NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
BESIGHEIDSTUDIES V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 278.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord SLEGS EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A Objektiewe tipe vrae
1 30 20 minute
VERPLIGTEND
B DRIE direkte/indirekte 2 40 35 minute
tipe vrae 3 40 35 minute
KEUSE (Beantwoord 4 40 35 minute
enige TWEE.)
C TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 6 40 30 minute
SLEGS EEN.)
TOTAAL 150 120 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 –
nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.
1.1.1 ʼn Besigheid het volle beheer oor …
A visie.
B klante.
C inflasie.
D tegnologie.
1.1.2 Watter EEN van die volgende kan as ʼn openbare sektor besigheid
geklassifiseer word?
A Sishen Ysterertsmyn
B Woolworths
C Dube-Dube SA meubelvervaardiger
D Eskom
1.1.3 … beteken om iets te doen waarvan die uitkoms onseker is.
A Piramideskema
B Dobbelary
C Geldwassery
D Roofkopiëring
1.1.4 Dit is die taak van die … om die beste werkers te werf en te keur.
A Menslike hulpbronfunksie
B Produksiefunksie
C Openbare betrekkinge funksie
D Aankopefunksie
1.1.5 Die ... verseker dat taktiese besluite uitgevoer word.
A laervlakbestuur
B topvlakbestuur
C middelvlakbestuur
D laer- en topvlakbestuur (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Burgerlugvaartowerheid; vaste kapitaal; Nasionale Kredietwet; bedryfskapitaal;
inklusiwiteit; Nasionale Verbruikersbeskermingswet; kapitaal; vaste kapitaal;
wins; diskriminasie; Suid-Afrikaanse Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde
1.2.1 Die ... is ʼn onafhanklike instelling wat deur die bemarkings-
kommunikasie-owerheid betaal word om advertensies in publieke belang,
te reguleer.
1.2.2 … is die geld wat gegenereer word om ʼn besigheid te begin.
1.2.3 Die doel van … is om die ontwikkeling van ʼn kredietmark, wat vir alle
Suid-Afrikaners toeganklik is, te bevorder.
1.2.4 Die gedeelte van die totale kapitaal wat in nie-bedryfsbates soos
voertuie, toerusting en grond en geboue belê word.
1.2.5 Om aan almal gelyke geleenthede te gee. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ʼn die begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Debiteure A Die koste om geld te leen
1.3.2 Verskaffers B Verantwoordelik vir die insameling,
berging en verspreiding van
besigheidsinligting
1.3.3 Rente C Al die geld wat ʼn besigheid aan
krediteure skuld
1.3.4 Lyn-organisatoriese struktuur D ʼn Persoon wat ʼn besigheid geld
skuld
1.3.5 Administrasiefunksie E Die prys wat ons vir buitelandse
geldeenhede betaal
F Verantwoordelik vir die
verspreiding en verkoop van die
besigheid se produkte aan
verbruikers
G Besighede wat goedere en
dienste in ruil vir geld aanbied
H Ondergeskikte werknemers
rapporteer slegs aan een hoof
I Verantwoordelik vir die produksie
van goedere en dienste
J Werknemers rapporteer aan
hulle funksionele bestuurder
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae van die drie vrae in AFDELING B. Die antwoord op
ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE
bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER komponente van die mikro-omgewing. (4)
2.2 Identifiseer die komponente van die markomgewing wat in elkeen van die
volgende stellings hieronder verteenwoordig word:
2.2.1 Mense of ander besighede wat die produkte en dienste van ʼn
besigheid koop om hulle behoeftes te bevredig
2.2.2 Mense of besighede wat ʼn belangrike rol speel om goedere vanwaar
dit geproduseer word, na verbruikers regoor die land te versprei
2.2.3 ʼn Supermark vind uit dat ʼn soortgelyke kruideniersware-winkel in
hulle omgewing oopgemaak het (6)
2.3 Verduidelik die redes waarom die markomgewing ʼn uitdaging vir ʼn besigheid
kan wees. (8)
2.4 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Zipho besit ʼn groot industriële vensterskoonmaakmaatskappy. Hy koop sy
masjiene in die VSA. Hy sal slegs in staat wees om een masjien te koop, omdat
die waarde van die Suid-Afrikaanse geldeenheid baie verminder het.
2.4.1 Identifiseer die ekonomiese faktor van die makro-omgewing wat ʼn
direkte invloed op Zipho se besigheid kan hê. (2)
2.4.2 Beskryf in breë trekke enige TWEE ander komponente van die
makro-omgewing. (8)
2.4.3 Verduidelik die mate van beheer oor die omgewing wat in
VRAAG 2.4.2 genoem word. (2)
2.5 Verduidelik kortliks die verwantskap tussen die mikro- (interne), mark- en
makro-omgewings. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige VIER metodes wat ʼn besigheid kan gebruik om die openbare
betrekkinge funksie te ondersteun. (4)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BALOYI MEUBELWINKEL (BMW)
Baloyi is ʼn besturende direkteur van ʼn baie suksesvolle meubelwinkel met
takke regoor die land. Om ʼn besturende direkteur te wees, is harde werk;
daarom het hy vier hoofde in verskillende departemente aangestel. Die
verskillende departemente is menslike hulpbronne, finansies, aankope en
administrasie.
3.2.1 Haal TWEE vlakke van bestuur wat in die scenario ter sprake is, aan. (2)
3.2.2 Identifiseer die tipe bestuursvlakke aangehaal in VRAAG 3.2.1. (2)
LET WEL: Teken die onderstaande tabel in jou ANTWOORDE-
BOEK om jou antwoord aan te bied.
3.2.1 Aanhaling 3.2.2 Vlakke van bestuur
3.2.3 Bespreek die rol en verantwoordelikheid van die bestuursvlakke in
VRAAG 3.2.2 genoem. (8)
3.3 Beskryf in breë trekke die faktore wat die organisatoriese struktuur beïnvloed. (6)
3.4 Identifiseer die bronne van finansiering wat op elkeen van die volgende
situasies van toepassing is:
3.4.1 Die besigheid reël met die bank om meer geld te onttrek as wat die
besigheid in die bankrekening beskikbaar het
3.4.2 Die lenings moet oor ʼn vaste tydperk wat nie langer as vyf jaar mag
wees nie, terugbetaal word (4)
3.5 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (6)
3.6 Regverdig die instelling van die Nasionale Verbruikersbeskermingswet. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Die eienaars van Tree Fruit Plantasie het besluit om hulle besigheid uit te brei.
deur ʼn suiwelvervaardigingsonderneming, genaamd Xavier Suiwelprodukte,
daarby in te sluit. Hulle gebruik hulle eie voertuie om melk en vrugte te vervoer.
Hulle het ʼn plaaslike tak van Zubatec bank genader om hulle uitbreiding te
finansier. Die eienaars het ook besluit om die versekeringsmaatskappy
Metrocick te vra om hulle werknemers oor versekering in te lig.
Identifiseer die TWEE sakesektore wat in die scenario genoem word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (4)
4.2 Onderskei tussen bestuur en leierskap. (8)
4.3 Regverdig die belangrikheid van die openbare sektor. (8)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.4 Noem die VIER basiese take van algemene bestuur. (4)
4.5 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Besighede besef die belangrikheid van kwaliteitsbestuur om klante se
tevredenheid te handhaaf en om die vervangingskoste van stukkende produkte
te verminder. Klante wil kwaliteitgoedere koop wat vir ʼn lang tydperk sal hou.
4.5.1 Definieer die betekenis van kwaliteit. (4)
4.5.2 Bespreek die voordele van kwaliteitbeheer. (6)
4.6 Verduidelik die aktiwiteite van die aankopefunksie. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (HEDENDAAGSE SOSIO-
EKONOMIESE KWESSIES)
Jy is reeds daarvan bewus dat ʼn besigheidsonderneming nie in isolasie bestaan nie.
Suid-Afrikaanse besighede het met ʼn unieke stel sosio-ekonomiese uitdagings te
doen wat ʼn impak op besigheidsbedrywighede het.
Ondersteun bostaande stelling en skryf ʼn opstel wat die volgende aspekte insluit:
Definieer die betekenis van sosio-ekonomiese kwessie.
Beskryf die volgende sosio-ekonomiese kwessies.
o MIV/Vigs
o Roofkopiëring
o Stakings
o Armoede
Bespreek die impak van elkeen van hierdie kwessies op besighede.
Maak voorstelle oor die belangrikheid van inklusiwiteit in die werkplek. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BESIGHEIDSFUNKSIES)
Vivo Supermark het sekere besigheids- en bestuursfunksies wat deur die
bestuurders van die verskillende departemente in die organisasie uitgevoer word.
Mnr. Zizi, die algemene bestuurder, het die volgende stelling gemaak: ‘Die gehalte
van prestasies binne hierdie besigheidsfunksies kan tot die sukses van die
organisasie bydra’.
Gee Vivo Supermark advies oor die volgende aspekte.
Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.
Bespreek gehalte in verhouding tot die volgende besigheidsfunksies:
o Finansies
o Administrasie
o Algemene bestuur
o Menslike hulpbronne
Brei uit oor die verband tussen bestuur en die sukses van die besigheid.
Regverdig die belangrikheid van gehalte om die beeld van die besigheid te
bevorder. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP JUNE 24

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 1 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 2 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Bus Gr10 March 2022 QP hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper and memo
