NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
BESIGHEIDSTUDIES V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 

/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)








View all





BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans
Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Pages
- 23
- File size
- 531.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 23
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
NOTAS AAN NASIENERS
1. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
2. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
Uit ʼn ander bron kom
Oorspronklik is
ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: AFDELING A:
- Daar is geen alternatiewe antwoorde nie.
- Elke vraag het net een regte antwoord.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In gevalle waar die antwoord onduidelik is
of ʼn mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een
punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
4. Die woord ‘subtotaal’ word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte.
6. In ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
met die vraag verband hou.
7. Verkeerde nommering van vrae of subvrae in AFDELING A en B sal streng
gepenaliseer word. Daarom word korrekte nommering in alle afdelings
sterk aanbeveel.
8. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met ʼn ‘H’ of ‘R’.
9. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van
elke vraag verskyn. Dit moet deur ‘maks' in die nasienriglyne/uiteensetting van
punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn
langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
10. AFDELING B
10.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, merk slegs die kandidaat se
EERSTE VYF antwoorde en ignorer die res van die antwoorde. Dui dit
aan deur ʼn streep te trek oor die ongemerkte deel en skryf die woord
‘Kanselleer’.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite
gespesifiseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
10.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 10.1 geld steeds.
10.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie
voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit ten einde die alternatiewe
antwoorde te finaliseer.
10.4 GEBRUIK VAN KOGNITIEWE WERKWOORDE EN TOEKENNING
VAN PUNTE:
10.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer is wat vereis dat kandidate
moet ‘verduidelik/bespreek/beskryf’, sal dit soos volg nagesien
word:
Opskrif/Feit 2 punte
Verduideliking 1 punt (of soos aangedui in die
memorandum).
Die ‘opskrif’ en ‘verduideliking’ word apart gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.
10.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.
10.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing
op AFDELING B EN C (waar van toepassing).
11. AFDELING C
11.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe-vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum: 32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
11.2 Insig bestaan uit die volgende komponente
Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, inhoud, paragrawe en
gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip
van wat gevra word, getoon word? 2
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat
op die vrae gebaseer is?
Punte behoort toegeken te word volgens die
onderstaande gids:
Geen relevante feite: 0 (Twee ‘-S’)
ʼn Paar relevante feite: 1 (Een ‘-S’)
Slegs relevante feite: 2 (Geen ‘-S’)
L.W.: 1. Indien daar geen ‘-S’ is, ken die maksimum
van TWEE (2) punte toe. 2
2. Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die
vraag met relevante feite beantwoord het,
verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn. In so ʼn
geval word ʼn maksimum van EEN (1) punt
toegeken.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde, aktuele inligting, huidige
neigings en ontwikkelings? 2
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32) 40
LET WEL:
1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit
die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verloor die punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie aangedui is nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
4. Met ingang November 2017 sal ʼn kandidaat ʼn maksimum van
EEN (1) punt vir opskrifte/subopskrifte en EEN (1) punt vir
vertolking (16 of meer uit 32 punte) toegeken word. Dit geld
spesifiek vir die ontleding en vertolking-deel van insig.
11.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. ('S, A, -S
en/of O').
11.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
antwoord/ nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
11.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
onder-afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum
punte behaal is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
11.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
punte vir insig soos volg aan:
S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid
soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
L 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
11.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui
duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
11.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
11.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
11.10 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
11.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die memo as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld
nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C √√
1.1.2 A √√
1.1.3 D √√
1.1.4 C √√
1.1.5 C √√ (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 Prospektus √√
1.2.2 Drievoudige eindresultaat √√
1.2.3 Versekering √√
1.2.4 Probleemoplossing √√
1.2.5 Selfvertroue √√ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 F √√
1.3.2 J √√
1.3.3 A √√
1.3.4 I √√
1.3.5 H √√ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE TWEE antwoorde in hierdie afdeling na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Besigheidsligging
2.1.1 Faktore wat ligging beïnvloed
- Grondstowwe √
- Infrastruktuur √
- Mense wat werk soek √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE na Maks. (2)
2.1.2 Belangrikheid van besigheidsligging
- Die besigheid moet vir beide klante en verskaffer toeganklik
wees. √√
- Dit beïnvloed/bepaal die winsgewendheid van die besigheid. √√
Enige ander relevante antwoord wat met die belangrikheid van
besigheidsligging verband hou. (2 x 2) (4)
2.1.3 Impak van grondstowwe
- Hoe nader die grondstowwe aan die besigheid is, √ hoe laer is die
vervoerkoste. √
- As daar ʼn tekort aan grondstowwe is, √ kan die produksieproses
onderbreek word en koste kan verhoog. √
- As meer grondstowwe beskikbaar is, √ kan dit goedkoper wees om
dit te koop. √ Maks: (4)
Impak van infrastruktuur
- As water en elektrisiteit beskikbaar is, √ sal dit nie
besigheidsbedrywighede beperk nie. √
- ʼn Besigheid sal geld kan spaar √ deur nie waterpype en duur
kragopwekkers te koop nie. √
- Om waterpype en kragopwekkers te koop is duur en sal lei tot ‘n
verhoging in koste, √ en sal aanleiding gee tot die verhoging in die
verkoopprys van produkte. √
- Wanneer ʼn besigheid nie genoemde kostes hoef te betaal nie, √
kan produkte teen ʼn redelike prys verkoop word. √
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
Impak van arbeidsmarkte
- As ʼn poel van geskoolde en nie-geskoolde arbeid naby is √ spaar
die besigheid deur nie hoef te betaal vir of akkommodasie te huur
nie. √
- As akkommodasie verskaf moet word √ sal die koste styg. √
- Die ontwikkeling van woonbuurtes in die gebied √ sal die
inkomstepotensiaal van die besigheid verhoog. √
Maks. (4)
2.2 Tipes visuele hulpmiddels
2.2.1 Blaaibord √√
2.2.2 Interaktiewe witbord √√
2.2.3 Dataprojektor √√
2.2.4 Oorhoofse projektor √√
2.2.5 Video-konferensie √√ (5 x 2) (10)
2.3 Die komponente van ʼn sakeplan in breë trekke
Dekblad. √
- Bevat die naam van die eienaar, die logo en naam van die besigheid, die
adres en kontakbesonderhede van die besigheid. √ Sub-maks. (2)
Opsomming/Inleiding √
- Verskaf ʼn oorsig van die besigheid en gee investeerders ʼn idee van die
besigheid voordat hulle die hele plan lees. √ Sub-maks. (2)
Beskrywing van die besigheid √
- Beskryf die produk of diens en die unieke eienskap van die besigheid. √
Sub-maks. (2)
SWOT-analise (SSGB-analise) √
- Identifiseer die sterkpunte en swakhede van die besigheid.
- Dit lys ook die geleenthede en bedreigings. √ Sub maks. (2)
Bemarkingsplan. √
- Is ʼn beskrywing van die markontleding ingesluit die teikenmark, klante en
mededingers. √ Sub-maks. (2)
Finansiële plan √
- Dit is ʼn volledige beskrywing van die entrepreneur se finansiële bydrae,
die befondsing, vereistes, geprojekteerde begrotings en
kontantvloeistate. √ Sub-maks. (2)
Bestuursplan √
- Bespreek die rangorde en die rolle van die werknemers. √ Sub-maks. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
Addisionele dokumente √
- Die bylaag wat die addisionele dokument bevat, wat kan insluit:
o ʼn Gebeurlikheidsplan √
o Tydskedule √
o Diagram van die masjinerie of produk of proses √
o Wetlike registrasiedokumente √ Sub-maks. (2)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. Opskrif (1)
Verduideliking (1)
Maks. (4)
2.4 Bespreek omgewingsfaktore met verwysing na die sakeplan, deur
PESTWO te gebruik
Politieke √
- Beteken belasting/plaaslike regering/dorpsregulasies of internasionale
handelswette. √ Sub-maks. (2)
Ekonomiese √
- Beteken rentekoerse/inflasie/vergoedingsvlakke. √ Sub-maks. (2)
Sosiaal √
- Beteken inkomsteverspreiding/houding teenoor die besigheid en
produkte/demografie van die bevolking √ Sub-maks. (2)
Tegnologiese √
- Beteken nuwe tegnologie en die koers waarteen dit verouderd raak. √
Sub-maks. (2)
Regs/Wetgewing √
- Buitelandse handelswette/mededingingswette/arbeidswette. √ Sub-maks. (2)
Omgewings √
- Impak op die omgewing/omgewingswette/elektrisiteitskoste. √ Sub-maks. (2)
Opskrif (1)
Verduideliking (1)
Maks. (8)
2.5 2.5.1 Stappe om voor te berei vir ʼn verbale aanbieding.
- Skryf die doel √ en oogmerke van die aanbieding neer. √
- Oorweeg die gehoor. √ Ken hulle bv. taal √
- Jou aanbieding moet ʼn inleiding, √ inhoud en die gevolgtrekking/slot
hê. √
- Ontwerp die visuele hulpmiddels √ om die inligting reg te kry. √
- Oefen jou aanbieding √ of repeteer en kyk hoe lank dit vat. √
- Oefen voor iemand en vra hulle opinie √ sodat jy die doel en
oogmerke van die aanbieding kan bereik. √
- Gaan kyk na die lokaal √ maak seker die visuele hulpmiddels is
gepas vir die lokaal. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe om
vir ʼn verbale aanbieding voor te berei.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.5.2 Maniere om die ondersteuningsmateriaal vir aanbieding voor te
berei
- Gebruik groot, duidelike letters wat maklik is om van ‘n toepaslike
afstand te lees. √√
- Moet nooit te veel op hulle skryf nie. √√
- Verskaf visuele aanbiedings van statistieke in die vorm van
grafieke of kaarte. √√
- Bevat opsommings van wat jy wil oordra en nie die hele teks
- nie. √√
- Wees kleurvol en gryp die aandag. √√
- - Wees sinvol en toepaslik. √√
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
VRAAG 2 PUNTE
2.1 10
2.2 10
2.3 4
2.4 8
2.5 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 11
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Elemente van professionele gedrag
- Wees betroubaar en kom verpligtinge na √
- Wees stiptelik √
- Toepaslike kleredrag √
- Praat beleefd √
- Doen netjiese werk en aanbieding √
- Handhaaf vaardighede en kennis wat nodig vir die werk is √
- Vra die lynbestuurder vir riglyne wanneer nodig √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die elemente van
professionele gedrag. Maks. (4 x 1) (4)
3.2 Verhoudings en Spanprestasie
3.2.1 Voorbeelde van diversiteit
- Mans en vrou √
- Verskillende etniese groepe √
- Verskillende godsdiens √
- Verskillende kulture √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. Maks. (2 x 1) (2)
3.2.2 Kriteria vir suksesvolle en gesamentlike spanwerk
- Duidelike oogmerke en doelwitte waartoe ingestem is √ – spanlede
moet weet wat hulle wil bereik. √
- Openlikheid en uitdrukking √ – spanlede moet aangemoedig word
om nuwe idees voor te stel. √
- Respek, ondersteuning en vertroue √ – spanlede moet nie bang
wees dat ander vir hulle sal lag of verwerp wanneer hulle hulle
bekommernis uitspreek nie. √
- Toegewyd wees om suksesvol te wees √ – spanlede moet
gemotiveerd wees om die doelwitte van die groep te bereik. √
- Goeie verhoudings tussen spanne √ – die span moet goeie
verhoudings met ander spanne in die organisasie handhaaf. √
- Individuele ontwikkelingsgeleenthede √ – die span moet die
vaardighede van die individuele spanlede ontwikkel en geleenthede
aan spanlede bied om te groei en te leer. √
- Hersien spanprosesse √ spanvordering na √ – spanne moet hulle
eie karaktereienskappe verstaan en ontleed hoe hulle besluite en
konflik hanteer. √
- Goeie besluitneming √ - Wanneer kommunikasie in ʼn span goed is
en almal verstaan die doelwitte, kan ʼn span goeie besluite neem. √
- Kreatiewe probleemoplossing √ – spanlede moet innoverend en
kreatief wees om probleme op te los. √
- Helderheid van spanrolle √ – spanlede moet weet wat hulle rol in die
groep is. √
- Duidelike standaarde √ – Die standaard van die werk wat benodig
word, moet onderhandel en duidelik gestel word. √
- Bereikbare take √ – die span moet seker maak dat die spanlede se
take bereikbaar is. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
- Duidelike spertye en aksieplanne √ – die span moet duidelike
spertye en ʼn aksieplan hê. √
- Toepaslike vergaderplek √ – Spanne moet in toepaslike plekke
vergader met ʼn kalm en stil omgewing. √
- Waarde van elke spanlid √ - Spanlede moet vaardighede,
ondervinding en ander kwaliteite hê wat waarde tot die span kan
toevoeg. √
- Spangees √ - Alle spanlede moet aan spantake deelneem. √
Enige ander relevante antwoord en goeie verduideliking.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. Maks. (4 x 2) (8)
3.2.3 Verduidelik hoe Zandi diversiteit in sy besigheid kan hanteer.
- In Zandi se besigheid word alle werkers gelyk behandel. √√
- Alle werkers word met waardigheid hanteer. √√
- Alle werkers word met respek behandel. √√
- Alle werkers se nuwe idees word ondersteun. √√
- Hou alle werkers geïnteresseerd en gemotiveerd. √√
- Zandi deel die voorspoed van die besigheid met die personeel. √√
- Die werkers is deel van besluitneming. √√
- Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die
hantering van diversiteit.
Maks (4 x 2) (8)
3.3 Probleemoplossingstegnieke
3.3.1 Delphi-tegniek √√
3.3.2 Kragveldontleding √√
3.3.3 Gedwonge kombinasies tegniek √√
Maks. (3 x 2) (6)
3.4 Die probleemoplossingsiklus
Identifiseer die probleem √
- Verstaan wat die probleem is deur soveel inligting as moontlik in te
samel. √ Maks. (2)
Definieer die probleem √
- Sodra jy ʼn diepgaande kennis van die probleem het en die probleem
verstaan moet jy ʼn definisie genereer wat duidelik is. √ Maks. (2)
Formuleer ʼn strategie √
- Dink aan verskeie oplossings vir die probleem, hou beperkings in
gedagte. √ Maks. (2)
Implementeer die strategie √
- Dit is tyd om die strategie in werking te stel. √ Maks. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 13
Ken hulpbronne toe √
- Maak seker dat die nodige toerusting beskikbaar is en kry die regte mense
vir die werk. √ Maks. (2)
Monitor die probleemoplossingsproses √
- Hou die implementering van die strategie noukeurig dop. √ Maks. (2)
Evalueer die probleemoplossingsproses √
- Werk deur die probleemoplossingsiklus totdat die verlangde resultaat verkry
is. √
- Evalueer die hele proses om te sien wat jy reg gedoen het en watter stappe
verbetering benodig. √ Maks. (2)
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die
probleemoplossingsiklus.
Opskrif (1)
Verduideliking (1)
Maks. (12)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2.1 2
3.2.2 8
3.2.3 8
3.3 6
3.4 12
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Kontrakte
4.1.1 Tipes kontrakte
- Huurkontrak √√
- Bruikhuurkontrak √√
- Huurkoopooreenkoms √√ Maks. (6)
4.1.2 Inhoud van die dienskontrak
- Persoonlike besonderhede van die werknemer. √√
- Besonderhede van die besigheid/werkgewer bv. naam/adres
ens. √√
- Posbeskrywing. √√
- Posspesifikasie. √√
- Datum van indiensneming/Begindatum van indiensneming. √√
- Plek waar die werknemer die meeste van sy/haar werksure sal
deurbring. √√
- Werksure, bv. normale ure/oortyd. √√
- Vergoeding, bv. weeklikse of maandelikse betaling. √√
- Voordele/Byvoordele. √√
- Verlof, bv. siek/kraam/jaarlikse/aannemingsverlof. √√
- Werknemer se aftrekkings (verpligtend en nie-verpligtend). √√
- Tydsduur van kontrak/Besonderhede van diens-beëindiging. √√
- Proeftydperk. √√
- Lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak, bv.
aanstellingsbrief/gedragskode/etiese kode. √√
- Dissiplinêre beleid bv. reëls en dissiplinêre beleid ten opsigte
van onaanvaarbare gedrag. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
aspekte van ʼn dienskontrak.
LET WEL: Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe vir
voorbeelde wat dieselfde feit beskryf.
Maks. (8)
4.2.1 Metodes om data in te samel
- Onderhoud √
- Opnames √
- Groepnavorsing √
- Waarneming √
- Eksperimentering √
LET WEL: Sien slegs TWEE (2) metodes na. Maks. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 15
4.2.2 SSGB-(SWOT-) ontleding
STERKPUNT SWAKHEDE
- PVS het drie opgeleide - PVS het nie genoeg
werknemers. √ kapitaal √ om nuwe
- PVS verkoop vleis, melk, kaas moderne masjinerie aan te
en jogurt. √ koop nie. √
Sub-maks. 2 Sub-maks. 2
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
- Dieselfde besigheid in die - Geleë in ʼn misdaad
industrie/Mededinger √ is baie gebied. √
naby om bankrot te gaan a.g.v - Mededingers √
ʼn oneffektiewe
bemarkingstrategie √
Sub-maks. 2 Sub-maks. 2
Maks. (8)
BESIGHEIDSROLLE
4.3 Voordele van tydsbestuur
- In staat om by spertye te hou √
- Vermors minder tyd, met die gevolg dat jy meer vrye tyd het √
- Stresvlakke verminder √
- Stel jou in staat om meer tyd met familie en vriende te spandeer √
- Verskaf fokus op die taak. √
- Verminder uitstel √
- Verkry selfvertroue √
- 'n Weg na die doelwit √
- Gee aanvoeling vir prestasie (‘instinct for achievement’)√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
tydsbestuur. Maks. (4 x 1) (4)
4.4 Belangrikheid om doelwitte te stel
- Doelstelling stel jou in staat om jou tyd en hulpbronne te organiseer √
sodat jy die meeste uit jou lewe kan maak. √
- Doelwitstelling gee langtermynvisie √ en korttermynmotivering √
- Wanneer jy doelwitte stel, neem jy beheer oor jou lewe. √ – jy het rigting
van waar jy wil gaan. √
- Jou doelwitte beweeg jou √ om meer aksie te neem. √
- Wanneer jy doelwitte stel dink jy vooruit √ waarna jy ʼn aksieplan kan
maak, √ en selfs as dinge nie volgens plan beplan nie, kan jy dit
hersien. √
- Doelwitte gee jou fokus, √ gee jou tyd oor hoe presies jy jou tyd en
energie spandeer. √
- Dit skep aanspreeklikheid, √ – jy is aanspreeklik teenoor jouself, nie aan
enigiemand anders nie. √
- Wanneer jy doelwitte stel, verbind jy jou met jou innerlike begeertes √
hulle motiveer u en gee iets om te streef √
- Doelwitte help jou om jou hoogste potensiaal te bereik, √ omdat jy
teikens stel om na te streef. √
- Hulle maak dat jy die beste √ tipe lewe leef. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
- Doelwitte help jou om die beste te word wat jy kan wees. √
- Hulle laat jou strek bo die normale self √, om hoogtes te bereik. √
Enige relevante antwoord wat verband hou met die stappe in die stel van
doelwitte
Maks. (4)
4.5 Maniere om aan jou sterkpunte en swakhede te werk.
- Ontwikkel vaardighede tot die maksimum. √√
- ʼn Talent in ʼn spesifieke area moet nie geïgnoreer word nie, spandeer
tyd en ontwikkel dit meer. √√
- Ontleed swakpunte:
o Dit wat jy kan verander – fokus daarop om dit te verander. √√
o Dit wat jy nie kan verander nie – spandeer tyd daaraan en bestuur
dit. √√
Enige ander antwoord wat verband hou met die manier om sterkpunte
en swakhede te verbeter.
Maks, (8)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1.1 6
4.1.2 8
4.2.1 2
4.2.2 8
4.3 4
4.4 4
4.5 8
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 17
AFDELING C
Sien slegs EEN antwoord in hierdie afdeling na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
5.1 Inleiding
- Daar is baie verskillende tipe besighede wat produkte verkoop of dienste
aan die publiek lewer. √
- Om ʼn ondernemingsvorm te kies hang af van ʼn aantal faktore soos
kapitaal/kapasiteit/belasting/verdeling van wins/bestuur/wetgewing. √
- Sommige ondernemingsvorme is meer geskik vir kleiner besighede terwyl
ander meer geskik vir groter besighede is. √
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met maatskappe met
onbeperkte aanspreeklikheid.
Maks. (2)
5.2 Beskrywing van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
- ʼn Persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy is ʼn vrywillige vereniging √ van
een (1) of meer persone. √
- Word regeer deur die Maatskappyewet (Wet 71 van 2008) √ en word gestig
ooreenkomstig die Akte van oprigting/Memorandum van Inkorporasie. √
- Die direkteure is gesamentlik en afsonderlik √ saam met die maatskappy
aanspreeklik vir al die skuld en laste van die maatskappy. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die beskrywing van ʼn
persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
Maks. (6)
5.3 Kenmerke van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
- Een (1) of meer persone (ingesluit regspersone) √ kan ʼn persoonlike-
aanspreeklikheidsmaatskappy stig. √
- Die raad van die persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy moet uit ten
minste een direkteur bestaan. √ (1 of meer direkteure). √
- ʼn Persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy moet aan minder
bekendmaking- √ en deursigtigheidsvereistes voldoen. √
- Die direkteure is gesamentlik en afsonderlik √ saam met die maatskappy
aanspreeklik vir al die skuld en laste van die maatskappy. √
- Sekere professionele persone, soos prokureurs en rekenmeesters, wat
volgens wet nie beperkte aanspreeklikheid kan hê nie, √ stig gewoonlik die
tipe maatskappy om hulle sake te reguleer. √
- Die maatskappy het die voordeel van voortbestaan √ en deurlopende
opvolging. √
- Die maatskappy word geïdentifiseer met die woorde ‘Geïnkorporeer’ √ of
‘Geïnk.’ √
- Die maatskapppy word volgens die MOI (AVO) verbied om aandele aan die
publiek aan te bied √ en die oordraagbaarheid van die aandele is beperk. √
- ʼn Persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy moet jaarlikse finansiële state
opstel √ maar word nie verplig om die state by die Kommissie in te dien
nie. √
- Jaarlikse finansiële state hoef nie geouditeer √ of onafhanklik nagegaan te
word nie tensy dit deur regulering voorgeskryf word. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
- Aandeelhouers van die maatskappy het die reg om aandele eerste te
koop √ wanneer nuwe aandele uitgereik word tensy die MOI anders
voorskryf. √
- Die maatskappy het ʼn aparte regspersoonlikheid √ aandeelhouers het
beperkte aanspreeklikheid. √
- Die maatskappy moet 10 besigheidsdae kennis gee √ vir vergaderings van
aandeelhouers. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die kenmerke van ʼn
persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
Maks (14)
5.4 Voordele en nadele van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy
Voordele
- Die raad van die persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy moet uit ten
minste een direkteur bestaan √ (1 of meer direkteure) of enige ander
minimum soos gestipuleer in die MOI/AVO. √
- Die lewenduur √ van die maatskappy is deurlopend. √
- Die maatskappy het ʼn afsonderlike regspersoonlikheid √ hulle kan eiendom
in die maatskappy se naam koop. √
- Die Wet hou die direkteure persoonlik aanspreeklik √ as hulle die
maatskappy op ʼn roekelose of bedrieglike wyse bestuur. √
- Die direkteure van ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy hoef nie √
die Algemene Jaarvergadering (AJV) by te woon nie. √
- Geouditeerde finansiële state is opsioneel √ andersins moet die finansiële
state onafhanklik hersien word tensy vrygestel van hierdie regulasie. √
- ʼn Persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy hoef nie state √ by die
Kommissie in te dien nie. √
- Die maatskappy moet aan minder bekendmaking √ en deursigtigheids
vereistes voldoen. √
- Aandeelhouers van die maatskappy het die reg om aandele eerste te
koop √ wanneer nuwe aandele uitgereik word tensy die MOI anders
voorskryf. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ‘n
persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
EN/OF
Nadele
- Die huidige direkteure en voormalige direkteure is gesamentlik en
afsonderlik saam met die maatskappy aanspreeklik, √ vir die skuld en laste
van die maatskappy wat gedurende hulle tydperk as direkteure aangegaan
is. √
- Onderworpe aan baie regsvereistes √ wat dit moeilik en duur maak om die
maatskappy te stig in vergelyking met ʼn beslote korporasie en
eenmansaak. √
- Die maatskappy word volgens die MOI (AVO) verbied om sy aandele aan
die publiek aan te bied √ en die oordraagbaarheid van die aandele is
beperk. √
- Die winste van die maatskappy is onderworpe aan dubbele belasting √ dit is
op die belasbare inkomste en dividendbelasting betaalbaar op verklaarde
dividende. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 19
- ʼn Vergadering mag nie plaasvind of ʼn saak bespreek word nie √ tensy daar
ten minste drie aandeelhouers teenwoordig is nie. √
- Die vergadering mag nie begin tensy voldoende persone teenwoordig is om
ten minste 25% van die stemreg te verteenwoordig nie √ Die stemreg word
deur die MOI (AVO) bepaal. √
- Die maatskappy word verplig √ om jaarlikse finansiële state op te stel. √
- Die verdeling van wins aan aandeelhouers het die raad se goedkeuring
nodig √ en moet voldoen aan die solvensie en likiditeitstoetse en die
betaling word ook streng beheer. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die nadele van ʼn
persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
Maks. (14)
5.5 Verskille tussen ʼn maatskappy met winsmotief en ʼn maatskappy sonder
winsmotief.
Maatskappy met ʼn winsmotief Maatskappy sonder ‘n winsmotief
- Doel is om ʼn wins te maak √√ - Doel is nie om wins te maak nie √√
- Maak staat op beleggers om - Maak staat op publieke bydraes
geld in die besigheid te belê √√ (donasies) √√
- Daar is ʼn risiko in ruil vir hulle - Geen risiko’s √√
belegging √√
- Dubbele belasting √√ - Vrygestel van belasting √√
Sub-maks. 6 Sub-maks. 6
- Enige ander relevante antwoord wat verband bou met met die verskil tussen
ʼn maatskappy met ʼn winsmotief en ʼn maatskappy sonder ʼn winsmotief.
LET WEL: Verskille hoef nie in tabelformaat te wees nie.
Verskille moet duidelik wees.
GEVOLGTREKKING/SLOT
- Om ʼn persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy te bedryf kan ʼn uitdaging
wees omdat daar baie regsvereistes is. √√
- Hierdie ondernemingsvorm is geskik vir professionele persone, bv.
Prokureurs, want die eienaars het beperkte aanspreeklikheid. √√
Enige ander relevante gevolgtrekking wat met die persoonlike-
aanspreeklikheidsmaatskappy verband hou.
Maks. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 5 MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Betekenis van ʼn persoonlike-
6
aanspreeklikheidsmaatskappy Maks.
Kenmerke van ʼn persoonlike-
14 32
aanspreeklikheidsmaatskappy
Voordele en nadele van ʼn persoonlike-
14
aanspreeklikheidsmaatskappy
Verskil tussen ʼn maatskappy met winsmotief
12
en ʼn maatskappy sonder winsmotief.
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 21
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE
6.1 Inleiding
- 'n Besigheid se primêre doelwit is om winsgewend te wees, maar 'n
besigheid gebruik baie hulpbronne in die soeke na winsgewendheid. √
- Besighede kan die samelewing beloon deur 'n positiewe rol te beplan
deur bydraes te lewer om sosio-ekonomiese probleme te verlig. √
- Besighede het besef dat hulle ook betrokke kan wees by die aanspreek
van die wanbalanse van die verlede. √
- Enige ander relevante inleiding met betrekking tot sosiale
verantwoordelikheid.
Maks. (2)
6.2 Verskil tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en
korporatiewe maatskaplike belegging.
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
- Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid dit is wanneer 'n onderneming
vrywillig stappe doen om die lewensgehalte vir werknemers en hul
gesinne en die plaaslike gemeenskap as ʼngeheel te verbeter. √√
- KMV moedig ondernemings aan om die belang van die samelewing te
oorweeg deur verantwoordelikheid te aanvaar vir die impak van die
besigheid se aktiwiteite op kliënte, werknemers, aandeelhouers,
gemeenskappe en die omgewing. √√
- KMV bevorder besighede om goeie korporatiewe burgers te wees wat nie
net wins vir hul aandeelhouers lewer nie, maar om gemeenskappe te
help waar daar behoefte is. √√
- Besighede kan kies om tyd, geld, energie, kennis en vaardighede te gee
vir gemeenskapsontwikkeling, volhoubare ontwikkeling en ontwikkeling
van belanghebbendes. √√ Sub-maks. (4)
Korporatiewe maatskaplike belegging
- Korporatiewe maatskaplike belegging (KMB) is wanneer besighede KMV
in die praktyk bring deur te verseker dat hul aktiwiteite volhoubaar is en
deur verantwoordelike sakepraktyk te beoefen. √√
- Korporatiewe maatskaplike belegging is die geld wat besighede uit hul
wins aan die gemeenskap spandeer om die lewenstandaard te
verbeter. √√
- KMB-bydraes kan in verskillende vorme gemaak word, bv. geld of tyd. √√
- Die doel van korporatiewe maatskaplike belegging is om tot volhoubare
ekonomiese ontwikkeling by te dra. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die verskille tussen
KMV en KMB.
Sub-maks. (4)
Maks. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2018)
6.3 Voordele van KMB vir beide besighede en gemeenskap
Voordele van KMB vir besighede
- Help om sosio-ekonomiese kwessies soos armoede op te los. √√
- Werf beter en gelukkige werkers wat op sy beurt produktief sal wees en
help om wins te verhoog. √√
- Verbeter die persepsie van die besigheid onder sy personeel. √√
- Verbeter die beeld van die besigheid. √√
- Lok en hou kliënte. √√
- Lok beleggers wat verkies om te belê in besighede wat sosiaal
verantwoordelik is. √√
- Maak gemeenskappe 'n beter plek om te lewe. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
die KMB van die onderneming.
Sub-maks. (6)
Voordele van KMB vir gemeenskappe
- KMB verbeter die lewenstandaard en die lewenskwaliteit van
gemeenskappe. √√
- KMB-projekte skep werksgeleenthede deur werk te skep. √√
- Onderwys en opleiding kan deur KMB-projekte verskaf word. √√
- KMB-projekte dra by tot die voorsiening van onderwys, gesondheidsorg
en maatskaplike ontwikkeling. KMB-projekte help dikwels om
infrastruktuur te verbeter wat deur alle lede van die gemeenskap gebruik
word. √√
- Dit help om sosio-ekonomiese kwessies te verminder. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
KMB vir gemeenskappe.
Sub-maks. (6)
Maks. (12)
6.4 Werkplekprogramme om HIV/Vigs aan te spreek.
- Bestuur moet ʼn assessering doen oor die impak van MIV/Vigs op die
besigheid. √√
- Doen vrywillige toetsing en berading van personeellede. √√
- Verskaf MIV/Vigs opleiding en onderwys, ingesluit werkswinkels deur
eksterne konsultante. √√
- Moedig werkers aan om behandeling vir TB en STS’s te kry. √√
- Versprei kondome en verskaf anti-retrovirale-medisyne (ARV’s). √√
- Berading, welwillenheidsprogramme en ander vorme van maatskaplike
ondersteuning vir geïnfekteerde werkers. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
werkplekprogramme om MIV/Vigs aan te spreek.
Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) BESIGHEIDSTUDIES V2 23
6.5 Hoe om plaaslike gemeenskap te help om werkloosheid aan te spreek.
- Implementeer onderwys, opleiding en vaardigheidsprogramme. √√
- Verskaf beurse aan behoeftige studente. √√
- Belê in infrastruktuurprogramme en neem mense van plaaslike
gemeenskappe in diens. √√
- Die toename in die vraag na plaaslik vervaardigde goedere sal die
werkloosheid verminder. √√
- Oorinmenging deur die staat om bykomende belasting aan buitelandse
beleggers te verminder, kan hulle lok om plaaslike gemeenskappe te
steun en uitvoere te bevorder. √√
- Ondersteun beginner-besighede en kleiner ondernemings met
finansiering deur aandele van hul klein ondernemings te koop. √√
(dit is 'n manier om entrepreneurskap te bevorder)
- Bied entrepreneurskap-werkswinkels aan om mense aan te moedig om
hulle eie besighede te begin. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe ‘n besigheid
plaaslike gemeenskappe kan help om werkloosheid te verminder.
Maks (4)
6.7 Gevolgtrekking/Slot
- Werkgewers mag nie teen werkers wat HIV/Vigs het, diskrimineer nie. √√
- Sake-ondernemings moet beleide en strategieë ontwerp om MIV/Vigs te
hanteer. √√
Maks (2)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 6 MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Onderskei tussen KMV en KMB 8
Voordele van KMB vir beide besighede en die
gemeenskap 12 Maks. 32
Werkplekprogramme vir MIV/Vigs 10
Hoe om plaaslike gemeenskappe met
werkloosheid te help 10
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/voorbeelde 2
TOTAAL PUNTE 40
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
/BUSINESS%20STUDIES%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee/v1-ece430bfea72eace0150/card.webp)
Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20MEMO%20NOV2020_Afrikaans--9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc/v1-84ad1b68caa7600fb898/card.webp)
Memorandum
BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans

Memorandum
Business Studies Grade 10 June Exam 2019 MEMO hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D

Question paper
BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper