NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
BESIGHEIDSTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 

/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)








View all





BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 20
- File size
- 251.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
NOTAS AAN NASIENERS
1. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
2. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
x 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
x Uit 'n ander bron kom
x Oorspronklik is
x 'n Ander/verskillende benadering gebruik
LET WEL: AFDELING A:
- Daar is geen alternatiewe antwoorde nie.
- Elke vraag het net een regte antwoord.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik
is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld
een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
4. Die woord 'subtotaal' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte.
6. In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
verband hou met die vraag.
7. Foutiewe nommering van antwoorde of sub-vrae sal STRENG gepenaliseer
word, dit is van toepassing op al die afdelings van die vraestel.
8. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met 'n 'H' of 'R'.
9. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale,
soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van elke vraag
verskyn. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne/uiteensetting van punte gelei
word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn langs die
toepaslike vraagnommer verskyn.
10. AFDELING B
10.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur
'n lyn deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die woord 'MAKS'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
10.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 10.1 geld steeds.
10.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings
te gee, breinstorm dit ten einde alternatiewe antwoorde te finaliseer.
10.4 GEBRUIK VAN KOGNITIEWE WERKWOORDE EN TOEKENNING
VAN PUNTE:
10.4.1 Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet 'verduidelik/
bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg nagesien
word:
x Feit 2 punte
x Verduideliking 1 punt (of soos aangedui in die nasienriglyne)
x Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne
gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
10.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.
10.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing
op AFDELING B EN C.
11. AFDELING C
11.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum: 32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
11.2 Insig bestaan uit die volgende komponente
Struktuur/Uitleg: Is daar ʼn inleiding, inhoud, paragrawe en
gevolgtrekking? 2
Ontleding en Kandidate is in staat om die vraag in
vertolking: opskrifte/sub-opskrifte te ontleed/korrek te
interpreteer sodat begrip van wat gevra word,
getoon word.
Kandidate se vermoë om die vraag te
ontleed/korrek te interpreteer 2
Sintese: Is daar relevante besluite/feite/antwoorde
gemaak wat op die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die onderstaande
gids:
Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
'n Paar relevante feite: 1 (Een '-S')
Slegs relevante feite: 2 (Geen '-S')
LET WEL:
Indien geen ‘-S’ in die linkerkantlynverskyn
nie. Ken die maksimum van TWEE (2) punte
toe.
Opsie 2:
Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met relevante feite beantwoord het,
verskyn een “-S' in die linkerkantlyn. Ken ʼn
maksimum van EEN (1) punt.
Oorspronklikheid: Bewyse van voorbeelde, aktuele inligting,
huidige neigings en ontwikkelings. 2
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32) 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 A √√
1.1.2 D √√
1.1.3 B √√
1.1.4 A √√
1.1.5 C √√ (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 Suid-Afrikaanse Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde √√
1.2.2 Kapitaal √√
1.2.3 Nasionale Kredietwet √√
1.2.4 Vaste kapitaal √√
1.2.5 Inklusiwiteit √√ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 D √√
1.3.2 G √√
1.3.3 A √√
1.3.4 H √√
1.3.5 B √√ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
VRAAG1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
Sien slegs die eerste TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Elemente van die mikro-omgewing
2.1.1 x Organisatoriese struktuur √
x Organisatoriese kultuur √
x Organisatoriese hulpbronne √
x Bestuur en Leierskap √
x Besigheidsfunksies √ (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na
2.2 Identifiseer komponente van die markomgewing
2.2.1 Verbruikers/Klante √√
2.2.2 Tussengangers √√
2.2.3 Mededinging √√ (6)
2.3 Redes waarom die markomgewing ʼn uitdaging vir die besigheid kan
wees
x Nuwe besighede betree √ die mark √
x Prysoorloë tussen besighede wat dieselfde grootte is, √ en dieselfde
produkte aanbied √
x Klante wat soek vir die beste √ pryse √
x Verskaffers gee afslag √ en spesiale aanbiedinge √
x Nuwe produkte of/substitute bedreig √ of vervang ou produkte √
x Enige ander relevante antwoord wat met die redes waarom mededinging
ʼn uitdaging vir die besigheid kan wees verband hou. (8)
2.4 Die ekonomiese faktor van die makro-omgewing
2.4.1 Wisselkoers √√ (2)
2.4.2 Komponente van die makro-omgewing.
Fisiese / natuurlike omgewing √√
x Die fisiese omgewing sluit al die kragte √ wat in die van die
natuurlike omgewing teenwoordig is. √
x Sommige natuurlike hulpbronne, √ soos olie en steenkool, is
skaars en gevolglik baie duur. √
x Infrastruktuur √ verwys na die beskikbaarheid van paaie/spoorweë,
water, elektrisiteit/kommunikasieverbindings en
ondersteuningsdienste. √
x Dit is onvermybaar dat besoedeling sal plaasvind √ gedurende die
produksieproses. √
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
Sosiale, kulturele en demografiese omgewing √√
x Die sosiale, kulturele en demografiese omgewing gaan spesifiek oor
die doel van die gemeenskap, √ land en teikenmark. √
x Waardes/voorkeure/tradisies √ en kultuur beïnvloed hulle interaksie
met die besigheid. √
x Demografie is die studie van menslike bevolking √ in terme van
grootte/digtheid/plek, ouderdom/ras/beroep en ander statistieke. √
Submaks. (4)
Tegnologiese omgewing √√
x Tegnologiese omgewing is ʼn vinnig veranderende omgewing √ en
dwing besighede om by te bly met nuwe tendense. √
x Tegnologie het nuwe produkte, nuwe produksietegnieke √ en nuwe
bemarkingsmetodes gebring. √
Submaks. (4)
Regs- en politieke omgewing √√
x Regselemente verwys na die reëls wat ʼn besigheid moet nakom √
en al die ander regsaspekte wat die besigheid moet oorweeg. √
x Oorsese beleggers belê met graagte in lande wat ekonomies √ en
polities stabiel is. √
Sub-maks. (4)
Globale /Internasionale omgewing √√
x Tegnologie stel ons in staat om deel te wees van markte √ regoor
die wêreld. √
x Selfs klein besighede kan nou hulle produkte internasionaal √
verkoop. √
Submaks. (4)
Institusionele omgewing √√
x Wette en regulasies is ingestel √ om te verseker dat daar ʼn
raamwerk van regstelsels is vir internasionale handel sowel as vir
verskillende industrieë. √
x Voorbeelde van sulke dienste is die toetsing van produktevoorkoming
van monopolieë, beskerming van wettige handel,bestryding van
onwettige handel. √
Submaks. (4)
Maks. (8)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE na.
Ken TWEE punte vir die komponent toe en TWEE punte
vir die verduideliking.
2.4.3 Die mate van beheer van die omgewing genoem in VRAAG 2.4.2.
Die sakeonderneming het geen beheer oor die makro-omgewing. √√
Maks. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.5 Die verwantskap tussen die mikro- (interne), mark- en makro-omgewings.
x Daar is voortdurend interaksie tussen die besigheid √ en die elemente
teenwoordig in al drie sake-omgewings. √
x ʼn Entrepreneur gebruik die produksiefaktore √ om goedere en dienste te
produseer. √
x ʼn Entrepreneur wil die behoeftes van die verbruikers bevredig √ om ʼn wins te
maak. √
x Gedurende hierdie proses, word die entrepreneur blootgestel aan uitdagings
wat van onder andere √ mededingers, √ sowel as die regering van. √
x Entrepreneurs moet arbeidskrisisse, √ SEB-eise √ en regstellende aksie
hanteer. √
x Die verskaffing van produkte en dienste √ is daarom nie ʼn eenvoudige proses
wat in isolasie kan plaasvind nie. √
x Dit is ʼn gekompliseerde proses en daar is baie invloede teenwoordig. √
x ʼn Besigheid het volle beheer oor die meeste elemente √ in die mikro-
omgewing. √
x ʼn Besigheid kan nie die elemente in die makro-omgewing √ beheer of
beïnvloed nie. √
x ʼn Besigheid moet aanpas by uitdagings van die makro-omgewing √ en kan
strategieë formuleer om hierdie uitdagings te hanteer. √
x Die drie besigheidsomgewings is interverwant. √
x Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die interverwantskap
tussen die drie omgewings.
Maks. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Metodes wat ʼn besigheid kan gebruik om openbare betrekkinge te
ondersteun
x Die gebruik van die telefoon √
x Hoor by ander mense (‘Word of mouth’) √
x Uitstallings √
x Die besigheid se sosiale verantwoordelikheid √
x Gebruik van media √
x Advertensies op voertuie √
x Publisiteit √
Maks. (4)
LET WEL: Sien net die eerste VIER metodes na.
Vlakke van bestuur.
3.2.1 Haal vlakke van bestuur 3.2.2 Vlakke van bestuur
aan
x Besturende direkteur √ x Topvlakbestuur. √
x Hoofde in departemente √ x Middelvlakbestuur. √
Submaks. (2) Submaks. (2)
Maks. (4)
3.2.3 Rolle en verantwoordelikhede van die vlakke van bestuur
Die rol en verantwoordelikhede van topvlakbestuur
x Om die visie, missie, strategie en oogmerke van die
sakeonderneming te bepaal √ en te verseker dat die besigheid dit
bereik. √
x Maak strategiese besluite wat langtermyn gevolge het, √
byvoorbeeld om personeel te verminder of om nog produkte by ʼn
bestaande produkreeks te voeg. √
x Bestuur die besigheid √ in sy geheel. √
x Beplan vir die toekoms √ van die besigheid. √
x Monitor die besigheid se verhouding √ met die eksterne omgewing. √
x Bestuur verandering √ in die sake-omgewing. √
x Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die rol en
verantwoordelikhede van topvlakbestuur.
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
Die rol en verantwoordelikhede van die middelvlakbestuur
x Middelvlakbestuurders is die hoofde √ van die verskillende departemente. √
x Middelvlakbestuur dien as ʼn skakel √ tussen die topvlakbestuur en die
laervlakbestuur. √
x Implementeer die planne wat deur topvlakbestuur gemaak word deur
taktiese besluite te neem. √
x Bestuur ʼn departement √ bv. die bemarkingsdepartement of die finansiële
departement. √
x Bereik die doelwitte en oogmerke √ wat vir ʼn spesifieke departement
gestel is. √
x Verkry die hulpbronne wat nodig is √ in hulle departement. √
x Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die rol en
verantwoordelikhede van middelvlakbestuur.
Submaks. (4)
Maks. (8)
3.3 Die faktore wat die organisatoriese struktuur beïnvloed
x Die grootte van die besigheid √√
x Die beskikbare tegnologie en hulpbronne √√
x Die strategiese doelwitte van die besigheid √√
x Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die faktore wat die
organisatoriese struktuur beïnvloed.
Maks. (6)
3.4 Die bronne van finansiering in die gegewe scenario
3.4.1 Oortrokke bankrekening √√
3.4.2 Korttermynlening √√ (4)
3.5 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
x Inspeksie van die finale x Word gedurende en na die produksie-
produk √ om te verseker dat proses uitgevoer √ om te verseker dat
die verlangde standaarde standaarde bereik word gedurende elke
bereik word √ stadium van die proses √
x Sluit die stel van mikpunte/ x Verseker dat elke proses gemik is om die
meting van prestasies √ en produk die eerste keer reg te kry √ en om
die neem van korrektiewe te voorkom dat foute weer gebeur √
aksies, in √ x Enige ander relevante antwoord wat
x Enige ander relevante verband hou met gehalteversekering.
antwoord wat verband hou
met gehaltebeheer.
Submaks. (3) Submaks. (3)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskil moet duidelik wees.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 11
3.6 Die instelling van die Nasionale Verbruikersbeskermingswet
x Om die ekonomiese en sosiale welvaart van verbruikers te bevorder. √√
x Om ʼn regverdige raamwerk vir die verbruikers te skep. √√
x Om die belange van alle klante te beskerm. √√
x Om toegang tot inligting wat klante verlang te bevorder. √√
x Om verbruikers teen gevare te beskerm. √√
x Om regverdige sakepraktyke te bevorder. √√
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die instelling van die
Nasionale Verbruikersbeskermingswet.
Maks. (8)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 4.1.1 Sakesektore en motivering.
Sakesektore Motivering
x Primêre Sektor √ x Tree Fruit Plantasie √
x Sekondêre Sektor √ x Xavier Suiwelprodukte √
x Tersiêre Sektor √ x Zubatec bank √
Submaks. (2) Submaks. (2) (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE sakesektore na.
4.2 Onderskei tussen bestuur en leierskap
LEIERSKAP BESTUUR
x Beïnvloed menslike gedrag √√ x Rig menslike gedrag √√
x Kommunikeer deur middel van x Kommunikeer deur bestuursfunksies,
interaksie/gedrag/visie/waardes/ bv. lynfunksie √√
charisma √√
x Moedig nuwe idees aan om x Administreer planne /programme /
produktiwiteit te verhoog √√ take om teikens te bereik √√
x Inspireer personeel om mekaar x Beheer stelsels en prosedures om
te vertrou en te ondersteun √√ die werk gedoen te kry √√
x Leiers word met natuurlike/ x ʼn Persoon word ʼn bestuurder want
instinktiewe leierskapeienskappe hy/sy word in die posisie aangestel √√
gebore √√
x Mensgeoriënteerd √√ x Taakgeoriënteerd. √√
x Lei deur voorbeeld/vertroue/ x Bestuur deur beplanning/organisering/
respek √√ leiding/beheer √√
x Motiverend/inspirerend in hulle
benadering √√
x Enige ander relevante antwoord x Enige ander relevante antwoord wat
wat verband hou met leierskap. verband hou met bestuur.
Submaks. (4) Submaks. (4) (8)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskil moet duidelik wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
4.3 Regverdig die belangrikheid van die publieke sektor
x Die openbare sektor sluit al die besighede wat deur die staat beheer word,
in. √√
x Poog om die behoeftes van die gemeenskap te bevredig. √√
x Openbare sektor-besighede poog nie om ʼn wins te maak nie. √√
x Verskaf werksgeleenthede aan mense. √√
x Verbeter die algemene lewenstandaard van alle mense. √√
x Beheer besoedeling en beskerm en bewaar natuurlike hulpbronne soos
water, natuurlewe en waardevolle stene. √√
x Verseker dat die rykdom van die land gelyk tussen arm en ryk mense
verdeel word. √√
x Lewer waardevolle dienste soos openbare paaie, publieke hospitale,
publieke skole ens. √√
x Openbare sektor kan dienste aan private besighede uitkontrakteer. √√
x Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met belangrikheid van
die publieke sektor.
Maks. (8)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.4 Vier basiese take van algemene bestuur
x Beplanning √
x Organisering √
x Leiding √
x Beheer √ (4)
4.5 4.5.1 Betekenis van gehalte
x Gehalte verwys na die vermoë van goedere/dienste √ om ʼn
spesifieke behoefte te bevredig √
x Dit word gedefinieer as ʼn mate of standaard van uitnemendheid √
van ʼn hoë standaard √
x Enige ander relevante definisie van gehalte.
Maks. (4)
4.5.2 Voordele van gehaltebeheer
x Handelaars en verbruikers is verseker dat die produkte van ʼn
verlangde standaard is. √√
x Dit moedig werkers aan om voortdurende gehalte produkte te
produseer. √√
x Produksiekoste kan verminder word deur swak produkte uit te
skakel. √√
x Dit lei tot verbeterde gehalte en ontwerp. √√
x Verhoogde klantetevredenheid. √√
x Verhoogde mededingendheid want goeie gehalte plaas jou produkte
bo mededingers se produkte. √√
x Verhoogde kans om die visie en doelwitte van die besigheid te
bereik. √√
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele
van gehalte.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 13
4.6 Aktiwiteite van die aankopefunksie
x Aankopers moet deskundig wees √ omtrent die produkte wat hulle koop en
die markte waarin hulle bedrywig is. √
x Die aankope-funksie moet van die ander besigheidsfunksies √ uitvind wat
hulle behoeftes is. √
x Hulle moet voortdurend op die uitkyk wees vir gepaste, nuwe √ en beter
verskaffers. √
x Hierdie funksie moet onderhandel vir die beste moontlike terme √ van
betaling met verskaffers. √
x Hulle plaas ʼn bestelling met verskaffers en volg op √ om te verseker dat die
bestelling betyds afgelewer sal word. √
x Die aankope-funksie moet verseker dat die bestelling in goeie toestand
afgelewer word √ en dat die prys ooreenstem met die aanvanklike
kwotasie.√
x Die aankope-funksie het die verantwoordelikheid om √ beskadigde goedere
aan die verskaffer terug te stuur. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aktiwiteit van die
aankope-funksie.
Maks. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C
Sien EEN vraag in hierdie afdeling na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS
5.1 Inleiding
x Suid-Afrikaanse besighede het met ʼn unieke stel sosio-ekonomiese
uitdagings, wat ʼn impak op sakebedrywighede het, te doen.√
x Alle sosio-ekonomiese kwessies hou uitdagings en geleenthede vir
entrepreneurs in. √
x Enige ander relevante Inleiding wat verband hou met sosio-ekonomiese
kwessies.
Maks. (2)
5.2 Sosio-ekonomiese kwessies
x Sosio-ekonomiese kwessies sluit diskriminasie en armoede, inklusiwiteit,
werkloosheid en ʼn onproduktiewe werksmag, HIV en Vigs, dobbelary,
roofkopiëring, vervalsing, stakings, geweld √ en misdaad in. √
x Sosio-ekonomiese kwessies is sosiale en ekonomiese faktore in die makro-
omgewing √ wat probleme in die besigheid kan veroorsaak. √
Maks. (4)
5.3 Beskrywing van sosio-ekonomiese kwessies
MIV/Vigs
x Vigs is ʼn siekte wat deur die HIV-virus veroorsaak word en val die
immuniteitsstelsel aan. √
x Die sosiale onverantwoordelikheid van mense dra by tot die verspreiding van
die siekte. √
x Dit veroorsaak druk op gesondheidsdienste √ en maatskaplike dienste. √
x Die regering spandeer groot bedrae geld op medisyne √ om MIV/Vigs te
beveg. √
x Daar is baie mense √ met HIV/Vigs. √
x Enige ander antwoord wat verband hou met die bespreking van HIV/Vigs.
Submaks. (4)
Roofkopiëring
x Roofkopiëring is ʼn onwettige kopiëring √ van boeke, CD’s of DVD’s of die
kopiëring van handelsmerke. √
x Roofkopiëring is ook wanneer iets sonder toestemming gebruik word √
byvoorbeeld iets waarop kopiereg is, wat gepatenteer is of as die
handelsmerk aan ʼn ander besigheid behoort √
x Kopiereg is die reg wat aan die skepper van ʼn oorspronklike werk gegee
word √ sodat dit nie sonder sy/haar toestemming gekopieer kan word nie. √
x ʼn Patent is ʼn eksklusiewe reg vir ʼn spesifieke produk of ontdekking √ vir ʼn
tydperk. √
x ʼn Handelsmerk is gewoonlik ʼn woord, prentjie of logo √ wat op ʼn spesifieke
handelsmerk, individu of besigheid dui. √
x Dit toon dat ʼn produk √ van ʼn spesifieke bron afkom. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bespreking van
rowery.
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 15
Stakings
x ʼn Staking is gewoonlik die resultaat van ʼn dispuut √ in die werksplek. √
x ʼn Staking vind plaas wanneer werknemers weier √ om te werk. √
x Die algemeenste rede waarom werkers gewoonlik staak is, √ lone, werksure,
werksvoorwaardes. √
x Die vakbond √ moet kennis gee wanneer ʼn staking beplan word. √
x Daar is verskillende soorte stakings √ byvoorbeeld ʼn Sloerstaking,
Simpatiestaking,√ Sit-staking, Onwettige staking en Uitsluiting. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bespreking van
stakings.
Submaks. (4)
Ongelykheid en armoede
x Ongelykheid beteken dat almal nie gelyk is nie. √ Party mense het baie geld √
en kan onderwys bekostig terwyl ander baie arm is. √
x Ongelykheid in Suid-Afrika het ʼn probleem geword √ want die gaping tussen
ryk en arm is baie groot. √
x Armoede is wanneer ʼn persoon nie in staat is om sy mees basiese
oorlewingsbehoeftes √ te bevredig nie. √
x ʼn Persoon word as baie arm beskou √ as hy of sy nie kos/water en skuiling
kan bekostig nie. √
x Armoede sluit ook daardie mense in wat nie hulle daaglikse kosbehoeftes
kan bevredig nie √ sowel as behoorlike huisvesting,/skoon lopende
kraanwater, spoeltoilet,elektrisiteit,vervoer,onderwys en basiese
gesondheidsdienste. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bespreking van
ongelykheid en armoede.
Submaks. (4)
Maks. (16)
5.4 Impak van sosio-ekonomiese kwessies op besighede
MIV/Vigs
x Hierdie siekte lei na ʼn afname √ in die produktiwiteit van geaffekteerde
werknemers. √
x Opgeleide en ervare werkers sterf √ van hierdie siekte voor hulle oud word en
verhoog die personeelomset in die besigheid. √
x Daar is ʼn afname in die vraag √ want klante word minder. √
x Daar kan vooroordeel in die werkplek wees √ teen werkers wat met MIV/Vigs
geaffekteer word. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die effek van MIV/Vigs.
Submaks. (4)
Roofkopiëring
x Die besigheid wat die oorspronklike produkte geproduseer het√ se winste
verminder as roofkopiëring plaasvind. √
x Roofkopiëring beroof ook oorspronklike kunstenaars √van sy/haar inkomste.√
x Mense wat ʼn roofkopieë koop √ dra by tot die probleem. √
x Die kopiëring van handelsmerke verwar √ klante. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gevolge van
roofkopiëring.
Sub Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
Stakings
x Stakings sowel as politieke versteurings skrik √ potensiële beleggers af. √
x Stakings lei tot ʼn verlies √ aan produksie. √
x Partykeer is ʼn staking so ernstig dat ʼn besigheid √ moet toemaak. √
x Stakings lei tot ʼn verlies aan inkomste √ as gevolg van beskadigde eiendom. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gevolge van
stakings.
Submaks. (4)
Ongelykheid en armoede
x Armoede beïnvloed verbruikersbesteding √ want arm mense het nie die
vermoë om goedere te koop nie. √
x As mense nie geld kan spandeer nie, √ kan besighede nie groei nie. √
x Huidige manier van dink en media-aandag oor armoede √ gee aanleiding tot
die verwagting dat besighede in arm gemeenskappe moet belê, maar dit
plaas ekstra druk op besighede. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gevolge van
ongelykheid en armoede.
Submaks. (4)
Maks. [16]
5.5 Belangrikheid van inklusiwiteit in die werkplek
x Die doelwit van inklusiwiteit is om te verseker dat die besigheid regverdige
arbeidspraktyke gebruik. √√
x Dit poog om die ongelykhede van die verlede reg te stel. √√
x Dit poog om werkplekke te skep waar mense van verskillende rasse, kulture,
geslag, geloof, vermoëns, taal en oortuiging effektief kan saamwerk tot
voordeel van die besigheid. √√
x Poog om te verseker dat besighede niemand mag uitsluit nie. √√
x Hulle moet verseker dat werknemers verteenwoordigend van die demografie
van die land is. √√
x Besighede het die volgende verantwoordelikhede:
x Om saam met die regering te werk om die gevolge van apartheid uit te
wis. √√
x Om kwessies met ʼn oop gemoed aan te spreek en nie probleme te
ontken nie. √√
x Om werkers oor sosiale kwessies op te lei. √√
x Om toepaslike ondersteuning aan werkers te gee. √√
x Om betrokke te raak in die gemeenskap. √√
Maks. (10)
5.6 Gevolgtrekking
x Sosio-ekonomiese kwessies het ʼn negatiewe impak op die besigheid. √√
x Besighede moet bewus wees van hierdie kwessies en strategieë in plek stel
om dit te bestry. √√
x Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met sosio-
ekonomiese kwessies en die impak op die besigheid.
Maks. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 17
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
VRAE PUNTE TOTAAL
Inleiding 2
Definieer die betekenis van sosio-ekonomiese kwessies. 4
Beskrywing van sosio-ekonomiese kwessies.
x MIV/Vigs 4
x Roofkopiëring 4
x Stakings 4
x Armoede 4 Maks 32
Impak van sosio-ekonomiese kwessies. 4
x MIV/Vigs 4
x Roofkopiëring 4
x Stakings 4
x Armoede
Verduidelik die doel van inklusiwiteit in die werkplek. 10
INSIG
Uitleg 2
Analise 2
8
Sintese 2
Oorspronklikheid/voorbeelde 2
TOTAAL 40
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BESIGHEIDSFUNKSIES EN GEHALTE)
6.1 Inleiding
x Die besigheidsfunksies beskryf wat gedoen moet word in die besigheid, of die
besigheid groot of klein is. √
x Jy kry groot departemente met baie werkers in groot besighede. √
x In kleiner besighede sal van die funksies saam gegroepeer word. √
x Of dit ʼn groot of ʼn klein besigheid is, die gehalte van goedere en dienste is
ononderhandelbaar. √ Maks. (2)
6.2 Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur
6.2.1 GEHALTEPRESTASIE GEHALTEBESTUUR
x Totale prestasies van elke x Dit is ʼn tegniek/hulpmiddel √ wat
departement gemeet √ teen gebruik word om die gehalte van
spesifieke standaarde √ die produk te verbeter √
x Kan verkry word as al die x Kan gebruik word vir
departemente saamwerk √ na aanspreeklikheid √ binne elkeen
dieselfde gehaltestandaarde √ van die besigheidsfunksies. √
x Gehalte word gemeet √ deur ʼn x Poog om te verseker dat die
fisiese produk/statistiese uitvoer gehalte van goedere of dienste
van prosesse/meningsopnames konsekwent is. √ Fokus op die
van gebruikers en of kopers van manier om konsekwentheid te
goedere /dienste √ verkry √
x Enige ander relevante antwoord x Enige ander relevante antwoord
wat verband hou met wat verband hou met
gehalteprestasie. gehaltebestuur.
Submaks. (2) Submaks. (2)
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
6.3 Verduidelik die belangrikheid van gehalte in verhouding met die volgende
besigheidsfunksies
6.3.1 Gehalte in Finansiële funksie
x Verkryging van kapitaal √ van die mees geskikte bron beskikbaar. √
x Opstel van √ begrotings. √
x Verseker dat finansiële rekords √ op datum is. √
x Ondersoek strategieë √ om winsgewendheid te verhoog. √
x Effektiewe belegging √ van surplusfondse. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalte in die
finansiële funksie.
Submaks. (6)
6.3.2 Gehalte in Administrasie
x Om tegnologie √ effektief te gebruik. √
x Versamel data √ en inligting. √
x Verseker dat die ingevoerde data/inligting √ akkuraat is. √
x Verwerk data √ en inligting. √
x Stel inligting beskikbaar aan bestuur √ sodat bestuur op geleenthede
kan reageer. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalte in
administrasie.
Sub maks. (6)
6.3.3 Gehalte in Algemene bestuur
x Ontwerp ʼn toepaslike missie en visie √ vir die sakeonderneming. √
x Organiseer werkers √ op die mees effektiewe manier. √
x Demonstreer √ effektiewe leierskap. √
x Beheer √ alle prosesse. √
x Kommunikeer √ met werknemers. √
x Betrek werknemers √ in die besluitnemingsprosesse.
x Neem dissiplinêre aksie √ indien nodig. √
x Effektiewe √ besluitneming. √
x Enige ander relevante ander wat verband hou met gehalte in
algemene bestuur.
Sub maks. (6)
6.3.4 Gehalte in Menslike Hulpbronne
x Effektiewe werwing √ om die beste kandidate te lok. √
x Regverdige √ keuringsproses. √
x Ontwikkeling van werknemers √ om op datum te bly met
veranderinge in tegnologie en in die industrie. √
x Werknemersretensie √ en opleiding. √
x Regverdige √ vergoeding. √
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalte in
menslike hulpbronne.
Submaks. (6)
Maks. (24)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 19
6.4 Die verband tussen bestuur en die sukses van die besigheid
x Bestuur speel ʼn belangrike rol in die sukses van ʼn sake-onderneming. √√.
x Dit is die bestuur se verantwoordelikheid om die doelwitte van die besigheid vas
te stel. √√
x Hierdie doelwitte moet realisties en bereikbaar wees. √√
x Die prestasie van die besigheid sal gemeet word teen hierdie doelwitte, en die
sukses van die besigheid hang af van die manier waarop die doelwitte bereik
word. √√
x Bestuur moet verseker dat take aan geskikte werkers gegee word. √√
x Die gekose organisasiestruktuur moet produktiwiteit verbeter en werknemers
motiveer om hulle beste te doen. √√
x As werknemers in staat is om hierdie besigheidsdoelwitte op ʼn daaglikse basis
te bereik sal die besigheid in die lang termyn suksesvol wees. √√
x Dit is bestuur se verantwoordelikheid om ʼn atmosfeer te skep wat sal verseker
dat daar ʼn goeie werknemer-en-werkgewerverhouding is en hoë vlakke van
produktiwiteit. √√
x Die bestuur van ʼn besigheid dra ʼn swaar en groot verantwoordelikheid want die
besluite wat die bestuurder neem kan die besigheid bevoordeel of die
ondergang van die besigheid beteken. √√
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bestuur en die sukses
van die besigheid.
Maks. (10)
6.5 Belangrikheid van gehalte in die bevordering van die beeld van die besigheid
x Om ʼn sterk handelsmerkbewustheid te kweek. √√
x Klante assosieer die beeld van die besigheid met die gehalte van die produk. √√
x ʼn Goeie beeld verhoog verkope en winste, /besigheidsgroei en potensiële
beleggers wat belangstel. √√
x Om die publiek se opinie te beïnvloed deur gehalte goedere en dienste te
lewer. √√
x Verkry welwillendheid √ en ondersteuning van die gemeenskap. √√
x Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid van
gehalte in die bevordering van die beeld van die besigheid.
Maks. (6)
6.6 Gevolgtrekking
x Sake-ondernemings moet daarna streef om gehalte goedere en dienste te
lewer. √√
x Hierdie doelwit sal bereik word as elke besigheidsfunksie op gehalte fokus. √√
x Enige ander relevante gevolgtrekking wat met gehalte verband hou.
Maks. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding
Onderskei tussen gehalteprestasie en
gehaltebestuur 2
Bespreek gehalte in verband met die
volgende besigheidsfunksies: 4
Gehalte in Finansiële funksie 6
Gehalte in Administratiewe funksie 6
Gehalte in Algemene bestuur 6
Gehalte in Menslike hulpbronne 6 Maks.32
Brei uit oor die verband tussen bestuur en
die sukses van die besigheid (10)
Belangrikheid van gehalte in die
bevordering van die beeld van die
besigheid. 6
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
8
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2
Oorspronklikheid/voorbeelde 2
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)
Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
Business Studies Grade 10 June Exam 2019 MEMO hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper
