You're offline
Skip to content
Memorandum

ECON P1 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D

Subject: EconomicsGrade 11202032 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 EKONOMIE V1 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IECONA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele vrae wat beantwoord is, sal NIE nagesien word nie. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae noukeurig. 6. Begin ELKE vraag boaan ’n NUWE bladsy. 7. Laat 2í3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ƌ nie-programmeerbare sakrekenaars gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 3 AFDELING A: (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1– 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Hulpbronne word ... in die produksieproses genoem. A insette B uitsette C intermediêre goedere D finale goedere 1.1.2 Toe Walmart in Massmart belê het, was dit ... genoem. A kapitaal verbreding B kapitaal verdieping C buitelandse direkte investering D ekonomiese groei 1.1.3 ’n Voordeel van die sentraal beheerde ekonomie is … A keuse. B innovasie. C risiko. D volle indiensname. 1.1.4 Om die BBP van een jaar met dié van ’n ander jaar te vergelyk, word die ... gebruik. A BBP teen heersende pryse B BBP teen markpryse C BBP teen konstante pryse D BBP teen vastekoste 1.1.5 Die … word gebruik om die lewenstandaard van ’n land te meet. A vlak van per capita-inkome B inflasievlak C betalingsbalans D ekonomiesekringloop 1.1.6 Voedselsekuriteit maak ... ’n lewensbelangrike industrie. A energie B landbou C water D kleinhandel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.1.7 ’n Maatskappy wat brandstof uit steenkool vervaardig. A Caltex B Shell C Engen D Sasol 1.1.8 Die … is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld aan ander banke leen. A prima uitleenkoers B terugkoopkoers C wins D dividend (8 x 2) (16) 1.2 Kies ƌ beskrywing uit KOLOM B wat by ƌ begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (AíI) langs die vraagnommers (1.2.1í1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 MTBR A Ondernemings wat deur die staat beheer word 1.2.2 Disinvestering B Staatsinmenging om werkers teen onregverdige arbeidspraktyke te beskerm 1.2.3 Primêre sektor C Die verhouding tussen inset en uitset 1.2.4 Staatsbeheerde D ’n Beleid wat daarop gemik is om die ondernemings eienaarskap van landbougrond aan swart mense in die ekonomie, te vergroot 1.2.5 Minimum lone E ’n Proses waar buitelandse lande hul besighede uit ’n land onttrek 1.2.6 Grond F Hierdie dokument skets hoe die herverdelingsprogram regering voorstel om sy besteding oor ’n gegewe tydsperiode te finansier 1.2.7 Produktiwiteit G Die totaal van die faktor inkome in ’n land 1.2.8 Nasionale Inkome H Is betrokke in die produksie of ontginning van grondstowwe I Swart Ekonomiese Bemagtiging (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 5 1.3 Gee EEN begrip/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip/woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. GEEN AFKORTINGS of akronieme sal aanvaar word nie. 1.3.1 Inkome per lid van die bevolking van ’n land 1.3.2 Hierdie sektor word verbind met aktiwiteite wat straatverkope en handwerk insluit 1.3.3 BBP teen basiese pryse, plus belasting op produkte, minus subsidies op produkte 1.3.4 Beleid wat die Reserwebank aanwend om die aanbod van geld en rentekoerse te beïnvloed 1.3.5 ’n Ekonomie wat nie die buiteland insluit nie 1.3.6 Beweging van mense van plattelandse gebiede na stedelike gebiede (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne beïnvloed. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word invoere nie in binnelandse besteding ingesluit nie? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. TAXI HERKAPITALISASIE PROGRAM (THP) Die THP is ’n inmeng poging deur die Regering, wat deel is van sy infrastruktuurontwikkelingsprogram, ten einde veiligheid tuis te bring; doeltreffende en toeganklike taxi bedrywighede deur nuwe taxi voertuie bekend te stel wat ontwerp is om die openbare vervoerfunksie in die taxi industrie te vervul. Die THP gaan nie slegs oor die skrap van ou taxi voertuie nie, maar ook oor hoe om die operateurs die beste te help om konstruktief voordeel deur bemagtiging te trek. Die verpligte vereistes is ook bedoel om die gemak van passasiers te verseker. [Bron en vertaal: SA Yearbook 2018] 2.2.1 Noem enige ander vorm van vervoer. (1) 2.2.2 Watter agentskap is verantwoordelik vir die oprigting en instandhouding van nasionalepaaie in Suid-Afrika? (1) 2.2.3 Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur. (2) 2.2.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer aan die ekonomie. (2) 2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die werking van openbare vervoer in die land verbeter? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 7 2.3 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas en vertaal uit: Google images] 2.3.1 Noem enige persoonlike eienskap van ’n entrepreneur. (1) 2.3.2 Wat is die vergoeding wat ’n entrepreneur ontvang? (1) 2.3.3 Omskryf kortliks die begrip entrepreneur. (2) 2.3.4 Verduidelik die rol van ’n entrepreneur in die ekonomie. (2) 2.3.5 Hoe sal regeringsinmenging in die mark, die vergoeding van ’n entrepreneur beïnvloed? (4) 2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ’n oop ekonomiesekringloop. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van sosio- ekonomiese dienste? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is geld as ’n ruilmiddel ingestel? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. LORENZ KURWE 120 Kummulatiewe inkome % 100 lyn van gelykheid 80 60 Land A 40 C Land B 20 D 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Kummulatiewe bevolking % [Aangepas uit: Fokus Ekonomie] 3.2.1 Identifiseer die land met die mees ongelyke verspreiding in bostaande grafiek. (1) 3.2.2 Wat beteken ’n Gini-koëffisiënt van nul? (1) 3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Lorenz kurwe. (2) 3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz kurwe en die Gini- koëffisiënt. (2) 3.2.5 Veronderstel die area tussen Land A en die lyn van gelykheid (C) is 20 en die totale area (C + D) onder die lyn van gelykheid is 100. Bereken die Gini-koëffisiënt. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 9 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE MOI RANGORDE Suid-Afrika spog met ’n hoogsontwikkelde ekonomie en gevorderde infrastruktuur. Dit is ’n beduidende rolspeler op die Afrika-kontinent. Hoewel ontwikkeling egter afgeneem het en die nasie het een van die hoogste ongelykheid koerse in die wêreld. Globale rangorde: 113 Lewensverwagting: 63,4 BBP: 349,4 miljard VSA$ Bruto Nasionale Inkome Per capita: 11,923 VSA$ MOI rangorde in Afrika: 8 [Aangepas en vertaal uit: africanexponent.com] 3.3.1 Noem enige eienskap van ontwikkelende lande. (1) 3.3.2 Watter aanwyser word gebruik om MOI te meet? (1) 3.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling. (2) 3.3.4 Verduidelik die gebruik van per capita syfers. (2) 3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die kwaliteit van menslike hulpbronne verbeter? (4) 3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels. (4 x 2) (8) 3.5 Evalueer die Heropbou en Ontwikkelingsprogram as ’n ontwikkeling strategie in Suid-Afrika. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is rykdom belangriker as inkome? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK–2019 Teen heersende pryse 2018 2019 Vergoeding aan werkers 2 320 179 2 418 544 Netto bedryf surplus 1 249 182 1 296 696 Verbruik van vaste kapitaal 638 782 713 078 Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste 4 245 848 4 428 317 Ander belasting op produksie 101 936 105 061 Min: ander subsidies op produksie 6 492 9 798 Bruto toegevoegde waarde teen basiese 4 173 328 4 523 580 pryse Belasting op produkte 545 558 564 866 Min: subsidies op produkte 12 951 10 821 Bruto binnelandse produk teen markpryse 4 873 899 5 077 625 [Bron en vertaal: SARB – KB Maart 2020] 4.2.1 Gee ’n voorbeeld van belasting op produkte. (1) 4.2.2 Waaruit bestaan vergoeding van werkers? (1) 4.2.3 Omskryf kortliks die begrip lopende pryse. (2) 4.2.4 Verduidelik die doel van subsidies op produksie. (2) 4.2.5 Bereken die verbruik van vaste kapitaal as ’n persentasie van die BTW teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 11 4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. ƌ Dekade om NOP se Visie te bereik Die jaar 2020 merk die 26ste jaar van demokrasie in Suid-Afrika en ook dat ons slegs 10 jaar oor het om ƌ visie, soos in die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) geskets, te bereik. Die plan lê jaar-vir-jaar teikens neer wat deur die regering bereik moet word. Dit sluit in die aftakeling van die strukturele ekonomiese elemente wat onveranderd gebly het en voortgaan om, onder andere, ekonomiese groei pogings in die wiele te ry. [Bron: Aangepas en vertaal uit https://mg.co.za/article/] 4.3.1 Wat is die hoofdoel van die NOP? (1) 4.3.2 In watter jaar beplan die NOP om sy doelwitte te bereik? (1) 4.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese groei. (2) 4.3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking wat die NOP op belasting- betalers mag hê. (2) 4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie uit die implementering van die NOP voordeel trek? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor. (4 x 2) (8) 4.5 Ontleed Suid-Afrika se beperkings tot ekonomiese groei. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal as volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding: x ’n Goeie beginpunt is om ’n begrip of sleutelwoord te definieer wat in die vraag voorkom. x Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. x Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie. x Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie. x Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. Maks. 2 Inhoud: Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In diepte bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Maks. 26 Addisionele gedeelte: Eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Kritiese evaluasie / Teken ’n grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks Maks. 10 Slot: x Die slot is ’n opsomming van wat bespreek is in die inhoud en behoort ’n hoër orde antwoord te wees. x Die slot kan in die vorm wees van ’n eie opinie voorbeelde om die bespreking te ondersteun of weersprekende siening van wat bespreek is. Maks. 2 x Geen aspek van die inleiding of die inhoud mag in die slot ingesluit word nie. TOTAAL: 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE x Bespreek in detail ’n gemengde ekonomie onder die volgende hoofde: ¾ Eienskappe/Kenmerke ¾ Nadele (26) x Hoe bevoordeel ’n gemengde ekonomie sy bevolking? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE x Bespreek in detail die monetêre beleidsinstrumente. (26) x Hoe suksesvol is die SARB met die stabilisering van pryse op die verskillende markte, as sy hoofdoel? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
2 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A 33 insette 1.1.2 C 33 buitelandse direkte investering 1.1.3 D 33 volle indiensname 1.1.4 C 33 BBP teen konstante pryse 1.1.5 A 33 vlak van per capita inkome 1.1.6 B 33 landbou 1.1.7 D 33 Sasol 1.1.8 B 33 terugkoop koers (8 X 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 F3 Hierdie dokument skets hoe die regering voorstel om sy besteding oor ƌ gegewe tydsperiode te finansier 1.2.2 E3 ƌ Proses waar buitelandse lande hul besighede uit ƌ land onttrek 1.2.3 H3 Is betrokke in die produksie of ontginning van grondstowwe 1.2.4 A3 Ondernemings wat deur die staat beheer word 1.2.5 B3 Staatsinmenging om werkers te beskerm teen onregverdige arbeidspraktyke 1.2.6 D3 ƌ Beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van landbougrond aan swart mense in die ekonomie, te vergroot 1.2.7 C3 Die verhouding tussen inset en uitset 1.2.8 G3 Die totaal van die faktor inkome in ƌ land (8 X 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 3 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Per capita inkome 3 1.3.2 Informele sektor 3 1.3.3 Bruto Binnelandse Produk teen markpryse 3 1.3.4 Monetêre beleid 3 1.3.5 Geslote ekonomie 3 1.3.6 Verstedeliking 3 (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne beïnvloed. x aanbod en vraag 3 x klimaat 3 x ligging 3 x kwaliteit van hulpbronne 3 x tegnologie 3 (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word invoere nie in binnelandse besteding ingesluit nie. x Dit is omdat dit nie deel vorm van die binnelandse produksie nie. 33 x Die inkome van hul aankope word in ander lande en nie plaaslik bestee nie. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Noem enige ander vorm van vervoer. x Spoorvervoer 3 x Lugvervoer 3 x Watervervoer 3 (Enige 1 x 1) (1) 2.2.2 Watter agentskap is verantwoordelik vir die oprigting en instandhouding van nasionale paaie in Suid-Afrika? Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) 3 (1) 2.2.3 Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur. x Infrastruktuur is die basiese geriewe, dienste en installasies wat benodig word vir die werking van ’n ekonomie, soos byvoorbeeld geboue, paaie en verskaffing van energie wat produktiwiteit moontlik maak. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer aan die ekonomie. x Vervoer bring die verbruiker en die vervaardiger bymekaar. 33 x Dit lewer ’n waardevolle bydrae tot die bruto binnelandse produk van die land. 33 x Dit help met die groei van toerisme. 33 x Dit verskaf werksgeleenthede. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 5 2.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die werking van openbare vervoer in die land verbeter? Die regering kan openbare vervoer verbeter deur die volgende: x Dit maklik te maak om openbare vervoer te gebruik as die ontwerp van openbare voertuie verbeter word en deur die gebruik van voertuig tariewe. 33 x Munisipaliteite moet nouer met taxi’s saamwerk en inligting stelsels gebruik om die werking daarvan beter te bestuur. 33 x Samewerking met maatskappye wat innoverende toepassings ontwikkel wat heen-en-weer-ry oplossings bied aan groot werkverskaffers, in plaas daarvan om aan werkers parkeer geriewe te bied. 33 x Verminder verkeersopeenhopings deur toegewyde bane toe te ken vir die gebruik van openbare vervoer. 33 x Regulering van openbare vervoer tariewe. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem enige persoonlike eienskap van ’n entrepreneur. x Goeie kommunikasie vaardighede 3 x Goeie mense vaardighede 3 x Bereidheid om berekende risiko’s te neem 3 x Hoë vlakke van kreatiwiteit en innovasie 3 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1) 2.3.2 Wat is die vergoeding wat ’n entrepreneur ontvang? Wins 3 (1) 2.3.3 Omskryf kortliks die begrip entrepreneur. x ’n Persoon wat die risiko loop om ’n nuwe besigheid te begin en te finansier, wat die behoeftes van verbruikers sal bevredig deur die doeltreffende samevoeging van die ander produksiefaktore, ten einde ’n wins te maak. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 2.3.4 Verduidelik die rol van ’n entrepreneur in die ekonomie. x Entrepreneurs bevredig die behoeftes van verbruikers deur goedere en dienste te verskaf wat deur verbruikers vereis word. 33 x Hulle dien as ’n mark vir die natuurlike hulpbronne of grondstowwe. 33 x Hulle verskaf inkome aan die eienaars van die produksiefaktore. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 2.3.5 Hoe sal regeringsinmenging in die mark, die vergoeding van ’n entrepreneur beïnvloed? x Die vergoeding sal toeneem wanneer die regering die entrepreneur ’n subsidie betaal vir die produksie van noodsaaklike goedere, wat weer die produksiekoste sal verlaag. 33 x Die vergoeding sal daal wanneer die regering die minimum lone implementeer wat tot ’n toename in die produksiekoste sal lei. 33 x Entrepreneurs is afhanklik van verskillende maatreëls, byvoorbeeld verlaging in belasting. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ’n oop ekonomiesekringloop. x Huishoudings is die hoofverbruikers van ekonomiese goedere en dienste – hulle gebruik hulle inkome om van besighede te koop. 99 x Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die eienaars van die vier produksiefaktore is. 99 x Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede. 99 x Huishoudings ontvang ’n vergoeding van die besighede in die vorm van lone, huur, rente en wins. 99 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (4 x 2) (8) 2.5 Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van sosio- ekonomiese dienste? Die SA regering was suksesvol in die lewering van sosio-ekonomiese dienste in die volgende maniere: x Verskaffing van gratis basiese onderwys en die prioritisering daarvan deur sy Vroeë Kinderontwikkeling ten einde te verseker dat alle kinders toegang tot onderwys verkry. 99 x Verskaffing van gratis gesondheidsorg deur sy openbare gesondheid klinieke en hospitale wat toeganklik is vir al die inwoners. 99 x Verskaffing van sosiale toelaes aan miljoene van die armes in Suid-Afrika. 99 x Verskaffing van gesonde maaltye by baie openbare skole in die land. 99 x Baie huishoudings het elektrisiteit geriewe ontvang en toegang tot skoon water en sanitasie. 99 x Daar is huise vir miljoene gesinne gebou. 99 x Die regering het ’n beduidende poging aangewend ten opsigte van werkverskaffing deur sy Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP). 99 x Daar was pogings om landbou en voedselsekuriteit in plattelandse gebiede ’n hupstoot te gee deur verskillende projekte van die Departement van Landbou. 99 Die regering was nie suksesvol in die lewering van sosio- ekonomiese dienste in die volgende manier nie: x Die aantal mense wat werkloos is, het in die afgelope jare toegeneem. 99 x Korrupsie het dienslewering in die land verhoed. 99 x Die swak toestand van gesondheidsentrums met uiterste tekorte. 99 x Styging in armoede vlakke soos wat meer mense werkloos raak. 99 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 7 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank. x Dit is ’n bankier vir handelsbanke 3 x ’n Bankier vir die regering 3 x ’n Bewaarder van goud en buitelandse valutareserwes 3 x Verskaf ekonomies en statistiese dienste 3 (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is geld as ’n ruilmiddel ingestel? x Om handel te vereenvoudig. 33 x Om die tekortkominge van die ruilhandel stelsel te oorbrug. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer ’n land met die mees ongelyke verspreiding in die bostaande grafiek. Land B 3 (1) 3.2.2 Wat beteken ’n Gini-koëffisiënt van nul? Dit beteken gelyke verdeling van inkome / volmaakte gelykheid. 3 (1) 3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Lorenz kurwe. ’n Grafiek wat die verspreiding van inkome (of rykdom) aandui, binne ’n ekonomie. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz kurwe en die Gini- koëffisiënt. x Hoe meer ongelyk ’n land se inkome verspreiding is, hoe vêrder is sy Lorenz kurwe van die 45 grade lyn en hoe hoër is sy Gini- koëffisiënt. 33 x As daar volmaakte gelykheid is, sal die Lorenz kurwe dieselfde wees as die 45 grade lyn en die Gini-koëffisiënt sal nul wees. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 3.2.5 Veronderstel die area tussen Land A en die lyn van gelykheid (C) is 20 en die totale area (C + D) onder die lyn van gelykheid is 100. Berekend die Gini-koëffisiënt. Toon alle berekeninge. Gini-koëffisiënt = C / C + D3 = 20 / 1003 = 0,2 33 (Maksimum 2 punte vir slegs die antwoord) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Noem enige eienskap van ontwikkelende lande. x Lae lewenstandaard 3 x Lae per capita inkome3 x Ongelyke verdeling van inkome 3 x Lae lewensverwagting 3 x Gebrek aan onderwys 3 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1) 3.3.2 Watter aanwyser word gebruik om MOI te meet? x Lewensverwagting 3 x Onderwys 3 x BBP per capita 3 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1) (1) 3.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling. x Dit is ’n verbetering in die lewenstandaard van die mense in ’n land. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 3.3.4 Verduidelik die gebruik van per capita syfers. x Om die lewenstandaard in ’n land te meet. 33 x Om voorspoed vlakke van verskillende lande te vergelyk. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die kwaliteit van menslike hulpbronne verbeter? Die regering kan: x in kwaliteit onderwys belê 33 x indiensopleiding verskaf 33 (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels. x Dit word beskou as die sleutel tot volhoubare sosiale en ekonomiese ontwikkeling. 33 x Verskaf ’n produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop gemik is om gemeenskappe te help. 33 x Bied probleemoplossings planne of strategieë aan plaaslike gemeenskappe, veral die armes. 33 x Verteenwoordig ’n belangrike bydrae tot globale ontwikkeling van kennis. 33 (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 9 3.5 Evalueer die Heropbou en Ontwikkelingsprogram as ’n ontwikkeling strategie in Suid-Afrika. Positief: x was’n arbeidsintensiewe openbare werke program 33 x gehelp het in die vermindering van armoede deur meer werksgeleenthede te skep 33 x ’n sosio-ekonomiese beleidsraamwerk was wat soos ’n goue draad deur elke regeringsplan geloop het 33 x gehelp het met die ontwikkeling van menslike hulpbronne wat die ekonomie die meeste benodig vir ontwikkeling 33 x gehelp het met die toename in infrastruktuur ontwikkeling 33 x die implementering van grondhervorming aangemoedig het 33 x gehelp het met die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre gesondheidsorg 33 Negatief: x Werkloosheidskoers hou aan styg 33 x Armoede en dienslewering is nooit verbeter nie 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te bereken. x Produksiemetode 3 x Inkomemetode 3 x Bestedingsmetode 3 (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is rykdom belangriker as inkome? x Rykdom is meer belangrik om sosiale ongelykheid te verstaan aangesien dit ’n inkome genereer en daarom hang inkome ongelykheid gedeeltelik af van rykdom ongelykheid. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Gee ’n voorbeeld van belasting op produkte. x BTW 3 x Aksyns (Sonde belasting) 3 (1) 4.2.2 Waaruit bestaan vergoeding van werkers? Salarisse en lone 3 (1) 4.2.3 Omskryf kortliks die begrip lopende pryse. x Lopende pryse meet BBP deur die werklike pryse te gebruik wat ons in die ekonomie waarneem. 33 x Heersende pryse maak geen aanpassings vir inflasie nie. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 4.2.4 Verduidelik die doel van subsidies op produksie. x Subsidies op produksie verlaag die produksiekoste vir die vervaardiger en moedig produksie van noodsaaklike produkte aan. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 4.2.5 Bereken die verbruik van vaste kapitaal as ’n persentasie van die BTW teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge. x 713 078 / 4 428 317 X 100 33 16,1% 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Wat is die hoofdoel van die NOP? x Om armoede en ongelykheid uit te roei. 3 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 11 4.3.2 In watter jaar beplan die NOP om sy doelwitte te bereik? 2030 3 (1) 4.3.3 Omskryf kortliks die begrip ekonomiese groei. x Dit is ’n toename in die produksievermoë van ’n land. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1 x 2) (2) 4.3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking wat die NOP op belasting- betalers mag hê. x Om die NOP te implementeer sal die regering toenemend meer inkome benodig – meer en hoër belasting sal benodig word. 33 x Dit verlaag besteebare inkomste nog meer. 33 x Hoër vlakke van bedrog en korrupsie beïnvloed dienste aan die armes. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 4.3.5 Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie uit die implementering van die NOP voordeel trek? Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bevoordeel word deur: x Verlaging van jeug werkloosheid 33 x Jong mense van breër geleenthede te voorsien 33 x Die mededingende vermoë van die ekonomie te verhoog 33 x Die lewenstandaard van die mense te verhoog 33 x Die pas van industrialisasie te versnel 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor. x Dra by tot die BBP 33 x Verskaf werksgeleenthede 33 x Dit is ’n bron van inkome vir die staat 33 x Skep ’n mark vir verbruikers produkte 33 x Dra by tot uitvoere 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8) 4.5 Ontleed Suid-Afrika se beperkings tot ekonomiese groei. x Die oorwaardering en die wisselvalligheid van Suid-Afrika se geldeenheid 33 x ’n Onvoldoende nasionale infrastruktuur 33 x ’n Tekort aan geskoolde arbeid 33 x Hindernisse tot toetrede, beperkings op mededinging en beperkte nuwe geleenthede vir investering 33 x Tekorte in die staat se organisasie, vermoë en leierskap 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE x Bespreek in detail ’n gemengde ekonomie onder die volgende hoofde: ¾ Eienskappe/Kenmerke ¾ Nadele (26) x Hoe bevoordeel ’n gemengde ekonomie sy bevolking? (10) INLEIDING x ’n Ekonomiese stelsel is die manier hoe ’n land probeer om die vrae te beantwoord rondom wat geproduseer moet word, met wat en deur wie. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (2) HOOFGEDEELTE KENMERKE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE x Meeste van die produksiefaktore is in privaat besit, maar die regering reguleer die besit daarvan. 33 x Die regering meng in waar mark ondoeltreffendheid voorkom ten die markmislukking te voorkom. 33 x Mededinging bestaan tussen besighede. 33 x Die winsmotief speel ’n belangrike rol in die ekonomie. 33 x Die openbare sektor verskaf infrastruktuur en openbare dienste omdat daar weinige winsmotief vir die vryemark is om hierdie goedere en dienste te verskaf. 33 x Die regering meng in die werking van die ekonomie in en stel wette daar om die werking van die ekonomie te verbeter, 33 soos die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. 3 x Die regering gebruik ƌ progressiewe belastingstelsel om inkome te herverdeel. 33 x Privaat individue gebruik hulle eie inisiatief om produkte en dienste te vervaardig en te verkoop wat die behoeftes van die verbruikers sal bevredig. 33 x Demokrasie en vryheid bestaan. 33 NADELE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE x Markmislukkings kom voor wanneer skaars hulpbronne vermors of uitgebuit word as gevolg van verkeerde produksie besluite deur privaat besighede. 33 x Omgewingsagteruitgang is ’n probleem en arbeid word dikwels uitgebuit as die rol van die staat te klein is. 33 x Inkome verspreiding is nie gelyk nie. 33 x ’n Gemengde ekonomie staar probleme van werkloosheid, inflasie en sakesiklusse in die gesig. 33 x Omdat die regering die wetgewende prosesse beheer, bestaan die risiko dat dit oormatige sosiale en welsyn dienste kan verskaf met oormatige belasting van die privaatsektor. 33 x Gemengde ekonomieë behaal nie die hoë vlakke van doeltreffendheid wat markekonomieë behaal nie. 33 x Hulle verlaag nie armoedevlakke gou genoeg nie. 33 x In gemengde ekonomieë, laat staatsbeheerde ondernemings oor die algemeen nie mededinging toe nie, 33 en dit skep monopolieë. 33 (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 13 ADDISIONELE GEDEELTE x Die gemengde ekonomie laat toe dat die regering sy mense en sy mark beveilig deur sy rol in die weermag, internasionale handel en nasionale vervoer. 33 x Die regering bestuur ook gesondheidsorg, welsyn en aftree programme. 33 x ƌ Gemengde ekonomie versprei goedere en dienste na plekke waar dit die meeste benodig word en laat toe dat pryse die aanbod en vraag meet. 33 x ƌ Gemengde ekonomie beloon die mees doeltreffende produsente met die hoogste wins. Dit beteken verbruikers kry die beste waarde vir hulle geld. 33 x Dit moedig innovasie aan om kreatief, goedkoop en doeltreffend te voldoen aan die verbruiker se behoeftes. 33 x Dit ken outomaties kapitaal aan die mees innoverende en doeltreffende produsente toe, wat op hul beurt weer kapitaal kan investeer in meer besighede soos hulle s ƌ. 33 x Die groter rol wat die regering speel maak voorsiening vir die vinnige mobilisering van fondse na areas soos beskerming, tegnologie en lugvaart, wat dikwels deur die markekonomie afgeskeep word. 33 x Die uitgebreide rol van die regering verseker ook dat minder mededingende deelnemers aandag geniet. 33 SLOT In werklikheid, hang dit af van hoe ƌ gemengde ekonomie bestuur word, want selfs die vryemark ekonome met die sterkste wil, sal saamstem dat ƌ mate van regerings- inmenging nodig in ƌ land is. 33 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES x Bespreek in detail die monetêre beleidsinstrumente. (26) x Hoe suksesvol is die SARB met die stabilisering van pryse op die verskillende markte, as sy hoofdoel? (10) INLEIDING Monetêre beleid verwys na die maatreëls wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank toepas om die hoeveelheid geldvoorraad in die land te beïnvloed. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding) (Maks. 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V1 (EC/NOVEMBER 2020) HOOFGEDEELTE Rentekoerse 3 x Die rentekoers, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrument wat die SARB gebruik om sy monetêre beleid te implementeer. 33 x Tydens inkrimping van ekonomiese aktiwiteite, sal die SARB die repokoers verlaag ten einde die ekonomie te stimuleer. 33 x Lae rentekoerse sal verbruiksbesteding verhoog. 33 x Daar sal maklike toegang tot die verkryging van lenings wees aangesien dit meer bekostigbaar raak. 33 x Die aanbod van geld sal toeneem. 33 x Besteding sal ook toeneem en die ekonomie is sodoende gestimuleer. 33 x Wanneer daar inflasionêre druk is, sal die SARB die repokoers verhoog en banke sal die prima uitleenkoers dienooreenkomstige verhoog. 33 x Hoë rentekoerse sal daartoe lei dat mense meer van hulle geld spaar aangesien hulle ’n hoër opbrengs sal ontvang. 33 x Daar sal minder geld wees om te bestee. 33 x Lenings sal ook te duur raak. 33 x Die aanbod van geld sal afneem en inflasie sal ook daal. 33 Kontantreserwe vereiste 3 x Die SARB kan ook die aanbod van geld beïnvloed deur die persentasie van deposito’s wat banke, as ’n kontantreserwe moet hou, te verander. 33 x Wanneer die SARB die aanbod van geld moet beperk, sal hulle die persentasie van die kontantreserwe vereiste verhoog. 33 x Dit sal veroorsaak dat die banke minder geld het om krediet mee toe te staan. 33 x Minder lenings sal lei tot minder inspuitings (toevoegings) van geld in die ekonomie. 33 x Die aanbod van geld sal dan daal. 33 Ope mark transaksies 3 x Ope mark transaksies behels die koop en verkoop van staatsekuriteite. 33 x Wanneer die SARB die aanbod van geld wil beperk, verkoop hulle sekuriteite aan die banke. 33 x Die banke het dan minder beskikbare geld om lenings mee toe te staan. 33 x Wanneer die SARB die aanbod van geld wil verhoog en die ekonomie wil stimuleer, koop hulle sekuriteite van die banke. 33 x Die geld wat dan deur die Reserwebank uitbetaal word, sal na die banke vloei. 33 x Die banke kan nou weer meer krediet toestaan, 33 wat lei tot ’n toename in die aanbod van geld. 33 Morele oorreding 3 x Die SARB kan deur oortuigende morele oorreding vir die banke vra om versigtiger te wees met die toestaan van lenings. 33 x Die Reserwebank kan ook morele oorreding gebruik om verbruikers te waarsku om nie te veel te bestee nie en eerder te bespaar gedurende tye van inflasie. 33 (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) EKONOMIE V1 15 ADDISIONELE GEDEELTE x Die VPI het die boonste koers vlak van die inflasieteiken gedurende 2014 gebreek. 33 x Die SARB het rentekoerse verhoog ten einde die inflasiekoers terug te bring na die laer koers vlak, met ander woorde stabilisering van prys. 33 x Die vasstel van die inflasiekoers teiken van 3 – 6% was ƌ groot inisiatief deur die regering wat die SARB gehelp het om die pryse te stabiliseer. 33 x ƌ Afname in die pryse van internasionale ru-olie, oor die afgelope maande, het die wêreldwye inflasionêre druk, onderdruk. 33 x Dit dra grootliks by tot die laer plaaslike inflasie, wat die produksieprysinflasie gunstig beïnvloed. 33 x As gevolg hiervan was dit vir die SARB moontlik om die repokoers onveranderd te hou. 33 x PPI vir intermediêre vervaardigde goedere het ƌ positiewe invloed op die stabilisering van pryse. 33 x Alhoewel die Reserwebank baie suksesvol is in die stabilisering van pryse, het sekere eksterne faktore wat die globale ekonomie beïnvloed het, soos die wêreld resessie, ƌ negatiewe impak op die SARB se pogings om die pryse te stabiliseer. 33 x Ander faktore soos disinvestering as gevolg van swak regeringsbestuur, lei to ƌ skerp afname in stabiliteit wat die stabilisering effek van die SARB belemmer. 33 x Die swak waarde van die Rand op die internasionale markte is ƌ groot negatiewe bydraende faktor tot die inflasiekoers as gevolg van die groot afhanklikheid van invoere. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) SLOT Die uitbreek van Covid-19 het ƌ geweldige invloed gehad op die besluit van die Monetêre Beleidskomitee in hulle poging om die ekonomie te stimuleer. 33 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot) (2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all