You're offline
Skip to content
Question paper

BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans

Subject: Business StudiesGrade 10201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Objektiewe tipe vrae 1 40 30 minute VERPLIGTEND B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute tipe vrae 3 60 30 minute KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute enige DRIE.) 5 60 30 minute 6 60 30 minute C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute enige TWEE.) 9 40 30 minute 10 40 30 minute TOTAAL 300 180 minute 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E. 1.1.1 Die ... beskryf die hoofdoelwit van ʼn besigheid en verduidelik waarom die besigheid bestaan. A visie B missieverklaring C doelwitte D oogmerke 1.1.2 Die doel van hierdie wet is om vir die minimum diensvoorwaardes voorsiening te maak: A Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 65 van 1995 B Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet 75 van 1997 C Wet op Gelyke Indiensneming, Wet 66 van 1995 D Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 55 van 1998 1.1.3 Twitter, Instagram en Facebook is deel van die … A globale omgewing. B tegnologiese omgewing.. C ekonomies omgewing. D sosiale omgewing. 1.1.4 Die volgende besigheid is nie ʼn regspersoon nie: A Jacque se koffiewinkel B Wooltru Bpk. C Ford Stigting D Supersport BK 1.1.5 ʼn Besigheid kan aan die gemeenskap ‘iets teruggee’ deur ... A verantwoordelike sakepraktyke. B korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. C korporatiewe maatskaplike belegging. D korporatiewe bestuur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.6 Die proses om ʼn besigheidsfunksie aan ʼn derde party toe te vertrou word … genoem. A probleemoplossing B rigtinggewend C uitkontraktering D delegering 1.1.7 Die vermoë om jou eiewaarde, sterk punte en talente te vertrou word … genoem. A selfbeheer B selfvertroue C selfassessering D selfbetragting 1.1.8 Mededingers in die sakewêreld beïnvloed mekaar deur … A sakekultuur. B opnames. C verskaffers. D nuwe produkte. 1.1.9 Die besigheidsektor waarin ʼn motorhandelaar handel dryf word as die … geklassifiseer. A tersiêre sektor B sekondêre sektor C primêre sektor D gemeenskapsektor 1.1.10 Die kontrak is ongeldig as … A die voorwaardes van die kontrak redelik is. B een of beide van die partye volle regskapasiteit het. C beide partye saamstem om die kontrak aan te gaan. D die inhoud van die kontrak onduidelik is. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 5 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. leiding; memorandum van inkorporasie; kreatiewe denke; kwaliteitsversekering; openbare betrekkinge; beheer; prospektus; produksie; gehaltebeheer; innoverende 1.2.1 ʼn ... is ʼn geskrewe uitnodiging aan die publiek om aandele in ʼn publieke maatskappy te koop en dit moet sekere voorgeskrewe inligting bevat. 1.2.2 Suksesvolle entrepreneurs benodig ... idees wat nuwe en oorspronklike metodes vereis. 1.2.3 Bestuur moet ...-stelsels gebruik om te verseker dat standaarde bereik word. 1.2.4 … se verantwoordelikheid sluit in om die goeie beeld van die besigheid aan mense buite die besigheid te bevorder. 1.2.5 ʼn ... stelsel word gebruik om te verseker dat die verlangde kwaliteit bereik word. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) LANGS DIE VRAAGNOMMER (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Kapitaal A Mense wat die goedere en dienste wat deur die besigheid aangebied word, koop 1.3.2 Navorsing B Geld gegenereer om ʼn besigheid te begin 1.3.3 Sinergie C Gemoeid met die aankoop van voorraad 1.3.4 Finansїele D Mense wat die gaping tussen die besigheid en funksie die verbruiker oorbrug 1.3.5 Tussen- E Waardeverlies van ‘n produk omdat dit gangers verouderd is F Onverwerkte inligting in die vorm van rou feite G Om te bepaal hoeveel kapitaal benodig word H Die gekombineerde poging van spanlede is meer as die totaal van elke lid se individuele poging I ʼn Proses om feite te versamel om te bepaal wat klante nodig het J Spanwerk verhoog werknemers se betrokkenheid (5 x 2) (10) TOTAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 7 AFDELING B Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae in AFDELING B. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SKY RULE VRUGTESAPPE Efraim en Sipho het die Sky Rule vrugtesap-besigheid begin wat in die vervaardiging van vrugtesappe spesialiseer. Hierdie fabriek is in die hartjie van Oos-London geleë. Hulle wil hulle besigheid van ander besighede onderskei. Hulle het ʼn weeklange beplanning rondom die organisasiekultuur gedoen. Hulle het een hoofverskaffer, in die Elvin-groep. Hulle wil ook verseker dat die besigheid aan al die regsaspekte soos vereis deur die Departement van Handel en Nywerheid voldoen. 2.1.1 Noem die sakesektor waarin Sky Rule Vrugtesappe bedrywig is. Motiveer jou antwoord. (3) 2.1.2 Identifiseer DRIE komponente van die besigheidsomgewings wat in die scenario genoem word en klassifiseer elke komponent volgens die besigheidsomgewing en mate van beheer LET WEL: Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan te bied. KOMPONENTE OMGEWINGS BEHEER (9) 2.1.3 Verduidelik die doel van ʼn organisasiekultuur. (6) 2.2 Bespreek hoe die komponente van die markomgewing mekaar kan beïnvloed. (12) 2.3 Klassifiseer elke stelling volgens die relevante sosio-ekonomiese kwessie: 2.3.1 Om ʼn nabootsing van ʼn produk te maak en dit as die ware produk voor te hou 2.3.2 Die onwettige produksie van iemand anders se oorspronklike, kreatiewe produk, sonder om die nodige toestemming te verkry 2.3.3 ʼn Vorm, simbool, kleur of woorde wat gebruik word om ʼn produk of diens te herken Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 2.3.4 Gee die eienaar eksklusiewe regte om ʼn produk of proses te maak, gebruik of te verkoop 2.3.5 Beskerm die oorspronklike uitdrukking van ʼn bepaalde idee (5 x 2) (10) 2.4 Verduidelik die doel van inklusiwiteit in die werkplek. (8) 2.5 Evalueer die negatiewe impak van MIV/Vigs op die besigheid. (12) [60] VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Noem VIER entrepreneurseienskappe. (4) 3.2 Beskryf in breë trekke enige VIER komponente van ʼn sakeplan. (8) 3.3 Dui die tipe visuele hulpmiddel aan wat in elk van die volgende stellings beskryf word: 3.3.1 ʼn Skryfblok wat op ʼn staander vasgemaak word 3.3.2 ʼn Groot vertoonarea wat aan ʼn rekenaar of projektor gekoppel word en aan ʼn groot gehoor wys wat op die rekenaarskerm is 3.3.3 ʼn Toestel wat deur middel van ʼn videosein beelde op ʼn skerm projekteer en videobeelde of foto’s kan vertoon 3.3.4 ʼn Vertoontoestel wat gebruik word om beelde aan die gehoor bokant die spreker se kop te wys 3.3.5 Verskeie toerusting wat deelnemers in staat stel om met mekaar oor lang afstande te praat en ook visuele beelde te stuur (5 x 2) (10) 3.4 Tabuleer die verskille tussen ʼn vennootskap en ʼn privaat maatskappy. (12) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEEN WATER VIR SEWE MAANDE Dit is die nagmerrie van die inwoners van Ezinketheni naby Northdale wat sedert Desember nie ʼn druppel water gehad het nie. Die inwoners moet hoë watertariewe betaal en hoë misdaadvlakke is in die omgewing aangemeld. Zuko dink daaraan om ʼn karwas-besigheid in hierdie omgewing te begin. 3.5.1 Identifiseer die faktore van die scenario wat ʼn impak op die ligging van Zuko se besigheid sal hê. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 9 3.5.2 Bespreek die impak van die TWEE faktore op die ligging van Zuko se besigheid, soos in die bostaande scenario gemeld. (2 x 4) (8) 3.5.3 Beveel maniere aan waarop die besigheid EEN van die liggingsfaktore, genoem in VRAAG 3.5.1, kan verbeter. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Dit is belangrik om na die faktore wat moontlik jou besigheid kan beïnvloed te kyk voordat jy jou sakeplan begin skryf. Die faktore waaroor die meeste besighede min of geen beheer het nie, is in die makro-omgewing. Die beste manier om ʼn omgewingskandering uit te voer is om ʼn PESTWO-analise te doen. Analiseer die omgewingsfaktore deur van ʼn PESTWO-analise gebruik te maak. Illustreer deur ʼn voorbeeld te gebruik. (12) [60] VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek van die gegewe scenario’s. 4.1.1 Poog om die opinies van deskundiges te kry sonder om hulle bymekaar te bring. 4.1.2 Word gebruik vir die beplanning en implementering van veranderinge in die besigheid. 4.1.3 Oorweeg die voor- en nadele van ʼn idee of ʼn besluit. 4.1.4 Om ʼn besluit op jou eie te neem; wanneer die persoon helderheid oor die probleem wil verkry en om die probleem beter te verstaan.. 4.1.5 Willekeurige generering van idees. (10) 4.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Sisa Ngubelanga het Rebosis Property Fund in 2011 gelys. Hy het destyds die volgende gesê: “Dit is veilig om te sê ek het my besigheidsdoelwitte bereik, maar sukses kom nie sonder ʼn prys nie.” Sisa glo dat harde werk die antwoord vir sukses is. [Nadine Todd: www.entrepreneurrmag.co.za. Toegang op November 10 verkry, 2016] 4.3.1 Definieer die betekenis van sukses. (2) 4.3.2 Bespreek die belangrikheid daarvan om doelwitte te stel. (12) 4.2.3 Doen aanbevelings oor maniere waarop werknemers ʼn professionele beeld kan projekteer. (4) 4.3 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 4.4 Beskryf die probleemoplossingsiklus. (12) 4.5 Bespreek enige VIER kriteria vir ʼn suksesvolle span. (12) [60] VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Identifiseer die besigheidsfunksies in ELKEEN van die volgende scenario’s. 5.1.1 Omskep arbeid, kapitaal, grondstowwe en entrepreneurskap in produkte en dienste. 5.1.2 Die aanstelling van werknemers met vermoëns en ondervinding om kwaliteitresultate te verkry. 5.1.3 Dit is die verantwoordelikheid van Ndimphiwe om alle dokumente en data te versamel en data op te roep. 5.1.4 Dek alle funksionele areas en werknemers in die besigheid. 5.1.5 Neem besluite omtrent die prosesse wat aanleiding gee tot die verkoop van die goedere en dienste wat deur die besigheid geproduseer word. (5 x 2) (10) 5.2 Bespreek die voordele van gehaltebeheer. (10) 5.3 “Bestuur is die proses waardeur ʼn individu die organisasie lei en rigting gee sodat die organisasie sy doelwitte kan bereik.” 5.3.1 Identifiseer die bestuursvlakke en die besluite wat met betrekking tot die bestuursfunksie geneem word. LET WEL: Teken die onderstaande tabel in die ANTWOORDEBOEK om jou antwoord aan te bied. BESTUURSVLAK TIPE BESLUITE GENEEM (6) 5.3.2 Bespreek die VIER basiese bestuurstake. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 11 5.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. MNR. PABLO STAAR BOETE IN DIE GESIG Pablo Winkels bevind hulleself in warm water. Hulle hef sonder die toestemming van die verbruiker ʼn klubfooi op kredietooreenkomste. Hulle bied ook of dring aan op die uitneem van versekering en bied finansiële pakkette aan verbruikers, wat nie daarvoor kwalifiseer of dit nodig het nie. 5.4.1 Identifiseer die Wet wat Pablo Winkels nie nakom nie. (1) 5.4.2 Haal die DRIE redes uit die scenario aan waarom Pablo vir die toestaan van krediet beboet is. (3) 5.4.3 Beskryf in breë trekke VIER verbruikersregte wat in terme van die Wet in VRAAG 5.4.1 geïdentifiseer is. (8) 5.5 Bespreek die impak (positief en negatief) van die Nasionale Verbruikers- beskermingswet op die aankopefunksie. (10) [60] VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWING 6.1 Noem enige VYF komponente, behalwe organisasiekultuur, van die mikro- omgewing. (5) 6.2 Verduidelik kortliks die interverwantskap tussen die mikro- (interne), mark- en makro-omgewings. (10) BESIGHEIDSGELEENTHEDE 6.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Mona het sy eie besigheid begin, Sebastian Tuindienste. Hy het R2 000 beskikbaar om sy besigheid te begin. Hy het nie rekeningkundige vaardighede nie en hoop dat sy broer hom daarmee kan help. Langs sy pa se besigheid is ʼn oop erf wat aan sy pa behoort. Sy pa is gewillig om hierdie erf aan hom teen ʼn minimale fooi te verhuur. Daar is soortgelyke besighede in die gemeenskap. 6.3.1 Gee EEN metode/navorsingsinstrument wat deur Mona gebruik kan word om data by klante in te samel. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) 6.3.2 Doen ʼn SSGB-ontleding (‘SWOT’) vir Mona se besigheid. Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan te bied. Sterk punte Swak punte Geleenthede Bedreigings (8) 6.4 Verduidelik die faktore wat oorweeg moet word wanneer ʼn verbale aanbieding voorberei word. (6) BESIGHEIDSROLLE 6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Besighede se grootste probleem in 2017 is nie swak verkope en sagte pryse nie. Hulle grootste probleem is die gebrek aan gekwalifiseerde arbeid. Om kompeterend te wees moet besighede pro-aktief en kreatief wees, voordat dit die winsgewendheid van die besigheid negatief beïnvloed. 6.5.1 Haal uit die scenario EEN probleem aan wat besighede in 2017 in die gesig staar. (1) 6.5.2 Bespreek hoe besighede kreatiewe denke kan gebruik om besigheidsprobleme op te los. (8) 6.6 Maak voorstelle oor maniere waarop besighede ʼn omgewing kan skep waar spanne effektief kan wees. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 6.7 6.7.1 Noem enige DRIE bronne van finansiering. (3) 6.7.2 Bespreek in breë trekke die rolle en verantwoordelikhede van die verskillende vlakke van bestuur. (12) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 13 AFDELING C Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (SAKESEKTORE) Woolworths skenk hul surplus klere aan die Klerebank, wat ʼn informele sektor besigheid is en wat poog om werk te skep vir werklose mense. Verwys na die bostaande scenario en skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Bespreek die voordele van die informele sektor.  Vergelyk die formele en informele sektor.  Verduidelik die doel van die openbare sektor.  Onderskei tussen die private sektor en openbare sektor. [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (KONTRAKTE) Versekerings- en indiensnemingskontrakte is belangrike ooreenkomste wat gesluit word wanneer ʼn persoon ʼn besigheid stig. Hierdie kontrakte het regte en verantwoordelikhede. Ondersteun bostaande stelling en skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Verduidelik wat ʼn kontrak beteken.  Bespreek wat die inhoud van ʼn indiensnemingskontrak moet wees.  Omskryf die wetlike vereistes van ʼn indiensnemingskontrak.  Verduidelik die beginsels van die versekeringskontrak.  Maak aanbevelings oor die regte en verantwoordelikhede van die versekeringskontrak vir beide die versekeraar en die versekerde. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID) Die bekende Nobelpryswenner en ekonoom, Milton Friedman, het gesê dat ʼn besigheid se primêre sosiale verantwoordelikheid ekonomiese prestasie is. Met ander woorde as die besigheid misluk, omdat die hooffokus nie op ekonomiese prestasie was nie, sal dit nog slegter vir die omliggende gemeenskap wees. Verwys na die bostaande scenario en skryf ʼn opstel wat die volgende aspekte insluit:  Definieer die begrip Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid en gee EEN praktiese voorbeeld.  Beskryf in breë trekke die uitdagings van KSV vir beide besighede en gemeenskappe.  Bespreek die voordele van KSV vir beide besighede en gemeenskappe.  Maak voorstelle oor inisiatiewe wat besighede kan onderneem om sosio- ekonomiese kwessies aan te spreek. [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE. (DIE KONSEP VAN GEHALTE) Gehalte is belangrik vir organisasies om te verseker dat foute en defekte geëlimineer word. Verduidelik gehalte in verband met die volgende besigheidsfunksies:  Menslike hulpbronfunksie  Administratiewe funksie  Finansiële funksie  Algemene bestuursfunksie  Produksiefunksie Bespreek die belangrikheid van gehaltebevordering van die besigheid se beeld. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Business Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all