PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 11
REKENINGKUNDE V1
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, ʼn formuleblad en
‘n 8 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Accounting Grade 11 P1 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 678.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V1 2 NW/Junie 2024
Graad 11
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ‘n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ‘n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ‘n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ‘n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekeningkunde vergelyking 35 25
2 Staat van Omvattende Inkomste 50 45
3 Notas tot Staat van Finansiële posisie 30 25
4 Finansiële Aanwysers 35 25
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 1: AARP; REKENINGKUNDIGE VERGELYKING (35 punte; 25 minute)
1.1 AARP BEGINSELS
Kies ‘n verduideliking uit KOLOM B om by die AARP-beginsel in KOLOM A te
pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Historiese koste-konsep A Rente op oortrokke bank word as
‘n aparte bedrag in die nota tot die
1.1.2 Omsigtigheid Staat van Omvattende Inkomstes
aangeteken.
1.1.3 Paring
B Die finansiële sake van die
1.1.4 Wesenlikheidsbeginsel eienaars word heeltemal apart
van die besigheid gehou.
1.1.5 Besigheidsentiteits-
beginsel C Die veronderstelling is dat die
onderneming finansieël sterk
genoeg is om in die voorsienbare
toekoms voort te bestaan.
D Inkomste en uitgawes moet in die
regte finansiële tydperk
opgeteken word.
E Finansiële resultate word op ‘n
konserwatiewe manier
gerapporteer.
F Grond en geboue is teen
R20 000 vir die afgelope 50 jaar
in die Staat van finansiële posisie
aangeteken, selfs al is dit nou
R1 miljoen werd. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 NW/Junie 2024
Graad 11
1.2 ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
GEVRA:
Ontleed die onderstaande transaksies soos in die voorbeeld. Dui ‘n
vermeerdering met ‘n + aan, ‘n vermindering met ‘n – en geen effek met ‘n 0.
Aanvaar dat die banksaldo altyd gunstig is.
Voorbeeld: Betaal Lone per EFO, R5 000.
Nr. REKENING DT REKENING KT BEDRAG B E L
Bv. Lone Bank 5 000 - - 0
1.2.1 Waardevermindering op Toerusting van R950 moet afgeskryf word.
1.2.2 Voorsiening vir oninbare skuld moet verhoog met R300.
1.2.3 Die onderneming koop ‘n voertuig van R450 000 op krediet aan.
1.2.4 Die telefoonrekening van R500 is nog nie betaal nie.
1.2.5 Piet, een van die vennote dra toerusting van R30 000 by as sy kapitale
bydrae.
1.2.6 Koop handelsvoorraad vir R600 kontant aan. (30)
35
VRAAG 2: BEGRIPPE; FINANSIËLESTATE (50 punte; 45 minute)
2.1 Kies die korrekte woord/term uit die lys verskaf wat by ELKE beskrywings
hieronder pas. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer. (5)
Staat van Omvattende Inkomstes(Inkomstestaat); Risiko; Likiditeit;
Staat van Finansiële Posisie(Balansstaat); Netto bedryfskapitaal
2.1.1 Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste.
2.1.2 Weerspieël die finansiële posisie van die besigheid vir ‘n spesifieke
tydperk.
2.1.3 Die vennootskap maak gebruik van eksterne lenings om hul
bedrywighede te finansier.
2.1.4 Weerspieël wins of verlies vir ‘n finansiële tydperk.
2.1.5 Die vermoë van die vennootskap om korttermynskuld te betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 NW/Junie 2024
Graad 11
2.2 Die inligting hou verband met KG Winkels, met vennote Kelly en Gunter.
GEVRA:
2.2.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig,
29 Februarie 2024 op. (40)
2.2.2 Stel die Nota vir Handels- en ander ontvangbares op. (5)
INLIGTING:
Uittreksel van die Voor-aansuiweringsproefbalans op 29 Februarie 2024:
Balansstaatrekeninge-afdeling
Grond en Geboue 2 000 000
Voertuie ?
Toerusting 520 000
Opgehoopte waardevermindering op Toerusting (01/03/2023) 65 000
Handelsvoorraad 350 000
Debiteurekontrole 90 000
Voorsiening vir oninbare skuld 4 375
Spaarrekening: Nerd Bank 15 000
Vaste Deposito: Nerd Bank 40 000
Verbandlening: HSBC Bank 1 200 000
Nominale rekeninge-afdeling
Verkope 1 480 000
Koste van verkope 912 250
Debiteure-afslag 20 000
Oninbare skuld 5 000
Huurinkomste 94 900
Rente op lening ?
Versekering 25 000
Salarisse en lone 650 000
Oninbare skuld ingevorder 3 200
Verbruiksgoedere 65 000
Bankkoste 1 800
Diverse uitgawes 32 300
Kommisie inkomste 800 000
Rente op vaste deposito 4 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 NW/Junie 2024
Graad 11
Aansuiwerings en addisionele inligting:
A. Maak as volg voorsiening vir waardevermindering:
Op voertuie – R51 250 vir die jaar.
Op toerusting teen 10% p.j. op die verminderde-saldometode.
LET WEL: Nuwe toerusting is op 1 September 2023 vir R35 000
aangekoop en geboekstaaf.
B. Goedere is op krediet aan ‘n debiteur, J Brooks, vir R6 000 verkoop en is
nie geboekstaaf nie. Die winsopslag is 50% op kosprys.
C. ‘n Fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2023 toon dat R285 000 se
handelsvoorraad voorhande is.
D. Verbruiksgoedere deur die jaar gebruik, beloop R63 000.
E. Ontvang twee maande se huur vooruit vanaf die huurder. Let wel, die
huur het met 10% per maand verhoog vanaf 1 November 2023.
F. ‘n Debiteur, N Swart, wat R600 skuld, moet as oninbaar afgeskryf word.
‘n Ander debiteur, R de Vries, moet met R100 rente, op sy agterstallige
rekening belas word. Hierna moet voorsiening vir oninbare skulde tot 5%
van die boekskulde aangesuiwer word.
G. Inskrywings volgens die bankstaat van Februarie 2024 moet nog in die
boeke van die besigheid aangeteken word:
Bankkostes, R400
Debietorder vir die maandelikse versekeringspremie, R1 500
H. Die volgende inligting verskyn op die leningstaat:
Saldo op 1 Maart 2023 1 300 000
Rente is gekapitaliseer ?
Terugbetalings deur die finansiële jaar 500 000
Saldo op 29 Februarie 2024 1 200 000
I. ‘n Bedrag van R500 is al vir skryfbehoeftes (Diverse uitgawes) betaal,
maar dit is nog nie by KG Winkels afgelaai nie.
J. Die spaarrekeningstaat toon dat die saldo op 29 Februarie R16 500 is.
Die verskil is die rente vir die jaar.
K. Rente op die vaste deposito teen 12% per jaar is nog vir twee maande
verskuldig. Rente is nie gekapitaliseer nie.
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 3: VENNOOTSKAPPE NOTAS (30 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Bravil Handelaars vir die jaar geëindig op
29 Februarie 2024. Die onderneming word deur vennote B Brand en S Viljoen
besit.
GEVRA:
3.1 Berei die volgende notas tot die finansiële state voor:
3.1.1 Kapitaal (6)
3.1.2 Privaatrekening (22)
3.2 Verduidelik twee nadele van ʼn vennootskap. (2)
Uittreksel uit die Proefbalans op 29 Februarie 2024
Debiet Krediet
Kapitaal: B Brand 200 000
Kapitaal: S Viljoen (1/03/02023) 180 000
Privaatrekening: B Brand (1/03/2023) 4 000
Privaatrekening: S Viljoen (1/03/2024) 3 500
Onttrekkings: B Brand 130 000
Onttrekkings: S Viljoen 140 000
Wins-en-verliesrekening (Netto wins) 400 000
Inligting:
Die vennootskapsooreenkoms stipuleer die volgende:
1. Vennote is geregtig op die volgende maandelikse salarisse:
B Brand R12 000; S Viljoen R8 000
2. ‘n Jaarlikse bonus van R20 000 is aan B Brand toegestaan aangesien hy
gedurende Desember vakansie gewerk het.
3. Vennote is geregtig op rente op kapitaal teen 10% per jaar. Kapitaal
verander gedurende die jaar. Die besonderhede is as volg:
B Brand verhoog sy kapitaal met R20 000 op 31 Augustus 2023, dit is
korrek geboekstaaf.
S Viljoen verminder sy kapitaal met R30 000 op 1 Januarie 2024, dit is
nie geboekstaaf nie.
4. Oorblywende wins/verlies word gelykop verdeel.
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 NW/Junie 2024
Graad 11
VRAAG 4: FINANSIëLE AANWYSERS (35 punte; 25 minute)
SS HANDELAARS
Solly en Sophia is vennote in SS Handelaars, wat sporttoerusting verkoop aan
sokkerklubs. Hulle winsgrens word bereken teen 60% op kosprys.
Debiteure word 30 dae gegee om hul rekeninge te vereffen en die besigheid het 'n
ooreenkoms met hul krediteure om binne 45 dae te betaal.
SS Handelaars gebruik die deurlopende voorraadstelsel.
GEVRA:
Gebruik die inligting wat verskaf is om die volgende vrae te beantwoord.
4.1 Bereken die persentasie winsopslag behaal deur die besigheid in 2024.
(Bereken antwoorde tot die naaste heelgetal) (5)
4.2 Beantwoord die volgende vrae:
4.2.1 Behoort die eienaars gelukkig te wees met die winsgrens wat ontvang
is? Motiveer jou antwoord (2)
4.2.2 Gee EEN moontlike rede waarom hulle nie die winsgrens van 60%
bereik het nie. (2)
4.3 Bereken die volgende vir 2024:
4.3.1 Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn (6)
4.3.2 Lewer kommentaar oor die likiditeit van die vennootskap (2)
4.3.3 Gee raad aan die eienaars hoe om die likiditeitsposisie te kan verbeter (2)
4.4 Bereken die skuld ekwiteitsverhouding in 2024. (Antwoord korrek tot een
desimale plek) (6)
4.5 Lewer kommentaar oor die skuld ekwiteitsverhouding. (2)
4.6 Bereken die % opbrengs deur Solly verdien. (Rond af tot naaste heelgetal) (6)
4.7 Gee ‘n rede waarom Solly tevrede behoort te wees met sy % opbrengs soos
verdien in die vennootskap? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 NW/Junie 2024
Graad 11
INLIGTING
Die inligting is uit die finansiële state van SS Handelaars geneem vir die finansiële
jaar geëindig 29 Februarie 2024:
2024 2023
Verkope (80% op krediet verkoop) 4 800 000
Koste van verkope (90% op krediet) 3 200 000
Voorraad 840 000 800 000
Handelsdebiteure 420 000 500 000
Kontant en kontant ekwivalente 92 000 108 000
Handelskrediteure 320 000 280 000
Nie-bedryfslaste 500 000 1 260 000
Kapitaal: Solly 220 000 240 000
Kapitaal: Sophia 280 000 200 000
Privaatrekening: Solly 189 500 (10 000)
Privaatrekening: Sophia 170 000 20 000
Totale verdienste: Solly 227 500
Totale verdienste: Sophia 174 000
Rente op Vaste Deposito 12%
Rente op Lening 14%
Krediteurebetalingstermyn 38 dae 38 dae
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 NW/Junie 2024
Graad 11
GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS
FORMULEBLAD
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Netto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste per vennoot x 100 Netto wins x 100
Vennoot gemiddelde ekwiteit 1 Gemiddelde eienaarsekwiteit 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste
(Handels en ander ontvangbares + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Kredietaankope 1
Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope
Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad
Nie-Bedryfslaste : Eienaarsekwiteit Totale Bates : Totale Laste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Addendum

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Eng)

Memorandum