NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 


%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)

View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo
Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
National Exemplar November Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · Afr (2)MemoMemo (2)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · AfrMemo · Afr (2)Memo · Afr (3)
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B positiewe
1.1.2 C monopolistiese mededinger
1.1.3 A veranderlike
1.1.4 A minderwaardige
1.1.5 C herwinning
1.1.6 B kapitalisme
1.1.7 D hernubare
1.1.8 D plaaslike regering (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 C totale vraag is gelyk aan totale aanbod
1.2.2 E verskil tussen totale inkome uit die verkoop van
goedere en eksplisiete koste
1.2.3 G sensitiwiteit van die vraag na een goed op ’n
verandering in die prys van ’n ander goed
1.2.4 F verandering in die prys van een goed het geen
uitwerking op die hoeveelheid aangevra van ’n ander
goed nie
1.2.5 B oordragbetalings aan behoeftiges
1.2.6 H beperkings wat op internasionale handel geplaas word
1.2.7 A uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite oor nasionale
grense
1.2.8 D ’n gemeenskap van organismes tesame met hul
omgewing (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 industrie
1.3.2 implisiete koste
1.3.3 nominale prys
1.3.4 eksternaliteit
1.3.5 inheemse kennisstelsels
1.3.6 bio-diversiteit (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van substituutgoedere.
Botter en margarien
Tee en koffie
Beesvleis en skaapvleis
Coca-Cola en Pepsi
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
2.1.2 Hoe is die faktor- en produktemarkte verwant aan mekaar?
Die produktemark kan nie sonder die faktormark bestaan nie
Produsente gebruik produksiefaktore uit die faktormark om
goedere en dienste in die produktemark te produseer
’n Tekort aan produksiefaktore in die faktormark, bv. grond as
gevolg van ’n droogte, sal voedselproduksie in die produktemark
verminder en voedselpryse sal gevolglik styg (2)
2.2 2.2.1 In watter industrie is bostaande besighede?
Motorvoertuig industrie/Voertuigindustrie (1)
2.2.2 Noem die markstruktuur met slegs twee produsente.
Duopolie (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip kartel.
’n Kartel is ’n groep produsente wie se doel dit is om ’n
gesamentlike monopolie te vorm.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks nie-prysmededinging as ’n kenmerk van ’n
oligopolie.
Nie-prysmededinging behels maniere waarna besighede soek om
verkope te verhoog en kliënte te lok deur ander metodes as slegs
die prys, bv. advertensies en kwaliteit van die produk.
Dit is ’n markstrategie waarmee een onderneming probeer om
hulle produkte te onderskei van dié van mededingende produkte
op grond van sekere eienskappe, soos ontwerp.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 5
2.2.5 Hoekom span besighede dikwels saam alhoewel dit onwettig is
in Suid-Afrika?
Om pryse vas te stel of uitsetvlakke daar te stel wat gesamentlike
winste sal maksimeer
Om beheer oor die markaanbod te verkry
Om die koste van mededinging te verlaag ten einde
bemarkingsoorloë te voorkom wat miljoene rande sal kos
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Wat word gebruik om nut te meet?
Utils (1)
2.3.2 Wat is die waarde van A?
21 (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip marginale nut.
Addisionele graad van bevrediging wat die verbruiker verkry uit die
verbruik van een addisionele eenheid van ’n produk.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die frase, nut is subjektief, as ’n kenmerk van nut.
Nut verskil van persoon tot persoon. Dit hang af van die voorkeure
van ’n persoon. Byvoorbeeld, knoffel het nut vir een persoon,
maar geen nut vir ’n ander nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.5 Gebruik die inligting in bostaande tabel om totale en marginale
nutkurwes, met volledige byskrifte, te teken.
TOTALE NUT EN MARGINALE NUT
30
Nut 25
20
15
TN
10
5
0
1 2 3 4 5 6 7 8
-5
Eenhede verbruik MN
-10 (4)
2.4 Verduidelik kortliks relatiewe onelastiese aanbod en eenheid-elastisiteit van
aanbod as ’n graad van pryselastisiteit van aanbod, sonder die gebruik van
grafieke.
Relatiewe onelastiese aanbod
Pryselastisiteit is minder as een (PEA < 1)
’n Verandering in prys sal lei tot ’n kleiner persentasie verandering in die
hoeveelheid aangebied
Produsente sal sukkel om aan te pas by die prysstyging, veral oor die
korttermyn
Eenheid elastiese aanbod
Pryselastisiteit is gelyk aan een (PEA = 1)
’n Verandering in prys sal lei tot presies dieselfde persentasie verandering in
die hoeveelheid aangebied
Die aanbodkurwe lyk soos die normale aanbodkurwe met ’n positiewe helling
van links na regs
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 7
2.5 Ondersoek die belangrikheid van relatiewe pryse in die ekonomie.
Relatiewe pryse dra belangrike inligting oor betreffende die skaarsheid
van sekere goedere
Word gebruik deur verbruikers, besighede en die regering om te besluit
watter goedere en hulpbronne om aan te koop
Gee belangrike inligting weer vir die doeltreffende toekenning van
hulpbronne regoor enige markekonomie
Dit is moontlik vir die regering om die vlak van inflasie, ekonomiese groei
en ekonomiese ontwikkeling in die land, vas te stel
Dit kan deur ekonome gebruik word om die ekonomiese prestasie van
die land te assesseer en dit met ander lande te vergelyk
Die regering gebruik die relatiewe pryse om te kyk in watter rigting die
ekonomie neig, bv. of die toestand van die ekonomie verswak of
verbeter.
Relatiewe pryse is belangrik vir die Reserwebank en die regering ten
einde doeltreffende besluite te neem oor die korrekte gebruik en
implementering van beide fiskale en monetêre beleide
Omdat relatiewe pryse die middelpunt is van die dinamika van markte,
sal beleidmakers hulle besluite daarop baseer.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne.
Olie
Natuurlike gas
Steenkool
Kernkrag
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.1.2 Hoe het globale markte voordeel getrek uit verbeterde
mededinging?
Globale markte trek voordeel uit verbeterde kwaliteit van goedere
en dienste
Markte sal toegang tot nuwe kliënte hê
Besighede sal skaalvoordele genereer wat totale en gemiddelde
produksiekoste sal verlaag
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Wat is die geldeenheid van die Verenigde State?
VSA dollar (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting WHO?
Wêreld Handelsorganisasie (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip internasionale handel.
Die ruil van goedere en dienste van een land met ’n ander land.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks die rol van die Internasionale Monetêre
Fonds (IMF).
Verantwoordelik vir die algemene toesig oor die internasionale
finansiële stelsel
Fasiliteer internasionale betalings tussen lande
Verskaf lenings aan lande met betalingsbalansprobleme
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om handel te
dryf met Afrika-lande?
Hulle trek voordeel uit goedkoper arbeid uit Afrika-lande
Afrika-lande, spesifiek Suid-Afrika, is geseënd met minerale
hulpbronne wat skaars is in ontwikkelde lande
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 9
3.3 3.3.1 Noem die soort besoedeling wat veroorsaak kan word deur
afval in die omgewing te stort.
Grondbesoedeling / Omgewingsbesoedeling (1)
3.3.2 Noem die soort afval wat in bostaande foto aangetoon word.
Vaste afvalstowwe (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip omgewing.
Omgewing verwys na die fisiese omgewing en die fisiese toestand
daarvan wat mense se lewens beïnvloed. Dit sluit grond, see en
atmosfeer in. / Sluit alle lewende en nie-lewende dinge wat
natuurlik voorkom in
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die Kyoto Protokol as ’n internasionale ooreenkoms
om klimaatsverandering te verminder.
Dit is ’n wetlik bindende ooreenkoms waarby geïndustrialiseerde
lande ooreengekom het om die uitlaat van kweekhuisgasse te
verminder
Hulle onderneem om konsentrasies van kweekhuisgasse te
stabiliseer teen vlakke wat klimaatsverandering kan
voorkom
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2)
3.3.5 Ondersoek die impak van plastiese besoedeling op die
omgewing.
Plastiek word gemaak uit ru-olie wat ’n beduidende hoeveelheid
besoedeling afgee en nie degradeerbaar is nie
Dit maak seediere dood aangesien hulle dit foutiewelik as
voedsel sien
Plastiek maak stortingsterreine oorvol en benodig
fossielbrandstof vir die produksie daarvan, wat die omgewing
beskadig
Dit bedek die oppervlakte van die oseaan en lei tot die
vernietiging van habitat en wildlewe
Plastiekbesoedeling veroorsaak skade aan mense, diere en
plante deur giftige besoedelingstowwe
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
3.4 Verduidelik verhoogde buitelandse handel en kulturele veranderinge
as gevolge van globalisasie.
Verhoogde buitelandse handel
Internasionale handel het geweldig gegroei as gevolg van
globalisasie
Buitelandse handel het toegeneem as gevolg van
handelsooreenkomste, verwydering van handelsbeperkings en die
inmenging van instellings wat daarop gemik was om internasionale
handel te verbeter
Die toename in buitelandse handel het toegang verskaf tot ’n wye
verskeidenheid van buitelandse produkte en dienste aan verbruikers
in alle lande
Dit is moontlik vir besighede om toegang tot buitelandse
grondstowwe en komponente te verkry (2 x 2) (4)
Kulturele veranderinge
Globalisasie het daartoe gelei dat verskeie kulture bymekaar
uitgekom het.
Sommige lande neig om die kultuur van ander lande aan te neem en
hulle eie kultuur af te skeep.
Kookstyle, musiekstyle, kunsvorms, tale en gewoontes het
internasionaal versprei as gevolg van globalisasie.
Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hul kultuur wanneer
hulle met ander kulture in kontak kom.
Gemeenskappe het uitgebrei soos wat hulle mense uit ander kulture
en agtergronde ingeneem het en het sodoende ’n hele nuwe kultuur
van hulle eie geskep en dit mag lei tot ’n wêreld met ’n globale
kultuur. (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 11
3.5 Hoe kan nie-hernubare hulpbronne teen uitwissing beskerm word?
Nie-hernubare hulpbronne kan beskerm word deur:
hulpbronne, soos water, doeltreffend te bestuur deur slegs die vereiste
hoeveelheid te gebruik en nie lopende krane sonder toesig te los
nie
swart en grys water terug na hulle oorspronklike toestand te behandel
vir beide plaaslike en industriële gebruik
elektrisiteit te bespaar, omdat dit van steenkool en natuurlike gas
afkomstig is, deur items wat nie in gebruik is nie te ontkoppel en meer
energie-doeltreffende toestelle en gloeilampies te gebruik
die gebruik van plastiek te verminder soos plastiek inkopiesakkies,
strooitjies, ens. en dit te vervang met meer duursame items, wat die
gebruik van die plastiek hulpbronne sal vermy en sodoende plastiese
afval, wat die omgewing beskadig, sal verhoed
volhoubare landboupraktyke te gebruik en oeste te roteer en
dekgewasse te plant om die grond gesond te hou en ook deur minder
chemikalieë te gebruik en biologiese pesbeheer en natuurlike
bemestingstowwe te integreer
wetgewing en regulasies toe te pas wat mense sal inlig oor die
nodigheid van die bewaring van hulpbronne vir toekomstige geslagte
en swaar boetes op te lê op individue wat nie hieraan gehoor gee
nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van konstante/vaste koste.
Huur
Versekeringspremies
Rente op lenings
Waardevermindering
Lone en salarisse
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.1.2 Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker?
Die regering hef groenbelasting en omgewingsbelasting op
produkte wat met hoë besoedelingsvlakke geassosieer word
Gebruik belastinginkome om omgewingsvriendelike produkte te
bemark, bv. sonkrag-warmwaterstelsels
Belasting word ingestel op ekonomiese afval, byvoorbeeld op
gebruikte motorbande
Belasting word ook ingestel op nie-degradeerbare
plastiekinkopiesakke deur die prys te verhoog ten einde die gebruik
daarvan te ontmoedig
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Wat word punt E genoem?
Wins maksimaliserende punt (1)
4.2.2 Hoe lyk die vraagkurwe van die besigheid in ’n volmaakte mark?
Horisontaal (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip mark.
Mark is ’n meganisme wat kopers en verkopers van goedere en
dienste bymekaarbring
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks die aard van produkte as ’n kenmerk van ’n
volmaakte mark.
Al die produkte wat in die spesifieke mark verkoop word, is
homogeen
Dit is identies in alle opsigte, betreffende kwaliteit, voorkoms,
ens.
Geen koper het enige voorkeur vir die produk van enige individuele
verkoper bo dié van ’n ander nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 13
4.2.5 Hoekom maak ’n volmaakte mededinger slegs ’n normale wins
oor die langtermyn?
Ekonomiese wins oor die korttermyn lok nuwe besighede om toe te
tree tot die mark
Die aanbod van die industrie neem dus toe
Die markprys daal vir alle besighede totdat normal wins weer
gerealiseer word
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem EEN land wat deel van die G8 is.
Italië/Japan/Frankryk/Rusland/Kanada/VSA/Duitsland/Brittanje (1)
4.3.2 In watter deel van die Verdeel word daar verwag dat mense
langer sal lewe?
Noord (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.
Die toename in die produksievermoë van ’n land gemeet in reële
BBP
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik die doelwit van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
Poog om armoede aan te spreek en volhoubare ontwikkeling te
verseker
Bereik primêre onderwys oral in die wêreld
Ontwikkel globale vennootskap vir ontwikkeling
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.3.5 Hoekom is dit moeilik vir die lande in die Suid-verdeel om mee te
ding met lande in die Noord-verdeel?
Die hoofekonomiese aktiwiteit van die lande in die Suid-verdeel
is landbou wat dit moeilik maak om mee te ding op hierdie
gebied, want die Noord-verdeel subsidieer hulle
landbouaktiwiteite daarom kan die Suid-verdeel nie meeding
met die laer Noord-verdeel pryse nie.
Die Suid-verdeel moet hoër rentekoerse betaal indien hulle geld
wil leen by die Noord-verdeel
Hulle moet hoë pryse betaal om toegelaat te word om nuwe
tegnologie te gebruik, wat hulle moet invoer van die Noord-
verdeel
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4 Onderskei tussen die korttermyn en die langtermyn.
Korttermyn
Korttermyn is die periode waartydens een of meer hulpbronne nie verander
kan word nie
Korttermyn-koste kan vas of veranderlik wees
Dit is kostes wat ‘n korttermyn implikasie op die produksieproses het – dit
word oor ‘n kort reeks van uitsette aangewend
Dit word eenmalig aangegaan en kan nie weer en weer gebruik word nie,
soos byvoorbeeld die betaling vir lone of grondstowwe, ens. Maks. 4
Langtermyn
Langtermyn is ʼn periode waarbinne alle hulpbronne kan verander
Alle langtermynkostes is veranderlik
Besighede kan al hul insette verander, insluitende vaste koste
Alle produksiefaktore en tussentydse insette kan verander soos wat die
uitsetvlakke verander
Langtermynkoste word opgehoop wanneer besighede hulle produksievlakke
oor tyd verander, in reaksie op die verwagte winste/verliese
Produksiefaktore verskil almal om die langtermynkostes van die produksie
van goedere en dienste te bereik, Maks. 4
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
4.5 Ondersoek die rol wat mense in die beskadiging van die ekosisteem
speel.
Die uitbuiting van natuurlike hulpbronne en die produksie van afval en ander
besoedelingstowwe deur die mens, het gelei tot die beduidende agteruitgang
van ‘n groot deel van die omgewing se ekosisteem
Byvoorbeeld, mynbou, ontbossing, brand van fossielbrandstof en
besoedeling is sommige van die menslike aktiwiteite wat gelei het tot die
beskadiging van die omgewing
Bowendien het industriële besoedeling die aarde, water en lug besmet en
die gebruik van chlorofluorokoolstowwe (KFK) het gedeeltes van die
osoonlaag vernietig en die oormatige uitlating van koolstofdioksied (CO2) in
die atmosfeer het bygedra tot ‘n kweekhuiseffek wat weer tot
aardverwarming lei.
Deur sekere produkte te gebruik, byvoorbeeld spuitkannetjies, kan mense
die omgewing beskadig sonder dat hulle dit eers besef
Mense gee dikwels min om oor hulle gewoontes wat die omgewing beskadig,
en dit as gevolg van eiebelang
Sommige mense besoedel die omgewing deur rommelstrooiery, weggooi
van afval, ens. en die koste word gedra deur ander mense Die gebruik
van die omgewing as ’n rommelhoop vir afval veroorsaak dat dit vuiler, leliker
en meer ongesond raak
Die gebruik van die omgewing as ’n produktiewe bron verminder sy
geriefswaarde, bv. die gebruik van grond wat omskep is vir landbougebruik
lei tot die vernietiging van woude en heinings en dit bederf die skoonheid van
die land en lei tot ’n afname in dier- en plantspesies.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 15
AFDELING C
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
Bespreek in detail die volgende faktore wat elastisiteit van vraag
bepaal.
- Aard van die produk
- Duursaamheid van die produk
- Tydsperiode
Ondersoek die uitwerking van prys nie-elastisiteit van vraag op inkome.
INLEIDING
Pryselastisiteit van vraag meet hoeveel verbruikers op ‘n verandering in die prys
van ‘n produk reageer / dit meet hoe sensitief die vraag na die produk is, tot ‘n
verandering in die prys van die produk.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Aard van die produk
Pryselastisiteit van vraag vir noodsaaklike produkte soos basiese
voedsel, elektrisiteit en medisyne neig om onelasties te wees
Dit is onwaarskynlik dat die verandering in die prys ‘n uitwerking op die
vraag sal hê
Hierdie is belangrike produkte vir oorlewing, so verbruikers sal
aanhou om dit te koop, ten spyte van ‘n prysverandering/
prysverhoging
Luukse produkte maak dat mense beter voel en verskaf aan hulle
‘n meer gerieflike lewenstyl, daarom neig die vraag daarna om meer
elasties te wees
Bv. restaurantetes, oorsese vakansies, ens. is nie noodsaaklik vir oorlewing
nie en daarom is dit sensitief vir enige prysveranderinge
’n Prysstyging in luukse goedere sal lei tot ‘n groot afname in die
hoeveelheid gevra van sodanige goedere (Maks. 10)
Duursaamheid van die produk
Hoe meer duursaam die produk is, hoe meer elasties sal die vraag
daarna wees
Indien die produk vir ‘n lang tyd gebruik kan word, sal verbruikers
beïnvloed word deur prysstygings en meer huiwerig wees om die produk te
koop
Bv. klere, wanneer die pryse van klere styg, sal verbruikers nog
hulle ou klere dra en nie nog duurder klere koop nie.
Met prysstygings sal verbruikers die aankope uitstel tot ʼn latere
datum met die hoop dat pryse sal daal teen die tyd dat hulle die
produk moet koop
Vir nie-duursame produkte, neig die vraag om meer onelasties te wees
omdat die aankope nie tot ‘n latere datum uitgestel kan word nie (Maks. 8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Tyd
Vraag neig om meer elasties oor die langtermyn te wees as oor die kort-
termyn.
Dit is omdat dit die verbruiker tyd neem om aan te pas by prysveranderinge.
Byvoorbeeld, as die prys van elektrisiteit toeneem, mag mense probeer om hul
verbruik te verminder deur op byvoorbeeld verhitting te bespaar, oor die
korttermyn.
Oor die langtermyn, sal die verbruik van elektrisiteit tot ‘n groot mate daal indien
mense hulle elektriese toestelle en verwarmingstelsels vervang met gas.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 8)
ADDISIONELE GEDEELTE
Totale inkome mag hoër wees as die prys verhoog word en dieselfde
hoeveelheid steeds aangevra word.
Daarom kan ondernemings wat onelastiese goedere verkoop, die prys
verhoog, minder verkoop maar steeds ‘n hoër inkome verdien.
Pryselastisiteit bied beter buigsaamheid in die vasstel van
prysstrategieë, sonder om winste te verlaag.
Ekstra produksiekoste kan oorgedra word aan verbruikers sonder om
die vraag nadelig te beïnvloed.
Aan die ander kant, mag die onelastisiteit van prys die totale inkome
verminder as die prys van ‘n onelastiese produk (bv. sigarette) verlaag word
en daar geen verandering in die vraag is nie (bv. vraag verhoog nie).
Dit dui daarop dat die onderneming nie die prys moet verlaag nie,
aangesien hulle nie voordeel sal trek uit sodanige optrede nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (10)
SLOT
Die bestudering van pryselastisiteit van vraag is baie belangrik omdat ekonome,
produsente en die regering dit kan gebruik om waardevolle voorspellings te maak oor
wat sal gebeur wanneer die prys van ‘n produk styg/daal.
Die regering pas sy beleid op belastings aan volgens die elastisiteit van die
vraag na die produk wat hul wil belas.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
Bespreek die oorsake van globalisasie deur op die volgende te fokus:
- Handelsliberalisering
- Multinasionale ondernemings
- Standaardisasering
Evalueer die negatiewe impak van globalisasie op die omgewing.
INLEIDING
Globalisasie is die proses of interaksie tussen die lande van die wêreld om hulle
ekonomieë en gemeenskappe saam te bring ten einde die globale ekonomie te
ontwikkel. / Globalisasie is die interaksie en koppeling van ekonomieë met die doel
om te kan handel dryf.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Handelsliberalisering
Handelsliberalisering is die afskaffing of vermindering van
handelsbeperkings tussen lande, bv. invoerbelasting.
Die doel van handelsliberalisering was om internasionale handel te
stimuleer.
Dit het na die Tweede Wêreldoorlog begin met die stigting van die AOTH
(GATT) deur die Verenigde Nasies.
AOTH-lede het onderhandel vir die afskaffing van handelsbeperkings en
hindernisse sowel as om metodes te vind om internasionale handel te
vergroot.
Hierdie rol is later in 1994 deur die WHO oorgeneem.
Die WHO verseker dat handelsooreenkomste tussen lande nagekom word
en hulle dien as bemiddelaar tydens handelsdispute.
Afskaffing van handelsbeperkings is daarop gemik om buitelandse direkte
investering aan te moedig ten einde nywerhede verder te ontwikkel en
verbruikers se koopkrag te verhoog.
Die uitvloei van hierdie optrede was die totstandkoming van
uitvoerverwerking-sones (EVSs) in baie lande, waarbinne geen
handelstariewe gehef word nie.
Deur handelsliberalisering het sommige lande ’n vryhandelsgebied (VHG)
gevorm, waar ooreenkomste bereik is waardeur deelnemende lande alle
handelsbeperkings op die ruil van goedere en dienste tussen hulle,
afgeskaf het.
Die uitwerking van ‘n VHG is dat die totale volume van handel toeneem
omdat lande kan spesialiseer in die produkte wat hulle die goedkoopste
kan produseer. (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Multinasionale ondernemings
Multinasionale ondernemings is maatskappye wat vervaardigings-, diens-
en handelsondernemings in verskeie lande vestig.
Wanneer hulle goedere en dienste in ander lande produseer, hoef hulle
dit nie na daardie land uit te voer nie, so hulle bespaar op die
vervoerkoste.
Hulle fasiliteer BDI sowel as die migrasie van gespesialiseerde arbeid
wanneer dit nie in die buitelandse mark beskikbaar is nie.
Hulle speel ook ‘n groot rol in die verspreiding en implementering van
nuwe tegnologieë.
MNO’s is maatskappye wat produkte en dienste aan ten minste twee
lande lewer.
Hulle produseer produkte in verskeie lande waar die produksiekoste die
laagste is en versprei die produkte dan wêreldwyd.
MNO’s stel lande bloot aan internasionale produkte wat globalisasie deur
middel van internasionale handel bevorder. (Maks.10)
Standaardisasie
Verwys na die maak van reëls regoor die wêreld, wat dit makliker maak vir
lande en besighede om internasionaal handel te dryf en te investeer.
Diegene wat onderworpe is aan die reëls gedra hulle op dieselfde manier
en dit bevorder globalisasie.
Globalisasie is bevorder deur ‘n aantal fasiliterende reëls, prosedures en
norme wat deur internasionale instellings neergelê is.
Voorbeelde van sulke reëls sluit in handelsverhoudings, investering,
gesondheidsake, arbeid en die omgewing.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 6)
ADDISIONELE GEDEELTE
Globalisasie het die omgewing as volg negatief beïnvloed:
Druk is op die omgewing geplaas terwyl besoedeling veroorsaak is as
gevolg van verhoogde produksie en verbruik.
Druk is geplaas op nie-hernubare energie hulpbronne, bv. petrol, as
gevolg van die verhoogde verbruik van brandstof in die produksie van
goedere/dienste en die vervoer daarvan tussen lande.
Verhoging in die stort van afval en skadelike chemiese stowwe in die
oseane, oliestortings wat gegenereer word as gevolg van verhoogde
produksie, en die doodmaak van onderwaterorganismes.
Druk is geplaas op die beskikbaarheid van grond en hulpbronne deur
tonnels en snelweë deur en oor berge te bou en grond binne te dring om
die weg te baan vir geboue, bv. herstrukturering van die grond.
Storting van verskeie chemikalieë in die grond in die proses om
industrialisasie te verbeter, wat weer gelei het tot die groei van baie
skadelike onkruid en plante.
Toenemende gebruik van plastiek gedurende verpakking, wat ‘n
hoofbesoedelingstof is aangesien dit nie degradeerbaar is nie en
wydverspreide omgewingsbesoedeling veroorsaak.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Maks. 10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V2 19
SLOT
Globalisasie het ‘n belangrike rol gespeel in alle lande van die wêreld aangesien dit
baie lande gehelp het om vinniger te groei as wat hulle dit andersins sou kon
doen.
Werksgeleenthede en ekonomiese groei het verbeter, veral in ontwikkelende
lande.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0/v1-7a13339c7fb662ad1c2d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper