You're offline
Skip to content
Question paper

Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr

Subject: Agricultural Management PracticesGrade 12202518 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE NOVEMBER 2025 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees die vrae aandagtig deur en beantwoord SLEGS wat gevra word. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE stappe in die berekeninge. 7. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A 2025 VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Die grondtoestand wanneer poriespasies met water deurweek word, word … genoem. A neerslag B verdamping C waterafvloei D versuiping 1.1.2 Indien die drakrag van die veld 8 ha/GVE is, kan die boer … GVE op 500 ha laat wei sonder agteruitgang van die veld. A 62,5 B 63 C 62 D 70 1.1.3 Deel van die totale kostekomponent wat NIE aan enige mikro- onderneming toegewys is NIE: A Oorhoofse koste B Vaste koste C Produksiekoste D Veranderlike koste 1.1.4 Geldwaarde van die landbouproduksie gedurende 'n rekenkundige tydperk: A Bruto produksie B Bruto inkomste C Wins D Gelykbreekpunt 1.1.5 Die bedryfsplan in 'n boerdery-besigheidsplan fokus ook op die … A aantal en tipe werknemers. B werwing van geskikte personeel. C opsomming van die onderneming se details. D moniteer van prestasie en verseker van kwaliteitsbeheer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.6 Identifiseer die stelling in die SSGB('SWOT')-ontleding wat as 'n sterk punt vir die boerderyonderneming beskou word: A Verbruikers het nie maklike toegang tot die mark nie B Hoë aanvraag na 'n produk C Baie produsente verkoop die produk D Produksie van hoëgehalteprodukte 1.1.7 Op 'n boer se kontrolelys vir finansiële rekordhouding moet die Inkomstestaat op 'n … basis met die jaar-tot-datum-begroting vergelyk word. A jaarlikse B maandelikse C weeklikse D daaglikse 1.1.8 Om die likiditeit van 'n plaas te bepaal, word die verskil tussen die … bereken. A bates en laste B inkomste en uitgawe C wins en verlies D lening en maandelikse betalings Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.1.9 Watter EEN van die illustrasies hieronder toon sekondêre omskakeling gedurende produkprosessering? A B C D 1.1.10 Die hoofrede vir die verkoeling van landbouprodukte gedurende verspreiding na verskillende bemarkingsafsetpunte is om … A die massa vir makliker vervoer te verminder. B die volume vir makliker vervoer te verminder. C die smaak vir verbruikers te verbeter. D bederf te voorkom. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 M. Gebruik elke beskrywing in KOLOM B slegs EEN keer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Kampe A 'n droom vir toekomstige doelwitte van die onderneming met die fokus 1.2.2 Tekstuur op energie en hulpbronne 1.2.3 Hommeltuig B bewys wat 'n boer ontvang wanneer geld gebank word 1.2.4 Wet op Verbruikers- beskerming, 2008 C bevorder 'n billike, toeganklike en (Wet 68 van 2008) volhoubare markplek 1.2.5 Visie D metode om voedselprodukte te oes 1.2.6 Bemarking E die verkoop van 'n produk teen 'n hoër prys ver weg van die plaas af 1.2.7 Depositostrokie F omheinde areas wat gebruik word vir 1.2.8 Blansjering effektiewe benutting deur vee wat wei 1.2.9 Met die hand pluk G verhoging van die rentekoers op geleende geld 1.2.10 Finansiële risiko H die proses van beplanning, produksie, prysbepaling, bemarking en verspreiding van goedere en dienste I lys van al die bates op 'n plaas J gebruik in groentebewerking om ensiemaksie te keer K 'n eienskap van grond wat permanent is en nie verander kan word nie L 'n toestel wat boere in staat stel om inligting te bekom wat in presisieboerdery en veebestuur gebruik word (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.3 Gee die KORREKTE landboukundige term(e) vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 Rekordhouding. 1.3.1 'n Term wat deur bestuur gebruik word wat verwys na die produksie- uitset van die arbeidsmag in 'n spesifieke periode 1.3.2 Wanneer die totale waarde van 'n boerderyonderneming se Inkomstestaat negatief is 1.3.3 Die proses om inligting oor verbruikers se behoeftes en voorkeure in te samel 1.3.4 'n Brondokument wat aandui wat 'n koper die verkoper moet betaal volgens die verkoper se betalingsvoorwaardes 1.3.5 'n Kenmerk van hierdie preserveringsmetode is die vorming van yskristalle wat tot weefselbeskadiging kan lei (5 x 1) (5) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) om die volgende stellings WAAR te maak. Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 Vaste kapitaal. 1.4.1 Veldverbetering is 'n bydraende faktor tot gronddegradasie. 1.4.2 'n Reënmeter meet daaglikse temperatuur in 'n kweekhuis. 1.4.3 'n Bemarkingsplan is 'n instrument wat 'n boer help om die besigheid vir toekomstige vooruitsigte te evalueer. 1.4.4 Fisiese arbeid verwys na besluitneming en bestuursinisiatiewe by boerderyaktiwiteite. 1.4.5 Werkers wat landbouprodukte hanteer, moet 'n goeie begrip van gradering hê om kontaminasie te voorkom. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2: FISIESE PLAASBEPLANNING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Bestudeer die faktore hieronder wat die vermoë van grond beperk om voedsel te produseer. A B C 2.1.1 Identifiseer die faktore wat die vermoë van grond beperk om voedsel te produseer in elk van die volgende sinne. Skryf die letters (A–C) langs die vraagnommers (2.1.1(a) en 2.1.1(b)) neer. (a) Dien as 'n groeimedium en 'n bron van plantvoedingstowwe (1) (b) Los plantvoedingstowwe in die grond op vir absorpsie deur plantwortels (1) 2.1.2 Noem die prosesse by plantegroei waarop FAKTOR C 'n invloed het. (3) 2.2 Bespreek die gevolge van fotoperiode (dagliglengte) op gewas- en diereproduksie. (4) 2.3 Drie tipes kapitaal word in landbou gebruik, soos hieronder beskryf. TIPE BESKRYWING KAPITAAL A Items wat nie van een plek na 'n ander verskuif kan word nie B Items wat in 'n periode van minder as 'n jaar verbruik word C Items wat van een plek na 'n ander verskuif kan word 2.3.1 Identifiseer ELKE tipe kapitaal wat deur A, B en C onderskeidelik aangedui word. (3) 2.3.2 Noem die probleme wat met kapitaal as 'n hulpbron geassosieer word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.4 Die prente hieronder toon goeie en swak veldbestuur. A B 2.4.1 Lei TWEE moontlike weidingspraktyke af wat tot die resultaat getoon in PRENT B, aanleiding gegee het. (2) 2.4.2 Verduidelik die effek van die volgende faktore op produksie wanneer daar na veldgebruik vir weiding verwys word: (a) Smaaklikheid (2) (b) Topografie (2) (c) Erosie (2) 2.5 Onderskei tussen gronddegradasie en grondbesoedeling met gebruik van toepaslike voorbeelde. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.6 Die tabel hieronder dui verskillende boerderymetodes aan. OORSIG VAN PLAAS A PLAAS B PLAAS C PLAAS Grootte van 2 500 ha 2 ha 100 ha grond: Voorsiening Diere is slegs Verskaf Verskaf voer en van voer: van natuurlike kommersiële laat diere toe om weiveld afhanklik voer op natuurlike weiveld te wei Geboue: Geen Omgewings- Opgerigte beheerde geboue vir vee geboue vir vee Toerusting: Het nie duur Benodig Benodig toerusting nodig waterbakke, waterbakke, nie voerbakke en voerbakke en ventilators ventilators 2.6.1 Identifiseer boerderymetode A, B en C soos in die tabel hierbo getoon. (3) 2.6.2 Beskryf die besorgdheid rakende die omgewing met betrekking tot die boerderymetode wat op PLAAS B gebruik word. (4) 2.6.3 Noem die voordele van die boerderymetode wat op PLAAS A gebruik word. (2) 2.7 Plaaswerkers se swak gesondheid kan 'n boerderyonderneming negatief beïnvloed. Klassifiseer die gevolg van die werkers se swak gesondheid in die voorbeelde hieronder as indirek of direk. Voorbeelde van plaaswerkers se swak gesondheid in 'n boerderyonderneming: 2.7.1 Afwesighede by 'n besigheid wat noodsaaklike dienste aan die plaas lewer (1) 2.7.2 Afwesigheid van 'n plaaswerker weens siekte (1) 2.7.3 Afwesigheid van 'n plaaswerker weens siekte van 'n familielid (1) 2.7.4 Afwesighede by 'n maatskappy wat infrastruktuur aan die plaas voorsien (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: Misdaad in Suid-Afrika bedreig die toerismesektor. Toeriste staan die gevaar om ontvoer, aangerand of beroof te word. Sommige plase het hulle infrastruktuur verbeter en waarnemingstoerusting in hoërisiko-areas geïnstalleer. Boere het begin om inwonerpatrollering te gebruik om vreemdelinge weg te hou. Agritoerisme kan slegs suksesvol wees indien toeriste veilig voel terwyl hulle ons land besoek. 2.8.1 Identifiseer, in die scenario hierbo, DRIE metodes wat gebruik kan word om die veiligheid van toeriste te verseker. (3) 2.8.2 Beskryf hoe misdaad die agritoerismesektor in Suid-Afrika kan affekteer. (4) 2.8.3 Kies, uit die lys hieronder, die tipe toeriste verteenwoordig deur die prente. Skryf SLEGS die tipe toeris langs die letters (A–C) neer. Elke tipe mag slegs EEN KEER gebruik word. produkroetetoeris; opvoedkundige toeris; kulturele toeris; avontuurtoeris A B C (3) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSBEPLANNING, ENTREPRENEURSKAP, BEMARKING, PRYSBEPALING EN DIE BESTUURSPROSES Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Doelwitte en doelstellings is 'n afdeling van die sakeplan wat produksie- en finansiële doelwitte spesifiek tot die besigheid bevat. Die doelwitte moet voldoen aan die 'SMART'-beginsels om besigheiddoelstellings vas te stel. 3.1.1 Dui aan wat die letters van die 'SMART'-akroniem verteenwoordig. (5) 3.1.2 Verduidelik waarom 'n doel soos verhoog verkope as 'n vae doel beskou word. (2) 3.2 Definieer die term entrepreneur. (2) 3.3 Besighede en besigheidsgeleenthede in landbou kan in verskillende sektore verdeel word. Voorbeelde van die verskillende sektore: • Versekeringsmaatskappy • Bosbou • Agritoerisme • Implementverskaffers • Suikerrietboere • Droëvrugte-produksie Noem die landbousektor en gee EEN voorbeeld uit die lys hierbo wat met die beskrywings in VRAAG 3.3.1 en VRAAG 3.3.2 hieronder ooreenstem. 3.3.1 Verskaffing van goedere en dienste (2) 3.3.2 Voeg waarde by landbouprodukte om 'n bemarkbare produk te verskaf (2) 3.4 Analiseer krities hoe die konsep diversifikasie tot besigheidsoorlewing bydra. (4) 3.5 Nismarkte is markte waar die boer 'n landbouproduk produseer wat vir 'n bepaalde marksegment bedoel is. 3.5.1 Noem TWEE maniere waarop 'n boer 'n nismarkonderneming meer winsgewend kan maak. (2) 3.5.2 Onderskei tussen nismarkbemarking en massabemarking. Kopieer die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK en voltooi dit. NISMARKBEMARKING MASSABEMARKING (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.6 Die volgende is verskillende beskrywings van die verskillende tipes kompetisie wat in die landboubesigheidsektor bestaan: • Besighede wat 'n alternatiewe produk of vervangingsproduk aanbied wat klante in plaas van joune kan gebruik • Besighede wat dieselfde produkte met 'n ander doel as joune gebruik • Besighede wat dieselfde produk of diens as joune in dieselfde mark aanbied • Besighede wat nie tans in jou mark is nie, maar wat oor die vermoë beskik om tot die mark toe te tree Kies die beskrywing uit die lys hierbo wat die BESTE pas by die tipe kompetisie wat hieronder aangedui is. 3.6.1 Direkte kompetisie (1) 3.6.2 Indirekte kompetisie (1) 3.7 Die tabel hieronder dui die getal sakke van 'n landbouproduk aan wat per week teen verskillende pryse verkoop is. PRYS PER AANTAL SAKKE INKOMSTE KOSTE SAK PER WEEK (R) (R) (R) VERKOOP 8,00 3 000 24 000 2 800 9,00 2 500 22 500 2 800 10,00 2 000 20 000 2 800 11,00 1 500 16 500 2 800 12,00 800 9 600 2 800 13,00 335 4 355 2 800 3.7.1 Lei, uit die tabel hierbo, 'n faktor af wat die vraag na die landbouproduk sal beïnvloed. (1) 3.7.2 Noem die invloed van die faktor wat in VRAAG 3.7.1 afgelei is oor die vraag na die landbouproduk. (1) 3.7.3 Verduidelik hoe die stygende prys van die produk die wins van die onderneming affekteer, gebaseer op die inligting wat in die tabel hierbo verskaf is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.8 Die verkoopsprys van 'n produk is R3 000 per ton, die vaste koste is R4 800 per hektaar en die veranderlike koste is R2 050 per hektaar. 3.8.1 Bereken die gelykbreekpunt (GBP). Vaste koste GBP = Prys − Veranderlike koste/ (2) 3.8.2 Beskryf wat die resultaat/gevolg vir die besigheid se wins of verlies sal wees indien die opbrengs 7 ton/ha is en wanneer die opbrengs 4 ton/ha is. (2) 3.9 Die volgende is kanale van vrye bemarking: • Internetbemarking • Vendusieverkope • Plaashekbemarking • Varsproduktemark • Kontrakbemarking Pas die kanale van vrye bemarking hierbo by die beskrywings hieronder. 3.9.1 'n Ooreenkoms of reëling om direk aan 'n groothandelaar te verkoop (1) 3.9.2 Bokke, skape en beeste word aan die hoogste bieër verkoop (1) 3.9.3 Goedere word aanlyn geadverteer en verkoop (1) 3.10 Beskryf hoe samewerking tussen boere en produkorganisasies boere kan bevoordeel. (2) 3.11 Noem die bestuursrol wat met die volgende scenario's verband hou: 3.11.1 Die toeken van 'n bonus vir die bereiking van 'n produksieteiken (1) 3.11.2 Ontwikkel 'n sakeplan vir 'n nuwe onderneming (1) 3.11.3 Groepeer plaaswerkers in werkspanne volgens spesifieke vaardighede (1) 3.11.4 Die aanteken van personeelverlof in die verlofregister (1) 3.12 Verduidelik waarom daar na beplanning as 'n dinamiese proses verwys word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.13 Die dokument hieronder toon 'n gedeelte van 'n kontrak tussen 'n boer en 'n plaaswerker. KONTRAK VAN INDIENSNEMING 1. Besonderhede van werkgewer: 1.1 Naam: XXX XXXXXX 1.2 ID: …1187 2. Besonderhede van werknemer: 2.1 Naam: ZZZ ZZZZZZ 2.2 ID: ...6078 3. Postitel: Masjienoperateur 4. Betalingsbesonderhede: 4.1 Metode van betaling: Maandelikse EFO 4.2 Bedrag: R4 500,00 5. Voorwaardes van indiensneming: 5.1 Duur van kontrak: 2 Jan 2025 tot bedanking/aftrede 5.2 Werksure: 08:00 tot 16:00 5.3 Verlof: Vyftien dae betaalde verlof per jaar 6. Beskermende klere: Geen Werknemerhandtekening: 02/01/2025 Werkgewerhandtekening: 02/01/2025 3.13.1 Beskryf die term kontrak van indiensneming. (2) 3.13.2 Lei, uit die dokument hierbo, die tipe plaaswerker af wat die kontrak moes teken, gebaseer op die voorwaardes van indiensneming. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 3.13.3 Noem TWEE maniere waarop die boer die ekonomiese toestande van plaaswerkers kan verbeter. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: FINANSIËLE BEPLANNING, REKORDHOUDING, OES, WAARDETOEVOEGING EN VERPAKKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 TIPES PLAASWERKERS seisoenale werker; voltydse werker; geleentheidswerker; finansiële werker; deeltydse werker Identifiseer, in die lys hierbo, die tipe werker wat 'n boer in diens sal neem om die werk hieronder genoem, te doen. Elke tipe werker kan slegs EEN KEER gebruik word. 4.1.1 Melk koeie elke oggend en elke aand (1) 4.1.2 Bou 'n skuur vir die behuising van koeie (1) 4.1.3 Werker wat benodig word om die koeie te melk wanneer die melker (werker wat koeie melk) met siekverlof is (1) 4.1.4 Werker kom vir twee maande elke jaar op die plaas werk gedurende die skeerseisoen of vir die snoei van bome (1) 4.2 Die Freshness Groentewinkel koop een honderd koolkoppe by Boer Z vir R7,00 per koolkop. Die winkel betaal die boer kontant vir die koolkoppe. 4.2.1 Voltooi die kwitansie hieronder vir die transaksie hierbo. Skryf slegs die vraagnommers (4.2.1(a) tot 4.2.1(c)) en die ontbrekende inligting in die ANTWOORDEBOEK neer. BOERDERYONDERNEMING KWITANSIE Ontvang van: (a) die bedrag van: (b) vir: (c) Boer Z (4) 4.2.2 Noem die nadele van 'n kontantbetaling. (3) 4.2.3 Noem 'n beter vorm van betaling, behalwe kontantbetaling, en gee die voordeel daarvan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.3 Verduidelik die doel van 'n gedeeltelike begroting. (2) 4.4 Onderskei tussen vaste koste en veranderlike koste. (4) 4.5 Bespreek kortliks die invloed van arbeidsbeplanning op werker- doeltreffendheid, gebaseer op die volgende aspekte: 4.5.1 Beplanning van die produksieproses (2) 4.5.2 Fisiese beplanning van die plaaseenhede (2) 4.5.3 Daaglikse beplanning (2) 4.6 Noem die hoofaspekte van beplanning wat 'n boer in ag moet neem voordat 'n gewas geoes word. (2) 4.7 Noem faktore wat tydens die hantering van produkte bestuur moet word om te verseker dat die verbruiker hoëgehalte-produkte ontvang. (2) 4.8 Noem die sigbare eienskappe wat by die gradering en sortering van vrugte en groente gebruik word. (4) 4.9 Beskryf die voordele van die stoor van graan op die plaas in vergelyking met die direkte bemarking van graan aan die verbruiker ná die oes. (2) 4.10 Noem die faktore wat boere in ag moet neem wanneer marknavorsing gedoen word voordat 'n waardetoevoegingsonderneming vir 'n produk begin word. (3) 4.11 Beskryf die voordele van beroking as 'n voedsel(produk)-preserveringsmetode. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.12 Die prente hieronder toon verskillende tipes produkte en verpakking. B D A C 4.12.1 Klassifiseer die produkte wat hierbo getoon word volgens hulle tipe verpakking. Kopieer en voltooi die tabel hieronder deur die letter (A, B, C of D) onder die toepaslike opskrif te skryf. Elke letter kan slegs EEN KEER gebruik word. TIPES VERPAKKING STEWIGE SEMI-SOLIEDE BUIGBARE VERPAKKING VERPAKKING VERPAKKING (3) 4.12.2 Identifiseer in PRENTE A–D hierbo 'n produk wat gepreserveer is. Motiveer jou antwoord. (2) 4.12.3 Identifiseer in PRENTE A–D hierbo 'n produk wat die mees bederfbaar is. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 4.13 Noem aspekte wat oorweeg moet word wanneer daar op verpakkingsmateriaal vir 'n produk besluit word. (3) [50] TOTAAL AFDELING B: 150 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Agricultural Management Practices Nov 2025 Afr | Hlayiso