NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
BESIGHEIDSTUDIES V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--8fddfa30-4ada-438f-ab7f-b284a5b339e8/v1-ef6348631569e7ff0165/card.webp)




View all





BUSINESS STUDIES P1 QP GR10 NOV 2020 Afrikaans
Business Studies · Grade 10 · National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar Exam (NSC)
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 445.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35
vrae
KEUSE: 3 40 35
Beantwoord enige TWEE. 4 40 35
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40 30
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 ʼn Stelling wat die rede vir die bestaan van die besigheid verduidelik.
A Visie
B Missie
C Doelstelling
D Doelwit
1.1.2 Cool Cat Bpk. vervaardig skoolklere. Die besigheid is in die …
sektor bedrywig.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D publieke
1.1.3. Tshepo moet masjinerie in stand hou om te voorkom dat masjiene
breek. Daarom is hy deel van die …-funksie.
A menslike hulpbronne
B openbare betrekkinge
C aankope
D produksie
1.1.4 Bonny verkoop vervalste matrieksertifikate en bestuurderslisensies
aan desperate mense. Hierdie is ʼn voorbeeld van …
A smokkelary.
B geldwassery.
C vervalsing.
D ʼn piramide-skema.
1.1.5 ʼn Metode wat gebruik word om kwaliteit in landbouprodukte aan te
dui, is ...
A ʼn SABS-teken.
B ʼn handelsmerk.
C ʼn voorbeeld (ʼn monster).
D gradering. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woorde uit die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
kontant; makro; finansiële; mark; uitsluiting; bemarking; interne;
staking; eksterne, krediet
1.2.1 ASA reguleer advertensies in Suid-Afrika en is deel van die …-
omgewing.
1.2.2 Om klante se behoeftes te identifiseer is die verantwoordelikheid
van die …-funksie.
1.2.3 ʼn … is aksie wat deur ʼn werkgewer geneem word om skade tydens
industriële aksie te verhoed.
1.2.4 ʼn Voordeel van …-aankope is dat die koper vir afslag kan
kwalifiseer.
1.2.5 Om ʼn goeie publieke beeld te skep en om te gee vir werknemers in
ʼn besigheid, is ʼn voorbeeld van … openbare betrekkinge. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
1.3. Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Organisatoriese kultuur A word gebruik om besluite te neem
1.3.2 Termynlening B organisasies wat die reëls vir
bedrywighede in daardie industrie
bepaal
1.3.3 Data C diversiteit in die besigheid
1.3.4 Tussengangers D onverwerkte feite in tabelformaat
1.3.5 Begrotings E geld wat by ʼn bank geleen word
F die persoonlikheid van die besigheid
G beraamde uitgawes en inkomste vir ʼn
bepaalde tydperk
H verskaffers wat besighede toelaat om
goedere en dienste te koop en later te
betaal
I oorbrug die gaping tussen die
vervaardiger en die verbruiker
J word gebruik om finansiële state en
verslae op te stel
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeliing.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Definieer die betekenis van die mikro-omgewing. (4)
2.2 Beskryf die belangrikheid van ʼn besigheid se organisatoriese struktuur. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
TASKER SE VARSVISMARK
Tasker se Varsvismark verkoop vars vis. Hulle het vyf voltydse werkers in diens.
Hulle gebruik yskaste wat spesiaal vir hulle gemaak is om hulle produkte vars te
hou. Hulle het geld van MoneyWise geleen om die besigheid uit te brei.
Identifiseer TWEE organisatoriese hulpbronne in die scenario en motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6)
2.4 Bespreek verskaffers as ʼn komponent van die markomgewing. (6)
2.5 Verduidelik TWEE redes waarom NRO’s en GGO’s deel van die markomgewing
vorm. (6)
2.6 Stel TWEE pogings voor om ʼn inklusiewe werksmag te verseker. (4)
2.7 Bespreek die impak van misdaad op die besigheid. (6)
2.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GOLDIE HONDESALON
Goldie Hondesalon is ʼn salon vir honde. Die bestuur het besluit om hulle dienste
uit te brei om ook ander troeteldiere in te sluit. Die verhoging in die rentekoerse
het kontantvloeiprobleme in die besigheid veroorsaak. ʼn Nuwe mededinger het
ʼn salon in die area oopgemaak.
2.8.1 Haal TWEE bedreigings uit die scenario aan. (2)
2.8.2 Beveel EEN strategie vir elkeen van die bedreigings aan om die
uitdaging te hanteer. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1. Noem TWEE tipes organisatoriese strukture. (2)
3.2 Beskryf in breë terme die verbruiker se regte volgens die Nasionale
Kredietwet. (6)
3.3. Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HAPPY PENCIL
Happy Pencil is ʼn skryfbehoeftewinkel in Oos-Londen. Die besigheid het
verskeie werknemers wat in verskillende departemente werk. Anton hou die
besigheid se Facebook-blad op datum.
3.3.1 Identifiseer die besigheidsfunksie waarvoor Anton verantwoordelik
is. (2)
3.3.2 Beskryf TWEE ander metodes wat Anton kan gebruik om sy
verantwoordelikhede, in die besigheidsfunksie geïdentifiseer in
VRAAG 3.3.1, uit te voer. (6)
3.4 Bespreek die interverwantskap tussen die besigheidsfunksies. (6)
3.5 Beskryf TWEE redes waarom ʼn besigheid finansiering mag benodig. (4)
3.6 Verduidelik die verskil tussen vaste- en bedryfskapitaal. (4)
3.7 Evalueer die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming op besighede. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Identifiseer die komponent van die makro-omgewing in ELK van die stellings
hieronder.
4.1.1 Paper en Kie. ondervind ʼn afname in verkope omdat die
inkomstevlakke van klante laag is. (2)
4.1.2 Die jaarlikse inflasiekoers in Suid-Afrika het tot 4,3% in Augustus
gestyg. (2)
4.1.3 Fizzy Karwassery sukkel om in die droogte te oorleef. (2)
4.2 Verduidelik kortliks hoekom die makro-omgewing ʼn uitdaging vir ʼn
besigheid kan wees. (4)
4.3 Evalueer die negatiewe impak van MIV/Vigs op ʼn besigheid. (4)
4.4 Verduidelik die verwantskap tussen die mikro-, mark- en makro-
omgewings. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem TWEE remedies van die Nasionale Kredietwet. (2)
4.6 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)
4.7 Maak voorstelle vir gehalte-aanwysers vir die finansiële funksie. (4)
4.8 Verduidelik die implikasies van die Wet op Verbruikersbeskerming op die
bemarkingsfunksie. (4)
4.9 Bespreek die belangrikheid van voorraadbeheer. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn nuwe bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS
Die informele sektor is veelsydig en dinamies en sluit ʼn verskeidenheid ekonomiese
aktiwiteite in. Kriminele aktiwiteite, bv. rowery, onwettige dobbelary is ook deel van
hierdie sektor.
[Bron: https://www.polity.org.za]
Skryf ʼn gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte:
• Beskryf in breë trekke die belangrikheid van die informele sektor
• Tabuleer die verskille tussen die formele en informele sektor
• Bespreek die impak van roofkopiëring op die besigheid
• Beveel TWEE oplossings aan vir roofkopiëring [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
Die belangrikheid van bestuur kan nooit onderskat of geïgnoreer word nie want dit
is ʼn bewese feit dat die sukses van ʼn maatskappy afhang van hoe goed dit bestuur
word.
[Bron: https://www.feedough.com]
Hou bostaande stelling in gedagte en skryf ʼn verslag oor die volgende aspekte:
• Beskryf in breë trekke VIER bestuurstake
• Beskryf die verantwoordelikhede van die DRIE vlakke van bestuur
• Verduidelik die belangrikheid van gehalte vir die besigheid
• Gee advies aan besighede oor die korrelasie tussen die sukses van die
besigheid en bestuur [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 QP JUNE 24

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 1 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Gr 10 Business Studies Controlled Test 2 2023 Question Paper hlayiso.com

Question paper
Bus Gr10 March 2022 QP hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
/BUS%20STUDIES%20P2%20GR10%20QP%20NOV2020_Afrikaans--8fddfa30-4ada-438f-ab7f-b284a5b339e8/v1-ef6348631569e7ff0165/card.webp)
Question paper
BUS STUDIES P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 10 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Besigheidstudie studyguide LR hlayiso.com

Study guide
Gr10 Business Studies studyguide LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper and memo