Bestuur deur √ beplanning/
organisering/leiding en beheer. √
- Enige ander relevante antwoord - Enige ander relevante antwoord
oor leierskap. oor bestuur.
Submaks. (2) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskille hoef nie gekoppel te wees maar die
verskille moet duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum of TWEE (2) PUNTE toe indien die
verskil nie duidelik is nie. Maks. (4)
2.5 Impak van misdaad op die besigheid
- Verlies aan winste √ as gevolg van gesteelde goedere/beskadiging van
eiendom. √
- Sekuriteits-/Versekeringskoste verhoog √ soos die besigheid probeer
om dit te beskerm √
- Kleiner besighede kan dikwels nie versekering bekostig nie √ en moet
self gesteelde goedere teen ʼn verlies vervang. √
- Laer winste beïnvloed die besigheid se besluit om uit te brei √ en meer
mense in diens te neem/hoër lone te betaal. √
- Besighede verloor vaardige werkers √ en dit lei tot ʼn daling in
produktiwiteit. √
- Misdaad lei tot ʼn verhoging in mediese koste van werkers √ as gevolg
van beserings of stres. √
- Ontmoedig buitelandse beleggings √ en verminder toerisme. √
- Misdaad veroorsaak onregverdige kompetisie √ wanneer gesteelde
goedere teen ʼn laer prys herverkoop word. √
- Misdaad ontwrig besigheidsaktiwiteite √ en produktiwiteit. √
- Verloor belangrike toerusting √ wat kan lei tot die tydelike sluiting van
die besigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die impak van misdaad op die
besigheid verband hou.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.6 Negatiewe impak van MIV/Vigs op die besigheid
- Die siekte lei tot ʼn afname in produktiwiteit √ van die geaffekteerde
werknemers. √
- Opgeleide en ervare werkers sterf √ terwyl hulle jonk is en verhoog die
personeelomset in die besigheid. √
- Daar is ʼn afname in die vraag √ omdat daar minder klante is. √
- Daar kan vooroordeel in die werksplek wees √ teen werknemers wat
MIV/Vigs het. √
- Die getal beskikbare vaardige werkers word kleiner √ as gevolg van die
hoë MIV-koers. √
- Koste soos mediese fondse √ neem toe as gevolg van MIV/Vigs. √
- Werkers kan ʼn lae moraal hê √ omdat hulle bekommerd is oor
hulle/familielid se gesondheid. √
- Mense met MIV word swakker √ soos die siekte omsit in Vigs en lei tot
afwesigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van
MIV/Vigs op die besigheid.
Maks. (6)
2.7 Hoe om inklusiwiteit in die werksplek te bevorder
- Ontwikkel indiensnemingsbeleid wat streef na die bevordering van
inklusiwiteit/diversiteit in die werksplek. √√
- Behandel alle werknemers gelyk ongeag geslag/ras/ouderdom/seksuele
voorkeur. √√
- Bly by wette (bv. Wet op Gelyke Indiensneming) en regulasies wat ʼn
inklusiewe arbeidsmag bevorder. √√
- Respekteer en bevorder individuele kulture in die werksplek. √√
- Verseker gelyke indiensnemingsgeleenthede vir alle groepe. √√
- Respekteer alle werknemers en hulle bydraes in die werksplek. √√
- Die arbeidsmag moet die demografie van die land weerspieël. √√
- Maak seker dat die fisiese omgewing mense met gestremdhede
akkommodeer. √√
- Sluit vroue in leierskapsposisies en besluitneming in. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
besighede inklusiwiteit in die werksplek kan bevorder.
Maks. (8)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 3
2.2 4
2.3.1 3
2.3.2 6
2.4 4
2.5 6
2.6 6
2.7 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 11
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 DRIE faktore wat die organisasiestruktuur van die besigheid beïnvloed
- Grootte van die besigheid √
- Tegnologie √
- Hulpbronne √
- Strategiese doelwitte van die besigheid √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die faktore wat die
organisatoriese struktuur van die besigheid beïnvloed.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (3 x 1) (3)
3.2 Besigheidsfunksies
3.2.1 Algemene bestuur √√ (2)
3.2.2 Openbare betrekkinge √√ (2)
3.2.3 Produksie √√ (2)
Maks. (6)
3.3 Vlakke van bestuur
3.3.1 Middelvlakbestuur √√
Sy is van toesighouer tot administratiewe bestuurder bevorder. √
LET WEL: Indien die vlak van bestuur verkeerd geïdentifiseer is,
word geen punte vir die motivering toegeken nie. (3)
3.3.2 Verantwoordelikhede van middelvlakbestuur
- Is verantwoordelik vir ʼn sekere funksie √ in die besigheid. √/Hulle is
die hoofde √ van die verskillende departemente. √
- Neem mediumtermyn taktiese besluite √ wat fokus op hoe die
besigheid die strategiese besluite gaan uitvoer. √
- Taktiese besluite word √ in optrede omgeskakel. √/Implementeer
strategiese planne √ van topbestuur. √
- Monitor die aktiwiteite wat binne hulle departemente plaasvind √
sodat hulle voorstelle en terugvoer aan topbestuur kan gee. √
- Hou vergaderings met laevlakbestuur √ en kommunikeer strategieë
aan hulle. √
- Motiveer en bemoedig √ laervlakbestuur. √
- Verseker dat laevlakbestuur hulle take effektief uitvoer √ en dat
hulpbronne effektief gebruik word. √
- Sit stelsels in plek om korttermyndoelstellings te bereik √ en
langtermyndoelwitte vir die department te verwesenlik. √
- Is die skakel tussen topvlakbestuurders √ en laervlakbestuurders. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
verantwoordelikhede van middelvlakbestuur.
LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die vlak van bestuur
verkeerd geïdentifiseer is in VRAAG 3.3.1.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.4 TWEE metodes om openbare betrekkinge uit te voer
- Die gebruik van die telefoon/Direkte kontak √√
o Die bywoning van netwerkgeleenthede en om oor die besigheid te
praat. √
o Volg op deur iemand te skakel. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gebruik van
die telefoon/direkte kontak as ʼn metode om openbare betrekkinge uit te
voer. Submaks. 3
- Mondelingse mededeling (Word-of-mouth)/Sosiale media netwerk-
webwerwe √√
o Facebook/Linkedin/Twitter gee besighede die geleentheid om oor die
besigheid/produkte te praat. √
o Gratis geleentheid om die beeld van die besigheid te bevorder. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met mondelingse
mededeling (word-of-mouth)/Sosiale media network-webwerwe as ʼn
metode om openbare betrekkinge uit te voer. Submaks. 3
- Uitstallings/Skoue √√
o Demonstreer nuwe produkte. √
o Besigheid huur ʼn stalletjie en verskaf inligting oor besigheid en
produkte. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met uitstallings en
skoue as ʼn metode om openbare betrekkinge uit te voer.
Submaks. 3
- Die besigheid se sosiale verantwoordelikheid √√
o Om by gemeenskapsprojekte/omgewingsprojekte betrokke te raak. √
o Help om die lewenstandaard van gemeenskappe te verbeter. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die besigheid se
sosiale verantwoordelikheid as ʼn metode om openbare betrekkinge uit
te voer. Submaks. 3
- Brosjures/Pamflette √√
o Koste-effektiewe manier om inligting te versprei. √
o Maatskappye versprei dit by verkeersligte. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
Brosjures/Pamflette as ʼn metode om openbare betrekkinge uit te voer.
Submaks. 3
- Advertensies op voertuie √√
o Die besigheid se naam/logo en telefoonnommer is op die voertuie
sigbaar. √
o Dit is gratis advertering en verhoog jou blootstelling in die mark. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met advertensies op
voertuie as ʼn metode om openbare betrekkinge uit te voer.
Submaks. 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 13
- Media/Publisiteit √√
o Sluit koerante/tydskrifte/televisie/radio in. √
o Inligting/veranderinge in die besigheid/promosie-geleenthede word in
die media aangekondig. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met media as ʼn
metode om openbare betrekkinge uit te voer. Submaks. 3
Metode 2 punte
Beskrywing 1 punt
Submaks. 3 punte
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE metodes na. (2 x 3) (6)
3.5 Belangrikheid van gehalte vir die besigheid
- Handelaars en verbruikers is verseker dat die produkte √ van verlangde
gehalte is. √
- Dit moedig werkers aan om voortdurend √ gehalte produkte te
produseer. √
- Koste kan verminder word √ deur die uitskakeling van swak gehalte
produkte. √
- Dit lei tot verbeterde gehalte √ en ontwerp. √
- Verhoogde klante √ bevrediging. √
- Verhoogde mededingendheid √ wanneer hoë gehalte produkte
mededingende voordeel verseker. √
- Verhoog die kanse dat die besigheid se visie √ en doelwitte bereik kan
word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid
van gehalte vir die besigheid.
Maks. (4)
3.6 Onderskeid tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
- Inspeksie van die finale produk√ om - Word tydens en na die
te verseker dat dit aan die vereiste produksieproses uitgevoer√ om
standaarde voldoen. √ te verseker dat daar op elke
stadium van die proses aan
standaarde voldoen is. √
- Sluit in die stel van teikens/meet - Verseker dat elke proses daarop
van prestasie √ en neem van gemik is om die produk die
korrektiewe maatreëls. √ eerste keer reg te kry √ en te
voorkom dat foute weer
voorkom. √
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord
verband hou met gehaltebeheer. wat verband hou met
gehalteversekering.
Submaks. (2) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Verskille moet duidelik wees maar hoef nie gekoppel te
wees nie.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe indien die
onderskeid nie duidelik is nie.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.7 Impak van die Nasionale Verbruikersbeskermingswet op besighede
Voordele vir die besigheid
- Stel besighede in staat om hulle dispute regverdig op te los deur die
Verbruikershof. √√
- Besighede kan ʼn goeie beeld kry as hulle verseker dat verbruikersregte nie
geskend word nie. √√
- Kan verbruikers se lojaliteit wen, as hulle aan die WVB voldoen. √√
- Besighede het waarskynlik minder hofsake teen hulle vir verbruikersregte
wat oortree is. √√
- Besighede kan beskerm word as hulle as verbruikers beskou word. √√
- Hulle kan teen oneerlike mededingers beskerm word. √√
- Verhoed dat groter besighede kleiner besighede ondermyn. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van die
WVB vir besighede.
EN/OF
Nadele vir die besigheid
- Foutiewe items moet vervang/herstel/uitbetaal word, indien die fout binne
ses maande na aankope voorkom. √√
- Verbruikers kan besighede uitbuit en goedere teruggee wanneer dit nie
nodig is om dit te doen nie. √√
- Prosesse en prosedures wat deur WVB vereis word, kan duur en
tydrowend wees. √√
- Besighede kan voel dat hulle onnodig belas word deur wetlike
prosesse. √√
- Boetes vir nie-nakoming kan dalk baie hoog wees. √√
- Personeel moet opgelei word en regskenners moet gekonsulteer word, wat
lei tot hoër koste vir kleiner besighede. √√
- Voorskrifte in die Wet verhoog die risiko vir onvoorsiene eise en
regsgedinge. √√
- Administratiewe koste verhoog omdat wetlike kontrakte in eenvoudige taal
bewoord moet word. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die nadele van die
WVB vir besighede.
Maks. (8)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 3
3.2.1 2
3.2.2 2
3.2.3 2
3.3.1 3
3.3.2 6
3.4 6
3.5 4
3.6 4
3.7 8
TOTAAL 40 [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 15
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Betekenis van armoede
- Wanneer ʼn arm persoon nie in staat is /nie geld het √ om sy/haar mees
basiese menslike oorlewingsnoodsaaklikhede/behoeftes te bevredig nie. √ (2)
4.2 Sosio-ekonomiese kwessie
4.2.1 Rowery/Roofkopiëring √√ (2)
4.2.2 TWEE oplossings
- Kopiereg √√
o Kopiereg is die reg wat aan die skepper van ʼn oorspronklike
werk gegee word √ sodat dit nie sonder sy/haar toestemming
gekopieer mag word nie. √
o Die eienaar van die intellektuele eiendom het die reg om die
intellektuele eiendom te produseer √ en te kopieer. √
o Sluit letterkundige werke/musikale werke/kunswerke, ens. in. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met kopiereg
as ʼn oplossing vir rowery/roofkopiëring.
Opskrif (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
- Patente √√
o Eksklusiewe reg om die uitvinding of produk wat volgens ʼn
uitgevinde proses √ vir ʼn beperkte tyd te gebruik of te verkoop. √
o Dit is ʼn uitvinding, iemand wat die patent besit, het die alleenreg
om die uitvinding te vervaardig √ en te verkoop. √
o Bv. ʼn uitvinding/wetenskaplike metode ens. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met patente as
ʼn oplossing vir rowery/roofkopiëring.
Opskrif (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
- Handelsmerk √√
o ʼn Unieke merk wat ʼn besigheid verteenwoordig √ en wat aan die
besigheid behoort. √ Sluit woorde/slagspreuke/tekens ens. in. √
o Registrasie vir die gebruik van die handelsnaam/slagspreuk/
simbool of ʼn kombinasie √ om die produk of diens te herken en
bekend te maak. √
o Enige ander relevante antwoord wat met handelsmerke as ʼn
oplossing vir rowery/roofkopiëring verband hou.
Opskrif (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) oplossings vir rowery/
roofkopiëring na.
Aanvaar relevante feite indien die sosio-ekonomiese
kwessie foutiewelik in antwoord op VRAAG 4.2.1
geïdentifiseer is.
(2 x 4) (8)
4.3 Onderskei tussen die private en publieke sektore
PRIVATE SEKTOR PUBLIEKE SEKTOR
- Poog om beide die behoeftes √ en - Poog om die behoeftes √ van die
die begeertes van die gemeenskap gemeenskap te bevredig. √
te bevredig. √
- Word deur private √ - Word deur die staat besit √ of
entrepreneurs √ besit. bestuur (staan as staatsinstellings
bekend.) √
- Hierdie instellings word deur wins √ - Gewoonlik nie-winsgewende
gedryf. √ organisasies, √ met die
uitsondering van SAL √
- Verskillende vorme van - Maatskappye in staatsbesit √ of
eienaarskap √ soos eenmansaak, staatsinstellings (staatsbeheerde
vennootskap, private maatskappy besighede). √
en publieke maatskappy. √
- Verskaf alledaagse huishoudelike - Verskaf water en elektrisiteit √ om
produkte √ soos kos, klere en behoeftes te bevredig. √
skoonmaakmateriaal. √
- Verskaf private afvalverwydering √ - Verskaf afvalverwydering √ as ʼn
vir besighede, soos Wastetech. √ kollektiewe diens. √
- Enige ander relevante antwoord - Enige ander relevante antwoord
wat verband hou met die private wat verband hou met die publieke
sektor. sektor.
Submaks. (4) Submaks. (4)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Verskille moet duidelik wees maar hoef nie
gekoppel te wees nie.
3. Ken ʼn maksimum van VIER (4) punte toe indien die
onderskeid nie duidelik is nie.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 17
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.4 VIER hooftake van bestuur
- Beplanning √
- Leiding √
- Organisering √
- Beheer √
Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4)
4.5 EEN tipe organisasiestruktuur.
- Lynorganisasiestruktuur √√
o Hierdie tipe struktuur het slegs ʼn paar vlakke √ of net een vlak van
bestuur. √
o Dit is geskik vir nuwe entrepreneurs √ en klein besighede. √
o Maak voorsiening vir vinnige √ besluitneming. √
o Gesag vloei van die mees senior persoon in die besigheid √ ʼn afwaartse
lyn tot werknemers op die laagste vlak in die besigheid. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die lyn
organisasie-struktuur as ʼn tipe organisasiestruktuur.
Struktuur (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
- Funksionele organisasiestruktuur √√
o In die funksionele struktuur word range aan werknemers toegeken √ op
die verskillende vlakke binne die organisasie. √
o Die struktuur fokus op die √ agt besigheidsfunksies. √
o Elke groep werknemers sal hulle eie bestuurder hê √ wat ʼn kundige op
sy/haar gebied is. √
o Dit is geskik √ vir groter besighede. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die funksionele
organisasiestruktuur as ʼn tipe organisasiestruktuur.
Struktuur (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
- Lyn-en-staf-organisasiestruktuur √√
o Die lynorganisasiestruktuur √ vorm die basis van die lyn-en-staf-
organisasiestruktuur. √
o Kundiges dien as adviseurs √ vir bestuurders. √
o Adviseurs het geen gesag √ oor werknemers nie. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die lyn-en-staf-
organisasiestruktuur as ʼn tipe organisasiestruktuur.
Struktuur (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
- Matriks/Projekorganisasiestruktuur √√
o Hierdie struktuur word hoofsaaklik gebruik wanneer verskillende
projekte √ voltooi moet word. √
o Konstruksiemaatkappye, byvoorbeeld, sal werknemers uit verskillende
afdelings gebruik √ en spesifieke projekte aan hulle toeken. √
o Dit is ʼn tydelike √ struktuur. √
o Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
Matriks/projekorganisasiestruktuur as ʼn tipe organisasiestruktuur.
Struktuur (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
Sien slegs die EERSTE (1) antwoord na. (1 x 4) (4)
4.6 Bronne van finansiering
4.6.1 Oortrokke bankrekening √√ (2)
4.6.2 Bruikhuur √√ (2)
(4)
4.7 Die verband tussen die sukses van die besigheid en bestuur
- Bestuur speel ʼn belangrike rol in die sukses van ʼn sake-onderneming deur
die regte besluite te neem. √√
- Dit is die bestuur se verantwoordelikheid om die doelwitte van die
besigheid vas te stel; hierdie doelwitte moet realisties en bereikbaar
wees. √√
- Die prestasie van die besigheid sal gemeet word aan hierdie doelwitte, en
die sukses van die besigheid hang af van die manier waarop die doelwitte
bereik word. √√
- Bestuur moet verseker dat take aan geskikte werkers gegee word. √√
- Die gekose organisasiestruktuur moet produktiwiteit verbeter en
werknemers motiveer om hulle beste te doen. √√
- As werknemers in staat is om hierdie besigheidsdoelwitte op ʼn daaglikse
basis te bereik sal die besigheid in die lang termyn suksesvol wees. √√
- Dit is bestuur se verantwoordelikheid om ʼn atmosfeer te skep wat ʼn goeie
werknemer- en werkgewerverhouding en hoë vlakke van produktiwiteit sal
verseker. √√
- Probleme wat nie opgelos word nie kan tot ʼn afname in produksie en
verkope lei. √√
- Die bestuur van ʼn besigheid dra ʼn swaar en groot verantwoordelikheid
want die besluite wat die bestuurder neem kan die besigheid bevoordeel of
die ondergang van die besigheid beteken. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bestuur en die
sukses van die besigheid.
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 19
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG PUNTE
4.1 2
4.2.1 2
4.2.2 8
4.3 8
4.4 4
4.5 4
4.6.1 2
4.6.2 2
4.7 8
TOTAAL 40 [40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING C
Sien slegs die EERSTE antwoord na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS
5.1 Inleiding
- Die besigheidsomgewing bestaan uit die mikro-, mark- en makro-
omgewings. √
- Die markomgewing is deel van die eksterne besigheidsomgewing. √
- Die besigheid het geen beheer oor die komponente/uitdagings in die
makro-omgewing nie. √
- Die uitdagings waarmee die komponente van die markomgewing te doen
het word direk deur gebeurtenisse in die makro-omgewing beïnvloed. √
- Enige ander relevante Inleiding wat verband hou met die
besigheidsomgewings.
(2 x 1) (2)
5.2 Brei uit oor die betekenis van die markomgewing.
- Dit is die uitdagings en invloede √ buite die besigheid. √
- Besighede het min of geen beheer √ oor die omgewing. √
- Die besigheid kan uitdagings in die markomgewing √ beïnvloed. √
- Dit is al die elemente wat die redes vir √ die bestaan van die besigheid
bepaal. √
- Sluit in alle magte/belanghebbendes wat ʼn direkte invloed het √ op die
funksionering van die besigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
die markomgewing.
Maks. (6)
5.3 VYF komponente van die makro-omgewing
5.3.1 Fisiese omgewing/Natuurlike omgewing √√
- Die fisiese omgewing verwys na die beskikbaarheid van natuurlike
hulpbronne √ en volhoubaarheid van minerale hulpbronne √
- Verskeie besighede is afhanklik van natuurlike hulpbronne √ om te
kan produseer of om dienste te kan lewer. √
- Sommige natuurlike hulpbronne, soos olie/steenkool, is skaars √
en duur. √
- Eksterne omgewingsfaktore, soos besoedeling √ is ʼn bedreiging
vir die volhoubaarheid van ʼn besigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die fisiese
omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 21
5.3.2 Regsomgewing √√
- Wette beïnvloed die manier √ waarop besighede bedryf word. √
- Individue/Private/Openbare sektor moet staatsreëls en
-regulasies √ gehoorsaam. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
regsomgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
5.3.3 Politieke omgewing √√
- Die regering van die dag √ bepaal die politieke omgewing deur
beleid en regulasies. √
- Politieke faktore, soos stakings/onwettige immigrante, veroorsaak
onstabiliteit √ wat die bedrywighede van die besigheid beïnvloed. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
betekenis van ʼn politieke omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
5.3.4 Ekonomiese omgewing √√
- Beïnvloed die voorspoed/vooruitgang √ van die verbruikers,
besighede en beleggers. √
- Regering se monetêre en fiskale beleid het ʼn direkte impak √ op
die ekonomiese omgewing. √
- Ekonomiese veranderinge beïnvloed besigheid, √ bv. besighede
betaal minder om grondstof in te voer as die rand sterker as
buitelandse geldeenhede is./Wisselkoers √
- Inflasie verlaag √ die waarde van geld en bates. √
- ʼn Tydperk van resessie vertraag die ekonomie √ en veroorsaak
werkloosheid. √
- Verandering in rentekoerse √ verhoog die koste van skuld. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
ekonomiese omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
5.3.5 Sosiale omgewing √√
- Die sosiale komponent van die makro-omgewing √ sluit mense,
kulturele agtergrond en inkomstevlakke in. √
- Sosiale kwessies beïnvloed verbruikerbesteding/werknemer-
prestasie √ en die besigheid se winsgewendheid. √
- Gesondheidskwessies, soos MIV/Vigs √ kan ʼn negatiewe invloed
op die produktiwiteit van werknemers hê. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die sosiale
omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
5.3.6 Tegnologiese omgewing √√
- Die tegnologiese omgewing het die vinnigste veranderinge √ van
die makro-omgewingsfaktore getoon, soos nuwe tegnologieë ʼn
4de industriële rewolusie geskep het. √
- Tegnologiese ontwikkelings √ verskaf geleenthede en bedreigings
aan besighede bv. aanlyn-inkopies. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
tegnologiese omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
5.3.7 Institusionele omgewing √√
- Die staat verbruik goedere en dienste √ van die besigheid. √
- Private besighede verskaf gereedskap/toerusting aan die staat √
wat nodig is om hulle in staat te stel om te kan werk, soos
rekenaars en meubels. √
- ʼn Besnoeiing van uitgawes in staatshospitale √ het ʼn groot impak
op besighede wat mediese toerusting aan die staat verskaf. √
- Die staat verskaf goedere en dienste √ aan publieke en private
besighede. √
- Die meeste van hierdie goedere en dienste √ word met
belastinggeld betaal. √
- Die staat verskaf ook regs- en tegniese hulp, √ soos regshulp,
gehalteversekering en statistiese inligting. √
- Dit verskaf noodsaaklike dienste, soos elektrisiteit en sanitasie, √
wat belangrik is vir die gladde verloop van enige besigheid. √
- Die staat reguleer ekonomiese tendense, √ soos rente,
wisselkoerse en belasting. √
- Dit verseker vry en regverdige mededinging √ tussen besighede. √
- Die staat het verskeie wette ingestel √ om die aktiwiteite van
besighede te reguleer. √
- Die staat ondersteun die groei van besighede √ deur werk op
verskillende maniere te skep. √
- Dit verskaf opleidingsgeleenthede √ wat besighede in staat stel om
opgeleide/gekwalifiseerde mense in diens te neem. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
institusionele omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 23
5.3.8 Internasionale omgewing √√
- Besighede het baie verander gedurende die afgelope jare √ as
gevolg van globalisering en internasionale kommunikasie. √
- Besighede word gedwing om met globale neigings by te hou, √ om
in die mark te bly en die kwaliteit van produkte en pryse moet ook
voldoen aan wêreldstandaarde. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
internasionale omgewing.
Komponent 2
Beskrywing 2
Submaks. 4
Sien slegs die eerste VYF (5) komponente na. (5 x 4) 20
5.4 Die redes waarom die makro-omgewing ʼn uitdaging vir besighede kan
wees
- Besighede het geen beheer oor die faktore in die makro-omgewing nie √
maar die faktore sal die besigheid beïnvloed. √
- Die makro-omgewing kan verbruikers direk beïnvloed √ en daardeur hulle
vermoë en gewilligheid om geld te spandeer. √
- Die eksterne en onbeheerbare faktore beïnvloed die organisasie se
besluitnemingsvermoë √ affekteer die besigheid se prestasie en
strategieë. √
- Die makro-omgewing verander voortdurend √ en die besigheid moet nuwe
strategieë implementeer om te oorleef. √
- Die komponente kan die behoefte aan jou produk vermeerder of
verminder √ of nuwe behoeftes skep. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes waarom die
makro-omgewing ʼn uitdaging vir die besigheid kan wees.
Maks. (8)
5.5 Interverwantskap tussen die mikro-, mark- en makro-omgewings
- Daar is voortdurend interaksie tussen die besigheid en die elemente
teenwoordig in al drie sake-omgewings. √√
- ʼn Entrepreneur gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te
produseer. √√
- ʼn Entrepreneur wil die behoeftes van die verbruikers bevredig om ʼn wins te
maak. √√
- Gedurende hierdie proses word die entrepreneur blootgestel aan uitdagings
wat van onder andere mededingers, sowel as die regering. √√
- Entrepreneurs moet arbeidskrisisse, SEB-eise en regstellende aksie
hanteer. √√
- Die verskaffing van produkte en dienste is daarom nie ʼn eenvoudige
proses √ wat in isolasie kan plaasvind nie. √√
- Dit is ʼn gekompliseerde proses en daar is baie invloede teenwoordig. √√
- ʼn Besigheid het volle beheer oor die elemente in die mikro-omgewing. √√
- Bv. ʼn besigheid kan verbruikers nie dwing om hul produkte te koop nie,
maar dit kan verbruikers deur kompeterende pryse en bemaking
beïnvloed. √√
- ʼn Besigheid kan nie die elemente in die makro-omgewing beheer of
beïnvloed nie. √√
- ʼn Besigheid moet aanpas by uitdagings van die makro-omgewing en kan
strategieë formuleer om hierdie uitdagings te hanteer. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
- Die drie besigheidsomgewings is interverwant. √√
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die
interverwantskap tussen die drie omgewings.
Maks. (12)
5.6 Gevolgtrekking
- Die besigheid moet bewus wees van die faktore in die
besigheidsomgewings sodat dit kan aanpas by veranderinge en die
sukses van die besigheid verseker. √√
- Die komponente in die makro-omgewing sal die besluite van die besigheid
beïnvloed. √√
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die
besigheidsomgewings/mikro/mark/of makro-omgewings. (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Betekenis van die markomgewing 6
VYF komponente van die makro- 20
omgewing
Redes waarom die makro- 8 Maks. 32
omgewing ʼn uitdaging kan wees
Interverwantskap tussen die 12
omgewings
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
*SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 25
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.1 Inleiding
- Die eienaar van ʼn besigheid kan eie of geleende kapitaal vir die besigheid
gebruik. √
- Die eienaar moet weet hoeveel voorraad beskikbaar is om te veel of te min
voorraad te verhoed. √
- Nasionale Kredietwet is ingestel om te voorkom dat klante te veel krediet
aangaan. √
- Enige inleiding wat verband hou met kapitaal/voorraadbeheer/ Nasionale
Kredietwet.
Maks. (2 x 1) (2)
6.2 Verantwoordelikhede van kredietverskaffers volgens die Nasionale
Kredietwet
- Kredietverskaffers moet geld op ʼn verantwoordelike manier √ aan klante
leen. √
- Verseker dat kliënte nie meer geld leen as wat hulle kan bekostig nie √
deur die nodige kredietverifikasie/-kontrole. √
- Verseker dat die volle koste van die kredietaankoop √ vertoon word, alle
heffings en die rentekoers moet gewys word. √
- Verseker dat klante die koste, risiko’s en verantwoordelikhede √ van die
kredietooreenkoms verstaan. √
- Verseker dat die geskrewe dokumente in gewone, duidelike taal is √ sodat
alle klante dit kan verstaan. √
- Enige ander antwoord wat verband hou met die verantwoordelikhede van
kredietverskaffers volgens die Nasionale Kredietwet.
Maks. (10)
6.3 Belangrikheid van voorraadbeheer
- Stel besighede in staat om die hoeveelheid/waarde van voorraad √ te
bepaal. √
- Besighede kan die kos- √ en verkoopsprys van produkte nagaan. √
- Maak seker dat daar genoeg voorraad is √ om aan die normale vraag van
kliënte te voldoen. √
- Hou die korrekte voorraadvlakke √ voorhande. √
- Teken die kospryse √en verkoopspryse van voorraad aan. √
- Identifiseer diefstal in die besigheid √ wanneer fisiese voorraadtelling met
die elektroniese voorraadbeheerstelsel vergelyk word. √
- Identifiseer produkte √ wat verval het. √
- Om die koste van voorraad √ tot ʼn minimum te beperk. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid
van voorraadbeheer.
Maks. (12)
DRIE redes waarom ʼn besigheid finansiering kan benodig
- Om ʼn besigheid te begin √√
- Leen geld √ met die doel om ʼn besigheid te begin. √
- Kontantvloei √√
- Geld word benodig om die lopende koste van die besigheid te dek √ terwyl
die besigheid wag vir uitstaande betalings. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019)
- Vervanging √√
- Geld word benodig om bates te vervang, √ bv. rekenaars/masjinerie/
toerusting. √
- Uitbreiding √√
- Geld word benodig om ʼn suksesvolle besigheid √ te laat groei. √
- Enige ander relevantte antwoord wat verband hou met die redes waarom
ʼn besigheid finansiering mag benodig.
Opskrif (2)
Verduideliking (2)
Submaks(4) (12)
6.5 Belangrikheid van gehalte in ʼn gesonde finansiële funksie
- Om ʼn gesonde kontantvloei te verseker deur seker te maak dat betalings
betyds gedoen word. √√
- Doeltreffende bestuur van kontant/Beheer oorspandering deur ʼn
kontantbegroting. √√
- Finansiële rekords moet op datum gehou word. √√
- Verantwoordbaarheid deur streng finansiële prosesse. √√
- Verkry kapitaal van geskikte bronne. √√
- Ondersoek geleenthede/strategieë om winsgewendheid te verbeter. √√
- Belê surplusfondse effektief. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid
van kwaliteit om ʼn gesonde finansiële funksie te verseker.
Maks. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 27
6.6 Gevolgtrekking
- Deur aan die NKW te voldoen word besighede en klante gehelp om
verantwoordelike finansiële besluite te neem. √√
- Voorraadbeheer kan die risiko van verouderde produkte verminder. √√
- Enige ander relevante Gevolgtrekking wat verband hou met die gehalte
aanwysers in die finansiële funksie/voorraadbeheer/verantwoordelikhede
van kredietverskaffers.
(1 x 2)
Maks. (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Verantwoordelikhede van
kredietverskaffers 10
Belangrikheid van
voorraadbeheer 12 Maks. 32
Redes waarom ʼn besigheid
finansiering benodig 12
Gehalte in Finansiële funksie 12
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
*SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)
Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
Business Studies Grade 10 June Exam 2019 MEMO hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO AFRIK
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper