You're offline
Skip to content
Question paper

BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D

Subject: Business StudiesGrade 10201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2019 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *XBUSTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35 vrae 3 40 35 KEUSE: Beantwoord enige 4 40 35 TWEE. C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige 6 40 30 EEN. TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die …-omgewing is die interne omgewing van die besigheid. A mikro B mark C makro D werkspasie 1.1.2 Die geld wat benodig word om voertuie en toerusting vir die besigheid te koop word … genoem. A lopende kapitaal B bedryfskapitaal C vaste kapitaal D korttermynkapitaal 1.1.3. Courtney is deel van die …-funksie en daarom moet sy op die beste manier besluit om die produkte van die besigheid te adverteer. A menslike hulpbronne B openbare betrekkinge C aankope D bemarkings 1.1.4 Sammy verkoop dwelms en belê die winste van sy onwettige aktiwiteite in ʼn konstruksiebesigheid om die onwettige aktiwiteite te verdoesel. Dit word … genoem. A smokkelary B geldwassery C ʼn piramideskema D vervalsing 1.1.5 Om werknemers regverdige salarisse te betaal, is ʼn gehalte- aanwyser van … A die finansiële department. B algemene bestuur. C die administrasie-departement. D die menslike hulpbronne departement. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) 1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. privaat; sloerstaking; data; uitsluiting; kontant-; tender; publieke; faktuur; krediet-; inligting 1.2.1 ʼn … betaling is wanneer jy voorraad koop en op ʼn latere datum daarvoor betaal. 1.2.2 Die bestuursverslag wat op die Jaarlikse Algemene Vergadering aan aandeelhouers voorgelê word is ʼn voorbeeld van … 1.2.3 Die aankopebestuurder kan die beste prys vir ʼn produk kry deur verskaffers vir ʼn … te vra. 1.2.4 Eskom is deel van die … sektor, want dit word deur die staat beheer. 1.2.5 ʼn Industriële aksie wat deur werkgewers geneem word om skade te voorkom word … genoem. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3. Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Tegnologiese hulpbron A Omgee-Mandy is nie ʼn formele geregistreerde dagsorgfasiliteit nie 1.3.2 Bedreiging B werknemers het nie die nodige vaardighede nie 1.3.3 Informele sektor C om ʼn goeie verhouding met jou werknemers te hê 1.3.4 Interne openbare D Jumping Jack is ʼn geregistreerde betrekkinge speelskool vir kinders 1.3.5 Visie E ʼn verskaffer wat bankrot speel F om ʼn goeie verhouding met jou verskaffers te hê G ʼn nuwe rekenaar vir die algemene bestuurder H om die grootste en mees gesogte koffiewinkel in King William’s Town te wees I intellektuele eiendom en sagteware- lisensies J om twee nuwe items teen die einde van die maand op jou spyskaart by te voeg (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ens. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem DRIE komponente van die markomgewing. (3) 2.2 Verduidelik die doel van die organisatoriese kultuur. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BANZO VERVOERDIENSTE (BVD) Banzo Vervoerdienste (BVD) is in Oos-Londen geleë. Hulle vervoer groot en klein pakkies na verskeie plekke in die Oos-Kaap. BVD het hulself bewys as ʼn maatskappy wat altyd bereid is om die ekstra myl te gaan. 2.3. Noem die besigheidsektor waarin BVD bedrywig is. Motiveer jou 1 antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.3. Verduidelik die ander TWEE besigheidsektore en gee EEN voorbeeld 2 van elke sektor. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om dié vraag te beantwoord. SEKTORE VERDUIDELIKING VOORBEELD (a) (b) (2) (2) (2) (6) 2.4 Onderskei tussen leierskap en bestuur. (4) 2.5 Bespreek die impak van misdaad op die besigheid. (6) 2.6 Verduidelik die negatiewe impak van MIV/Vigs op die besigheid. (6) 2.7 Gee besighede raad oor hoe om inklusiwiteit in die werksplek te bevorder. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1. Noem DRIE faktore wat die organisasiestruktuur van die besigheid sal beïnvloed. (3) 3.2 Identifiseer die besigheidsfunksie in ELKE stelling hieronder. 3.2.1 Hulle hou toesig oor die aktiwiteite van die ander funksies sodat die besigheid se doelwitte bereik kan word. 3.2.2 Hulle is verantwoordelik daarvoor om ʼn positiewe openbare beeld vir die besigheid te skep en te handhaaf. 3.2.3 Die proses om grondstowwe in voltooide goedere te omskep. (3 x 2) (6) 3.3. Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JL BPK. Sharon werk vir JL Bpk., ʼn leier in die kleremark. Sy is van toesighouer tot administratiewe bestuurder bevorder. Sy is nou in beheer van 30 mense in haar departement. 3.3.1 Identifiseer Sharon se nuwe bestuursvlak. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.3.2 Verduidelik haar verantwoordelikhede op die bestuursvlak in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer. (6) 3.4 Beskryf TWEE metodes om openbare betrekkinge uit te voer. (6) 3.5 Bespreek die belangrikheid van gehalte vir die besigheid. (4) 3.6 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4) 3.7 Evalueer die impak van die Nasionale Wet op Verbruikersbeskerming op besighede. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Gee die betekenis van armoede. (2) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JIMMY SE CD’S (JCD) Jimmy laai musiek en flieks waarop kopiereg is, van die internet af. Hy verkoop dan hierdie CD’s teen ʼn afslagprys in Queenstown. Die CD’s lyk soos wettige kopieë, maar is nie. 4.2.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessie in bostaande scenario. (2) 4.2.2 Bespreek TWEE oplossings vir die kwessie geïdentifiseer in (8) VRAAG 4.2.1. 4.3 Onderskei tussen die private en publieke sektore. (8) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.4 Noem die VIER hooftake van bestuur. (4) 4.5 Beskryf EEN tipe organisatoriese struktuur. (4) 4.6 Identifiseer die bron van finansiering in ELKE stelling hieronder. 4.6.1 Good Fellows Bank laat Funky Fashions toe om ʼn ooreengekome bedrag, wat meer is as die geld in hulle tjekrekening, te onttrek. 4.6.2 Corner Café betaal Tasco Dienste om ʼn kasregister vir ʼn spesifieke tyd te gebruik. (2 x 2) (4) 4.7 Gee besighede raad oor die verband tussen die sukses van die besigheid en bestuur. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LE WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS Die besigheid word deur baie interne en eksterne faktore beïnvloed. Bestuur moet weet hoe om probleme te identifiseer en moet die kwessies aanspreek. Skryf ʼn gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte: x Brei uit oor die betekenis van die markomgewing x Bespreek VYF komponente van die makro-omgewing x Verduidelik die redes waarom die makro-omgewing ʼn uitdaging vir besighede kan wees x Gee besighede advies oor die interverwantskap tussen die mikro-, mark-, en makro-omgewing [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE Om suksesvol wees moet ʼn besigheid sterk finansiële beheer uitoefen. Verkeerde voorraadvlakke kan tot die besigheid se ondergang lei. Hou bostaande scenario in gedagte en skryf ʼn verslag oor die volgende aspekte: x Beskryf in breë trekke die verantwoordelikhede van die kredietverskaffers volgens die Nasionale Kredietwet x Bespreek die belangrikheid van voorraadbeheer x Verduidelik DRIE redes waarom besighede finansiering mag benodig x Gee besighede advies oor die belangrikheid van gehalte in ʼn gesonde finansiële funksie [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
  
 
  

  



Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Business Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all