NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Pages
- 9
- File size
- 286.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING A: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING A: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord SLEGS EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20 minute
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 35 minute
KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 3 40 35 minute
4 40 35 minute
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute
KEUSE: Beantwoord SLEGS EEN. 6 40 30 minute
TOTAAL 150 120 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.
1.1.1 Een van die partye tot ʼn dienskontrak is ʼn …
A versekeraar.
B verhuurder.
C werknemer.
D huurder.
1.1.2 Die naam van ʼn privaat maatskappy eindig met die afkorting …
A (Edms.) Bpk.
B Bpk.
C MSW
D Edms.
1.1.3 Die beste visuele hulpmiddel wat besighede kan gebruik om hulle
vordering oor ʼn tydperk van drie maande te toon, is ʼn …
A sirkelgrafiek.
B staafgrafiek.
C diagram.
D lyngrafiek.
1.1.4 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn maatskaplike
verantwoordelikheidsprogram van ʼn besigheid?
A ʼn Verhoging in die bestuurder se salaris
B ʼn Toename in wins
C Om ʼn Vigs-weeshuis te borg
D Om die pryse van produkte te verminder
1.1.5 Hierdie probleemoplossingstegniek help die bestuurder om oplossings
op sy/haar eie te vind:
A Dinkskrum-tegniek
B Delphi-tegniek
C Leë-stoel-tegniek
D Gedwonge kombinasies-tegniek (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. (ʼn) Woord(e) mag net EEN keer gebruik word.
probleemoplossing; krediet-ooreenkoms; prospektus; drievoudige
eindresultaat; JSE SVI indeks; selfvertroue; versekering; besluitneming;
professionalisme; memorandum van inkorporasie
1.2.1 ʼn … is ʼn geskrewe uitnodiging aan die publiek om aandele in ʼn
publieke maatskappy te koop en dit moet voorgeskrewe inligting
bevat.
1.2.2 Die … meet ʼn besigheid se wins, sosiale en omgewings-
volhoubaarheid.
1.2.3 ... is ʼn kontrak wat deur ʼn persoon of besigheid uitgeneem word om
risiko te bestuur.
1.2.4 ... vereis kreatiewe denke om alternatiewe oplossings te genereer
en te evalueer.
1.2.5 … beteken om vertroue in jou eie vermoëns, eienskappe en oordeel
te hê. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Vennootskap A Die raad van direkteure word deur die
regering aangestel
1.3.2 Dinkskrum B Eienaars is persoonlik vir skuld en eise teen
die besigheid verantwoordelik en
persoonlike bates kan verkoop word om
skuld te betaal
1.3.3 Maatskappy in C Aktiwiteite wat jy geniet
staatsbesit
1.3.4 Etiek D Kragte vir en kragte teen
1.3.5 Navorsing E Verskil van ander wat betref kultuur of
geloof
F Hulle is gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik vir die skuld en
verantwoordelikhede
G Besonderhede van 7 P’s se opsomming
H ʼn Proses om feite te versamel om klante se
behoeftes te bepaal
I ʼn Stel morele waardes van ʼn individu of ʼn
groep
J Genereer baie idees vir die oplos van ʼn
probleem
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
NOTE: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Gauteng is een van die ryker provinsies in die land omdat grondstowwe en
infrastruktuur beskikbaar is. Statistiek SA se syfers toon dat meer mense in
die aanloklike stad van goud en ander minerale werk soek. Hierdie mense
kom van oral in Suid-Afrika en die buiteland.
2.1.1 Haal enige TWEE faktore wat ʼn impak op die ligging van ʼn
besigheid het, uit die scenario hierbo aan. (2)
2.1.2 Verduidelik enige TWEE aspekte wat belangrik is vir die ligging
van ʼn besigheid. (2 x 2) (4)
2.1.3 Evalueer die impak van ENIGE faktor aangehaal in
VRAAG 2.1.1. (2 x 2) (4)
2.2 Benoem die tipe visuele hulpmiddel wat van VRAAG 2.2.1–2.2.5 beskryf
word.
2.2.1 Papierblaaie wat aan ʼn staander vasgemaak word
2.2.2 ʼn Groot skerm wat aan ʼn rekenaar of ʼn projektor gekoppel word
en aan ʼn groot gehoor wys wat op die rekenaarskerm is
2.2.3 ʼn Toestel wat deur middel van ʼn videosein beelde op ʼn skerm
projekteer. Dit kan videobeelde of foto’s vertoon
2.2.4 ʼn Vertoontoestel wat gebruik word om beelde aan die gehoor
bokant die spreker se kop te wys.
2.2.5 Verskeie toerusting wat deelnemers in staat stel om met mekaar
oor lang afstande te praat asook visuele beelde te stuur (10)
2.3 Beskryf in breë trekke TWEE komponente van ʼn sakeplan. (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek, met verwysing na ʼn sakeplan, die omgewingsfaktore deur ʼn
PESTWO-analise te gebruik. (8)
2.5 2.5.1 Bespreek enige TWEE stappe om vir ʼn verbale aanbieding voor te
berei. (4)
2.5.2 Gee raad aan ʼn besigheid oor hoe om ondersteuningsmateriaal vir
ʼn aanbieding voor te berei. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem VIER elemente van professionele gedrag. (4)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZANDI SE ELEGANCE RESTAURANT
Zandi het 40 werknemers, wat uit mans en vrouens vanuit verskillende
etniese groepe, geloof- en kultuurgroepe, bestaan. Hy bou sy sukses deur
nuwe idees te ondersteun wat die personeel gemotiveerd en geïnteresseerd
hou.
Hy wil die voorspoed van die besigheid met die personeel deel en betrek
hulle by besluitneming. Die werknemers in Zandi se besigheid funksioneer
goed as ʼn span wanneer dit by die besigheid se bedrywighede kom.
3.2.1 Haal enige TWEE voorbeelde van diversiteit uit die scenario hierbo
aan. (2)
3.2.2 Beskryf VIER kriteria vir suksesvolle en samewerkende spanwerk. (8)
3.2.3 Verduidelik hoe Zandi diversiteit in sy besigheid kan hanteer. (8)
3.3 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat op die volgende
beskrywings van toepassing is:
3.3.1 ʼn Paneel deskundiges vul ʼn reeks vraelyste in en idees word
anoniem aangepas
3.3.2 ʼn Groep dink aan positiewe en negatiewe uitkomste en weeg die
voordele en nadele op
3.3.3 Skryf sleutelwoorde neer en kombineer hulle op verskillende
maniere om innoverende voorstelle te kry. (3 x 2) (6)
3.4 Beskryf in breë trekke die probleemoplossingsiklus. (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BUFFALO TIMBER BPK.
Matthew en Peter vervaardig skoolmeubels, lessenaars, tafels, stoele en
kaste. Hulle oorweeg om meer spasie te huur van hul redelike verhuurder
se billike pryse vir hul produksiebedrywighede sowel as die duur
gespesialiseerde masjinerie.
Hulle moet ook 'n groot vragmotor koop wat oor ʼn langer tydperk betaalbaar
sal wees. Hulle beoog om regskontrakte vir al bogenoemde aktiwiteite op
te stel, maar dit is nie duidelik hoe om dit te doen nie.
4.1.1 Identifiseer die tipe kontrakte wat Buffalo Timber Bpk. van
bogenoemde scenario verlang. (6)
4.1.2 Beskryf aspekte wat in die dienskontrak van Buffalo Timber Bpk.
ingesluit moet word. (8)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PETER SE VLEIS & SUIWEL (PVS)
PVS spesialiseer in die verkoop van vleis, melk, kaas en jogurt. Hy het drie
opgeleide werknemers. Die besigheid het nie genoeg kapitaal om nuwe
moderne masjinerie om hulle produksie te verbeter aan te koop nie. PVS
se mededinger in dieselfde omgewing, is as gevolg van ʼn oneffektiewe
bemarkingstrategie en ʼn gebrekkige navorsingplan, baie na aan
bankrotskap. PVS is in ʼn hoë misdaadgebied geleë.
4.2.1 Noem TWEE navorsingsinstrumente wat PVS kan gebruik om data
van klante te verkry. (2)
4.2.2 Doen ʼn SSGB-(SWOT-) ontleding vir PVS. (8)
BESIGHEIDSROLLE
4.3 Noem VIER voordele van tydsbestuur. (4)
4.4 Beskryf die belangrikheid om doelwitte te stel. (4)
4.5 Maak voorstelle oor hoe om aan jou sterkpunte en swakhede te werk. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord van die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORM)
Vusi en Sibu het hulle BSc Ing-grade in dieselfde jaar voltooi. Hulle het besluit om ʼn
konstruksiebesigheid in Oos-Londen te begin. Hulle oorweeg ʼn persoonlike-
aanspreeklikheidsmaatskappy.
As ʼn besigheidsontleder, skryf ʼn verslag oor die volgende aspekte:
Brei uit oor die betekenis van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
Beskryf die kenmerke van hierdie ondernemingsvorm.
Bespreek die voordele en nadele van die persoonlike aanspreeklikheids-
maatskappy.
Onderskei tussen ʼn maatskappy met ʼn winsmotief en ʼn maatskappy sonder ʼn
winsmotief. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID)
Besigheidsondernemings is deel van die samelewing. Hulle het dus ʼn sosiale
verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die omgewing en hul aktiwiteite
moet volhoubaar wees.
Onderskei tussen korporatiewe sosiale verantwoordelikheid en korporatiewe
sosiale belegging.
Beskryf in breë trekke die voordele van KMB vir beide besigheid en die
gemeenskap.
Gee raad aan die besigheid oor ʼn werkplekprogram om MIV/Vigs te hanteer.
Stel maniere voor waarop ʼn besigheid die plaaslike gemeenskap kan help om
werkloosheid aan te spreek. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP JUNE 24

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 1 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 2 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Bus Gr10 March 2022 QP hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper and memo