NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)

Economics Grade 11 National Exemplar November 2020 Memo
Grade 11 Economics memorandum from the National Exemplar November Exam 2020, 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
National Exemplar November Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · Afr (2)MemoMemo (2)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 A insette
1.1.2 C buitelandse direkte investering
1.1.3 D volle indiensname
1.1.4 C BBP teen konstante pryse
1.1.5 A vlak van per capita inkome
1.1.6 B landbou
1.1.7 D Sasol
1.1.8 B terugkoop koers (8 X 2) (16)
1.2 PAS ITEMS
1.2.1 F Hierdie dokument skets hoe die regering voorstel om sy
besteding oor ʼn gegewe tydsperiode te finansier
1.2.2 E ʼn Proses waar buitelandse lande hul besighede uit ʼn land
onttrek
1.2.3 H Is betrokke in die produksie of ontginning van grondstowwe
1.2.4 A Ondernemings wat deur die staat beheer word
1.2.5 B Staatsinmenging om werkers te beskerm teen onregverdige
arbeidspraktyke
1.2.6 D ʼn Beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van
landbougrond aan swart mense in die ekonomie, te vergroot
1.2.7 C Die verhouding tussen inset en uitset
1.2.8 G Die totaal van die faktor inkome in ʼn land (8 X 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 3
1.3 GEE EEN BEGRIP
1.3.1 Per capita inkome
1.3.2 Informele sektor
1.3.3 Bruto Binnelandse Produk teen markpryse
1.3.4 Monetêre beleid
1.3.5 Geslote ekonomie
1.3.6 Verstedeliking (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike
hulpbronne beïnvloed.
aanbod en vraag
klimaat
ligging
kwaliteit van hulpbronne
tegnologie (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom word invoere nie in binnelandse besteding ingesluit nie.
Dit is omdat dit nie deel vorm van die binnelandse produksie
nie.
Die inkome van hul aankope word in ander lande en nie plaaslik
bestee nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem enige ander vorm van vervoer.
Spoorvervoer
Lugvervoer
Watervervoer (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Watter agentskap is verantwoordelik vir die oprigting en
instandhouding van nasionale paaie in Suid-Afrika?
Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) (1)
2.2.3 Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur.
Infrastruktuur is die basiese geriewe, dienste en installasies wat
benodig word vir die werking van ’n ekonomie, soos byvoorbeeld
geboue, paaie en verskaffing van energie wat produktiwiteit
moontlik maak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.2.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer aan die
ekonomie.
Vervoer bring die verbruiker en die vervaardiger bymekaar.
Dit lewer ’n waardevolle bydrae tot die bruto binnelandse produk
van die land.
Dit help met die groei van toerisme.
Dit verskaf werksgeleenthede.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 5
2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die werking van openbare
vervoer in die land verbeter?
Die regering kan openbare vervoer verbeter deur die volgende:
Dit maklik te maak om openbare vervoer te gebruik as die ontwerp
van openbare voertuie verbeter word en deur die gebruik van
voertuig tariewe.
Munisipaliteite moet nouer met taxi’s saamwerk en inligting stelsels
gebruik om die werking daarvan beter te bestuur.
Samewerking met maatskappye wat innoverende toepassings
ontwikkel wat heen-en-weer-ry oplossings bied aan groot
werkverskaffers, in plaas daarvan om aan werkers parkeer geriewe
te bied.
Verminder verkeersopeenhopings deur toegewyde bane toe te ken
vir die gebruik van openbare vervoer.
Regulering van openbare vervoer tariewe.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem enige persoonlike eienskap van ’n entrepreneur.
Goeie kommunikasie vaardighede
Goeie mense vaardighede
Bereidheid om berekende risiko’s te neem
Hoë vlakke van kreatiwiteit en innovasie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1)
2.3.2 Wat is die vergoeding wat ’n entrepreneur ontvang?
Wins (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip entrepreneur.
’n Persoon wat die risiko loop om ’n nuwe besigheid te begin en te
finansier, wat die behoeftes van verbruikers sal bevredig deur die
doeltreffende samevoeging van die ander produksiefaktore, ten
einde ’n wins te maak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die rol van ’n entrepreneur in die ekonomie.
Entrepreneurs bevredig die behoeftes van verbruikers deur
goedere en dienste te verskaf wat deur verbruikers vereis word.
Hulle dien as ’n mark vir die natuurlike hulpbronne of
grondstowwe.
Hulle verskaf inkome aan die eienaars van die produksiefaktore.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.5 Hoe sal regeringsinmenging in die mark, die vergoeding van ’n
entrepreneur beïnvloed?
Die vergoeding sal toeneem wanneer die regering die entrepreneur
’n subsidie betaal vir die produksie van noodsaaklike goedere, wat
weer die produksiekoste sal verlaag.
Die vergoeding sal daal wanneer die regering die minimum lone
implementeer wat tot ’n toename in die produksiekoste sal lei.
Entrepreneurs is afhanklik van verskillende maatreëls, byvoorbeeld
verlaging in belasting.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ’n oop ekonomiesekringloop.
Huishoudings is die hoofverbruikers van ekonomiese goedere en dienste –
hulle gebruik hulle inkome om van besighede te koop.
Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die
eienaars van die vier produksiefaktore is.
Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede.
Huishoudings ontvang ’n vergoeding van die besighede in die vorm van lone,
huur, rente en wins.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8)
2.5 Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van sosio-
ekonomiese dienste?
Die SA regering was suksesvol in die lewering van sosio-ekonomiese
dienste in die volgende maniere:
Verskaffing van gratis basiese onderwys en die prioritisering daarvan deur sy
Vroeë Kinderontwikkeling ten einde te verseker dat alle kinders toegang tot
onderwys verkry.
Verskaffing van gratis gesondheidsorg deur sy openbare gesondheid klinieke
en hospitale wat toeganklik is vir al die inwoners.
Verskaffing van sosiale toelaes aan miljoene van die armes in Suid-Afrika.
Verskaffing van gesonde maaltye by baie openbare skole in die land.
Baie huishoudings het elektrisiteit geriewe ontvang en toegang tot skoon
water en sanitasie.
Daar is huise vir miljoene gesinne gebou.
Die regering het ’n beduidende poging aangewend ten opsigte van
werkverskaffing deur sy Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP).
Daar was pogings om landbou en voedselsekuriteit in plattelandse gebiede ’n
hupstoot te gee deur verskillende projekte van die Departement van
Landbou.
Die regering was nie suksesvol in die lewering van sosio- ekonomiese
dienste in die volgende manier nie:
Die aantal mense wat werkloos is, het in die afgelope jare toegeneem.
Korrupsie het dienslewering in die land verhoed.
Die swak toestand van gesondheidsentrums met uiterste tekorte.
Styging in armoede vlakke soos wat meer mense werkloos raak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank.
Dit is ’n bankier vir handelsbanke
’n Bankier vir die regering
’n Bewaarder van goud en buitelandse valutareserwes
Verskaf ekonomies en statistiese dienste (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is geld as ’n ruilmiddel ingestel?
Om handel te vereenvoudig.
Om die tekortkominge van die ruilhandel stelsel te oorbrug.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer ’n land met die mees ongelyke verspreiding in die
bostaande grafiek.
Land B (1)
3.2.2 Wat beteken ’n Gini-koëffisiënt van nul?
Dit beteken gelyke verdeling van inkome / volmaakte gelykheid. (1)
3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Lorenz kurwe.
’n Grafiek wat die verspreiding van inkome (of rykdom) aandui, binne
’n ekonomie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz kurwe en die Gini-
koëffisiënt.
Hoe meer ongelyk ’n land se inkome verspreiding is, hoe vêrder
is sy Lorenz kurwe van die 45 grade lyn en hoe hoër is sy Gini-
koëffisiënt.
As daar volmaakte gelykheid is, sal die Lorenz kurwe dieselfde
wees as die 45 grade lyn en die Gini-koëffisiënt sal nul wees.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.2.5 Veronderstel die area tussen Land A en die lyn van gelykheid (C)
is 20 en die totale area (C + D) onder die lyn van gelykheid is 100.
Berekend die Gini-koëffisiënt. Toon alle berekeninge.
Gini-koëffisiënt = C / C + D
= 20 / 100
= 0,2
(Maksimum 2 punte vir slegs die antwoord) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem enige eienskap van ontwikkelende lande.
Lae lewenstandaard
Lae per capita inkome
Ongelyke verdeling van inkome
Lae lewensverwagting
Gebrek aan onderwys
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Watter aanwyser word gebruik om MOI te meet?
Lewensverwagting
Onderwys
BBP per capita
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.
Dit is ’n verbetering in die lewenstandaard van die mense in ’n
land.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.3.4 Verduidelik die gebruik van per capita syfers.
Om die lewenstandaard in ’n land te meet.
Om voorspoed vlakke van verskillende lande te vergelyk.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die kwaliteit van menslike
hulpbronne verbeter?
Die regering kan:
in kwaliteit onderwys belê
indiensopleiding verskaf (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels.
Dit word beskou as die sleutel tot volhoubare sosiale en ekonomiese
ontwikkeling.
Verskaf ’n produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop gemik is om
gemeenskappe te help.
Bied probleemoplossings planne of strategieë aan plaaslike
gemeenskappe, veral die armes.
Verteenwoordig ’n belangrike bydrae tot globale ontwikkeling van
kennis. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 9
3.5 Evalueer die Heropbou en Ontwikkelingsprogram as ’n ontwikkeling
strategie in Suid-Afrika.
Positief:
was’n arbeidsintensiewe openbare werke program
gehelp het in die vermindering van armoede deur meer werksgeleenthede
te skep
’n sosio-ekonomiese beleidsraamwerk was wat soos ’n goue draad deur
elke regeringsplan geloop het
gehelp het met die ontwikkeling van menslike hulpbronne wat die
ekonomie die meeste benodig vir ontwikkeling
gehelp het met die toename in infrastruktuur ontwikkeling
die implementering van grondhervorming aangemoedig het
gehelp het met die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre
gesondheidsorg
Negatief:
Werkloosheidskoers hou aan styg
Armoede en dienslewering is nooit verbeter nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto
Binnelandse Produk te bereken.
Produksiemetode
Inkomemetode
Bestedingsmetode (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is rykdom belangriker as inkome?
Rykdom is meer belangrik om sosiale ongelykheid te verstaan
aangesien dit ’n inkome genereer en daarom hang inkome
ongelykheid gedeeltelik af van rykdom ongelykheid.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Gee ’n voorbeeld van belasting op produkte.
BTW
Aksyns (Sonde belasting) (1)
4.2.2 Waaruit bestaan vergoeding van werkers?
Salarisse en lone (1)
4.2.3 Omskryf kortliks die begrip lopende pryse.
Lopende pryse meet BBP deur die werklike pryse te gebruik wat
ons in die ekonomie waarneem.
Heersende pryse maak geen aanpassings vir inflasie nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
4.2.4 Verduidelik die doel van subsidies op produksie.
Subsidies op produksie verlaag die produksiekoste vir die
vervaardiger en moedig produksie van noodsaaklike produkte
aan.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.2.5 Bereken die verbruik van vaste kapitaal as ’n persentasie van die
BTW teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge.
713 078 / 4 428 317 X 100
16,1%
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Wat is die hoofdoel van die NOP?
Om armoede en ongelykheid uit te roei.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 11
4.3.2 In watter jaar beplan die NOP om sy doelwitte te bereik?
2030 (1)
4.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.
Dit is ’n toename in die produksievermoë van ’n land.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking wat die NOP op belasting-
betalers mag hê.
Om die NOP te implementeer sal die regering toenemend meer
inkome benodig – meer en hoër belasting sal benodig word.
Dit verlaag besteebare inkomste nog meer.
Hoër vlakke van bedrog en korrupsie beïnvloed dienste aan die
armes.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie uit die implementering van
die NOP voordeel trek?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bevoordeel word deur:
Verlaging van jeug werkloosheid
Jong mense van breër geleenthede te voorsien
Die mededingende vermoë van die ekonomie te verhoog
Die lewenstandaard van die mense te verhoog
Die pas van industrialisasie te versnel
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.
Dra by tot die BBP
Verskaf werksgeleenthede
Dit is ’n bron van inkome vir die staat
Skep ’n mark vir verbruikers produkte
Dra by tot uitvoere
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8)
4.5 Ontleed Suid-Afrika se beperkings tot ekonomiese groei.
Die oorwaardering en die wisselvalligheid van Suid-Afrika se
geldeenheid
’n Onvoldoende nasionale infrastruktuur
’n Tekort aan geskoolde arbeid
Hindernisse tot toetrede, beperkings op mededinging en beperkte nuwe
geleenthede vir investering
Tekorte in die staat se organisasie, vermoë en leierskap
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Bespreek in detail ’n gemengde ekonomie onder die volgende hoofde:
Eienskappe/Kenmerke
Nadele (26)
Hoe bevoordeel ’n gemengde ekonomie sy bevolking? (10)
INLEIDING
’n Ekonomiese stelsel is die manier hoe ’n land probeer om die vrae te
beantwoord rondom wat geproduseer moet word, met wat en deur wie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (2)
HOOFGEDEELTE
KENMERKE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE
Meeste van die produksiefaktore is in privaat besit, maar die regering reguleer
die besit daarvan.
Die regering meng in waar mark ondoeltreffendheid voorkom ten die
markmislukking te voorkom.
Mededinging bestaan tussen besighede.
Die winsmotief speel ’n belangrike rol in die ekonomie.
Die openbare sektor verskaf infrastruktuur en openbare dienste omdat daar
weinige winsmotief vir die vryemark is om hierdie goedere en dienste te
verskaf.
Die regering meng in die werking van die ekonomie in en stel wette daar om die
werking van die ekonomie te verbeter, soos die Wet op Arbeidsverhoudinge
en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
Die regering gebruik ʼn progressiewe belastingstelsel om inkome te herverdeel.
Privaat individue gebruik hulle eie inisiatief om produkte en dienste te vervaardig
en te verkoop wat die behoeftes van die verbruikers sal bevredig.
Demokrasie en vryheid bestaan.
NADELE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE
Markmislukkings kom voor wanneer skaars hulpbronne vermors of uitgebuit word
as gevolg van verkeerde produksie besluite deur privaat besighede.
Omgewingsagteruitgang is ’n probleem en arbeid word dikwels uitgebuit as die
rol van die staat te klein is.
Inkome verspreiding is nie gelyk nie.
’n Gemengde ekonomie staar probleme van werkloosheid, inflasie en
sakesiklusse in die gesig.
Omdat die regering die wetgewende prosesse beheer, bestaan die risiko dat dit
oormatige sosiale en welsyn dienste kan verskaf met oormatige belasting van die
privaatsektor.
Gemengde ekonomieë behaal nie die hoë vlakke van doeltreffendheid wat
markekonomieë behaal nie.
Hulle verlaag nie armoedevlakke gou genoeg nie.
In gemengde ekonomieë, laat staatsbeheerde ondernemings oor die algemeen
nie mededinging toe nie, en dit skep monopolieë. (Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 13
ADDISIONELE GEDEELTE
Die gemengde ekonomie laat toe dat die regering sy mense en sy mark
beveilig deur sy rol in die weermag, internasionale handel en nasionale
vervoer.
Die regering bestuur ook gesondheidsorg, welsyn en aftree programme.
ʼn Gemengde ekonomie versprei goedere en dienste na plekke waar dit die
meeste benodig word en laat toe dat pryse die aanbod en vraag meet.
ʼn Gemengde ekonomie beloon die mees doeltreffende produsente met
die hoogste wins. Dit beteken verbruikers kry die beste waarde vir hulle
geld.
Dit moedig innovasie aan om kreatief, goedkoop en doeltreffend te
voldoen aan die verbruiker se behoeftes.
Dit ken outomaties kapitaal aan die mees innoverende en doeltreffende
produsente toe, wat op hul beurt weer kapitaal kan investeer in meer
besighede soos hulle s ʼn.
Die groter rol wat die regering speel maak voorsiening vir die vinnige
mobilisering van fondse na areas soos beskerming, tegnologie en lugvaart,
wat dikwels deur die markekonomie afgeskeep word.
Die uitgebreide rol van die regering verseker ook dat minder
mededingende deelnemers aandag geniet.
SLOT
In werklikheid, hang dit af van hoe ʼn gemengde ekonomie bestuur word, want selfs
die vryemark ekonome met die sterkste wil, sal saamstem dat ʼn mate van regerings-
inmenging nodig in ʼn land is.
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek in detail die monetêre beleidsinstrumente. (26)
Hoe suksesvol is die SARB met die stabilisering van pryse op die
verskillende markte, as sy hoofdoel? (10)
INLEIDING
Monetêre beleid verwys na die maatreëls wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank
toepas om die hoeveelheid geldvoorraad in die land te beïnvloed.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (Maks. 2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
HOOFGEDEELTE
Rentekoerse
Die rentekoers, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrument wat die SARB
gebruik om sy monetêre beleid te implementeer.
Tydens inkrimping van ekonomiese aktiwiteite, sal die SARB die repokoers verlaag
ten einde die ekonomie te stimuleer.
Lae rentekoerse sal verbruiksbesteding verhoog.
Daar sal maklike toegang tot die verkryging van lenings wees aangesien dit meer
bekostigbaar raak.
Die aanbod van geld sal toeneem.
Besteding sal ook toeneem en die ekonomie is sodoende gestimuleer.
Wanneer daar inflasionêre druk is, sal die SARB die repokoers verhoog en banke
sal die prima uitleenkoers dienooreenkomstige verhoog.
Hoë rentekoerse sal daartoe lei dat mense meer van hulle geld spaar aangesien
hulle ’n hoër opbrengs sal ontvang.
Daar sal minder geld wees om te bestee.
Lenings sal ook te duur raak.
Die aanbod van geld sal afneem en inflasie sal ook daal.
Kontantreserwe vereiste
Die SARB kan ook die aanbod van geld beïnvloed deur die persentasie van
deposito’s wat banke, as ’n kontantreserwe moet hou, te verander.
Wanneer die SARB die aanbod van geld moet beperk, sal hulle die persentasie
van die kontantreserwe vereiste verhoog.
Dit sal veroorsaak dat die banke minder geld het om krediet mee toe te staan.
Minder lenings sal lei tot minder inspuitings (toevoegings) van geld in die
ekonomie.
Die aanbod van geld sal dan daal.
Ope mark transaksies
Ope mark transaksies behels die koop en verkoop van staatsekuriteite.
Wanneer die SARB die aanbod van geld wil beperk, verkoop hulle sekuriteite aan
die banke.
Die banke het dan minder beskikbare geld om lenings mee toe te staan.
Wanneer die SARB die aanbod van geld wil verhoog en die ekonomie wil stimuleer,
koop hulle sekuriteite van die banke.
Die geld wat dan deur die Reserwebank uitbetaal word, sal na die banke vloei.
Die banke kan nou weer meer krediet toestaan, wat lei tot ’n toename in die
aanbod van geld.
Morele oorreding
Die SARB kan deur oortuigende morele oorreding vir die banke vra om versigtiger
te wees met die toestaan van lenings.
Die Reserwebank kan ook morele oorreding gebruik om verbruikers te waarsku om
nie te veel te bestee nie en eerder te bespaar gedurende tye van inflasie.
(Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 15
ADDISIONELE GEDEELTE
Die VPI het die boonste koers vlak van die inflasieteiken gedurende 2014
gebreek.
Die SARB het rentekoerse verhoog ten einde die inflasiekoers terug te bring na
die laer koers vlak, met ander woorde stabilisering van prys.
Die vasstel van die inflasiekoers teiken van 3 – 6% was ʼn groot inisiatief deur die
regering wat die SARB gehelp het om die pryse te stabiliseer.
ʼn Afname in die pryse van internasionale ru-olie, oor die afgelope maande, het die
wêreldwye inflasionêre druk, onderdruk.
Dit dra grootliks by tot die laer plaaslike inflasie, wat die produksieprysinflasie
gunstig beïnvloed.
As gevolg hiervan was dit vir die SARB moontlik om die repokoers onveranderd te
hou.
PPI vir intermediêre vervaardigde goedere het ʼn positiewe invloed op die
stabilisering van pryse.
Alhoewel die Reserwebank baie suksesvol is in die stabilisering van pryse, het
sekere eksterne faktore wat die globale ekonomie beïnvloed het, soos die wêreld
resessie, ʼn negatiewe impak op die SARB se pogings om die pryse te
stabiliseer.
Ander faktore soos disinvestering as gevolg van swak regeringsbestuur, lei to ʼn
skerp afname in stabiliteit wat die stabilisering effek van die SARB belemmer.
Die swak waarde van die Rand op die internasionale markte is ʼn groot negatiewe
bydraende faktor tot die inflasiekoers as gevolg van die groot afhanklikheid van
invoere.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
SLOT
Die uitbreek van Covid-19 het ʼn geweldige invloed gehad op die besluit van die
Monetêre Beleidskomitee in hulle poging om die ekonomie te stimuleer.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot) (2)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Memo
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9/v1-82fd7d39bb1666f71aa2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper