Skip to content

Accounting Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202411 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 11 REKENINGKUNDE V2 JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, ’n formuleblad en ’n antwoordeboek van 8 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 2 NW/Junie 2024 Graad 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ’n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ’n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Bankversoening 45 30 2 Krediteureversoening 20 20 3 Vaste bates 50 40 4 Rekeningkundige vergelyking 35 30 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 1: BANKVERSOENING (45 punte; 30 minute) 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Ontleed die Bankversoeningstaat hieronder en kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) neer. (5) INLIGTING: Bankversoeningstaat soos op 31 Mei 2024 Dt saldo volgens bankstaat R15 500 Uitstaande deposito R22 000 Uitstaande EFO’s: 450 R6 500 452 R500 Dt regstelling van fout R4 820 Kt regstelling van fout R840 Saldo volgens die bankrekening R? 1.1.1 Die korrekte saldo volgens die bankrekening hierbo is: A R4 480 (dt) B R4 480 (kt) C R5 160 (dt) D R5 160 (kt) 1.1.2 ’n Moontlike rede vir die inskrywing vir R4 820 is: A Die bankstaat toon ’n bedrag vir ’n ander kliënt. B Die bankstaat toon ’n foutiewe bedrag vir rente verdien. C Die bankstaat se bankkoste was te hoog. D Die debietorder vir versekering het twee keer deurgegaan. 1.1.3 ’n Moontlike rede vir die inskrywing vir R840 is: A Die bankstaat toon ’n bedrag vir ’n ander kliënt. B Die bankstaat toon ’n foutiewe bedrag vir rente verdien. C Die bankstaat se bankkoste was te hoog. D Die debietorder vir versekering het twee keer deurgegaan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 NW/Junie 2024 Graad 11 1.1.4 Watter EEN van die volgende is voorbeelde van bankkoste? A OTM-koste, kontanthanteringsheffing, rente op ’n debietsaldo B Rente op oortrokke rekening, OTM-koste, debietorderkoste C Internetbankfooi, debietorderkoste, OTM-koste D Kontanthanteringsheffing, renteheffing, debietorderkoste 1.1.5 EFO 450 verskyn korrek op die bankversoeningstaat van Mei 2024, maar is verkeerdelik as R5 600 in die Kontantbetalingsjoernaal geboekstaaf. Watter inskrywing moet gemaak word om die fout reg te stel? A R900 in die Kontantbetalingsjoernaal B R900 in die Kontantontvangstejoernaal C R1 000 in die Kontantbetalingsjoernaal D R1 000 in die Kontantontvangstejoernaal 1.2 BANKVERSOENING Die inligting hieronder is uit die boeke van Tadima Handelaars geneem. GEVRA: 1.2.1 Bereken die totale in die kontantjoernale op 31 Mei 2024. (15) 1.2.2 Bereken die korrekte saldo van die bankrekening op 31 Mei 2024. (5) 1.2.3 Stel die bankversoeningstaat op 31 Mei 2024 op. (10) 1.2.4 Die eienaar het probleme met die deponering van kontant opgemerk. Verduidelik DRIE maatreëls wat hy kan gebruik om hierdie probleme op te los. (6) 1.2.5 Die heffing op kredietkaartverkope is 5% van die betrokke bedrag. Bereken die totale kredietkaartverkope vir die maand. (3) 1.2.6 Noem EEN voordeel van die gebruik van elektroniese fondsoorplasings (EFO). (1) INLIGTING: A. Die voorlopige totale in die kontantjoernale, voor die ontvangs van die bankstaat vir Mei 2024: Kontantontvangstejoernaal: R405 600 Kontantbetalingsjoernaal: R384 450 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 NW/Junie 2024 Graad 11 B. Bankversoeningstaat op 30 April 2024 Gunstige saldo volgens die bankstaat R10 650 Uitstaande deposito Dateer 10 April 2024 R9 300 Dateer 25 April 2024 R17 000 Uitstaande EFO: 205 R12 800 206 R3 750 Gunstige saldo volgens die bankrekening R20 400 LET WEL: Met die vergelyking van die Mei 2024 bankstaat, ontvang van TYME Bank, met die Bankversoeningstaat van April 2024, is die volgende opgemerk:  Die uitstaande deposito van R17 000 het nie op die Mei bankstaat verskyn nie. ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat die geld nooit gedeponeer is nie. Die kassier kan nie verduidelik waar die kontant is nie.  EFO nr. 205 is korrek op die Mei bankstaat as R18 200.  Die ander uitstaande bedrae van die vorige maand het op die Mei bankstaat verskyn. C. Die volgende transaksie op die bankstaat van Mei 2024 verskyn nie in die joernale nie:  OTM-fooie, EFO-kostes en kontanthanteringsheffing, R1 380.  Rente op lopende rekening, R350.  Kredietkaartheffing, R2 025.  ’n Direkte deposito van ’n debiteur, T Colby nadat hy 5% korting ontvang het op uitstaande skuld van R3 800.  ’n Direkte deposito van R7 500 deur K Britz, ’n huurder.  ’n Debietorder van R3 700 vir die maandelikse telefoonrekening het twee keer op die Bankstaat verskyn. Die bank sal die fout volgende maand regstel.  ’n Debietkaartbetaling van R1 500 vir brandstof vir die onderneming se voertuig. Die eienaar het nagelaat om die brondokument by die boekhouer in te gee. D. Die volgende inskrywings was na die 25ste Mei 2024 in die kontantjoernale:  Deposito gedateer 28 Mei 2024 R6 500  EFO 268 gedateer 29 Mei 2024 R2 700  EFO 269 gedateer 30 Mei 2024 R4 300  Debietkaart kontantontrekking R12 300 E. Die bankstaatsaldo op 31 Mei 2024 was? 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 2: KREDITEUREVERSOENING (20 punte; 20 minute) 2.1 EVA HANDELAARS Eva Handelaars ontvang die staat van hulle krediteur, Yoki Handelaars, op 25 Maart 2024. ’n Vergelyking toon dat die saldo op die staat nie met dié van die krediteuregrootboekrekening ooreenstem nie. GEVRA: 2.1.1 Gebruik die tabel wat in die Antwoordeboek verskaf is om die veranderinge aan te dui wat in die Krediteurekontrolerekening en die Rekeningstaat gemaak moet word om die foute en weglatings in ag te neem. Dui ‘n vermeerdering met ‘n ‘+’ en ‘n vermindering met ‘n ‘–‘ met elke bedrag aan. (14) 2.1.2 Gee TWEE verduidelikings hoe die voorbereiding van ‘n krediteure- rekonsiliasie as ‘n interne beheermaatreël, die besigheid kan bystaan om hul krediteure meer effektief te bestuur. (4) 2.1.3 Verwys na inligting C nommer 3. Identifiseer die tipe korting wat aan Eva Handelaars op 24 Maart 2024 toegestaan is. (2) INLIGTING: A. Krediteuregrootboek van Eva Handelaars: Yoki Handelaars Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo Mrt 1 Rekening gelewer a/b 86 600 2024 Faktuur 567 KJ 82 000 168 600 6 Debietnota KAJ 4 500 164 100 10 EFO 446 KBJ 52 000 112 100 Korting KBJ 4 160 107 940 20 Faktuur 995 KJ 18 500 126 440 22 EFO 467 KBJ 22 000 104 440 24 Faktuur 584 KJ 40 000 144 440 28 EFO 471 KBJ 23 000 121 440 Korting KBJ 2 300 119 140 30 Faktuur 591 KJ 74 000 193 140 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 NW/Junie 2024 Graad 11 B. Staat ontvang van Yoki Handelaars: YOKI HANDELAARS Arendstraat 145 Debiteur: Eva Handelaars 25 Maart 2024 Duifstraat Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo Feb 26 Saldo 111 600 28 Kwitansie 115 25 000 86 600 Mrt 1 Faktuur 567 82 000 168 600 6 Kredietnota 12 4 500 173 100 10 Kwitansie 121 52 000 121 100 Korting toegestaan 2 600 118 500 18 Faktuur 572 48 000 166 500 22 Kwitansie 135 22 000 144 500 24 Faktuur 584 36 000 180 500 25 Afleweringskoste 5 500 186 000 C. ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat: 1. Yoki Handelaars het slegs 5% korting op die betaling op 10 Maart 2024 toegestaan. 2. Yoki Handelaars het die kredietnota 12 in die verkeerde kolom in hulle rekords ingeskryf. 3. Eva Handelaars het vergeet om die korting wat Yoki Handelaars op faktuur 584 gegee het, af te trek. 4. Faktuur 995 was vir goedere wat Eva Handelaars by Koki Handelaars gekoop het. 5. Faktuur 572 was vir goedere wat deur Yoki Handers aan Vae Handelaars verkoop het. 6. Volgens die kontrak hef Yoki Handelaars ’n afleweringsfooi aan al hulle debiteure. 7. Die staat wat van Yoki Handelaars ontvang is, bevat geen transaksie wat na 25 Maart 2024 aangegaan is nie. Al hierdie transaksies is korrek in die boeke van Eva Handelaars geboekstaaf. 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 3: VASTE BATES (50 punte; 40 minute) 3.1 PAS ITEMS Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by ’n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.6 F. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Omsigtigheid A Metode om waardevermindering op die kosprys af te skryf. 3.1.2 Historiese koste B Bereken bedrae deur opgehoopte 3.1.3 Vaste paaiement waardevermindering van die kosprys af te trek. 3.1.4 Verminderde saldo C Bates moet op ’n realistiese waarde 3.1.5 Boekwaarde bepaal word. D Waardevermindering word op boekwaarde bereken. E Bate geboekstaaf teen sy aankoopprys minus handels-korting, plus enige ander bykomstighede. (5 x 1) (5) 3.2 VASTE BATES Die inligting wat verskaf word, het betrekking op die Nie-bedryfsbates van LM Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2024. GEVRA: 3.2.1 Bereken waardevermindering op toerusting en voertuie. (17) 3.2.2 Voltooi die Bateverkoperekening om die verkope van toerusting aan te teken. (6) 3.2.3 Voltooi die vaste bate nota op 29 Februarie 2024. (14) INLIGTING: A. Vaste bate nota (Nota 3): Toerusting Voertuie Drawaarde (01/03/23) 50 000 ? Kosprys 400 000 300 000 Opgehoopte (350 000) ? waardevermindering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 NW/Junie 2024 Graad 11 B. Toerusting:  LM Handelaars het twee kopieermasjien vir R200 000 elk gekoop. Opgehoopte waardevermindering op hierdie kopieermasjiene op 1 Maart 2023 was R350 000. Die besigheid het hierdie kopieermasjiene vir meer as vyf jaar gehad, en hulle sal na verwagting produktief gebruik word vir nog drie jaar.  LM Handelaars het 'n nuwe afrolmasjien op krediet by Cannon vir R250 000 op 1 Desember 2023 gekoop.  Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15% per jaar op kosprys. C. Voertuie:  Nissan MP 200 is op 1 Maart 2021 vir R300 000 gekoop. Hierdie bakkie is vir R220 000 kontant verkoop op 1 September 2023.  Twee Toyota bakkies is op 31 Mei 2023 vir R325 000 elk gekoop. Die fondse is elektronies na die motorhandelaar oorgedra. Alarmstelsels van R8 000 is geiïnstalleer en lisensiegelde van R1 800 is betaal.  Waardevermindering word op drawaarde bereken teen 'n koers van 20% per jaar. 3.3 INTERNE KONTROLE VAN VASTE BATES 3.3.1 Noem TWEE punte van advies, oor hoe om beter beheer oor die gebruik van besigheidsvoertuie uit te oefen. (4) 3.3.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om ’n bateregister wat op datum is te hou. Verskaf TWEE punte. (2) 3.3.3 Gee EEN rede waarom ʼn onderneming mag besluit om vaste bates te verkoop. (2) 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 4: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING (35 punte; 30 minute) 4.1 AMELIA HANDELAARS Die inligting wat verskaf word, het betrekking op Amelia Handelaars. Die onderneming handhaaf ‘n vaste winsopslag van 25% op kosprys en gebruik die deurlopende voorraadstelsel. LET WEL: Aanvaar dat die bankrekening ‘n batige saldo toon. GEVRA: Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte wat verskaf is in jou ANTWOORDEBOEK. 4.1.1 Verkoop goedere op krediet, R25 000. (6) 4.1.2 Koop handelsvoorraad vir R65 000 min 5% handelskorting. Maak 'n EFO-betaling aan die verskaffer. (4) 4.1.3 Betaal per EFO om die goedere by die onderneming te laat aflewer, R900. (4) 4.1.4 ‘n Elektroniese bankbetaling van R20 000 aan ‘n krediteur is foutiewelik reeds op 13 Februarie 2024 geboekstaaf, alhoewel die magtigingsdatum vir die oorbetaling van die fondse deur die bank eers 30 April 2024 is. (4) 4.1.5 ‘n EFO vir R534 verskyn op die bankstaat. Die bedrag wat in die kontantjoernaal ingeskryf was, is R435. Die bankstaatbedrag is korrek. Die EFO is aan Mompati BK vir handelsvoorraad uitereik. (6) 4.1.6 ‘n Ander EFO is foutiewelik in die KBJ as R999 in plaas van R99 ingeskryf. Hierdie EFO is aan East Pack vir verbruiksgoedere uitgereik. (6) 4.1.7 Die winkelperseel is uitgebrei teen 'n kosprys van R160 000. Dit is betaal en ingeskryf. Die boekhouer het egter die bedrag foutiewelik teen Herstelwerk gedebiteer. (5) 35 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 NW/Junie 2024 Graad 11 GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto Wins 100 Bruto Wins 100 Netto Wins 100 x x x Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100 x x Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste per vennoot 100 Netto Wins 100 x x Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1 Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste Gemiddelde debiteure 365 of 12 Gemiddelde krediteure 365 of 12 x x Kredietverkope 1 Kredietaankope of Koste van Verkope 1 Gemiddelde voorraad 365 of 12 Koste van Verkope x Koste van Verkope 1 Gemiddelde voorraad Langtermynlenings : Eienaarsbelang Totale bates: Totale laste Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all